This corpus kindly provided for the Dasher project by:
De Schryver, Gilles-Maurice. 2002. Web for/as Corpus: A Perspective for the African Languages. Nordic Journal of African Studies 11/2: 266-282. 

http://www.up.ac.za/academic/libarts/afrilang/webtocorpus.pdf
WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIE-OWERHEID 58 VAN 1995
No. 1521. 4 October 1995
WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIE-OWERHEID 58 VAN 1995
[GOEDGEKEUR OP 28 SEPTEMBER 1995] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 4 OKTOBER 1995]
(Engelse teks deur die President geteken) soos gewysig by  Wysigingswet op 
Onderwyswette 53 van 2000
WET
Om voorsiening te maak vir die ontwikkeling en implementering van 'n Nasionale 
Kwalifikasieraamwerk en om vir di doel die Suid-Afrikaanse 
Kwalifikasie-owerheid in te stel; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede 
wat daarmee in verband staan.
Woordomskrywing
  In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken- 
    "Direkteur-generaal" die Direkteur-generaal van Onderwys; 
    "georganiseerde onderwysprofessie" 'n organisasie of unie wat 'n lid is van 
    die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys wat ingevolge die Wet op 
    Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, 1993 (Wet 146 van 1993), ingestel is en 
    deur die Minister vir die doeleindes van hierdie Wet erken is; 
    "geregistreerde" ingevolge die Nasionale Kwalifikasieraamwerk geregistreer; 
    "kwalifikasie" die formele erkenning van die verwerwing van die vereiste 
    aantal en reeks krediete en die voldoening aan die ander vereistes op 
    bepaalde vlakke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk wat bepaal word deur 
    die tersaaklike liggame wat vir di doeleindes deur die Suid-Afrikaanse 
    Kwalifikasie-owerheid geregistreer is; 
    "Maatskappy" 'n maatskappy of beslote korporasie ingevolge enige wet 
    geregistreer en wat onderwys en opleiding vir sy werknemers of klinte 
    verskaf; 
    "Minister" die Minister van Onderwys en, by die toepassing van artikels 4 
    (2), 4 (3), 4 (4), 4 (5), 4 (6), 5 (1) (c), 11, 13 (2), 14 en 15 (2), die 
    Minister van Onderwys in oorleg met die Minister van Arbeid; 
    "Nasionale Kwalifikasieraamwerk" die Nasionale Kwalifikasieraamwerk deur die 
    Minister goedgekeur vir die registrasie van nasionale standaarde en 
    kwalifikasies; 
    "Owerheid" die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid ingestel by artikel 3; 
    "standaard" geregistreerde verklarings van verlangde onderwys- en 
    opleidingsresultate en hul verwante beoordelingskriteria; 
    "voorgeskryf" by regulasie voorgeskryf. 
Oogmerke van Nasionale Kwalifikasieraamwerk
  Die oogmerke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is om- 
    'n gentegreerde nasionale raamwerk vir studieprestasies te skep; 
    toegang tot, en mobiliteit en progressie binne, onderwys, opleiding en 
    loopbaanrigtings te fasiliteer; 
    die gehalte van onderwys en opleiding te verbeter; 
    die regstelling van onbillike diskriminasie in die verlede in die onderwys, 
    opleiding en werkgeleenthede; en daardeur 
    by te dra tot die volle persoonlike ontwikkeling van elke leerling en die 
    sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die hele volk. 
Instelling van Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid
  Hierby word 'n regspersoon ingestel wat die Suid-Afrikaanse 
  Kwalifikasie-owerheid heet. 
Samestelling van Owerheid
  (1) Die Owerheid bestaan uit 'n voorsitter wat ingevolge subartikel (2) 
  aangestel is, die lede wat ingevolge subartikels (3) en (4) aangestel is, en 
  'n uitvoerende beampte wat ingevolge subartikel (7) aangestel is. 
  (2) Die Minister stel 'n persoon wat bekwaam is en oor ervaring beskik in 
  aangeleenthede rakende die werksaamhede van die Owerheid, aan as voorsitter 
  van die Owerheid.
  (3) Die Minister stel die volgende persone as lede van die Owerheid op die 
  wyse in subartikel (4) bepaal aan-
    een lid deur die Direkteur-Generaal genomineer; 
    een lid deur die hoofde van provinsiale onderwysdepartemente genomineer; 
    een lid deur die Direkteur-Generaal: Arbeid genomineer; 
    een lid deur die Nasionale Opleidingsraad genomineer; 
    drie lede genomineer deur die nasionale organisasies wat die georganiseerde 
    arbeid verteenwoordig; 
    twee lede genomineer deur nasionale organisasies wat die georganiseerde 
    sakesektor verteenwoordig; 
    een lid genomineer deur die Komitee van Universiteitshoofde by artikel 6 van 
    die Wet op Universiteite, 1955 (Wet 61 van 1955), ingestel; 
    een lid genomineer deur die Komitee van Technikonhoofde by artikel 2 van die 
    Wet op Technikons, 1993 (Wet 125 van 1993), ingestel; 
    een lid genomineer deur die nasionale liggaam wat rektore van 
    onderwyskolleges verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie doel erken 
    word; 
    een lid genomineer deur nasionale liggaam wat rektore van tegniese kolleges 
    verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie doel erken word; 
    een lid genomineer deur nasionale organisasies wat ander kolleges as 
    onderwyskolleges en tegniese kolleges verteenwoordig en deur die Minister 
    vir hierdie doel erken word; 
    een lid genomineer deur nasionale organisasies wat die volwassene- basiese 
    onderwys- en opleidingsektor verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie 
    doel erken word; 
    een lid genomineer deur nasionale organisasies wat die vroe 
    kinderontwikkelingsektor verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie 
    doel erken word; 
    twee lede deur die georganiseerde onderwysprofessie genomineer; 
    twee lede genomineer deur nasionale organisasies wat lektore en opleiers 
    verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie doel erken word; 
    een lid genomineer deur nasionale organisasies wat die spesiale 
    onderwysbehoeftesektor verteenwoordig en deur die Minister vir hierdie doel 
    erken word; 
    hoogstens ses lede deur die Minister aangestel na sy of haar goeddunke; 
    hoogstens twee lede wat deur die Owerheid na sy goeddunke gekopteer is en 
    by die Minister vir aanstelling aanbeveel is. 
  (4) Vir die doeleindes van die werwing van nominasies soos in subartikel (3) 
  beoog, gee die Minister in die Staatskoerant kennis van sy of haar voorneme om 
  lede van die Owerheid aan te stel, en versoek enige liggaam of organisasie op 
  die terreine in subartikel (3) bedoel om die name van persone voor te l wat 
  uit hoofde van hul ervaring en kundigheid oor aangeleenthede wat verband hou 
  met die werksaamhede van die Owerheid, geskikte kandidate vir aanstelling as 
  lede van die Owerheid kan wees, en by die voorlegging van die name van 
  kandidate moet behoorlike erkenning aan die beginsel van verteenwoordiging 
  gegee word.
  (5) Vir die doeleindes van die nominasies in paragraaf (n) van subartikel (3) 
  beoog, word hoogstens een nominasie deur elke organisasie of unie gedoen.
  (6) 'n Lid van die Owerheid, uitgesonderd die uitvoerende beampte, beklee sy 
  of haar amp vir die tydperk, wat nie drie jaar oorskry nie, en wat die 
  Minister ten tyde van sy of haar aanstelling bepaal, en 'n lid kan vir een 
  verdere ampstermyn aangestel word wanneer sy of haar oorspronklike ampstermyn 
  verstryk.
  (7) Die Minister moet, by die vul van 'n vakature, die bepalings van 
  subartikel (3) in ag neem.
  (8) Die lede in subartikels (2) en (3) beoog, stel met die goedkeuring van die 
  Minister 'n bevoegde persoon as uitvoerende beampte aan op die 
  diensvoorwaardes wat die Owerheid met die goedkeuring van die Minister bepaal, 
  wat met die instemming van die Minister van Finansies verleen word.
Werksaamhede van Owerheid
  (1) Behoudens die bepalings van subartikel (2), moet die Owerheid- 
  Kwalifikasieraamwerk; en
    (i) toesig hou oor die ontwikkeling van die Nasionale 
    (ii) beleid en kriteria formuleer en publiseer oor-
      die registrasie van liggame wat verantwoordelik is vir die vasstelling van 
      onderwys- en opleidingstandaarde of -kwalifikasies; en 
      die akkreditering van liggame wat verantwoordelik is vir die monitering en 
      ouditering van prestasies ooreenkomstig sodanige standaarde of 
      kwalifikasies; 
    toesig hou oor die implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk, 
    wat insluit- 
      die registrasie of akkreditering van die liggame in paragraaf (a) bedoel 
      en die opdra van werksaamhede aan hulle; 
      die registrasie van nasionale standaarde en kwalifikasies; 
      stappe om die nakoming van bepalings vir akkreditering te verseker; en 
      stappe om te verseker dat standaarde en geregistreerde kwalifikasies 
      internasionaal vergelykbaar is; 
    die Minister adviseer oor aangeleenthede wat die registrasie van standaarde 
    en kwalifikasies raak; en 
    verantwoordelik wees vir die beheer oor die finansies van die Owerheid. 
  (2) Die Owerheid moet die oogmerke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk soos 
  in artikel 2 bepaal, nastreef en die werksaamhede van die Owerheid soos in 
  subartikel (1) bepaal, uitvoer-
    na oorleg en in samewerking met staatsdepartemente, statutre liggame, 
    maatskappye, liggame en instellings wat vir onderwys, opleiding en die 
    sertifisering van standaarde wat deur die Nasionale Kwalifikasieraamwerk 
    geraak sal word, verantwoordelik is; 
    met behoorlike inagneming van die onderskeie bevoegdhede van die Parlement 
    en die provinsiale wetgewers ingevolge artikel 126 van die Grondwet, sowel 
    as die regte, bevoegdhede en werksaamhede van die beheerliggame van 'n 
    universiteit of universiteite en 'n technikon of technikons soos in 'n Wet 
    van die Parlement bepaal. 
Werksaamhede van uitvoerende beampte
  (1) Die uitvoerende beampte- 
    (a) is verantwoordelik teenoor die Owerheid vir die uitvoering van sy 
    werksaamhede ingevolge hierdie Wet; 
    (b) hou toesig oor die beamptes en werknemers van die Owerheid; en 
    (c) is die rekenpligtige beampte van die Owerheid belas met verantwoording 
    van geld ontvang, betalings gedoen en roerende eiendom aangekoop deur die 
    Owerheid. 
  (2) Die uitvoerende beampte word in die uitvoering van sy of haar pligte 
  ingevolge subartikel (1) bygestaan deur die beamptes en werknemers van die 
  Owerheid wat die uitvoerende beampte vir hierdie doel aanwys.
Bevoegdhede van Owerheid
  (1) (a) Die Owerheid kan komitees instel en persone wat nie lede van die 
  Owerheid is nie, in die komitees aanstel. 
    Die Owerheid stel die voorsitter van elke komitee aan. 
    Die Owerheid kan 'n komitee ontbind of hersaamstel. 
    Die Owerheid kan enige van sy bevoegdhede, uitgesonderd die bevoegdhede in 
    hierdie artikel bedoel, aan enige van sy komitees delegeer, maar word nie 
    ontdoen van 'n bevoegdheid aldus gedelegeer nie, en kan te eniger tyd so 'n 
    delegasie terugtrek. 
    Die Owerheid kan enige besluit van so 'n komitee wysig of tersyde stel. 
  (2) Die Owerheid kan geskille met betrekking tot die verrigting van sy 
  werksaamhede in artikel 5 genoem, besleg.
  (3) Die Owerheid kan bates verkry en daarvan afstand doen.
  (4) Die Owerheid kan navorsing laat doen wat hy vir die verrigting van sy 
  werksaamhede tersaaklik ag.
  (5) Die Owerheid kan enige ander werksaamheid verrig wat die Minister aanwys 
  en wat op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk betrekking het.
Vergaderings van Owerheid en komitees
  (1) Die vergaderings van die Owerheid of 'n komitee word gehou op die tye en 
  plekke wat die voorsitter van die Owerheid of die komitee, na gelang van die 
  geval, bepaal. 
  (2) Die verrigtinge van die Owerheid of 'n komitee is nie ongeldig op grond 
  van 'n vakature in die Owerheid of die komitee, na gelang van die geval, nie.
  (3) Indien die voorsitter van die Owerheid of 'n komitee afwesig is van 'n 
  vergadering van die Owerheid of 'n komitee, na gelang van die geval, kies die 
  lede wat teenwoordig is uit hul geledere 'n persoon om by di vergadering voor 
  te sit.
  (4) Die Owerheid kan rels voorskryf met betrekking tot die prosedure by sy 
  vergaderings of die vergaderings van 'n komitee, met inbegrip van die kworum 
  vir sodanige vergaderings.
Ontruiming van amp deur lede van Owerheid
  Die voorsitter of enige lid van die Owerheid in artikel 4 (3) bedoel, ontruim 
  sy of haar amp indien- 
    sy of haar boedel gesekwestreer word of hy of sy 'n skikking met sy of haar 
    skuldeisers aangaan; 
    hy of sy ingevolge die een of ander wet as 'n geestesongestelde persoon 
    aangehou word; 
    hy of sy sonder die verlof van die Owerheid afwesig is van drie 
    agtereenvolgende vergaderings van die Owerheid; 
    hy of sy by skriftelike kennisgewing aan die Minister bedank; of 
    hy of sy, in die loop van sy of haar ampstermyn, skuldig bevind word aan 'n 
    misdryf en tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis word. 
Fondse van Owerheid
  (1) Die fondse van die Owerheid bestaan uit- 
    gelde deur die Parlement bewillig vir die bereiking van die oogmerke van die 
    Owerheid; 
    geld deur die Owerheid ontvang uit hoofde van die regulasies uitgevaardig 
    kragtens artikel 14; 
    gelde verkry deur middel van lenings deur die Owerheid aangegaan met die 
    goedkeuring van die Minister, verleen met die instemming van die Minister 
    van Finansies; 
    skenkings, bydraes of tantimes deur die Owerheid ontvang; en 
    rente op beleggings. 
  (2) Die Owerheid wend sy fondse aan om uitgawes in verband met die verrigting 
  van sy werksaamhede te bestry.
  (3) (a) Die Owerheid l in elke boekjaar, op die tyd en in die vorm wat die 
  Minister bepaal, 'n staat van sy geraamde inkomste en uitgawes vir die 
  daaropvolgende boekjaar vir goedkeuring aan die Minister voor.
    Die geld in subartikel (1) (a) beoog, word deur die Owerheid aangewend 
    ooreenkomstig die goedgekeurde staat in paragraaf (a) bedoel, en enige 
    onbestede balans word as 'n krediet na die volgende boekjaar oorgedra. 
  (4) Behoudens die bepalings van subartikel (3) (b) kan die Owerheid enige 
  gedeelte van sy fondse op die wyse bel wat die Minister, met die instemming 
  van die Minister van Finansies, goedkeur.
  (5) Die Owerheid kan gelde vra of kwytskeld-
    vir die verlening van enige registrasie of akkreditering; en 
    vir enige dienste deur die Owerheid gelewer. 
Beamptes en werknemers van Owerheid
  Die Owerheid kan, behoudens die diensvoorwaardes met die goedkeuring van die 
  Minister en die instemming van die Minister van Finansies deur die Owerheid 
  bepaal, die beamptes en werknemers aanstel wat die Owerheid nodig ag vir die 
  verrigting van sy werksaamhede ingevolge hierdie Wet. 
Toelaes en besoldiging van lede van Owerheid en komitees
  Die voorsitter, elke ander lid van die Owerheid en enige persoon wat kragtens 
  artikel 7 (1) as 'n lid van 'n komitee aangestel is en, wat nie in die 
  heeltydse diens van die Staat is nie, kan, ten opsigte van dienste deur hom of 
  haar in verband met die sake van die Owerheid of 'n komitee gelewer, deur die 
  Owerheid- 
    die reis-, verblyf- en ander toelaes; en 
    in die geval van die voorsitter van die Owerheid, die bykomende vergoeding, 
    betaal word wat die Minister met die instemming van die Minister van 
    Finansies bepaal. 
Ouditering en jaarverslag
  (1) Die rekeningboeke en finansile state van die Owerheid word aan die einde 
  van elke boekjaar deur die Ouditeur-generaal geouditeer. 
  (2) Die Owerheid l nie later nie as ses maande na die einde van elke boekjaar 
  'n verslag aan die Minister voor oor sy werksaamhede gedurende daardie 
  boekjaar in die vorm wat die Minister bepaal, met inbegrip van 'n geouditeerde 
  balansstaat en 'n staat van inkomste en uitgawes.
  (3) Die Minister l afskrifte van die verslag, met inbegrip van die 
  balansstaat en staat van inkomste en uitgawes in subartikel (2) bedoel, binne 
  14 dae na ontvangs daarvan in die Parlement ter Tafel indien die Parlement in 
  gewone sessie is, of, indien die Parlement nie in gewone sessie is nie, binne 
  14 dae na die aanvang van sy daaropvolgende gewone sessie.
Regulasies
  Die Owerheid kan met die goedkeuring van die Minister regulasies uitvaardig 
  oor- 
    enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf moet of kan word; 

    die geld aan die Owerheid betaalbaar ten opsigte van aangeleenthede in 
    artikel 10 (5) (a) en (b) bedoel; en 
    enige ander aangeleentheid ten opsigte waarvan regulasies nodig of dienstig 
    is om uitvoering aan die bepalings van hierdie Wet te gee. 
Oorgangsbepaling met betrekking tot bestaande liggame
  (1) Enige liggaam by wet ingestel wat werksaamhede verrig wat soortgelyk is 
  aan di van die Owerheid soos bepaal in artikel 5, gaan voort om daardie 
  werksaamhede te verrig totdat die liggaam by wet afgeskaf of sy werksaamhede 
  by wet verander is. 
  (2) Geen liggaam in subartikel (1) beoog, word afgeskaf nie, en die 
  werksaamhede van geen sodanige liggaam word verander nie, alvorens die 
  Owerheid en die liggaam gesamentlik die implikasies van sodanige afskaffing of 
  verandering en die implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk 
  ondersoek het en 'n aanbeveling aan die Minister gedoen het.
  (3) Hierdie artikel is nie van toepassing op 'n liggaam wat by 'n private Wet 
  van 'n universiteit ingestel is nie.
Kort titel
  Hierdie Wet heet die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995. 

Nasionale Landswapen 
Die Rol van 'n Landswapen
'n Landswapen, of Staatsembleem, is die hoogste visuele simbool van die Staat. Dink 'n bietjie na oor die belangrike gebeurtenisse in jou lewe - geboorte-, huwelik-, dood- en skoolsertifikate, jou paspoort  - hierdie dinge word onderskryf deur die Landswapen. Die kleinste muntstuk het dit op albei kante. In die buiteland beteken 'n muurplaat van die Landswapen teen die ambassade 'n tuiste weg van die huis.
Die Landswapen is ook 'n sentrale deel van die Groot Sel wat tradisioneel as die hoogste embleem van die Staat geag word. Onvoorwaardelike magtiging word aan elke dokument gegee wat die Groot Sel dra, want dit beteken dat die dokument goedgekeur is deur die President van Suid-Afrika. 
Die Nuwe Landswapen vervang die een wat Suid-Afrika sedert 17 September 1910 gebruik het. Die verandering weerspiel die Regering se doelwit om die demokratiese veranderinge en 'n nuwe patriotisme in Suid-Afrika te beklemtoon.
Die ontwerp van die nuwe Landswapen 
Die Landswapen bestaan uit 'n reeks elemente wat ingedeel is in twee bepaalde sirkels wat bo-op mekaar geplaas is.
* Die onderste sirkel verteenwoordig die elemente van Fondasie 
Die eerste element is die Leuse in 'n groen halfsirkel. Twee simmetries geplaasde olifantstande wat opwaarts wys voltooi die halfsirkel. Binne die sirkel, gevorm deur die tande, is twee simmetriese koringare wat weer 'n sentraal geplaasde goue skild omraam. 
Die vorm van die skild verwys na die drom, en bevat twee mensfigure uit Khoisan rotskuns. Die figure wys na mekaar in begroeting en eenheid.
Bo die skild is 'n spies en knopkierie geplaas, gekruis in 'n enkele eenheid. Hierdie elemente is in harmonie gerangskik om fokus te gee aan die skild en vervul die onderste sirkel van fondasie.
* Die sirkel van Opkoms 
Net bo die sirkel van fondasie is die visuele middelpunt van die Landswapen, 'n protea. Die kroonblare vorm 'n driehoekige patroon wat herinner aan die kunsvlyt van Afrika.
Die sekretarisvol is bo die protea geplaas en die blom vorm die bors van die vol. Die sekretarisvol staan met uitgestrekte vlerke in 'n koninklike en opstaande gebaar. Die duidelike kopvere van die sekretarisvol bekroon 'n sterk en waaksame kop. Die opkomende son bo die horison is tussen die vlerke van die sekretarisvol geplaas en vervul die sirkel in opkoms.
Die kombinasie van die boonste en onderste sirkels kruis om 'n ongebroke, oneindige baan te vorm en die harmonie tussen die basiese elemente lei tot 'n dinamiese, elegante en unieke ontwerp. Nogtans behou dit duidelik die stabiliteit, stemmigheid en dringendheid wat 'n Landswapen vereis.
Die simbole gebruik in die nuwe Landswapen 
Die sirkel van Fondasie
* Die Leuse 
Die leuse, !ke e: /xarra //ke, is geskryf in die Khoisan taal van die /Xam mense en beteken letterlik: diverse mense verenig. Dit spreek elke individuele poging aan om die eenheid tussen denke en aksie in te span. Op 'n kollektiewe skaal, vra dit die nasie om te verenig in 'n gesamentlike gevoel van samehorigheid en nasionale trots - Eenheid in Verskeidenheid.
* Die koringare 
Dis 'n embleem van vrugbaarheid en simboliseer ook die idee van ontkieming, groei en die ontwikkeling van enige potensiaal. Dit hou verband met die voeding van die mense en dui dus op die landbou aspekte van die grond.
* Olifantstande 
Olifante simboliseer wysheid, krag, matigheid en ewigheid.
* Die skild 
Dit funksioneer as beide 'n medium vir die weerspieling van identiteit en van geestelike verweer. Dit bevat ook die primre simbool van ons nasie.
* Die mensfigure 
Die figure is afkomstig van beelde van die Lintonrots, 'n wreldberoemde voorbeeld van Suid-Afrikaanse rotskuns, en word nou gehuisves en tentoongestel in die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad. Die Khoisan, die oudste bekende inwoners van ons land, getuig van ons gesamentlike menslikheid en herkoms as Suid Afrikaners. Die figure wys na mekaar in begroeting en simboliseer eenheid. Dit verteenwoordig ook die begin van die individu se transformasie na 'n groter gevoel van samehorigheid aan die nasie en, by verlenging, gesamentlike mensdom. 
* Die spies en knopkierie 
Dit is beide simbole van verdeding en gesag en verteenwoordig ook die magtige bene van die sekretarisvol. Die spies en knopkierie is neergel en dit simboliseer vrede.
Die sirkel van Opkoms 
* Die protea 
Die protea is 'n embleem van die skoonheid van ons land en die ontblomming van ons potensiaal as 'n nasie op soek na die Afrika Renaissance. Die protea simboliseer die holistiese integrasie van kragte wat groei vanaf die grond en versorg word van bo. Die mees gewilde kleure van Afrika word aan die protea toegewys - groen, goud, rooi en swart.
* Die sekretarisvol 
Die sekretarisvol word voorgestel in vlug, die natuurlike gevolg van groei en spoed. Dit is die ekwivalent van die leeu op die grond. Die magtige vol se bene, wat as die spies en knopkierie voorgestel word, bevoordeel dit in sy jag vir slange en simboliseer die beskerming van die nasie teen sy vyande. Dit is 'n boodskapper van die hemele en weerspiel grasie op aarde. In hierdie sin is dit 'n simbool van goddelike statigheid. Die uitgestrekte vlerke is 'n simbool van die opkoms van ons nasie, en bied ons terselfdertyd beskerming. Dit word voorgestel in goud wat dit duidelik assosieer met die son en die hoogste mag.
* Die opkomende son 
Dis 'n embleem van helderheid, prag en die hoogste beginsel van die aard van energie. Dit simboliseer die belofte van hergeboorte, die aktiewe vermons van oorweging, kennis, goeie oordeel en wilskrag. Dit is die simbool van die bron van lewe, van lig en die heelheid van mensdom.
Die volledige struktuur van die Landswapen kombineer die onderste en boonste sirkels in 'n simbool van oneindigheid. Die pad wat die onderste deel van die band, deur die lyne van die olifantstande, verbind met die boonste horison vanwaar die son opkom, vorm die kosmiese eier waarbinne die sekretarisvol opstaan. In die simboliese sin impliseer dit die hergeboorte van die gees van ons groot en dapper nasie.
Die Ontwerpsproses 
Die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie het verlede jaar idees vir die nuwe Landswapen van die publiek gevra. 'n Opdrag, gebaseer op die idees wat ontvang was, tesame met insette van die Kabinet, is opgestel. Die Government Communication and Information System het daarna Design South Africa - 'n sambreelliggaam wat ontwerpsagentskappe landswyd verteenwoordig - genader om tien van die beste ontwerpers in te lig omtrent die opdrag. Drie ontwerpers was gekies om hulle konsepte aan die Kabinet voor te l. Mnr Iaan Bekker se ontwerp is gekies vir die nuwe Landswapen. Hy is 'n direkteur by die FCB Groep en het verskeie korporatiewe identiteite vir publieke en privaat-sektor organisasies ontwerp. 
Die nuwe Landswapen versterk Batho Pele
Batho Pele is 'n Sesotho frase wat 'Mense Eerste' beteken. Dit verbind die Staatsdiens om al die mense van Suid-Afrika te dien. Die Batho Pele waardes en beginsels ondersteun die Landswapen. Op 1 Oktober 1997, het die Staatsdiens met 'n Batho Pele-veldtog begin wat gemik is op die verbetering van dienslewering aan die publiek. Veranderinge sal aangebring moet word om van hierdie nuwe benadering 'n sukses te maak. Staatsdiens stelsels, prosedures, houdings en gedrag moet klinte - die publiek - beter bedien. 
Batho Pele is 'n verbintenis aan waardes en beginsels:
* Gereelde konsultasie 
* Bepaling van diensstandaarde 
* Verhoogde toegang tot dienste 
* Hor vlakke van hoflikheid 
* Voorsiening van meer en beter inligting oor dienste 
* Verhoogde ontvanklikheid en deursigtigheid 
* Regstelling van foute en probleme 
* Die beste moontlike waarde vir geld. 
Batho Pele elimineer duur interne sisteme wat nie ontwerp was om die behoeftes van die mense eerste te stel nie. Dit verseker ook dat die Staatsdiens se finansile beplanning in lyn is met die publiek se behoeftes en prioriteite.
Die meerderheid van die verbeteringe wat die publiek wil sien kos niks. Dinge soos: 'n glimlag, die respekvolle behandeling van klinte, eerlikheid met die weergee van inligting en verskoning vra as dinge verkeerd loop. Hierdie dinge is nie 'n kwessie van ekstra hulpbronne nie - dis 'n kwessie van die aanneem van hor standaarde.
Om dienslewering te verbeter moet alles wat ons doen in lyn gebring word met 'klantediens' beginsels. Die implementasie van Batho Pele is nie 'n eenmalige taak nie. Dis 'n aaneenlopende, dinamiese proses wat vir baie jare sal aangaan en voortdurend momentum sal optel.
Ons moet saam werk, as die Regering en die publiek, om die beginsels van Batho Pele 'n werklikheid te maak vir 'n nasie aan die werk vir 'n beter lewe. 
Compiled by: Government Communication and Information System (GCIS), April 2000
AANHEF
Ons, die mense van Suid-Afrika,
Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste
reg van die Republiek ten einde -
Die verdeeldheid van die verlede te heel en 'n samelewing gegrond op demokratiese waardes,
maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
Die grondslag te l vir 'n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die
wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
'n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as 'n soewereine staat
in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel' iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God sen Suid-Afrika. God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.
^
HOOFSTUK 1
GRONDLIGGENDE BEPALINGS
Republiek van Suid-Afrika
1. Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat gegrond op die
volgende waardes:
(a) Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede.
(b) Nie-rassigheid en nie-seksisme.
(c) Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.
(d) Algemene stemreg vir volwassenes, 'n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde
verkiesings en 'n veelparty-stelsel van demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, 'n
responsiewe ingesteldheid, en openheid te verseker.
Oppergesag van Grondwet
2. Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede
daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgel, moet nagekom word.
Burgerskap
3. (1) Daar is 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap.
(2) Alle burgers is in gelyke mate -
(a) geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap; en
(b) onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap.
(3) Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging, verlies en herverlening
van burgerskap.
Nasionale lied
4. Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal.
Nasionale vlag
5. Die nasionale vlag van die Republiek is swart, goud, groen, wit, rooi en blou, soos in
Bylae 1 beskryf en geskets.
Tale
6. (1) Die amptelike tale van die Republiek is Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana,
siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.
(2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons
mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatrels tref om die status van di tale te
verhoog en hul gebruik te bevorder.
(3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale
vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste,
streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel
of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet
minstens twee amptelike tale gebruik.
(b) Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking
neem.
(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatrels
hul gebruik van amptelike tale rel en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel
(2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.
(5) 'n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel, moet -
(a) die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede skep vir die ontwikkeling en
gebruik van -
(i) alle amptelike tale;
(ii) die Khoi-, Nama- en Santale; en
(iii) gebaretaal; en
(b) respek bevorder en verseker vir -
(i) alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word, met inbegrip van
Duits, Grieks, Goedjarati, Hindi, Portugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en
(ii) Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in Suid-Afrika vir godsdiensdoeleindes
gebruik word.
HOOFSTUK 2
HANDVES VAN REGTE
Regte
7. (1) Hierdie Handves van Regte is 'n hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit
verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van
menswaardigheid, gelykheid en vryheid.
(2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en
verwesenlik.
(3) Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die beperkings in artikel 36 of
elders in die Handves vervat of genoem.
Toepassing
8. (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die
wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.
(2) 'n Bepaling van die Handves van Regte bind 'n natuurlike of 'n regspersoon indien, en in
die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige
plig deur die reg opgel.
(3) By die toepassing van 'n bepaling van die Handves van Regte op 'n natuurlike of
regspersoon ingevolge subartikel (2) -
(a) moet 'n hof, ten einde gevolg te gee aan 'n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of
indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en
(b) kan 'n hof rels van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking
in ooreenstemming met artikel 36(1) is.
(4) 'n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die
aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.
Gelykheid
9. (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van
die reg.
(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die
bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatrels getref word wat
ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorie persone, wat deur
onbillike diskriminasie benadeel is.
(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of
meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese
of sosiale herkoms, kleur, seksuele georinteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens,
gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.
(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde
ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike
diskriminasie te voorkom of te belet.
(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy
daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.
Menswaardigheid
10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en
beskerm word.
Lewe
11. Elkeen het die reg op lewe.
Vryheid en sekerheid van die persoon
12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is
die reg om -
(a) nie arbitrr of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie;
(b) nie sonder verhoor aangehou te word nie;
(c) vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private oorsprong;
(d) op geen wyse gemartel te word nie; en
(e) nie op 'n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.
(2) Elkeen het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit, waarby inbegrepe is die reg -
(a) om besluite oor voortplanting te neem;
(b) op sekerheid van en beheer oor die eie liggaam; en
(c) om nie sonder hul ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike eksperimente
onderwerp te word nie.
Slawerny, knegskap en dwangarbeid
13. Niemand mag aan slawerny, knegskap of dwangarbeid onderwerp word nie.
Privaatheid
14. Elkeen het die reg op privaatheid, waarby inbegrepe is die reg dat -
(a) hul persoon of woning nie deursoek word nie;
(b) hul eiendom nie deursoek word nie;
(c) daar nie op hul besittings beslag gel word nie; of
(d) daar nie op die privaatheid van hul kommunikasies inbreuk gemaak word nie.
Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening
15. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
(2) Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits -
(a) daardie beoefening rels nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is;
(b) dit op billike grondslag geskied; en
(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.
(3) (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan -
(i) huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of 'n stelsel van godsdiens-, personeof
familiereg nie; of
(ii) stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur
persone wat 'n besondere godsdiens aanhang nie.
(b) Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die
Grondwet bestaanbaar wees.
Vryheid van uitdrukking
16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is -
(a) die vryheid van die pers en ander media;
(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;
(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en
(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.
(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie -
(a) propaganda vir oorlog nie;
(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of
(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is
en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.
Vergadering, betoging, linievorming en petisie
17. Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, 'n betooglinie te
vorm en petisies voor te l.
Vryheid van assosiasie
18. Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.
Politieke regte
19. (1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg
om -
(a) 'n politieke party te stig;
(b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, 'n politieke party; en
(c) hulle vir 'n politieke party of saak te beywer.
(2) Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende
liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.
(3) Elke volwasse burger het die reg om -
(a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel
is, en om dit in die geheim te doen; en
(b) 'n kandidaat vir 'n openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.
Burgerskap
20. Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.
Vryheid van beweging en verblyf
21. (1) Elkeen het die reg op vryheid van beweging.
(2) Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat.
(3) Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op enige plek
daarin verblyf te neem.
(4) Elke burger het die reg op 'n paspoort.
Vryheid van bedryf, beroep en professie
22. Elke burger het die reg om vrylik 'n bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening
van 'n bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.
Arbeidsverhoudinge
23. (1) Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.
(2) Elke werker het die reg om -
(a) 'n vakbond te stig en daarby aan te sluit;
(b) aan die bedrywighede en programme van 'n vakbond deel te neem; en
(c) te staak.
(3) Elke werkgewer het die reg om -
(a) 'n werkgewersorganisasie te stig en daarby aan te sluit; en
(b) aan die bedrywighede en programme van 'n werkgewersorganisasie deel te neem.
(4) Elke vakbond en elke werkgewersorganisasie het die reg om -
(a) sy eie administrasie, programme en bedrywighede te bepaal;
(b) te organiseer; en
(c) 'n federasie te stig en daarby aan te sluit.
(5) Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe
bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te
reguleer. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking
aan artikel 36(1) voldoen.
(6) Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsrelings wat in
kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk
beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.
Omgewing
24. Elkeen het die reg -
(a) op 'n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie; en
(b) op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslagte, deur
redelike wetgewende en ander maatrels wat -
(i) besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom;
(ii) bewaring bevorder; en
(iii) die ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van natuurlike hulpbronne verseker,
terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.
Eiendom
25. (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende
regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrre ontneming van eiendom veroorloof nie.
(2) Eiendom mag slegs ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word -
(a) vir 'n openbare doel of in die openbare belang; en
(b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling f deur
diegene wat geraak word, aanvaar is f deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.
(3) Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik
wees, en moet 'n billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat
geraak word, met inagneming van alle tersaaklike omstandighede, met inbegrip van -
(a) die huidige gebruik van die eiendom;
(b) die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom;
(c) die markwaarde van die eiendom;
(d) die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die
verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en
(e) die doel van die onteiening.
(4) By die toepassing van hierdie artikel -
(a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot
hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en
(b) is eiendom nie tot grond beperk nie.
(5) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatrels tref om, binne sy beskikbare
middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op 'n billike grondslag toegang tot grond
te verkry.
(6) 'n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette
of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat
deur 'n Parlementswet bepaal word, op f besitreg wat regseker is f gelykwaardige vergoeding.
(7) 'n Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as
gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig,
in die mate wat deur 'n Parlementswet bepaal word, op f teruggawe van daardie eiendom f
billike vergoeding.
(8) Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatrels
te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge
van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die
bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.
(9) Die Parlement moet die wetgewing genoem in subartikel (6) aanneem.
Behuising
26. (1) Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatrels tref om binne sy beskikbare
middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Sonder 'n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is,
mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen
wetgewing mag arbitrre uitsettings veroorloof nie.
Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid
27. (1) Elkeen het die reg op toegang tot -
(a) gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg;
(b) voldoende voedsel en water; en
(c) maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie
in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatrels tref om binne sy beskikbare
middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.
Kinders
28. (1) Elke kind het die reg -
(a) op 'n naam en nasionaliteit vanaf geboorte;
(b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die
gesinsomgewing weggeneem word;
(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;
(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;
(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;
(f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat -
(i) onvanpas is vir 'n persoon van daardie kind se ouderdom; of
(ii) 'n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of
geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;
(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in watter geval, benewens die
regte wat 'n kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk
aangehou mag word, en die reg het om -
(i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en
(ii) op 'n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind
se ouderdom rekening hou;
(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van 'n
regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en
(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende
stryd beskerm te word.
(2) 'n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind
raak.
(3) In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.
Onderwys
29. (1) Elkeen het die reg -
(a) op basiese onderwys, met inbegrip van basiese onderwys vir volwassenes; en
(b) op verdere onderwys, wat die staat, deur middel van redelike maatrels, in toenemende
mate beskikbaar en toeganklik moet maak.
(2) Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die
amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Ten einde
doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker, moet die staat alle
redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van enkelmediuminstellings, oorweeg, met
inagneming van -
(a) billikheid;
(b) doenlikheid; en
(c) die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras
gediskrimineer het, reg te stel.
(3) Elkeen het die reg om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te bring en
in stand te hou wat -
(a) nie op grond van ras diskrimineer nie;
(b) by die staat geregistreer is; en
(c) standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare
openbare onderwysinstellings nie.
(4) Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.
Taal en kultuur
30. Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van
eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen, mag dit doen op 'n wyse wat
met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe
31. (1) Persone wat aan 'n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die
reg onts word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap -
(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en
(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap
te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
(2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat met enige bepaling van
die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
Toegang tot inligting
32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot -
(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b) enige inligting wat deur 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of
beskerming van enige regte benodig word.
(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan
voorsiening maak vir redelike maatrels om die administratiewe en finansile las op die staat te
verlig.
Regverdige administratiewe optrede
33. (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel
billik is.
(2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die
verskaffing van skriftelike redes.
(3) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en moet
-
(a) voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur 'n hof of, waar dit
gepas is, 'n onafhanklike en onpartydige tribunaal;
(b) die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en
(c) 'n doeltreffende administrasie bevorder.
Toegang tot howe
34. Elkeen het die reg dat 'n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in
'n billike openbare verhoor beslis word voor 'n hof of, waar dit gepas is, 'n ander onafhanklike
en onpartydige tribunaal of forum.
Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone
35. (1) Elkeen wat weens 'n beweerde oortreding gearresteer word, het die reg om -
(a) te swyg;
(b) onverwyld verwittig te word -
(i) van die reg om te swyg; en
(ii) van die gevolge indien daar nie geswyg word nie;
(c) nie verplig te word om 'n bekentenis of erkenning te doen wat as getuienis teen daardie
persoon gebruik sou kon word nie;
(d) so gou as wat redelikerwys moontlik is, voor 'n hof gebring te word, maar nie later nie
as -
(i) 48 uur na die arrestasie; of
(ii) die einde van die eerste hofdag na die verstryking van die 48 uur, as die 48 uur buite
gewone hofure, of op 'n dag wat nie 'n gewone hofdag is nie, verstryk;
(e) by die eerste verskyning in 'n hof na die arrestasie, aangekla te word of verwittig te word
van die rede vir die voortsetting van die aanhouding, of vrygelaat te word; en
(f) behoudens redelike voorwaardes, uit aanhouding vrygelaat te word indien die belang van
geregtigheid dit toelaat.
(2) Elkeen wat aangehou word, met inbegrip van elke gevonniste gevangene, het die reg -
(a) om onverwyld van die rede vir die aanhouding verwittig te word;
(b) op 'n regspraktisyn van eie keuse en om met daardie regspraktisyn te konsulteer, en om
onverwyld van hierdie reg verwittig te word;
(c) om deur die staat op staatskoste van 'n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins
tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;
(d) om die regmatigheid van die aanhouding persoonlik voor 'n hof te betwis, en vrygelaat
te word indien die aanhouding onregmatig is;
(e) op omstandighede van aanhouding wat met menswaardigheid rekening hou, met inbegrip
van, minstens, oefening en die voorsiening, op staatskoste, van toereikende akkommodasie,
voeding, leesstof en mediese behandeling; en
(f) om in verbinding te tree met, en besoek te word deur, daardie persoon se -
(i) gade of lewensmaat;
(ii) naasbestaandes;
(iii) godsdiensraadgewer van eie keuse; en
(iv) mediese praktisyn van eie keuse.
(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op 'n billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg
-
(a) om van die aanklag verwittig te word in voldoende besonderhede om daarop te antwoord;
(b) om genoeg tyd en geriewe te h om 'n verweer voor te berei;
(c) op 'n openbare verhoor voor 'n gewone hof;
(d) op 'n verhoor wat sonder onredelike vertraging begin en afgehandel word;
(e) om by die verhoor teenwoordig te wees;
(f) op 'n regspraktisyn van eie keuse en om deur daardie regspraktisyn verteenwoordig te
word, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;
(g) om deur die staat op staatskoste van 'n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins
tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;
(h) om onskuldig geag te word, te swyg, en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie;
(i) om getuienis aan te voer en te betwis;
(j) om nie verplig te word om self-inkriminerende getuienis af te l nie;
(k) om verhoor te word in 'n taal wat die beskuldigde persoon verstaan of, indien dit nie
doenlik is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word;
(l) om nie skuldig bevind te word weens 'n handeling of versuim wat ten tyde van die
handeling of versuim ingevolge f die nasionale reg f die volkereg nie 'n oortreding was nie;
(m) om nie verhoor te word weens 'n oortreding ten opsigte van 'n handeling of versuim ten
opsigte waarvan daardie persoon voorheen vrygespreek of skuldig bevind is nie;
(n) op die voordeel van die ligste van die voorgeskrewe strawwe indien die straf wat vir die
oortreding voorgeskryf word, verander is tussen die tydstip waarop die oortreding gepleeg is en
die tydstip van vonnis; en
(o) op appl na, of hersiening deur, 'n hor hof.
(4) Wanneer hierdie artikel vereis dat inligting aan 'n persoon verstrek word, moet die
inligting verstrek word in 'n taal wat die persoon verstaan.
(5) Getuienis wat verkry is op 'n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend, moet
uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins
vir die regspleging nadelig sou wees.
Beperking van regte
36. (1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens 'n algemeen geldende
regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in 'n oop
en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming
van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van -
(a) die aard van die reg;
(b) die belangrikheid van die doel van die beperking;
(c) die aard en omvang van die beperking;
(d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en
(e) 'n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
(2) Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag
geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie.
Noodtoestande
37. (1) 'n Noodtoestand mag slegs ingevolge 'n Parlementswet verklaar word, en slegs
wanneer -
(a) die voortbestaan van die nasie deur oorlog, 'n inval, algemene oproer, wanorde, 'n
natuurramp of 'n ander openbare noodgeval bedreig word; en
(b) die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.
(2) 'n Verklaring van 'n noodtoestand, en enige wetgewing verorden of ander stappe gedoen
na aanleiding van daardie verklaring, kan van krag wees slegs -
(a) vooruitwerkend; en
(b) vir hoogstens 21 dae vanaf die datum van die verklaring, tensy die Nasionale Vergadering
besluit om die verklaring te verleng. Die Vergadering kan 'n verklaring van 'n noodtoestand vir
hoogstens drie maande op 'n keer verleng. Die eerste verlenging van die noodtoestand moet
geskied by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n
meerderheid van die lede van die Vergadering. Enige daaropvolgende verlenging moet geskied
by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van minstens 60 persent
van die lede van die Vergadering. 'n Besluit ingevolge hierdie paragraaf kan slegs na 'n openbare
debat in die Vergadering aangeneem word.
(3) Enige bevoegde hof kan beslis oor die geldigheid van -
(a) 'n verklaring van 'n noodtoestand;
(b) enige verlenging van 'n verklaring van 'n noodtoestand; of
(c) enige wetgewing verorden, of ander stappe gedoen, na aanleiding van 'n verklaring van
'n noodtoestand.
(4) Enige wetgewing wat na aanleiding van 'n verklaring van 'n noodtoestand verorden word,
mag die Handves van Regte aantas slegs in die mate waarin -
(a) die aantasting streng deur die noodtoestand vereis word; en
(b) die wetgewing -
(i) bestaanbaar is met die Republiek se verpligtinge kragtens die volkereg wat op
noodtoestande betrekking het;
(ii) so gou as wat na die verordening daarvan redelikerwys moontlik is, in die nasionale
Staatskoerant gepubliseer word.
(5) Geen Parlementswet wat 'n verklaring van 'n noodtoestand magtig, en geen wetgewing
wat verorden is of ander stappe wat gedoen is na aanleiding van 'n verklaring, verleen
toestemming vir of magtig -
(a) die vrywaring van die staat, of enige persoon, ten opsigte van enige onregmatige handeling
nie;
(b) enige aantasting van hierdie artikel nie; of
(c) enige aantasting van 'n artikel genoem in kolom 1 van die Tabel van Nie-aantasbare Regte,
in die mate teenoor daardie artikel in kolom 3 van die Tabel aangedui nie.
Tabel van Nie-aantasbare Regte
1 2 3
Artikel- Opskrif van artikel Mate waarin die reg nie
nommer aantasbaar is nie
9 Gelykheid Met betrekking tot onbillike diskriminasie uitsluitlik op grond van
ras, kleur, etniese of sosiale herkoms, geslag, godsdiens of taal
10 Menswaardigheid Geheel en al
11 Lewe Geheel en al
12 Vryheid en sekerheid Met betrekking tot subartikels (1)(d) en (e)
van die persoon en (2)(c)
13 Slawerny, knegskap Met betrekking tot slawerny en knegskap
en dwangarbeid
28 Kinders Met betrekking tot:
- subartikel (1)(d) en (e);
- die regte in subparagrawe (i) en (ii) van
subartikel (1)(g); en
- subartikel (1)(i) ten opsigte van kinders
van 15 jaar en jonger
35 Gearresteerde, Met betrekking tot:
aangehoue en - subartikels (1)(a), (b) en (c) en (2)(d);
beskuldigde persone - die regte in paragrawe (a) tot (o) van
subartikel (3), uitgesonderd paragraaf (d);
- subartikel (4); en
- subartikel (5) ten opsigte van die
uitsluiting van getuienis indien toelating
van daardie getuienis die verhoor onbillik
sou maak
(6) Wanneer iemand sonder verhoor aangehou word na aanleiding van 'n aantasting van regte
voortspruitend uit 'n verklaring van 'n noodtoestand, moet die volgende voorwaardes nagekom
word:
(a) Daar moet so gou as wat redelikerwys moontlik is met 'n volwasse gesinslid of vriend van
die aangehoudene in aanraking gekom word, en daardie gesinslid of vriend moet verwittig word
dat die persoon aangehou word.
(b) 'n Kennisgewing moet binne vyf dae nadat die persoon in aanhouding geneem is in die
nasionale Staatskoerant gepubliseer word met vermelding van die aangehoudene se naam en plek
van aanhouding en die noodmaatrel waarkragtens daardie persoon aangehou word.
(c) Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n mediese praktisyn te kies en te eniger
redelike tyd deur daardie mediese praktisyn besoek te word.
(d) Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n regsverteenwoordiger te kies en te eniger
redelike tyd deur daardie regsverteenwoordiger besoek te word.
(e) 'n Hof moet die aanhouding so gou as wat redelikerwys moontlik is, maar nie later nie as
10 dae na die datum waarop die persoon in aanhouding geneem is, hersien, en die hof moet die
aangehoudene vrylaat tensy dit noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede
en orde te herstel.
(f) 'n Aangehoudene wat nie ingevolge 'n hersiening kragtens paragraaf (e) of ingevolge 'n
hersiening kragtens hierdie paragraaf vrygelaat word nie, kan te eniger tyd na verstryking van 10
dae na die vorige hersiening by 'n hof aansoek doen om 'n verdere hersiening van die aanhouding,
en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit steeds noodsaaklik is om die aanhouding voort
te sit ten einde die vrede en orde te herstel.
(g) Die aangehoudene moet toegelaat word om persoonlik te verskyn voor enige hof wat die
aanhouding oorweeg, om by daardie verrigtinge deur 'n regspraktisyn verteenwoordig te word,
en om verto teen voortgesette aanhouding te rig.
(h) Die staat moet skriftelike redes om die voortgesette aanhouding van die aangehoudene
te regverdig aan die hof voorl, en moet minstens twee dae voordat die hof die aanhouding
hersien, 'n afskrif van daardie redes aan die aangehoudene verskaf.
(7) Indien 'n hof 'n aangehoudene vrylaat, mag daardie persoon nie weer op dieselfde gronde
aangehou word nie tensy die staat voor die heraanhouding goeie redes daarvoor voor 'n hof
aantoon.
(8) Subartikels (6) en (7) is nie van toepassing op persone wat nie Suid-Afrikaanse burgers
is nie en wat na aanleiding van 'n internasionale gewapende stryd aangehou word. In plaas
daarvan moet die staat voldoen aan die standaarde wat die Republiek bind kragtens die
internasionale humanitre reg wat op die aanhouding van sodanige persone betrekking het.
Afdwinging van regte
38. Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om 'n bevoegde hof te nader en aan te voer
dat daar op 'n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so 'n inbreukmaking dreig,
en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van 'n verklaring van regte. Die persone wat
'n hof kan nader, is -
(a) iemand wat in eie belang optree;
(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie;
(c) iemand wat as 'n lid van, of in die belang van, 'n groep of klas persone optree;
(d) iemand wat in die openbare belang optree; en
(e) 'n vereniging wat in die belang van sy lede optree.
Uitleg van Handves van Regte
39. (1) By die uitleg van die Handves van Regte -
(a) moet 'n hof, tribunaal of forum die waardes wat 'n oop en demokratiese samelewing
gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag l, bevorder;
(b) moet 'n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en
(c) kan 'n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.
(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of
gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves
van Regte bevorder.
(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die
gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie
regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.
HOOFSTUK 3
REGERING VAN SAMEWERKING
Regering van die Republiek
40. (1) Regering in die Republiek bestaan uit nasionale, provinsiale en plaaslike sfere van
regering wat onderskeidend, onderling afhanklik en onderling verbonde is.
(2) Alle regeringsfere moet die beginsels in hierdie Hoofstuk handhaaf en nakom en moet hul
werksaamhede binne die perke wat deur die Hoofstuk bepaal word, verrig.
Beginsels van regering van samewerking en inter-regeringsbetrekkinge
41. (1) Alle regeringsfere en alle staatsorgane binne elke sfeer moet -
(a) die vrede, die nasionale eenheid en die onverdeelbaarheid van die Republiek bewaar;
(b) die welsyn van die mense van die Republiek verseker;
(c) doeltreffende, deursigtige, verantwoordingspligtige en samehangende regering vir die
Republiek as geheel voorsien;
(d) getrou wees aan die Grondwet, die Republiek en sy mense;
(e) die grondwetlike status, instellings, bevoegdhede en funksies van regering in die ander
sfere eerbiedig;
(f) hulself geen bevoegdheid of funksies toe-eien behalwe di wat ingevolge die Grondwet
aan hulle opgedra is nie;
(g) hul bevoegdhede uitoefen en hul funksies verrig op 'n wyse wat nie inbreuk maak op die
geografiese, funksionele of institusionele integriteit van regering in 'n ander sfeer nie; en
(h) in wedersydse vertroue en goeie trou met mekaar saamwerk
deur -
(i) vriendskaplike betrekkinge te bevorder;
(ii) mekaar te help en te ondersteun;
(iii) mekaar van inligting te voorsien, en met mekaar oorleg te pleeg, oor sake van
gemeenskaplike belang;
(iv) hul optrede en wetgewing met mekaar te kordineer;
(v) by ooreengekome prosedures te hou; en
(vi) regsverrigtinge teen mekaar te vermy.
(2) 'n Parlementswet moet -
(a) strukture en instellings tot stand bring, of voorsiening maak vir strukture en instellings,
om inter-regeringsbetrekkinge te bevorder en te vergemaklik; en
(b) voorsiening maak vir gepaste meganismes en prosedures om die beslegting van
inter-regeringsgeskille te vergemaklik.
(3) 'n Staatsorgaan wat in 'n inter-regeringsgeskil betrokke is, moet alle redelike pogings
aanwend om die geskil te besleg deur middel van meganismes en prosedures wat vir di doel
voorsien is, en moet alle ander middele uitput voordat hy 'n hof nader om die geskil te besleg.
(4) Indien 'n hof nie tevrede is dat daar aan die voorskrifte van subartikel (3) voldoen is nie,
kan hy 'n geskil na die betrokke staatsorgane terugverwys.
HOOFSTUK 4
DIE PARLEMENT
Samestelling van Parlement
42. (1) Die Parlement bestaan uit -
(a) die Nasionale Vergadering; en
(b) die Nasionale Raad van Provinsies.
(2) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies neem aan die
wetgewende proses deel op die wyse wat in die Grondwet uiteengesit word.
(3) Die Nasionale Vergadering word verkies om die mense te verteenwoordig en om regering
deur die mense kragtens die Grondwet te verseker. Hy doen dit deur die President te kies, deur
as 'n nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te dien, deur wetgewing aan te neem
en deur optrede van die uitvoerende gesag na te gaan en toesig daaroor uit te oefen.
(4) Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker
dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit hoofsaaklik
deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur as 'n nasionale forum te dien vir
die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.
(5) Die President kan die Parlement te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om
spesiale werksaamhede te verrig.
(6) Die setel van die Parlement is Kaapstad, maar 'n Parlementswet wat ooreenkomstig artikel
76(1) en (5) verorden is, kan bepaal dat die setel van die Parlement elders is.
Wetgewende gesag van die Republiek
43. In die Republiek berus die wetgewende gesag -
(a) van die nasionale regeringsfeer by die Parlement, soos in artikel 44 uiteengesit;
(b) van die provinsiale regeringsfeer by die provinsiale wetgewers, soos in artikel 104
uiteengesit; en
(c) van die plaaslike regeringsfeer by die Munisipale Rade, soos in artikel 156 uiteengesit.
Nasionale wetgewende gesag
44. (1) Die nasionale wetgewende gesag soos dit by die Parlement berus -
(a) verleen aan die Nasionale Vergadering die bevoegdheid -
(i) om die Grondwet te wysig;
(ii) om wetgewing aan te neem met betrekking tot enige aangeleentheid, met inbegrip van 'n
aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, maar uitgesonderd, behoudens
subartikel (2), 'n aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 5 vermeld; en
(iii) om enige van sy wetgewende bevoegdhede, uitgesonderd die bevoegdheid om die
Grondwet te wysig, aan enige wetgewende liggaam in 'n ander regeringsfeer op te dra; en
(b) verleen aan die Nasionale Raad van Provinsies die bevoegdheid -
(i) om ooreenkomstig artikel 74 aan die wysiging van die Grondwet deel te neem;
(ii) om ooreenkomstig artikel 76 wetgewing aan te neem met betrekking tot enige
aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld en enige ander aangeleentheid ten
opsigte waarvan wetgewing ingevolge die Grondwet ooreenkomstig artikel 76 aangeneem moet
word; en
(iii) om ooreenkomstig artikel 75 enige ander wetgewing te oorweeg wat deur die Nasionale
Vergadering aangeneem is.
(2) Die Parlement kan, deur ooreenkomstig artikel 76(1) wetgewing aan te neem, met
betrekking tot 'n aangeleentheid wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 5 vermeld, ingryp
wanneer dit nodig is om -
(a) nasionale veiligheid te handhaaf;
(b) ekonomiese eenheid te handhaaf;
(c) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf;
(d) minimum standaarde wat vir die lewering van dienste nodig is, te bepaal; of
(e) onredelike optrede deur 'n provinsie wat nadelig is vir die belange van 'n ander provinsie
of van die land as geheel, te voorkom.
(3) Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband
hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende 'n aangeleentheid in Bylae
4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid in Bylae 4
vermeld.
(4) In die uitoefening van sy wetgewende gesag word die Parlement slegs deur die Grondwet
gebind, en moet hy ooreenkomstig, en binne die perke van, die Grondwet optree.
Gesamentlike rels en orders en gesamentlike komitees
45. (1) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies moet 'n
gesamentlike relskomitee instel om rels en orders betreffende die gesamentlike werksaamhede
van die Vergadering en die Raad te maak, met inbegrip van rels en orders om -
(a) prosedures te bepaal om die wetgewende proses te vergemaklik, met inbegrip van die stel
van 'n tydsbeperking vir die voltooiing van enige stap in die proses;
(b) gesamentlike komitees bestaande uit verteenwoordigers van sowel die Vergadering as die
Raad in te stel om oorweging te skenk aan en verslag te doen oor Wetsontwerpe in artikels 74
en 75 beoog wat na so 'n komitee verwys word;
(c) 'n gesamentlike komitee in te stel om die Grondwet minstens jaarliks te hersien; en
(d) die werksaamhede te rel van -
(i) die gesamentlike relskomitee;
(ii) die Bemiddelingskomitee;
(iii) die grondwetlike hersieningskomitee; en
(iv) enige gesamentlike komitees ingevolge paragraaf (b) ingestel.
(2) Lede van die Kabinet, lede van die Nasionale Vergadering en afgevaardigdes na die
Nasionale Raad van Provinsies het dieselfde voorregte en immuniteite voor 'n gesamentlike
komitee van die Vergadering en die Raad as di wat hulle voor die Vergadering of die Raad het.
Die Nasionale Vergadering
Samestelling en verkiesing
46. (1) Die Nasionale Vergadering bestaan uit minstens 350 en hoogstens 400 vroue en
mans wat as lede verkies is ingevolge 'n kiesstelsel wat -
(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word;
(b) op die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is;
(c) vir 'n minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en
(d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.
(2) 'n Parlementswet moet 'n formule voorsien om die getal lede van die Nasionale
Vergadering te bepaal.
Lidmaatskap
47. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg
om 'n lid van die Vergadering te wees, uitgesonderd -
(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir daardie
aanstelling of diens ontvang, behalwe -
(i) die President, Adjunkpresident, Ministers en Adjunkministers; en
(ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van 'n lid van die Vergadering
bestaanbaar is, en deur nasionale wetgewing verklaar is met di funksies bestaanbaar te wees;
(b) vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, of lede van 'n provinsiale
wetgewer of 'n Munisipale Raad;
(c) ongerehabiliteerde insolvente;
(d) iemand wat deur 'n hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of
(e) iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf
skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die
misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as
gevonnis te wees voordat 'n appl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd
om appl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk
vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om 'n lid van die Nasionale
Vergadering te wees, kan 'n kandidaat vir die Vergadering wees behoudens enige beperkings of
voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(3) Iemand verloor lidmaatskap van die Nasionale Vergadering indien so iemand -
(a) ophou om bevoeg te wees; of
(b) sonder toestemming afwesig is van die Vergadering in omstandighede waarvoor die rels
en orders van die Vergadering verlies van lidmaatskap voorskryf.
(4) Vakatures in die Nasionale Vergadering moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul
word.
Eed of plegtige verklaring
48. Voordat lede van die Nasionale Vergadering begin om hul funksies in die Vergadering te
verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die
Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Duur van Nasionale Vergadering
49. (1) Die Nasionale Vergadering word vir 'n termyn van vyf jaar verkies.
(2) Indien die Nasionale Vergadering ingevolge artikel 50 ontbind word, of wanneer sy termyn
verstryk, moet die President by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en
di verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Vergadering ontbind
is of sy termyn verstryk het.
(3) Indien die uitslag van 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering nie binne die tydperk
ingevolge artikel 190 vasgestel, bekend gemaak word nie of indien 'n verkiesing deur 'n hof
tersyde gestel word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums
daarvoor bepaal, en di verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van
daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.
(4) Die Nasionale Vergadering bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die
verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die
volgende Vergadering plaasvind.
Ontbinding van Nasionale Vergadering voor verstryking van sy termyn
50. (1) Die President moet die Nasionale Vergadering ontbind indien -
(a) die Vergadering 'n besluit om te ontbind met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid
van sy lede aangeneem het; en
(b) drie jaar verstryk het sedert die Vergadering verkies is.
(2) Die Waarnemende President moet die Nasionale Vergadering ontbind indien -
(a) daar 'n vakature in die amp van President is; en
(b) die Vergadering in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe
President te kies.
Sittings en resesse
51. (1) Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering na 'n verkiesing vind plaas op 'n
tyd en datum wat die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 14 dae
nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. Die Vergadering kan die tyd en duur van
sy ander sittings en sy resesse bepaal.
(2) Die President kan die Nasionale Vergadering te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting
byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
(3) Sittings van die Nasionale Vergadering op ander plekke as die setel van die Parlement
word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in
die rels en orders van die Vergadering daarvoor voorsiening gemaak word.
Speaker en Adjunkspeaker
52. (1) By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te
vul, moet die Nasionale Vergadering uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies.
(2) Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van 'n Speaker voorsit,
of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker
voor.
(3) Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Speaker en
die Adjunkspeaker van toepassing.
(4) Die Nasionale Vergadering kan die Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp
onthef. 'n Meerderheid van die lede van die Vergadering moet teenwoordig wees wanneer di
besluit aangeneem word.
(5) Die Nasionale Vergadering kan ingevolge sy rels en orders uit sy geledere ander
voorsittende beamptes kies om die Speaker en die Adjunkspeaker behulpsaam te wees.
Besluite
53. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal -
(a) moet 'n meerderheid van die lede van die Nasionale Vergadering teenwoordig wees
voordat 'n stemming oor 'n Wetsontwerp of 'n wysiging van 'n Wetsontwerp gehou kan word;
(b) moet minstens een derde van die lede teenwoordig wees voordat 'n stemming oor enige
ander vraag wat voor die Vergadering dien, gehou kan word; en
(c) word alle vrae wat voor die Vergadering dien, beslis deur 'n meerderheid van die stemme
wat uitgebring word.
(2) Die lid van die Nasionale Vergadering wat by 'n vergadering van die Vergadering voorsit,
het nie 'n beraadslagende stem nie, maar -
(a) moet 'n beslissende stem uitbring wanneer daar 'n staking van stemme oor 'n vraag is; en
(b) kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n
ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
Regte van sekere Kabinetslede in Nasionale Vergadering
54. Die President en enige lid van die Kabinet wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering
is nie, kan in die Vergadering sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie.
Bevoegdhede van Nasionale Vergadering
55. (1) In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan die Nasionale Vergadering
-
(a) enige wetgewing wat voor die Vergadering dien, oorweeg, aanneem, wysig of verwerp;
en
(b) wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel.
(2) Die Nasionale Vergadering moet voorsiening maak vir meganismes om -
(a) te verseker dat alle uitvoerende staatsorgane in die nasionale regeringsfeer aan hom
verantwoording doen; en
(b) toesig te hou oor -
(i) die uitoefening van nasionale uitvoerende gesag, met inbegrip van die uitvoering van
wetgewing; en
(ii) enige staatsorgaan.
Getuienis of inligting voor Nasionale Vergadering
56. Die Nasionale Vergadering of enige van sy komitees kan -
(a) enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring
getuienis af te l, of om dokumente voor te l;
(b) van enige persoon of instelling vereis om aan hom verslag te doen;
(c) ingevolge nasionale wetgewing of die rels en orders enige persoon of instelling verplig
om aan 'n dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en
(d) van enige belanghebbende persone of instellings petisies, verto of voorleggings ontvang.
Interne relings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Vergadering
57. (1) Die Nasionale Vergadering kan -
(a) sy interne relings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en
(b) rels en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van
verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en
publieke betrokkenheid.
(2) Die rels en orders van die Nasionale Vergadering moet voorsiening maak vir -
(a) die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy komitees;
(b) die deelname van minderheidspartye wat in die Vergadering verteenwoordig is, aan die
verrigtinge van die Vergadering en sy komitees op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar
is;
(c) finansile en administratiewe hulp aan elke party wat in die Vergadering verteenwoordig
is, in verhouding tot sy verteenwoordiging, ten einde die party en sy leier in staat te stel om hul
funksies in die Vergadering doeltreffend te verrig; en
(d) die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die Vergadering as die Leier
van die Opposisie.
Voorreg
58. (1) Kabinetslede en lede van die Nasionale Vergadering -
(a) het behoudens die Vergadering se rels en orders vryheid van spraak in die Vergadering
en in sy komitees; en
(b) is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming, gevangesetting
of skadevergoeding
weens -
(i) enigiets wat hulle in of voor of aan die Vergadering of enige van sy komitees ges,
blootgel of voorgel het nie; of
(ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die
Vergadering of enige van sy komitees ges, blootgel of voorgel het nie.
(2) Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Vergadering, Kabinetslede en lede van
die Vergadering kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van die Nasionale Vergadering betaalbaar is,
is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Vergadering
59. (1) Die Nasionale Vergadering moet -
(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die Vergadering en sy
komitees vergemaklik; en
(b) sy werksaamhede op 'n oop wyse verrig, en sy sittings en di van sy komitees in die
openbaar hou, maar redelike maatrels kan getref word om -
(i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die Vergadering en sy
komitees te reguleer; en
(ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van
toegang aan of die verwydering van enige persoon.
(2) Die Nasionale Vergadering mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting
van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en
regverdigbaar is om dit te doen.
Nasionale Raad van Provinsies
Samestelling van Nasionale Raad
60. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies word saamgestel uit 'n enkele afvaardiging uit
elke provinsie bestaande uit tien afgevaardigdes.
(2) Die tien afgevaardigdes is -
(a) vier spesiale afgevaardigdes, bestaande uit -
(i) die Premier van die provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is nie, 'n lid van die
provinsiale wetgewer wat f in die algemeen f vir 'n bepaalde werksaamheid wat voor die
Nasionale Raad van Provinsies dien, deur die Premier aangewys word; en
(ii) drie ander spesiale afgevaardigdes; en
(b) ses vaste afgevaardigdes wat ingevolge artikel 61(2) aangestel is.
(3) Die Premier van 'n provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is nie, 'n lid van die
provinsie se afvaardiging wat deur die Premier aangewys word, staan aan die hoof van die
afvaardiging.
Toewysing van afgevaardigdes
61. (1) Partye wat in 'n provinsiale wetgewer verteenwoordig is, is geregtig op
afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging ooreenkomstig die formule in Deel B van Bylae
3 uiteengesit.
(2) Binne 30 dae nadat die uitslag van 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer bekend
gemaak is, moet die wetgewer -
(a) ooreenkomstig nasionale wetgewing bepaal hoeveel van elke party se afgevaardigdes vaste
afgevaardigdes en hoeveel spesiale afgevaardigdes moet wees; en
(b) die vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die partye se benoemings aanstel.
(3) Die nasionale wetgewing in subartikel (2)(a) beoog, moet die deelname van
minderheidspartye in sowel die vaste as die spesiale afgevaardigdes se komponente van die
afvaardiging op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, verseker.
(4) Die wetgewer, met die instemming van die Premier en die leiers van die partye wat op
spesiale afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging geregtig is, moet, soos dit van tyd tot tyd
nodig mag wees, spesiale afgevaardigdes uit die geledere van die wetgewer aanwys.
Vaste afgevaardigdes
62. (1) Iemand wat as 'n vaste afgevaardigde benoem word, moet bevoeg wees om 'n lid
van die provinsiale wetgewer te wees.
(2) Indien iemand wat 'n lid van 'n provinsiale wetgewer is, as 'n vaste afgevaardigde
aangestel word, hou so iemand op om 'n lid van die wetgewer te wees.
(3) Vaste afgevaardigdes word aangestel vir 'n termyn wat onmiddellik voor die eerste sitting
van die provinsiale wetgewer na sy volgende verkiesing verstryk.
(4) Iemand hou op om 'n vaste afgevaardigde te wees indien so iemand -
(a) om enige ander rede as so iemand se aanstelling as 'n vaste afgevaardigde nie meer bevoeg
is om 'n lid van die provinsiale wetgewer te wees nie;
(b) 'n lid van die Kabinet word;
(c) die vertroue van die provinsiale wetgewer verloor het en teruggeroep word deur die party
wat so iemand benoem het;
(d) ophou om 'n lid te wees van die party wat so iemand benoem het en deur daardie party
teruggeroep word; of
(e) sonder toestemming afwesig is van die Nasionale Raad van Provinsies in omstandighede
waarvoor die rels en orders van die Raad verlies van die amp van vaste afgevaardigde voorskryf.
(5) Vakatures onder die vaste afgevaardigdes moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul
word.
(6) Voordat vaste afgevaardigdes begin om hul funksies in die Nasionale Raad van Provinsies
te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die
Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Sittings van Nasionale Raad
63. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies kan die tyd en duur van sy sittings en sy resesse
bepaal.
(2) Die President kan die Nasionale Raad van Provinsies te eniger tyd vir 'n buitengewone
sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
(3) Sittings van die Nasionale Raad van Provinsies op ander plekke as die setel van die
Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien
daar in die rels en orders van die Raad daarvoor voorsiening gemaak word.
Voorsitter en Adjunkvoorsitters
64. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies moet uit die afgevaardigdes 'n Voorsitter en
twee Adjunkvoorsitters kies.
(2) Die Voorsitter en een van die Adjunkvoorsitters word uit die vaste afgevaardigdes verkies
vir 'n termyn van vyf jaar, tensy hul termyne as afgevaardigdes vroer verstryk.
(3) Die ander Adjunkvoorsitter word vir 'n termyn van een jaar verkies, en moet opgevolg
word deur 'n afgevaardigde uit 'n ander provinsie, sodat elke provinsie om die beurt
verteenwoordig word.
(4) Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die Voorsitter
voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Voorsitter sit by die verkiesing van die
Adjunkvoorsitters voor.
(5) Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Voorsitter
en die Adjunkvoorsitters van toepassing.
(6) Die Nasionale Raad van Provinsies kan die Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter van die amp
onthef.
(7) Die Nasionale Raad van Provinsies kan ingevolge sy rels en orders uit die afgevaardigdes
ander voorsittende beamptes kies om die Voorsitter en Adjunkvoorsitters behulpsaam te wees.
Besluite
65. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal -
(a) het elke provinsie een stem, wat namens die provinsie deur die hoof van sy afvaardiging
uitgebring word; en
(b) word alle vrae voor die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur wanneer minstens vyf
provinsies ten gunste van die vraag stem.
(2) 'n Parlementswet wat verorden is ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy subartikel
(1) hetsy subartikel (2) van artikel 76 voorgeskryf is, moet voorsiening maak vir 'n eenvormige
prosedure waarvolgens provinsiale wetgewers magtiging aan hul afvaardigings verleen om namens
hulle stemme uit te bring.
Deelname deur lede van nasionale uitvoerende gesag
66. (1) Kabinetslede en Adjunkministers kan in die Nasionale Raad van Provinsies sitting
neem en daarin praat, maar mag nie stem nie.
(2) Die Nasionale Raad van Provinsies kan van 'n Kabinetslid, 'n Adjunkminister of 'n
amptenaar in die nasionale of 'n provinsiale uitvoerende gesag vereis om 'n vergadering van die
Raad of 'n komitee van die Raad by te woon.
Deelname deur verteenwoordigers van plaaslike regering
67. Hoogstens tien deeltydse verteenwoordigers wat ingevolge artikel 163 deur die
georganiseerde plaaslike regering aangewys word om die verkillende kategorie munisipaliteite
te verteenwoordig, kan, wanneer nodig, aan die verrigtinge van die Nasionale Raad van Provinsies
deelneem, maar mag nie stem nie.
Bevoegdhede van Nasionale Raad
68. In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan die Nasionale Raad van Provinsies
-
(a) enige wetgewing wat voor die Raad dien, ooreenkomstig hierdie Hoofstuk oorweeg,
aanneem, wysig of verwerp of wysigings daarvan voorstel; en
(b) wetgewing wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld of ander wetgewing
wat in artikel 76(3) genoem word, inisieer of opstel, maar die Raad mag nie Geldwetsontwerpe
inisieer of opstel nie.
Getuienis of inligting voor Nasionale Raad
69. Die Nasionale Raad van Provinsies of enige van sy komitees kan -
(a) enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring
getuienis af te l, of om dokumente voor te l;
(b) van enige instelling of persoon vereis om aan hom verslag te doen;
(c) ingevolge nasionale wetgewing of die rels en orders enige persoon of instelling verplig
om aan 'n dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en
(d) van enige belanghebbende persone of instellings petisies, verto of voorleggings ontvang.
Interne relings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Raad
70. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies kan -
(a) sy interne relings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en
(b) rels en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van
verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en
publieke betrokkenheid.
(2) Die rels en orders van die Nasionale Raad van Provinsies moet voorsiening maak vir -
(a) die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy komitees;
(b) die deelname van al die provinsies in sy verrigtinge op 'n wyse wat met die demokrasie
bestaanbaar is; en
(c) die deelname van minderheidspartye wat in die Raad verteenwoordig is, aan die verrigtinge
van die Raad en sy komitees op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, wanneer daar
ooreenkomstig artikel 75 oor 'n aangeleentheid beslis moet word.
Voorreg
71. (1) Afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies en die persone in artikels
66 en 67 genoem -
(a) het behoudens die Raad se rels en orders vryheid van spraak in die Raad en in sy
komitees; en
(b) is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming, gevangesetting
of skadevergoeding
weens -
(i) enigiets wat hulle in of voor of aan die Raad of enige van sy komitees ges, blootgel of
voorgel het nie; of
(ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die
Raad of enige van sy komitees ges, blootgel of voorgel het nie.
(2) Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Raad van Provinsies, afgevaardigdes
na die Raad en persone in artikels 66 en 67 bedoel, kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf
word.
(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan vaste lede van die Nasionale Raad van Provinsies
betaalbaar is, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Raad
72. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies moet -
(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die Raad en sy komitees
vergemaklik; en
(b) sy werksaamhede op 'n oop wyse verrig, en sy sittings en di van sy komitees in die
openbaar hou, maar redelike maatrels kan getref word om -
(i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die Raad en sy komitees
te reguleer; en
(ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van
toegang aan of die verwydering van enige persoon.
(2) Die Nasionale Raad van Provinsies mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van
'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en
regverdigbaar is om dit te doen.
Nasionale Wetgewende Proses
Alle Wetsontwerpe
73. (1) Enige Wetsontwerp kan by die Nasionale Vergadering ingedien word.
(2) Slegs 'n Kabinetslid of 'n Adjunkminister, of 'n lid of komitee van die Nasionale
Vergadering, kan 'n Wetsontwerp by die Vergadering indien; maar slegs die Kabinetslid wat vir
nasionale finansile sake verantwoordelik is, kan 'n Geldwetsontwerp by die Vergadering indien.
(3) 'n Wetsontwerp in artikel 76(3) genoem, uitgesonderd 'n Geldwetsontwerp, kan by die
Nasionale Raad van Provinsies ingedien word.
(4) Slegs 'n lid of komitee van die Nasionale Raad van Provinsies kan 'n Wetsontwerp by die
Raad indien.
(5) 'n Wetsontwerp wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, moet na die Nasionale
Raad van Provinsies verwys word indien dit deur die Raad oorweeg moet word. 'n Wetsontwerp
wat deur die Raad aangeneem is, moet na die Vergadering verwys word.
Wetsontwerpe wat die Grondwet wysig
74. (1) Artikel 1 en hierdie subartikel kan gewysig word deur 'n Wetsontwerp wat
aangeneem word deur -
(a) die Nasionale Vergadering, met 'n ondersteunende stem van minstens 75 persent van sy
lede; en
(b) die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses
provinsies.
(2) Hoofstuk 2 kan gewysig word deur 'n Wetsontwerp wat aangeneem word deur -
(a) die Nasionale Vergadering, met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy
lede; en
(b) die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses
provinsies.
(3) Enige ander bepaling van die Grondwet kan gewysig word deur 'n Wetsontwerp wat
aangeneem word -
(a) deur die Nasionale Vergadering, met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes
van sy lede; en
(b) ook deur die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens
ses provinsies, indien die wysiging -
(i) betrekking het op 'n aangeleentheid wat die Raad raak;
(ii) provinsiale grense, bevoegdhede, funksies of instellings verander; of
(iii) 'n bepaling wat spesifiek met 'n provinsiale aangeleentheid handel, wysig.
(4) 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie ander bepalings insluit as grondwetlike
wysigings en aangeleenthede wat met die wysigings in verband staan nie.
(5) Minstens 30 dae voordat 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, ingevolge artikel 73(2)
ingedien word, moet die persoon of komitee wat voornemens is om die Wetsontwerp in te dien
-
(a) besonderhede van die beoogde wysiging in die nasionale Staatskoerant, en ooreenkomstig
die rels en orders van die Nasionale Vergadering, vir openbare kommentaar publiseer;
(b) di besonderhede ooreenkomstig die rels en orders van die Vergadering aan die
provinsiale wetgewers vir hul sienswyses voorl; en
(c) di besonderhede ooreenkomstig die rels en orders van die Nasionale Raad van
Provinsies aan die Raad voorl vir 'n openbare debat, indien die beoogde wysiging nie 'n wysiging
is wat deur die Raad aangeneem moet word nie.
(6) Wanneer 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, ingedien word, moet die persoon of
komitee wat die Wetsontwerp indien enige skriftelike kommentaar wat van die publiek en die
provinsiale wetgewers ontvang is -
(a) aan die Speaker voorl vir tertafellegging in die Nasionale Vergadering; en
(b) ten opsigte van wysigings in subartikel (1), (2) of (3)(b) genoem, aan die Voorsitter van
die Nasionale Raad van Provinsies voorl vir tertafellegging in die Raad.
(7) 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie in die Nasionale Vergadering tot
stemming gebring word nie binne 30 dae vanaf -
(a) die indiening daarvan, indien die Vergadering sit wanneer die Wetsontwerp ingedien word;
of
(b) die tertafellegging daarvan in die Vergadering, indien die Vergadering in reses is wanneer
die Wetsontwerp ingedien word.
(8) Indien 'n Wetsontwerp in subartikel (3)(b) genoem, of enige gedeelte van die
Wetsontwerp, slegs 'n bepaalde provinsie of provinsies raak, mag die Nasionale Raad van
Provinsies die Wetsontwerp, of die tersaaklike gedeelte daarvan, nie aanneem nie tensy dit deur
die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsie of provinsies goedgekeur is.
(9) 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig en wat deur die Nasionale Vergadering en, waar
van toepassing, deur die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, moet na die President vir
bekragtiging verwys word.
Gewone Wetsontwerpe wat nie provinsies raak nie
75. (1) Wanneer die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp, behalwe 'n Wetsontwerp
waarop die prosedure uiteengesit in artikel 74 of 76 van toepassing is, aanneem, moet die
Wetsontwerp na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word en ooreenkomstig die volgende
prosedure behandel word:
(a) Die Raad moet -
(i) die Wetsontwerp aanneem;
(ii) die Wetsontwerp aanneem behoudens wysigings deur hom voorgestel; of
(iii) die Wetsontwerp verwerp.
(b) Indien die Raad die Wetsontwerp aanneem sonder om wysigings voor te stel, moet die
Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(c) Indien die Raad die Wetsontwerp verwerp of dit behoudens wysigings aanneem, moet die
Vergadering die Wetsontwerp heroorweeg, met inagneming van enige wysiging wat deur die
Raad voorgestel is, en kan die Vergadering -
(i) die Wetsontwerp weer aanneem, met of sonder wysigings; of
(ii) besluit om nie met die Wetsontwerp voort te gaan nie.
(d) 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (c) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan
die President vir bekragtiging voorgel word.
(2) Wanneer die Nasionale Raad van Provinsies ingevolge hierdie artikel oor 'n vraag stem,
is artikel 65 nie van toepassing nie; in plaas daarvan -
(a) het elke afgevaardigde in 'n provinsiale afvaardiging een stem;
(b) moet minstens een derde van die afgevaardigdes teenwoordig wees voordat daar oor die
vraag gestem kan word; en
(c) word die vraag beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word, maar by
staking van stemme oor die vraag moet die voorsittende afgevaardigde 'n beslissende stem
uitbring.
Gewone Wetsontwerpe wat provinsies raak
76. (1) Wanneer die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp genoem in subartikel (3), (4)
of (5) aanneem, moet die Wetsontwerp na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word en
ooreenkomstig die volgende prosedure behandel word:
(a) Die Raad moet -
(i) die Wetsontwerp aanneem;
(ii) 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem; of
(iii) die Wetsontwerp verwerp.
(b) Indien die Raad die Wetsontwerp sonder wysiging aanneem, moet die Wetsontwerp aan
die President vir bekragtiging voorgel word.
(c) Indien die Raad 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp
na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die gewysigde Wetsontwerp
aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(d) Indien die Raad die Wetsontwerp verwerp, of indien die Vergadering weier om 'n
gewysigde Wetsontwerp aan te neem wat ingevolge paragraaf (c) na hom verwys is, moet die
Wetsontwerp en, waar van toepassing, ook die gewysigde Wetsontwerp verwys word na die
Bemiddelingskomitee, wat kan ooreenkom ten gunste
van -
(i) die Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem;
(ii) die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem; of
(iii) 'n ander weergawe van die Wetsontwerp.
(e) Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp
na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp tensy die Vergadering die Wetsontwerp weer
aanneem, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
(f) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur
die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad
die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgel
word.
(g) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp
soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en
indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir
bekragtiging voorgel word.
(h) Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp
ooreenkom, moet di weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Vergadering as die Raad
verwys word, en indien di weergawe deur die Vergadering en die Raad aangeneem word, moet
dit aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(i) Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Raad verwys is, nie deur
die Raad aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, tensy die Vergadering die Wetsontwerp
aanneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
(j) Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (g) of (h) na die Vergadering verwys is,
nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, maar die Wetsontwerp
soos oorspronklik deur die Vergadering aangeneem, kan weer deur die Vergadering aangeneem
word, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
(k) 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (e), (i) of (j) deur die Vergadering aangeneem
is, moet aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(2) Wanneer die Nasionale Raad van Provinsies 'n Wetsontwerp bedoel in subartikel (3)
aanneem, moet die Wetsontwerp na die Nasionale Vergadering verwys word en ooreenkomstig
die volgende prosedure behandel word:
(a) Die Vergadering moet -
(i) die Wetsontwerp aanneem;
(ii) 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem; of
(iii) die Wetsontwerp verwerp.
(b) 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (a)(i) deur die Vergadering aangeneem is, moet
aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(c) Indien die Vergadering 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde
Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die gewysigde Wetsontwerp aanneem,
moet dit aan die President vir bekragtiging voorgel word.
(d) Indien die Vergadering die Wetsontwerp verwerp, of indien die Raad weier om 'n
gewysigde Wetsontwerp aan te neem wat ingevolge paragraaf (c) na hom verwys is, moet die
Wetsontwerp en, waar van toepassing, ook die gewysigde Wetsontwerp verwys word na die
Bemiddelingskomitee, wat kan ooreenkom ten gunste
van -
(i) die Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem;
(ii) die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem; of
(iii) 'n ander weergawe van die Wetsontwerp.
(e) Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp
na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp.
(f) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur
die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die
Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgel
word.
(g) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp
soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en
indien dit deur die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgel
word.
(h) Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp
ooreenkom, moet di weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Raad as die Vergadering
verwys word, en indien dit deur die Raad en die Vergadering aangeneem word, moet dit aan die
President vir bekragtiging voorgel word.
(i) Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Vergadering verwys is,
nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp.
(3) 'n Wetsontwerp moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy
subartikel (1) hetsy subartikel (2) voorgeskryf word indien dit binne 'n funksionele gebied vermeld
in Bylae 4 val of voorsiening maak vir wetgewing wat in enige van die volgende artikels beoog
word:
(a) Artikel 65(2);
(b) artikel 163;
(c) artikel 182;
(d) artikel 195(3) en (4);
(e) artikel 196; en
(f) artikel 197.
(4) 'n Wetsontwerp moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur subartikel
(1) voorgeskryf word indien dit voorsiening maak vir wetgewing wat -
(a) in artikel 44(2) of 220(3) beoog word; of
(b) in Hoofstuk 13 beoog word en wat die finansile belange van die provinsiale regeringsfeer
raak.
(5) 'n Wetsontwerp in artikel 42(6) beoog, moet behandel word ooreenkomstig die prosedure
wat deur subartikel (1) voorgeskryf word, behalwe dat -
(a) wanneer die Nasionale Vergadering oor die Wetsontwerp stem, die bepalings van artikel
53(1) nie van toepassing is nie; in plaas daarvan, kan die Wetsontwerp aangeneem word slegs
indien 'n meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem; en
(b) indien die Wetsontwerp na die Bemiddelingskomitee verwys word, die volgende rels van
toepassing is:
(i) Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(g) of (h)
oorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien 'n meerderheid van die lede van
die Vergadering ten gunste daarvan stem.
(ii) Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(e), (i) of (j)
oorweeg of heroorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien minstens twee
derdes van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
(6) Hierdie artikel is nie op Geldwetsontwerpe van toepassing nie.
Geldwetsontwerpe
77. (1) 'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte opl, is 'n
Geldwetsontwerp. 'n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe
'n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging
van belastings, heffings of regte.
(2) Alle Geldwetsontwerpe moet oorweeg word ooreenkomstig die prosedure wat deur artikel
75 voorgeskryf word. 'n Parlementswet moet voorsiening maak vir 'n prosedure vir die wysiging
van Geldwetsontwerpe voor die Parlement.
Bemiddelingskomitee
78. (1) Die Bemiddelingskomitee bestaan uit -
(a) nege lede van die Nasionale Vergadering deur die Vergadering verkies ooreenkomstig 'n
prosedure wat deur die rels en orders van die Vergadering voorgeskryf word en wat tot gevolg
het dat partye in wesenlik dieselfde verhouding verteenwoordig is as di waarin die partye in die
Vergadering verteenwoordig is; en
(b) een afgevaardigde uit elke provinsiale afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies,
deur die afvaardiging aangewys.
(2) Die Bemiddelingskomitee het ten gunste van 'n weergawe van 'n Wetsontwerp
ooreengekom, of 'n vraag beslis, wanneer di weergawe, of een kant van die vraag, gesteun word
deur -
(a) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Vergadering; en
(b) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Raad van Provinsies.
Bekragtiging van Wetsontwerpe
79. (1) Die President moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem
is f bekragtig en onderteken f, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid
van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys.
(2) Die gesamentlike rels en orders moet voorsiening maak vir die prosedure vir die
heroorweging van 'n Wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering en die deelname van die
Nasionale Raad van Provinsies aan die proses.
(3) Die Nasionale Raad van Provinsies moet deelneem aan die heroorweging van 'n
Wetsontwerp wat die President na die Nasionale Vergadering terugverwys het indien -
(a) die President se voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp verband
hou met 'n prosedurele aangeleentheid waarby die Raad betrokke is; of
(b) artikel 74(1), (2) of (3)(b) of 76 by die aanname van die Wetsontwerp van toepassing was.
(4) Indien 'n Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die President se voorbehoude
voldoen, moet die President die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die
President -
(a) f die Wetsontwerp bekragtig en onderteken;
(b) f dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.
(5) Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die
President dit bekragtig en onderteken.
Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede van Nasionale Vergadering
80. (1) Lede van die Nasionale Vergadering kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen
om 'n bevel wat verklaar dat 'n Parlementswet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.
(2) 'n Aansoek -
(a) moet deur minstens een derde van die lede van die Nasionale Vergadering gesteun word;
en
(b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die President die Wet bekragtig
en onderteken het.
(3) Die Konstitusionele Hof kan gelas dat 'n Wet, of 'n gedeelte daarvan, wat die onderwerp
van 'n aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die
aansoek beslis het, indien -
(a) dit in die belang van geregtigheid is; en
(b) die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag.
(4) Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan
die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.
Publikasie van Wette
81. 'n Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en onderteken is, word 'n Wet van die
Parlement, moet onverwyld gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op
'n datum ingevolge die Wet bepaal.
Veilige bewaring van Parlementswette
82. Die ondertekende eksemplaar van 'n Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings
van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele
Hof toevertrou word.
HOOFSTUK 5
Die President en Nasionale
Uitvoerende Gesag
Die President
83. Die President -
(a) is die Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag;
(b) moet die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig en eerbiedig;
en
(c) bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat vooruitgaan.
Bevoegdhede en funksies van President
84. (1) Die President het die bevoegdhede wat deur die Grondwet en wetgewing verleen
word, met inbegrip van di bevoegdhede wat nodig is om die funksies van Staatshoof en hoof van
die nasionale uitvoerende gesag te verrig.
(2) Die President is verantwoordelik vir -
(a) die bekragtiging en ondertekening van Wetsontwerpe;
(b) die terugverwysing van 'n Wetsontwerp na die Nasionale Vergadering vir heroorweging
van die grondwetlikheid van die Wetsontwerp;
(c) die verwysing van 'n Wetsontwerp na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die
grondwetlikheid van die Wetsontwerp;
(d) die byeenroeping van die Nasionale Vergadering, die Nasionale Raad van Provinsies of
die Parlement vir 'n buitengewone sitting om spesiale werksaamhede te verrig;
(e) die doen van aanstellings wat die Grondwet of wetgewing van die President anders as in
die hoedanigheid van hoof van die nasionale uitvoerende gesag vereis;
(f) die aanstelling van kommissies van ondersoek;
(g) die uitroep van 'n nasionale referendum ingevolge 'n Parlementswet;
(h) die ontvangs en erkenning van buitelandse diplomatieke en konsulre verteenwoordigers;
(i) die aanstelling van ambassadeurs, gevolmagtigdes en diplomatieke en konsulre
verteenwoordigers;
(j) die begenadiging van, of die verlening van grasie aan, oortreders, en die kwytskelding van
boetes, strawwe of verbeurings; en
(k) die toekenning van eerbewyse.
Uitvoerende gesag van die Republiek
85. (1) Die uitvoerende gesag van die Republiek berus by die President.
(2) Die President oefen die uitvoerende gesag gesamentlik met die ander lede van die Kabinet
uit, deur -
(a) nasionale wetgewing uit te voer, behalwe waar die Grondwet of 'n Parlementswet anders
bepaal;
(b) nasionale beleid te ontwikkel en uit te voer;
(c) die funksies van staatsdepartemente en -administrasies te kordineer;
(d) wetgewing op te stel en te inisieer; en
(e) enige ander uitvoerende funksie te verrig waarvoor in die Grondwet of in nasionale
wetgewing voorsiening gemaak word.
Verkiesing van President
86. (1) By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature
te vul, moet die Nasionale Vergadering 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die President verkies.
(2) Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die President
voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die prosedure in Deel A van Bylae 3
uiteengesit, is op die verkiesing van die President van toepassing.
(3) 'n Verkiesing om 'n vakature in die amp van President te vul, moet gehou word op 'n tyd
en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat
die vakature ontstaan.
Aanvaarding van amp deur President
87. Wanneer iemand as President verkies word, hou so iemand op om 'n lid van die Nasionale
Vergadering te wees, en moet so iemand die amp van President binne vyf dae aanvaar deur
ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en
gehoorsaamheid aan die Grondwet af te l.
Ampstermyn van President
88. (1) Die President se ampstermyn begin by ampsaanvaarding en eindig wanneer 'n
vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as President verkies word die amp
aanvaar.
(2) Niemand mag die amp van President vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar
wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van President te vul, word die tydperk
tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n President nie as 'n ampstermyn
beskou nie.
Ontheffing van President
89. (1) Die Nasionale Vergadering kan, by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende
stem van minstens twee derdes van sy lede, die President van die amp van President onthef slegs
op grond van -
(a) 'n ernstige skending van die Grondwet of die reg;
(b) ernstige wangedrag; of
(c) onvermo om die funksies van die amp te verrig.
(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) van die amp van President onthef is, mag
geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.
Waarnemende President
90. (1) Wanneer die President uit die Republiek afwesig is of andersins nie in staat is om
die pligte van die President te vervul nie, of gedurende 'n vakature in die amp van President, neem
'n ampsdraer in die onderstaande rangorde as President waar:
(a) Die Adjunkpresident.
(b) 'n Minister deur die President aangewys.
(c) 'n Minister deur die ander lede van die Kabinet aangewys.
(d) Die Speaker, totdat die Nasionale Vergadering een van sy ander lede aanwys.
(2) 'n Waarnemende President het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die
President.
(3) Voordat die Waarnemende President die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies
van die President aanvaar, moet die Waarnemende President ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of
plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Kabinet
91. (1) Die Kabinet bestaan uit die President, as hoof van die Kabinet, 'n Adjunkpresident
en Ministers.
(2) Die President stel die Adjunkpresident en Ministers aan, dra hulle bevoegdhede en funksies
aan hulle op, en kan hulle ontslaan.
(3) Die President -
(a) moet die Adjunkpresident uit die geledere van die Nasionale Vergadering kies;
(b) kan enige getal Ministers uit die geledere van die Vergadering kies; en
(c) kan hoogstens twee Ministers van buite die Vergadering kies.
(4) Die President moet 'n lid van die Kabinet as die leier van regeringswerksaamhede in die
Nasionale Vergadering aanstel.
(5) Die Adjunkpresident moet die President in die verrigting van regeringsfunksies bystaan.
Aanspreeklikheid en verantwoordelikhede
92. (1) Die Adjunkpresident en Ministers is verantwoordelik vir die bevoegdhede en
funksies van die uitvoerende gesag wat deur die President aan hulle opgedra word.
(2) Lede van die Kabinet is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Parlement aanspreeklik vir
die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.
(3) Lede van die Kabinet moet -
(a) ooreenkomstig die Grondwet optree; en
(b) die Parlement voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle
beheer.
Adjunkministers
93. Die President kan Adjunkministers uit die geledere van die Nasionale Vergadering aanstel
om die lede van die Kabinet behulpsaam te wees, en kan hulle ontslaan.
Voortbestaan van Kabinet na verkiesings
94. Wanneer 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering gehou word, bly die Kabinet, die
Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers bevoeg om te funksioneer totdat die persoon
wat deur die volgende Vergadering as President verkies word die amp aanvaar.
Eed of plegtige verklaring
95. Voordat die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers begin om hul funksies
te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die
Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Gedrag van Kabinetslede en Adjunkministers
96. (1) Lede van die Kabinet en Adjunkministers moet optree ooreenkomstig 'n etiese
kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
(2) Lede van die Kabinet en Adjunkministers mag nie -
(a) enige ander betaalde werk onderneem nie;
(b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige
omstandigheid wat die risiko inhou van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en
hul private belange nie; of
(c) hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige
ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.
Oordrag van werksaamhede
97. Die President kan by proklamasie aan 'n lid van die Kabinet -
(a) die administrasie oordra van enige wetgewing wat aan 'n ander lid opgedra is; of
(b) enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is.
Tydelike opdra van funksies
98. Die President kan aan 'n Kabinetslid enige bevoegdheid of funksie van 'n ander lid wat
uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te
verrig nie, opdra.
Opdra van funksies
99. 'n Lid van die Kabinet kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge 'n Parlementswet
uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n lid van 'n provinsiale Uitvoerende Raad of 'n Munisipale
Raad opdra. 'n Opdrag -
(a) geskied ingevolge 'n ooreenkoms tussen die betrokke Kabinetslid en die lid van die
Uitvoerende Raad of die Munisipale Raad;
(b) moet bestaanbaar wees met die Parlementswet ingevolge waarvan die betrokke
bevoegdheid of funksie uitgeoefen of verrig word; en
(c) tree by proklamering deur die President in werking.
Nasionale toesig oor provinsiale administrasie
100. (1) Wanneer 'n provinsie 'n uitvoerende verpligting ingevolge wetgewing of die
Grondwet nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, kan die nasionale uitvoerende gesag ingryp
deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat daardie verpligting nagekom word, met
inbegrip van -
(a) die uitreiking van 'n lasgewing aan die provinsiale uitvoerende gesag waarin die mate van
die versuim om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge
na te kom, vermeld word; en
(b) die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie provinsie
in die mate wat nodig is om -
(i) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde minimum standaarde vir
die lewering van 'n diens te voldoen;
(ii) ekonomiese eenheid te handhaaf;
(iii) nasionale veiligheid te handhaaf; of
(iv) te voorkom dat daardie provinsie onredelike stappe doen wat nadelig is vir die belange van
'n ander provinsie of van die land as geheel.
(2) Indien die nasionale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in 'n provinsie ingryp,
moet -
(a) 'n kennisgewing van die ingryping in die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel gel word
binne 14 dae vanaf sy eerste sitting nadat die ingryping 'n aanvang geneem het;
(b) die ingryping beindig word tensy dit deur die Raad goedgekeur word binne 30 dae vanaf
sy eerste sitting nadat die ingryping 'n aanvang geneem het; en
(c) die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die
nasionale uitvoerende gesag doen.
(3) Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer.
Uitvoerende besluite
101. (1) 'n Besluit van die President moet op skrif wees indien dit -
(a) ingevolge wetgewing geneem word; of
(b) regsgevolge het.
(2) 'n Skriftelike besluit van die President moet deur 'n ander Kabinetslid mede-onderteken
word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander Kabinetslid opgedra is.
(3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing moet vir die
publiek toeganklik wees.
(4) Nasionale wetgewing kan die wyse waarop en die mate waarin instrumente in subartikel
(3) genoem -
(a) in die Parlement ter tafel gel moet word, spesifiseer; en
(b) deur die Parlement goedgekeur moet word, spesifiseer.
Voorstelle van wantroue
102. (1) Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid
van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Kabinet, uitgesonderd die President, aanneem,
moet die President die Kabinet hersaamstel.
(2) Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy
lede stem 'n voorstel van wantroue in die President aanneem, moet die President en die ander lede
van die Kabinet en enige Adjunkministers bedank.
HOOFSTUK 6
PROVINSIES
Provinsies
103. (1) Die Republiek het die volgende provinsies:
(a) Oos-Kaap
(b) Vrystaat
(c) Gauteng
(d) Kwazulu-Natal
(e) Mpumalanga
(f) Noord-Kaap
(g) Noordelike Provinsie
(h) Noordwes
(i) Wes-Kaap.
(2) Die grense van die provinsies is di wat bestaan het toe die Grondwet in werking getree
het.
Provinsiale Wetgewers
Wetgewende gesag van provinsies
104. (1) Die wetgewende gesag van 'n provinsie berus by sy provinsiale wetgewer, en
verleen aan die provinsiale wetgewer die bevoegdheid -
(a) om ingevolge artikels 142 en 143 'n grondwet vir sy provinsie aan te neem of enige
grondwet wat deur hom aangeneem is, te wysig; en
(b) om vir sy provinsie wetgewing aan te neem met betrekking tot -
(i) enige aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld;
(ii) enige aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 5 vermeld;
(iii) enige aangeleentheid buite daardie funksionele gebiede en wat deur nasionale wetgewing
uitdruklik aan die provinsie opgedra is; en
(iv) enige aangeleentheid waarvoor 'n bepaling van die Grondwet die verordening van
provinsiale wetgewing beoog; en
(c) om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan 'n Munisipale Raad in daardie provinsie
op te dra.
(2) Die wetgewer van 'n provinsie kan by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem
van minstens twee derdes van sy lede, die Parlement versoek om die naam van daardie provinsie
te verander.
(3) 'n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy 'n grondwet vir sy
provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind, en moet in ooreenstemming met,
en binne die perke van, die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree.
(4) Provinsiale wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir,
of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende enige
aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n
aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.
(5) 'n Provinsiale wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aanbeveel
betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan
'n Parlementswet voorrang bo 'n provinsiale Wet geniet.
Samestelling en verkiesing van provinsiale wetgewers
105. (1) 'n Provinsiale wetgewer bestaan uit vroue en mans wat as lede verkies is ingevolge
'n kiesstelsel wat -
(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word;
(b) op daardie provinsie se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is;
(c) vir 'n minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en
(d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.
(2) 'n Provinsiale wetgewer bestaan uit tussen 30 en 80 lede. Die getal lede, wat van provinsie
tot provinsie kan verskil, moet bepaal word ooreenkomstig 'n formule wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
Lidmaatskap
106. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg
om 'n lid van 'n provinsiale wetgewer te wees, uitgesonderd -
(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir di
aanstelling of diens ontvang, behalwe -
(i) die Premier en ander lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie; en
(ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van 'n lid van 'n provinsiale wetgewer
bestaanbaar is en deur nasionale wetgewing verklaar is met di funksies bestaanbaar te wees;
(b) lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van
Provinsies of lede van 'n Munisipale Raad;
(c) ongerehabiliteerde insolvente;
(d) iemand wat deur 'n hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of
(e) iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf
skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die
misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as
gevonnis te wees voordat 'n appl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd
om appl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk
vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om 'n lid van 'n provinsiale
wetgewer te wees, kan 'n kandidaat vir die wetgewer wees behoudens enige beperkings of
voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(3) Iemand verloor lidmaatskap van 'n provinsiale wetgewer indien so iemand -
(a) ophou om bevoeg te wees; of
(b) sonder toestemming afwesig is van die wetgewer in omstandighede waarvoor die rels en
orders van die wetgewer verlies van lidmaatskap voorskryf.
(4) Vakatures in 'n provinsiale wetgewer moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul
word.
Eed of plegtige verklaring
107. Voordat lede van 'n provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig,
moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek
en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Duur van provinsiale wetgewers
108. (1) 'n Provinsiale wetgewer word vir 'n termyn van vyf jaar verkies.
(2) Indien 'n provinsiale wetgewer ingevolge artikel 109 ontbind word, of wanneer sy termyn
verstryk, moet die Premier van die provinsie by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums
daarvoor bepaal, en di verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die
wetgewer ontbind is of sy termyn verstryk het.
(3) Indien die uitslag van 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer nie binne die tydperk in
artikel 190 genoem, bekend gemaak word nie, of indien 'n verkiesing deur 'n hof tersyde gestel
word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal,
en di verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of
vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.
(4) 'n Provinsiale wetgewer bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die
verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die
volgende wetgewer plaasvind.
Ontbinding van provinsiale wetgewers voor verstryking van termyn
109. (1) Die Premier van 'n provinsie moet die provinsiale wetgewer ontbind indien -
(a) die wetgewer 'n besluit om te ontbind met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van
sy lede aangeneem het; en
(b) drie jaar verstryk het sedert die wetgewer verkies is.
(2) 'n Waarnemende Premier moet die provinsiale wetgewer ontbind
indien -
(a) daar 'n vakature in die amp van Premier is; en
(b) die wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe
Premier te kies.
Sittings en resesse
110. (1) Die eerste sitting van 'n provinsiale wetgewer na 'n verkiesing vind plaas op 'n tyd
en datum wat bepaal word deur 'n regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof
aangewys word, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak
is. 'n Provinsiale wetgewer kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.
(2) Die Premier van 'n provinsie kan die provinsiale wetgewer te eniger tyd vir 'n
buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
(3) 'n Provinsiale wetgewer kan bepaal waar hy normaalweg sy sittings sal hou.
Speakers en Adjunkspeakers
111. (1) By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te
vul, moet 'n provinsiale wetgewer uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies.
(2) 'n Regter deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys, moet by die verkiesing
van 'n Speaker voorsit. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker voor.
(3) Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van Speakers en
Adjunkspeakers van toepassing.
(4) 'n Provinsiale wetgewer kan sy Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef.
'n Meerderheid van die lede van die wetgewer moet teenwoordig wees wanneer di besluit
aangeneem word.
(5) 'n Provinsiale wetgewer kan ingevolge sy rels en orders uit sy geledere ander
voorsittende beamptes kies om die Speaker en Adjunkspeaker behulpsaam te wees.
Besluite
112. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal -
(a) moet 'n meerderheid van die lede van 'n provinsiale wetgewer teenwoordig wees voordat
'n stemming oor 'n Wetsontwerp of 'n wysiging van 'n Wetsontwerp gehou kan word;
(b) moet minstens een derde van die lede teenwoordig wees voordat 'n stemming oor enige
ander vraag wat voor die wetgewer dien, gehou kan word; en
(c) word alle vrae wat voor 'n provinsiale wetgewer dien, beslis deur 'n meerderheid van die
stemme wat uitgebring word.
(2) Die lid wat by 'n vergadering van 'n provinsiale wetgewer voorsit, het nie 'n
beraadslagende stem nie, maar -
(a) moet 'n beslissende stem uitbring wanneer daar 'n staking van stemme oor 'n vraag is; en
(b) kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n
ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die wetgewer.
Vaste afgevaardigdes se regte in provinsiale wetgewers
113. 'n Provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies kan in hulle
provinsiale wetgewer en sy komitees sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. Die
wetgewer kan van 'n vaste afgevaardigde vereis om in die wetgewer of sy komitees sitting te
neem.
Bevoegdhede van provinsiale wetgewers
114. (1) In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan 'n provinsiale wetgewer
-
(a) enige Wetsontwerp wat voor die wetgewer dien, oorweeg, aanneem, wysig of verwerp;
en
(b) wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel.
(2) 'n Provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir meganismes om -
(a) te verseker dat alle provinsiale uitvoerende staatsorgane in die provinsie aan hom
verantwoording doen; en
(b) toesig te hou oor -
(i) die uitoefening van provinsiale uitvoerende gesag in die provinsie, met inbegrip van die
uitvoering van wetgewing; en
(ii) enige provinsiale staatsorgaan.
Getuienis of inligting voor provinsiale wetgewers
115. 'n Provinsiale wetgewer of enige van sy komitees kan -
(a) enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring
getuienis af te l, of om dokumente voor te l;
(b) van enige persoon of provinsiale instelling vereis om aan hom verslag te doen;
(c) ingevolge provinsiale wetgewing of die rels en orders enige persoon of instelling verplig
om aan 'n dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en
(d) van enige belanghebbende persone of instellings petisies, verto of voorleggings ontvang.
Interne relings, verrigtinge en prosedures van provinsiale wetgewers
116. (1) 'n Provinsiale wetgewer kan -
(a) sy interne relings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en
(b) rels en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van
verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en
publieke betrokkenheid.
(2) Die rels en orders van 'n provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir -
(a) die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy komitees;
(b) die deelname van minderheidspartye wat in die wetgewer verteenwoordig is, aan die
verrigtinge van die wetgewer en sy komitees op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is;
(c) finansile en administratiewe hulp aan elke party wat in die wetgewer verteenwoordig is,
in verhouding tot sy verteenwoordiging, ten einde die party en sy leier in staat te stel om hul
funksies in die wetgewer doeltreffend te verrig; en
(d) die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die wetgewer as die Leier
van die Opposisie.
Voorreg
117. (1) Lede van 'n provinsiale wetgewer en die provinsie se vaste afgevaardigdes na die
Nasionale Raad van Provinsies -
(a) het behoudens die wetgewer se rels en orders vryheid van spraak in die wetgewer en in
sy komitees; en
(b) is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming, gevangesetting
of skadevergoeding
weens -
(i) enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees ges, blootgel
of voorgel het nie; of
(ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die
wetgewer of enige van sy komitees ges, blootgel of voorgel het nie.
(2) Ander voorregte en immuniteite van 'n provinsiale wetgewer en sy lede kan deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van 'n provinsiale wetgewer betaalbaar is, is
'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds.
Publieke toegang tot en betrokkenheid in provinsiale wetgewers
118. (1) 'n Provinsiale wetgewer moet -
(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die wetgewer en sy
komitees vergemaklik; en
(b) sy werksaamhede op 'n oop wyse verrig, en sy sittings en di van sy komitees in die
openbaar hou, maar redelike maatrels kan getref word om -
(i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die wetgewer en sy
komitees te reguleer; en
(ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van
toegang aan of die verwydering van enige persoon.
(2) 'n Provinsiale wetgewer mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting
van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en
regverdigbaar is om dit te doen.
Indiening van Wetsontwerpe
119. Slegs lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie of 'n komitee of lid van 'n
provinsiale wetgewer kan 'n Wetsontwerp by die wetgewer indien; maar slegs die lid van die
Uitvoerende Raad wat vir finansile sake in die provinsie verantwoordelik is, kan 'n
Geldwetsontwerp by die wetgewer indien.
Geldwetsontwerpe
120. (1) 'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte opl, is 'n
Geldwetsontwerp. 'n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe
'n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging
van belastings, heffings of regte.
(2) 'n Provinsiale Wet moet voorsiening maak vir 'n prosedure waarvolgens die provinsie se
wetgewer 'n Geldwetsontwerp kan wysig.
Bekragtiging van Wetsontwerpe
121. (1) Die Premier van 'n provinsie moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk
deur die provinsiale wetgewer aangeneem is f bekragtig en onderteken f, indien die Premier
voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die wetgewer vir
heroorweging terugverwys.
(2) Indien 'n Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die Premier se voorbehoude
voldoen, moet die Premier die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die Premier
-
(a) f die Wetsontwerp bekragtig en onderteken;
(b) f dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.
(3) Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die
Premier dit bekragtig en onderteken.
Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede
122. (1) Lede van 'n provinsiale wetgewer kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen
om 'n bevel wat verklaar dat 'n provinsiale Wet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.
(2) 'n Aansoek -
(a) moet deur minstens 20 persent van die lede van die wetgewer gesteun word; en
(b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die Premier die Wet bekragtig
en onderteken het.
(3) Die Konstitusionele Hof kan gelas dat 'n Wet, of 'n gedeelte daarvan, wat die onderwerp
van 'n aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die
aansoek beslis het, indien -
(a) dit in die belang van geregtigheid is; en
(b) die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag.
(4) Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan
die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.
Publikasie van provinsiale Wette
123. 'n Wetsontwerp wat deur die Premier van 'n provinsie bekragtig en onderteken is, word
'n provinsiale Wet, moet onverwyld gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan
of op 'n datum ingevolge die Wet bepaal.
Veilige bewaring van provinsiale Wette
124. Die ondertekende eksemplaar van 'n provinsiale Wet is afdoende bewys van die bepalings
van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele
Hof toevertrou word.
Provinsiale Uitvoerende Gesag
Uitvoerende gesag van provinsies
125. (1) Die uitvoerende gesag van 'n provinsie berus by die Premier van daardie provinsie.
(2) Die Premier oefen die uitvoerende gesag gesamentlik met die ander lede van die
Uitvoerende Raad uit deur -
(a) in die provinsie provinsiale wetgewing uit te voer;
(b) alle nasionale wetgewing binne die funksionele gebiede in Bylae 4 of 5 vermeld, uit te
voer, behalwe waar die Grondwet of 'n Parlementswet anders bepaal;
(c) in die provinsie nasionale wetgewing te administreer wat buite die funksionele gebiede
vermeld in Bylaes 4 en 5 val en waarvan die administrasie ingevolge 'n Parlementswet aan die
provinsiale uitvoerende gesag opgedra is;
(d) provinsiale beleid te ontwikkel en uit te voer;
(e) die funksies van die provinsiale administrasie en sy departemente te kordineer;
(f) provinsiale wetgewing op te stel en te inisieer; en
(g) enige ander funksie te verrig wat ingevolge die Grondwet of 'n Parlementswet aan die
provinsiale uitvoerende gesag opgedra is.
(3) 'n Provinsie het ingevolge subartikel (2)(b) uitvoerende gesag slegs in die mate waarin die
provinsie die administratiewe vermo het om doeltreffende verantwoordelikheid te aanvaar. Die
nasionale regering moet deur middel van wetgewende en ander maatrels provinsies help om die
administratiewe vermo te ontwikkel wat nodig is vir die doeltreffende uitoefening van hul
bevoegdhede en verrigting aan hul funksies in subartikel (2) genoem.
(4) 'n Geskil betreffende die administratiewe vermo van 'n provinsie met betrekking tot enige
funksie moet verwys word na die Nasionale Raad van Provinsies vir beslegting binne 30 dae vanaf
die datum van die verwysing na die Raad.
(5) Behoudens artikel 100 is die uitvoering van provinsiale wetgewing in 'n provinsie 'n
eksklusiewe provinsiale uitvoerende bevoegdheid.
(6) Die provinsiale uitvoerende gesag moet optree
ooreenkomstig -
(a) die Grondwet; en
(b) die provinsiale grondwet, indien 'n grondwet vir die provinsie aangeneem is.
Opdra van werksaamhede
126. 'n Lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie kan enige bevoegdheid of funksie wat
ingevolge 'n Parlementswet of 'n provinsiale Wet uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n
Munisipale Raad opdra. 'n Opdrag -
(a) geskied ingevolge 'n ooreenkoms tussen die betrokke lid van die Uitvoerende Raad en die
Munisipale Raad;
(b) moet bestaanbaar wees met die Wet ingevolge waarvan die betrokke bevoegdheid of
funksie uitgeoefen of verrig word; en
(c) tree by proklamering deur die Premier in werking.
Bevoegdhede en funksies
127. (1) Die Premier van 'n provinsie het die bevoegdhede en funksies wat deur die
Grondwet en enige wetgewing aan di amp opgedra word.
(2) Die Premier van 'n provinsie is verantwoordelik vir -
(a) die bekragtiging en ondertekening van Wetsontwerpe;
(b) die terugverwysing van 'n Wetsontwerp na die provinsiale wetgewer vir heroorweging van
die grondwetlikheid van die Wetsontwerp;
(c) die verwysing van 'n Wetsontwerp na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die
grondwetlikheid van die Wetsontwerp;
(d) die byeenroeping van die wetgewer vir 'n buitengewone sitting om spesiale werksaamhede
te verrig;
(e) die aanstelling van kommissies van ondersoek; en
(f) die uitroep van 'n referendum in die provinsie ooreenkomstig nasionale wetgewing.
Verkiesing van Premiers
128. (1) By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature
te vul, moet 'n provinsiale wetgewer 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die Premier van die
provinsie verkies.
(2) 'n Regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys is, moet by die
verkiesing van die Premier voorsit. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die
verkiesing van die Premier van toepassing.
(3) 'n Verkiesing om 'n vakature in die amp van Premier te vul, moet gehou word op 'n tyd
en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat
die vakature ontstaan.
Aanvaarding van amp deur Premiers
129. 'n Aangewese Premier aanvaar die amp binne vyf dae na die Premiersverkiesing, deur
ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en
gehoorsaamheid aan die Grondwet af te l.
Ampstermyn en ontheffing van Premiers
130. (1) 'n Premier se ampstermyn begin wanneer die Premier die amp aanvaar en eindig
wanneer 'n vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as Premier verkies word die
amp aanvaar.
(2) Niemand mag die amp van Premier vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar
wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van Premier te vul, word die tydperk
tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n Premier nie as 'n ampstermyn beskou
nie.
(3) Die wetgewer van 'n provinsie kan, by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem
van minstens twee derdes van sy lede, die Premier van die amp van Premier onthef slegs op grond
van -
(a) 'n ernstige skending van die Grondwet of die reg;
(b) ernstige wangedrag; of
(c) onvermo om die funksies van die amp te verrig.
(4) Iemand wat ingevolge subartikel (3)(a) of (b) van die amp van Premier onthef is, mag geen
voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.
Waarnemende Premiers
131. (1) Wanneer die Premier afwesig is of andersins nie in staat is om die pligte van die
amp van Premier te vervul nie, of gedurende 'n vakature in die amp van Premier, neem 'n
ampsdraer in die onderstaande rangorde as Premier waar:
(a) 'n Lid van die Uitvoerende Raad deur die Premier aangewys.
(b) 'n Lid van die Uitvoerende Raad deur die ander lede van die Uitvoerende Raad aangewys.
(c) Die Speaker, totdat die wetgewer een van sy ander lede aanwys.
(2) 'n Waarnemende Premier het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die
Premier.
(3) Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies
van die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of
plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Uitvoerende Rade
132. (1) Die Uitvoerende Raad van 'n provinsie bestaan uit die Premier, as hoof van die
Raad, en minstens vyf en hoogstens tien lede deur die Premier uit die geledere van die provinsiale
wetgewer aangestel.
(2) Die Premier van 'n provinsie stel die lede van die Uitvoerende Raad aan, dra hulle
bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan.
Aanspreeklikheid en verantwoordelikhede
133. (1) Die lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is verantwoordelik vir die
funksies van die uitvoerende gesag wat deur die Premier aan hulle opgedra word.
(2) Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is gesamentlik en afsonderlik teenoor die
wetgewer aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.
(3) Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie moet -
(a) ooreenkomstig die Grondwet en, indien 'n provinsiale grondwet vir die provinsie
aangeneem is, ook daardie grondwet optree; en
(b) die wetgewer voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle
beheer.
Voortbestaan van Uitvoerende Rade na verkiesings
134. Wanneer 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer gehou word, bly die Uitvoerende Raad
en sy lede bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende wetgewer as
Premier verkies word die amp aanvaar.
Eed of plegtige verklaring
135. Voordat lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie begin om hul funksies te verrig,
moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek
en gehoorsaamheid aan die Grondwet afl.
Gedrag van lede van Uitvoerende Rade
136. (1) Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie moet optree ooreenkomstig 'n
etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
(2) Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie mag nie -
(a) enige ander betaalde werk onderneem nie;
(b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige
omstandigheid wat die risiko inhou van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en
hul private belange nie; of
(c) hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige
ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.
Oordrag van werksaamhede
137. Die Premier kan by proklamasie aan 'n lid van die Uitvoerende
Raad -
(a) die administrasie oordra van enige wetgewing wat aan 'n ander lid opgedra is; of
(b) enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is.
Tydelike opdra van werksaamhede
138. Die Premier van 'n provinsie kan aan 'n lid van die Uitvoerende Raad enige bevoegdheid
of funksie van 'n ander lid wat uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit
te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra.
Provinsiale toesig oor plaaslike regering
139. (1) Wanneer 'n munisipaliteit 'n uitvoerende verpligting ingevolge wetgewing nie kan
nakom nie of dit nie nakom nie, kan die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp deur enige
gepaste stappe te doen om te verseker dat daardie verpligting nagekom word, met inbegrip van
-
(a) die uitreiking van 'n lasgewing aan die Munisipale Raad waarin die mate van die versuim
om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge na te kom,
vermeld word; en
(b) die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie
munisipaliteit in die mate wat nodig is om -
(i) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde minimum standaarde vir
die lewering van 'n diens te voldoen;
(ii) te voorkom dat daardie Munisipale Raad onredelike stappe doen wat nadelig is vir die
belange van 'n ander munisipaliteit of van die provinsie as geheel; of
(iii) ekonomiese eenheid te handhaaf.
(2) Indien 'n provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in 'n munisipaliteit
ingryp, moet -
(a) die ingryping beindig word tensy dit binne 14 dae vanaf die ingryping goedgekeur word
deur die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is;
(b) 'n kennisgewing van die ingryping in die provinsiale wetgewer en in die Nasionale Raad
van Provinsies ter tafel gel word binne 14 dae vanaf hul onderskeie eerste sittings nadat die
ingryping 'n aanvang geneem het;
(c) die ingryping beindig word tensy dit deur die Raad goedgekeur word binne 30 dae vanaf
sy eerste sitting nadat die ingryping 'n aanvang geneem het; en
(d) die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die
provinsiale uitvoerende gesag doen.
(3) Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer.
Uitvoerende besluite
140. (1) 'n Besluit van die Premier van die provinsie moet op skrif wees indien
dit -
(a) ingevolge wetgewing geneem word; of
(b) regsgevolge het.
(2) 'n Skriftelike besluit van die Premier moet deur 'n ander lid van die Uitvoerende Raad
mede-onderteken word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander lid opgedra
is.
(3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing van 'n
provinsie moet vir die publiek toeganklik wees.
(4) Provinsiale wetgewing kan die wyse waarop en die mate waarin instrumente in subartikel
(3) genoem -
(a) in die provinsiale wetgewer ter tafel gel moet word, spesifiseer; en
(b) deur die provinsiale wetgewer goedgekeur moet word, spesifiseer.
Voorstelle van wantroue
141. (1) Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid
van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Uitvoerende Raad van die provinsie,
uitgesonderd die Premier, aanneem, moet die Premier die Raad hersaamstel.
(2) Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy
lede stem 'n voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander lede
van die Uitvoerende Raad bedank.
Provinsiale Grondwette
Aanname van provinsiale grondwette
142. 'n Provinsiale wetgewer kan 'n grondwet vir die provinsie aanneem of, waar toepaslik,
sy grondwet wysig, indien minstens twee derdes van sy lede ten gunste van die Wetsontwerp
stem.
Inhoud van provinsiale grondwette
143. (1) 'n Provinsiale grondwet of grondwetwysiging mag nie met hierdie Grondwet
onbestaanbaar wees nie, maar kan voorsiening maak vir -
(a) provinsiale wetgewende of uitvoerende strukture en prosedures wat verskil van di
waarvoor in hierdie Hoofstuk voorsiening gemaak word; of
(b) die instelling, rol, gesag en status van 'n tradisionele monarg waar dit gepas is.
(2) Bepalings wat ingevolge paragraaf (a) of (b) van subartikel (1) in 'n provinsiale grondwet
of grondwetwysiging ingesluit
word -
(a) moet aan die waardes in artikel 1 en aan Hoofstuk 3 voldoen; en
(b) mag nie aan die provinsie enige bevoegdheid of funksie opdra wat -
(i) buite die bestek van provinsiale bevoegdheid ingevolge Bylaes 4 en 5 val nie; of
(ii) buite die bevoegdhede en funksies val wat deur ander artikels van die Grondwet aan die
provinsie opgedra word nie.
Sertifisering van provinsiale grondwette
144. (1) Indien 'n provinsiale wetgewer 'n grondwet aangeneem of gewysig het, moet die
Speaker van die wetgewer die teks van die grondwet of grondwetwysiging aan die
Konstitusionele Hof vir sertifisering voorl.
(2) Geen teks van 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging word wet voordat die
Konstitusionele Hof gesertifiseer het dat die teks -
(a) ooreenkomstig artikel 142 aangeneem is; en
(b) in sy geheel aan artikel 143 voldoen nie.
Ondertekening, publikasie en veilige bewaring van provinsiale grondwette
145. (1) Die Premier van 'n provinsie moet 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging
wat deur die Konstitusionele Hof gesertifiseer is, bekragtig en onderteken.
(2) Die teks wat die Premier bekragtig en onderteken het, moet in die nasionale Staatskoerant
gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n latere datum ingevolge
daardie grondwet of wysiging bepaal.
(3) Die ondertekende teks van 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging is afdoende
bewys van die bepalings daarvan en moet na die publikasie daarvan aan die Konstitusionele Hof
vir veilige bewaring toevertrou word.
Wetsteenstrydighede
Teenstrydighede tussen nasionale en provinsiale wetgewing
146. (1) Hierdie artikel is van toepassing op 'n teenstrydigheid tussen nasionale wetgewing
en provinsiale wetgewing wat binne 'n funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val.
(2) Nasionale wetgewing wat eenvormig met betrekking tot die land as geheel geld, geniet
voorrang bo provinsiale wetgewing indien daar aan enige van die volgende voorwaardes voldoen
word:
(a) Die nasionale wetgewing handel met 'n aangeleentheid wat nie doeltreffend gerel kan
word deur wetgewing wat deur die onderskeie provinsies afsonderlik verorden word nie.
(b) Die nasionale wetgewing handel met 'n aangeleentheid waarvoor eenvormigheid regoor
die land vereis word ten einde doeltreffend daarmee te handel, en die nasionale wetgewing
voorsien daardie eenvormigheid deur -
(i) norme en standaarde te bepaal;
(ii) raamwerke te bepaal; of
(iii) nasionale beleid te bepaal.
(c) Die nasionale wetgewing is nodig vir -
(i) die handhawing van nasionale veiligheid;
(ii) die handhawing van ekonomiese eenheid;
(iii) die beskerming van die gemeenskaplike mark ten opsigte van die beweeglikheid van
goedere, dienste, kapitaal en arbeid;
(iv) die bevordering van ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen;
(v) die bevordering van gelyke geleenthede of gelyke toegang tot regeringsdienste; of
(vi) die beskerming van die omgewing.
(3) Nasionale wetgewing geniet voorrang bo provinsiale wetgewing indien die nasionale
wetgewing gemik is op die voorkoming van onredelike optrede deur 'n provinsie wat -
(a) nadelig is vir die ekonomiese, gesondheids- of veiligheidsbelange van 'n ander provinsie
of die land as geheel; of
(b) die uitvoering van nasionale ekonomiese beleid belemmer.
(4) Wanneer daar 'n geskil is oor die vraag of nasionale wetgewing nodig is vir 'n doel in
subartikel (2)(c) uiteengesit en daardie geskil voor 'n hof kom om besleg te word, moet die hof
die goedkeuring of die verwerping van die wetgewing deur die Nasionale Raad van Provinsies
behoorlik in aanmerking neem.
(5) Provinsiale wetgewing geniet voorrang bo nasionale wetgewing indien subartikel (2) of
(3) nie van toepassing is nie.
(6) 'n Wet wat ingevolge 'n Parlementswet of 'n provinsiale Wet gemaak is, kan voorrang
geniet slegs indien daardie wet deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is.
(7) Indien die Nasionale Raad van Provinsies nie binne 30 dae vanaf sy eerste sitting nadat 'n
wet na die Raad verwys is, tot 'n besluit kom nie, word daardie wet vir alle doeleindes beskou as
deur die Raad goedgekeur te wees.
(8) Indien die Nasionale Raad van Provinsies 'n wet bedoel in subartikel (6) nie goedkeur nie,
moet die Raad binne 30 dae vanaf sy besluit redes waarom hy die wet nie goedgekeur het nie,
stuur aan die gesag wat die wet na die Raad verwys het.
Ander wetsteenstrydighede
147. (1) Indien daar 'n teenstrydigheid is tussen nasionale wetgewing en 'n bepaling van
'n provinsiale grondwet met betrekking
tot -
(a) 'n aangeleentheid ten opsigte waarvan hierdie Grondwet spesifiek die verordening van
nasionale wetgewing vereis of beoog, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die betrokke
bepaling van die provinsiale grondwet;
(b) enige nasionale wetgewende ingryping ingevolge artikel 44(2), geniet die nasionale
wetgewing voorrang bo die bepaling van die provinsiale grondwet; of
(c) 'n aangeleentheid wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, is artikel 146
van toepassing asof die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet provinsiale wetgewing
is wat in daardie artikel genoem word.
(2) Nasionale wetgewing in artikel 44(2) genoem, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing
ten opsigte van aangeleenthede binne die funksionele gebiede wat in Bylae 5 vermeld word.
Wetsteenstrydighede wat nie opgelos kan word nie
148. Indien 'n geskil oor 'n wetsteenstrydigheid nie deur 'n hof besleg kan word nie, geniet die
nasionale wetgewing voorrang bo die provinsiale wetgewing of provinsiale grondwet.
Status van wetgewing wat nie voorrang geniet nie
149. 'n Beslissing deur 'n hof dat wetgewing voorrang bo ander wetgewing geniet, maak nie
daardie ander wetgewing ongeldig nie, maar daardie ander wetgewing is nie van krag solank die
teenstrydigheid voortduur nie.
Uitleg van wetsteenstrydighede
150. By die oorweging van 'n skynbare teenstrydigheid tussen nasionale en provinsiale
wetgewing, of tussen nasionale wetgewing en 'n provinsiale grondwet, moet elke hof voorkeur
gee aan enige redelike uitleg van die wetgewing of grondwet wat 'n teenstrydigheid uitskakel, bo
enige alternatiewe uitleg wat 'n teenstrydigheid tot gevolg het.
HOOFSTUK 7
PLAASLIKE REGERING
Status van munisipaliteite
151. (1) Die plaaslike regeringsfeer bestaan uit munisipaliteite, wat vir die hele grondgebied
van die Republiek ingestel moet word.
(2) Die uitvoerende en wetgewende gesag van 'n munisipaliteit berus by sy Munisipale Raad.
(3) 'n Munisipaliteit het die reg om op eie inisiatief die plaaslike regeringsaangeleenthede van
sy gemeenskap te bestuur, behoudens nasionale en provinsiale wetgewing, soos in die Grondwet
bepaal.
(4) Die nasionale of 'n provinsiale regering mag nie 'n munisipaliteit se vermo of reg om sy
bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie.
Oogmerke van plaaslike regering
152. (1) Die oogmerke van plaaslike regering is -
(a) om demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te
voorsien;
(b) om te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan gemeenskappe verskaf word;
(c) om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder;
(d) om 'n veilige en gesonde omgewing te bevorder; en
(e) om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike
regeringsaangeleenthede aan te moedig.
(2) 'n Munisipaliteit moet daarna streef om binne sy finansile en administratiewe vermo die
oogmerke in subartikel (1) uiteengesit, te verwesenlik.
Ontwikkelingspligte van munisipaliteite
153. 'n Munisipaliteit moet -
(a) sy administrasie en sy begrotings- en beplanningsprosesse so struktureer en bestuur dat
voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die gemeenskap, en dat die maatskaplike en
ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap bevorder word; en
(b) aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme deelneem.
Munisipaliteite in regering van samewerking
154. (1) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander
maatrels munisipaliteite se vermo om hul eie sake te bestuur, hul bevoegdhede uit te oefen en
hul funksies te verrig, steun en versterk.
(2) Nasionale of provinsiale konsepwetgewing wat die status, instellings, bevoegdhede of
funksies van plaaslike regering raak, moet voordat dit by die Parlement of 'n provinsiale wetgewer
ingedien word, vir openbare kommentaar gepubliseer word op 'n wyse wat georganiseerde
plaaslike regering, munisipaliteite en ander belanghebbende persone 'n geleentheid bied om verto
met betrekking tot die konsepwetgewing te rig.
Instelling van munisipaliteite
155. (1) Daar is die volgende kategorie munisipaliteite:
(a) Kategorie A: 'n Munisipaliteit wat eksklusiewe munisipale uitvoerende en wetgewende
gesag in sy gebied het.
(b) Kategorie B: 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy
gebied deel met 'n kategorie C-munisipaliteit binne wie se gebied hy val.
(c) Kategorie C: 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag het in
'n gebied wat meer as een munisipaliteit insluit.
(2) Nasionale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite bepaal wat binne elke
kategorie ingestel kan word.
(3) Nasionale wetgewing moet -
(a) die maatstawwe voorskryf vir die bepaling van wanneer 'n gebied 'n enkele kategorie
A-munisipaliteit moet h of wanneer dit munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C
moet h;
(b) maatstawwe en prosedures voorskryf vir die bepaling van munisipale grense deur 'n
onafhanklike gesag; en
(c) behoudens artikel 229, voorsiening maak vir 'n gepaste verdeling van bevoegdhede en
funksies tussen munisipaliteite wanneer 'n gebied munisipaliteite van sowel kategorie B as
kategorie C het. 'n Verdeling van bevoegdhede en funksies tussen 'n kategorie B-munisipaliteit
en 'n kategorie C-munisipaliteit kan verskil van die verdeling van bevoegdhede en funksies tussen
'n ander kategorie B-munisipaliteit en daardie kategorie C-munisipaliteit.
(4) Die wetgewing in subartikel (3) genoem, moet die behoefte om munisipale dienste op
billike en volhoubare wyse te verskaf, in aanmerking neem.
(5) Provinsiale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite wat in die provinsie
ingestel moet word, bepaal.
(6) Elke provinsiale regering moet munisipaliteite in sy provinsie instel op 'n wyse wat
bestaanbaar is met die wetgewing wat ingevolge subartikels (2) en (3) verorden is, en moet deur
wetgewende of ander maatrels -
(a) voorsiening maak vir die monitering en ondersteuning van plaaslike regering in die
provinsie; en
(b) die ontwikkeling van plaaslike regeringsvermo bevorder ten einde munisipaliteite in staat
te stel om hul funksies te verrig en hul eie sake te bestuur.
(7) Die nasionale regering, behoudens artikel 44, en die provinsiale regerings het die
wetgewende en uitvoerende gesag om toe te sien dat munisipaliteite hul funksies ten opsigte van
aangeleenthede in Bylaes 4 en 5 vermeld doeltreffend verrig, deur die uitoefening van
munisipaliteite se uitvoerende gesag genoem in artikel 156(1) te reguleer.
Bevoegdhede en funksies van munisipaliteite
156. (1) 'n Munisipaliteit het uitvoerende gesag ten opsigte van, en het die reg op die
administrasie van -
(a) die plaaslike regeringsaangeleenthede wat in Deel B van Bylae 4 en Deel B van Bylae 5
vermeld word; en
(b) enige ander aangeleentheid wat deur nasionale of provinsiale wetgewing aan hom opgedra
word.
(2) 'n Munisipaliteit kan verordeninge uitvaardig en administreer vir die doeltreffende
administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer.
(3) Behoudens artikel 151(4) is 'n munisipale verordening wat met nasionale of provinsiale
wetgewing strydig is, ongeldig. Indien daar 'n teenstrydigheid is tussen 'n munisipale verordening
en nasionale of provinsiale wetgewing wat nie van krag is nie vanwe 'n teenstrydigheid in artikel
149 genoem, word die munisipale verordening as geldig beskou solank daardie wetgewing nie van
krag is nie.
(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet by wyse van 'n ooreenkoms en
behoudens enige voorwaardes aan 'n munisipaliteit die administrasie opdra van 'n aangeleentheid
wat in Deel A van Bylae 4 of Deel A van Bylae 5 vermeld word en wat noodsaaklikerwys op
plaaslike regering betrekking het, indien -
(a) daardie aangeleentheid die doeltreffendste plaaslik geadministreer sou kon word; en
(b) die munisipaliteit die vermo het om dit te administreer.
(5) 'n Munisipaliteit het die reg om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot 'n
aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van
sy funksies.
Samestelling en verkiesing van Munisipale Rade
157. (1) 'n Munisipale Raad bestaan uit -
(a) lede wat ooreenkomstig subartikels (2), (3), (4) en (5) verkies is; of
(b) indien nasionale wetgewing daarvoor voorsiening maak -
(i) lede wat deur ander Munisipale Rade aangestel is om daardie ander Rade te
verteenwoordig; of
(ii) sowel lede wat ooreenkomstig paragraaf (a) verkies is as lede wat ooreenkomstig
subparagraaf (i) van hierdie paragraaf aangestel is.
(2) Die verkiesing van lede tot 'n Munisipale Raad soos in subartikel (1)(a) beoog, moet
ooreenkomstig nasionale wetgewing geskied, wat 'n stelsel moet voorskryf -
(a) van proporsionele verteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van
die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is en wat voorsiening maak vir die verkiesing
van lede uit lyste van partykandidate wat in 'n party se rangorde van voorkeur opgestel is; of
(b) van proporsionele verteenwoordiging soos in paragraaf (a) beskryf wat gekombineer is
met 'n stelsel van wyksverteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die
nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is.
(3) 'n Kiesstelsel ingevolge subartikel (2) moet verseker dat die totale getal lede wat uit elke
party verkies word, die totale verhouding weerspiel van die stemme wat vir daardie partye
uitgebring is.
(4) Indien die kiesstelsel wyksverteenwoordiging insluit, moet die afbakening van wyke
gedoen word deur 'n onafhanklike gesag wat aangestel word ingevolge, en wat funksioneer
volgens, prosedures en maatstawwe wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(5) 'n Persoon kan in 'n munisipaliteit stem slegs indien daardie persoon op daardie
munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys geregistreer is.
(6) Die nasionale wetgewing in subartikel (1)(b) genoem, moet 'n stelsel voorskryf wat dit
moontlik maak dat partye en belange wat weerspiel word in die Munisipale Raad wat die
aanstelling doen, billik verteenwoordig word in die Munisipale Raad waarin die aanstelling gedoen
word.
Lidmaatskap van Munisipale Rade
158. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir 'n Munisipale Raad te stem, is bevoeg om 'n lid
van daardie Raad te wees, uitgesonderd -
(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die betrokke munisipaliteit en
vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat nie ingevolge nasionale wetgewing
van hierdie onbevoegdheid vrygestel is nie;
(b) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat in 'n ander sfeer en
vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat ingevolge nasionale wetgewing
onbevoeg is vir lidmaatskap van 'n Munisipale Raad;
(c) iemand wat onbevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem of ingevolge artikel
47(1)(c), (d) of (e) onbevoeg is om 'n lid van die Vergadering te wees;
(d) 'n lid van die Nasionale Vergadering, 'n afgevaardigde na die Nasionale Raad van
Provinsies of 'n lid van 'n provinsiale wetgewer; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir 'n lid
van 'n Munisipale Raad wat plaaslike regering in die Nasionale Raad verteenwoordig nie; of
(e) 'n lid van 'n ander Munisipale Raad; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir 'n lid van
'n Munisipale Raad wat daardie Raad in 'n ander Munisipale Raad van 'n ander kategorie
verteenwoordig nie.
(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a), (b), (d) of (e) onbevoeg is om 'n lid van 'n
Munisipale Raad te wees, kan 'n kandidaat vir die Raad wees behoudens enige beperkings of
voorwaardes deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
Termyne van Munisipale Rade
159. Die termyn van 'n Munisipale Raad is hoogstens vier jaar, soos deur nasionale wetgewing
bepaal.
Interne prosedures
160. (1) 'n Munisipale Raad -
(a) neem besluite oor die uitoefening van al die bevoegdhede en die verrigting van al die
funksies van die munisipaliteit;
(b) moet sy voorsitter verkies;
(c) kan 'n uitvoerende komitee en ander komitees verkies, behoudens nasionale wetgewing;
en
(d) kan personeel in diens neem wat vir die doeltreffende verrigting van sy funksies nodig is.
(2) Die volgende funksies mag nie deur 'n Munisipale Raad gedelegeer word nie:
(a) Die aanname van verordeninge;
(b) die goedkeuring van begrotings;
(c) die oplegging van eiendomsbelasting en ander belastings, heffings en regte; en
(d) die verkryging van lenings.
(3) (a) 'n Meerderheid van die lede van 'n Munisipale Raad moet teenwoordig wees
voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word.
(b) Alle vrae oor aangeleenthede in subartikel (2) vermeld, word beslis by wyse van 'n besluit
deur 'n Munisipale Raad met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede aangeneem.
(c) Alle ander vrae voor 'n Munisipale Raad word beslis deur 'n meerderheid van die stemme
wat uitgebring word.
(4) Geen verordening mag deur 'n Munisipale Raad aangeneem word nie tensy -
(a) daar aan al die lede van die Raad redelike kennis gegee is; en
(b) die voorgestelde verordening vir openbare kommentaar gepubliseer is.
(5) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir maatstawwe om -
(a) die grootte van 'n Munisipale Raad te bepaal;
(b) te bepaal of Munisipale Rade 'n uitvoerende komitee of enige ander komitee kan verkies;
of
(c) die grootte van die uitvoerende komitee of enige ander komitee van 'n Munisipale Raad
te bepaal.
(6) 'n Munisipale Raad kan verordeninge uitvaardig wat rels en orders voorskryf vir -
(a) sy interne relings;
(b) sy werksaamhede en verrigtinge; en
(c) die instelling, samestelling, prosedures, bevoegdhede en funksies van sy komitees.
(7) 'n Munisipale Raad moet sy funksies op 'n oop wyse verrig, en kan sy sittings of di van
sy komitees sluit slegs wanneer dit, met inagneming van die aard van die werksaamhede wat
verrig word, redelik is om dit te doen.
(8) Lede van 'n Munisipale Raad is daarop geregtig om aan die Raad se verrigtinge en di van
sy komitees deel te neem op 'n wyse wat -
(a) dit moontlik maak dat partye en belange wat in die Raad weerspiel word, billik
verteenwoordig word;
(b) met die demokrasie bestaanbaar is; en
(c) deur nasionale wetgewing gerel kan word.
Voorreg
161. Provinsiale wetgewing kan binne die raamwerk van nasionale wetgewing voorsiening
maak vir voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul lede.
Publikasie van munisipale verordeninge
162. (1) 'n Munisipale verordening kan toegepas word slegs nadat dit in die offisile
koerant van die betrokke provinsie gepubliseer is.
(2) 'n Provinsiale offisile koerant moet 'n munisipale verordening op versoek van die
munisipaliteit publiseer.
(3) Munisipale verordeninge moet vir die publiek toeganklik wees.
Georganiseerde plaaslike regering
163. 'n Parlementswet verorden ooreenkomstig die prosedure deur artikel 76 voorgeskryf,
moet -
(a) voorsiening maak vir die erkenning van nasionale en provinsiale organisasies wat
munisipaliteite verteenwoordig; en
(b) prosedures bepaal waarvolgens plaaslike regering -
(i) met die nasionale of 'n provinsiale regering oorleg kan pleeg;
(ii) verteenwoordigers kan aanwys om aan die Nasionale Raad van Provinsies deel te neem;
en
(iii) persone in die Finansile en Fiskale Kommissie kan benoem.
Ander aangeleenthede
164. Enige aangeleentheid rakende plaaslike regering waarmee nie in die Grondwet gehandel
word nie, kan deur nasionale wetgewing, of deur provinsiale wetgewing binne die raamwerk van
nasionale wetgewing, voorgeskryf word.
HOOFSTUK 8
HOWE EN REGSPLEGING
Regsprekende gesag
165. (1) Die regsprekende gesag van die Republiek berus by die howe.
(2) Die howe is onafhanklik en onderworpe slegs aan die Grondwet en die reg, wat hulle
onpartydig en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel moet toepas.
(3) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die howe inbreuk maak nie.
(4) Staatsorgane moet die howe deur middel van wetgewende en ander maatrels bystaan en
beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid, toeganklikheid en
doeltreffendheid van die howe te verseker.
(5) 'n Bevel of beslissing deur 'n hof uitgereik, bind alle persone op wie en staatsorgane
waarop dit van toepassing is.
Regstelsel
166. Die howe is -
(a) die Konstitusionele Hof;
(b) die Hoogste Hof van Appl;
(c) die Ho Howe, met inbegrip van enige ho hof van appl wat ingevolge 'n Parlementswet
ingestel word om applle vanaf Ho Howe aan te hoor;
(d) die landdroshowe; en
(e) enige ander hof ingevolge 'n Parlementswet ingestel of erken, met inbegrip van 'n hof met
'n status soortgelyk aan di van hetsy die Ho Howe hetsy die landdroshowe.
Konstitusionele Hof
167. (1) Die Konstitusionele Hof bestaan uit 'n President, 'n Adjunkpresident en nege ander
regters.
(2) 'n Aangeleentheid voor die Konstitusionele Hof moet deur minstens agt regters verhoor
word.
(3) Die Konstitusionele Hof -
(a) is die hoogste hof in alle grondwetlike aangeleenthede;
(b) kan slegs oor grondwetlike aangeleenthede en oor kwessies wat met beslissings oor
grondwetlike aangeleenthede in verband staan, beslis; en
(c) gee die finale beslissing oor die vraag of 'n aangeleentheid 'n grondwetlike aangeleentheid
is en of 'n kwessie met 'n beslissing oor 'n grondwetlike aangeleentheid in verband staan.
(4) Slegs die Konstitusionele Hof kan -
(a) beslis oor geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer betreffende die
grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van enige van daardie staatsorgane;
(b) beslis oor die grondwetlikheid van enige parlementre of provinsiale Wetsontwerp, maar
kan dit slegs doen in die omstandighede wat in artikel 79 of 121 beoog word;
(c) beslis oor aansoeke wat in artikel 80 of 122 beoog word;
(d) beslis oor die grondwetlikheid van enige wysiging van die Grondwet;
(e) beslis dat die Parlement of die President in gebreke gebly het om 'n grondwetlike
verpligting na te kom; of
(f) 'n provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer.
(5) Die Konstitusionele Hof vel die finale beslissing oor die vraag of 'n Parlementswet, 'n
provinsiale Wet of optrede van die President grondwetlik is, en geen bevel van ongeldigheid wat
deur die Hoogste Hof van Appl, 'n Ho Hof of 'n hof met soortgelyke status gegee is, is van
krag voordat daardie bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie.
(6) Nasionale wetgewing of die rels van die Konstitusionele Hof moet 'n persoon toelaat om,
wanneer dit in die belang van geregtigheid is en met verlof van die Konstitusionele Hof -
(a) 'n aangeleentheid regstreeks by die Konstitusionele Hof aanhangig te maak; of
(b) regstreeks vanaf enige ander hof na die Konstitusionele Hof te appelleer.
(7) 'n Grondwetlike aangeleentheid sluit enige kwessie in waarby die uitleg, beskerming of
afdwinging van die Grondwet betrokke is.
Hoogste Hof van Appl
168. (1) Die Hoogste Hof van Appl bestaan uit 'n Hoofregter, 'n Adjunkhoofregter en die
getal applregters wat deur 'n Parlementswet bepaal word.
(2) 'n Aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appl moet beslis word deur die getal
regters wat deur 'n Parlementswet bepaal word.
(3) Die Hoogste Hof van Appl kan applle in enige aangeleentheid beslis. Hy is die hoogste
hof van appl behalwe in grondwetlike aangeleenthede, en beslis slegs -
(a) applle;
(b) kwessies wat met applle in verband staan; en
(c) enige ander aangeleentheid wat na hom verwys mag word in omstandighede wat deur 'n
Parlementswet omskryf word.
Ho Howe
169. 'n Ho Hof kan -
(a) enige grondwetlike aangeleentheid beslis, uitgesonderd 'n aangeleentheid wat -
(i) slegs die Konstitusionele Hof kan beslis; of
(ii) deur 'n Parlementswet opgedra is aan 'n ander hof met 'n status soortgelyk aan di van
'n Ho Hof; en
(b) enige ander aangeleentheid beslis wat nie deur 'n Parlementswet aan 'n ander hof opgedra
is nie.
Landdroshowe en ander howe
170. Landdroshowe en alle ander howe kan enige aangeleentheid beslis wat deur 'n
Parlementswet bepaal word, maar 'n hof met 'n laer status as 'n Ho Hof mag nie ondersoek
instel na of beslis oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President
nie.
Hofprosedures
171. Alle howe funksioneer ingevolge nasionale wetgewing, en daar moet ingevolge nasionale
wetgewing vir hulle rels en prosedures voorsiening gemaak word.
Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede
172. (1) Wanneer 'n hof 'n grondwetlike aangeleentheid binne sy bevoegdheid beslis -
(a) moet die hof verklaar dat enige regsvoorskrif of optrede wat met die Grondwet
onbestaanbaar is, ongeldig is in die mate waarin dit onbestaanbaar is; en
(b) kan die hof enige bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van -
(i) 'n bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk; en
(ii) 'n bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaardes opskort
ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.
(2) (a) Die Hoogste Hof van Appl, 'n Ho Hof of 'n hof met soortgelyke status kan 'n
bevel gee oor die grondwetlike geldigheid van 'n Parlementswet, 'n provinsiale Wet of enige
optrede van die President, maar 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid is nie van krag tensy dit
deur die Konstitusionele Hof bevestig word nie.
(b) 'n Hof wat 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid gee, kan 'n tydelike interdik of ander
tydelike verligting aan 'n party verleen, of kan die verrigtinge verdaag, hangende 'n beslissing van
die Konstitusionele Hof oor die geldigheid van genoemde Wet of optrede.
(c) Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verwysing van 'n bevel van
grondwetlike ongeldigheid na die Konstitusionele Hof.
(d) Enige persoon of staatsorgaan met 'n voldoende belang kan regstreeks appelleer na, of
regstreeks aansoek doen by, die Konstitusionele Hof om 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid
deur 'n hof ingevolge hierdie subartikel, te bevestig of te verander.
Inherente bevoegdheid
173. Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appl en die Ho Howe het die inherente
bevoegdheid om, met inagneming van die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm en
te rel en die gemene reg te ontwikkel.
Aanstelling van regterlike beamptes
174. (1) Enige toepaslik gekwalifiseerde vrou of man wat 'n geskikte en gepaste persoon
is, kan as 'n regterlike beampte aangestel word. Iemand wat in die Konstitusionele Hof aangestel
staan te word, moet daarbenewens 'n Suid-Afrikaanse burger wees.
(2) Die behoefte dat die regbank in die bre die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika
weerspiel, moet in aanmerking geneem word wanneer regterlike beamptes aangestel word.
(3) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag stel, na oorleg met die
Regterlike Dienskommissie en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering
verteenwoordig is, die President en Adjunkpresident van die Konstitusionele Hof en, na oorleg
met die Regterlike Dienskommissie, die Hoofregter en Adjunkhoofregter aan.
(4) Die ander regters van die Konstitusionele Hof word deur die President, as hoof van die
nasionale uitvoerende gesag, na oorleg met die President van die Konstitusionele Hof en die leiers
van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, ooreenkomstig die volgende
prosedure aangestel:
(a) Die Regterlike Dienskommissie moet 'n lys van benoemdes opstel met drie name meer as
die getal aanstellings wat gedoen moet word, en die lys aan die President voorl.
(b) Die President kan aanstellings uit die lys doen, en moet die Regterlike Dienskommissie in
kennis stel, met vermelding van redes, indien enige van die benoemdes onaanvaarbaar is en enige
aanstelling nog gedoen moet word.
(c) Die Regterlike Dienskommissie moet die lys met verdere benoemdes aanvul en die
President moet die oorblywende aanstellings uit die aangevulde lys doen.
(5) Te alle tye moet minstens vier lede van die Konstitusionele Hof persone wees wat regters
was op die tydstip waarop hulle in die Konstitusionele Hof aangestel is.
(6) Die President moet die regters van alle ander howe op advies van die Regterlike
Dienskommissie aanstel.
(7) Ander regterlike beamptes word aangestel ingevolge 'n Parlementswet, wat moet verseker
dat die aanstelling, bevordering, oorplasing of ontslag van, of tugstappe teen, hierdie regterlike
beamptes sonder begunstiging of vooroordeel geskied.
(8) Voordat regterlike beamptes begin om hulle funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig
Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring afl dat hulle die Grondwet sal handhaaf en beskerm.
Waarnemende regters
175. (1) Die President kan 'n vrou of 'n man as 'n waarnemende regter in die
Konstitusionele Hof aanstel indien daar 'n vakature is of indien 'n regter afwesig is. Die
aanstelling moet geskied op aanbeveling van die Kabinetslid wat vir die regspleging
verantwoordelik is, handelende met die instemming van die President van die Konstitusionele Hof
en die Hoofregter.
(2) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, moet waarnemende regters in
ander howe aanstel na oorleg met die senior regter van die hof waarin die waarnemende regter
sal dien.
Ampstermyne en vergoeding
176. (1) 'n Regter van die Konstitusionele Hof word vir 'n nie-herhaalbare termyn van 12
jaar aangestel, maar moet by bereiking van die ouderdom van 70 jaar uittree.
(2) Ander regters beklee die amp totdat hulle ingevolge 'n Parlementswet van aktiewe diens
onthef word.
(3) Die salarisse, toelaes en voordele van regters mag nie verminder word nie.
Ontheffing
177. (1) 'n Regter kan van die amp onthef word slegs indien -
(a) die Regterlike Dienskommissie bevind dat die regter aan 'n onvermo ly, uitermate
onbevoeg is of aan growwe wangedrag skuldig is; en
(b) die Nasionale Vergadering die ontheffing van daardie regter aanvra by 'n besluit
aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die
Vergadering.
(2) Die President moet 'n regter van die amp onthef indien 'n besluit aangeneem word waarin
die ontslag van daardie regter aangevra word.
(3) Die President kan op advies van die Regterlike Dienskommissie 'n regter skors wat die
onderwerp is van verrigtinge ingevolge subartikel (1).
Regterlike Dienskommissie
178. (1) Daar is 'n Regterlike Dienskommissie, wat bestaan uit -
(a) die Hoofregter, wat op vergaderings van die Kommissie voorsit;
(b) die President van die Konstitusionele Hof;
(c) een Regter-president deur die Regters-president aangewys;
(d) die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, of 'n plaasvervanger deur
daardie Kabinetslid aangewys;
(e) twee praktiserende advokate uit die geledere van die advokateprofessie benoem om die
professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;
(f) twee praktiserende prokureurs uit die geledere van die prokureursprofessie benoem om
die professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;
(g) een dosent in die regte deur regsdosente aan Suid-Afrikaanse universiteite aangewys;
(h) ses persone deur die Nasionale Vergadering uit sy geledere aangewys, van wie minstens
drie lede moet wees van opposisiepartye wat in die Vergadering verteenwoordig is;
(i) vier vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies as 'n groep deur die Raad
aangewys by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens ses provinsies;
(j) vier persone aangewys deur die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, na
oorleg met die leiers van al die partye in die Nasionale Vergadering; en
(k) wanneer aangeleenthede oorweeg word wat spesifiek op 'n provinsiale of plaaslike
afdeling van die Ho Hof betrekking het, die Regter-president van daardie afdeling en die Premier,
of 'n plaasvervanger deur die Premier aangewys, van die betrokke provinsie.
(2) Indien die getal persone wat ingevolge subartikel (1)(e) of (f) uit die geledere van die
advokate- of prokureursprofessie benoem is gelyk is aan die getal vakatures wat gevul moet word,
moet die President hulle aanstel. Indien die getal persone wat benoem is meer is as die getal
vakatures wat gevul moet word, moet die President, na oorleg met die betrokke professie, genoeg
van die benoemdes aanstel om die vakatures te vul, met inagneming van die behoefte om te
verseker dat diegene wat aangestel word die professie as geheel verteenwoordig.
(3) Lede van die Kommissie deur die Nasionale Raad van Provinsies aangewys, dien totdat
hulle as 'n groep vervang word, of totdat 'n vakature in hulle geledere ontstaan. Ander lede wat
in die Kommissie aangewys of benoem is, dien totdat hulle vervang word deur diegene wat hulle
aangewys of benoem het.
(4) Die Regterlike Dienskommissie het die bevoegdhede en funksies in die Grondwet en
nasionale wetgewing aan hom opgedra.
(5) Die Regterlike Dienskommissie kan die nasionale regering oor enige aangeleentheid met
betrekking tot die regbank of die regspleging adviseer, maar wanneer hy enige aangeleentheid
behalwe die aanstelling van 'n regter oorweeg, moet hy sonder die lede wat ingevolge subartikel
(1)(h) en (i) aangewys is, vergader.
(6) Die Regterlike Dienskommissie kan sy eie prosedure bepaal, maar besluite van die
Kommissie moet deur 'n meerderheid van sy lede gesteun word.
Vervolgingsgesag
179. (1) Daar is 'n enkele nasionale vervolgingsgesag in die Republiek, wat ingevolge 'n
Parlementswet saamgestel is en wat bestaan uit -
(a) 'n Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, wat die hoof van die vervolgingsgesag
is en deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word; en
(b) Direkteure van Openbare Vervolgings en aanklaers soos deur 'n Parlementswet bepaal.
(2) Die vervolgingsgesag het die bevoegdheid om strafregtelike verrigtinge namens die staat
in te stel en om enige funksies te verrig wat in verband met die instel van strafregtelike verrigtinge
nodig is.
(3) Nasionale wetgewing moet verseker dat die Direkteure van Openbare Vervolgings -
(a) paslik gekwalifiseerd is; en
(b) verantwoordelik is vir vervolgings in spesifieke jurisdiksies, behoudens subartikel (5).
(4) Nasionale wetgewing moet verseker dat die vervolgingsgesag sy funksies sonder vrees,
begunstiging of vooroordeel verrig.
(5) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings -
(a) moet met die instemming van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is
en na oorleg met die Direkteure van Openbare Vervolgings die vervolgingsbeleid bepaal wat in
die vervolgingsproses nagekom moet word;
(b) moet beleidsvoorskrifte uitreik wat in die vervolgingsproses nagekom moet word;
(c) kan in die vervolgingsproses ingryp wanneer beleidsvoorskrifte nie nagekom word nie; en
(d) kan 'n besluit om te vervolg of nie te vervolg nie, hersien na oorleg met die betrokke
Direkteur van Openbare Vervolgings en na ontvangs, binne 'n tydperk deur die Nasionale
Direkteur van Openbare Vervolgings bepaal, van verto van die volgende:
(i) Die beskuldigde.
(ii) Die klaer.
(iii) Enige ander persoon of party wat deur die Nasionale Direkteur as betrokke beskou word.
(6) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, oefen finale
verantwoordelikheid oor die vervolgingsgesag uit.
(7) Alle ander aangeleenthede betreffende die vervolgingsgesag moet deur nasionale
wetgewing bepaal word.
Ander aangeleenthede betreffende regspleging
180. Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir enige aangeleentheid betreffende die
regspleging waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie, met inbegrip van -
(a) opleidingsprogramme vir regterlike beamptes;
(b) prosedures vir die hantering van klagtes oor regterlike beamptes; en
(c) die deelname van ander persone as regterlike beamptes aan die beslissings van howe.
HOOFSTUK 9
STAATSINSTELLINGS TER ONDERSTEUNING
VAN GRONDWETLIKE DEMOKRASIE
Instelling en bepalende beginsels
181. (1) Die volgende staatsinstellings versterk die grondwetlike demokrasie in die
Republiek:
(a) Die Openbare Beskermer.
(b) Die Menseregtekommissie.
(c) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-,
Godsdiens- en Taalgemeenskappe.
(d) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid.
(e) Die Ouditeur-generaal.
(f) Die Verkiesingskommissie.
(2) Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en
moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel
uitoefen en verrig.
(3) Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander
maatrels bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en
doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.
(4) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk
maak nie.
(5) Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet
minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die
Vergadering verslag doen.
Openbare Beskermer
Funksies van Openbare Beskermer
182. (1) Die Openbare Beskermer het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing
gereguleer -
(a) om ondersoek in te stel na enige optrede in staatsake, of in die openbare administrasie in
enige regeringsfeer, wat, na beweer of vermoed word, onbehoorlik is of enige onbehoorlikheid
of benadeling tot gevolg het;
(b) om oor di optrede verslag te doen; en
(c) om gepaste regstellende stappe te doen.
(2) Die Openbare Beskermer het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
(3) Die Openbare Beskermer mag nie hofbeslissings ondersoek nie.
(4) Die Openbare Beskermer moet vir alle persone en gemeenskappe toeganklik wees.
(5) Enige verslag deur die Openbare Beskermer uitgereik, moet vir die publiek toeganklik
wees, tensy buitengewone omstandighede, wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal moet word,
vereis dat 'n verslag vertroulik gehou word.
Ampstermyn
183. Die Openbare Beskermer word vir 'n nie-herhaalbare termyn van sewe jaar aangestel.
Menseregtekommissie
Funksies van Menseregtekommissie
184. (1) Die Menseregtekommissie moet -
(a) respek vir menseregte en 'n kultuur van menseregte bevorder;
(b) die beskerming, ontwikkeling en verwesenliking van menseregte bevorder; en
(c) die handhawing van menseregte in die Republiek monitor en die stand daarvan bepaal.
(2) Die Menseregtekommissie het die bevoegdhede, soos deur nasionale wetgewing
gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid -
(a) om ondersoek in te stel na en verslag te doen oor die handhawing van menseregte;
(b) om stappe te doen ten einde gepaste herstel te verseker waar menseregte geskend is;
(c) om navorsing te doen; en
(d) om op te voed.
(3) Die Menseregtekommissie moet jaarliks van enige betrokke staatsorgane vereis om die
Kommissie te voorsien van inligting oor die maatrels wat hulle getref het ter verwesenliking van
die regte in die Handves van Regte betreffende behuising, gesondheidsorg, voedsel, water,
maatskaplike sekerheid, die onderwys en die omgewing.
(4) Die Menseregtekommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
Kommissie vir die Bevordering en
Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe
Funksies van Kommissie
185. (1) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-,
Godsdiens- en Taalgemeenskappe het die volgende hoofoogmerke:
(a) Om respek te bevorder vir die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe;
(b) om vrede, vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale eenheid onder kultuur-,
godsdiens- en taalgemeenskappe op die grondslag van gelykheid, nie-diskriminasie en vrye
assosiasie te bevorder en te
ontwikkel; en
(c) om die instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing, van 'n kultuur- of
ander raad of rade vir 'n gemeenskap of gemeenskappe in Suid-Afrika aan te beveel.
(2) Die Kommissie het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig
is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van die bevoegdheid om kwessies betreffende die
regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na te vors,
opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor
te doen.
(3) Die Kommissie kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies val aan
die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.
(4) Die Kommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
Samestelling van Kommissie
186. (1) Die getal lede van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte
van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en hul aanstelling en ampstermyne moet deur
nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(2) Die samestelling van die Kommissie -
(a) moet in die bre verteenwoordigend wees van die vernaamste kultuur-, godsdiens- en
taalgemeenskappe in Suid-Afrika; en
(b) in die bre die geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspiel.
Kommissie vir Geslagsgelykheid
Funksies van Kommissie vir Geslagsgelykheid
187. (1) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die
ontwikkeling, beskerming en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder.
(2) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing
gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om
aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding
daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
(3) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat
deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
Ouditeur-generaal
Werksaamhede van Ouditeur-generaal
188. (1) Die Ouditeur-generaal moet die rekenings, finansile state en finansile bestuur van
die volgende instellings en instansies ouditeer en daaroor verslag doen:
(a) Alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente en
-administrasies;
(b) alle munisipaliteite; en
(c) enige ander instelling of rekenpligtige instansie wat ingevolge nasionale of provinsiale
wetgewing deur die Ouditeur-generaal geouditeer moet word.
(2) Benewens die pligte in subartikel (1) voorgeskryf, en behoudens enige wetgewing, kan
die Ouditeur-generaal die rekenings, finansile state en finansile bestuur van enige van die
volgende instellings ouditeer en daaroor verslag doen:
(a) Enige instelling wat uit die Nasionale Inkomstefonds of 'n Provinsiale Inkomstefonds of
deur 'n munisipaliteit gefinansier word; of
(b) enige instelling wat ingevolge enige wet gemagtig is om geld vir 'n openbare doel te
ontvang.
(3) Die Ouditeur-generaal moet ouditverslae voorl aan enige wetgewer wat 'n regstreekse
belang in die oudit het, en aan enige ander gesag wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf
word. Alle verslae moet openbaar gemaak word.
(4) Die Ouditeur-generaal het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
Ampstermyn
189. Die Ouditeur-generaal word vir 'n vaste, nie-herhaalbare termyn van tussen vyf en tien jaar
aangestel.
Verkiesingskommissie
Funksies van Verkiesingskommissie
190. (1) Die Verkiesingskommissie moet -
(a) verkiesings van nasionale, provinsiale en munisipale wetgewende liggame ooreenkomstig
nasionale wetgewing bestuur;
(b) toesien dat di verkiesings vry en regverdig is; en
(c) die uitslae van di verkiesings bekend maak binne 'n tydperk wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf moet word en so kort as redelikerwys moontlik moet wees.
(2) Die Verkiesingskommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale
wetgewing voorgeskryf word.
Samestelling van Verkiesingskommissie
191. Die Verkiesingskommissie bestaan uit minstens drie persone. Die getal lede en hul
ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
Onafhanklike Owerheid om
die Uitsaaiwese te Reguleer
Uitsaai-owerheid
192. 'n Onafhanklike owerheid moet deur nasionale wetgewing ingestel word om die
uitsaaiwese in die openbare belang te reguleer en om toe te sien dat regverdigheid geskied en 'n
verskeidenheid van sienswyses aangebied word wat in die bre verteenwoordigend van die
Suid-Afrikaanse samelewing is.
Algemene Bepalings
Aanstellings
193. (1) Die Openbare Beskermer en die lede van enige kommissie deur hierdie Hoofstuk
ingestel, moet vroue en mans wees
wat -
(a) Suid-Afrikaanse burgers is;
(b) geskikte en gepaste persone is om die bepaalde amp te beklee; en
(c) voldoen aan enige ander vereistes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
(2) Die behoefte dat 'n Kommissie wat deur hierdie Hoofstuk ingestel word, in die bre die
rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspiel, moet by die aanstelling van lede in
aanmerking geneem word.
(3) Die Ouditeur-generaal moet 'n vrou of 'n man wees wat 'n Suid-Afrikaanse burger en 'n
geskikte en gepaste persoon is om di amp te beklee. By die aanstelling van die Ouditeur-generaal
moet gespesialiseerde kennis of ervaring van ouditering, staatsfinansies en die openbare
administrasie behoorlik in aanmerking geneem word.
(4) Die President moet die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en die lede van -
(a) die Menseregtekommissie;
(b) die Kommissie vir Geslagsgelykheid; en
(c) die Verkiesingskommissie,
op aanbeveling van die Nasionale Vergadering aanstel.
(5) Die Nasionale Vergadering moet persone aanbeveel wat -
(a) benoem is deur 'n komitee van die Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede
van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en
(b) deur die Vergadering goedgekeur is by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem
van -
(i) minstens 60 persent van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking
het op die aanstelling van die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal; of
(ii) 'n meerderheid van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het
op die aanstelling van 'n lid van 'n Kommissie.
(6) Daar kan vir die betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap in die aanbevelingsproses
voorsiening gemaak word soos in artikel 59(1)(a) beoog.
Ampsontheffing
194. (1) Die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal of 'n lid van 'n Kommissie deur
hierdie Hoofstuk ingestel, kan van die amp onthef word slegs op grond van -
(a) wangedrag, onvermo of onbekwaamheid;
(b) 'n bevinding te dien effekte deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering; en
(c) 'n besluit van die Vergadering waarin gevra word dat di persoon van die amp onthef
word.
(2) 'n Besluit van die Nasionale Vergadering oor die ampsontheffing van -
(a) die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal, moet aangeneem word met 'n
ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering; of
(b) 'n lid van 'n Kommissie, moet aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n
meerderheid van die lede van die Vergadering.
(3) Die President -
(a) kan te eniger tyd na die aanvang van die verrigtinge van 'n komitee van die Nasionale
Vergadering vir die ontheffing van 'n persoon, daardie persoon in die amp skors; en
(b) moet 'n persoon van die amp onthef by aanname deur die Vergadering van die besluit
waarin gevra word dat di persoon van die amp onthef word.
HOOFSTUK 10
OPENBARE ADMINISTRASIE
Basiese waardes en beginsels wat openbare administrasie beheers
195. (1) Openbare administrasie word beheers deur die demokratiese waardes en beginsels
wat in die Grondwet verskans is, met inbegrip van die volgende beginsels:
(a) 'n Ho standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word.
(b) Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder
word.
(c) Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.
(d) Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer
word.
(e) Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word
om aan beleidsvorming deel te neem.
(f) Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
(g) Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte
inligting te voorsien.
(h) Bekwame bestuur van menslike hulpbronne en geskikte loopbaanontwikkelingspraktyke
moet ontwikkel word ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit.
(i) Openbare administrasie moet in die bre verteenwoordigend wees van die Suid-Afrikaanse
bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermo,
objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde
bre verteenwoordiging te bewerkstellig.
(2) Bogenoemde beginsels is van toepassing op -
(a) administrasie in elke regeringsfeer;
(b) staatsorgane; en
(c) openbare ondernemings.
(3) Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in
subartikel (1) vermeld word.
(4) Die aanstelling in die openbare administrasie van 'n aantal persone op grond van
beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet di aanstellings in die
staatsdiens reguleer.
(5) Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer, kan 'n onderskeid maak tussen
verskillende sektore, administrasies of instellings.
(6) Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die
openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing
wat die openbare administrasie rel.
Staatsdienskommissie
196. (1) Daar is 'n enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek.
(2) Die Kommissie is onafhanklik en moet onpartydig wees, en moet sonder vrees,
begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die
handhawing van 'n doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en 'n ho standaard van
beroepsetiek in die staatsdiens. Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.
(3) Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatrels die Kommissie
bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en
doeltreffendheid van die Kommissie te verseker. Geen persoon of staatsorgaan mag op die
funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.
(4) Die bevoegdhede en funksies van die Kommissie is om -
(a) die waardes en beginsels wat in artikel 195 uiteengesit word, regdeur die staatsdiens te
bevorder;
(b) die organisasie en administrasie, en die personeelpraktyke, van die staatsdiens te
ondersoek, te monitor en te evalueer;
(c) maatrels voor te stel om doeltreffende en bevoegde werkverrigting in die staatsdiens te
verseker;
(d) lasgewings uit te reik wat daarop gemik is om te verseker dat personeelprosedures met
betrekking tot werwing, oorplasing, bevordering en ontslag voldoen aan die waardes en beginsels
in artikel 195 uiteengesit;
(e) verslag te doen ten opsigte van sy bedrywighede en die verrigting van sy funksies, met
inbegrip van enige bevinding wat hy mag maak, lasgewings wat hy mag uitreik en advies wat hy
mag gee, en om 'n evaluering te verskaf van die mate waarin daar voldoen word aan die waardes
en beginsels in artikel 195 uiteengesit; en
(f) hetsy uit eie beweging hetsy na ontvangs van enige
klagte -
(i) die toepassing van personeel- en openbare administrasie-praktyke te ondersoek en te
evalueer, en aan die toepaslike uitvoerende gesag en wetgewer verslag te doen;
(ii) ondersoek in te stel na griewe van werknemers in die staatsdiens oor amptelike handelinge
of versuime, en gepaste regstellings aan te beveel;
(iii) die nakoming van toepaslike prosedures in die staatsdiens te monitor en te ondersoek; en
(iv) nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die
staatsdiens, met inbegrip van di met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing,
uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens.
(5) Die Kommissie is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig.
(6) Die Kommissie moet minstens een keer per jaar ingevolge subartikel (4)(e) verslag doen
-
(a) aan die Nasionale Vergadering; en
(b) ten opsigte van sy bedrywighede in 'n provinsie, aan die wetgewer van daardie provinsie.
(7) Die Kommissie het die volgende 14 kommissarisse, wat deur die President aangestel word:
(a) Vyf kommissarisse ooreenkomstig subartikel (8)(a) deur die Nasionale Vergadering
goedgekeur; en
(b) een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel (8)(b) deur die Premier van
die provinsie benoem.
(8) (a) 'n Kommissaris wat ingevolge subartikel (7)(a) aangestel word, moet -
(i) aanbeveel word deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering wat proporsioneel
saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en
(ii) deur die Vergadering goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende
stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
(b) 'n Kommissaris wat deur die Premier van 'n provinsie benoem word, moet -
(i) aanbeveel word deur 'n komitee van die provinsiale wetgewer wat proporsioneel
saamgestel is uit lede van alle partye wat in die wetgewer verteenwoordig is; en
(ii) deur die wetgewer goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem
van 'n meerderheid van die lede van die wetgewer.
(9) Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur 'n Parlementswet
gereguleer.
(10) 'n Kommissaris word aangestel vir 'n termyn van vyf jaar, wat vir slegs een addisionele
termyn hernu kan word, en moet 'n vrou of 'n man wees wat -
(a) 'n Suid-Afrikaanse burger is; en
(b) 'n geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie, bestuur of die
verskaffing van openbare dienste.
(11) 'n Kommissaris kan van die amp onthef word slegs op grond van -
(a) wangedrag, onvermo of onbevoegdheid;
(b) 'n bevinding te dien effekte deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering of, in die geval
van 'n kommissaris wat deur die Premier van 'n provinsie benoem is, deur 'n komitee van die
wetgewer van daardie provinsie; en
(c) 'n besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met
'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris
van die amp onthef word.
(12) Die President moet die betrokke kommissaris van die amp onthef by -
(a) aanname deur die Vergadering van 'n besluit waarin gevra word dat daardie kommissaris
van die amp onthef word; of
(b) skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer 'n besluit aangeneem
het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word.
(13) Kommissarisse in subartikel (7)(b) bedoel, kan die bevoegdhede en funksies van die
Kommissie in hul provinsies uitoefen en verrig soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
Staatsdiens
197. (1) Binne die openbare administrasie is daar 'n staatsdiens vir die Republiek, wat
ingevolge nasionale wetgewing moet funksioneer en gestruktureer moet word, en wat die wettige
beleid van die regering aan die bewind getrou moet uitvoer.
(2) Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale
wetgewing gerel word. Werknemers is geregtig op 'n billike pensioen soos deur nasionale
wetgewing gerel.
(3) Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat di
persoon 'n bepaalde politieke party of saak steun nie.
(4) Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering,
oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne 'n raamwerk van
eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.
HOOFSTUK 11
VEILIGHEIDSDIENSTE
Grondliggende beginsels
198. Nasionale veiligheid in die Republiek word deur die volgende beginsels beheers:
(a) Nasionale veiligheid moet die vasberadenheid weerspiel van Suid-Afrikaners, as individue
en as nasie, om as gelykes te leef, in vrede en harmonie te leef, vry te wees van vrees en gebrek,
en 'n beter bestaan na te streef.
(b) Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef, belet elke Suid-Afrikaanse burger
om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die
Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.
(c) Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip
van die volkereg.
(d) Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale
uitvoerende gesag.
Instelling, struktuur en optrede van veiligheidsdienste
199. (1) Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit 'n enkele weermag, 'n enkele
polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word.
(2) Die weermag is die enigste wettige militre mag in die Republiek.
(3) Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende
organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
(4) Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer word.
(5) Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis om op te
tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg
en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.
(6) Geen lid van enige veiligheidsdiens mag 'n klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.
(7) Ng die veiligheidsdienste ng enige van hul lede mag in die verrigting van hul funksies
-
(a) enige partypolitieke belang wat ingevolge die Grondwet wettig is, benadeel; of
(b) op partydige wyse enige belang van 'n politieke party bevorder.
(8) Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en
verantwoordingspligtigheid, moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle
veiligheidsdienste op 'n wyse wat deur nasionale wetgewing of die rels en orders van die
Parlement bepaal word.
Verdediging
Weermag
200. (1) Die weermag moet as 'n gedissiplineerde militre mag gestruktureer en bestuur
word.
(2) Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense
te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels
met betrekking tot die aanwending van mag.
Politieke verantwoordelikheid
201. (1) 'n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.
(2) Slegs die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, kan magtiging daartoe
verleen dat die weermag aangewend word -
(a) in samewerking met die polisiediens;
(b) ter verdediging van die Republiek; of
(c) ter nakoming van 'n internasionale verpligting.
(3) Wanneer die weermag aangewend word vir enige doel in subartikel (2) vermeld, moet die
President die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede verwittig van -
(a) die redes vir die aanwending van die weermag;
(b) enige plek waar die mag aangewend word;
(c) die getal mense wat daarby betrokke is; en
(d) die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.
(4) Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend
is soos in subartikel (2) beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel (3) vereis
word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.
Bevel oor weermag
202. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber
van die weermag, en moet die militre bevelvoerders van die weermag aanstel.
(2) Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging
verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.
Staat van nasionale verdediging
203. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag kan 'n staat van
nasionale verdediging verklaar, en moet die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede
verwittig van -
(a) die redes vir die verklaring;
(b) enige plek waar die weermag aangewend word; en
(c) die getal mense wat daarby betrokke is.
(2) Indien die Parlement nie sit wanneer 'n staat van nasionale verdediging verklaar word nie,
moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir 'n buitengewone sitting
byeenroep.
(3) 'n Verklaring van 'n staat van nasionale verdediging verval tensy dit binne sewe dae vanaf
die verklaring deur die Parlement goedgekeur word.
Burgerlike sekretariaat vir verdediging
204. 'n Burgerlike sekretariaat vir verdediging moet deur nasionale wetgewing ingestel word
om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is.
Polisie
Polisiediens
205. (1) Die nasionale polisiediens moet gestruktureer word om in die nasionale, die
provinsiale en, waar gepas, die plaaslike regeringsfere te funksioneer.
(2) Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en
moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met
inagneming van die behoeftes van die provinsies.
(3) Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek,
die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te
beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.
Politieke verantwoordelikheid
206. (1) 'n Lid van die Kabinet moet vir polisiring verantwoordelik wees en moet na
oorleg met die provinsiale regerings en met inagneming van die polisiringsbehoeftes en -
prioriteite van die provinsies soos deur die provinsiale uitvoerende gesagte bepaal, die nasionale
polisiringsbeleid bepaal.
(2) Die nasionale polisiringsbeleid kan voorsiening maak vir 'n verskillende beleid ten opsigte
van verskillende provinsies na inagneming van die polisiringsbehoeftes en -prioriteite van daardie
provinsies.
(3) Elke provinsie is daarop geregtig -
(a) om polisie-optrede te monitor;
(b) om toesig te hou oor die doeltreffendheid en bevoegdheid van die polisiediens, waarby
inbegrepe is die ontvangs van verslae oor die polisiediens;
(c) om goeie betrekkinge tussen die polisie en die gemeenskap te bevorder;
(d) om die doeltreffendheid van sigbare polisiring te bepaal; en
(e) om met die Kabinetslid wat vir polisiring verantwoordelik is, te skakel met betrekking
tot misdaad en polisiring in die provinsie.
(4) 'n Provinsiale uitvoerende gesag is verantwoordelik vir polisiringsfunksies wat -
(a) ingevolge hierdie Hoofstuk by hom berus;
(b) ingevolge nasionale wetgewing aan hom opgedra is; en
(c) in die nasionale polisiringsbeleid aan hom toegewys is.
(5) Ten einde die funksies te verrig wat in subartikel (3) uiteengesit word -
(a) kan 'n provinsie ondersoek instel na, of 'n kommissie van ondersoek aanstel na, enige
klagtes van polisie-onbevoegdheid of 'n verbrokkeling in betrekkinge tussen die polisie en enige
gemeenskap; en
(b) moet 'n provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiring
verantwoordelik is.
(6) By ontvangs van 'n klagte wat deur 'n provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet 'n
onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na
enige beweerde wangedrag van, of oortreding begaan deur, 'n lid van die polisiediens in die
provinsie.
(7) Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies
en beheer van munisipale polisiedienste.
(8) 'n Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir
polisiring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende kordinering van die
polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker.
(9) 'n Provinsiale wetgewer kan van die provinsiale kommissaris van die provinsie vereis om
voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord.
Beheer oor polisiediens
207. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man
as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te
bestuur.
(2) Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur
ooreenkomstig die nasionale polisiringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir
polisiring verantwoordelik is.
(3) Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende
gesag 'n vrou of 'n man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien
die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan
ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiring verantwoordelik is, tussen die partye
bemiddel.
(4) Die provinsiale kommissarisse is verantwoordelik vir polisiring in hul onderskeie
provinsies -
(a) soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en
(b) behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge subartikel (2)
beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur.
(5) Die provinsiale kommissaris moet jaarliks aan die provinsiale wetgewer oor polisiring in
die provinsie verslag doen, en moet 'n afskrif van die verslag aan die Nasionale Kommissaris
stuur.
(6) Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag
verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die
verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel.
Burgerlike sekretariaat vir polisie
208. 'n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel
word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiring verantwoordelik is.
Intelligensie
Instelling van en beheer oor intelligensiedienste
209. (1) Enige intelligensiediens, behalwe enige intelligensieafdeling van die weermag of
die polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en
slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
(2) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man aanstel
as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel (1) ingestel word, en moet f politieke
verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van di dienste aanvaar, f 'n lid van
die Kabinet aanwys om di verantwoordelikheid te aanvaar.
Bevoegdhede, funkies en monitering
210. Nasionale wetgewing moet die doelstellings, bevoegdhede en funksies van die
intelligensiedienste, met inbegrip van enige intelligensieafdeling van die weermag of die
polisiediens, rel, en moet voorsiening maak vir -
(a) die kordinering van alle intelligensiedienste; en
(b) burgerlike monitering van die bedrywighede van di dienste deur 'n inspekteur wat deur
die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur
is by 'n besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met 'n ondersteunende stem van
minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
HOOFSTUK 12
TRADISIONELE LEIERS
Erkenning
211. (1) Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg,
word behoudens die Grondwet erken.
(2) 'n Tradisionele owerheid wat 'n stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer
behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of
herroeping van daardie wetgewing of gebruike.
(3) Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer di reg toepasbaar is, behoudens die
Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.
Rol van tradisionele leiers
212. (1) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir 'n rol vir tradisionele leierskap as
'n instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.
(2) Ten einde te handel met aangeleenthede in verband met tradisionele leierskap, die rol van
tradisionele leiers, die gewoontereg en die gewoontes van gemeenskappe wat 'n stelsel van
gewoontereg naleef, kan -
(a) nasionale of provinsiale wetgewing voorsiening maak vir die instelling van huise van
tradisionele leiers; en
(b) nasionale wetgewing 'n raad van tradisionele leiers instel.
HOOFSTUK 13
FINANSIES
Algemene Finansile Aangeleenthede
Nasionale Inkomstefonds
213. (1) Daar is 'n Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur die
nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit
word.
(2) Geld kan uit die Nasionale Inkomstefonds onttrek word slegs -
(a) ingevolge 'n bewilliging deur 'n Parlementswet; of
(b) as 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n
Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word.
(3) 'n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is 'n
regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
Billike verdeling en toekennings van inkomste
214. (1) 'n Parlementswet moet voorsiening maak vir -
(a) die billike verdeling tussen die nasionale, die provinsiale en die plaaslike regeringsfeer van
inkomste wat nasionaal ingevorder word;
(b) die bepaling van elke provinsie se billike deel van die provinsiale deel van daardie
inkomste; en
(c) enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die
nasionale regering se deel van daardie inkomste, en voorwaardes waarop daardie toekennings
gedoen kan word.
(2) Die Wet genoem in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat die provinsiale regerings,
georganiseerde plaaslike regering en die Finansile en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige
aanbevelings van die Kommissie oorweeg is, en moet in aanmerking neem -
(a) die nasionale belang;
(b) enige voorsiening wat ten opsigte van die nasionale skuld en ander nasionale verpligtings
gemaak moet word;
(c) die behoeftes en belange van die nasionale regering, wat volgens objektiewe maatstawwe
bepaal word;
(d) die behoefte om te verseker dat die provinsies en munisipaliteite in staat is om basiese
dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hulle toegewys word;
(e) die fiskale vermo en doeltreffendheid van die provinsies en munisipaliteite;
(f) ontwikkelings- en ander behoeftes van provinsies, plaaslike regering en munisipaliteite;
(g) ekonomiese ongelykhede binne en tussen die provinsies;
(h) verpligtings van die provinsies en munisipaliteite ingevolge nasionale wetgewing;
(i) die wenslikheid van bestendige en voorspelbare toekennings van inkomstedele; en
(j) die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of ander tydelike
behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is.
Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings
215. (1) Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet
deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansile bestuur van die
ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.
(2) Nasionale wetgewing moet voorskryf -
(a) wat die formaat van nasionale, provinsiale en munisipale begrotings moet wees;
(b) wanneer nasionale en provinsiale begrotings ter tafel gel moet word; en
(c) dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse waarop
voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon.
(3) Begrotings in elke regeringsfeer moet -
(a) begrotings van inkomste en uitgawes bevat waarin tussen kapitaaluitgawes en lopende
uitgawes onderskei word;
(b) voorstelle bevat vir die finansiering van enige verwagte tekort vir die tydperk waarop die
begrotings van toepassing is; en
(c) 'n aanduiding bevat van voornemens wat betref lenings en ander vorms van openbare
aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog.
Tesouriebeheer
216. (1) Nasionale wetgewing moet 'n nasionale tesourie instel en maatrels voorskryf ten
einde sowel deursigtigheid as beheer oor uitgawe in elke regeringsfeer te verseker deur die
invoering van -
(a) algemeen erkende rekeningkundige praktyk;
(b) eenvormige uitgaweklassifikasies; en
(c) eenvormige toesourienorme en -standaarde.
(2) Die nasionale tesourie kan met die instemming van die Kabinetslid wat vir nasionale
finansile sake verantwoordelik is, slegs weens ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van
die maatrels ingevolge subartikel (1) voorgeskryf die oordrag van fondse aan 'n staatsorgaan
staak.
(3) 'n Besluit om die oordrag van fondse aan 'n provinsie te staak, mag slegs ingevolge
subartikel (2) geneem word, en -
(a) mag nie die oordrag van fondse vir langer as 120 dae staak nie; en
(b) kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die Parlement dit
goedkeur ooreenkomstig 'n proses wat wesenlik dieselfde is as di ingevolge artikel 76(1) ingestel
en deur die gesamentlike rels en orders van die Parlement voorgeskryf. Hierdie proses moet
binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word.
(4) Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel (3) ingestel 'n besluit
om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op 'n keer hernu.
(5) Voordat die Parlement 'n besluit om die oordrag van fondse aan 'n provinsie te staak, kan
goedkeur of hernu -
(a) moet die Ouditeur-generaal aan die Parlement verslag doen; en
(b) moet die provinsie 'n geleentheid gebied word om voor 'n komitee te antwoord op die
aantygings teen hom en sy saak te stel.
Verkryging
217. (1) Wanneer 'n staatsorgaan in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer,
of enige ander instelling in nasionale wetgewing gedentifiseer, vir goedere of dienste kontrakteer,
moet hy dit doen ooreenkomstig 'n stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en
kostedoeltreffend is.
(2) Subartikel (1) belet nie die staatsorgane of instellings in daardie subartikel genoem om 'n
verkrygingsbeleid toe te pas wat voorsiening maak vir -
(a) voorkeurkategorie by die toekenning van kontrakte nie; en
(b) die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorie persone, wat deur onbillike
diskriminasie benadeel is nie.
(3) Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorskryf waarbinne die beleid genoem in
subartikel (2) toegepas kan word.
Regeringswaarborge
218. (1) Die nasionale regering, 'n provinsiale regering of 'n munisipaliteit kan 'n lening
waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing
uiteengesit word.
(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat aanbevelings
van die Finansile en Fiskale Kommissie oorweeg is.
(3) Elke regering moet elke jaar 'n verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.
Besoldiging van persone wat openbare ampte beklee
219. (1) 'n Parlementswet moet 'n raamwerk voorskryf vir die bepaling van -
(a) die salarisse, toelaes en voordele van lede van die Nasionale Vergadering, vaste
afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, lede van die Kabinet, Adjunkministers,
tradisionele leiers en lede van enige rade van tradisionele leiers; en
(b) die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van provinsiale
wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende
kategorie.
(2) Nasionale wetgewing moet 'n onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor
die salarisse, toelaes en voordele in subartikel (1) genoem.
(3) Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel (1) aanneem slegs na oorweging
van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.
(4) Die nasionale uitvoerende gesag, 'n provinsiale uitvoerende gesag, 'n munisipaliteit of
enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) toepas slegs
na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.
(5) Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes
en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige
kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in
artikel 192 genoem.
Finansile en Fiskale Kommissie
Instelling en werksaamhede
220. (1) Daar is 'n Finansile en Fiskale Kommissie vir die Republiek, wat aan die
Parlement, provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal,
aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word.
(2) Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet
onpartydig wees.
(3) Die Kommissie funksioneer ingevolge 'n Parlementswet en moet by die verrigting van sy
funksies alle tersaaklike faktore in aanmerking neem, met inbegrip van di in artikel 214(2)
vermeld.
Aanstelling en ampstermyn van lede
221. (1) Die Kommissie bestaan uit die volgende vroue en mans, wat deur die President,
as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word:
(a) 'n Voorsitter en 'n adjunkvoorsitter, wat voltydse lede is;
(b) nege persone wat elkeen deur die Uitvoerende Raad van 'n provinsie benoem word, met
slegs een persoon deur elke provinsie benoem;
(c) twee persone benoem deur georganiseerde plaaslike regering ingevolge artikel 163; en
(d) nege ander persone.
(2) Lede van die Kommissie moet toepaslike kundigheid besit.
(3) Lede dien vir 'n termyn ingevolge nasionale wetgewing bepaal. Die President kan 'n lid
van die amp onthef op grond van wangedrag, onvermo of onbevoegdheid.
Verslae
222. Die Kommissie moet gereeld aan sowel die Parlement as die provinsiale wetgewers verslag
doen.
Sentrale Bank
Instelling
223. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word
ingevolge 'n Parlementswet gereguleer.
Hoofoogmerk
224. (1) Die hoofoogmerk van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is om in die belang van
gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek die waarde van die geldeenheid
te beskerm.
(2) Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies
onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde
oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansile sake
verantwoordelik is.
Bevoegdhede en werksaamhede
225. Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is di wat
gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur 'n Parlementswet
bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge di Wet
voorgeskryf.
Provinsiale en Plaaslike
Finansile Aangeleenthede
Provinsiale Inkomstefondse
226. (1) Daar is 'n Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort
word wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n
Parlementswet uitgesluit word.
(2) Geld kan uit 'n Provinsiale Inkomstefonds onttrek word slegs -
(a) ingevolge 'n bewilliging deur 'n provinsiale Wet; of
(b) as 'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n
provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word.
(3) Inkomste wat ingevolge artikel 214(1) deur bemiddeling van 'n provinsie aan plaaslike
regering in daardie provinsie toegeken word, is 'n regstreekse las teen daardie provinsie se
Inkomstefonds.
Nasionale befondsingsbronne van provinsiale en plaaslike regering
227. (1) Plaaslike regering en elke provinsie -
(a) is op 'n billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, geregtig ten einde
hom in staat te stel om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hom toegewys
word; en
(b) kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale
regeringsinkomste ontvang.
(2) Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie
afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, of van enige ander
toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie. Insgelyks rus daar
geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie
inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermo en belastingbasis invorder nie.
(3) 'n Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld
en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge
artikel 216 gestaak is.
(4) 'n Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge 'n bepaling
van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.
Provinsiale belastings
228. (1) 'n Provinsiale wetgewer kan -
(a) belastings, heffings en regte opl, uitgesonderd inkomstebelasting, belasting op
toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting, eiendomsbelasting of doeaneregte; en
(b) uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat
deur nasionale wetgewing opgel word, uitgesonderd die belastingbasisse van korporatiewe
inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.
(2) Die bevoegdheid van 'n provinsiale wetgewer om belastings, heffings, regte en bobelasting
op te l -
(a) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid, ekonomiese
bedrywighede oor provinsiale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste,
kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en
(b) moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat
enige aanbevelings van die Finansile en Fiskale Kommissie oorweeg is.
Munisipale fiskale bevoegdhede en funksies
229. (1) Behoudens subartikels (2), (3) en (4) kan 'n munisipaliteit -
(a) eiendomsbelasting en bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit
verskaf, opl; en
(b) indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte opl
wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie
munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde
waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte opl nie.
(2) Die bevoegdheid van 'n munisipaliteit om eiendomsbelasting, bobelasting op gelde vir
dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf of ander belastings, heffings of regte op te l -
(a) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid, ekonomiese
bedrywighede oor munisipale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste,
kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en
(b) kan deur nasionale wetgewing gereguleer word.
(3) Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met betrekking
tot dieselfde gebied het, moet 'n gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge
nasionale wetgewing gedoen word. Die verdeling kan slegs na inagneming van minstens die
volgende maatstawwe gedoen word:
(a) Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen.
(b) Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke
munisipaliteit.
(c) Die fiskale vermo van elke munisipaliteit.
(d) Die doeltreffendheid en voordeligheid van die invordering van belastings, heffings en
regte.
(e) Billikheid.
(4) Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word,
gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie.
(5) Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat
georganiseerde plaaslike regering en die Finansile en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige
aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.
Provinsiale en munisipale lenings
230. (1) 'n Provinsie of 'n munisipaliteit kan lenings vir kapitaaluitgawes of lopende
uitgawes aangaan ooreenkomstig redelike voorwaardes wat deur nasionale wetgewing bepaal
word, maar lenings vir lopende uitgawes -
(a) kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende 'n belastingjaar vir
oorbruggingsdoeleindes nodig is; en
(b) moet binne twaalf maande terugbetaal word.
(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige
aanbevelings van die Finansile en Fiskale Kommissie oorweeg is.
HOOFSTUK 14
ALGEMENE BEPALINGS
Volkereg
Internasionale ooreenkomste
231. (1) Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die
verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag.
(2) 'n Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale
Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit 'n
ooreenkoms genoem in subartikel (3) is.
(3) 'n Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of 'n
ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende
gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en
die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne 'n redelike tyd in die Vergadering en die
Raad ter tafel gel word.
(4) 'n Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale
wetgewing as wet verorden word; maar 'n direk uitvoerbare bepaling van 'n ooreenkoms wat
deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met
die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is.
(5) Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die
inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het.
Volkeregtelike gewoontereg
232. Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of
'n Parlementswet onbestaanbaar is.
Toepassing van volkereg
233. By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing
wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die
volkereg onbestaanbaar is.
Ander aangeleenthede
Handveste van Regte
234. Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die
Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar
is.
Selfbeskikking
235. Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie
Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van di reg, die erkenning nie van die konsep
van die reg van enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op
selfbeskikking binne 'n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur
nasionale wetgewing bepaal.
Befondsing vir politieke partye
236. Ten einde veelparty-demokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening maak
vir die befondsing, op 'n billike en proporsionele grondslag, van politieke partye wat aan nasionale
en provinsiale wetgewers meedoen.
Getroue nakoming van verpligtinge
237. Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.
Agentskap en delegering
238. 'n Uitvoerende staagsorgaan in enige regeringsfeer kan -
(a) enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge wetgewing uitgeoefen of verrig moet word
aan enige ander uitvoerende staatsorgaan delegeer mits die delegering bestaanbaar is met die
wetgewing ingevolge waarvan die bevoegdheid uitgeoefen of die funksie verrig word ; of
(b) enige bevoegdheid of funksie vir enige ander uitvoerende staatsorgaan op 'n agentskapsof
delegeringsgrondslag uitoefen of verrig.
Woordomskrywings
239. In die Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -
"nasionale wetgewing" ook -
(a) ondergeskikte wetgewing ingevolge 'n Parlementswet gemaak; en
(b) wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur die
nasionale regering geadministreer word;
"staatsorgaan" -
(a) enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike
regeringsfeer; of
(b) enige ander funksionaris of instelling -
(i) wat ingevolge die Grondwet of 'n provinsiale grondwet 'n bevoegdheid uitoefen of 'n
funksie verrig; of
(ii) ingevolge wetgewing 'n openbare bevoegdheid uitoefen of 'n openbare funksie verrig,
maar nie ook 'n hof of 'n regterlike beampte nie;
"provinsiale wetgewing" ook -
(a) ondergeskikte wetgewing ingevolge 'n provinsiale Wet gemaak; en
(b) wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur 'n
provinsiale regering geadministreer word.
Teenstrydighede tussen verskillende tekste
240. In die geval van 'n teenstrydigheid tussen verskillende tekste van die Grondwet gee die
Engelse teks die deurslag.
Oorgangsrelings
241. Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie
Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met di oorgang in verband staan.
Herroeping van wette
242. Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6.
Kort titel en inwerkingtreding
243. (1) Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree
so gou as moontlik in werking op 'n datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie 'n
datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie.
(2) Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel (1) is ten
opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal.
(3) Tensy uit die samehang anders blyk, word 'n verwysing in 'n bepaling van die Grondwet
na 'n tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgel as 'n verwysing na die tydstip
waarop daardie bepaling in werking getree het.
(4) Indien daar ingevolge subartikel (2) 'n verskillende datum ten opsigte van enige besondere
bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), wat in die proklamasie
vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep.
(5) Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in
werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van
wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie. Tot daardie datum bly enige
ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1993, van krag.
BYLAE 1
Nasionale Vlag
(1) Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en 'n half maal langer as die wydte daarvan.
(2) Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou.
(3) Dit het 'n groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is. Die
middellyne van die baan strek vanaf die boonste en onderste hoeke naas die vlagpaal, sluit in die
middel van die vlag by mekaar aan, en strek daarvandaan horisontaal na die middel van die
wapperrand.
(4) Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom
is een vyftiende van die wydte van die vlag.
(5) Die driehoek naas die vlagpaal is swart.
(6) Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie
bane is elk een derde van die wydte van die vlag.
BYLAE 2
Ampsede en Plegtige Verklarings
Ampseed of plegtige verklaring van President en Waarnemende President
1. Die President of Waarnemende President moet voor die President van die Konstitusionele
Hof 'n eed afl/plegtig verklaar, soos volg:
In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die ho roeping
wat ek as President/Waarnemende President van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer
ek, A.B./verklaar ek, A.B., plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die
Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig, onderhou en handhaaf;
en belowe ek plegtig en opreg dat ek te alle tye -
s sal bevorder wat tot die voordeel van die Republiek is en sal afweer wat die Republiek kan
skaad;
s die regte van alle Suid-Afrikaners sal beskerm en bevorder;
s my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermo en getrou aan die stem
van my gewete sal verrig;
s aan almal reg sal laat geskied; en
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
Ampseed of plegtige verklaring van Adjunkpresident
2. Die Adjunkpresident moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed
afl/plegtig verklaar, soos volg:
In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die ho roeping
wat ek as Adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./ verklaar
ek, A.B., plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die ander reg
van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig, onderhou en handhaaf; en belowe ek plegtig en
opreg dat ek te alle tye -
s sal bevorder wat tot die voordeel van die Republiek is en sal afweer wat die Republiek kan
skaad;
s 'n opregte en getroue raadgewer sal wees;
s my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermo en getrou aan die stem
van my gewete sal verrig;
s aan almal reg sal laat geskied; en
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
Ampseed of plegtige verklaring van Ministers en Adjunkministers
3. Elke Minister en Adjunkminister moet voor die President van die Konstitusionele Hof of
'n ander regter deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys, 'n eed afl/plegtig
verklaar, soos volg:
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die
Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek
belowe om my amp as Minister/Adjunkminister met eer en waardigheid te beklee; 'n opregte en
getroue raadgewer te wees; geen sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks
of onregstreeks te openbaar nie; en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste
vermo uit te voer.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
Ampseed of plegtige verklaring van lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na
die Nasionale Raad van Provinsies en lede van die provinsiale wetgewers
4. (1) Lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad
van Provinsies en lede van provinsiale wetgewers moet voor die President van die Konstitusionele
Hof of 'n regter deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys, 'n eed afl/plegtig
verklaar, soos volg:
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die
Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek
belowe plegtig om my funksies as lid van die Nasionale Vergadering/vaste afgevaardigde na die
Nasionale Raad van Provinsies/lid van die wetgewer van die provinsie C.D. na my beste vermo
uit te voer.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
(2) Persone wat 'n vakature in die Nasionale Vergadering, 'n vaste afvaardiging na die
Nasionale Raad van Provinsies of 'n provinsiale wetgewer vul, kan ingevolge subitem (1) voor
die voorsittende beampte van die Vergadering, Raad of wetgewer, na gelang van die geval, 'n eed
of plegtige verklaring afl.
Ampseed of plegtige verklaring van Premiers, Waarnemende Premiers en lede van provinsiale
Uitvoerende Rade
5. Die Premier of Waarnemende Premier van 'n provinsie, en elke lid van die Uitvoerende
Raad van 'n provinsie, moet voor die President van die Konstitusionele Hof of 'n regter deur die
President van die Konstitusionele Hof aangewys, 'n eed afl/plegtig verklaar, soos volg:
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die
Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek
belowe om my amp as Premier/ Waarnemende Premier/lid van die Uitvoerende Raad van die
provinsie C.D. met eer en waardigheid te beklee; 'n opregte en getroue raadgewer te wees; geen
sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks of onregstreeks te openbaar nie;
en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste vermo uit te voer.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
Ampseed of plegtige verklaring van Regterlike Beamptes
6. (1) Elke regter of waarnemende regter moet voor die Hoofregter van die Hoogste Hof
van Appl of 'n ander regter deur die Hoofregter aangewys, 'n eed afl/plegtig verklaar, soos
volg:
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou, as 'n Regter van die Konstitusionele Hof/Hoogste
Hof van Appl/Ho Hof/E.F.-hof, aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en
die menseregte wat daarin verskans is, sal handhaaf en beskerm; en aan alle persone op gelyke
voet reg sal laat geskied sonder vrees, begunstiging of vooroordeel, ooreenkomstig die Grondwet
en die reg.
(In die geval van 'n eed: So help my God.)
(2) Iemand wat in die amp van Hoofregter van die Hoogste Hof van Appl aangestel is en wat
ten tyde van daardie aanstelling nie reeds 'n regter is nie, moet voor die President van die
Konstitusionele Hof 'n eed of plegtige verklaring afl.
(3) Regterlike beamptes en waarnemende regterlike beamptes, buiten regters, moet ingevolge
nasionale wetgewing 'n eed/plegtige verklaring afl.
BYLAE 3
VERKIESINGSPROSEDURES
Deel A
Verkiesingsprosedures
vir Grondwetlike Ampsdraers
Toepassing
1. Die prosedure in hierdie Bylae uiteengesit, is van toepassing wanneer ook al -
(a) die Nasionale Vergadering vergader om die President, of die Speaker of Adjunkspeaker
van die Vergadering, te verkies;
(b) die Nasionale Raad van Provinsies vergader om sy Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter te
verkies; of
(c) 'n provinsiale wetgewer vergader om die Premier van die Provinsie of die Speaker of
Adjunkspeaker van die wetgewer te verkies.
Nominasies
2. Die persoon wat voorsit op 'n vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet
op die vergadering vir die nominasie van kandidate vra.
Formele vereistes
3. (1) 'n Nominasie moet voorgel word op die vorm wat voorgeskryf word deur die
rels in item 9 vermeld.
(2) Die vorm waarop 'n nominasie voorgel word, moet geteken wees -
(a) deur twee lede van die Nasionale Vergadering, indien die President, of die Speaker of
Adjunkspeaker van die Vergadering, verkies moet word;
(b) namens twee provinsiale afvaardigings, indien die Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter van
die Nasionale Raad van Provinsies verkies moet word; of
(c) deur twee lede van die betrokke provinsiale wetgewer, indien die Premier van die
provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer verkies moet word.
(3) 'n Persoon wat genomineer word, moet aanname van die nominasie te kenne gee deur f
die nominasievorm f enige ander vorm van skriftelike bevestiging te teken.
Aankondiging van name van kandidate
4. Op 'n vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet die voorsittende persoon
die name aankondig van die persone wat as kandidate genomineer is, maar mag die voorsittende
persoon geen debat toelaat nie.
Enkele kandidaat
5. Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsittende persoon verklaar dat
daardie kandidaat verkies is.
Verkiesingsprosedure
6. Indien meer as een kandidaat genomineer word -
(a) moet daar by wyse van geheime stemming op die vergadering gestem word;
(b) mag elke lid wat op die vergadering teenwoordig is, of indien dit 'n vergadering van die
Nasionale Raad van Provinsies is, elke provinsie wat op die vergadering verteenwoordig is, een
stem uitbring; en
(c) moet die voorsittende persoon die kandidaat wat 'n meerderheid van die stemme kry,
verkies verklaar.
Uitskakelingsprosedure
7. (1) Indien geen kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry nie, word die kandidaat
wat die laagste getal stemme gekry het, uitgeskakel en moet 'n verdere stemming oor die
oorblywende kandidate ooreenkomstig item 6 plaasvind. Hierdie prosedure moet herhaal word
totdat 'n kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry.
(2) Indien, by die toepassing van subitem (1), twee of meer kandidate die laagste getal stemme
kry, moet 'n aparte stemming oor daardie kandidate gehou word, en so dikwels nodig herhaal
word, om te bepaal watter kandidaat uitgeskakel moet word,
Verdere vergaderings
8. (1) Indien slegs twee kandidate genomineer word, of indien slegs twee kandidate
oorbly nadat 'n uitskakelingsprosedure toegepas is, en daardie twee kandidate dieselfde getal
stemme kry, moet 'n verdere vergadering binne sewe dae gehou word op 'n tyd wat deur die
voorsittende persoon bepaal word.
(2) Indien 'n verdere vergadering ingevolge subitem (1) gehou word, moet die prosedure in
hierdie Bylae voorgeskryf by daardie vergadering toegepas word asof dit die eerste vergadering
vir die betrokke verkiesing is.
Rels
9. (1) Die President van die Konstitusionele Hof moet rels maak waardeur voorgeskryf
word -
(a) die prosedure vir vergaderings waarop hierdie Bylae van toepassing is;
(b) die pligte van 'n persoon wat op 'n vergadering voorsit, en van enige persoon wat die
voorsittende persoon bystaan;
(c) die vorm waarop nominasies voorgel moet word; en
(d) die wyse waarop die stemming moet geskied.
(2) Hierdie rels moet bekend gemaak word op die wyse wat die President van die
Konstitusionele Hof bepaal.
Deel B
Formule om Partydeelname aan Provinsiale Afvaardigings na die Nasionale Raad van Provinsies
te bepaal
1. Die getal afgevaardigdes in 'n provinsiale afvaardiging na die Nasionale Raad van
Provinsies waarop 'n party geregtig is, word bepaal deur die getal setels wat die party in die
provinsiale wetgewer het met tien te vermenigvuldig en die resultaat te deel deur die getal setels
in die wetgewer, plus een.
2. Indien 'n berekening ingevolge item 1 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur
die afgevaardigdes wat ingevolge daardie item aan 'n party toegewys word nie, moet die surplus
meeding met soortgelyke surplusse wat enige ander party of partye toekom, en enige
afgevaardigdes in die afvaardiging wat nie toegeken is nie, moet aan die party of partye in
volgorde van die hoogste surplus toegeken word.
BYLAE 4
Funksionele Gebiede van Konkurrente Nasionale en Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Deel A
Administrasie van inheemse woude
Behuising
Besoedelingsbeheer
Bevolkingsontwikkeling
Casino's, wedrenne, dobbelary en weddenskappe, uitgesonderd loterye en sportloterye
Dierebeheer en -siektes
Eiendomsoordraggelde
Gesondheidsdienste
Grondbewaring
Handel
Inheemse reg en gewoontereg, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet
Kultuur-aangeleenthede
Landbou
Lughawens, behalwe internasionale en nasionale lughawens
Mediadienste regstreeks deur die provinsiale regering beheer of voorsien, behoudens artikel 192
Natuurbewaring, uitgesonderd nasionale parke, nasionale botaniese tuine en mariene bronne
Nywerheidsbevordering
Omgewing
Onderwys op alle vlakke, uitgesonderd tersire onderwys
Openbare vervoer
Openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van provinsiale regeringsdepartemente vir die
nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander
wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer
Polisie in die mate waarin die bepalings van Hoofstuk 11 van die Grondwet wetgewende
bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen
Provinsiale openbare ondernemings ten opsigte van die funksionele gebiede in hierdie Bylae en
Bylae 5
Rampbestuur
Reling van padverkeer
Stedelike en landelike ontwikkeling
Streeksbeplanning en -ontwikkeling
Taalbeleid en die rel van amptelike tale in die mate waarin die bepalings van artikel 6 van die
Grondwet uitdruklik wetgewende bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen
Toerisme
Tradisionele leierskap, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet
Verbruikersbeskerming
Voertuiglisensiring
Welsynsdienste
Deel B
Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) uiteengesit:
Bouregulasies
Brandbestrydingsdienste
Elektrisiteits- en gasvoorsieningstelsels
Handelsregulasies
Kindersorggeriewe
Lugbesoedeling
Munisipale beplanning
Munisipale gesondheidsdienste
Munisipale lughawens
Munisipale openbare vervoer
Munisipale openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van munisipaliteite vir die
nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander
wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer
Plaaslike toerisme
Ponte, veerbote, hawehoofde, piere en hawens, uitgesonderd die reling van internasionale en
nasionale skeepvaart en verwante aangeleenthede
Vloedwaterbestuurstelsels in beboude gebiede
Water- en sanitasiedienste, beperk tot stelsels vir die voorsiening van drinkbare water en die
wegdoen van huishoudelike afvalwater en rioolvuil
BYLAE 5
Funksionele Gebiede van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Deel A
Abattoirs
Ambulansdienste
Argiewe, behalwe nasionale argiewe
Biblioteke, behalwe nasionale biblioteke
Dranklisensies
Museums, behalwe nasionale museums
Provinsiale beplanning
Provinsiale kultuur-aangeleenthede
Provinsiale ontspanning en geriewe
Provinsiale paaie en verkeer
Provinsiale sport
Veeartsenykundige dienste, uitgesonderd die reling van die beroep
Deel B
Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) vir
provinsies uiteengesit:
Begraafplase, lykdienslokale en krematoriums
Beheer oor ondernemings wat drank aan die publiek verkoop
Beheer oor openbare steurnisse
Geraasbesoedeling
Geriewe vir die huisvesting, versorging en begrawe van diere
Lisensiring van en beheer oor ondernemings wat voedsel aan die publiek verkoop
Lisensiring van honde
Markte
Munisipale abattoirs
Munisipale paaie
Munisipale parke en ontspanning
Omheinings en heinings
Openbare plekke
Plaaslike geriewe
Plaaslike sportgeriewe
Reiniging
Reklameborde en die vertoon van advertensies op openbare plekke
Skutte
Staatbeligting
Straathandel
Strande en vermaaklikheidsgeriewe
Verkeer en parkering
Vullisverwydering, vullishope en die wegdoen van vaste afvalstowwe
BYLAE 6
Oorgangsrelings
Woordomskrywing
1. In hierdie Bylae, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -
"nuwe Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
"oubedeling-wetgewing" wetgewing verorden voordat die vorige Grondwet in werking getree het;
"tuisland" 'n deel van die Republiek waarmee, voordat die vorige Grondwet in werking getree
het, in Suid-Afrikaanse wetgewing gehandel is as 'n onafhanklike of selfregerende gebied;
"vorige Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993).
Voortbestaan van bestaande regvoorskrifte
2. (1) Alle regsvoorskrifte wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree
het, bly van krag behoudens -
(a) enige wysiging of herroeping; en
(b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
(2) Oubedeling-wetgewing wat ingevolge subitem (1) van krag bly -
(a) het nie 'n wyer toepassing, hetsy gebiedsgewyse of andersins, as wat dit gehad het voordat
die vorige Grondwet in werking getree het nie, tensy dit daarna gewysig is om 'n wyer toepassing
te h; en
(b) word, behoudens die nuwe Grondwet, steeds geadministreer deur die gesag wat dit
geadministreer het toe die nuwe Grondwet in werking getree het.
Uitleg van bestaande wetgewing
3. (1) Tensy uit die samehang anders blyk of klaarblyklik onvanpas, word 'n verwysing
in enige wetgewing wat bestaan het toe die nuwe Grondwet in werking getree het -
(a) na die Republiek van Suid-Afrika of 'n tuisland (behalwe wanneer dit na 'n grondgebied
verwys), uitgel as 'n verwysing na die Republiek van Suid-Afrika kragtens die nuwe Grondwet;
(b) na die Parlement, die Nasionale Vergadering of die Senaat, uitgel as 'n verwysing na die
Parlement, die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies kragtens die nuwe
Grondwet;
(c) na die President, 'n Uitvoerende Adjunkpresident, 'n Minister, 'n Adjunkminister of die
Kabinet, behoudens item 9 van hierdie Bylae uitgel as 'n verwysing na die President, die
Adjunkpresident, 'n Minister, 'n Adjunkminister of die Kabinet kragtens die nuwe Grondwet;
(d) na die President van die Senaat, uitgel as 'n verwysing na die voorsitter van die Nasionale
Raad van Provinsies;
(e) na 'n provinsiale wetgewer, Premier, Uitvoerende Raad of lid van 'n Uitvoerende Raad
van 'n provinsie, behoudens item 12 van hierdie Bylae uitgel as 'n verwysing na 'n provinsiale
wetgewer, Premier, Uitvoerende Raad of lid van 'n Uitvoerende Raad kragtens die nuwe
Grondwet; of
(f) na 'n amptelike taal of tale, uitgel as 'n verwysing na enige van die amptelike tale
kragtens die nuwe Grondwet.
(2) Tensy uit die samehang anders blyk of klaarblyklik onvanpas, word 'n verwysing in enige
oorblywende oubedeling-wetgewing -
(a) na 'n Parlement, 'n Huis van 'n Parlement of 'n wetgewende vergadering of liggaam van
die Republiek of van 'n tuisland, uitgel as 'n verwysing na -
(i) die Parlement kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie
wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan die nasionale uitvoerende gesag
toegewys of opgedra is; of
(ii) die provinsiale wetgewer van 'n provinsie, indien die administrasie van daardie wetgewing
ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan 'n provinsiale uitvoerende gesag toegewys
of opgedra is; of
(b) na 'n Staatspresident, Hoofminister, Administrateur of ander hoof- uitvoerende beampte,
Kabinet, Ministersraad of uitvoerende raad van die Republiek of van 'n tuisland, uitgel as 'n
verwysing na -
(i) die President kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie wetgewing
ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan die nasionale uitvoerende gesag toegewys of
opgedra is; of
(ii) die Premier van 'n provinsie kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van
daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan 'n provinsiale uitvoerende
gesag toegewys of opgedra is.
Nasionale Vergadering
4. (1) Enigiemand wat 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering was toe die
nuwe Grondwet in werking getree het, word 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering
kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp as lid of ampsdraer ingevolge die nuwe
Grondwet.
(2) Die Nasionale Vergadering soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as
verkies te wees kragtens die nuwe Grondwet vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk.
(3) Vir die duur van die Nasionale Vergadering se termyn wat behoudens artikel 49(4) van
die nuwe Grondwet op 30 April 1999 verstryk, bestaan die Vergadering uit 400 lede.
(4) Die rels en orders van die Nasionale Vergadering wat van krag was toe die nuwe
Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.
Onafgehandelde werk voor Parlement
5. (1) Daar word met enige onafgehandelde werk voor die Nasionale Vergadering
wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, ingevolge die nuwe Grondwet voortgegaan.
(2) Enige onafgehandelde werk voor die Senaat wanneer die nuwe Grondwet in werking tree,
moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word, en die Raad moet ingevolge die nuwe
Grondwet met daardie werk voortgaan.
Verkiesing van Nasionale Vergadering
6. (1) Geen verkiesing van die Nasionale Vergadering mag voor 30 April 1999 gehou
word nie tensy die Vergadering ontbind word ingevolge artikel 50(2) na 'n voorstel van wantroue
in die President ingevolge artikel 102(2) van die nuwe Grondwet.
(2) Artikel 50(1) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot 30 April 1999.
(3) Ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, is Bylae 2 by daardie Grondwet, soos
gewysig deur Aanhangsel A by hierdie Bylae, van toepassing -
(a) op die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet;
(b) op die verlies van lidmaatskap van die Vergadering in ander omstandighede as di
waarvoor in artikel 47(3) van die nuwe Grondwet voorsiening gemaak word; en
(c) op die vul van vakatures in die Vergadering, en die aanvulling, hersiening en aanwending
van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die Vergadering kragtens
die nuwe Grondwet.
(4) Artikel 47(4) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot die tweede verkiesing van die
Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet.
Nasionale Raad van Provinsies
7. (1) Vir die tydperk wat onmiddellik voor die eerste sitting van 'n provinsiale wetgewer
gehou na sy eerste verkiesing kragtens die nuwe Grondwet eindig -
(a) moet die verhouding van partyverteenwoordiging in die provinsie se afvaardiging na die
Nasionale Raad van Provinsies dieselfde wees as die verhouding waarin die provinsie se 10
senatore ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet benoem is; en
(b) is die toekenning van vaste afgevaardigdes en spesiale afgevaardigdes aan die partye wat
in die provinsiale wetgewer verteenwoordig is, soos volg:
PROVINSIE VASTE SPESIALE
AFGEVAARDIGDES AFGEVAARDIGDES
1. Oos-Kaap ANC 5 ANC 4
NP 1
2. Vrystaat ANC 4 ANC 4
NP 1
VF 1
3. Gauteng ANC 3 ANC 3
DP 1
NP 1 NP 1
VF 1
4. KwaZulu-Natal ANC 1 ANC 2
DP 1
IVP 3 IVP 2
NP 1
5. Mpumalanga ANC 4 ANC 4
NP 1
VF 1
6. Noord-Kaap ANC 3 ANC 2
NP 2 NP 2
VF 1
7. Noordelike Provinsie ANC 6 ANC 4
8. Noordwes ANC 4 ANC 4
NP 1
VF 1
9. Wes-Kaap ANC 2 ANC 1
DP 1
NP 3 NP 3
(2) 'n Party wat in 'n provinsiale wetgewer verteenwoordig is -
(a) moet sy vaste afgevaardigdes benoem uit die persone wat senatore was toe die nuwe
Grondwet in werking getree het en wat beskikbaar is om as vaste afgevaardigdes te dien; en
(b) kan ander persone as vaste afgevaardigdes benoem slegs indien daar geen of 'n
onvoldoende getal van sy voormalige senatore beskikbaar is.
(3) 'n Provinsiale wetgewer moet sy vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die benoemings van
die partye aanstel.
(4) Subitems (2) en (3) is van toepassing slegs op die eerste aanstelling van vaste
afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies.
(5) Artikel 62(1) van die nuwe Grondwet is nie van toepassing op die benoeming en
aanstelling van voormalige senatore as vaste afgevaardigdes ingevolge hierdie item nie.
(6) Die rels en orders van die Senaat wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking
getree het, moet ten opsigte van die werk van die Nasionale Raad toegepas word in die mate
waarin dit toegepas kan word, behoudens enige wysiging of herroeping.
Voormalige senatore
8. (1) 'n Voormalige senator wat nie as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad
van Provinsies aangestel word nie, is geregtig om 'n ten volle stemgeregtigde lid te word van die
wetgewer van die provinsie waaruit daardie persoon ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet
as 'n senator benoem is.
(2) Indien 'n voormalige senator kies om nie 'n lid van 'n provinsiale wetgewer te word nie,
word daar beskou dat daardie persoon as senator bedank het op die dag voordat die nuwe
Grondwet in werking getree het.
(3) Die salaris, toelaes en voordele van 'n voormalige senator wat as 'n vaste afgevaardigde
of as 'n lid van 'n provinsiale wetgewer aangestel is, mag nie slegs vanwe daardie aanstelling
verminder word nie.
Nasionale uitvoerende gesag
9. (1) Enigiemand wat kragtens die vorige Grondwet die President, 'n Uitvoerende
Adjunkpresident, 'n Minister of 'n Adjunkminister was toe die nuwe Grondwet in werking getree
het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet, maar behoudens subitem (2).
(2) Tot 30 April 1999 word artikels 84, 89, 90, 91, 93 en 96 van die nuwe Grondwet geag
te lui soos in Aanhangsel B by hierdie Bylae uiteengesit.
(3) Subitem (2) belet nie 'n Minister wat 'n senator was toe die nuwe Grondwet in werking
getree het, om aan te bly nie as 'n Minister genoem in artikel 91(1)(a) van die nuwe Grondwet,
soos di artikel in Aanhangsel B lui.
Provinsiale wetgewers
10. (1) Enigiemand wat 'n lid of ampsdraer van 'n provinsie se wetgewer was toe die
nuwe Grondwet in werking getree het, word 'n lid of ampsdraer van die wetgewer vir daardie
provinsie kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp van lid of ampsdraer ingevolge die
nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word.
(2) 'n Provinsiale wetgewer soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as kragtens
die nuwe Grondwet verkies te wees vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk.
(3) Vir die duur van sy termyn wat op 30 April 1999 verstryk, en behoudens artikel 108(4),
bestaan 'n provinsiale wetgewer uit die getal lede kragtens die vorige Grondwet vir daardie
wetgewer bepaal sowel as die getal voormalige senatore wat ingevolge item 8 van hierdie Bylae
lede van die wetgewer geword het.
(4) Die rels en orders van 'n provinsiale wetgewer wat van krag was toe die nuwe Grondwet
in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.
Verkiesings van provinsiale wetgewers
11. (1) Ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, is Bylae 2 by daardie Grondwet,
soos gewysig deur Aanhangsel A by hierdie Bylae, van toepassing -
(a) op die eerste verkiesing van 'n provinsiale wetgewer kragtens die nuwe Grondwet;
(b) op die verlies van lidmaatskap van 'n wetgewer in ander omstandighede as di waarvoor
in artikel 106(3) van die nuwe Grondwet voorsiening gemaak word; en
(c) op die vul van vakatures in 'n wetgewer, en die aanvulling, hersiening en aanwending van
partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe
Grondwet.
(2) Artikel 106(4) van die nuwe Grondwet word ten opsigte van 'n provinsiale wetgewer
opgeskort tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet.
Provinsiale uitvoerende gesagte
12. (1) Enigiemand wat die Premier of 'n lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie
was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die
nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word, maar behoudens subitem
(2).
(2) Totdat die Premier wat na die eerste verkiesing van 'n provinsie se wetgewer kragtens die
nuwe Grondwet verkies word die amp aanvaar, of die provinsie sy grondwet verorden, wat ook
al eerste plaasvind, word artikels 132 en 136 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in
Aanhangsel C by hierdie Bylae uiteengesit.
Provinsiale grondwette
13. 'n Provinsiale grondwet wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree
het, moet aan artikel 143 van die nuwe Grondwet voldoen.
Opdra van wetgewing aan provinsies
14. (1) Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in
Bylae 4 of 5 by die nuwe Grondwet vermeld en wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree
het, deur 'n gesag binne die nasionale uitvoerende gesag geadministreer is, kan deur die President
by proklamasie opgedra word aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag wat deur die
Uitvoerende Raad van die provinsie aangewys word.
(2) In die mate waarin dit vir die doeltreffende uitvoering van 'n opdrag van wetgewing
kragtens subitem (1) nodig is, kan die President by proklamasie -
(a) die wetgewing wysig of aanpas om die uitleg of toepassing daarvan te rel;
(b) waar die opdrag nie op 'n stuk wetgewing as geheel van toepassing is nie, daardie
bepalings daarvan waarop die opdrag van toepassing is of in die mate waarin die opdrag daarop
van toepassing is, met of sonder enige wysigings of aanpassings in paragraaf (a) bedoel, herroep
en herverorden; of
(c) enige ander aangeleentheid rel wat as gevolg van die opdrag nodig is, met inbegrip van
die oorplasing of afstaan van personeel, of die oordrag van bates, laste, regte en verpligtinge, na
of van die nasionale of 'n provinsiale uitvoerende gesag of 'n staatsdepartement, administrasie,
veiligheidsdiens of ander instelling.
(3) (a) 'n Afskrif van elke proklamasie wat ingevolge subitem (1) of (2) uitgereik is, moet
binne 10 dae na die publisering van die proklamasie aan die Nasionale Vergadering en die
Nasionale Raad van Provinsies voorgel word.
(b) Indien sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad die proklamasie of 'n
bepaling daarvan by besluit afkeur, verval die proklamasie of bepaling, maar dit raak nie -
(i) die geldigheid van enigiets wat ingevolge die proklamasie of bepaling gedoen is voordat
dit verval het nie; of
(ii) 'n reg of voorreg verkry of verpligting of aanspreeklikheid opgeloop voordat dit verval
het nie.
(4) Wanneer wetgewing kragtens subitem (1) opgedra word, word 'n verwysing in die
wetgewing na 'n gesag wat dit administreer, uitgel as 'n verwysing na die gesag aan wie dit
opgedra is.
(5) 'n Opdrag van wetgewing kragtens artikel 235(8) van die vorige Grondwet, met inbegrip
van 'n wysiging, aanpassing of herroeping en herverordening van enige wetgewing en enige ander
stappe wat kragtens daardie artikel gedoen is, moet beskou word as kragtens hierdie item gedoen
te gewees het.
Bestaande wetgewing buite die Parlement se wetgewende bevoegdheid
15. (1) 'n Gesag binne die nasionale uitvoerende gesag wat, wanneer die nuwe Grondwet
in werking tree, enige wetgewing administreer wat buite die Parlement se wetgewende
bevoegdheid val, bly bevoeg om daardie wetgewing te administreer totdat dit ingevolge item 14
van hierdie Bylae aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag opgedra word.
(2) Subitem (1) verval twee jaar nadat die nuwe Grondwet in werking getree het.
Howe
16. (1) Elke hof, met inbegrip van howe van tradisionele leiers, wat bestaan het toe die
nuwe Grondwet in werking getree het, gaan voort om te funksioneer en om jurisdiksie uit te oefen
ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp van regterlike
beampte beklee, gaan voort om die amp te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp
van toepassing is, behoudens -
(a) enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en
(b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
(2) (a) Die Konstitusionele Hof wat deur die vorige Grondwet ingestel is, word die
Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet.
(b) Enigiemand wat die amp van President, Adjunkpresident of regter van die Konstitusionele
Hof beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die President, die Adjunkpresident
of 'n regter van die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet, en behou die amp vir die
onverstreke gedeelte van hul termyne soos deur artikel 176(1) van die nuwe Grondwet bepaal.
(3) (a) Die Applafdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika word die Hoogste Hof
van Appl kragtens die nuwe Grondwet.
(b) Enigiemand wat die amp van Hoofregter, Adjunkhoofregter of regter van die
Applafdeling beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die Hoofregter, die
Adjunkhoofregter of 'n regter van die Hoogste Hof van Appl kragtens die nuwe Grondwet.
(4) (a) 'n Provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n
hooggeregshof van 'n tuisland of 'n algemene afdeling van so 'n hof, word 'n Ho Hof kragtens
die nuwe Grondwet sonder verandering van sy regsgebied, behoudens enige rasionalisering in
subitem (6) beoog.
(b) Enigiemand wat die amp van Regterpresident, Adjunkregterpresident of regter van 'n hof
in paragraaf (a) genoem, beklee of geag word dit te beklee wanneer die nuwe Grondwet in
werking tree, word die Regterpresident, die Adjunkregterpresident of 'n regter van so 'n hof
kragtens die nuwe Grondwet, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog.
(5) Tensy uit die samehang anders blyk of klaarblyklik onvanpas, word 'n verwysing in enige
wetgewing of proses na -
(a) die Konstitusionele Hof kragtens die vorige Grondwet, uitgel as 'n verwysing na die
Konstitutisonele Hof kragtens die nuwe Grondwet;
(b) die Applafdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, uitgel as 'n verwysing na die
Hoogste Hof van Appl; en
(c) 'n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n
hooggeregshof van 'n tuisland of algemene afdeling van so 'n hof, uitgel as 'n verwysing na 'n
Ho Hof.
(6) (a) Sodra dit doenlik is nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet alle
howe, asook hulle struktuur, samestelling, funksionering en jurisdiksie, en alle tersaaklike
wetgewing, gerasionaliseer word met die oog daarop om 'n regstelsel in te stel wat aan die
voorskrifte van die nuwe Grondwet voldoen.
(b) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende na oorleg met die
Regterlike Dienskommissie, moet die rasionalisering beoog in paragraaf (a), bestuur.
Sake hangende voor howe
17. Alle verrigtinge wat voor 'n hof hangende is wanneer die nuwe Grondwet in werking tree,
moet afgehandel word asof die nuwe Grondwet nie verorden is nie, tensy die belang van
geregtigheid anders vereis.
Vervolgingsgesag
18. (1) Artikel 108 van die vorige Grondwet bly van krag totdat die Parlementswet beoog
in artikel 179 van die nuwe Grondwet in werking tree. Hierdie subitem raak nie die aanstelling van
die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings ingevolge artikel 179 nie.
(2) 'n Prokureur-generaal wat die amp beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree,
bly funksioneer ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens
subitem (1).
Ede en plegtige verklarings
19. 'n Persoon wat ingevolge hierdie Bylae in 'n amp aanbly en wat kragtens die vorige
Grondwet 'n ampseed of 'n plegtige verklaring afgel het, is nie verplig om die ampseed of
plegtige verklaring kragtens die nuwe Grondwet te herhaal nie.
Ander grondwetlike instellings
20. (1) In hierdie item beteken "grondwetlike instelling" -
(a) die Openbare Beskermer;
(b) die Menseregtekommissie;
(c) die Kommissie op Geslagsgelykheid;
(d) die Ouditeur-generaal;
(e) die Suid-Afrikaanse Reserwebank;
(f) die Finansile en Fiskale Kommissie;
(g) die Regterlike Dienskommissie; of
(h) die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.
(2) 'n Grondwetlike instelling wat ingevolge die vorige Grondwet ingestel is, gaan voort om
te funksioneer ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp
van kommissielid, lid van die raad van die Reserwebank of die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad,
Openbare Beskermer of Ouditeur-generaal beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree,
gaan voort om die amp te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is,
behoudens -
(a) enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en
(b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
(3) Artikels 199(1), 200(1), (3) en (5) tot (11) en 201 tot 206 van die vorige Grondwet bly
van krag totdat dit herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe
Grondwet aangeneem word.
(4) Die lede van die Regterlike Dienskommissie genoem in artikel 105(1)(h) van die vorige
Grondwet hou op om lede van die Kommissie te wees wanneer die lede genoem in artikel
178(1)(i) van die nuwe Grondwet aangestel word.
(5) (a) Die Volkstaatraad ingestel ingevolge die vorige Grondwet gaan voort om te
funksioneer ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp
van lid van die Raad beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, gaan voort om die amp
te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens -
(i) enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en
(ii) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
(b) Artikels 184A en 184B(1)(a), (b) en (d) van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit
herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem
word.
Verordening van wetgewing deur nuwe Grondwet vereis
21. (1) Waar die nuwe Grondwet die verordening van nasionale of provinsiale wetgewing
vereis, moet daardie wetgewing binne 'n redelike tydperk vanaf die datum waarop die nuwe
Grondwet in werking getree het deur die tersaaklike gesag verorden word.
(2) Artikel 198(b) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voordat die wetgewing
beoog in daardie artikel verorden is nie.
(3) Artikel 199(3)(a) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voor die verstryking
van drie maande nadat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie.
(4) Nasionale wetgewing beoog in artikel 217(3) van die nuwe Grondwet moet verorden
word binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, maar die
afwesigheid van hierdie wetgewing gedurende hierdie tydperk belet nie die inwerkingstelling van
die beleid in artikel 217(2) bedoel nie.
(5) Totdat die Parlementswet genoem in artikel 65(2) van die nuwe Grondwet verorden word,
kan elke provinsiale wetgewer sy eie prosedure bepaal waarvolgens magtiging aan sy afvaardiging
verleen word om namens hom stemme in die Nasionale Raad van Provinsies uit te bring.
(6) Totdat die wetgewing beoog in artikel 229(1)(b) van die nuwe Grondwet verorden word,
bly 'n munisipaliteit bevoeg om enige belasting, heffing of reg op te l wat hy gemagtig was om
op te l toe die Grondwet in werking getree het.
Nasionale eenheid en versoening
22. Ondanks die ander bepalings van die nuwe Grondwet en ondanks die herroeping van die
vorige Grondwet, word al die bepalings met betrekking tot amnestie wat in die vorige Grondwet
onder die opskrif "Nasionale Eenheid en Versoening" vervat is, geag deel van die nuwe Grondwet
uit te maak vir die doeleindes van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en
Versoening, 1995 (Wet 34 van 1995), soos gewysig, asook vir die doeleindes van die geldigheid
daarvan.
Handves van Regte
23. (1) Nasionale wetgewing beoog in artikels 9(4), 32(2) en 33(3) van die nuwe
Grondwet moet binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het,
verorden word.
(2) Totdat die wetgewing beoog in artikels 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet verorden
word -
(a) word artikel 32(1) geag soos volg te lui:
"(1) Elke persoon het die reg op toegang tot alle inligting wat deur die staat of enige van sy
organe in enige regeringsfeer gehou word vir sover daardie inligting benodig word vir die
uitoefening of beskerming van enige van hul regte."; en
(b) word artikel 33(1) en (2) geag soos volg te lui:
"Elke persoon het die reg -
(a) op regsgeldige administratiewe optrede waar enige van hul regte of belange geraak of
bedreig word;
(b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van hul regte of regmatige
verwagtings geraak of bedreig word;
(c) om skriftelik voorsien te word van redes vir administratiewe optrede wat enige van hul
regte of belange raak, tensy die redes vir daardie optrede openbaar gemaak is; en
(d) op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat
daarvoor gegee word, waar enige van hul regte geraak of bedreig word.".
(3) Artikels 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet verval indien die wetgewing wat in
daardie artikels onderskeidelik beoog word, nie binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe
Grondwet in werking getree het, verorden word nie.
Staatsadministrasie en veiligheidsdienste
24. (1) Artikels 82(4)(b), 215, 218(1), 219(1), 224 tot 228, 236(1), (2), (3), (6), (7)(b)
en (8), 237(1) en (2)(a) en 239(4) en (5) van die vorige Grondwet bly van krag asof die vorige
Grondwet nie herroep is nie, behoudens -
(a) die wysigings aan daardie artikels soos in Aanhangsel D uiteengesit;
(b) enige verdere wysiging of enige herroeping van daardie artikels deur 'n Parlementswet wat
ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem is; en
(c) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
(2) Die Staatsdienskommissie en die provinsiale dienskommissies bedoel in Hoofstuk 13 van
die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge daardie Hoofstuk en die wetgewing
wat daarop van toepassing is asof daardie Hoofstuk nie herroep is nie, totdat die Kommissie en
die provinsiale dienskommissies by Parlementswet ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet
aangeneem, afgeskaf word.
(3) Die herroeping van die vorige Grondwet raak nie enige proklamasie wat kragtens artikel
237(3) van die vorige Grondwet uitgereik is nie, en so 'n proklamasie bly van krag, behoudens
-
(a) enige wysiging of herroeping; en
(b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
Bykomende onbevoegdheid vir wetgewers
25. (1) Enigiemand wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, besig was om 'n
vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete in die Republiek uit
te dien, is onbevoeg om 'n lid van die Nasionale Vergadering of 'n provinsiale wetgewer te word.
(2) Die onbevoegdheid van 'n persoon ingevolge subitem (1) -
(a) verval indien die skuldigbevinding op appl tersyde gestel word, of die vonnis op appl
verminder word tot 'n vonnis wat daardie persoon nie onbevoeg maak nie; en
(b) eindig vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
Plaaslike regering
26. (1) Ondanks die bepalings van artikels 151, 155, 156 en 157 van die nuwe Grondwet
-
(a) bly die bepalings van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993),
soos dit van tyd tot tyd gewysig mag word deur nasionale wetgewing wat met die nuwe
Grondwet bestaanbaar is, van krag tot 30 April 1999 of totdat dit herroep word, watter ook al
die vroegste is; en
(b) is 'n tradisionele leier van 'n gemeenskap wat 'n stelsel van inheemse reg naleef en woon
op grond binne die gebied van 'n plaaslike oorgangsraad, landelike oorgangsraad of
verteenwoordigende oorgangsraad in die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, genoem en
wat gedentifiseer is soos in artikel 182 van die vorige Grondwet uiteengesit, ampshalwe daarop
geregtig om 'n lid van daardie raad te wees tot 30 April 1999 of totdat 'n Parlementswet anders
bepaal.
(2) Artikel 245(4) van die vorige Grondwet bly van krag totdat die toepassing van daardie
artikel verval. Artikel 16(5) en (6) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, mag nie
voor 30 April 1999 herroep word nie.
Veilige bewaring van Parlementswette en provinsiale Wette
27. Artikels 82 en 124 van die nuwe Grondwet raak nie die veilige bewaring van
Parlementswette of provinsiale Wette wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking
getree het nie.
Registrasie van onroerende eiendom van die staat
28. (1) By die voorlegging van 'n sertifikaat deur 'n bevoegde gesag dat onroerende
eiendom van die staat ingevolge artikel 239 van die vorige Grondwet in 'n bepaalde regering setel,
moet 'n registrateur van aktes die aantekeninge of endossemente in of op enige betrokke register,
transportakte of ander dokument aanbring ten einde daardie onroerende eiendom in die naam van
daardie regering te registreer.
(2) Geen belasting, gelde of ander vordering is ten opsigte van 'n registrasie ingevolge
subitem (1) betaalbaar nie.
AANHANGSEL A
Wysigings van Bylae 2 by die vorige Grondwet
1. Die vervanging van item 1 deur die volgende item:
"1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van die
Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op
kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.".
2. Die vervanging van item 2 deur die volgende item:
"2. Die setels in die Nasionale Vergadering soos ingevolge artikel 46 van die nuwe Grondwet
bepaal, word soos volg gevul:
(a) Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgel, met 'n vaste
getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing
van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens met
betrekking tot kiesers, en verto deur belanghebbende partye.
(b) Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgel, of
uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgel is nie.".
3. Die vervanging van item 3 deur die volgende item:
"3. Die kandidaatlyste wat deur 'n party voorgel word, moet gesamentlik die name van
hoogstens 'n getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke
sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.".
4. Die wysiging van item 5 deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende
woorde te vervang:
"5. Die setels bedoel in item 2(a) word per streek toegewys aan die partye wat aan 'n
verkiesing deelneem, soos volg:".
5. Die wysiging van item 6 -
(a) deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
"6. Die setels bedoel in item 2(b) word soos volg aan die partye wat aan 'n verkiesing
deelneem, toegewys:"; en
(b) deur paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(a) 'n Kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd
uitgebring is deur die getal setels in die Nasionale Vergadering plus een te deel, en die resultaat
plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel.".
6. Die wysiging van item 7(3) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(b) 'n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat
landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in
paragraaf (a) uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die
getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf (a) toegewys is.".
7. Die vervanging van item 10 deur die volgende item:
"10. Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die nuwe
Grondwet bepaal.".
8. Die vervanging van item 11 deur die volgende item:
"11. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van 'n
provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so 'n provinsiale wetgewer
benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel
is.".
9. Die vervanging van item 16 deur die volgende item:
"Aanwysing van verteenwoordigers
16. (1) Nadat die telling van stemme afgehandel is, die getal verteenwoordigers van elke
party bepaal is en die verkiesingsuitslag ingevolge artikel 190 van die nuwe Grondwet bekend
gemaak is, moet die Kommissie, binne twee dae na sodanige bekendmaking, uit elke kandidaatlys
wat ingevolge nasionale wetgewing gepubliseer is, die verteenwoordigers van elke party in die
wetgewende liggaam aanwys.
(2) In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem (1), indien 'n kandidaat se naam op
meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as 'n
provinsiale wetgewer verskyn (indien 'n verkiesing van die Vergadering en 'n provinsiale
wetgewer tegelyk plaasvind), en so 'n kandidaat geregtig is op aanwysing as 'n verteenwoordiger
in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgel het, binne twee dae na bedoelde
bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word
of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval
die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word.
(3) Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die
wetgewende liggaam of liggame publiseer.".
10. Die wysiging van item 18 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(b) 'n verteenwoordiger as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies
aangestel word;".
11. Die vervanging van item 19 deur die volgende item:
"19. Kandidaatlyste van 'n party bedoel in item 16(1) kan slegs by een geleentheid te eniger tyd
gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van
verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures
te vul: Met dien verstande dat so 'n aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.".
12. Die vervanging van item 23 deur die volgende item:
"Vakatures
23. (1) In die geval van 'n vakature in 'n wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van
toepassing is, vul die party wat die ontruimende lid benoem het die vakature deur 'n persoon te
benoem -
(a) wie se naam verskyn op die kandidaatlys waaruit die ontruimende lid oorspronklik benoem
is: en
(b) wat die volgende bevoegde en beskikbare persoon op die lys is.
(2) 'n Benoeming om 'n vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgel word.
(3) Indien 'n party wat in 'n wetgewende liggaam verteenwoordig is, ontbind of ophou om
te bestaan en die betrokke lede hul setels ontruim uit hoofde van items 23A(1), word die betrokke
setels aan die oorblywende partye toegewys mutatis mutandis asof daardie setels ingevolge item
7 of 14, na gelang van die geval, verbeur is.".
13. Die invoeging van die volgende item na item 23:
"Bykomende grond vir verlies van lidmaatskap van wetgewende liggame
23A. (1) 'n Persoon verbeur lidmaatskap van 'n wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae
van toepassing is indien daardie persoon ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie
persoon as 'n lid van die wetgewende liggaam benoem het.
(2) Ondanks subitem (1) kan 'n bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander.
(3) Binne 'n redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan 'n
Parlementswet ooreenkomstig artikel 76(1) van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie
item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir 'n lid van 'n
wetgewende liggaam wat ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie lid benoem het,
moontlik sal wees om lidmaatskap van di wetgewende liggaam te behou.
(4) 'n Parlementswet bedoel in subitem (3) kan ook voorsiening maak vir -
(a) 'n bestaande party om met 'n ander party saam te smelt; of
(b) 'n party om in meer as een party te onderverdeel.".
14. Die skrapping van item 24.
15. Die wysiging van item 25 -
(a) deur die omskrywing van "Kommissie" deur die volgende omskrywing te vervang:
" 'Kommissie' die Verkiesingskommissie bedoel in artikel 190 van die nuwe Grondwet;"; en
(b) deur die volgende omskrywing na die omskrywing van "nasionale lys" in te voeg:
" 'nuwe Grondwet' die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;".
16. Die skrapping van item 26.
AANHANGSEL B
Regering van Nasionale Eenheid:
Nasionale Sfeer
1. Artikel 84 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikel te
bevat:
"(3) Die President moet die Uitvoerende Adjunkpresidente raadpleeg -
(a) in die ontwikkeling en uitvoering van die beleid van die nasionale regering;
(b) in alle aangeleenthede met betrekking tot die bestuur van die Kabinet en die verrigting van
die werksaamhede van die Kabinet;
(c) in die toewysing van werksaamhede aan die Uitvoerende Adjunkpresidente;
(d) voordat die President enige aanstelling kragtens die Grondwet of enige wetgewing doen,
met inbegrip van die aanstelling van ambassadeurs of ander diplomatieke verteenwoordigers;
(e) voordat die President kommissies van ondersoek aanstel;
(f) voordat die President 'n referendum uitroep; en
(g) voordat die President oortreders begenadig of grasie aan hulle verleen.".
2. Artikel 89 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikel te
bevat:
"(3) Subartikels (1) en (2) is ook op 'n Uitvoerende Adjunkpresident van toepassing.".
3. Paragraaf (a) van artikel 90(1) van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui:
"(a) 'n Uitvoerende Adjunkpresident wat deur die President aangewys is;".
4. Artikel 91 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui:
"Kabinet
91. (1) Die Kabinet bestaan uit die President, die Uitvoerende Adjunkpresidente en -
(a) hoogstens 27 Ministers wat lede van die Nasionale Vergadering is en wat ingevolge
subartikels (8) tot (12) aangestel is; en
(b) hoogstens een Minister wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie en wat
ingevolge subartikel (13) aangestel is, mits die President, handelende in oorleg met die
Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye, die aanstelling van so 'n
Minister dienstig ag.
(2) Elke party wat minstens 80 setels in die Nasionale Vergadering het, is daarop geregtig om
'n Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.
(3) Indien geen party nie of slegs een party 80 of meer setels in die Vergadering het, is die
party wat die grootste getal setels het en die party wat die tweede grootste getal setels het, elk
daarop geregtig om een Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan
te wys.
(4) By sy of haar aanwysing kan 'n Uitvoerende Adjunkpresident kies om as lid van die
Vergadering aan te bly of om op te hou om lid van die Vergadering te wees.
(5) 'n Uitvoerende Adjunkpresident kan die bevoegdhede uitoefen en moet die werksaamhede
verrig wat kragtens die Grondwet by die amp van Uitvoerende Adjunkpresident berus of wat deur
die President aan daardie amp toegewys is.
(6) 'n Uitvoerende Adjunkpresident beklee die amp -
(a) tot 30 April 1999 tensy hy of sy deur die party wat ingevolge subartikels (2) en (3)
geregtig is om die aanwysing te doen, vervang of teruggeroep word; of
(b) totdat die persoon wat na 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering wat voor 30 April
1999 gehou word, as President verkies word, die amp aanvaar.
(7) 'n Vakature in die amp van Uitvoerende Adjunkpresident kan gevul word deur die party
wat daardie Adjunkpresident aangewys het.
(8) 'n Party wat minstens 20 setels in die Nasionale Vergadering het en wat besluit het om aan
die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een
of meer van die Kabinetsportefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a)
aangestel staan te word, in verhouding tot die getal setels wat die party in die Vergadering het
teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.
(9) Kabinetsportefeuljes word aan die onderskeie deelnemende partye toegeken
ooreenkomstig die volgende formule:
(a) 'n Kwota setels per portefeulje word bepaal deur die totale getal setels in die Nasionale
Vergadering wat die deelnemende partye gesamentlik het, te deel deur die getal portefeuljes ten
opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, plus een.
(b) Die resultaat, met weglating van derde en daaropvolgende desimale breuke, as daar is, is
die kwota setels per portefeulje.
(c) Die getal portefeuljes wat aan 'n deelnemende party toegeken moet word, word bepaal
deur die totale getal setels wat daardie party in die Nasionale Vergadering het, te deel deur die
kwota in paragraaf (b) bedoel.
(d) Die resultaat dui, behoudens paragraaf (e), die getal portefeuljes aan wat aan daardie party
toegeken moet word.
(e) Waar die toepassing van bogenoemde formule 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word
deur die getal portefeuljes wat aan 'n party toegeken is nie, ding so 'n surplus mee met ander
soortgelyke surplusse wat aan 'n ander party of partye toeval, en 'n portefeulje of portefeuljes wat
nog nie toegeken is nie, word in volgorde van die hoogste surplus aan die betrokke party of partye
toegeken.
(10) Die President moet na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die
deelnemende partye -
(a) die spesifieke portefeuljes bepaal wat aan die onderskeie deelnemende partye toegeken
moet word ooreenkomstig die getal portefeuljes wat ingevolge subartikel (9) aan hulle toegeken
is;
(b) ten opsigte van elke sodanige portefeulje 'n lid van die Nasionale Vergadering wat 'n lid
is van die party waaraan die portefeulje kragtens paragraaf (a) toegeken is, aanstel as die Minister
wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is;
(c) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig
word, 'n bepaling kragtens paragraaf (a) behoudens subartikel (9) wysig;
(d) 'n aanstelling kragtens paragraaf (b) beindig -
(i) indien die President daartoe versoek word deur die leier van die party waarvan die
betrokke Minister 'n lid is; of
(ii) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig
word; of
(e) wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van Minister vul.
(11) Subartikel (10) moet toegepas word in die gees beliggaam in die begrip van 'n regering
van nasionale eenheid, en die President en die ander betrokke funksionarisse moet by die
toepassing van daardie subartikel poog om te alle tye konsensus te bereik: Met dien verstande dat
indien konsensus nie bereik kan word nie oor -
(a) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (a), (c) of (d)(ii) van daardie subartikel
bedoel, die President se besluit die deurslag gee;
(b) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b), (d)(i) of (e) van daardie subartikel
bedoel wat 'n persoon raak wat nie 'n lid van die President se party is nie, die besluit van die leier
van die party waarvan daardie persoon 'n lid is, die deurslag gee; en
(c) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel
wat 'n persoon raak wat 'n lid van die President se party is, die President se besluit die deurslag
gee.
(12) Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (10)(c) gewysig word,
ontruim die betrokke Ministers hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel
word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye
toegeken word.
(13) Die President moet -
(a) in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye
-
(i) 'n spesifieke portefeulje vir 'n Minister bedoel in subartikel (1)(b) bepaal indien dit nodig
word na aanleiding van 'n besluit van die President kragtens daardie subartikel;
(ii) ten opsigte van daardie portefeulje 'n persoon wat nie 'n lid van die Nasionale
Vergadering is nie, aanstel as die Minister wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is; en
(iii) indien nodig, 'n vakature ten opsigte van daardie portefeulje vul; of
(b) na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye
'n aanstelling kragtens paragraaf (a) beindig indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of
in die belang van goeie regering nodig word.
(14) Die President of, indien die President so 'n opdrag gee, 'n Uitvoerende Adjunkpresident
sit op vergaderings van die Kabinet voor: Met dien verstande dat die Uitvoerende
Adjunkpresidente om die beurt op vergaderings van die Kabinet voorsit tensy die behoeftes van
regering en die gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, 'n ander
reling verg.
(15) Die Kabinet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die
begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan
doeltreffende regering.".
5. Artikel 93 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui:
"Aanstelling van Adjunkministers
93. (1) Die President kan, na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers
van die partye wat aan die Kabinet deelneem. adjunkministersposte instel.
(2) 'n Party is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer adjunkministersposte in
dieselfde verhouding as di waarin en volgens dieselfde formule as di waarvolgens portefeuljes
in die Kabinet toegeken word.
(3) Die bepalings van artikel 91(10) tot (12) is met die nodige veranderings ten opsigte van
Adjunkministers van toepassing, en by sodanige toepassing word 'n verwysing in daardie artikel
na 'n Minister of 'n portefeulje uitgel as 'n verwysing na onderskeidelik 'n Adjunkminister of 'n
adjunkministerspos.
(4) Indien 'n persoon aangestel word as die Adjunkminister van 'n portefeulje wat aan 'n
Minister toevertrou is -
(a) moet daardie Adjunkminister namens die betrokke Minister enige van die bevoegdhede
uitoefen en werksaamhede verrig wat ingevolge enige wetgewing of andersins aan daardie
Minister opgedra is en wat daardie Minister, behoudens die voorskrifte van die President, aan
daardie Adjunkminister opdra; en
(b) word 'n verwysing in enige wetgewing na daardie Minister, uitgel ook as 'n verwysing
na die Adjunkminister handelende uit hoofde van 'n opdrag kragtens paragraaf (a) deur die
Minister namens wie daardie Adjunkminister optree.
(5) Wanneer 'n Adjunkminister afwesig is of om die een of ander rede nie in staat is om enige
van die bevoegdhede of werksaamhede van die amp uit te oefen of te verrig nie, kan die President
'n ander Adjunkminister of enige ander persoon aanstel om in die plek van genoemde
Adjunkminister op te tree, hetsy in die algemeen hetsy om 'n bepaalde bevoegdheid uit te oefen
of werksaamheid te verrig.".
6. Artikel 96 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikels te
bevat:
"(3) Ministers is afsonderlik teenoor die President en teenoor die Nasionale Vergadering
aanspreeklik vir die administrasie van hul portefeuljes, en al die lede van die Kabinet is
dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die
nasionale regering en vir die beleid daarvan.
(4) Ministers moet hul portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid deur die Kabinet
bepaal.
(5) Indien 'n Minister versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Kabinet
te administreer, kan die President die betrokke Minister aans om die administrasie van die
portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.
(6) Indien die betrokke Minister versuim om aan 'n aansegging van die President kragtens
subartikel (5) te voldoen, kan die President die Minister van sy of haar amp onthef -
(a) in die geval van 'n Minister in artikel 91(1)(a) bedoel, na oorleg met die Minister en, indien
die Minister nie 'n lid van die President se party is of nie die leier van 'n deelnemende party is nie,
ook na oorleg met die leier van daardie Minister se party; of
(b) in die geval van 'n Minister in artikel 91(1)(b) bedoel, na oorleg met die Uitvoerende
Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye.".
AANHANGSEL C
Regering van Nasionale Eenheid:
Provinsiale Sfeer
1. Artikel 132 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui:
"Uitvoerende Rade
132. (1) Die Uitvoerende Raad van 'n provinsie bestaan uit die Premier en hoogstens 10
lede ooreenkomstig hierdie artikel deur die Premier aangestel.
(2) 'n Party wat minstens 10 persent van die setels in 'n provinsiale wetgewer het en wat
besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning
aan hom van een of meer van die portefeuljes in die Uitvoerende Raad in verhouding tot die getal
setels wat die party in die wetgewer het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye
het.
(3) Portefeuljes in die Uitvoerende Raad moet aan die onderskeie deelnemende partye
toegeken word ooreenkomstig dieselfde formule as di wat in artikel 91(9) uiteengesit word, en
by die toepassing van daardie formule word 'n verwysing in daardie artikel na -
(a) die Kabinet, as 'n verwysing na 'n Uitvoerende Raad uitgel;
(b) 'n Minister, as 'n verwysing na 'n lid van 'n Uitvoerende Raad uitgel; en
(c) die Nasionale Vergadering, as 'n verwysing na die provinsiale wetgewer uitgel.
(4) Die Premier van 'n provinsie moet na oorleg met die leiers van die deelnemende partye
-
(a) die spesifieke portefeuljes bepaal wat aan die onderskeie deelnemende partye toegeken
moet word ooreenkomstig die getal portefeuljes wat ingevolge subartikel (3) aan hulle toegeken
is;
(b) ten opsigte van elke sodanige portefeulje 'n lid van die provinsiale wetgewer wat 'n lid is
van die party waaraan daardie portefeulje kragtens paragraaf (a) toegeken is, aanstel as die lid van
die Uitvoerende Raad wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is;
(c) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig
word, 'n bepaling kragtens paragraaf (a) behoudens subartikel (3) wysig;
(d) 'n aanstelling kragtens paragraaf (b) beindig -
(i) indien die Premier daartoe versoek word deur die leier van die party waarvan die betrokke
lid van die Uitvoerende Raad 'n lid is; of
(ii) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig
word; of
(e) wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van 'n lid van die
Uitvoerende Raad vul.
(5) Subartikel (4) moet toegepas word in die gees beliggaam in die begrip van 'n regering van
nasionale eenheid, en die Premier en die ander betrokke funksionarisse moet by die toepassing van
daardie subartikel poog om te alle tye konsensus te bereik: Met dien verstande dat indien
konsensus nie bereik kan word nie oor -
(a) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (a), (c) of (d)(ii) van daardie subartikel
bedoel, die Premier se besluit die deurslag gee;
(b) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b), (d)(i) of (e) van daardie subartikel
bedoel wat 'n persoon raak wat nie 'n lid van die Premier se party is nie, die besluit van die leier
van die party waarvan daardie persoon 'n lid is, die deurslag gee; en
(c) die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel
wat 'n persoon raak wat 'n lid van die Premier se party is, die Premier se besluit die deurslag gee.
(6) Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (4)(c) gewysig word,
ontruim die betrokke lede hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word
in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken
word.
(7) Die Premier van die provinsie moet op vergaderings van 'n Uitvoerende Raad voorsit.
(8) 'n Uitvoerende Raad moet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees
wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan
doeltreffende regering.".
2. Artikel 136 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikels te
bevat:
"(3) Lede van Uitvoerende Rade is afsonderlik teenoor die Premier en die provinsiale wetgewer
aanspreeklik vir die administrasie van hulle portefeuljes, en al die lede van die Uitvoerende Raad
is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die
provinsiale regering en vir die beleid daarvan.
(4) Lede van Uitvoerende Rade moet hulle portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid
deur die Raad bepaal.
(5) Indien 'n lid van 'n Uitvoerende Raad versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid
van die Raad te administreer, kan die Premier die betrokke lid aans om die administrasie van die
portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.
(6) Indien die betrokke lid versuim om aan 'n aansegging van die Premier kragtens subartikel
(5) te voldoen, kan die Premier die lid van sy of haar amp onthef na oorleg met die lid, en indien
die lid nie 'n lid van die Premier se party is nie of nie die leier van 'n deelnemende party is nie, ook
na oorleg met die leier van daardie lid se party.".
AANHANGSEL D
Staatsadministrasie en veiligheidsdienste: Wysigings van artikels van die vorige Grondwet
1. Die wysiging van artikel 218 van die vorige Grondwet -
(a) deur in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde
te vervang;
"(1) Behoudens die voorskrifte van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit is die Nasionale
Kommissaris verantwoordelik vir -";
(b) deur paragraaf (b) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(b) die aanstelling van provinsiale kommissarisse;";
(c) deur paragraaf (d) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(d) die ondersoek en voorkoming van georganiseerde misdaad of misdaad wat nasionale
ondersoek en voorkoming of deskundige vaardighede vereis;"; en
(d) deur paragraaf (k) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(k) die instelling en instandhouding van 'n nasionale polisie-eenheid vir openbare orde, wat
ter ondersteuning en op versoek van die Provinsiale Kommissaris ontplooi kan word;".
2. Die wysiging van artikel 219 van die vorige Grondwet deur in subartikel (1) die woorde
wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
"(1) Behoudens artikel 218(1) is 'n Provinsiale Kommissaris verantwoordelik vir -".
3. Die wysiging van artikel 224 van die vorige Grondwet deur die voorbehoudsbepaling by
subartikel (2) deur die volgende voorbehoudsbepaling te vervang:
"Met dien verstande dat hierdie subartikel ook van toepassing is op lede van enige
gewapende mag wat sy personeellys voorgel het na die inwerkingtreding van die Grondwet van
die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), maar voor die aanname van die nuwe
grondwetlike teks soos in artikel 73 van daardie Grondwet beoog, indien die politieke organisasie
onder wie se gesag en beheer so 'n mag is of waarmee hy geassosieer is en wie se oogmerke hy
bevorder wel aan die Uitvoerende Oorgangsraad of wel aan die eerste verkiesing van die
Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers kragtens genoemde Grondwet deelgeneem
het.".
4. Die wysiging van artikel 227 van die vorige Grondwet deur subartikel (2) deur die
volgende subartikel te vervang:
"(2) Die Nasionale Weermag moet sy bevoegdhede uitoefen en sy werksaamhede verrig
uitsluitlik in die nasionale belang ingevolge Hoofstuk 11 van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1996.".
5. Die wysiging van artikel 236 van die vorige Grondwet -
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
"(1) 'n Staatsdiens, staatsdepartement, administrasie of veiligheidsdiens wat onmiddellik voor
die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hieronder "die
nuwe Grondwet" genoem), regeringswerksaamhede verrig het, bly ingevolge die wetgewing wat
daarop van toepassing is, funksioneer totdat dit afgeskaf word of genkorporeer word in of
gentegreer word met enige toepaslike instelling of gerasionaliseer of gekonsolideer word met
enige ander instelling.";
(b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang:
"(6) (a) Die President kan 'n kommissie aanstel om die sluiting of wysiging van 'n kontrak,
die aanstelling of bevordering, of die toekenning van 'n beding of voorwaarde van diens of ander
voordeel, wat tussen 27 April 1993 en 30 September 1994 geskied het ten opsigte van 'n persoon
bedoel in subartikel (2) of 'n klas van sodanige persone, te hersien.
(b) Die kommissie kan 'n kontrak, aanstelling, bevordering of toekenning tersyde stel of wysig
indien dit in die omstandighede van die geval nie behoorlik geskied het nie of nie geregverdig kan
word nie."; en
(c) deur "hierdie Grondwet", waar dit ook al in artikel 236 voorkom, deur "die nuwe
Grondwet" te vervang.
6. Die wysiging van artikel 237 van die vorige Grondwet -
(a) deur paragraaf (a) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:
"(a) Die rasionalisering van alle instansies bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militre magte
bedoel in artikel 224(2), gaan na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1996, voort ten einde -
(i) 'n doeltreffende administrasie in die nasionale regeringsfeer in te stel om met
aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van die nasionale sfeer te handel; en
(ii) 'n doeltreffende administrasie vir elke provinsie in te stel om met aangeleenthede binne
die regsbevoegdheid van elke provinsiale regering te handel."; en
(b) deur subparagraaf (i) van subartikel (2)(a) deur die volgende subparagraaf te vervang:
"(i) instellings bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militre magte, berus by die nasionale
regering, wat daardie verantwoordelikheid in samewerking met die provinsiale regerings
uitoefen;".
7. Die wysiging van artikel 239 van die vorige Grondwet deur subartikel (4) deur die
volgende subartikel te vervang:
"(4) Behoudens en ooreenkomstig enige toepaslike wet, gaan die bates, regte, pligte en
verpligtinge van alle magte bedoel in artikel 224(2) oor op die Nasionale Weermag ooreenkomstig
die voorskrifte van die Minister van Verdediging.".
BYLAE 7
Wette Herroep
NOMMER EN TITEL
JAAR VAN WET
Wet 200 van 1993 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993
Wet 2 van 1994 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994
Wet 3 van 1994 Tweede Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1994
Wet 13 van 1994 Derde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1994
Wet 14 van 1994 Vierde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1994
Wet 24 van 1994 Sesde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1994
Wet 29 van 1994 Vyfde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1994
Wet 20 van 1995 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1995
Wet 44 van 1995 Tweede Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1995
Wet 7 van 1996 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
Wet 26 van 1996 Derde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,
1996
INDEKS
(Let wel: Die syfers na die inskrywings verwys na artikelnommers.)
Befondsing vir politieke partye, 236
Begrotings, 215
Burgerskap, 3
Finansile en Fiskale Kommissie, 220 - 222
Finansies, Nasionale, 213, 214, 216, 217
Finansies, Provinsiale en plaaslike, 226 - 230
Handves van Regte -
Afdwinging van regte, 38
Arbeidsverhoudinge, 23
Behuising, 26
Beperking van regte, 36
Burgerskap, 20
Eiendom, 25
Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone, 35
Gelykheid, 9
Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid, 27
Kinders, 28
Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe, 31
Lewe, 11
Menswaardigheid, 10
Noodtoestande, 37
Omgewing, 24
Onderwys, 29
Politieke regte, 19
Privaatheid, 14
Regverdige administratiewe optrede, 33
Slawerny, knegskap en dwangarbeid, 13
Taal en kultuur, 30
Toegang tot howe, 34
Toegang tot inligting, 32
Toepassing, 8
Uitleg, 39
Vergadering, betoging, linievorming en petisie, 17
Vryheid en sekerheid van die persoon, 12
Vryheid van assosiasie, 18
Vryheid van bedryf, beroep en professie, 22
Vryheid van beweging en verblyf, 21
Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening, 15
Vryheid van uitdrukking, 16
Howe -
Bevoegdhede in grondwetlike aangeleenthede, 172
Ho Howe, 169
Hoogste Hof van Appl, 168
Konstitusionele Hof, 167
Landdroshowe en ander howe, 170
Intelligensie, 209, 210
Kabinet, 91 - 99, 101, 102
Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en
Taalgemeenskappe, 181, 185, 186
Kommissie vir Geslagsgelykheid, 181, 187
Menseregtekommissie, 181, 184
Munisipaliteite, 151 - 164
Nasionale lied, 4
Nasionale Raad van Provinsies -
Besluite, 65
Bevoegdhede, 68
Deelname deur verteenwoordigers van plaaslike regering, 67
Getuienis of inligting voor Nasionale Raad, 69
Partydeelname aan provinsiale afvaardigings, Bylae 3, Deel B
Publieke toegang, 72
Samestelling, 60
Toewysing van afgevaardigdes, 61
Vaste afgevaardigdes, 62
Nasionale Vergadering -
Besluite, 53
Bevoegdhede, 55
Getuienis of inligting voor Nasionale Vergadering, 56
Publieke toegang, 59
Samestelling en verkiesing, 46
Onafhanklike Owerheid om die Uitsaaiwese te Reguleer, 192
Openbare administrasie, 195
Openbare Beskermer, 181, 182
Oppergesag van Grondwet, 2
Ouditeur-generaal, 181, 188
Parlement, 42
Plaaslike regering, 152, 163
Polisie, 205 - 208
Premiers, 127 - 130
President, 83 - 89
Provinsiale grondwette, 142 - 145
Provinsiale wetgewers, 104 - 121
Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede, 122
Publieke toegang, 118
Vaste afgevaardigdes se regte, 113
Provinsies, 103
Regering van samewerking, 41
Regsprekende gesag, 165
Regstelsel, 166
Regterlike beamptes, 174 - 177
Regterlike Dienskommissie, 178
Samewerking, Regering van, 41
Selfbeskikking, 235
Sentrale Bank, 223 - 225
Staatsdiens, 197
Staatsdienskommissie, 196
Tale, 6
Tradisionele leiers, 211, 212
Uitsaaiwese, Onafhanklike Owerheid vir die Regulering van die, 192
Uitvoerende gesag -
die provinsies, 125
die Republiek, 85
Uitvoerende Rade, Provinsiale, 132 - 141
Veiligheidsdienste, 198, 199
Verdediging, 200 - 204
Verkiesingskommissie, 181, 190, 191
Verkiesingsprosedures vir grondwetlike ampsdraers, Bylae 3, Deel A
Vervolgingsgesag, 179
Vlag, 5
Volkereg, 231 - 233
Volkslied, kyk Nasionale lied
Wetgewende gesag, 43, 44
Wetsteenstrydighede, 146 - 150
Wette, Maak van, 73 - 82
Die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika,1996
Soos op 8 Mei 1996 aangeneem en op 11 Oktober 1996
gewysig deur die Grondwetlike Vergadering
ISBN 0 - 620 - 20215 - 7
Een nasie, Een wet
Inhoud
Aanhef 1
Hoofstuk 1 3
Grondliggende Bepalings
Hoofstuk 2 6
Handves van Regte
Hoofstuk 3 27
Regering van Samewerking
Hoofstuk 4 29
Die Parlement
Hoofstuk 5 58
Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag
Hoofstuk 6 66
Provinsies
Hoofstuk 7 90
Plaaslike Regering
Hoofstuk 8 99
Howe en Regspleging
Hoofstuk 9 110
Staatsinstellings ter Ondersteuning
van Grondwetlike Demokrasie
Hoofstuk 10 119
Openbare Administrasie
Hoofstuk 11 125
Veiligheidsdienste
Hoofstuk 12 132
Tradisionele Leiers
Hoofstuk 13 133
Finansies
Hoofstuk 14 144
Algemene Bepalings
Bylae 1 148
Nasionale Vlag
Bylae 2 150
Ampsede en Plegtige Verklarings
Bylae 3 154
Verkiesingsprosedures
Bylae 4 158
Funksionele Gebiede van Konkurrente Nasionale
en Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Bylae 5 161
Funksionele Gebiede van Eksklusiewe
Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Bylae 6 163
Oorgangsrelings
Bylae 7 200
Wette Herroep
Indeks 201

Universal Declaration of Human Rights
Afrikaans Version
Source: United Nations Information Centre (UNIC, Namibia)
UNIVERSELE VERKLARING VAN MENSEREGTE
Aanhef
AANGESIEN erkenning vir die inherente waardigheid en die gelyke en onvervreembare reg van alle lede van die menslike ras die basis vir vryheid, geregtigheid en vrede in die wereld is;
AANGESIEN minagting vir menseregte barbaarse dade wat die gewete van die mens aangetas het en die aanvang van 'n wereld waarin mense vryheid van spraak, geloof, vrees en behoefte het, gesien word as die hoogste aspirasie van die gemiddelde mens;
AANGESIEN dit noodsaaklik is dat menseregte deur die wet beskerm word ten einde te voorkom dat mense nie gedwing gaan word om in opstand teen tirannie en onderdrukking te kom nie;
AANGESIEN dit noodsaaklik is om die ontwikkeling van vriendelike bande tussen nasies aan te moedig;
AANGESIEN die volke wat lid van die Verenigde Volke Organisasie is, hul geloof in fundamentele menseregte in die Handves beklemtoon, in die waardigheid en waarde van die menslike persoon, in die gelyke regte van mans en vrouens en dit ten doel het om sosiale vooruitgang en 'n beter lewenspeil in groter vryheid te bevorder;
AANGESIEN Lidstate hulle voorgeneem het om in samewerking met die Verenigde Volke universele respek en agting vir menseregte en fundamentele vryheid te verwesenlik; en
AANGESIEN 'n algemene begrip van hierdie regte en vryhede van groot belang vir die bereiking van hierdie voorneme is,
Verklaar die ALGEMENE VERGADERING
Hierdie Universele Verklaring van Menseregte as 'n algemene standaard vir die verwesenliking deur alle mense en nasies, om te verseker dat elke individu en elke
deel van die gemeenskap hierdie Verklaring in ag sal neem en deur opvoeding, respek vir hierdie regte en vryhede te bevorder, op nasionale en internasionale vlak, daarna sal strewe om die universele en effektiewe erkenning en agting van hierdie regte te verseker, nie net vir die mense van die Lidstate nie, maar ook vir die mense in die gebiede onder hul jurisdiksie.
Artikel 1
Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.
Artikel 2
Elke persoon het die reg tot al die regte en vryhede soos in die Verklaring vervat is, sonder uitsondering van enige aard soos op grond van ras, geslag, kleur, taal, godsdiens,   geboorte of enige ander status. 
Daarbenewens sal geen onderskeid op grond van politieke, geregtelike of internasionale status van die land of gebied waartoe 'n persoon behoort gemaak word nie, hetsy dit 'n onafhanklike trust, nie-selfregerend of onder enige ander beperking van soewereiniteit is.
Artikel 3
Elkeen het die reg tot lewe, vryheid en sekuriteit van persoon.
Artikel 4
Niemand sal in slawerny of knegskap gehou word nie; alle vorms van slawerny en handel in slawe sal verbied word.
Artikel 5
Niemand sal gemartel word of aan wrede, onmenslike of vernederende behandeling of straf blootgestel word nie.
Artikel 6
Elkeen het oral die reg tot erkenning as 'n persoon voor die reg.
Artikel 7
Almal is gelyk voor die reg en het die reg tot gelyke beskerming van die wet. Almal het die reg tot gelyke beskerming teen enige diskriminasie ter skending van hierdie Verklaring en teen enige aanmoediging tot sulke diskriminasie.
Artikel 8
Elkeen het die reg tot effektiewe kompensasie deur bevoegde nasionale tribunale vir dade wat hul fundamentele reg skaad wat deur die wet of grondwet aan hulle gegee is.
Artikel 9
Niemand sal aan arbitrre arrestasie, aanhouding of bannelingskap onderworpe wees nie.
Artikel 10
Elkeen het, in volle gelykheid, die reg tot 'n regverdige en openbare verhoor deur 'n onafhanklike en objektiewe tribunaal, in die bepaling van sy regte en verpligtinge en die ondersoek van enige kriminele saak teen hom.
Artikel 11
1. Elkeen beskuldig van 'n strafbare oortreding het die reg om as onskuldig beskou te word tot skuldig bevind volgens die wet, in 'n openbare saak waarin hy verseker is van die nodige verdediging.
1. Niemand sal beskuldig word van 'n strafbare oortreding as gevolg van enige daad of nalatigheid wat volgens nasionale of internasionale wet nie 'n misdaad ten tye van die pleeg daarvan was nie. 'n Swaarder straf sal ook nie opgel word as die straf wat toepaslik was ten tye van die oortreding nie.
Artikel 12
Niemand sal onderworpe wees aan arbitrre inmenging met sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmenging of aanvalle.
Artikel 13
1. Elkeen het die reg tot vryheid van beweging en verblyf binne die grense van elke staat.
1. Elkeen het die reg om enige land te verlaat, insluitende sy eie, en na sy land terug te keer.
Artikel 14
1. Elkeen het die reg tot asiel in ander lande.
1. Daar mag nie op hierdie reg aanspraak gemaak word tydens vervolging vir nie-politieke oortredings of dade wat strydig is met die doelwitte en beginsels van die Verenigde Volke nie.
Artikel 15
1. Elkeen het die reg tot burgerskap.
1. Niemand se burgerskap sal arbitrr afgeneem word nie en niemand sal van die reg ontneem word om afstand te doen van burgerskap nie.
Artikel 16
1. Volwasse mans en vrouens, sonder enige beperking as gevolg van ras, nasionaliteit of godsdiens, het die reg om te trou en met 'n familie te begin.Hulle kan aanspraak maak op gelyke regte ten opsigte van die huwelik, tydens die huwelik en tydens ontbinding van die huwelik.
1. Die huwelik sal plaasvind slegs met die vrywillige en volle toestemming van die voornemende huweliksmaats.
1. Die familie is die natuurlike en fundamentele groepseenheid van die gemeenskap en kan aanspraak maak op beskerming deur die gemeenskap en die Staat.
Artikel 17
1. Elkeen het die reg om individueel en in assosiasie met ander eiendom te besit.
1. Niemand se eiendom sal arbitrr afgeneem word nie.
Artikel 18
Elkeen het die reg tot vryheid van denke, gewete en godsdiens; hierdie reg sluit in die reg om van godsdiens of geloof te verander en die vryheid om, hetsy alleen of in 'n gemeenskap, hierdie godsdiens of geloof te beoefen deur verkondiging, aanbidding of heiliging.
Artikel 19
Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking; hierdie reg sluit die vryheid in om opinies sonder inmenging te lug en om inligting en idees te vra, te ontvang en te deel deur middel van enige medium ten spyte van grense.
Artikel 20
1. Elkeen het die reg tot vryheid van vreedsame vergadering en assosiasie.
1. Niemand sal gedwing word om aan 'n assosiasie te behoort nie.
Artikel 21
1. Elkeen het die reg om aan die regering van sy land deel te neem, hetsy direk of deur vrylik verkose verteenwoordigers.
1. Elkeen het die reg tot gelyke toegang tot die openbare dienste in sy land.
1. Die wil van die mense sal die basis vorm van die owerheid of regering, en hierdie wil sal uitgedruk word deur middel van egte tussenverkiesings.
Artikel 22
Elkeen, as 'n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan-sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke staat.
Artikel 23
1. Elkeen het die reg om te werk, tot die vrye keuse van arbeid, tot regverdige en gunstige werksomstandighede en tot beskerming teen werkloosheid.
1. Elkeen, sonder diskriminasie, het die reg tot gelyke betaling vir gelyke werk.
1. Elkeen wat werk kan aanspraak maak op regverdige vergoeding wat aan hom en sy familie 'n menswaardige bestaan verseker en wat aangevul kan word deur ander vorms van sosiale sekerheid, indien nodig.
1. Elkeen het die reg, ter beskerming van sy belange, om vakbonde te stig en daarby aan te sluit
Artikel 24
Elkeen het die reg tot rus en vrye tyd, insluitend redelike beperkings op werksure en periodieke betaalde verlof.
Artikel 25
1. Elkeen het die reg tot 'n lewenspeil wat voldoende is vir gesondheid, welsyn vir homself en sy familie, insluitende kos, klere, behuising, mediese sorg en noodsaaklike bestaansekerheid, en die reg tot voordele of onderstandsgeld tydens werkloosheid, siekte, ongeskiktheid, weduweeskap, ouderdom of 'n tekort aan lewens-middele tydens omstandighede buite sy beheer.
1. Moeders en kinders kan aanspraak maak op spesiale sorg en hulp. Alle kinders, hetsy binne- of buite-egtelik, sal dieselfde sosiale beskerming geniet.
Artikel 26
1. Elkeen het die reg tot opvoeding. Opvoeding sal gratis wees, ten minste in die elementre en fundamentele stadiums. Elementre opvoeding sal verpligtend wees. Tegniese en professionele opvoeding sal geredelik beskikbaar wees en ho'r opvoeding sal net so geredelik op meriete beskikbaar wees.
1. Opvoeding sal gemik wees op die volle ontwikkeling van die menslike persoonlikheid en op die bevordering van respek vir menseregte en fundamentele vryheid. Dit sal begrip, verdraag-saamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe bevorder, asook die aktiwiteite van die Verenigde Volke in die handhawing van vrede.
1. Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.
Artikel 27
1. Almal het die reg om vrylik aan die kulturele lewe van hul gemeenskap deel te neem, om die kunste te geniet en in wetenskaplike vooruitgang en voordele te deel.
1. Elkeen het die reg tot die beskerming van die morele en materi'le belange wat spruit uit enige wetenskaplike, letterkundige of kunswerk deur hom geproduseer.
Artikel 28
Elkeen is geregtig op 'n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
Artikel 29
1. Elkeen het verpligtinge teenoor die gemeenskap waar alleenlik die vrye en volle ontwikkeling van sy persoonlikheid moontlik is.
1. In die uitoefening van regte en vryhede, sal elke mens slegs onderworpe wees aan die wetlike beperkinge ingestel om deeglike erkenning en respek vir die regte en vryhede van ander te verseker en om die redelike vereistes na te kom vir sedelikheid, openbare orde en die algemene welsyn van 'n demokratiese gemeenskap.
1. Hierdie regte en vryhede mag in geen geval strydig met die doelwitte en beginsels van die Verenigde Volke uitgeoefen word nie.
Artikel 30
Niks in hierdie Verklaring mag interpreteer word as impliserend dat enige Staat, groep of persoon die reg het om deel te neem aan enige aktiwiteit of enige daad wat gerig is op die beskadiging van enige regte en vryhede hierin beskryf nie.
(c) Copyright 1998 
Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights
Geneva, Switzerland
PANSAT SE POSISIE BETREFFENDE DIE BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID IN SUID-AFRIKA:
'N KONSEPBESPREKINGSDOKUMENT

Kopiereg: PANSAT
Pretoria, Februarie 1999

PANSAT se posisie betreffende die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika:

'n Konsepbesprekingsdokument

1. Inleiding

Die doel van hierdie dokument is om 'n verduideliking te gee van PANSAT se siening van veeltaligheid en taalontwikkeling in die konteks van taalwetgewing in die Grondwet en ander regsdokumente.

Die Raad se posisie betreffende veeltaligheid word soos volg in sy missieverklaring saamgevat:

Die missie van die Raad is om veeltaligheid in Suid-Afrika te bevorder deur:

* omstandighede vir die ontwikkeling en gelyke gebruik van alle amptelike tale te skep,
* respek vir ander tale in die land te kweek en die gebruik daarvan aan te moedig, en
* die optimale gebruik van die land se taalhulpbronne aan te moedig

ten einde Suid-Afrikaners in staat te stel om hulleself van alle vorms van linguistiese diskriminasie, dominasie en skeiding te bevry; en om hulle in staat te stel om gepaste linguistiese keuses vir hulle eie welsyn en vir nasionale ontwikkeling uit te oefen.

2.	Riglynbeginsels

Die riglynbeginsels vir die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika is vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,1996 (Wet No. 108 van 1996), artikel 6(1) - (5), en in die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 1995 (Wet No. 59 van 1995).

Die Grondwet bevat 'n Handves van Regte, wat hoofsaaklik op die idee van individuele regte gegrond is.  Die artikels oor taal moet dus in die lig van taal as 'n reg gesien word.  Daarbenewens dui die herhaling van terme soos "status", "gebruik" en "taalgebruik" duidelik op 'n paradigma wat ook op die funksionele of diensbare gebruik van die tale van Suid-Afrika gebaseer is.  Die PANSAT-wet sluit albei hierdie perspektiewe oor taal in, d.w.s. taal as 'n reg sowel as 'n hulpbron.

Die doel van die Handves van Regte is om toe te sien dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap 'n gemeenskap word wat gebaseer is op die sterk demokratiese beginsel van gelykheid.  Die doel van die strukture wat ingevolge die Grondwet ingestel is, is gevolglik om met die demokratisering van ons gemeenskap te help.  PANSAT is een van hierdie strukture en sy werk is dus gerig op die bevordering van demokratiese beginsels.

Die Grondwet identifiseer twee agentskappe wat daarvoor verantwoordelik is om die taalmaatrels in werking te stel, naamlik die Regering en PANSAT.  Ingevolge die subafdeling oor Tale, bepaal artikel 6 van die Grondwet onomwonde die volgende:

"(1)	Die amptelike tale van die Republiek isSesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, siSwati,Tsivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.
(2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatrels tref om die status van di tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.
(3) (a)	Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tele gebruik.
(b) Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.
(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatrels hul gebruik van amptelike tale rel en monitor.  Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.
(5) 'n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel, moet -
(a) die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede skep vir die ontwikkeling en gebruik van -
(i) alle amptelike tale
(ii) die Khoi-, Nama- en Santale; en
(iii) gebaretaal; en
(b) respek bevorder en verseker vir -
(i) alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word, met inbegrip van Duits, Grieks, Goedjarati, Hindi, Portugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en
(ii) Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in Suid-Afrika vir godsdiensdoeleindes gebruik word.

Uit bostaande is dit duidelik dat die regering se verantwoordelikhede in artikel 6(1) - (4) gedentifiseer word, terwyl PANSAT se verantwoordelikhede in artikel 6(5) uiteengesit word.

3.	Verantwoordelikhede van PANSAT

PANSAT se uitdruklike rol is om omstandighede te skep vir die ontwikkeling en gelyke gebruik van alle amptelike tale.  Dit beteken dat hy op 'n wyse moet handel wat agentskappe sowel binne staatstrukture as in die burgerlike gemeenskap inisieer, fasiliteer en bemagtig om by te dra tot die ontwikkeling en gebruik van al die amptelike tale.

PANSAT is verantwoordelik vir  die skepping en bevordering van 'n positiewe omgewing vir veeltaligheid in die algemeen, insluitende die amptelike tale maar nie beperk daartoe nie.  Alhoewel PANSAT dus die regering oor taalbeleid en 
-beplanning vir die bevordering van die status en gebruik van die amptelike tale,  moet dit nie sy aandag aftrek van 'n brer fokus op die fasilitering van 'n ontvanklike omgewing vir die bevordering van veeltaligheid nie.  Dit sluit in die bevordering van interlinguistiese vaardighede en die ontwikkeling van sowel die amptelike tale as ander tale wat in Suid-Afrika gebruik word.

Daar word algemeen aanvaar dat die beste manier van taalontwikkeling plaasvind wanneer die taal gebruik word.  Vanselfsprekend word elke Suid-Afrikaanse taal gebruik, sommiges meer algemeen as ander.  Ongelukkig is die gebruik van sommige van ons tale aktief ontmoedig, en word hierdie tale ernstig deur uitsterwing bedreig terwyl ander inderdaad reeds uitgesterf het.  Indien 'n taal wil oorleef, moet dit vir 'n groot verskeidenheid funksies gebruik word anders begin dit agteruitgaan en sterf dit.  As ons dus toelaat dat funksies met hor status net tot Engels en Afrikaans beperk word, sal die ander tale van die land uiteindelik begin agteruitgaan en sterf.  Ons het dit sien gebeur met baie van die Khoi- en San-tale en hulle uitsterwing is 'n verlies nie slegs vir die gemeenskappe wat dit gebruik het nie, maar is 'n nasionale ramp.  Tot dusver het ons nog baie min gehoor van linguistiese uitsterwing in hierdie land, terwyl die gevaar wat sekere species plante en diere loop om uit te sterf, wel aan ons bekend is.  As 'n taal sterf, sterf daar dikwels 'n hele korpus kennis daarmee saam.  Die taak wat op ons wag, is dus die bevordering van die gebruik van die amptelike tale sowel as ander tale wat in Suid-Afrika gebruik word, in 'n groter verskeidenheid kontekste en vir 'n groeiende aantal doeleindes.

Onomwonde gestel: ons moet maniere vind om kommunikasiekanale te open deur daarop aan te dring dat ons tale in openbare kontekste vir hovlakfunksies gebruik word sodat hulle profiele verhoog word en daar gehoor word dat hulle hierdie funksies suksesvol vervul.  Hul gebruik as 'n lingua franca op plaaslike en selfs streeksvlakke van ekonomiese aktiwiteit moet openbaar gemaak word en hulle bruikbaarheid wat inheemse kennis betref, moet op soortgelyke wyse bekend gestel word.

Aan die ander kant moet die oormatige vertroue in Engels as 'n lingua franca terselfdertyd heroorweeg word.  Waar isiZulu as 'n lingua franca vir 70% van die land se bevolking funksioneer, kan Engels tans deur slegs 20% van die bevolking doeltreffend gebruik word.  Regeringskommunikasie in Engels bereik byvoorbeeld slegs 'n minderheid mense wat waarskynlik uit die ontwikkelde middelklas- stedelike bevolking bestaan.

Die Raad erken dat hy die verstandigste strategie sal moet ontwikkel vir die herstel en verdere opbou van die bestaande funksionele gebruik van Afrikatale (insluitende Afrikaans, Khoi en San en Suid-Afrikaanse Gebaretaal) in hierdie land.  Die Raad sal ook moet toesien dat die maksimum voordeel getrek word uit dit wat deur Engels en moontlik ander internasionale tale gebied word.

Wat ons inheemse tale betref, moet 'n drieledige benadering gevolg word wat gelyktydig -
* op die ontwikkeling of uitbreiding van hierdie tale gerig is;
* gerig is op die verkenning en uitbouing van die maniere waarop die gebruikers van verwante tale hulle veeltalige vaardighede toepas om te kommunikeer; en
* die nodige omstandighede skep om die gebruik van hierdie tale uit te brei.

Met ander woorde, die Raad sal ontwikkelingsaktiwiteite onderneem wat eie aan sekere tale is, en sal ontwikkelingstrategie inisieer om interlinguistiese kommunikatiewe vaardighede (byvoorbeeld vertaling, tolking en taalaanleerprogramme) uit te bou.  Ons doelwit bly altyd di van maksimalisering van veeltalige kommunikatiewe bevoegdheid eerder as die skep van taalversperrings tussen mense.

Alhoewel die Grondwet 11 tale vir amptelike status gedentifiseer het, moet ons verstaan dat dit ontstaan het uit 'n historiese situasie wat voorheen 10 Afrikatale uitgekies en aan hulle beperkte amptelike erkenning verleen het.   Sodoende is die amptelike status van nege tale1 uitgebrei tot nasionale vlak deur hulle by die twee voormalige amptelike tale (Afrikaans en Engels) te voeg.  Hierdie tegniese punt kan vir die voorsienbare toekoms woede en gegriefdheid veroorsaak by linguistiese gemeenskappe wat sterk identifiseer met 'n taal wat hulle glo verskil van die tale wat nou amptelike status geniet.  Die posisie van die Raad is dat hy die gebruik en ontwikkeling van elke taal in Suid-Afrika erken en ondersteun omdat elke taal en sy gemeenskap fundamenteel hulpbronne van nasionale belang is wat erken, ondersteun en benut moet word.  Terselfdertyd is dit die Raad se rol om toe te sien dat hy saam met die bevordering van veeltaligheid ook samewerking en die opening van kommunikasiekanale bevorder, en nie linguistiese mededinging, afskeiding of separatisme kweek nie.

Die Raad sal verduidelik hoe tale sonder amptelike status praktiese erkenning en bevordering moet ontvang.  Die Raad se taak is die beklemtoning van die funksionele gebruik  en waarde van elke taal in 'n interafhanklike verhouding met ander tale.  Om op die hirargiese vorm van tale of die "amptelike" versus die "nieamptelike" status van tale te fokus, sal geensins op 'n praktiese wyse bydra tot 'n omgewing wat vir veeltaligheid of demokrasie bevorderlik is nie.  Die Raad is van mening dat hy eerder deur die bevordering, gebruik en ontwikkeling van alle tale in staat sal wees om demokrasie en die taalregte van elke linguistiese gemeenskap te ondersteun.  Die Raad neem kennis dat daar 'n duidelike grondwetlike verpligting op die regering - op sowel nasionale as provinsiale vlak - rus om die status en bevordering van die gebruik van die amptelike tale wat histories ingekort is, te verhoog.  Voordat dit kan gebeur, moet die staat egter die nodige hulpbronne voorsien.

PANSAT is van voorneme om 'n omgewing daar te stel waarin die staatsorgane en die burgerlike samelewing met 'n belang by taalontwikkeling, -gebruik en -diensverskaffing, tot naasbestaan aangemoedig word.  Hul gemeenskaplike doel sal wees om te verseker dat sowel taalregte beskerm word as dat die hulpbronne van elke taal en sy gebruikers op alle vlakke van die gemeenskap benut word.  In hierdie opsig sien PANSAT homself nie in 'n patriargale verhouding met ander taalliggame nie; en beooog hy ook nie om 'n strafstruktuur te word wat die mag in homself wil vestig nie.  Hy wil eerder voortgaan om sy verpligtinge na te kom om omstandighede te skep vir die opbloei van veeltaligheid.

4. Taalbeleidorinterings

Die voorkeur vir veeltaligheid bo eentaligheid, saam met die beginsel van gelyke status van 11 tale, is die rigtingbepalende basis van taalbeleid.  Ruiz (1984 en 1988) bied 'n wyse waarop taal uit drie verskillende teoretiese posisies beskou kan word, naamlik taal as 'n probleem, taal as 'n reg, en taal as 'n hulpbron.  Taalbeplanningspesialiste in Afrika verwys dikwels na hierdie verskillende beskouings oor taal.  Veral die beskouings oor taal as 'n reg en taal as 'n hulpbron het in die Franssprekende en Engelssprekende lande van Afrika onder vurige bespreking gekom.  'n Gemeenskaplike aspek in die werk van, onder andere, Akinasso, Bamgbose, Chumbow, Elube, Djit, Mateen, Prah en Tripahi, is dat die hulpbronne wat Afrikatale kan bied, blootgel en ontwikkel moet word sodat die mense van hierdie kontinent self vir hulle bestemmings verantwoordelik kan wees.

4.1 Taal as 'n probleem

Hierdie orintering is teenwoordig in gemeenskappe waar die heersende ideologie een van segregering en/of assimilering is.  Die reaksie op de facto-veeltaligheid is om 'n taalbeleid wat op eentaligheid gebaseer is, te bevorder, d.w.s. die verhoging van die taal van die heersende klas.

Suid-Afrika het pas losgekom uit 'n lang tydperk van segregasie en 'n taalbeleid gebaseer op die siening dat alle tale behalwe Afrikaans en Engels 'n probleem is.  Met die opkoms van die nuwe regerende elite geld die siening steeds dat taal 'n probleem is, maar word dit nou deur assimilasionistiese tendense bewys.

4.2 Taal as 'n reg

Hierdie orintering stem ooreen met di van gemeenskappe vir wie die beginsels van gelykheid belangrik is.  Ons Grondwet verplig ons om taalbeleid en planne vanuit hierdie siening te ontwikkel.  Die kwessie van taal as 'n reg is baie belangrik, en een wat ernstige aandag in hierdie land moet ontvang, juis omdat mense se regte in die verlede aangetas is.  Een manier om toe te sien dat taalregte gewaarborg kan word, is om taal te sien uit die perspektiewe van taal as 'n reg en taal as 'n hulpbron. 

4.3 Taal as 'n hulpbron

Hierdie orintering stem ooreen met die beginsel van interafhanklikheid, waar verskillende gemeenskappe/tale gesien word dat hulle interafhanklik saambestaan.  Die waarde van elke taal en sy spraakgemeenskap word as deel van die geheel erken.  Taal as 'n hulpbron sluit die idee van taal as 'n reg in.  Die siening dat elke taal 'n hulpbron vir die nasie is, behels die idee van die diensbare gebruik van tale of funksionele veeltaligheid.

5. Die paradigma

Die paradigma wat in Suid-Afrika aanvaar moet word, is sonder twyfel die een wat die funksionele benadering tot taal, wat onskeibaar van die siening van taal as 'n reg is, sowel as die siening dat alle tale hulpbronne is, insluit.

Taalbeleid en -beplanning wat op hierdie twee orinterings van taal as 'n reg en taal as 'n hulpbron gebaseer is -

* erken dat daar bronne van kennis en kundigheid is wat sprekers van alle tale besit;
* aanvaar dat doeltreffende maatrels getref sal word om toegang tot hierdie kennis te verkry en dit tot die maksimum voordeel van die gemeenskap aan te wend;
* ontsluit die potensiaal van bestaande patrone van plaaslike en streeks- veeltalige kommunikasiestelsels;
* benut internasionale stelsels vir kommunikasie oor linguistiese grense heen; en
* bou 'n buigsame netwerk van veeltalige kommunikasiestelsels om aan die binnelandse en internasionale vereistes van 'n nasionale plan vir ontwikkeling te voldoen.

5.1 'n Funksionele benadering tot veeltaligheid

PANSAT verstaan funksionele veeltaligheid vanuit 'n demokratiese, niediskriminerende perspektief.  In Suid-Afrika is dit om sosiale, demokratiese en ekonomiese redes onaanvaarbaar dat die gebruik van enige taal beperk word.  PANSAT verstaan onder "funksionele veeltaligheid" dat mense verskillende tale in die verskillende dele van die land gebruik.  Dit maak dus funksionele sin om die toepaslike taal/tale te gebruik wanneer gekommunikeer word.  Dit beteken dat die regering die toepaslike medium van kommunikasie moet identifiseer volgens wie die gehoor is.  Dit beteken nie dat die regering elke keer as hy met die publiek kommunikeer, al 11 tale moet gebruik nie.

Om hierdie punt op konkrete wyse te illustreer:  indien die Departement van Gesondheid 'n VIGS-veldtog van stapel wil stuur, sou 'n funksionele veeltalige benadering die idee uitsluit dat een taal dwarsdeur die hele land gebruik word om die inligting bekend te maak.  Hierdie inligting moet versprei word in elke taal wat as 'n primre taal vir kommunikasie in die land gebruik word, maar op 'n wyse wat die toepaslike teikentaal/-tale in elke gemeenskap identifiseer.  Hiervolgens moet die Mier-distrik in die Noord-Kaap waarskynlik hierdie inligting in Afrikaans en moontlik Nama ontvang; die Willowvale-gebied van die Oos-Kaap in isiXhosa; en Noordelike KwaZulu-Natal in isiZulu.

Wat die brer gemeenskap betref, sal funksionele veeltaligheid, indien dit in 'n nasionale plan vir (ekonomiese) ontwikkeling genkorporeer word, identifiseer wanneer, waar, watter en hoe tale tans gebruik word.  Dit sal die doeltreffendheidsgraad van die gebruik van hierdie tale in hierdie kontekste evalueer.  Dit sal aandui watter verdere navorsing nodig is om beter en  doeltreffender van tale gebruik te maak en dit sal verder identifiseer watter ander tale hierdie proses winsgewend kan fasiliteer.

Taalgebruik verander volgens behoeftes, waargeneem of andersins.  Gevolglik is dit onwaarskynlik dat die status quo van die funksies van tale staties gaan bly selfs sonder duidelike beplanning.  Toepaslike taalbeplanningsaktiwiteite wat aan nasionale en ekonomiese ontwikkeling gekoppel is, behoort vir baie tale op 'n meer stelselmatige en uiteindelik voordelige wyse die verskeidenheid funksies te vergroot.  Sodoende sal dit die gebruikswaarde van taal uitbou, wat die beste waarborg is dat die linguistiese regte van gemeenskappe op 'n bemagtigende wyse beskerm sal word.

'n Belangrike komponent van funksionele veeltaligheid is dat dit verantwoordelike beplanning vereis.  Die vrees dat dit outomaties die irrasionele vermenigvuldiging van taaldienste impliseer, is gegrond op 'n wanbegrip van die aangeleentheid.  Sodra die primre doel gedentifiseer is, moet die fases en tydsbestekke vir die bereiking van daardie doel ingedeel word. Die modernisering van di tale wat tans verhinder word om in domeine soos internasionale wetenskap en tegnologie en in streeks- en selfs nasionale ekonomie te funksioneer, moet 'n dringende prioriteit word.  Taaldienste en die publisering van dokumente moet gerasionaliseer word sodat dokumente beskikbaar gestel word in die tale wat die tersaaklikste vir die teikenleser is.Met ander woorde, dokumente moet in bondige en eenvoudige taal geskryf wees, en vertalings of opgesomde vertalings moet voorsien word waar en wanneer die behoefte duidelik gedemonstreer word.

6. Veeltaligheid

Die ongeveer 6 000 tale wat wreldwyd in ongeveer 200 lande gebruik word, is 'n aanduiding dat veeltaligheid 'n internasionale werklikheid is, alhoewel David Crystal op die volgende wys: "Die wydverspreide indruk dat veeltaligheid seldsaam, word bevorder deur regeringsbeleide: minder as 'n kwart van die wreld se volkere verleen amptelike erkenning aan twee tale, .... en slegs ses erken drie of meer". [Vertaal] (Crystal 1987:360). Ingrid Gogolin (1993) verwys na die monolingustiese habitus waarop die algemene Westerse persepsie oor tale berus.  Die politieke, ekonomiese en militre sukses van die Weste het gelei tot die superponering van monolinguistiese habitus op die veeltalige lande wat dit onderwerp het.  Die veeltalige realiteit waarmee PANSAT te kampe het, moet verstaan word teen die oorweldigende aandrywing na die monolonguistiese habitus, en die dinamika van linguisme (linguistiese rassisme) (sien Skutnabb-Kangas, 1998).

Suid-Afrika bevind hom in die ongewone posisie dat hy meer amptelike tale op nasionale vlak het as enige ander land.  Die Grondwet verplig die regering om aan hierdie amptelike status uitvoering te gee en verplig die Raad om respek vir ander tale asook veeltaligheid en die ontwikkeling van tale in die algemeen te bevorder.  Hierdie verpligting plaas Suid-Afrika op die voorpunt van internasionale taalbeleidsontwikkeling, wat 'n opwindende geleentheid vir pionierswerk op internasionale vlak bied.

6.1 Veeltaligheid in Suid-Afrika

Soos die meeste ander lande is Suid-Afrika veeltalig, wat beteken dat baie tale in die land in verskillende kontekste en vir verskillende doeleindes gebruik word.  Die meeste mense is in staat om meer as een taal te gebruik en baie is in staat om verskeie tale te gebruik. In di land het egter vele mites en wanbegrippe oor tale en die mense wat hulle gebruik ontwikkel, en dit sal een van PANSAT se take wees om die egte waarde en gebruik van baie van die tale van ons land te herstel.  Die meeste van diegene wat veeltalig is, praat tuis en in hul onmiddellike gemeenskap inheemse tale.

Taalgebruik oor die hele kontinent van Afrika toon ooreenkomste met di in Suid-Afrika.  Mense is gemotiveer om ander tale aan te leer as hulle moet kommunikeer om redes wat met handel en ekonomiese aktiwiteite verband hou.  Tale wat meer algemeen of deur groter spraakgemeenskappe gebruik word, neig om as skakeltale of lingua francas gebruik te word.  In Afrika is daar talle lingua francas wat algemeen gebruik word, soos Arabies, Kiswahili, Hausa, Fulfulde, Kanuri en Kikingo, wat oor grense heen en vir doeleindes van streekshandel en samewerking gebruik word.

Die amptelike inheemse tale van Suid-Afrika word dwarsoor Suidelike Afrika op soortgelyke wyse as lingua francas gebruik.  Byvoorbeeld: isiNdebele word algemeen in Zimbabwe en die noordelike dele van Suid-Afrika gebruik, en word deur sprekers van ander Nguni-tale verstaan (isiZulu word waarskynlik in Suid-Afrika deur 70% van die bevolking gebruik, alhoewel sy moedertaalsprekers selgs 22% uitmaak).  Setswana oorheers in Botswana en word ook in minstens twee provinsies van Suid-Afrika algemeen gepraat.  Xitsonga word in Mosambiek en in Suid-Afrika gepraat.  Afrikaanse is de facto die lingua franca van Namibi en die Noord-Kaap, en dit funksioneer ook op soortgelyke wyse in verskeie provinsies van Suid-Afrika.  In werklikheid word elkeen van Suid-Afrika se amptelike tale op ander plekke in die Suidelike Afrika-streek gepraat en verstaan en funksioneer dit daarom as 'n streeks- lingua franca.

6.2 Eentaligheid is ontmagtigend

Daar is aansienlike beweging onder mense wat hierdie tale op plaaslike en streeksvlakke van die ekonomie oor die Suidelike Afrika-grense heen vir handelsdoeleindes gebruik.  Aan die ander kant was diegene wat primr aan die boonste, nasionale vlakke van ekonomiese aktiwiteit deel gehad het, geneig om sprekers van Engels te wees, en in 'n mindere mate Afrikaans, in hierdie land; of sprekers van Frans en Portugees in ander Afrikalande.

Kolonisasie het saam met hom verskeie meganismes gebring om die verowerde gemeenskappe onderdruk te hou.  Een van die magsinstrumente is taal.  Mense kan nie mag deel as hulle nie toegang het tot die taal/tale wat deur diegene in beheer gebruik word nie.  In Afrika is die inheemse tale selde gebruik om die koloniale of neokoloniale mag doeltreffend uit te daag.  Saam met kolonisasie het Westerse denke, wetenskap en tegnologie al hor aansien geniet.  Inheemse kennis, wetenskap, medisyne en plaaslike ekonomie het in die proses status verloor en verskuil geraak.  Hulle is verborge in die plaaslike tale, wat deur die koloniale en neokoloniale heersers van die kontinent uit hovlakfunksies uitgesluit is.  Ironies genoeg word ho status verleen aan diegene wat 'n internasionale taal gebruik selfs al is hulle eentalig, terwyl veeltalige sprekers van Afrikatale min erkenning vir hulle kommunikatiewe vaardighede en aansienlike kennis ontvang.  Die inheemse sprekers van die internasionale tale in Afrika het dus, oor die algemeen, nie die nodigheid ingesien om plaaslike tale aan te leer nie.

6.3 Die waarde van veeltaligheid

Die Grondwet bied ons 'n geleentheid om die waarde van linguistiese pluralisme in Suid-Afrika terug te eis, en sodoende 'n verborge voorraad kennis te herontdek.  Hierdie proses het vele voordele vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap as geheel.

Die bates van daardie mense wat toegang tot inheemse kennis en taalstelsels, insluitende Suid-Afrikaanse Gebaretaal, het, en wat veeltalig is, sal herwaardeer word.

Die omgekeerde situasie, waar waarde geheg word slegs aan diegene wat Engels praat al is hulle eentalig, of diegene wat slegs in Westerse wetenskap en tegnologie vaardig is, sal in 'n meer gebalanseerde perspektief geplaas word met erkenning van alle soorte kennis en kommunikatiewe vaardighede.  Die persepsie dat mense wat nie in Engels vaardig is nie op een of ander manier ontoereikend is, sal verander moet word indien ons 'n suksesvolle beweging na 'n demokratiese gemeenskap wil h waar diversiteit aanvaar word en die interafhanklikheid van gemeenskappe en verskillende kennisstelsels op prys gestel word.

Die bevordering van veeltaligheid bied ons verder die geleentheid tot groter deelname aan die internasionale gemeenskap, aangesien een van die byvoordele sou wees om tale van wyer kommunikasie aan te leer vir doeleindes van handel en internasionale kommunikasie.  Byvoorbeeld, dit behoort te lei tot die indentifisering van Portugees, Frans, Swahili, Arabies en Hausa as tale wat aangeleer moet word vir handels- en samewerkingsdoeleindes in Afrika.

Navorsing wat in die dertiger- en veertigerjare in ons land gedoen is, het getoon dat tweetalige mense groter maatskaplike verdraagsaamheid openbaar en  meer kans op akademiese sukses het as eentalige mense.  Hierdie navorsing het vir meer as 'n halfeeu onopgemerk gebly.  Dit word nou ondersteun deur navorsing wat in ander lande, soos Noord-Amerika, Australi, Indi en Skandinawi, gedoen word.  Dus, uit sowel 'n maatskaplik samehangende perspektief as 'n onderwysperspektief gesien, hou die bevordering van veeltaligheid waarskynlik belangrike voordele vir die totale Suid-Afrikaanse gemeenskap in.

6.4 Die verhouding tussen veeltaligheid en 'n nasionale ontwikkelingsplan

Nasionale taalbeleidsformulering en -implementering moet in die oorhoofse plan vir nasionale ontwikkeling genkorporeer word.  Navorsers (sien byvoorbeeld Tripathi 1990, Akinnaso 1991 en Siatchitema 1992) wat beleids- en implementeringsprosesse op hierdie kontinent ontleed het, wys op die spanning wat ontstaan waar, byvoorbeeld, taal-in-onderwys-beleide nie met di van die nasionale plan vir ontwikkeling ooreenstem nie.  Wat geneig is om te gebeur, is dat die nasionale (ekonomiese) plan gewoonlik die taal-in-onderwys-plan ondermyn, soos wat dikwels in Afrika gebeur waar die bevordering van die gebruik van Afrikatale in die onderwys ondermyn word deur die vereistes van bedrewenheid in voormalige koloniale tale met die oog op posisies van nasionale politieke en ekonomiese mag.

Verskeie navorsers op die kontinent wys op die verband tussen Afrika se onvermo  "om te ontwikkel", en die implementering van Westers gerinteerde taalbeleide, wat die veeltaligheidswerklikheid van die kontinent ignoreer (sien byvoorbeeld Djit 1993).  Hulle wys ook op die verband tussen die toewysing van ontwikkelingshulp en eentalig afgedwingde taal-in-onderwys-beleide.  Ons kan baie by ander lande in Afrika leer want, alhoewel daar oorspronklik ideologiese en/of simboliese waarde aan Afrikatale geheg was, het die taalbeleide tog geswig voor die eentalige verleidings van Westers ontwikkelde modelle en hulppakkette.  Indien sodanige lande in staat sou gewees het om die intrinsieke nuttigheidswaarde van die Afrikatale te erken en aan te wend, sou die funksionele status van hulle tale baie anders daar uitgesien het.

7. Voorraadopname

Die PANSAT-wetgewing is die belangrikste aanduider van die verbintenis tot die artikulering en monitering van 'n taalbeleid en -plan wat omvattend genoeg is om alke sektor van die gemeenskap in te sluit; wat hierdie aspek betref, is ons ander lande vooruit.  Ons het die verdere voordeel dat ons kan leer uit die paaie wat elders op hierdie kontinent gevolg is.  Daar is sekere basiese stappe wat nodig is in die artikulering en implementering van 'n prakties uitvoerbare taalbeleid en -plan.

7.1 Taalbeleids- en -beplanningsprosedures

Die volgende stappe is nodig vir die doeltreffende implementering van 'n taalbeleid:

* Stippel die beginsels van 'n taalbeleid uit soos in die Grondwet uiteengesit.
* Ekstrapoleer en omskryf 'n taalbeleid gebaseer op hierdie beginsels.
* Kies die taalbeplanningsparadigma wat die beste aan hierdie beginsels uitvoering sal gee.
* Omskryf die grense.
* Stel 'n implementeringsplan op wat die deelname van die regering en die burgerlike samelewing insluit.
* Sien toe dat die taalbeleid en -plan in die nasionale ontwikkelingsplan genkorporeer word.
* Identifiseer die belangrikste struikelblokke en hanteer dit so gou moontlik.
* Identifiseer teiken-tydsbestekke.
* Lig die regering en die burgerlike samelewing toereikend in.

7.1 'n Verdeling van verantwoordelikhede

Die Departement Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie (DKKWT) het reeds begin met die proses om 'n nasionale taalplan in bre trekke te omskryf.  In die begin van hierdie proses was daar nog nie ooreengekom oor die Grondwet van 1996, en veral die taalartikels, nie.  Daarom was die indeling van verantwoordelikhede nog nie so duidelik as wat dit tans is nie.  Dit is nou noodsaaklik dat PANSAT en DKKWT gesamentlik oor hierdie verantwoordelikhede onderhandel ten einde die duplisering van funksies en 'n ad hoc-indeling van verantwoordelikhede te voorkom.

DKKWT het intussen die volgende twee noodsaaklike aktiwiteite genisieer wat ongetwyfeld deel uitmaak van die regering se verantwoordelikhede om uitvoering te gee aan die gelyke status en gebruik van die 11 amptelike tale:

* Die aanbied van 'n bewusmakingsveldtog, geskeduleer vir 1998-1999.
* Die instel van 'n telefoontolkdiens om aan mense van elk van die amptelike tale, en van ander bykomende prioriteitstale, toegang tot nooddienste te verleen.

Albei hierdie aktiwiteite sal die regering van hulp wees in die nakoming van sy verantwoordelikhede en is inisiatiewe wat deur PANSAT gesteun moet word.

Waar die regering meganismes instel om uitvoering te gee aan die gelyke status en gebruik van die amptelike tale, is PANSAT se rol di van inisiring en versterking van die instelling van strukture in die burgerlikesamelewing wat die ontwikkeling van interlinguistiese/veeltalige vaardighede ondersteun, en di van die benutting en maksimalisering van die mensehulpbronne van diegene wat ander tale as Engels praat.  Byvoorbeeld, PANSAT sal die ontwikkeling van die volgende bevorder:
* Gemeenskaps- en diensgebaseerde tolking en vertaling;
* onderwysmateriaal en letterkunde in inheemse tale, insluitende die nege amptelike tale, Suid-Afrikaanse Gebaretaal, en die Khoi- en San-tale;
* woordeboeke wat toegang tot tale in die verskillende taalfamilies maksimaliseer;
* die gebruiik van plaaslike en streeks- lingua francas en handelstale in ons onderhandelings met ons bure in Afrika;
* netwerke met buurlande oor taalontwikkelingsaktiwiteite in tale wat ons oor grense heen deel;
* vermo-opleidingsprogramme onder sprekers/gebruikers van veral die inheemse tale in taalopleiding en ontwikkelingswerk;
* strategie en programme wat die inheemse kennisstelsels van Suidelike Afrika ontsluit;
* vermoboustrategie en -programme vir die gemeenskappe van inheemse tale sodat hulle hul tale en kennisstelsels vir hulle eie welsyn kan gebruik.

Uiteindelik moet die taalgemeenskappe bemagtig word en moet hulle die maatskaplike, onderwys- en ekonomiese potensiaal van hul taal erken voordat veeltaligheid as 'n positiewe mag in hierdie land sal wortelskiet.

8. Slot

Ten slotte wil PANSAT die bemagtiging van taalgemeenskappe stimuleer om sowel die sentimentele as die nuttigheidswaarde van hulle tale te erken.  Veeltaligheid sal as 'n positiewe mag in hierdie land wortelskiet slegs wanneer al ons tale deur die groot gemeenskap na waarde geskat word.

9. Bronne

Akinnaso F N 1991 Toward the Development of a Multilingual Policy in Nigeria.  In Applied Linguistics, Vol 12.1:29-61.

Alexander N 1989 Language policy and National Unity in South Africa/Azania.  Kaapstad: Buchu Books

Alexander N 1995 Aanbieding vir die Departement van Staatkundige Ontwikkeling, Februarie 1995

Crystal D 1987 The Cambridge Encyclopedia of Language.  Cambridge: CUP.

Departement van Kuns, Kultuur, wetenskap en Tegnologie 1996.  Towards a National Language Plan for South Africa.  Final Report of the Language Plan Task Group (LANGTAG).  Pretoria: DKKWT

Djit P 1993  Language and Development in Africa.  International Journal of the Sociology of Language 100/101: 148-166.

Gogolin I 1993 "The 'monolingual habitus' as a concept for understanding reactions of standard language teaching to multilingualism".  Toespraak gelewer by die 10de Wreldkongres van die Internasionale Vereniging van Toegepaste Linguistiek. Amsterdam, Augustus 1993.  

Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 1995 (Wet No. 59 van 1995).  Staatskoerant Vol. 363, No. 16726.  Kaapstad:  Staatsdrukker.

Ruiz R 1984 Orientations in Language Planning.  Journal of the National Association for Bilingual Education.  Vol 8: 15-34.

Ruiz R 1988 "Official Languages and Language Planning".  In K Adams & D Brink  (red.) Official English in the border states.  Tuscon: University of Arizona Press.

Siatchitema A K 1992  "When nationism conflicts with nationalist goals: Zambia".
In Crawhill N T (red.) Democratically Speaking.  Kaapstad: National Language Project.

Skutnabb-Kangass T 1988 "Multilingualism and the education of minority children".  In Skutnabb-Kangas T & Cummins J (red.) Minority Education:  From Shame tot Struggle.  Clevedon: Multilingual Matters.

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (wet No. 108 van 1996).

Tripathi P D 1990  "English in Zambia:  the nature and prospects of one of Africa's 'new Englishes'".  In English today, 6.3:34-38.

Lede van die publiek word versoek om hulle kommentaar in te dien voor of op 30 Junie 1999, by die volgende adres:

Die Hoof Uitvoerende Beampte
PANSAT
Privaat Sak X08
Arcadia
0007

Tel: (012) 341-9638 of 341-9651
Faks: (012) 341 5938

1 Onder die vorige bedeling is erkenning aan Noord- en Suid-Sotho verleen.  Onder die huidige Grondwet is hierdie onderskeiding nie gemaak nie.  In die plek daarvan is aan isiNdebele amptelike status verleen.
1

15
DEPARTMENT OF EDUCATION
(Departement van Onderwys)
Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring
Graad R-9
(Skole)
Tale
Afrikaans - Huistaal
Ontwerp en uitleg: Prism Digital, Triple CCC Advertising, Circle Communications
Gedruk vir die Staatsdrukker Pretoria deur FormeSet Drukkers Kaap
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Gepubliseer deur die Departement van Onderwys
Sol Plaatje-huis
Schoemanstraat 123
Privaatsak X895
Pretoria 0001
Suid-Afrika
Tel: +27 12 312-5911
Faks: +27 12 321-6770
Pleinstraat 120
Privaatsak X9023
Kaapstad 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 465-1702
Faks: +27 21 461-8110
http://education.pwv.gov.za
(c) 2002 Departement van Onderwys, Pretoria
ISBN 1-919917-58-X
Staatskoerant, nr. 23406, vol. 443, Mei 2002
Tale - Afrikaans Huistaal
Hierdie dokument moet as deel van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
Graad R-9 (Skole) gelees word.
Hierdie Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) sluit in:
1. 'n Oorsig
2. Agt Leerareaverklarings:
Tale
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Kuns en Kultuur
Lewensorintering
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Tegnologie
AAN DIE LESER
Die Departement van Onderwys bied hierdie Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
Graad R-9 (Skole) met trots in al elf amptelike tale van Suid-Afrika aan.
Die proses van aanpassing en vertaling is kompleks en uitdagend. In baie gevalle
moes die terminologie en bewoording vir die kurrikulum deur die mense wat met die
dokumente gewerk het, ontwikkel word. Die dokumente is met kundiges in die veld
getoets.
Die Departement van Onderwys beskou hierdie dokumente as die begin van 'n
proses om ons tale te bevorder en te ontwikkel. Ons verwelkom en moedig mense in
die veld aan om hierdie dokumente as grondslag vir verdere ontwikkeling te gebruik.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
HOE OM HIERDIE BOEK TE GEBRUIK
n Vir algemene inligting, verwys na:
 Inleiding tot die Nasionale Kurrikulumverklaring in hoofstuk 1 - Dit sal inligting oor uitkomsgebaseerde
onderwys, die Hersiene Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) en leerprogramme verskaf.
 Inleiding tot die Leerarea in hoofstuk 1 - Dit sal 'n inleiding tot die leerareaverklaring, die kenmerke en
omvang daarvan en die leeruitkomste verskaf.
 Leerderassessering - Hierdie hoofstuk verskaf riglyne ten opsigte van assesseringsbeginsels in uitkomsgebaseerde
onderwys, bespreek deurlopende assessering en verskaf voorbeelde van verslaghouding.
 Die Naslaanlyste bevat sowel 'n algemene woordelys vir kurrikulum en assessering as 'n spesifieke
leerareawoordelys.
n Hierdie boek bestaan uit verskeie hoofstukke. Daar is een hoofstuk vir elkeen van die fases van die Algemene-
Onderwys-en-Opleidingsband - die Grondslagfase, Intermedire Fase en Senior Fase. Elkeen van hierdie
hoofstukke het 'n kort inleidende gedeelte wat deur die assesseringstandaarde vir die fase gevolg word. Daar
is ook 'n hoofstuk oor leerderassessering.
n Die assesseringstandaarde vir elke fase word op so 'n manier aangebied dat dit moontlik is om progressie te
volg. Dit beteken dat soortgelyke assesseringstandaarde vir elke graad saam verskyn sodat die onderwyser
progressie van jaar tot jaar kan nagaan. As gevolg hiervan is daar van tyd tot tyd oop ruimtes, want nie elke
assesseringstandaard het 'n ooreenkomstige een in elke graad nie.
n Sekere simbole word regdeur die boek gebruik om die leser te help om inligting waarna sy of hy soek, op te
spoor. Hierdie simbole is:
Assesseringstandaarde
Graad
Leeruitkoms
Tale - Afrikaans Huistaal
INHOUD
HOOFSTUK 1: INLEIDING 1
INLEIDING TOT DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING 1
Uitkomsgebaseerde Onderwys 1
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring: Leerareaverklarings 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring: Leerprogramme 2
Tydstoekennings 3
Assessering 3
Die Soort Onderwyser wat in die Vooruitsig gestel word 3
Die Soort Leerder wat in die Vooruitsig gestel word 3
INLEIDING TOT DIE TALE-LEERAREA - AFRIKAANS 4
Definisie 4
Die Toevoegende Benadering tot Veeltaligheid 4
Taal van Leer en Onderrig 5
Doel 5
Unieke Kenmerke en Omvang 6
Tale-leeruitkomste 6
HOOFSTUK 2: GRONDSLAGFASE (Graad R-3) 11
INLEIDING 11
Fokus 11
Taalontwikkeling, 'n Geleidelike Proses 11
'n Gebalanseerde Benadering tot Geletterdheidsontwikkeling 11
Voortbou op Kennis 12
Aanmoedigende Praktyk 12
Integrasie van Leeruitkomste 12
LEERUITKOMSTE 13
Leeruitkoms 1: Luister 13
Leeruitkoms 2: Praat 13
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 13
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leeruitkoms 4: Skryf 13
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 14
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 14
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE 15
Assesseringstandaarde en Tekste vir Graad R 15
Aanbevole Tekste 15
Leeruitkoms 1: Luister 16
Leeruitkoms 2: Praat 17
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 18
Leeruitkoms 4: Skryf 20
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 21
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 22
Assesseringstandaarde en Tekste vir Graad 1-3 23
Aanbevole Tekste 23
Leeruitkoms 1: Luister 26
Leeruitkoms 2: Praat 30
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 34
Leeruitkoms 4: Skryf 42
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 48
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 52
HOOFSTUK 3: INTERMEDIRE FASE (Graad 4-6) 59
INLEIDING 59
Fokus 59
Wyer Omvang van Tekste 59
Gentegreerde Leeraktiwiteite 59
Brer en Gevarieerde Inhoud 59
LEERUITKOMSTE 60
Leeruitkoms 1: Luister 60
Leeruitkoms 2: Praat 60
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 60
Leeruitkoms 4: Skryf 60
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 61
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 61
Tale - Afrikaans Huistaal
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE 61
Aanbevole Tekste 62
Leeruitkoms 1: Luister 68
Leeruitkoms 2: Praat 72
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 76
Leeruitkoms 4: Skryf 82
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 86
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 90
HOOFSTUK 4: SENIOR FASE (GRAAD 7-9) 99
INLEIDING 99
Fokus 99
LEERUITKOMSTE 99
Leeruitkoms 1: Luister 99
Leeruitkoms 2: Praat 99
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 100
Leeruitkoms 4: Skryf 100
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 100
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 100
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE 101
Aanbevole Tekste 101
Die inhoud van tekste 102
Leeruitkoms 1: Luister 104
Leeruitkoms 2: Praat 108
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk 112
Leeruitkoms 4: Skryf 116
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer 120
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik 126
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
HOOFSTUK 5: LEERDERASSESSERING 135
INLEIDING 135
ASSESSERINGSBEGINSELS WAT IN UITKOMSGEBASEERDE ONDERWYS
GEBRUIK WORD 136
Definisie 136
Kernelemente 136
Doelstellings van Assessering 136
DEURLOPENDE ASSESSERING 137
Kenmerke van Deurlopende Assessering 137
Assesseringstrategie 138
Algemene Assesseringstake 138
DIE BESTUUR VAN ASSESSERING 138
Mense betrokke by Assessering 138
Skoolassesseringsprogram 139
VERSLAGHOUDING 139
Verslagboeke 139
Kodes vir Gebruik vir Assessering 140
Nasionale Kodes 141
Vorderingskedules 141
Leerderprofiele 141
RAPPORTE 142
Inligting wat in Rapporte moet Verskyn 142
Rapporte/Verslagkaarte 143
NASLAANLYSTE 144
WOORDELYS: KURRIKULUM EN ASSESSERING 144
WOORDELYS: TALE 146
Tale - Afrikaans Huistaal
Inleiding
1
HOOFSTUK 1
INLEIDING
INLEIDING TOT DIE NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996) verskaf die grondslag vir die
transformasie en ontwikkeling van die kurrikulum in Suid-Afrika. Die Aanhef tot die Grondwet verklaar
die doelstellings van die Grondwet soos volg:
n Heel die verdelings van die verlede en skep 'n samelewing gegrond op demokratiese waardes, sosiale
geregtigheid en fundamentele menseregte.
n L die grondslag vir 'n demokratiese en oop samelewing waarin regering op die wil van die bevolking
gegrondves is en elke burger gelyk deur die reg beskerm word.
n Verhoog die lewensgehalte van alle burgers en ontsluit die potensiaal van elke mens.
n Bou 'n verenigde en demokratiese Suid-Afrika wat sy regmatige plek as 'n soewereine staat in die
gemeenskap van nasies kan inneem.
Onderwys en die kurrikulum speel 'n belangrike rol in die verwesenliking van hierdie doelwitte. Die kurrikulum
is daarop gerig om die volle potensiaal van elke leerder as burger van 'n demokratiese Suid-Afrika te ontwikkel.
Uitkomsgebaseerde Onderwys
Uitkomsgebaseerde onderwys vorm die grondslag vir die kurrikulum in Suid-Afrika. Dit strewe daarna om alle
leerders in staat te stel om tot hul maksimum vermo te presteer. Dit word gedoen deur die uitkomste wat aan die
einde van die proses bereik moet word, uiteen te sit. Die uitkomste beklemtoon 'n leerdergerigte en aktiwiteitsgebaseerde
benadering tot onderwys. Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring bou die leeruitkomste vir die
Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband vir graad R-9 (vir skole) op die kritieke en ontwikkelingsuitkomste wat
deur die Grondwet genspireer is en in 'n demokratiese proses ontwikkel is.
Die kritieke uitkomste stel leerders wat tot die volgende in staat sal wees, in die vooruitsig:
n Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke.
n Werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie en gemeenskap.
n Organiseer en bestuur hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend.
n Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities.
n Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme.
n Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en
die gesondheid van ander te toon.
n Begryp dat die wreld 'n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Inleiding
2
Die ontwikkelingsuitkomste stel leerders wat ook tot die volgende in staat sal wees, in die vooruitsig:
n Dink na oor en ondersoek 'n verskeidenheid strategie om doeltreffender te leer.
n Neem as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wreldgemeenskap deel.
n Is kultureel en esteties sensitief in verskeie sosiale kontekste.
n Ondersoek opleidings- en beroepsmoontlikhede.
n Ontwikkel entrepreneursgeleenthede.
Vraagstukke soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, ouderdom, gestremdheid en uitdagings soos MIV/VIGS
benvloed die graad waartoe en die manier waarop leerders aan skoling kan deelneem. Die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) volg 'n inklusiewe benadering deur minimum vereistes vir alle leerders
te spesifiseer. Al die leerareaverklarings probeer om 'n bewustheid van die verband tussen sosiale geregtigheid,
menseregte, 'n gesonde omgewing en inklusiwiteit te skep. Leerders word ook aangemoedig om kennis van en
begrip vir die ryk diversiteit van hierdie land, insluitend die kulturele, godsdienstige en etniese komponente van
hierdie diversiteit, te ontwikkel.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring: Leerareaverklarings
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) bestaan uit 'n Oorsig en agt Leerareaverklarings
vir:
n Tale
n Wiskunde
n Natuurwetenskappe
n Tegnologie
n Sosiale Wetenskappe
n Kuns en Kultuur
n Lewensorintering
n Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Elke leerareaverklaring identifiseer die hoofleeruitkomste wat teen die einde van graad 9 bereik moet word. Elke
leerareaverklaring spesifiseer ook die assesseringstandaarde wat dit moontlik sal maak om die leeruitkomste te
bereik. Assesseringstandaarde word vir elke graad omskryf en beskryf die diepte en wydte van wat leerders
behoort te weet en waartoe hulle in staat moet wees. Elke leerareaverklaring se assesseringstandaarde toon hoe
konseptuele en vaardigheidsontwikkeling oor tyd heen kan plaasvind. Assesseringstandaarde kan sowel binne
grade as oor grade heen gentegreer word. Die bereiking van 'n optimale verhouding tussen integrasie oor
leerareas heen (waar nodig en opvoedkundig korrek) en konseptuele progressie is sentraal tot hierdie kurrikulum.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring: Leerprogramme
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is gerig op die bevordering van sowel toewyding as bevoegdheid
onder onderwysers, wat verantwoordelik vir die ontwikkeling van hul eie leerprogramme sal wees. Ten einde
hierdie proses te steun, sal die Departement van Onderwys beleidsriglyne wat op elke leerareaverklaring gebaseer
is, verskaf. Provinsies sal, waar nodig, verdere riglyne ontwikkel ten einde voorsiening vir diversiteit te maak.
Tale - Afrikaans Huistaal
Inleiding
3
Die onderliggende beginsels en waardes van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring se leerareaverklarings
is ook onderliggend aan die leerprogramme. Terwyl die leerareas die begrippe, vaardighede en waardes stipuleer
wat per graad bereik moet word, spesifiseer leerprogramme die omvang van leer- en assesseringsaktiwiteite per
fase. Leerprogramme bevat ook werkskedules wat die tempo en orde van hierdie aktiwiteite vir elke jaar verskaf,
asook voorbeelde van lesplanne wat in enige gegewe tydperk gemplementeer kan word.
In die Grondslagfase is daar drie leerprogramme: Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardighede. In die
Intermedire Fase is Tale en Wiskunde afsonderlike leerprogramme. Leerprogramme moet verseker dat die
voorgeskrewe uitkomste vir elke leerarea doeltreffend en volledig gedek word. Skole kan, na aanleiding van hul
organisatoriese vereistes, op die aantal en aard van ander leerprogramme in die Intermedire Fase besluit, mits
die nasionale prioriteite en ontwikkelingsbehoeftes van leerders in 'n fase in ag geneem word. In die Senior Fase
is daar agt leerprogramme gebaseer op die leerareaverklarings.
Tydstoekennings
Kragtens die Wet of die Indiensneming van Opvoeders (1998), sal die formele skooldag vir opvoeders sewe uur
wees. Kragtens die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (1996), is die formele onderrigtyd per week 35 uur. Dit
word uiteengesit in: (i) Oorsig-dokument ISBN 1-919917-08-X, bladsy 17 en 18
(ii) Staatskoerant nr. 23406, Vol. 443, Mei 2002, bladsy 26 en 27.
Assessering
Elke leerareaverklaring bevat 'n omvattende afdeling oor assessering. 'n Uitkomsgebaseerde raamwerk gebruik
assesseringsmetodes wat uiteenlopende kontekstuele faktore omvat. Assessering behoort doeltreffende
aanduidings van leerderprestasie te verskaf en behoort te verseker dat leerders kennis en vaardighede integreer en
toepas. Assessering behoort leerders ook te help om hul eie prestasievlak te evalueer, om doelwitte vir vordering
te stel en om verdere leer aan te moedig.
Die Soort Onderwyser wat in die Vooruitsig gestel word
Alle onderwysers en ander opvoeders lewer 'n kernbydrae tot die transformasie van onderwys in Suid-Afrika.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) stel onderwysers in die vooruitsig wat
gekwalifiseer, bekwaam, toegewyd en deernisvol is. Hulle sal in staat wees om die verskeie rolle wat in die
Norme en Standaarde vir Opvoeders beskryf word, te vervul. Hiervolgens word onderwysers as fasiliteerders van
leer, vertolkers en ontwerpers van leerprogramme en leerstof, leiers, administrateurs en bestuurders, vakkundiges,
navorsers en lewenslange leerders, gemeenskapslede, burgers en beraders, assessors en deskundiges van leerareas
of leerfases beskou.
Die Soort Leerder wat in die Vooruitsig gestel word
Die bevordering van waardes is nie slegs belangrik vir persoonlike ontwikkeling nie, maar ook om te verseker dat
'n nasionale Suid-Afrikaanse identiteit gebou word op waardes wat verskillend is van di wat apartheidsonderwys
onderl het. Die soort leerder wat in die vooruitsig gestel word, is een wat met hierdie waardes besiel sal wees en
wat in die belange van 'n samelewing gegrond op agting vir demokrasie, gelykheid, menswaardigheid, lewe en
sosiale geregtigheid sal optree. Die kurrikulum stel in die vooruitsig 'n lewenslange leerder wat vrymoedig en
onafhanklik, geletterd, gesyferd, veelvaardig en deernisvol is, met respek vir die omgewing en met die vermo
om as 'n kritiese en aktiewe burger aan die samelewing deel te neem.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Inleiding
4
INLEIDING TOT DIE TALE-LEERAREA - AFRIKAANS
Definisie
Die leerarea Tale sluit die volgende in:
n al elf amptelike tale, naamlik Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu, Sepedi, Sesotho, Setswana,
SiSwati, Tshivenda, Xitsonga;
n tale wat deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) en die Suid-Afrikaanse Sertifiseringsraad
(SAFSERT) goedgekeur is, naamlik Suid-Afrikaanse gebaretaal en Braille.
Die leerareaverklaring vir elke amptelike taal verskyn in drie afsonderlike dele: Huistaal, Eerste Addisionele Taal
en Tweede Addisionele Taal.
In 'n veeltalige land soos Suid-Afrika is dit belangrik dat leerders 'n ho taalbevoegdheidsvlak in minstens twee
tale bereik en dat hulle in staat is om in ander tale te kommunikeer.
Die Toevoegende Benadering tot Veeltaligheid
Die Tale-leerarea volg die Departement van Onderwys se taal-in-onderwys-beleid. Hierdie beleid gee aan
skoolbeheerrade die verantwoordelikheid om 'n taalbeleid vir skole te kies wat gepas vir hul omstandighede is en
wat by die beleid van toevoegende veeltaligheid aansluit. Die Tale-leerareaverklaring verskaf 'n kurrikulum wat
ondersteunend is van watter besluit 'n skool ook al neem. Dit volg 'n toevoegende benadering tot veeltaligheid:
n Alle leerders leer hul huistaal en minstens een addisionele amptelike taal.
n Leerders raak bevoeg in 'n addisionele taal, terwyl hul huistaal gebruik en ontwikkel word.
n Alle leerders leer 'n Afrika-taal vir minstens ses jaar teen die einde van die Algemene-Onderwys-en-
Opleidingsband. In sommige omstandighede kan dit as 'n tweede addisionele taal geleer word.
Die huis-, eerste en tweede addisionele taal word op verskillende maniere benader:
n Die huistaal-assesseringstandaarde veronderstel dat leerders wat skool begin, die taal kan verstaan en kan
praat. Dit ondersteun die ontwikkeling van hierdie bevoegdheid, veral ten opsigte van verskillende soorte
geletterdheid (lees-, skryf-, visuele en kritiese geletterdheid). Dit verskaf 'n sterk kurrikulum om die taal van
onderrig en leer (TOL) te ondersteun.
n Die eerste addisionele taal veronderstel dat leerders nie noodwendig enige kennis van die taal het wanneer
hulle skool begin nie. Die kurrikulum begin deur leerders se vermo om die taal te verstaan en te praat, te
ontwikkel. Op hierdie fondament word geletterdheid gebou. Leerders is in staat om die geletterdhede wat
hulle in hul huistaal verwerf het, na die eerste addisionele taal oor te dra. Die kurrikulum verskaf sterk
ondersteuning aan leerders wat hul eerste addisionele taal in die een of ander stadium tydens die Algemene-
Onderwys-en-Opleidingsband as onderrigtaal sal gebruik. Teen die einde van graad 9 behoort hierdie
leerders hul huis- en eerste addisionele taal doeltreffend en vrymoedig vir verskeie doeleindes, asook vir leer,
te gebruik.
n Die tweede addisionele taal is bedoel vir leerders wat drie tale wil leer. Die derde taal kan 'n amptelike
of 'n vreemde taal wees. Die assesseringstandaarde verseker dat leerders in staat is om die taal vir
algemene kommunikatiewe doeleindes te gebruik. Daar word veronderstel dat minder tyd aan die leer
van die tweede addisionele taal as aan die huistaal of eerste addisionele taal toegeken sal word.
Tale - Afrikaans Huistaal
Inleiding
5
Die Tale-leerarea maak voorsiening vir al elf amptelike tale as:
n huistaal;
n eerste addisionele taal; en
n tweede addisionele taal.
Taal van Leer en Onderrig
Daar word aanbeveel dat leerders se huistaal so ver moontlik vir die doel van leer en onderrig gebruik word. Dit
is veral belangrik in die Grondslagfase wanneer kinders leer lees en skryf.
Indien dit vir leerders nodig is om vir leer en onderrig van hul huistaal na 'n addisionele taal oor te skakel, moet
die oorskakeling noukeurig beplan word:
n Die addisionele taal behoort so vroeg moontlik as vak bekendgestel te word.
n Die huistaal behoort so lank moontlik saam met die addisionele taal gebruik te word.
n Indien 'n leerder by 'n skool inskryf waar die taal van onderrig en leer 'n addisionele taal vir die leerder is,
behoort onderwysers en die skool voorsiening te maak vir spesiale ondersteuning en addisionele leer in die
addisionele taal, totdat dit vir die leerder moontlik is om doeltreffend in die onderrigtaal te leer.
Doel
Taal is sentraal in ons lewens. Ons kommunikeer en verstaan ons wreld deur taal. Taal vorm dus ons identiteit
en ons kennis.
Tale het 'n aantal belangrike doelwitte wat in die Tale-leerareaverklaring weerspiel word. Dit is:
n Persoonlik - ontwikkel en handhaaf identiteit; handhaaf hegte verhoudings binne gesins-, familie- en
gemeenskapsverband; vir persoonlike ontwikkeling en genot.
n Kommunikasie - kommunikeer gepas en doeltreffend in 'n verskeidenheid sosiale kontekste.
n Opvoedkundig - ontwikkel instrumente vir dink en redeneer en verkry toegang tot inligting.
n Esteties - gaan skeppend en met verbeelding om met mondelinge, visuele en geskrewe tekste.
n Kultureel - toon begrip en waardering vir tale en kulture, asook vir die erfeniswaarde wat dit oordra.
n Polities - wees handhawend en bevraagteken ander; oorreed ander van 'n spesifieke standpunt; posisioneer
self en ander; handhaaf, ontwikkel en transformeer identiteit.
n Krities - verstaan die verband tussen taal, mag en identiteit en bevraagteken die gebruike daarvan waar
nodig; verstaan die dinamiese aard van kultuur; weerstaan, waar nodig, oorreding en posisionering.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Inleiding
6
Unieke Kenmerke en Omvang
Hoe dra die Tale-leerarea tot die kurrikulum by?
n Dit ontwikkel lees en skryf, wat die grondslag vir alle ander belangrike geletterdheidsvorme vorm.
n Dit is die medium waardeur 'n groot deel van ander leer in die kurrikulum plaasvind, soos in wiskunde en die
sosiale wetenskappe.
n Dit moedig interkulturele begrip, toegang tot ander perspektiewe en 'n kritiese begrip van die konsep
kultuur aan.
n Dit stimuleer verbeeldings- en skeppende aktiwiteite en bevorder sodoende die doelwitte van kuns en kultuur.
n Dit voorsien 'n manier van inligtingsoordrag en bevorder verskeie doelwitte van wetenskap-, tegnologie- en
omgewingsopvoeding.
n Dit ontwikkel die kritiese bevoegdhede nodig om verantwoordelike burgers te word.
Tale: 'n kombinasie van kennis, vaardighede en waardes
Daar is ses hoofleeruitkomste:
n Die eerste vier leeruitkomste dek vyf verskillende taalvaardighede (luister, praat, lees, kyk en skryf).
n Leeruitkoms 5 hou verband met die gebruik van taal vir dink en redeneer, wat veral belangrik vir die taal van
leer en onderrig is. Hierdie leeruitkoms is nie in die kurrikulum vir tweede addisionele tale ingesluit nie,
aangesien dit die doel van hierdie leeruitkoms is om leerders voor te berei om dit as die taal van leer en
onderrig te gebruik.
n Leeruitkoms 6 hou verband met die kern van taal - klanke, woorde en grammatika - in tekste. Hierdie kennis
word deur die taalvaardighede wat in die ander leeruitkomste beskryf word, toegepas.
Hierdie leeruitkomste is geskryf om op spesifieke soorte kennis en vaardighede te fokus, asook om dit duidelik
en toeganklik te maak. Wanneer ons taal gebruik, integreer ons egter kennis, vaardighede en waardes om ons uit
te druk. Die integrasie van hierdie taalaspekte deur die skep en interpretasie van tekste is dus 'n sentrale beginsel
van die Tale-leerareaverklaring.
Tale-leeruitkomste
Leeruitkoms 1: Luister
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Leeruitkoms 2: Praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Tale - Afrikaans Huistaal
Inleiding
7
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Leeruitkoms 4: Skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te gebruik.
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk
en gebruik.
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Die integrasie van leeruitkomste
Luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en kennis van klanke, woorde en grammatika behoort,
alhoewel dit as aparte leeruitkomste aangebied word, tydens onderrig en assessering gentegreer te word.
Byvoorbeeld, leerders:
n luister na 'n spesifieke soort teks (soos 'n beskrywing van 'n proses soos gouddelwery of papiermaak);
n lees en ontleed belangrike kenmerke van 'n ander teks van dieselfde soort (soos die gebruik van die
teenwoordige tyd, passiewe vorm, verbindingswoorde soos "eers", "dan", "daarna");
n ontwerp en skep 'n nuwe teks van dieselfde soort, insluitend visuele materiaal in die vorm van 'n
vloeidiagram.
Die skep en interpreteer van tekste
Om in staat te wees om tekste te skep en te interpreteer, benodig leerders kennis van taal, kennis van tekste,
asook taalvaardighede en -strategie.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Inleiding
8
Tekste kan die volgende insluit:
n mondeling, soos 'n toespraak;
n skriftelik, soos 'n brief;
n 'n kombinasie van skriftelike en visuele tekste, soos 'n advertensie;
n multimedia, soos 'n film- of televisieteks.
Kennis van taal en tekste sluit kennis rakende die volgende in:
n konteks - die doel, onderwerp en teikengroep;
n teksstruktuur, soos van 'n gedig of advertensie;
n taalverwante sosiale gebruike en konvensies, soos groetvorme in verskillende tale;
n grammatika, klanke en woordeskat van die taal;
n skryf en spelling in geskrewe tekste;
n beelde en ontwerp in visuele tekste.
Integrasie van die leer van taal: waardes
Alle tekste dra waardes oor wat positief (bv. demokraties) of negatief (bv. seksisties, rassisties) kan wees. Hierdie
waardes is nie altyd ooglopend nie. Leerders behoort bewus van en krities te wees oor waardes in die tekste wat
hulle lees, waarna hulle kyk en wat hulle self skep.
Wanneer hulle waardes in mondelinge, visuele en geskrewe tekste ontleed en, waar nodig, bevraagteken,
sal leerders:
n leer hoe tekste 'n bepaalde standpunt teenoor mense en gebeure oordra;
n die kritiese vaardighede ontwikkel om hierdie standpunte en die gepaardgaande waardes te ondersoek en,
indien nodig, te verwerp;
n bewus raak van hoe hulle waardes uitdruk wanneer hulle self tekste skep - soos verdraagsaamheid, empatie,
respek, genot, humor, speelsheid, ontevredenheid, woede.
Integrasie van die leer van taal: temas
Taalleer kan ook deur temas gentegreer word. Die gebruik van 'n tema laat die leerder toe om woordeskat wat by
die onderwerp aansluit, op te bou.
'n Sorgvuldige keuse van onderwerpe en temas prikkel die leerder se belangstelling. Om dit te bewerkstellig,
behoort die onderwyser die volgende te doen:
n Vind 'n balans tussen onderwerpe en temas wat meisies en seuns en plattelandse en stedelike leerders
interesseer, en temas wat hierdie verdelings oorbrug en leerders verenig.
n Kies onderwerpe wat relevant tot leerders se lewens is en hulle tog verby dit wat hulle reeds weet, neem.
Hulle kan byvoorbeeld van ander lande en kulture leer.
n Kies temas en onderwerpe wat by die kritieke uitkomste en die ontwikkelingsuitkomste aansluit. Leerders
behoort byvoorbeeld 'n bewustheid te ontwikkel van belangrike menseregte- en omgewingskwessies, soos
armoede, MIV/VIGS, die reg op grond, en verbruikersdruk.
Tale - Afrikaans Huistaal
Inleiding
9
Menseregte en omgewingsgeregtigheid
Taal is 'n belangrike instrument om begrip van menseregte en omgewingsgeregtigheid te ontwikkel. Deur die
assesseringstandaarde wil die Tale-leerareaverklaring hierdie instrument tot sy volle potensiaal ontwikkel.
Leerders behoort vrymoedige tweetaliges (of veeltaliges) te word wat die kritiese instrumente het om hul wreld
en die mondelinge en geskrewe tekste daaroor te lees. Hulle behoort in staat te wees om hierdie tekste op
maniere wat moontlikhede ten opsigte van sowel menseregte as omgewingsgeregtigheid verbreed, te "herskryf ".
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
10
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
11
HOOFSTUK 2
GRONDSLAGFASE
(Graad R-3)
INLEIDING
Alle leerders begin skool met reeds bestaande kennis van en 'n ho bevoegdheidsvlak in hul huistaal. Hierdie
kennis het hulle deur 'n verskeidenheid interaksies in hul tuisomgewing bekom - deur versorging, opvoeding en
speel. Omdat leerders se tuisomgewings verskil, sal die kennis wat hulle skool toe bring, ook verskil. Wat hulle
weet, behoort egter in hul taalontwikkeling gebruik te word. Dit is sentraal tot hul persoonlike groei, hul
interaksie met ander en hul toegang tot leer en tot die wreld rondom hulle. In die volgende afdeling word die
volgende kortliks verduidelik:
n die leerder se reeds bestaande kennis;
n die leeromgewing;
n beginsels en benaderings onderliggend aan hierdie kurrikulum.
Fokus
Wanneer leerders met graad R en 1 begin, het hulle reeds baie geleer deur te luister en kan met verskillende
grade van vlotheid en selfvertroue praat. Hulle is grootgemaak met die kultuur, tradisies en kennis wat 'n deel
van hul tuisomgewing is, en dit vorm 'n deel van hul taalkennis. Die klaskamer behoort 'n ruimte te wees waar
dit wat leerders weet, geprys, gerespekteer en verder ontwikkel word.
Taalontwikkeling, 'n Geleidelike Proses
Die beginsel wat die onderrig en leer van geletterdheid in hierdie kurrikulum onderl, is die feit dat taalontwikkeling
'n geleidelike proses van verbetering behels. Foute vorm 'n natuurlike deel van hierdie proses en
leerders se taal sal, met ondersteuning, al hoe akkurater raak algaande hulle meer geleenthede vir die
ontwikkeling van hul taalkennis en -vaardighede kry.
'n Gebalanseerde Benadering tot Geletterdheidsontwikkeling
In hierdie kurrikulum word 'n "gebalanseerde benadering" tot geletterdheidsontwikkeling gevolg. Dit is
"gebalanseerd" omdat dit met leerders se vormende geletterdheid begin, dit hulle by die lees van die regte
boeke betrek, hulle vir werklike doeleindes laat skryf en omdat dit aandag aan klanke skenk. Dit is die dinge
wat leerders moet weet en doen om te leer om suksesvol te lees en skryf. Met verwysing na lees, beteken dit 'n
wegbeweeg van 'n "leesgereedheidsbenadering" waarvolgens kinders nie gereed vir lees en skryf is voordat
hulle sekere subvaardighede soos ouditiewe onderskeiding, visuele onderskeiding en die ontwikkeling van klein
en groot motoriese vaardighede op 'n sekere vlak bereik het nie.
Volgens die gebalanseerde benadering:
n hoef hierdie vaardighede nie in plek te wees voordat 'n leerder kan begin lees en skryf nie;
n kan en behoort hierdie vaardighede gedurende 'n kind se vroe leerervaringe ontwikkel te word.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
12
Voortbou op Kennis
Die Tale-kurrikulum herken dat leerders se kennis van geskrewe taal vanaf hul eerste blootstelling aan lees en
skryf tuis, in hul omgewing en tydens hul voorskoolse jare begin ontwikkel. Om hierdie proses voort te sit,
behoort die klaskamer 'n omgewing te wees wat leerders aanmoedig om toenemend vaardige lesers en skrywers
te raak.
Aanmoedigende Praktyk
Volgens die kurrikulum behoort onderwysers die volgende te doen:
n Moedig leerders aan om wyd te lees en ondersteun hulle.
n Skep gereeld geleentheid vir leerders om te skryf en om hul woordeskat en taalgebruik uit te brei en te
ontwikkel.
n Help leerders om tegnieke en strategie te ontdek wat hulle help om die "kode" van die geskrewe woord te
ontsluit, byvoorbeeld:
 die ontwikkeling van verskillende woordherkennings- en begripsvaardighede soos klankbewustheid
(sensitiwiteit vir die klank van taal);
 kennis van letter-klank-ooreenstemming (klanke);
 kennis van samesmelting (wanneer twee of drie letters saam een klank voorstel).
Integrasie van Leeruitkomste
Daar moet besef word dat die leeruitkomste saamwerk om leerders se taalvaardigheid te ontwikkel. Voorbeelde
van tekste (mondelinge, geskrewe, visuele en multimedia) wat leerders en onderwysers in staat stel om hierdie
integrasie uit te voer, word aan die begin van die assesseringstandaarde voorgestel. Onthou, daar kan nie van
leerders verwag word om 'n taal te praat wat hulle nog nooit gehoor het nie, of om tekste wat hulle nog nooit
gelees of gesien het nie, te skryf of te skep.
LEERUITKOMSTE
Leeruitkoms 1: Luister
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Die luistervaardighede wat leerders skool toe bring, behoort verfyn en gebruik te word om hulle praat-, lees-,
kyk- en skryfvaardighede te ontwikkel. Aktiewe luister is sentraal tot leer, asook tot die ontwikkeling van
beleefde verhoudings. Leerders kan luister om hul kennis van hul eie en ander tale en kulture uit te brei.
Leeruitkoms 2: Praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Leerders behoort in staat te wees om hul kommunikasievaardighede doeltreffend oor kultuur- en taalgrense
heen te gebruik. Hulle behoort deur ervaring te leer dat veeltaligheid tot persoonlike en sosiale verryking lei.
Hulle behoort te leer om met mense met spraak- en gehoorgebreke te kommunikeer en sensitief vir hul
behoeftes te wees.
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Lees vir betekenis is die hoofdoel. Tegnieke en strategie wat leerders help om toenemend akkuraat te lees,
ondersteun lees vir betekenis. Lees (insluitend visuele en multimedia-tekste) is noodsaaklik vir taalontwikkeling,
om te leer skryf, vir genot, persoonlike groei en om oor die wreld te leer.
Leeruitkoms 4: Skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
In die Grondslagfase werk leerders om hierdie leeruitkoms te bereik. Hulle leer dat skrif betekenis oordra en dat
hulle daardie betekenis self skep. Hulle ontwikkel hul handskrifvaardighede om in staat te wees om hul gedagtes
en idees aan te teken sodat ander dit kan lees. Hulle leer hoe om skryfkonvensies soos spelling en leestekens te
gebruik om hul skryfwerk verstaanbaar vir ander te maak. Hulle leer dat skryf 'n proses is wat die volgende
insluit: pre-skryf, konsepskryf (kladwerk), hersiening, redigering, illustrasie en publikasie.
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
13
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
14
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk
en gebruik.
Die vaardighede in hierdie leeruitkoms vorm deel van alle aspekte van taalleer. Die rede vir die insluiting hiervan
as 'n afsonderlike leeruitkoms is om die belangrikheid daarvan in die ontwikkeling van taal oor die kurrikulum
heen te beklemtoon. Tale kan as 'n "toegangs"-leerarea beskou word: dit maak dit vir leerders moontlik om al hul
ander vakke te leer. Onderwysers behoort dus voortdurend die taalgereedskap vir dink en redeneer te ontwikkel,
vas te l en te konsolideer. Dit kan nie in isolasie plaasvind nie - leerders moet hierdie vaardighede in alle
leerareas toepas.
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Leerders sal begin ondersoek hoe taal werk. Hulle sal begin om 'n gedeelde taal te ontwikkel om oor taal te praat
('n "metataal"). Hulle sal byvoorbeeld terme soos "klank", "woord", "sin" en "punt" leer en gebruik. Dit sal
hulle in staat stel om oor dinge soos hoe woorde gespel word en hoe enkelvoudige sinne saamgestel en
gepunktueer word, na te dink en dit te bespreek.
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
15
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE
Let Wel:
n In die volgende afdelings word die assesseringstandaarde vir elke leeruitkoms vir elke graad gegee.
Voorbeelde van tekste wat vir gentegreerde taalleer gebruik kan word, word verskaf. Dit it nie die
enigste moontlike voorbeelde nie en onderwysers kan enige ander gepaste en beskikbare tekste byvoeg.
n Onderwysers moet in gedagte hou dat nie alle leerders graad R bygewoon het nie. Dit is nodig dat begrippe,
vaardighede en strategie vir graad R in graad 1 onderrig en vasgel word.
Assesseringstandaarde en Tekste vir Graad R
Graad R
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Stories (dikwels gedramatiseer met 'n refrein of koor waaraan leerders kan meedoen)
n Eenvoudige aanwysings
n Vertellinge
n Aksierympies
n Eenvoudige beskrywings
n Liedjies
n Speletjies
Visueel/Geskrewe:
n Prenteverhale en -boeke met baie eenvoudige byskrifte
n Prentelegkaarte
n Bekende advertensies en plakkate
n Foto's
Multimedia:
n Televisie
n Kinderfilms
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
16
Leeruitkoms 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister aandagtig na vrae, instruksies en aankondigings
en reageer gepas.
n Toon gepaste luistergedrag deur te luister sonder om te
onderbreek, respek vir die spreker te toon en beurte te
neem om te praat.
n Luister met genot na mondelinge tekste (eenvoudige
liedjies, rympies, kort gedigte en stories) en toon begrip:
 voer dele van die storie, liedjie of rympie op;
 doen mee aan refreine op die gepaste tyd;
 teken 'n prent van die storie, liedjie of rympie;
 let besonderhede op en gee die hoofidee van 'n
mondelinge teks;
 plaas prente in die regte volgorde.
n Ontwikkel klankbewustheid:
 herken dat woorde uit klanke bestaan;
 onderskei tussen verskillende klanke, veral aan die
begin en einde van woorde;
 verdeel mondelinge sinne in afsonderlike woorde
(gebruik eers eenlettergrepige woorde);
 herken sommige rymwoorde in algemene rympies en
liedjies soos "Wielie Wielie Walie, die aap sit op die
balie".
Graad R
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
17
Leeruitkoms 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gesels oor eie gesin, familie en maats.
n Druk eie gevoelens uit, asook di van ware of
denkbeeldige mense.
n Sing en resiteer eenvoudige liedjies en rympies.
n Gebruik taal verbeeldingryk vir pret en fantasie (soos
maak rymwoorde op).
n Stel vrae wanneer sy/hy nie verstaan nie of verdere
inligting benodig en reageer duidelik op vrae wat aan
haar/hom gestel word.
n Dra boodskappe oor.
n Gesels oor eie ervaringe.
n Vertel eie stories en vertel ander se stories in eie
woorde oor.
n Neem vrymoedig en vlot aan 'n groep deel.
n Toon sensitiwiteit in gesprek met ander.
n Rolspeel verskillende soorte spraakvorme (soos 'n
telefoongesprek).
Graad R
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
18
Leeruitkoms 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Graad R
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik visuele leidrade om betekenis te skep:
 bekyk en ondersoek prente en foto's noukeurig om
algemene voorwerpe en ervaringe te herken;
 identifiseer 'n prent of figuur in die agtergrond;
 skep sin uit prenteverhale;
 pas prente en woorde bymekaar;
 gebruik illustrasies om eenvoudige onderskrifte in
storieboeke te verstaan.
n Rolspeel lees:
 hou 'n boek met die regte kant bo, blaai op die regte
manier om, kyk na woorde en prente en verstaan die
verband daartussen, gebruik prente om idees te bou;
 onderskei tussen prente en skrif (wys byvoorbeeld,
terwyl hy/sy "lees", na woorde eerder as prente).
n Skep betekenis uit geskrewe teks:
 verstaan die doel van skrif, naamlik dat dit betekenis
oordra (soos dat 'n geskrewe woord haar/sy naam
kan voorstel);
 "lees" in 'n groep saam met die onderwyser;
 maak verbande met eie ervaringe wanneer hy/sy
saam met die onderwyser "lees" en televisie of na
prente kyk;
 beskryf en gee die mening van karakters in stories of
TV-programme.
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
19
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Begin om letters en woorde te herken en betekenis
daaruit te skep:
 herken dat geskrewe woorde na gesproke woorde
verwys;
 herken en lees hofrekwensiewoorde soos sy/haar eie
naam en gedrukte teks in die omgewing, soos STOP;
 "lees" prenteboeke met eenvoudige onderskrifte of
sinne.
n Begin om klankbewustheid te ontwikkel:
 herken beginkonsonante en kort vokale;
 herken en benoem sommige algemene alfabetletters,
soos die letter waarmee sy/haar naam begin;
 herken sommige rymwoorde in algemene rympies
en liedjies;
 begin om alfabetletters in verskeie kontekste te
herken en benoem (veral letters uit bekende
handelsname en tydskrif- en koerantname).
Graad R
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
20
Leeruitkoms 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Eksperimenteer met skryf:
 skep en gebruik tekeninge om 'n boodskap oor te dra
en as 'n vertrekpunt om te skryf;
 vorm letters op verskeie maniere (soos deur dit met
die liggaam te vorm, in sand te skryf);
 verstaan dat skryf en teken verskillend is;
 "skryf " en vra ander om die betekenis van dit wat
"geskryf " is, te gee;
 gesels oor eie tekeninge en "skryfwerk";
 rolspeel "skryf " vir 'n doel (soos 'n telefoonboodskap,
inkopielys);
 gebruik bekende letters en syfers (of benaderings
daarvan) om geskrewe taal voor te stel, veral letters
in eie naam en syfers in eie ouderdom;
 "lees" sy/haar eie vormende skryfwerk wanneer
gevra word om dit te doen;
 toon in sy/haar eie skryfpogings 'n groeiende
bewustheid van rigting (skryf van links na regs,
bo na onder);
 boots geskrewe teks uit die omgewing na (soos
etikette op huishoudelike items, advertensies);
 wend pogings aan om bekende skryfvorme soos
lyste, boodskappe of briewe te skryf deur letters
wat hy/sy ken, te gebruik;
 hanteer skryfinstrumente soos kryt en potlode.
Graad R
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
21
Leeruitkoms 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om konsepte te ontwikkel:
 toon ontwikkelende kennis van begrippe van
hoeveelheid, grootte, vorm, rigting, kleur, spoed,
tyd, ouderdom, volgorde.
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 identifiseer en beskryf ooreenkomste en verskille;
 pas dinge wat saam hoort, bymekaar en vergelyk
dinge wat verskillend is;
 klassifiseer dinge (soos sit alle speelgoed in houer,
boeke op rak, kryt in blik);
 identifiseer dele van 'n geheel (soos liggaamsdele).
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae en soek verduidelikings;
 gee verduidelikings en bied oplossings aan;
 los woordraaisels op en voltooi dit.
n Verwerk inligting:
 identifiseer geselekteerde inligting uit 'n beskrywing.
Graad R
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
22
Leeruitkoms 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bring klanke in verband met letters en woorde:
 herken dat woorde uit klanke bestaan;
 herken die klanke aan die begin van sommige
woorde;
 verdeel gesproke meerlettergrepige woorde in
lettergrepe (kan bv. die lettergrepe in 'n woord soos
"va-kan-sie" klap of uittik).
n Werk met woorde:
 groepeer woorde, soos woorde wat rym;
 identifiseer 'n woord, 'n letter en 'n spasie in
drukskrif.
n Werk met sinne:
 teken twee of meer prente wat op mekaar volg en 'n
storie vorm;
 identifiseer die korrekte gebruik van die hoofletter in
eie naam en di van ander;
 dra idees oor deur beskrywings en aksiewoorde te
gebruik.
n Werk met tekste:
 gesels oor tekste (soos stories) deur terme soos
"begin", "middel" en "einde" te gebruik.
n Gebruik taal vir interaksie:
 gebruik taal om hoflikheidsvorme uit te druk (soos
"dankie" en "asseblief ");
 identifiseer betekenis wat deur 'n verandering in
stemtoon oorgedra word.
Graad R
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
23
Assesseringstandaarde en Tekste vir Graad 1-3
Graad 1
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Vertellinge (soos eenvoudige stories, fabels, legendes)
n Instruksies wat toenemend ingewikkeld is
n Eenvoudige beskrywings
n Stories van gebeurtenisse
n Aksierympies
n Liedjies
n Gedigte
n Speletjies
Visueel/Geskrewe:
n Eenvoudige stories
n Lyste (soos inkopielyste)
n Instruksies (soos hoe om 'n papiervliegtuigie te maak)
n Eenvoudige beskrywings
n Eenvoudige informatiewe tekste (soos boeke oor vorms, diere, skulpe)
n Eenvoudige woordprobleme (wiskunde)
n Gedigte
n Speletjies (soos bordspeletjies)
n Prenteboeke
n Prentelegkaarte
n Eenvoudige diagramme
n Naslaanboeke soos woordeboeke
Multimedia:
n Televisie
n Kinderfilms
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
24
Graad 2
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Vertellinge (soos stories, fabels, legendes)
n Instruksies wat toenemend ingewikkeld is
n Lyste
n Beskrywings
n Dialo en gesprekke
n Rympies
n Liedjies
n Gedigte
n Prysliedere en -gedigte
n Speletjies
n Oudiobande (soos van radioverhale)
n Bekende advertensies
n Raaisels en grappe
Visueel/Geskrewe:
n Boeke (fiksie en nie-fiksie)
n Instruksies
n Rels (soos die rels vir 'n speletjie)
n Roosters
n Uitnodigings
n Groetekaartjies
n Diagramme
n Vorms (soos vir kompetisies)
n Staafdiagramme
n Woordraaisels (soos blokkiesraaisels)
n Foto's
n Tydskrifprente en -advertensies
Multimedia:
n Televisie
n Kinderfilms
n Eenvoudige TV-advertensies
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
25
Graad 3
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Vertellinge (soos stories, fabels, legendes, mites)
n Instruksies wat toenemend ingewikkeld is
n Lyste
n Beskrywings
n Dialo en gesprekke
n Liedjies
n Gedigte
n Speletjies
n Raaisels en grappe
n Radio-uitsendings (stories, aankondigings, nuus, weer, onderhoude)
Visueel/Geskrewe:
n Boeke (fiksie en nie-fiksie)
n Koerante
n Naslaanboeke (soos woordeboeke, kinderensiklopedie, handboeke uit ander leerareas)
n Inhoudsopgawes en indekse
n Eenvoudige boekresensies
n Pamflette
n Advertensies
n Dagboeke
n Tydskrifte
n Strokiesprente
n Foto's
n Vloeidiagramme
n Kopkaarte
n Kaarte
Multimedia:
n Televisie
n Films
n TV-advertensies
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
26
Leeruitkoms 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister aandagtig na instruksies en aankondigings en
reageer op 'n gepaste manier.
n Toon gepaste luistergedrag deur te luister sonder om
te onderbreek, respek vir die spreker te toon, beurte
te neem om te praat en vrae te stel om duidelikheid
te verkry.
n Luister met genot na kort stories, rympies, gedigte en
liedjies uit verskeie kulture en toon begrip:
 luister vir die hoofidee en belangrike besonderhede
in die storie;
 voer dele uit 'n storie, liedjie of rympie op;
 doen mee aan refreine;
 teken 'n prent van die storie en skryf 'n paar woorde
daaroor;
 plaas prente in die regte volgorde en pas onderskrifte
by prente;
 beantwoord oop vrae oor die storie;
 druk eie gevoelens oor die storie uit;
 herhaal die volgorde van idees.
n Luister na, geniet en reageer gepas op raaisels en
grappies.
n Luister na boodskappe en dra dit korrek oor.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
27
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister aandagtig en reageer op 'n uitgebreide stel
instruksies gepas vir sy/haar vlak.
n Toon gepaste luistergedrag deur respek vir die
spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te
stel om duidelikheid te verkry en dit wat gehoor is,
op te som of kommentaar daarop te lewer.
n Herken en toon respek vir verskillende
taalvariteite.
n Luister met genot na stories, gedigte, liedjies en
ander mondelinge tekste en toon begrip:
 luister vir die onderwerp of hoofidee;
 luister vir besonderhede;
 voorspel wat gaan gebeur;
 vertel 'n reeks gebeurtenisse of idees in 'n
teks oor;
 beantwoord vrae oor 'n mondelinge teks;
 druk gevoelens oor die teks uit en gee redes
daarvoor;
 bepaal oorsaak en gevolg in 'n mondelinge teks;
 teken prente om begrip van 'n mondelinge teks
te illustreer en skryf dit in eie woorde.
n Luister na, geniet en reageer gepas op raaisels en
grappies.
n Luister na 'n spreker wat hy/sy nie kan sien nie
(soos oor die radio, interkom) en reageer op vrae
en instruksies.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister vir 'n langer tydperk aandagtig en reageer
op 'n stel ingewikkelder instruksies.
n Toon gepaste luistergedrag deur respek vir die
spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te
stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas,
kommentaar te lewer op dit wat gehoor is.
n Luister met genot na stories, gedigte, liedjies en
ander mondelinge tekste en toon begrip:
 luister vir die onderwerp of hoofidee;
 luister vir besonderhede;
 voorspel wat gaan gebeur;
 vertel 'n reeks gebeurtenisse of idees in 'n
teks oor;
 beantwoord vrae oor 'n mondelinge teks;
 druk gevoelens oor 'n mondelinge teks uit en
gee redes;
 bepaal oorsaak en gevolg in 'n mondelinge
teks.
n Luister na, geniet en reageer gepas op raaisels en
grappies.
n Luister na 'n spreker wat sy/hy nie kan sien nie
(soos oor die telefoon) en reageer op vrae en
instruksies.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
28
Leeruitkoms 1
Vervolg
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel klankbewustheid:
 onderskei tussen verskillende klanke, veral aan
die begin en einde van woorde;
 herken sommige rymwoorde in algemene
rympies en liedjies liedjies soos "Wielie Wielie
Walie, die aap sit op die balie";
 herken meervoude ("-e" en "-s") en "ge-" aan
die begin van werkwoorde in die verlede tyd.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
29
Assesseringstandaarde
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie
leeruitkoms in graad 3 nie.)
Assesseringstandaarde
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie
leeruitkoms in graad 2 nie.)
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
30
Leeruitkoms 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gesels oor eie ervaringe, gevoelens en nuus.
n Dra idees oor deur interessante beskrywings en
aksiewoorde te gebruik.
n Sing, resiteer, mimiek en voer liedjies, gedigte en
rympies op.
n Gebruik taal verbeeldingryk vir pret en fantasie.
n Dra boodskappe oor.
n Vertel eie ervaringe in volgorde oor.
n Vertel 'n bekende kort storie wat 'n begin, middel en
einde het, indien nodig met behulp van prente.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
31
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gesels oor persoonlike ervarings en algemener
nuusgebeure en druk gevoelens en menings
daaroor uit.
n Gebruik taal verbeeldingryk vir pret en fantasie
(soos om grappe en raaisels te vertel, eie gedigte
en kodetaal te skep).
n Skep en vertel eenvoudige stories met 'n begin,
middel en einde deur beskrywende taal te gebruik,
herhaling te vermy en elemente van intrige en
karakterisering te gebruik.
n Gebruik verskillende gesigsuitdrukkings en gebare
wanneer sy/hy 'n storie vertel.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gesels oor persoonlike ervarings en algemener
nuusgebeure.
n Gebruik taal verbeeldingryk vir pret en fantasie
(soos om grappe en raaisels te vertel, woordspeletjies
te speel en eie rympies op te maak).
n Skep en vertel eenvoudige stories met 'n begin,
middel en einde deur beskrywende taal te gebruik
en herhaling te vermy.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
32
Leeruitkoms 2
Vervolg
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra tot klas- en groepbesprekings by:
 neem beurte, stel vrae en toon sensitiwiteit vir
ander se regte en gevoelens;
 doen n groepwerk namens die groep verslag;
 reageer op vrae wat deur luisteraars gestel word.
n Gebruik taal gepas vir verskillende geleenthede en met
verskillende mense:
 voer 'n onderhoud met 'n volwasse besoeker aan
die klas;
 rolspeel relevante situasies, soos om nuwe maats
te maak;
 wissel stemtoon en -volume.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
33
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Neem deel aan klas- en groepbesprekings:
 inisieer onderwerpe tydens groepbesprekings;
 neem beurte en stel relevante vrae;
 stel idees voor en brei daarop uit;
 toon sensitiwiteit vir ander se regte
en gevoelens;
 maak 'n opsomming van 'n groep se werk;
 stel vrae om duidelikheid en inligting te verkry;
 beantwoord vrae en gee redes vir antwoorde;
 gee opbouende terugvoering aan ander.
n Voer onderhoude met mense vir 'n spesifieke doel.
n Doen mondelinge aanbiedings (soos oor 'n gegewe
onderwerp, onderhoude gevoer, terugvoering oor 'n
velduitstappie):
 ontwikkel klasriglyne vir 'n goeie aanbieding
met steun en hulp van onderwyser;
 beskryf wat hy/sy gaan aanbied en hoe;
 gebruik visuele hulpmiddele om mondelinge
aanbieding aan te vul;
 gebruik basiese strategie om luisteraars te boei
(maak byvoorbeeld oogkontak);
 wissel volume en stemtoon.
n Raak betrokke by gesprekvoering as 'n sosiale
vaardigheid.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Neem deel aan klas- en groepbesprekings:
 inisieer onderwerpe tydens groepbesprekings;
 neem beurte en stel gepaste vrae;
 stel idees voor en brei daarop uit;
 toon sensitiwiteit vir ander se regte en
gevoelens;
 lewer terugvoering oor groep se werk;
 stel vrae om duidelikheid en inligting te verkry;
 beantwoord vrae en gee redes vir antwoorde;
 gee opbouende terugvoering aan ander.
n Stel maniere voor om probleme op te los.
n Gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes
(soos verskonings, uitnodigings) en met verskillende
mense (voer onderhoude, doen rolspel).
n Gebruik gepaste volume en intonasie - praat
byvoorbeeld saggies met 'n maat in die klas en
harder op die speelgrond.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
34
Leeruitkoms 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik visuele leidrade om betekenis te skep:
 voorspel na aanleiding van 'n boekomslag waaroor
die storie handel;
 gebruik illustrasies om die betekenis van stories te
interpreteer en vertel 'n storie;
 interpreteer inligting, insluitend eenvoudige tabelle
en grafiese beelde wat in die gedrukte media en
advertensies aangetref word, soos almanakke en
roosters; MIV/VIGS-plakkate).
n Rolspeel lees:
 hou die boek met die regte kant bo;
 blaai die bladsye op die regte manier om;
 kyk na woorde en prente;
 gebruik prente om idees te vorm.
n Skep betekenis uit geskrewe teks:
 lees 'n storie saam met die onderwyser en:
??bespreek die hoofidee,
??identifiseer die besonderhede (bv. hoofkarakters,
volgorde van gebeure, ruimte/agtergrond),
??s of sy/hy daarvan hou en waarom.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
35
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik visuele en prenteleidrade om betekenis
te skep:
 lees grafiese tekste soos prente, foto's, kaarte,
vloeidiagramme, diagramme en:
??verduidelik die betekenis en doel daarvan
mondelings of skriftelik,
??gebruik die inligting op 'n gepaste manier,
soos 'n kaart vir rigting,
??evalueer die beeld in terme van ontwerpkenmerke
en doeltreffendheid.
n Skep betekenis uit geskrewe teks:
 lewer kommentaar op 'n storie of gedig wat
hy/sy gelees het en toon begrip deur vrae oor
die volgende te beantwoord:
??hoofidee,
??kernbesonderhede soos hoofkarakters,
volgorde van gebeure, ruimte/agtergrond,
kultuurwaardes,
??die verband tussen oorsaak en gevolg,
??gevolgtrekkings (soos: Wat leer ons uit
hierdie storie/fabel?),
??het hy/sy van die storie gehou? Waarom of
waarom nie?
 lees instruksies wat met hul ware belangstellings
en behoeftes verband hou;
 lees 'n wye verskeidenheid redelik komplekse
tekste soos fiksie- en nie-fiksie-boeke,
inhoudsopgawes en indekse.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik visuele leidrade om betekenis te skep:
 voorspel na aanleiding van 'n boekomslag
waaroor die storie handel;
 ten opsigte van beelde, die gedrukte media en
advertensies:
??interpreteer die hoofboodskap,
??identifiseer die doel, teikengroep en waar dit
aangetref word,
??druk persoonlike reaksie op beelde in druk en
in die media uit.
n Skep betekenis uit geskrewe teks:
 lees 'n storie alleen of saam met die
onderwyser en:
??beskryf die hoofgedagte,
??identifiseer kernbesonderhede (soos
hoofkarakters, volgorde van gebeure,
ruimte/agtergrond),
??identifiseer en bespreek kultuurwaardes in
die storie,
??identifiseer die verband tussen oorsaak en
gevolg (waarom iets in 'n storie gebeur),
??maak gevolgtrekkings,
??dui aan of hy/sy van die storie hou of nie, en
waarom;
 lees eenvoudige instruksies in die klaskamer;
 lees tekste van 'n effens ingewikkelder vlak
(eenvoudige fiksie- en nie-fiksie-boeke,
eenvoudige aanwysings, uitnodigings en
groetekaartjies, woordraaisels, ens.).
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
36
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Herken letters en woorde en skep betekenis uit geskrewe
teks:
 lees eenvoudige geskrewe stof (etikette, stories, ens.)
vir verskillende doeleindes;
 lees eie skryfwerk en di van klasmaats;
 gebruik klank- en woordherkenningsvaardighede om
nuwe of onbekende woorde in konteks te dekodeer
(byvoorbeeld visuele leidrade soos woord- en
letterpatrone, prenteleidrade, kontekstuele leidrade
en letter-klank-verhoudings).
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
37
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees tekste op hul eie en gebruik 'n verskeidenheid
strategie om betekenis te skep:
 lees 'n geskrewe teks vlot en met begrip:
??spreek woorde akkuraat uit tydens luidlees,
??lees ekspressief met gepaste klem, pouse en
intonasie tydens luidlees,
??gebruik woordherkennings- en begripsvaardighede
om onbekende tekste te
lees, soos klanke, kontekstuele leidrade,
voorspelling,
??gebruik 'n verskeidenheid metodes om lees
outomaties te monitor en te verbeter, soos
herlees, lees verder, pousering, oefen die
woorde voor hy/sy dit hardop s.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Herken en skep betekenis uit letters en woorde in
langer tekste:
 lees met toenemende spoed en vlotheid;
 lees hardop en gebruik die korrekte uitspraak en
gepaste klem;
 gebruik klank- en ander woordherkennings- en
begripsvaardighede soos klanke, kontekstuele
leidrade en die maak van voorspellings ten
einde 'n teks te verstaan;
 gebruik selfkorrigeringstrategie soos herlees,
pousering, die oefen van woorde voor hy/sy dit
hardop s.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
38
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel klankbewustheid:
 herken en benoem alfabetletters;
 verstaan die verskil tussen lettername en
letterklanke;
 verstaan dat lettername dieselfde bly, maar dat die
klanke wat dit voorstel, kan verander;
 verstaan die letter-klank-verhouding van die meeste
enkelkonsonante en kort vokale in woorde soos
"mat", "bal";
 verdeel eenvoudige woorde met
enkelbeginkonsonante en kort vokale (KVK-patroon)
in die eerste klank en die tweede deel van die
lettergreep, soos "k-at", "m-at", "v-at", "w-at";
 herken tweeletterkombinasies aan die begin van
woorde, soos "gr-oen", "bl-om";
 herken sommige hofrekwensiesigwoorde soos "die",
" 'n", "met", "ek", "jou", insluitend sy/haar eie naam
en gedrukte teks in die omgewing.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
39
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n L klankkennis vas:
 herken dat dieselfde klank op verskillende
maniere gespel kan word, soos in "hart", "hard";
"lei", "ly";
 herken dat 'n enkelvokaal f kort f lank
uitgespreek kan word, soos in "bom", "bome";
 herken wanneer dubbelkonsonante nodig is om
'n vokaalklank kort te hou, soos in "blomme",
"katte";
 herken verdere diftonge, soos "eeu", "ooi",
"aai".
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel klankbewustheid:
 herken vokaalklanke wat uit twee letters bestaan,
soos in "moet", "deur", en diftonge, soos "ou",
"ei", "ui";
 herken twee- en drieletterkombinasies aan die
begin en einde van woorde, soos "str-", "-nd";
 herken die eerste klank en laaste deel van die
lettergreep in meer komplekse patrone, soos
"dr-oom", "str-oom";
 herken meer komplekse woordfamilies, soos
"troon", "kroon";
 herken bekende rymwoorde, soos "raai", "saai",
"laai";
 herken 'n toenemende aantal hofrekwensiesigwoorde.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
40
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees vir inligting en genot:
 lees prenteboeke met eenvoudige onderskrifte.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
41
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees vir inligting en genot:
 kies boeke, fiksie en nie-fiksie, en s waarvan
hy/sy hou en nie hou nie;
 lees en waardeer boeke deur skrywers uit
verskillende kulture oor 'n verskeidenheid
kontekste en verhoudings;
 lees verskillende soorte tekste, soos strokiesverhale,
tydskrifte, koerante;
 ontwikkel woordeskat deur 'n woordeboek te
gebruik en 'n persoonlike woordeboek saam te
stel;
 gebruik die inhoudsopgawe, indeks,
kernwoorde, opskrifte, onderskrifte en
bladsynommers om inligting te vind;
 speel woordspeletjies wat kennis van woordeskat
en spelling uitbrei;
 identifiseer en vind inligtingsbronne soos lede
van die gemeenskap, biblioteekboeke;
 begin om mondelinge, geskrewe en visuele
tekste vir sosio-kulturele waardes, houdings
en veronderstellings te ontleed (soos in 'n
advertensie vir seeppoeier, gesels oor op wie
dit gerig is en die rolle wat deur mans en vroue
gespeel word).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees vir inligting en genot:
 lees prenteboeke en eenvoudige stories van
eie keuse;
 toon waardering vir stories uit ander kulture;
 begin die woordeboek gebruik om woorde se
spelling en betekenis na te gaan;
 lees 'n verskeidenheid tekste vir genot, soos
tydskrifte, strokiesprente, nie-fiksie-boeke.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
42
Leeruitkoms 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf toenemend leesbaar:
 hanteer skryfinstrumente soos kryt en potlode
doeltreffend;
 oefen lettervorming en handskrifvaardighede, die trek
van patrone, die natrek en naskryf van woorde;
 vorm letters van die alfabet suksesvol.
n Doen pre-skryfaktiwiteite:
 skep en gebruik tekeninge as 'n fokus vir skryfwerk;
 reageer op 'n prent deur eenvoudige sinne te skryf;
 bespreek onderwerpe en idees vir skryfwerk met
klasmaats (in pare of groepe).
n Skryf vir verskillende doeleindes:
 stel lyste saam;
 skryf eenvoudige byskrifte of onderskrifte vir
tekeninge;
 skep eenvoudige tekste soos verjaardagkaartjies
(met geskrewe en visuele teks);
 gebruik eenvoudige strategie om inligting te verkry
en op te teken, soos om 'n opname te doen van
hoeveel tale in 'n groep gepraat word;
 organiseer inligting in 'n eenvoudige grafiese vorm
soos 'n diagram of rooster;
 versamel gepaste prente en grafika om teks te
illustreer.
n Skryf 'n konsepweergawe van 'n skryfstuk en
hersien dit:
 dra idees by tot die skryf van 'n groepstorie
(aanvanklik skryf die onderwyser dit neer);
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
43
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf leesbaar:
 skryf maklik en met toenemende spoed as
gevolg van gereelde oefening;
 voltooi 'n skryftaak binne 'n gegewe tyd.
n Gebruik pre-skryfstrategie om 'n skryfstuk te
begin:
 gebruik verskeie pre-skryfstrategie om
inligting te versamel en 'n onderwerp te kies
(soos hou 'n dinkskrum, vrye skryf, gesels met
klasmaats, visuele beelde);
 begin om skryfstukke te beplan.
n Skryf 'n konsepweergawe van 'n skryfstuk vir
verskillende doeleindes:
 kies 'n teksformaat gepas vir die doel en
teikengroep (soos 'n dagboekinskrywing om
gevoelens oor 'n gebeurtenis op te teken);
 skryf 'n reeks kort tekste vir verskillende
doeleindes (soos stories bestaande uit een of
twee paragrawe, eenvoudige boekresensies,
resepte, briewe, dialo, aanwysings);
 skryf, waar gepas, 'n titel wat die inhoud
weerspiel.
n Hersien skryfstukke:
 bespreek eie en ander se skryfstukke om
terugvoering te gee en te ontvang;
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf toenemend leesbaar:
 hanteer skryfinstrumente doeltreffend;
 vorm letters duidelik en maklik;
 skryf met groter gemak en spoed as gevolg van
gereelde oefening.
n Gebruik pre-skryfstrategie om 'n skryfstuk te
begin:
 neem deel aan dinkskrum-aktiwiteite om idees
vir skryf te kry;
 deel idees met klasmaats en onderwyser;
 kies 'n onderwerp met persoonlike betekenis om
oor te skryf.
n Skryf 'n konsepweergawe van 'n skryfstuk vir
verskillende doeleindes:
 skryf verskillende soorte tekste:
??lyste soos take vir die week,
??eenvoudige ekspressiewe tekste soos
bedankingskaartjies en briewe,
??eenvoudige informatiewe tekste soos resepte,
??eenvoudige vertellinge van persoonlike
ervaringe en gebeurtenisse,
??eenvoudige stories,
??gedigte en liedjies,
??skryf 'n titel wat die inhoud weerspiel.
n Hersien skryfstukke:
 bespreek eie en ander se skryfstukke om
terugvoering te gee of te ontvang;
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
44
Leeruitkoms 4
Vervolg
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 hersien 'n konsepweergawe van die groepstorie om
dit duideliker en interessanter te maak;
 skryf en lees eie konsepweergawe aan onderwyser en
klasmaats en begin met die hersiening daarvan.
n Skryf sodat ander kan verstaan:
 gebruik letters om enkele woorde en kort sinne
te vorm;
 laat ruimtes tussen woorde;
 gebruik links-na-regs- en bo-na-onder-orintering
wanneer hy/sy skryf;
 skryf eie sinne, waar nodig met die steun van 'n
skryfraam;
 begin om basiese punktuasie te gebruik (hoofletters
en punte).
n Begin woordeskat opbou en begin woorde spel sodat
ander dit kan lees en verstaan:
 skryf woorde wat bekende mense, plekke en dinge
voorstel;
 spel algemene woorde korrek;
 probeer om onbekende woorde te spel deur kennis
van klanke te gebruik (vormende spelling);
 bou eie woordbank op en stel persoonlike
woordeboek saam.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
45
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 redigeer eie skryfwerk (soos skrap of voeg
woorde by om betekenis duideliker te stel,
herrangskik sinne, gaan woordorde na, gaan
spelling en punktuasie na);
 hersien eie skryfwerk nadat terugvoering
ontvang is.
n "Publiseer" skryfstukke (maak dit "publiek"):
 deel werk met ander deur dit hardop te lees en/of
in die klas uit te stal;
 deel skryfwerk met die bedoelde teikengroep,
soos die gesin of maats (soos briewe,
boodskappe, aanwysings);
 maak eie boeke of klasbloemlesings.
n Bou woordeskat op en spel self woorde:
 varieer woordeskat interessantheidshalwe en vir
spesifieke doeleindes;
 eksperimenteer met en gebruik woorde uit
stories, leesstukke, die media, grappe en
klasmaats en ander se mondelinge taal;
 bou 'n woordbank op en stel 'n persoonlike
woordeboek saam;
 gebruik 'n woordeboek om spelling en
woordbetekenis na te gaan;
 gebruik kennis van klanke en spelrels om
onbekende woorde te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 probeer om eie skryfwerk te redigeer (soos
verwyder of voeg woorde by om betekenis
duideliker te stel en gaan spelling en
punktuasie na);
 hersien eie skryfwerk na bespreking met ander.
n "Publiseer" skryfstukke (maak dit "publiek"):
 deel werk met ander deur dit hardop te lees en/of
in die klas uit te stal;
 maak eie boeke of klasbloemlesings.
n Bou woordeskat op en begin woorde spel sodat
ander dit kan lees en verstaan:
 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;
 spel algemene woorde korrek;
 gebruik homofone toenemend korrek (soos
lei/ly, vlei/vly);
 probeer om onbekende woorde te spel deur
kennis van klanke te gebruik;
 bou 'n woordbank en 'n persoonlike
woordeboek op;
 gebruik 'n woordeboek om woorde se spelling
en betekenis na te gaan.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
46
Leeruitkoms 4
Vervolg
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie
leeruitkoms in graad 1 nie.)
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
47
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik gepaste grammatikale strukture en
skryfkonvensies:
 begin om sinne in paragrawe te groepeer;
 gebruik punktuasie gepas (hoofletters, punte,
kommas, vraagtekens, uitroeptekens);
 pas kennis van grammatika toe;
 gebruik die vertelstruktuur;
 gebruik informatiewe teksstrukture soos
eksperimente;
 pas kennis van ander tekste as model vir eie
skryf toe.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik gepaste grammatikale strukture en
skryfkonvensies en skryf sodat ander kan verstaan:
 gebruik skryframe vir verskillende soorte sinne
en teksstrukture;
 gebruik basiese punktuasie (hoofletters en
punte);
 eksperimenteer met verskillende leestekens soos
uitroeptekens en/of vraagtekens;
 gebruik sommige verteltegnieke (soos: "Lank,
lank gelede ...", "Die einde");
 gebruik sommige informatiewe teksstrukture
soos resepte;
 pas kennis van grammatika toe.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
48
Leeruitkoms 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om konsepte te ontwikkel:
 toon ontwikkelende kennis van begrippe van
hoeveelheid, grootte, vorm, rigting, kleur, spoed, tyd,
ouderdom, volgorde;
 verstaan en gebruik konseptuele taal uit verskillende
leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding
van die volgende vlak.
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 verstaan en gebruik taal vir logika en redenasie, soos
oorsaak en gevolg;
 klassifiseer inligting (soos groepeer verskillende
soorte diere);
 identifiseer dele van 'n geheel (soos dele van 'n
fiets);
 identifiseer ooreenkomste en verskille deur gepaste
taal te gebruik (soos "net soos", soos "dieselfde as",
soos "anders as").
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae en soek verduidelikings;
 verskaf verduidelikings en oplossings;
 gebruik eenvoudige strategie om inligting te verkry
en op te teken, soos die uitvoer van 'n opname van
hoeveel tale in 'n groepie gepraat word of om
relevante inligting in tekste te vind;
 bou en voltooi prent- en woordraaisels.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
49
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om konsepte te ontwikkel:
 verstaan en gebruik konseptuele taal uit
verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en
ter voorbereiding van die volgende vlak.
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 verstaan en gebruik taal vir logika en redenasie,
soos oorsaak en gevolg, die maak van
gevolgtrekkings;
 gebruik hor-orde-denke en die gepaardgaande
taal, soos die vorming van hipoteses ("Ek dink
dit sou ...". "As ... dan ...");
 gebruik taal om ooreenkomste en verskille te
beskryf en om inligting te ontleed, te vergelyk en
te kontrasteer.
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae om duidelikheid te verkry, soek
verduidelikings, stel alternatiewe voor ("As ek
dit doen, dan ..."; "Wat van ...?"; "Ons kan
probeer om ...").
n Doen eenvoudige navorsing:
 stel vrae wat die taak help definieer en nodige
inligting help verkry (soos: Wat moet ons
weet/doen/kry ...?; Waar kan ons die inligting
kry?);
 beplan die stappe in 'n taak en ken
verantwoordelikhede toe (soos wat moet gedoen
word en wie moet wat doen).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om konsepte te ontwikkel:
 verstaan en gebruik konseptuele taal uit
verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en
ter voorbereiding van die volgende vlak.
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 verstaan en gebruik taal vir logika en redenasie,
soos vir oorsaak en gevolg, logiese volgorde;
 gebruik hor-orde-denke en die meegaande taal,
soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer
(soos "Ek dink", "Ek wonder");
 identifiseer ooreenkomste en verskille (soos "net
soos", "eenders", "anders as");
 vergelyk dinge.
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae en soek verduidelikings; verskaf
oplossings en alternatiewe;
 gebruik kennis uit 'n verskeidenheid bronne om
relevante materiaal te kies en is in staat om redes
vir die keuse te gee;
 gebruik eenvoudige strategie om inligting te
verkry en op te teken (soos om met 'n
volwassene of ouer leerder se hulp in 'n
biblioteek te soek).
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
50
Leeruitkoms 5
Vervolg
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Verwerk inligting:
 organiseer inligting in 'n eenvoudige grafiese vorm
(soos 'n tabel, tydlyn).
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
51
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 gebruik eenvoudige strategie om inligting te
verkry:
??stel gepaste vrae,
??voer onderhoude en maak opnames,
??soek inligting in 'n biblioteek (met die hulp
van 'n volwassene of ouer leerder);
 staaf en verduidelik argumente deur redes en
bewyse te verskaf;
 som inligting op en bied dit op 'n gepaste en
interessante manier aan.
n Verwerk inligting:
 organiseer en teken inligting op verskillende
maniere op:
??kies inligting en maak aantekeninge,
??teken kopkaarte,
??konstrueer tabelle, diagramme en vloeidiagramme;
 orden inligting en plaas dit onder hofies;
 gebruik taal om ooreenkomste en verskille te
beskryf en om inligting te ontleed, te vergelyk en
te kontrasteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Verwerk inligting:
 kies spesifieke inligting uit 'n teks en
verwerk dit;
 organiseer inligting in 'n eenvoudige grafiese
vorm (soos 'n diagram, rooster).
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
52
Leeruitkoms 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bring klanke in verband met letters en woorde:
 verdeel gesproke woorde in lettergrepe;
 gebruik klanke om woorde te lees en te spel.
n Werk met woorde:
 weet waar 'n geskrewe woord begin en eindig en laat
spasies tussen woorde;
 spel sommige bekende woorde korrek;
 vorm en gebruik die meervoud, verkleinwoorde en
geslagsvorme van bekende woorde;
 verstaan en gebruik bekende trappe van vergelyking;
 groepeer woorde, soos woorde wat rym.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
53
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bring klanke in verband met letters en woorde:
 gebruik klanke om moeiliker woorde te spel;
 gebruik enkel- en dubbelkonsonante en -vokale
korrek, soos in droom/drome; kop/koppe;
 gebruik die t- en d-slotklank korrek, soos in
brood, geld, ruit, maat.
n Werk met woorde:
 gebruik sommige spelrels om korrek te spel;
 gebruik skryftekens korrek (deelteken en
kappie);
 gebruik verskeie bronne om spelling na te gaan;
 verstaan en gebruik adjektiewe (algemene
verbo vorme, trappe van vergelyking en
intensiewe vorme);
 gebruik voor- en agtervoegsels om woorde
te bou;
 verstaan en gebruik verdere sinonieme en
antonieme.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bring klanke in verband met letters en woorde:
 gebruik klanke om minder bekende woorde
te spel.
n Werk met woorde:
 spel bekende woorde korrek;
 gebruik alledaagse skryftekens (kappie en
deelteken);
 gebruik 'n woordeboek om spelling na te gaan;
 vorm en gebruik die meervoud, verkleinwoord
en teenoorgestelde geslag van woorde;
 gebruik trappe van vergelyking;
 verstaan en gebruik voorvoegsels en
agtervoegsels;
 verstaan en gebruik sommige sinonieme en
antonieme.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
54
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 skryf eenvoudige sinne oor 'n spesifieke onderwerp,
soos: Ansie het die resies gewen;
 gebruik skryfkonvensies: 'n hoofletter in eiename en
aan die begin van 'n sin en 'n punt of vraagteken aan
die einde van 'n sin;
 gebruik die teenwoordige en verlede tyd korrek;
 gebruik selfstandige naamwoorde, persoonlike
voornaamwoorde (ek, jy, hy, sy, ens.) en voorsetsels
korrek.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
55
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 gebruik 'n verskeidenheid sinsoorte (stel-,
vraag-, uitroep- en bevelsinne);
 gebruik woordorde korrek in korter en langer
sinne;
 gebruik gepaste tye;
 gebruik verbindingswoorde in eenvoudige sinne
en in meer komplekse sinne soos om oorsaak en
gevolg uit te druk, soos: Ek hou van haar, want
sy is altyd vriendelik;
 gebruik die ontkennende vorm korrek, soos: Ek
is nie vaak nie; Moenie bekommerd wees nie;
Ons wil nie meer speel nie;
 verstaan en gebruik selfstandige naamwoorde,
adjektiewe, voornaamwoorde (persoonlik en
besitlik), werkwoorde, bywoorde en voorsetsels
korrek;
 gebruik sterker/ander vorme van woorde in eie
skryfwerk soos staar i.p.v. kyk; woedend i.p.v.
kwaad;
 gebruik skryfkonvensies korrek (hoofletters soos
in name van lande, titels van boeke en name van
maatskappye, die komma, punt, vraagteken en
uitroepteken);
 herken en gebruik algemene afkortings, soos
mnr., mev., me., mej., dr.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 gebruik 'n verskeidenheid sinsoorte (vraagsinne,
stelsinne, uitroepe);
 gebruik die teenwoordige, verlede en
toekomende tyd korrek;
 verbind twee enkelvoudige sinne met 'n
voegwoord ("en" of "maar"), soos: Johan het die
glas laat val en dit het gebreek;
 gebruik die ontkennende vorm korrek, soos:
Ek slaap nie; Hy wil nie dit doen nie; Moenie
lelik wees nie;
 verstaan en gebruik selfstandige naamwoorde,
adjektiewe, besitlike voornaamwoorde (myne,
hare, ens.), werkwoorde en voorsetsels korrek;
 gebruik skryfkonvensies korrek: die punt,
vraagteken en die komma.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Grondslagfase
56
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met tekste:
 orden teks, soos deur woorde soos "dan", "toe",
"daarna" in 'n vertelling te gebruik;
 praat oor tekste (soos stories) deur woorde soos
"begin", "middel", "einde" te gebruik.
n Gebruik taal vir interaksie:
 gebruik taal om hoflikheidsvorme uit te druk
(soos om beleefde versoeke te rig);
 verander stemtoon na gelang van doel.
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 herken byvoorbeeld die verskil tussen taal wat in die
klaskamer gebruik word en taal wat maats gebruik
wanneer hulle speel;
 ondersoek waarom verskillende taalvorme in
verskillende kontekste gebruik word.
Graad 1
Tale - Afrikaans Huistaal
Grondslagfase
57
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met tekste:
 skakel sinne om paragrawe te vorm en gebruik
die tye van die werkwoord konsekwent.
n Gebruik taal vir interaksie:
 gebruik taal om hoflikheidsvorme uit te druk
(soos om verskonings aan te bied).
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 ondersoek byvoorbeeld hoe, met wie en met
watter doel die klas informele taal en sleng
gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met tekste:
 skakel sinne om paragrawe te vorm;
 orden teks, soos deur woorde soos "eers", "toe",
"uiteindelik" te gebruik;
 identifiseer die kenmerke van verskillende
soorte tekssoorte (soos 'n storie, instruksies,
vertelling).
n Gebruik taal vir interaksie:
 gebruik taal om hoflikheidsvorme uit te druk
(soos om jammer te s).
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 bespreek byvoorbeeld woorde wat algemeen
gebruik word om meisies en seuns te beskryf
(soos "mooi", "sterk") en kleure wat met meisies
en seuns geassosieer word. Bespreek die effek
van hierdie beskrywings en of 'n mens hierdie
taal behoort te gebruik of nie.
Graad 3 Graad 2
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
58
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
59
HOOFSTUK 3
INTERMEDIRE FASE
(Graad 4-6)
INLEIDING
In die Intermedire Fase beweeg leerders na adolessensie. Hulle is weetgierig, ontvanklik, energiek en soms
rusteloos. Hulle is selfbewus en nuuskierig oor wie hulle is en wat hulle wil wees. Kwessies aangaande identiteit
raak toenemend belangrik en dit is nodig om die verband tussen taal en identiteit in ons veeltalige en
multikulturele land in gedagte te hou. Sommige kenmerke van leerders in hierdie fase is:
n Hulle raak sensitiewer oor hoe hul optrede ander affekteer.
n Hulle begin ander se behoeftes, begeertes en standpunte in ag neem.
n Hulle begin groeptake makliker koperatief uitvoer.
n Hulle begin die uitdaging geniet om take onafhanklik aan te pak.
n Hulle toon die begeerte om beheer oor hul eie leerproses te neem.
n Hulle raak meer doelgerig en metodies in hul benadering.
n Hulle raak toenemend in staat om inligting te verkry, op te teken en te manipuleer.
n Hulle raak toenemend in staat om ondersoek in te stel, te vergelyk en krities te beoordeel.
Fokus
In hierdie fase konsolideer en brei leerders hul geletterdheidsvaardighede uit en ontwikkel hul selfvertroue
en vlotheid in die gebruik van mondelinge taalgebruik. Kruiskurrikulre werk sal 'n belangrike deel van
leeraktiwiteite vorm.
Wyer Omvang van Tekste
Leerders sal met 'n groter verskeidenheid tekste as in die Grondslagfase werk. Die taal en inhoud van tekste sal
langer en ingewikkelder wees. Dit sal leerders aan mondelinge en geskrewe literatuur, asook aan belangrike
sosiale en omgewingskwessies bekend stel.
Gentegreerde Leeraktiwiteite
Ten einde duidelike assesseringstandaarde daar te stel, fokus elke uitkoms op 'n ander vaardigheid of vaardighede
(luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, taalstruktuur en -gebruik). In leerprogramme behoort hierdie
vaardighede egter met leeraktiwiteite met duidelike en relevante doeleindes gekontekstualiseer en gentegreer te
word.
Brer en Gevarieerde Inhoud
Relevante inhoud behoort uit 'n wye verskeidenheid onderwerpe verkry te word - onderwerpe wat spesifiek op
leerders se individuele behoeftes en verwagtinge, asook op brer sosiale kwessies gebaseer is. Probeer om
nasionale vraagstukke soos armoede, MIV/VIGS en misdaad te dek. Hierdie kwessies behoort nie net as die
inhoud van 'n teks hanteer te word nie, maar as 'n bewustelike deel van die leerervaring. Op hierdie manier word
leerders aan outentieke taalgebruik blootgestel en word hulle in staat gestel om kritiese vaardighede te ontwikkel.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
60
Hulle sal, byvoorbeeld:
n stereotipes herken;
n leer hoe tekste lesers tot spesifieke standpunte kan oorreed;
n hierdie gebruike van taal bevraagteken.
Deur hierdie hele benadering sal onderwysers en leerders:
n die twaalf kritieke uitkomste en ontwikkelingsuitkomste bereik;
n voorbereid daarop wees om komplekser aktiwiteite en veeleisender assesseringstandaarde in die Senior Fase
te hanteer.
LEERUITKOMSTE
Leeruitkoms 1: Luister
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Leerders se luistervaardighede word verfyn om hulle in staat te stel om vir verskillende doeleindes na uitgebreide
mondelinge tekste (formeel n informeel) te luister.
Leeruitkoms 2: Praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Algaande leerders groei, stel sosiale situasies groter uitdagings en vereis meer selfvertroue en doeltreffendheid in
gesproke taal. Leerders sal voortgaan om hul kommunikasievaardighede te ontwikkel en sal sensitiwiteit vir
kulturele verskille en waardering vir veeltaligheid ontwikkel.
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Die lees van 'n verskeidenheid fiksie en nie-fiksie is noodsaaklik vir leerders se emosionele groei,
taalontwikkeling, geletterdheid, begrip van waardes en vir genot.
Leeruitkoms 4: Skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Leerders gaan voort om hul skryfvaardighede vir verskillende doeleindes en teikengroepe te ontwikkel. Hulle
begin om idees op 'n gepaste manier in feitelike en skeppende tekste te ontwikkel en organiseer deur die stappe
in die skryfproses te volg.
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
61
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk
en gebruik.
Meer ontwikkelde denkvaardighede, insluitend "dink-oor-dink" (metakognisie) en inligtingsgeletterdheid is
belangrik vir kruiskurrikulre werk en vir onderrigsukses. Hierdie vaardighede behoort gentegreerd en binne
'n konteks van probleemoplossingsaktiwiteite met 'n duidelike en waardevolle opvoedkundige doel onderrig
te word.
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste
te skep en te interpreteer.
Leerders sal ondersoek hoe taal werk en 'n gedeelde taal ontwikkel om oor taal te praat ('n "metataal") sodat
hulle hul eie en ander tekste krities ten opsigte van betekenis, doeltreffendheid en akkuraatheid kan evalueer.
Hulle sal hierdie kennis ook kan gebruik om met taal te eksperimenteer om betekenis te skep (van woord- en
sinsvlak tot volle tekste) en om te sien wat die verband tussen teks en konteks is. Hulle sal bewus raak van hoe
taal oor tyd heen, tussen kulture en in verskillende situasies verander.
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE
In die volgende afdelings word die assesseringstandaarde vir elke leeruitkoms vir elke graad gegee. Voorbeelde
van tekste wat vir gentegreerde taalonderrig gebruik kan word, word verskaf. Dit is nie die enigste moontlike
voorbeelde nie en onderwysers kan enige ander gepaste en beskikbare tekste byvoeg.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
62
Graad 4
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Gesprekke
n Toesprake
n Gedigte
n Koorliedjies
n Vertellinge (soos fabels, legendes, stories)
n Verslae van gebeure
n Grappies, raaisels en limerieke
n Weerverslae
n Onderhoude
n Kort praatjies
n Liedjies
n Woordspeletjies
n Instruksies (soos vir 'n speletjie)
n Aanwysings
Geskrewe/Visueel:
n Gedigte
n Stories
n Verslae (soos 'n wetenskapverslag, weerverslag, verslag van 'n ongeluk, sportverslag)
n Vertellinge (soos fabels, legendes, stories)
n Prosedures (soos resepte, instruksies)
n Strokiesprente en -verhale
n Briewe
n Dagboekinskrywings
n Naslaanboeke (soos woordeboeke, ensiklopedie)
n Handboeke (uit ander leerareas)
n Tekeninge
n Collages
n Staafgrafieke
n Diagramme (soos vloeidiagramme)
n Kopkaarte
n Kaarte
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
63
Graad 4
Aanbevole Tekste
Vervolg
Multimedia:
n TV-dramas vir kinders
n TV-prenteverhale
n TV-advertensies
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
n Lewende opvoerings
n Advertensies
Graad 5
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Toesprake
n Radioprogramme
n Mondelinge gedigte (soos prysgedigte, ballades)
n Vertellinge (soos stories, fabels, mites)
n Instruksies
n Aanwysings
n Nuus
n Verslae (weer, sport, ens.)
n Dreunsang
n Praatjies/kort lesings
n Debatte
n Toneelstukke
n Grappies, staaltjies
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
64
Graad 5
Aanbevole Tekste
Vervolg
Geskrewe/Visueel:
n Gedigte
n Vertellinge (soos stories, fabels, mites)
n Briewe
n Boekresensies
n Dagboekinskrywings
n Joernaalinskrywings
n Prosedures (soos instruksies, resepte)
n Verslae
n Naslaanboeke (soos woordeboeke, ensiklopedie)
n Handboeke (uit ander leerareas)
n Plakkate
n Foto's
n Grafieke en sirkeldiagramme
n Tabelle
n Kopkaarte
n Diagramme
Multimedia:
n TV-dramas
n Rolprente
n TV-strokiesverhale
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
n Opvoerings
n Uitstallings
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
65
Graad 6
Aanbevole Tekste
Mondeling:
n Besprekings
n Vergaderings
n Debatte
n Stories
n Toneelstukke
n Radioprogramme (verskeie formate)
n Nuus
n Instruksies
n Aanwysings
n Verduidelikings
n Mondelinge gedigte
n Staaltjies
n Onderhandelings
Geskrewe/Visueel:
n Biografie
n Romans
n Kortverhale
n Kort toneelstukke
n Gedigte
n Koerantberigte en tydskrifartikels
n Verslae (misdaad, ongeluk, sport)
n Prosedures (instruksies)
n Aanwysings
n Naslaanboeke (soos woordeboeke, ensiklopedie)
n Handboeke (uit verskillende leerareas)
n Advertensies
n Foto's
n Tabelle
n Diagramme
n Kaarte
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
66
Graad 6
Aanbevole Tekste
Vervolg
Multimedia:
n Rolprente
n Dokumentre
n Spotprente
n Strokiesprente en -verhale
n TV-programme
n TV-advertensies
n Video's, CD-ROM's en internet (waar beskikbaar)
n Opvoerings
n Uitstallings
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
67
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
68
Leeruitkoms 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste
te luister (soos stories, fabels, limerieke, kort verslae) en
reageer gepas.
n Bespreek die sentrale idee en spesifieke besonderhede
van die teks en bring dit in verband met eie ervaring.
n Bespreek die spreker se gebruik van woorde, frases en
liggaamstaal en hoe dit die luisteraar affekteer (soos:
Hoe het jy gevoel nadat jy na die spreker geluister het?
Wat het sy/hy ges om jou so te laat voel?).
n Bespreek hoe 'n spreker se toon en woordkeuse vir
verskillende teikengroepe en doeleindes verander.
n Gesels oor die klank- en woordprente in die taal en
lewer kommentaar op die uitwerking daarvan op die
luisteraar.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
69
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Geniet dit om na verskillende soorte mondelinge
tekste te luister en reageer krities daarop (soos
stories, legendes, gedigte, toneelstukke, debatte en
praatjies).
n Identifiseer temas, stel vrae en bring idees in
verband met eie ervaring.
n Identifiseer en bespreek kernkenmerke soos
konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud,
register en woordkeuse:
 bespreek hoe dit die luisteraar affekteer en
waarom;
 bespreek hoe hierdie kenmerke vir verskillende
teikengroepe en doeleindes sal verander;
 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die
spreker as die luisteraar posisioneer (soos ten
opsigte van gesag en mag, houding teenoor
karakters);
 identifiseer en bespreek hoe stereotipes geskep
word en die uitwerking daarvan op die luisteraar
(soos: Hoe word die held/heldin uitgebeeld?
Hoe laat dit jou oor hom/haar voel? Is mense
altyd so in die ware lewe?).
n Lewer kommentaar op klank- en visuele effekte
soos ritme, herhaling, alliterasie, klanknabootsing,
vergelykings).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Geniet dit om na verskillende soorte mondelinge
tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang,
grappe, raaisels en kort toneelstukke) en reageer
gepas.
n Identifiseer die hoofboodskap en temas in
mondelinge tekste en bring dit in verband met die
daaglikse lewe.
n Identifiseer kenmerke van mondelinge tekste
(struktuur, taal, toon, register, ens.) wat dit gepas
vir verskillende doeleindes en teikengroepe maak.
n Bespreek hoe taal gebruik word om atmosfeer
te skep.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
70
Leeruitkoms 1
Vervolg
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister vir inligting in verskillende soorte tekste (soos
weerverslae, skoolaankondigings, onderhoude), herroep
hoofidees of spesifieke besonderhede en reageer gepas.
n Voer instruksies uit en volg aanwysings.
n Luister aktief tydens gesprekke en besprekings, toon
respek en sensitiwiteit vir ander se gevoelens en
waardeer ander se standpunte.
n Bespreek die sosiale, morele en kulturele waardes,
houdings en veronderstellings in mondelinge tekste
(soos: Bestaan alle gesinne uit 'n ma, pa en kinders?
Is daar ook ander soort gesinne?).
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
71
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister vir inligting in 'n verskeidenheid
mondelinge tekste (debatte, verduidelikings,
verslae, televisiedokumentre), som hoofgedagtes
op en neem kennis van spesifieke besonderhede.
n Luister aktief en met sensitiwiteit, gee erkenning
aan menings wat met eie mening bots en reageer
gepas binne die konteks.
n Bespreek die sosiale, morele en kulturele waardes
in verskillende tekste en lewer kommentaar op hoe
dit in die teks oorgedra word (soos: Is daar enige
bewyse van stereotipering?).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister na verskillende soorte informatiewe tekste
(aanwysings, instruksies, toesprake,
radiogeselsprogramme, televisiedokumentre),
neem kennis van hoofidees of spesifieke
besonderhede en gebruik inligting op 'n gepaste
manier.
n Luister aktief, oorweeg ander standpunte en reageer
op sensitiewe wyse op idees en voorstelle.
n Bespreek die sosiale, morele en kulturele waardes,
houdings en veronderstellings in mondelinge tekste
en lewer kommentaar op wat in- en uitgesluit is
(soos: Is die storie se boodskap waar vir alle
situasies? Watter omstandighede word nie in
hierdie storie gedek nie?).
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
72
Leeruitkoms 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra ervaringe, idees en inligting in verskillende
kontekste vir verskillende teikengroepe en
doeleindes oor:
 gebruik taal met gemak vir interpersoonlike
kommunikasie in alledaagse gesprekke;
 gebruik taal vir beeldryke selfuitdrukking (soos:
vertel 'n storie, resiteer 'n gedig of rolspeel 'n
situasie);
 deel idees en lug mening oor bekende onderwerpe
uit eie ervaring;
 herroep en beskryf 'n reeks gebeurtenisse of
handelinge;
 gee aanwysings of instruksies;
 stel en reageer op vrae;
 bespreek en vergelyk eie en ander se idees en
menings.
n Gebruik interaksievaardighede en -strategie tydens
groepwerk:
 neem beurte;
 hou by die onderwerp;
 stel relevante vrae;
 help die bespreking om te vloei;
 reageer met empatie en respek op ander se idees;
 gee gebalanseerde en opbouende terugvoering;
 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings;
 toon respek vir ander in die groep.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
73
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra ervaringe, idees en inligting in verskillende
kontekste vir verskillende teikengroepe en
doeleindes oor:
 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie
wat dieper persoonlike gevoelens en besinning
openbaar (soos: gesels oor gevoelens en
aspirasies);
 gebruik taal vir skeppende en beeldryke
selfuitdrukking (soos: gedigte; reaksie op
musiek);
 deel idees en lug mening oor uitdagende
onderwerpe op 'n logiese, samehangende
en gestruktureerde manier (soos: plakkaataanbiedings,
verslae, debatte);
 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee
aanwysings op 'n logiese manier;
 stel en reageer op uitdagende vrae;
 ontwikkel feitelike en beredeneerde argumente
om mening te regverdig.
n Pas interaksievaardighede en -strategie in
groepsituasies toe:
 volg konvensies vir gepaste interaksie tydens
groepwerk;
 gee gebalanseerde en opbouende terugvoering;
 toon sensitiwiteit vir kultuur- en sosiale verskille
(soos: bevestig en inkorporeer diverse taal,
ervaringe, voorbeelde);
 gebruik diplomatiese taal in potensile
konfliksituasies.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra ervaringe, idees en inligting in verskillende
kontekste vir verskillende teikengroepe en
doeleindes oor:
 gebruik taal denkend vir interpersoonlike
kommunikasie (soos: prys iemand se pogings;
verskil van iemand);
 gebruik taal vir skeppende en beeldryke
selfuitdrukking (soos: gee uitdrukking aan
gevoelens en gedagtes; dramatiseer);
 deel idees en lug mening oor minder bekende
onderwerpe en gebeurtenisse deur spekulasie en
hipotese te gebruik;
 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee
aanwysings op 'n logiese manier;
 stel kritiese vrae wat nie voor die hand liggende
antwoorde het nie en kan denkend reageer;
 lug en regverdig eie mening met redes.
n Gebruik interaksievaardighede en -strategie in
groepsituasies:
 neem beurte, hou by die onderwerp, stel
relevante vrae, help die bespreking om te vloei
en reageer met empatie en respek op ander se
idees;
 gee gebalanseerde en opbouende terugvoering;
 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings;
 toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens
tydens groepwerk.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
74
Leeruitkoms 2
Vervolg
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede:
 maak oogkontak en vroetel nie;
 gebruik gepaste gebare en gesigsuitdrukkings;
 praat hoorbaar, gebruik gepaste pouses en praat
teen 'n redelike tempo.
n Gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en
teikengroepe:
 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad
(register) in verskillende situasies (toon, woordkeuse,
styl, liggaamstaal);
 gebruik gepaste taal wanneer hoflikheidsvorme
gebruik word (verskonings, versoeke, bedankings,
ondersteuning);
 identifiseer onsensitiewe of diskriminerende
taalgebruik en probeer dit vermy.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
75
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede:
 draai nie rug op gehoor nie;
 wissel volume, toon en tempo vir klem en effek;
 besin oor eie aanbieding en vaardighede en
probeer gedentifiseerde swakhede verbeter.
n Gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en
teikengroepe:
 gebruik die gepaste register in onbekende en
meer uitdagende situasies en toon bewustheid
van verskillende teikengroepe;
 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos
om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en
met iemand te identifiseer;
 stel alternatiewe vir diskriminerende taalgebruik
voor.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede:
 verskuif oogkontak om so 'n groot moontlike
deel van die gehoor in te sluit;
 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings.
 pas tempo en volume vir klem aan;
 gebruik pouses gepas en pas toon volgens die
doel aan.
n Gebruik gepaste woorde en strukture vir
verskillende doeleindes en teikengroepe:
 gebruik taal met die gepaste register in minder
bekende situasies;
 gebruik die gepaste grammatikale strukture en
taalidioom vir die doel;
 gebruik taal sorgvuldig om komplekse dog
algemene gevoelens soos woede, ongeduld,
simpatie en bewondering uit te druk;
 identifiseer en bevraagteken diskriminerende
taalgebruik.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
76
Leeruitkoms 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir
verskillende doeleindes (soos gedigte, stories, mites,
brosjures, naslaanboeke en handboeke):
 lees onafhanklik deur 'n verskeidenheid lees- en
begripstrategie gepas vir verskillende doeleindes
te gebruik:
??vluglees vir die algemene idee,
??soeklees vir spesifieke besonderhede,
??ondersoek inhoudsopgawe, opskrifte en indeks om
'n algemene oorsig te verkry,
??maak voorspellings deur kontekstuele leidrade te
gebruik om betekenis vas te stel en maak afleidings;
 Voer luidlees duidelik en met gevoel uit.
n Kyk na en lewer kommentaar op verskeie visuele en
multimedia-tekste (soos prente, strokiesverhale, en,
indien beskikbaar, video's, rekenaarprogramme en
CD-ROM's):
 interpreteer die boodskap;
 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur,
ontwerp, keuse van beelde en hoe dit die boodskap
wat oorgedra word, affekteer.
n Beskryf gevoelens oor die teks (feitelik of literr, visueel
of multimedia) en gee redes.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
77
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste
vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte,
gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante,
handboeke):
 lees hardop en stil en pas leesstrategie
volgens die doel en gehoor aan;
 gebruik gepaste lees- en begripstrategie
(vluglees en soeklees, voorspellings,
kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van
begrip, ens.).
n Kyk na en bespreek verskeie visuele en
multimedia-tekste (soos foto's, TV-advertensies,
dramas en toneelstukke, en, indien beskikbaar,
video's/films, rekenaarprogramme en CD-ROM's):
 interpreteer en bespreek die boodskap;
 identifiseer en bespreek tegnieke soos beligting
en byklanke, keuse van beelde, kamerahoek,
vorm en ontwerp, grafika, en die uitwerking
daarvan op die kyker.
n Verduidelik interpretasie en algehele reaksie op die
teks en gee redes gebaseer op die teks of op eie
ervaring.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste
vir verskillende doeleindes (soos gedigte,
boekresensies, kort romans, omsendbriewe,
naslaanboeke):
 lees onafhanklik deur 'n verskeidenheid lees-
en begripstrategie gepas vir verskillende
doeleindes te gebruik:
??vluglees vir die algemene idee,
??soeklees vir spesifieke besonderhede,
??ondersoek inhoudsopgawe, opskrifte en
indeks om 'n algemene oorsig te verkry,
??gebruik vroere kennis of tekstuele leidrade
om betekenis vas te stel en afleidings te maak,
??maak voorspellings oor inhoud en slot,
??maak storiekaarte of maak aantekeninge van
hoofpunte om begrip na te gaan;
 voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed
volgens doel en gehoor aan.
n Kyk na en lewer kommentaar op verskeie visuele
en multimedia-tekste (soos advertensies,
video's/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar,
rekenaarprogramme en CD-ROM's):
 bespreek die boodskap wat oorgedra word;
 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos
kleur, keuse van beelde, soort en grootte van
letterwerk, simbole, uitleg.
n Beskryf en ontleed emosionele reaksie op tekste.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
78
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bespreek hoe die keuse van taal en grafiese kenmerke
die leser benvloed.
n Toon begrip van en identifiseer en bespreek aspekte
soos hooftema, karakters, ruimte, intrige in fiksie-tekste.
n Lei redes vir handelinge in tekste af.
n Verstaan die woordeskat en bespreek die keuse van
woorde, beelde en byklanke in gedigte, stories en
multimedia-tekste (soos: ritme, rym, alliterasie,
woordprente, humor).
n Herken die verskillende strukture, taalgebruik, doel en
teikengroep van verskillende soorte tekste:
 identifiseer die doel van verskillende tekste (soos
toesprake, stories, gedigte, advertensies);
 identifiseer die manier waarop tekste
gestruktureer is;
 identifiseer hoe taal en register (formaliteitsgraad) na
aanleiding van doel en teikengroep verskil;
 identifiseer die taal wat in verskillende soorte tekste
gebruik word (soos die direkte rede in fabels,
volgorde-woorde in aanwysings, die passiewe vorm
in verslae).
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
79
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bespreek hoe skrywers, grafiese ontwerpers
en fotograwe se tegnieke 'n spesifieke
wreldbeskouing oordra en die leser op verskeie
maniere posisioneer.
n Toon begrip van die teks, die verband daarvan met
hul eie lewe, die doel daarvan en hoe dit
funksioneer:
 verduidelik temas, intrige, ruimte, atmosfeer en
karakterisering;
 bespreek die skrywer se houding en perspektief,
hoe betekenis geskep word en maniere waarop
die leser geposisioneer word (soos: Vertel die
skrywer die storie as 'n waarnemer of 'n
karakter? Hoe voel jy oor die hoofkarakter(s)? Is
jy simpatiek of krities? Hoe kry die skrywer dit
reg om jou so te laat voel?).
n Herken en verduidelik die verskillende strukture,
taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende
soorte tekste:
 identifiseer en evalueer die soort en gepastheid
van 'n teks se taal en register vir die bedoelde
teikengroep;
 identifiseer en ontleed die eienskappe van
verskillende soorte skryfvorme of genres (soos
die struktuur en konvensies wat in biografie,
verskillende soorte gedigte, verskillende soorte
koerantberigte, ens. gebruik word).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bespreek hoe skrywers en visuele kunstenaars op
verskillende maniere met lesers in wisselwerking
tree en hoe hulle taal en visuele kenmerke gebruik
om verskillende wreldbeskouinge oor te dra.
n Toon begrip van fiksie-tekste:
 bespreek die hoofidee, intrige, ruimte,
atmosfeer en karakters;
 maak afleidings oor intrige en karakters;
 bespreek temas en vraagstukke en lug menings
met redes daarvoor.
n Verstaan die woordeskat en bespreek hoe
skrywers taal gebruik om 'n sekere effek te bereik
(vergelykings, ritme, klanknabootsing, ens.).
n Herken die verskillende strukture, taalgebruik, doel
en teikengroep van verskillende soorte tekste:
 identifiseer die manier waarop verskillende
soorte tekste gestruktureer is (soos fabels,
briewe, boekresensies);
 identifiseer die eienskappe van verskillende
skryfvorme, soos wetenskapsfiksie, rillers;
 identifiseer die doel van verskillende tekste en
hoe taal en register na aanleiding van doel en
teikengroep verskil.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
80
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer en bespreek waardes ten opsigte van
kulturele, sosiale, omgewings- en morele kwessies in
tekste (soos: die boodskap van die storie en die
geldigheid daarvan in verskillende kontekste, kwessies
betreffende regverdigheid en gelykheid ten opsigte van
verskillende situasies en karakters).
n Verstaan en reageer gepas op informatiewe tekste:
 identifiseer hoof- en ondersteunende gedagtes;
 soeklees vir spesifieke besonderhede in tekste soos
weerverslae, busroosters, kaarte;
 volg kort, gedrukte instruksies en aanwysings.
n Interpreteer eenvoudige visuele tekste (tabelle, plakkate,
diagramme, grafieke, kaarte) en kan 'n teks van een
vorm na 'n ander verander (soos 'n grafiek na 'n
verduidelikende paragraaf).
n Kies relevante tekste vir eie inligtingsbehoeftes, soos
woordeboeke, kinderensiklopedie en naslaanboeke.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
81
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer en bespreek kulturele en sosiale
waardes in tekste krities:
 interpreteer die skrywer se bedoelde en
onbedoelde verskuilde boodskappe;
 identifiseer verskillende perspektiewe binne 'n
ingewikkelder teks en gee eie perspektief
gebaseer op bewyse uit die teks;
 ontleed die uitwerking van stereotipering,
partydigheid en vooroordeel en bespreek hoe dit
bevraagteken en verander kan word en gee eie
gemotiveerde mening.
n Verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:
 som hoof- en ondersteunende gedagtes op;
 onderskei tussen feite en menings;
 kies en teken relevante inligting op 'n gepaste
manier op;
 volg redelik komplekse instruksies en
aanwysings sonder enige hulp.
n Interpreteer en ontleed self besonderhede in
grafiese tekste (kaarte, lyngrafieke, staafgrafieke
en sirkeldiagramme) en dra inligting van een vorm
na 'n ander oor.
n Kies relevante tekste vir persoonlike en
inligtingsbehoeftes uit 'n wye verskeidenheid
bronne, soos uit die plaaslike gemeenskap en die
elektroniese media (indien beskikbaar).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer en bespreek omgewings-, kulturele en
sosiale waardes in tekste:
 identifiseer en bespreek vertelperspektief en die
doel en effek daarvan;
 herken en bespreek stereotipes en hoe dit
geskep word;
 bespreek en vergelyk die hantering van
verskillende sosiale en kulturele vraagstukke
deur verskillende skrywers.
n Verstaan en reageer gepas op verskeie informatiewe
tekste:
 identifiseer hoof- en ondersteunende gedagtes,
maak aantekeninge van spesifieke
besonderhede en som inligting op;
 lees en voer redelik komplekse instruksies uit en
volg aanwysings met die minimum hulp.
n Interpreteer en bespreek komplekser visuele
tekste (soos tabelle, plakkate, diagramme,
staafgrafieke, kaarte) en kan 'n teks van een vorm
na 'n ander verander (soos 'n tabel met data na 'n
grafiek).
n Kies relevante tekste en pas navorsingsvaardighede
toe om inligting in woordeboeke,
naslaanboeke en handboeke, uit gemeenskapsbronne
en die elektroniese media (indien
beskikbaar) te verkry.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
82
Leeruitkoms 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes
en teikengroepe:
 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse,
verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos briewe,
beskrywende paragrawe, limerieke);
 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik vir
verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kort
verslae, instruksies);
 skryf en ontwerp verskeie mediatekste vir
verskillende teikengroepe (soos plakkate,
strokiesverhale, eenvoudige brosjures);
 verander inligting van een formaat na 'n ander (soos
geskrewe teks na 'n tabel).
n Ontwikkel en organiseer idees deur die skryfproses:
 kies en ondersoek 'n onderwerp en hou 'n dinkskrum
oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme
en lyste;
 organiseer idees in paragrawe waarin enkelvoudige en
saamgestelde sinne gebruik word;
 skryf 'n konsep-/eerste weergawe met gepaste taal en
konvensies vir die spesifieke doel en teikengroep;
 hersien werk deur eie bewustheid van gepaste taal,
struktuur en styl en terugvoering van klasmaats en/of
onderwyser te gebruik;
 proeflees finale konsep vir grammatika, punktuasie
en spelling en inkorporeer terugvoering van
klasmaats en onderwyser;
 "publiseer" finale weergawe deur dit met die relevante
teikengroep en/of onderwyser te deel.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
83
t
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf verskeie soorte tekste vir verskillende
doeleindes en teikengroepe:
 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse,
verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos
joernale, gedigte, mites, dialo);
 skryf informatiewe tekste waarin idees
duidelik en logies vir verskillende teikengroepe
uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
 skryf en ontwerp visuele tekste vir
verskillende teikengroepe deur taal, byklanke,
grafika en ontwerp duidelik en skeppend te
gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en
radioadvertensies, nuusbriewe met foto's);
 toon begrip van styl en register en verander
inligting van een formaat na 'n ander;
 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk.
n Ontwikkel en organiseer eie idees deur die
skryfproses:
 hou 'n dinkskrum oor idees vir 'n onderwerp en
ontwikkel idees deur 'n wye verskeidenheid
bronne te raadpleeg, gepaste inligting te kies en
idees te organiseer deur strategie soos kopkaarte,
vloeidiagramme en roosters te gebruik;
 skryf 'n konsep-/eerste weergawe met
bewustheid van 'n sentrale idee en gepaste taal
en konvensies vir die spesifieke doel en
teikengroep;
 hersien werk deur op inhoud, gepaste taal,
struktuur en styl te fokus en terugvoering van
klasmaats en onderwyser te gebruik;
 skryf soveel weergawes as wat nodig is;
 gee met sensitiwiteit terugvoering aan
klasmaats om hul pogings aan te moedig;
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf verskeie soorte tekste vir verskillende
doeleindes en teikengroepe:
 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse,
verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos
dagboekinskrywings, humoristiese staaltjies,
stories, gedigte);
 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik
en logies vir verskillende teikengroepe
uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
 skryf en ontwerp visuele tekste waarin
inligting duidelik en skeppend aangebied word
(soos advertensies, omsendbriewe, kaarte met
prente en byskrifte);
 verander inligting van een formaat na 'n ander
(soos 'n tabel na 'n paragraaf of grafiek).
n Ontwikkel en organiseer idees deur die
skryfproses:
 kies en ontleed 'n onderwerp en hou 'n
dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte,
vloeidiagramme en lyste;
 ontwikkel die onderwerp deur relevante bronne
te raadpleeg, gepaste inligting te kies en idees te
organiseer;
 skryf 'n konsep-/eerste weergawe met 'n
sentrale idee en goed ontwikkelde paragrawe;
 gebruik enkelvoudige en saamgestelde sinne met
bewustheid van die spesifieke doel en
teikengroep;
 hersien werk deur op inhoud, gepaste taal,
struktuur en styl te fokus en terugvoering van
klasmaats en onderwyser te gebruik;
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
84
Leeruitkoms 4
Vervolg
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Bied netjiese werk in die regte formaat in 'n
leesbare handskrif aan, met ruimtes tussen
paragrawe en opskrifte, waar nodig.
n Pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
 woordvlak:
??kies en gebruik 'n wye verskeidenheid woorde uit
eie taalervaring, aktiwiteite, letterkunde,
mondelinge taal van klasmaats en ander;
 sinsvlak:
??brei sinne met behulp van adjektiewe,
bywoorde en met byvoeglike en bywoordelike
bepalings en bysinne uit,
??wissel tydsvorme gepas en konsekwent;
 paragraafvlak:
??gebruik kern- en ondergeskikte sinne om 'n
samehangende paragraaf te skryf,
??gebruik gepaste taal, spelling en punktuasie.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
85
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 lewer 'n finale weergawe waarin die
terugvoering van klasmaats en onderwyser
genkorporeer word;
 besin individueel en saam met klasmaats en
onderwyser oor die finale produk en evalueer
dit krities.
n Lewer netjiese werk met spesifieke aandag aan
aanbieding (soos: omslag, inhoudsopgawe, uitleg,
gepaste illustrasies of grafika).
n Pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
 woordvlak:
??kies, gebruik en eksperimenteer met 'n wye
verskeidenheid woorde uit ander leerareas en
eie belangstelling en ervaring wat betekenis
duidelik en gepas oordra,
??spel dikwels gebruikte woorde korrek en gaan
spelling van nuwe woorde na;
 sinsvlak:
??gebruik 'n verskeidenheid saamgestelde en
veelvoudige sinne,
??gebruik en wissel tydsvorme korrek en
konsekwent,
??gebruik die aktiewe en passiewe vorm
doeltreffend,
??wissel woordorde vir fokus en klem;
 paragraafvlak
??skryf 'n kernsin en sluit relevante inligting in
om 'n samehangende paragraaf te ontwikkel,
??toon verskillende maniere om paragrawe te
skakel en grafika gepas in te sluit om 'n
samehangende geheel te vorm,
??gebruik gepaste grammatika, spelling en
punktuasie.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 proeflees en korrigeer finale konsep;
 lewer finale weergawe in en besin oor die
assessering van die stuk.
n Lewer netjiese, leesbare werk met aandag aan
aanbieding (soos: omslag, titel, opskrifte, gepaste
grafika).
n Pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
 woordvlak:
??kies en eksperimenteer met 'n wye
verskeidenheid woorde uit verskeie bronne,
??raadpleeg woordeboek of tesourus om woorde
na te gaan;
 sinsvlak:
??brei sinne met byvoeglike en bywoordelike
bepalings en bysinne uit,
??wissel tydsvorme korrek en konsekwent,
??gebruik die direkte en indirekte rede gepas en
doeltreffend;
 paragraafvlak:
??skryf 'n kernsin en sluit relevante inligting in
om 'n samehangende paragraaf te ontwikkel,
??toon verskillende maniere om paragrawe te
skakel,
??gebruik gepaste grammatika, spelling en
punktuasie.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
86
Leeruitkoms 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 bespreek oorsaak en gevolg in geskrewe tekste en die
taal wat gebruik word om dit uit te druk (soos:
wanneer ..., dan ...; as ... dan ...);
 identifiseer verskillende moontlikhede en
verduidelik waarom en hoe dit verskil;
 lei betekenis af wat nie ooglopend gestel is nie en
verduidelik hoe betekenis oorgedra word.
n Gebruik taal om te ondersoek:
 formuleer vrae om te help om die nodige inligting
te verkry;
 identifiseer relevante inligtingsbronne;
 kies en ondersoek verskillende bronne vir
verskillende perspektiewe op 'n onderwerp.
n Verwerk inligting:
 bespreek en vergelyk inligting uit verskillende
bronne;
 kies relevante idees;
 kies voorbeelde uit verduidelikings;
 plaas inligting in die korrekte volgorde;
 som inligting op verskillende maniere op (soos:
diagramme, paragrawe, kopkaarte, tabelle);
 baseer oordeel op inligting en maak gevolgtrekkings.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
87
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 onderskei tussen oorsaak en gevolg in 'n
verskeidenheid kruiskurrikulre kontekste;
 lug mening en staaf dit met vaste bewyse;
 ontwikkel 'n gebalanseerde argument oor 'n
relevante en uitdagende vraagstuk;
 kontrasteer teenstellende perspektiewe en
gee redes;
 bevraagteken die geldigheid en uitwerking van
konteks en die skrywer se houding.
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel kritiese vrae wat alternatiewe
verduidelikings ondersoek;
 stel opvolgvrae om dieper antwoorde te kry;
 bespreek die geldigheid van inligting deur dit
met ander bronne te vergelyk;
 vergelyk hoe verskillende tale verskillende
leerareabegrippe uitdruk.
n Verwerk inligting:
 kategoriseer en klassifiseer inligting en
verduidelik wat die prosesse behels deur
voorbeelde uit verskillende leerareas te gee;
 vergelyk en kontrasteer inligting en idees en dui
aan watter basis gebruik is;
 kombineer idees uit verskillende bronne in 'n
samehangende geheel;
 maak gevolgtrekkings en doen aanbevelings;
 verander inligting van een taal na 'n ander;
 verander die formaat van inligting (soos van
tabelle na geskrewe vorm, van tabelle na
grafieke).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te dink en te redeneer:
 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en
geskrewe tekste en verduidelik die verband
daartussen;
 doen skattings gebaseer op bekende inligting;
 onderskei tussen die voordele en nadele van iets
en verduidelik dit;
 bevraagteken en ontwikkel verskillende
perspektiewe op bekende onderwerpe;
 bespreek die invloed van konteks op inligting.
n Gebruik taal om te ondersoek:
 formuleer relevante vrae om rigting aan die
inligtingsoektog te gee;
 gebruik onderhoude om inligting te verkry;
 bespreek hoe onderhoude as 'n manier om
inligting te verkry, werk;
 soek inligting in ander relevante bronne.
n Verwerk inligting:
 versamel en kategoriseer relevante idees en
verduidelik die redes vir die kategorisering;
 onderskei tussen algemene en spesifieke
inligting;
 organiseer inligting onder verskillende hofies;
 orden 'n reeks stappe of gebeurtenisse op 'n
logiese manier en verduidelik die logika;
 organiseer inligting in 'n paragraaf, tabel,
tydlyn, diagram of ander gepaste grafiese
voorstelling;
 evalueer en maak gevolgtrekkings en
verduidelik redes daarvoor.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
88
Leeruitkoms 5
Vervolg
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om skeppend te dink:
 voorspel na aanleiding van versamelde bewyse wat
volgende gaan gebeur of hoe iets gaan eindig;
 ontwikkel verskillende moontlikhede of scenario's
vir 'n gegewe situasie;
 vind verskillende maniere om idees uit te druk deur
'n tesourus te gebruik en bespreek nuanses in
betekenis.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
89
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om skeppend te dink:
 beskryf wat sy/hy visualiseer nadat 'n teks
gelees of gehoor is;
 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat
hy/sy sou verkies;
 vorm hipoteses en verskaf alternatiewe tydens
probleemoplossing;
 eksperimenteer met taal op verskeie maniere,
soos om nuwe woorde vir konsepte te maak.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om skeppend te dink:
 vorm hipoteses oor die moontlike resultate of
slot van 'n reeks stappe of gebeurtenisse;
 voorspel wat in 'n denkbeeldige situasie sou
kon gebeur;
 besin oor vorige prosesse of aktiwiteite en lesse
vir toekomstige gebruik;
 eksperimenteer met die visuele en klankeffekte
van taal;
 ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit
'n ander hoek na onderwerpe te kyk.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
90
Leeruitkoms 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 teken woorde in 'n persoonlike woordeboek op;
 toon ontwikkelende kennis van die kompleksiteit van
alfabetiese volgorde;
 spel dikwels gebruikte woorde korrek;
 gebruik skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken)
doeltreffend in alledaagse woorde;
 gebruik hoofletters korrek;
 gaan spelling en betekenis in 'n woordeboek na;
 herken korrekte woordverdelings;
 ontwikkel woordeskat deur woordfamilies en woorde
uit dieselfde veld te herken;
 begin besef dat talle woorde uit verskillende
komponente bestaan;
 gebruik klankverandering, eenvoudige samestelling
en voorvoegsels, stamme en agtervoegsels om woorde
te vorm;
 ondersoek die herkoms van woorde op 'n algemene
vlak (soos leenwoorde);
 gebruik alledaagse afkortings.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
91
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 skep eie persoonlike spellys;
 toon kennis van die kompleksiteit van
alfabetiese volgorde waar die orde volgens die
2de letter gegee word;
 spel ook minder algemene woorde korrek en
herken uitsonderings in spelpatrone;
 gebruik skryftekens (kappie, deelteken,
koppelteken, afkappingsteken, aksentteken)
doeltreffend in alledaagse woorde;
 gebruik hoofletters korrek;
 gaan spelling en betekenis in 'n woordeboek of
tesourus na;
 herken en gebruik korrekte woordverdelings;
 ontwikkel woordeskat deur woordvorming,
deur woordfamilies en woorde uit dieselfde
veld te herken en deur betekenis uit die konteks
af te lei;
 besef dat talle woorde uit verskillende
komponente bestaan;
 gebruik verskeie tegnieke (voor- en
agtervoegsels, klankverandering, samestelling
en afleiding) om woordeskat uit te brei;
 verstaan en gebruik gepaste sinonieme,
antonieme, homonieme en homofone;
 begryp dat tale woorde by mekaar leen en
gebruik nuutskeppinge doeltreffend;
 gebruik 'n verskeidenheid afkortings en
akronieme.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 skep eie persoonlike spellys;
 toon kennis van die kompleksiteit van
alfabetiese volgorde waar die orde volgens die
1ste letter gegee word;
 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken
uitsonderings in spelpatrone;
 gebruik skryftekens (kappie, deelteken,
koppelteken, afkappingsteken) doeltreffend in
alledaagse woorde;
 gebruik hoofletters korrek;
 gaan spelling en betekenis in 'n woordeboek na;
 herken en gebruik korrekte woordverdelings;
 ontwikkel woordeskat deur woordvorming,
deur woordfamilies en woorde uit dieselfde
veld te herken en deur betekenis uit die konteks
af te lei;
 begin besef dat talle woorde uit verskillende
komponente bestaan;
 gebruik algemene voor- en agtervoegsels,
klankverandering, samestelling en afleiding om
woordeskat uit te brei;
 begryp dat tale woorde by mekaar leen en
gebruik nuutskeppinge;
 gebruik alledaagse afkortings en akronieme.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
92
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 gebruik stel-, vraag-, bevelsinne en uitroepe korrek;
 begryp dat sinne uit verskillende komponente bestaan
(onderwerp, voorwerp, gesegde) en verstaan die
funksie van elk;
 brei enkelvoudige sinne met byvoeglike en
bywoordelike bepalings uit;
 gebruik saamgestelde sinne korrek (met hoogstens
twee gesegdes);
 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe
woordorde betekenis kan benvloed;
 gebruik die verskillende tydsvorme korrek;
 gebruik die aktiewe (bedrywende) en die passiewe
(lydende) vorm doeltreffend;
 gebruik die ontkennende vorm gepas;
 gebruik die direkte en indirekte rede met
korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;
 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt,
komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens;
 verstaan en gebruik alledaagse selfstandige
naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
 verstaan en gebruik algemene hoofwerkwoorde
(selfstandige werkwoorde) en medewerkwoorde
(hulpwerkwoorde van tyd en wyse), asook algemene
deelwoorde;
 verstaan en gebruik alledaagse adjektiewe:
verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe
vorme;
 verstaan en gebruik alledaagse bywoorde (tyd, wyse,
plek);
 verstaan en gebruik alledaagse voornaamwoorde
(persoonlik, besitlik, vraend, betreklik);
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
93
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 verstaan die gebruik en funksie van die
verskillende komponente (onderwerp, voorwerp,
gesegde) waaruit sinne bestaan;
 brei sinne uit deur bepalings, sinsnedes en
bysinne by te voeg;
 gebruik 'n verskeidenheid enkelvoudige sinne,
saamgestelde en veelvoudige sinne doeltreffend;
 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe
woordorde betekenis kan benvloed;
 wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;
 gebruik die aktiewe (bedrywende) en die
passiewe (lydende) vorm doeltreffend - ook
wanneer die onderwerp onbekend is of die
passief gepas is;
 verstaan en gebruik die ontkennende vorm
gepas;
 verander sinne doeltreffend van die direkte na
die indirekte rede, en anders om, met die
korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en
voornaamwoorde;
 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt,
komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt,
afkappingsteken, aanhalingstekens;
 verstaan die funksie en gebruik van
selfstandige naamwoorde, asook getal,
geslag en verkleinwoorde;
 verstaan die funksie en gebruik van hoofwerkwoorde
(selfstandige werkwoorde) en
medewerkwoorde (hulpwerkwoorde van tyd en
wyse), asook van deelwoorde;
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met sinne:
 begryp dat sinne uit verskillende komponente
bestaan (onderwerp, voorwerp, gesegde) en
verstaan die funksie van elk;
 gebruik enkelvoudige sinne, saamgestelde en
veelvoudige sinne doeltreffend;
 brei sinne uit deur adjektiewe, bywoorde,
byvoeglike en bywoordelike bepalings en
bysinne by te voeg;
 gebruik voegwoorde en betreklike
voornaamwoorde doeltreffend om sinne te
verbind;
 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe
woordorde betekenis kan benvloed;
 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en
gepas;
 gebruik die aktiewe (bedrywende) en die
passiewe (lydende) vorm doeltreffend - ook
wanneer die onderwerp onbekend is of die
passief gepas is;
 verstaan en gebruik die ontkennende vorm
gepas;
 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede
doeltreffend, met korrekte punktuasie,
voornaamwoorde en bywoorde;
 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt,
komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt,
afkappingsteken, aanhalingstekens;
 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse
selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en
verkleinwoorde;
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
94
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 gebruik algemene voorsetsels doeltreffend;
 gebruik alledaagse sinonieme, antonieme,
homonieme en homofone.
n Werk met tekste:
 gebruik kern- en ondergeskikte sinne om 'n
samehangende paragraaf te vorm;
 skakel sinne in 'n samehangende paragraaf deur
verbindingswoorde (soos "ook", "uiteindelik"),
voegwoorde en voornaamwoorde te gebruik.
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
95
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe:
verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe
vorme, letterlike en figuurlike betekenis;
 verstaan die funksie en gebruik van bywoorde
(tyd, wyse, plek);
 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse
voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend,
betreklik);
 gebruik voorsetsels doeltreffend;
 verstaan en gebruik verskeie sinonieme,
antonieme, homonieme en homofone.
n Werk met tekste:
 gebruik voegwoorde en woorde wat tyd, oorsaak
en gevolg aandui om logiese sinne en paragrawe
te skep.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 verstaan die funksie en gebruik van algemeen
gebruikte hoofwerkwoorde (selfstandige
werkwoorde) en medewerkwoorde
(hulpwerkwoorde van tyd en wyse), asook van
algemene deelwoorde;
 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse
adjektiewe: verbuiging, trappe van vergelyking,
intensiewe vorme, letterlike en figuurlike
betekenis;
 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse
bywoorde (tyd, wyse, plek);
 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse
voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend,
betreklik);
 gebruik voorsetsels doeltreffend;
 verstaan en gebruik gepaste sinonieme,
antonieme, homonieme en homofone.
n Werk met tekste:
 gebruik kern- en ondergeskikte sinne om 'n
samehangende paragraaf te vorm;
 gebruik voegwoorde en woorde wat tyd,
oorsaak en gevolg aandui om logiese sinne en
paragrawe te skep.
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Intermedire Fase
96
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik korter en langer sinne;
 wissel woordorde vir fokus en klem;
 gebruik die gepaste formaliteitsgraad (register);
 gebruik eenvoudige idiomatiese uitdrukkings korrek;
 verstaan en gebruik eenvoudige vorms van
beeldspraak en figuurlike taal (soos vergelykings).
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 herken en bevraagteken stereotipes (t.o.v. ras en
geslag) en onsensitiewe of diskriminerende
taalgebruik;
 ondersoek byvoorbeeld verskillende maniere om
iemand te vra om iets te doen; hoe dit die verhouding
tussen die spreker en die luisteraar weerspiel; die
uitwerking daarvan en of dit bevraagteken moet word.
n Gebruik metataal:
 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal te
praat (terme soos: direkte en indirekte rede,
idiomatiese taalgebruik, formeel en informeel,
vergelyking, aanhalingstekens, ens.).
Graad 4
Tale - Afrikaans Huistaal
Intermedire Fase
97
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik 'n verskeidenheid sinslengtes en
-soorte aansluitend by die doel en teikengroep;
 wissel woordorde gepas vir fokus, klem en
afwisseling;
 gebruik duidelike, samehangende en
ekonomiese sinne met die korrekte
grammatikale struktuur;
 vermy dubbelsinnigheid;
 gebruik taal met die gepaste register in minder
bekende en meer uitdagende situasies;
 toon kennis van die gebruik van 'n
verskeidenheid idiomatiese uitdrukkings;
 verstaan en gebruik eenvoudige vorms van
beeldspraak en figuurlike taal (soos
personifikasie, vergelyking, metafoor).
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 herken en bevraagteken taal wat opsetlike en
onopsetlike stereotipes en partydigheid oordra
(soos: Ondersoek die manier waarop taal in
advertensies gebruik word om ons te oorreed om
dinge wat ons nie nodig het nie, te koop en
sodoende die omgewing te benadeel).
n Gebruik metataal:
 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal
te praat (terme soos: letterlik en figuurlik,
register, logies, metafoor, dubbelsinnigheid,
ens.).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik 'n verskeidenheid sinslengtes en
-soorte;
 wissel woordorde gepas vir fokus en klem;
 gebruik duidelike en samehangende sinne
sonder te veel woorde en met die korrekte
grammatikale struktuur;
 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad
(register) in minder bekende situasies en toon
bewustheid van teikengroep;
 pas toon en woordkeuse vir verskillende
teikengroepe en doeleindes aan;
 toon kennis van die gebruik van bekende
idiomatiese uitdrukkings;
 verstaan en gebruik eenvoudige vorms van
beeldspraak en figuurlike taal (soos
personifikasie, vergelyking).
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 herken en bevraagteken taal wat gebruik word
om rasse-, geslag- en ander stereotipes te skep.
n Gebruik metataal:
 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal
te praat (terme soos: aktiewe en passiewe vorm,
akronieme, teikengroep, personifikasie,
diskriminerend, ens.).
Graad 6 Graad 5
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
98
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
99
HOOFSTUK 4
SENIOR FASE
(Graad 7-9)
INLEIDING
In hierdie fase konsolideer leerders wat hulle in laer grade geleer het en berei hulle voor op verdere onderwys en
die werkswreld. Hulle berei hulle daarop voor om aktief aan 'n demokratiese samelewing deel te neem, om
krities betrokke by sosiale en omgewingskwessies soos MIV/VIGS te raak en om konstruktief hierop te reageer.
Hulle behoort taal toenemend vir persoonlike, openbare, formele en opvoedkundige doeleindes te gebruik.
Deur taal behoort leerders inligting te verkry omtrent:
n loopbaan- en verdere onderwys- en opleidingsgeleenthede, en
n hul regte en verantwoordelikhede as burgers in 'n demokratiese, multikulturele samelewing.
Fokus
Hierdie fase fokus op die vaslegging en uitbreiding van taal en geletterdheid. Teen die einde van graad 9 behoort
leerders in staat tot die volgende te wees:
n lees en skryf vir 'n wye verskeidenheid doeleindes - formeel en informeel, openbaar en persoonlik;
n is gretige, buigsame lesers wat self inligting kan vind en evalueer;
n is aktiewe, kritiese luisteraars en vrymoedige sprekers wat sensitiwiteit vir hul gehoor toon;
n kan taal ontleed, verstaan hoe dit werk en dit vir eie doeleindes gebruik.
LEERUITKOMSTE
Leeruitkoms 1: Luister
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne 'n wye verskeidenheid
situasies te reageer.
Leerders sal leer om aktief, met empatie en krities na 'n wye verskeidenheid mondelinge tekste te luister, dit op
te som, aan te teken en daarop te reageer.
Leeruitkoms 2: Praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies
te kommunikeer.
Leerders sal met selfvertroue in die openbaar kan praat en gepas en doeltreffend met ander kan kommunikeer.
Dit is nodig vir werk en verdere onderwys.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
100
Leeruitkoms 3: Lees en Kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste te reageer.
Lees vorm die grondslag vir skryf en is 'n middel tot lewenslange leer. Leerders behoort 'n wye verskeidenheid
fiksie en nie-fiksie te lees. Dit sal hul taalontwikkeling, algemene kennis en persoonlike groei bevorder.
Leeruitkoms 4: Skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Skryf is 'n middel waardeur besin en geleer word, asook 'n kommunikasiemiddel. Dit is dikwels die metode vir
leerderassessering en is dus uiters belangrik vir verdere onderwys en werksgeleenthede.
Leeruitkoms 5: Dink en Redeneer
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid
doeleindes te skryf.
Meer gevorderde denkvaardighede en inligtingsgeletterdheid baan die weg vir lewenslange leer en die bereiking
van die kritieke en ontwikkelingsuitkomste.
Leeruitkoms 6: Taalstruktuur en -gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woorde en grammatika van die taal te gebruik om tekste te
skep en te interpreteer.
Leerders sal ondersoek hoe taal funksioneer en sal 'n gedeelde taal ontwikkel om oor taal te praat ('n "metataal")
sodat hulle hul eie en ander se tekste krities ten opsigte van betekenis, doeltreffendheid en akkuraatheid kan
evalueer. Hulle sal ook in staat wees om hierdie kennis te gebruik om met taal te eksperimenteer om nuwe
betekenis te vorm (van woord- en sinsvlak tot volledige tekste) en om sodoende te ontdek wat die verband
tussen teks en konteks is. Hulle sal bewus raak van hoe taal oor tyd heen, tussen kulture en binne verskillende
situasies verander.
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
101
ASSESSERINGSTANDAARDE EN TEKSTE
In die volgende afdelings word die assesseringstandaarde vir elke leeruitkoms vir elke graad gegee. Voorbeelde
van tekste wat vir gentegreerde taalonderrig gebruik kan word, word verskaf. Dit is nie die enigste moontlike
voorbeelde nie en onderwysers kan enige ander gepaste en beskikbare tekste byvoeg.
Leerders in graad 7, 8 en 9 behoort 'n wye verskeidenheid tekste, insluitend voorgeskrewe werke, te lees en
daarna te kyk.
Graad 7
Aanbevole Tekste
n Kortverhale
n Outobiografie en biografie
n 'n Kort roman
n Gedigte
n Kort toneelstukke
n Volksverhale (waar toepaslik)
n Mites en legendes
n Korter tekste soos tydskrifte, koerante, advertensies, plakkate
n Radiopraatjies
Graad 8
Aanbevole Tekste
n Kortverhale
n 'n Roman
n Gedigte
n Kort toneelstukke
n Volksverhale (waar toepaslik)
n Filmstudie
n Korter tekste soos tydskrifte, koerante, advertensies, plakkate, brosjures, toesprake, radiopraatjies,
TV-programme en musiekvideo's
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
102
Graad 9
Aanbevole Tekste
n Kortverhale
n 'n Roman
n Gedigte
n Langer toneelstukke
n Volksverhale (waar toepaslik)
n Filmstudie
n Korter tekste soos tydskrifte, koerante, advertensies, toesprake en lesings, radiodramas, TV-dramas
en -dokumentre en musiekvideo's
Die Inhoud van Tekste
Uit die verskeidenheid gedekte tekste behoort leerders aan die volgende blootgestel te word:
n ryk en gepaste sosiale en geskiedkundige ruimtes wat begrip van die taal se erfenis ontwikkel;
n komplekse intriges en sub-intriges;
n uitdagende en prikkelende temas wat 'n kritiese begrip van waardes ontwikkel;
n dinamiese karakters in goed ontwikkelde verhoudings;
n gepaste en gevarieerde atmosfeer, toon en register;
n gevarieerde styl met 'n verskeidenheid sinstrukture;
n uitdagende woordeskat en gepaste gebruik van taalidioom;
n 'n verskeidenheid vorme van figuurlike en idiomatiese taal;
n 'n verskeidenheid digvorme in die gekose gedigte;
n visuele tekste (insluitend films) wat elemente soos die volgende illustreer: die gebruik van kleur en swart
en wit, die belangrikheid van komposisie, beligting, toon van fotografie, zoemskote en nabyskote;
n tekste wat beelde en skrif (en ander maniere van kommunikasie) in die ontwerp daarvan bevat
(multimodale tekste);
n tekste wat leerders in staat stel om populre kultuur en die media te ondersoek;
n verskeie vorme van taalgebruik en taalkwessies:
 die manier waarop taal betekenis konstrueer - 'n skrywer kies 'n bepaalde standpunt sodat lesers betekenis
op 'n spesifieke manier interpreteer;
 die manier waarop lesers betekenis uit 'n teks skep - hoe hul eie ervaringe en waardes teksinterpretasie
benvloed;
 maniere om op tekste wat 'n kritiese begrip van die konstruksie en interpretasie daarvan verg, te reageer
(soos verset teen verbruikers-, seksistiese of rassistiese boodskappe);
 taalverskeidenheid: variteite wat verband hou met bv. streek (dialekte) en ouderdomsgroep (sleng); tale se
invloed op mekaar.
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
103
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
104
Leeruitkoms 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister na en waardeer ekspressiewe, verbeeldings- en
verhalende tekste (soos ballades, liedjies, kortverhale,
vertellinge).
n Luister aandagtig vir spesifieke inligting en
kerngedagtes en reageer gepas:
 maak aantekeninge, som op en dra inligting
akkuraat oor;
 besin oor menings, stel weldeurdagte vrae en
bevraagteken waar nodig.
n Herken hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is
en beskryf sommige kenmerkende eienskappe daarvan
(soos weerverslae, aanwysings, grappies, liedjies). Dit
sluit in: die herkenning van tegnieke wat vir humor
gebruik word, soos pouses en eenvoudige trefrels, en
die identifikasie van die gebruik van byklanke in
verskillende oudiovisuele tekste.
n Identifiseer en interpreteer die gebruik van nie-verbale
strategie (soos gesigsuitdrukkings, gebare en volume).
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
105
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister na en waardeer 'n verskeidenheid
komplekse verbeeldings- en informatiewe
mondelinge tekste (soos radiodramas,
geselsprogramme, dokumentre,
gedramatiseerde gedigte, boekresensies).
n Luister aandagtig vir spesifieke inligting en
hoofgedagtes en reageer gepas:
 maak gevolgtrekkings;
 besin oor inligting en menings, stel indringende
vrae en bevraagteken waar nodig.
n Ontleed en vergelyk hoe verskillende mondelinge
tekste gestruktureer is en beskryf die kenmerkende
eienskappe daarvan (soos: kortverhale, ballades,
kort praatjies, geselsprogramme, radiodramas,
nuusuitsendings, debatte). Dit sluit in: die
herkenning van tegnieke wat vir humor gebruik
word, soos trefrels, ironie en understatement, en
die ontleding en vergelyking van byklanke in
verskillende oudiovisuele tekste.
n Identifiseer en bespreek die invloed van nie-verbale
strategie op die luisteraar (soos oogkontak,
liggaamstaal, die benutting van ruimte, stemtoon
en praattempo).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Luister na en waardeer uitdagende verbeeldings- en
informatiewe mondelinge tekste (soos gedigte,
prysgedigte, radioverhale met twee of drie
episodes, radiodramas, kort besprekings,
advertensies en debatte oor die radio).
n Luister aandagtig vir spesifieke inligting en
kerngedagtes en reageer gepas:
 maak aantekeninge, som op en maak
gevolgtrekkings;
 besin oor menings, stel indringende vrae en
bevraagteken waar nodig.
n Verstaan hoe bekende mondelinge tekste
gestruktureer is en beskryf die kenmerkende
eienskappe daarvan (soos kortverhale, prysgedigte
en kort praatjies). Dit sluit in: die herkenning van
tegnieke wat vir humor gebruik word, soos
trefrels, sarkasme en oordrywing, en die
identifikasie en ontleding van byklanke in
verskillende oudiovisuele tekste.
n Identifiseer en bespreek die gebruik van
nie-verbale strategie (soos oogkontak,
liggaamstaal, stemtoon en die gebruik
van pouses).
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
106
Leeruitkoms 1
Vervolg
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te luister en gepas en krities binne 'n
wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer spesifieke woorde, frases en sinne wat die
luisteraar benvloed en verduidelik die impak daarvan
(soos affektiewe taal, die onderskeid tussen feite en
menings, die herkenning van partydigheid en
vooroordeel).
n Herken en aanvaar verskillende taalvariteite, soos
verskillende aksente, dialekte en die taal van
verskillende ouderdomsgroepe (bv. sleng).
n Identifiseer die waardes en die historiese, sosiale en
kulturele konteks van spesifieke tekste.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
107
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer die spreker se redes vir die keuse van
spesifieke woorde, frases, sinne en styleffekte om
die luisteraar te benvloed en verduidelik die impak
daarvan (soos doelbewuste dubbelsinnigheid, die
onderskeid tussen feite en menings, die
identifikasie van die spreker se standpunt, die
herkenning van partydigheid, vooroordeel en
propaganda).
n Herken en aanvaar verskillende taalvariteite, soos
verskillende aksente en dialekte, en oorweeg die
gepastheid van die taal van verskillende
ouderdomsgroepe (bv. sleng).
n Identifiseer en bespreek die waardes en die
historiese, sosiale en kulturele konteks van 'n
verskeidenheid tekste.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Identifiseer die spreker se redes vir die keuse van
spesifieke woorde, frases en sinne om die
luisteraar te benvloed en verduidelik die impak
daarvan (soos oorredende taal, die onderskeid
tussen feite en menings, die herkenning van
partydigheid en vooroordeel).
n Herken en aanvaar verskillende taalvariteite, soos
verskillende aksente en dialekte, en bespreek die
taal van verskillende ouderdomsgroepe (bv. sleng).
n Identifiseer die waardes en die historiese, sosiale
en kulturele konteks van verskillende tekste.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
108
Leeruitkoms 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra idees en gevoelens op 'n ekspressiewe manier, met
selfvertroue en met redelike ondersteuning oor deur
geselekteerde mondelinge tekssoorte te gebruik (soos
verhale, grappies, dramas).
n Dra idees, feite en menings duidelik en met redelike
akkuraatheid en samehang oor deur 'n beperkte
verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te
gebruik (soos besprekings, kort argumente).
n Toon basiese praatvaardighede in geselekteerde
mondelinge tekssoorte:
 orden mondelinge instruksies en beskrywings
akkuraat;
 formuleer logiese argumente;
 voer onderhoude met maats deur eenvoudige vrae te
stel, aandagtig te luister en aantekeninge te maak.
n Toon basiese interaksievaardighede deur aktief aan
groepbesprekings, gesprekke, onderhoude en debatte
deel te neem:
 bespreek belangrike kwessies (soos sosiale en morele
kwessies betreffende menseregte en die omgewing);
 neem verskillende rolle aan tydens debatte (soos
voorsitter, spreker);
 gee erkenning aan ander se menings;
 verduidelik eie standpunt;
 lewer kritiek;
 oorbrug gapings deur vrae te stel, keuses te noem,
reaksies oop te hou, ware belangstelling te toon;
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
109
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra idees en gevoelens onafhanklik op 'n
kreatiewe, ekspressiewe en verbeeldingryke manier
met selfvertroue oor deur 'n wye verskeidenheid
mondelinge tekssoorte te gebruik (soos dramas,
rolspel, liedjies).
n Dra idees, feite en menings oor uitdagende
onderwerpe akkuraat en samehangend oor deur 'n
wye verskeidenheid feitelike, mondelinge
tekssoorte te gebruik (soos verduidelikings van
tegnologiese prosesse, bv. die gebruik van 'n
rekenaar of videomasjien).
n Toon gevorderde praatvaardighede in 'n wye
verskeidenheid mondelinge tekssoorte:
 verduidelik tegnologiese prosesse en ondersoek
komplekse idees op 'n logiese manier, soos die
gebruik van 'n rekenaar;
 voer onderhoude doeltreffend deur gevorderde
tegnieke vir onderhoudvoering te gebruik (soos
stel komplekse vrae).
n Toon gevorderde interaksievaardighede deur aktief
aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en
ondersoeke deel te neem:
 bespreek belangrike vraagstukke (soos sosiale
en etiese kwessies betreffende menseregte en
die omgewing);
 stel ondersoekende vrae;
 neem leiding tydens 'n bespreking;
 onderhandel ten einde saam te stem of 'n
kompromie te bereik;
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Dra idees en gevoelens op 'n kreatiewe en
ekspressiewe manier met 'n groot mate van
selfvertroue en met beperkte ondersteuning oor
deur 'n verskeidenheid mondelinge tekssoorte te
gebruik (soos dramas, rolspel, liedjies).
n Dra idees, feite en menings oor uitdagende
onderwerpe duidelik en akkuraat en met groter
samehang oor deur 'n verskeidenheid feitelike,
mondelinge tekssoorte te gebruik (soos
besprekings, debatte).
n Toon basiese praatvaardighede in 'n verskeidenheid
mondelinge tekssoorte:
 orden moeilike mondelinge instruksies en
beskrywings akkuraat;
 verduidelik hoe om 'n eksperiment uit te voer;
 voer onderhoude met lede van die gemeenskap
deur die basiese tegnieke vir onderhoudvoering
te gebruik.
n Toon 'n verskeidenheid basiese interaksievaardighede
deur aktief aan groepbesprekings,
gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem:
 bespreek belangrike vraagstukke (soos sosiale
en etiese kwessies betreffende menseregte en
die omgewing);
 stel gepaste vrae;
 neem verskillende rolle aan;
 herken ander se menings en verskil beleefd
waar nodig;
 motiveer eie standpunt;
 gee en ontvang opbouende kritiek;
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
110
Leeruitkoms 2
Vervolg
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en
doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye
verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens;
 bevraagteken onsensitiewe of diskriminerende
taalgebruik.
n Doen mondelinge aanbiedings met 'n mate van
akkuraatheid en kreatiwiteit deur aandag te gee aan:
 duidelike en hoorbare uitspraak;
 die gebruik van pouses;
 tempo- en volumewisseling;
 doel en teikengroep;
 liggaamshouding en -taal;
 verskillende sosiale en kulturele konvensies;
 gepaste tegnieke soos klimaks en antiklimaks.
n Herken en verduidelik die sukses van eie
kommunikasie.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
111
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 motiveer eie standpunt deur bewyse en
soortgelyke menings van maats te gebruik en
toon buigsaamheid deur kompromie te aanvaar;
 aanvaar uitdagings en kritiek waar gepas;
 oorbrug gapings deur vrae te stel, menings te
lug, idees te herfraseer om betekenis te
verduidelik, keuses te noem, reaksies oop
te hou;
 onderskei tussen wanneer om sensitiwiteit vir
ander se regte en gevoelens te toon en wanneer
om onsensitiewe of diskriminerende taalgebruik
te bevraagteken.
n Doen mondelinge aanbiedings akkuraat en kreatief
deur aandag te skenk aan:
 die gebruik van pouses, die wisseling van tempo
en volume op strategiese plekke;
 doel en teikengroep;
 liggaamshouding, gebare, liggaamstaal en
gesigsuitdrukkings om die gehoor te boei;
 verskeie aanbiedingsmetodes;
 register;
 stemtoon;
 formaliteitsgraad;
 verskillende sosiale en kulturele konvensies;
 gepaste tegnieke soos klimaks, antiklimaks,
hiperbool en retoriese vrae.
n Evalueer die sukses van eie kommunikasie en
verbeter daarop.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 oorreed ander;
 oorbrug gapings deur vrae te stel, keuses te
noem, reaksies oop te hou, ware belangstelling
te toon;
 toon sensitiwiteit vir ander se regte en
gevoelens;
 bevraagteken onsensitiewe of diskriminerende
taalgebruik.
n Doen mondelinge aanbiedings met redelike
akkuraatheid en kreatiwiteit deur aandag te
skenk aan:
 duidelike en hoorbare uitspraak;
 die gebruik van pouses;
 tempo- en volumewisseling;
 doel en teikengroep;
 liggaamshouding en -taal;
 verskillende aanbiedingswyses;
 register;
 toon;
 verskillende sosiale en kulturele konvensies;
 gepaste tegnieke soos klimaks, antiklimaks en
hiperbool (oordrywing ter wille van effek).
n Identifiseer en bespreek kenmerke wat tot die
sukses van eie kommunikasie bydra.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
112
Leeruitkoms 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n verskeidenheid tekssoorte dikwels spontaan
vir genot en inligting, beskryf persoonlike reaksies en
bespreek die soort tekste wat hy/sy geniet.
n Lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur
gepaste leesstrategie te gebruik (soos vluglees,
soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade,
afleiding).
n Identifiseer die doel, teikengroep en konteks van 'n teks.
n Toon begrip van informatiewe tekste:
 identifiseer hoofgedagtes en verduidelik hoe
besonderhede dit ondersteun;
 maak 'n opsomming van kernfeite.
n Identifiseer verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke
daarvan en verduidelik die struktuur van die teks (soos
gedigte, koerantberigte, kortverhale, advertensies, kort
tydskrifartikels).
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
113
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan vir
genot en inligting; vergelyk persoonlike reaksies en
gee gemotiveerde aanbevelings vir ander.
n Lees onafhanklik, hardop en stil, vir verskillende
doeleindes deur gepaste leesstrategie te gebruik
(soos in vorige grade ontwikkel).
n Bespreek en verduidelik die doel, teikengroep en
konteks van tekste.
n Toon begrip van 'n wye verskeidenheid
informatiewe tekste:
 identifiseer hoofgedagtes en maak 'n
opsomming;
 verduidelik hoe besonderhede hoofgedagtes
ondersteun;
 evalueer idees;
 beoordeel die geldigheid van argumente en
maak gevolgtrekkings op grond van bewyse;
 bespreek verskillende standpunte;
 onderskei tussen menings en feite.
n Bespreek verskillende tekssoorte en verduidelik
hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van
die teks bydra (soos lang gedigte, kort romans,
koerantberigte, dagboeke, briewe, boekresensies,
kort dramas).
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Lees 'n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en
dikwels vir genot en inligting, bespreek persoonlike
reaksie, die tekssoorte wat hy/sy geniet en beveel
tekste vir ander aan.
n Lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur
gepaste leesstrategie te gebruik (soos in vorige
grade ontwikkel).
n Bespreek die doel, teikengroep en konteks van
tekste.
n Toon begrip van informatiewe tekste:
 identifiseer hoofgedagtes en maak 'n
opsomming;
 verduidelik hoe besonderhede hoofgedagtes
ondersteun;
 bevraagteken idees waar gepas;
 beoordeel die geldigheid van argumente en
maak gevolgtrekkings op grond van bewyse;
 identifiseer en verduidelik verskillende
standpunte;
 onderskei tussen menings en feite.
n Verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van
verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan
bydra (soos gedigte, kort romans, koerantberigte,
briewe, ballades, boekresensies).
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
114
Leeruitkoms 3
Vervolg
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en
genot te lees en te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en emosionele waardes
in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe dit met
eie leefwreld skakel deur die intrige, temas, karakters
en ruimte/agtergrond te bespreek.
n Identifiseer en bespreek tegnieke wat gebruik word om
'n spesifieke effek in geselekteerde visuele, geskrewe en
multimedia-tekste te bereik:
 eenvoudige literre tegnieke en taalgebruik (soos
woordspeling, register);
 ontwerpstegnieke (soos keuse en plasing van
prente/foto's, gebruik van lettergrootte en
lettertipe, kleur);
 kamera- en filmtegnieke (nabyskote, zoemskote).
n Reageer krities op tekste:
 identifiseer die skrywer se standpunt;
 identifiseer implisiete (verskuilde) boodskappe;
 identifiseer opvallende partydigheid en vooroordeel;
 identifiseer maniere waarop die skrywer die lees van
die teks deur sorgvuldige woordkeuse vorm.
n Identifiseer en bespreek die sosiale, kulturele,
omgewings- en etiese kwessies in tekste (soos duidelik
in aspekte soos inhoud, taal, kunswerk, karakterisering
blyk).
n Dink na oor sy/haar eie vaardighede as leser.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
115
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe
dit met eie leefwreld skakel deur die intrige,
temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te
bespreek.
n Evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en
multimedia-tekste gebruik word om 'n spesifieke
effek te bereik:
 die doeltreffendheid van literre tegnieke en
taalgebruik;
 die impak van ontwerpstegnieke (soos posisie
van die teks en kunswerk);
 die impak van kamera- en filmtegnieke
(perspektief, beligting, animasie, spoed, die
kombinasie van druk, klank en beelde).
n Reageer krities op tekste:
 evalueer die skrywer se standpunt;
 evalueer implisiete (verskuilde) boodskappe,
partydigheid en vooroordeel, gee eie mening en
bespreek ander moontlikhede;
 bespreek hoe die sosiale en kulturele konteks die
boodskap benvloed.
n Beoordeel die sosio-kulturele, omgewings- en
etiese waardes in tekste en bespreek die impak
daarvan op die leser en die tegnieke waardeur die
effek bereik word (soos inhoud, taal, kunswerk,
standpunt, karakterisering).
n Dink na oor en evalueer sy/haar eie vaardighede as
leser.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Toon begrip van 'n teks, die doel daarvan en hoe
dit met eie leefwreld skakel deur die intrige,
temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te
bespreek.
n Ontleed tegnieke wat in visuele, geskrewe en
multimedia-tekste gebruik word om 'n spesifieke
effek te bereik:
 die doeltreffendheid van literre tegnieke en
taalgebruik;
 die impak van ontwerpstegnieke (soos die soort
en posisie van kunswerk, die gebruik van kleur);
 die impak van kamera- en filmtegnieke
(nabyskote, zoemskote, kamerahoek en
terugflitse).
n Reageer krities op tekste:
 bespreek die skrywer se standpunt;
 bespreek implisiete (verskuilde) boodskappe,
partydigheid en vooroordeel;
 bespreek hoe konteks die boodskap benvloed;
 identifiseer wat uit die teks gelaat is en bespreek
die redes daarvoor;
 bevraagteken of hy/sy met die boodskap
saamstem.
n Bespreek die sosio-kulturele, omgewings- en etiese
kwessies in tekste en identifiseer aspekte wat
meegaande waardes oordra (soos inhoud, taal,
perspektief, karakterisering).
n Dink na oor sy/haar eie vaardighede as leser.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
116
Leeruitkoms 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf verskeie verbeeldingstekste:
 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens
oor die self en ander;
 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal deur
die skryf van verhalende en beskrywende opstelle,
dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, dialo,
gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies.
n Skep verskeie feitelike skriftelike en multimodale
tekste (tekste met druk en beelde) vir verskeie
doeleindes deur, waar gepas, visuele beelde en
ontwerpe in ooggetuieverslae, plakkate, advertensies,
boekresensies, resepte, instruksies vir speletjies te
gebruik.
n Toon basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke
gepas vir 'n tekssoort:
 skep ruimte en intrige in verhalende tekste;
 gebruik ritme en rym in gedigte;
 gebruik saaklike taal in eenvoudige beskrywings;
 toon volgorde in prosedures.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
117
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf 'n wye verskeidenheid verbeeldingstekste:
 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en
gevoelens oor die self en ander;
 verken die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik
van taal deur die skryf van verhalende en
beskrywende opstelle, dialo, gedigte,
eenvoudige kortverhale, briewe, 'n toneelstuk
met byklanke en visuele effekte.
n Lewer 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en
multimodale tekste vir verskeie doeleindes deur,
waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die
volgende te gebruik: e-posboodskappe, verslae oor
aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en
filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte,
curriculum vitae, persbriewe, aansoekbriewe,
dekbriewe, agenda en notule van vergaderings.
n Toon gevorderde vaardighede in spesifieke
skryftegnieke gepas vir 'n tekssoort:
 ontwikkel karakters, beskryf die
ruimte/agtergrond, ontwikkel die intrige in
verhalende en beskrywende tekste;
 gebruik 'n groter verskeidenheid vorme van
beeldspraak in eie gedigte.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Skryf 'n verskeidenheid verbeeldingstekste:
 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en
gevoelens oor die self en ander;
 verken die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik
van taal deur die skryf van verhalende en
beskrywende opstelle, dialo, gedigte, liedjies en
briewe.
n Lewer 'n verskeidenheid feitelike skriftelike en
multimodale tekste (tekste met druk en beelde) vir
verskeie doeleindes deur, waar gepas, visuele
beelde en ontwerpe in vertellinge, navorsingsverslae,
pamflette, plakkate en boekresensies te
gebruik.
n Toon basiese vaardighede in spesifieke
skryftegnieke gepas vir 'n tekssoort:
 onthul karakters, beskryf die ruimte/agtergrond
en ontwikkel die intrige in verhalende en
beskrywende tekste;
 gebruik eenvoudige beeldspraak in gedigte.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
118
Leeruitkoms 4
Vervolg
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende
soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n
wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik die skryfproses met hulp en saam met ander om
tekste te skep:
 kies en ondersoek onderwerpe deur die gebruik van
dinkskrumtegnieke, kopkaarte, vloeidiagramme
en lyste;
 gebruik kennis van ander tekssoorte as skryfmodelle;
 beplan en ontwikkel 'n onderwerp deur relevante
inligting uit gepaste bronne te gebruik;
 organiseer idees samehangend en logies in 'n
konsepweergawe;
 dink na oor konsepweergawes en hou die doel,
teikengroep, taalgebruik en logiese struktuur in
gedagte tydens hersiening;
 dink na oor en bespreek eie en ander se skryfwerk en
toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens;
 redigeer en proeflees die finale weergawe en pas
kennis van die taal binne konteks toe - fokus op
grammatika, punktuasie en woordeskat gepas vir die
graad, asook op 'n doeltreffende inleidende en
slotparagraaf en hegte paragraafbou, waar gepas;
 skryf die finale produk en gee aandag aan
aanbiedingswyse en basiese ontwerpselemente.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
119
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik die skryfproses onafhanklik en met gemak
om tekste te skep:
 kies en ondersoek komplekse onderwerpe deur
die gebruik van dinkskrumtegnieke, kopkaarte,
vloeidiagramme, lyste en aantekeninge;
 gebruik toenemend ingewikkelde tekssoorte as
skryfmodelle;
 beplan en ontwikkel 'n onderwerp deur
relevante inligting uit 'n verskeidenheid gepaste
bronne te gebruik;
 organiseer idees samehangend en logies in
verskeie konsepweergawes;
 ontleed konsepweergawes en hou die doel,
teikengroep, perspektief, leser se reaksie,
taalgebruik, partydigheid, 'n ingewikkelder
struktuur en verskeie styltegnieke in gedagte
tydens hersiening;
 ontleed eie en ander se skryfwerk, evalueer,
maak aanbevelings en toon sensitiwiteit vir
ander se regte, gevoelens en persoonlike styl;
 redigeer, proeflees en verbeter die finale
weergawe deur kennis van taal en struktuur
toe te pas;
 skryf die finale produk en gee aandag aan 'n
verskeidenheid komplekse aanbiedingswyses en
ontwerpselemente.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik die skryfproses saam met ander en
individueel om tekste te skep:
 kies en ondersoek onderwerpe deur die gebruik
van dinkskrumtegnieke, kopkaarte,
vloeidiagramme en lyste;
 gebruik toenemend ingewikkelde tekssoorte as
skryfmodelle;
 beplan en ontwikkel 'n onderwerp deur
relevante inligting uit gepaste bronne te gebruik;
 organiseer idees samehangend en logies in 'n
konsepweergawe;
 dink na oor konsepweergawes en hou die doel,
teikengroep, taalgebruik, partydigheid, 'n
ingewikkelder struktuur en enkele alledaagse
styltegnieke in gedagte tydens hersiening;
 dink krities na oor eie en ander se skryfwerk,
maak aanbevelings en toon sensitiwiteit vir
ander se regte en gevoelens;
 redigeer en proeflees die finale weergawe en pas
kennis van die taal binne konteks toe - fokus op
grammatika, punktuasie en woordeskat gepas vir
die graad, op 'n doeltreffende inleidende en
slotparagraaf en hegte paragraafbou, waar gepas,
en op die uitskakeling van dubbelsinnighede;
 skryf die finale produk en gee aandag aan 'n
kreatiewe aanbiedingswyse en gevarieerde
ontwerpselemente.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
120
Leeruitkoms 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal vir dink en redeneer:
 lei betekenis af en verduidelik die skrywer se
bedoeling deur geskrewe, visuele en mondelinge
tekste oor die kurrikulum heen te interpreteer;
 verduidelik oorsaak en gevolg;
 oorweeg twee moontlikhede en besluit watter een die
beste keuse is;
 ontwikkel en gee uitdrukking aan 'n duidelike eie
mening;
 staaf 'n argument met verskeie soorte bewyse (soos
statistiese en ander bewyse);
 stel vrae om eie en ander se denkwyse te ontwikkel;
 gebruik gepaste taalstrukture om komplekse denke
uit te druk (soos: Indien hulpbronne regverdig verdeel
was, sou ons moontlik minder misdaad gehad het).
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
121
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal vir dink en redeneer:
 pas denk- en redenasievaardighede in verskeie
kontekste oor die kurrikulum heen en in
persoonlike omstandighede toe;
 herken en bespreek die skrywer se belangrikste
standpunt en perspektief in verskillende
tekssoorte;
 ontleed oorsaak en gevolg in meer diepte in
literre tekste en tekste oor die kurrikulum heen
(soos deur die onderliggende oorsake en nie die
vanselfsprekende nie, te soek);
 ontwikkel en gebruik redenasies wat:
??die logika duidelik aan die leser/luisteraar
maak,
??reaksies en teenkanting antisipeer;
 stel 'n teenargument en verskaf alternatiewe;
 gebruik feitelike inligting en interpreteer
statistiek met toenemende selfvertroue om
argumente te staaf;
 gebruik eie ervaringe en kontrasteer dit met di
van ander om 'n standpunt te verduidelik;
 gebruik vrae, afleiding en analise om kritiese
denke te ontwikkel en probleemoplossing te
bevorder.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal vir dink en redeneer:
 pas denk- en redenasievaardighede in verskeie
kontekste oor die kurrikulum heen toe;
 bespreek en verduidelik die perspektief en
standpunt van die skrywer in verskeie tekste;
 verduidelik en bespreek oorsaak en gevolg
(soos: "Waarom is dit die oorsaak van ...?");
 stel 'n teenargument en gee redes (soos: "Ek
stem nie saam nie, want ... en ek staaf my
redenasie soos volg ...");
 herken en verduidelik waarom inligting as
"feitelik" of "objektief" beskou kan word;
 gebruik eie ervaringe om 'n standpunt te
motiveer;
 stel vrae en maak afleidings ten einde probleme
op te los en makliker oor komplekse sake, idees
en gevoelens te dink (soos oor menseregte- en
omgewingskwessies, persoonlike probleme,
kruiskurrikulre onderwerpe).
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
122
Leeruitkoms 5
Vervolg
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te ondersoek:
 identifiseer inligting wat nodig is om 'n probleem te
ondersoek;
 gebruik kernwoorde en -begrippe om relevante
inligtingsbronne te kies;
 luister, lees en kyk na tekste uit 'n verskeidenheid
bronne om idees te versamel en te kies;
 gebruik gepaste verwysingstegnieke en
-konvensies wanneer inligting uit bronne aangehaal
word (soos skrywer, titel, datum, uitgewer,
bladsynommers, webwerf);
 werk aan gentegreerde projekte oor leerareas heen en
skep 'n samehangende produk.
n Verwerk inligting:
 hou rekord van inligting in 'n gepaste formaat (soos
lyste, kopkaarte, aantekeninge, opsommings);
 organiseer inligting op 'n gepaste manier (soos
volgens tyd, belangrikheid);
 verander inligting van een formaat (of taal, indien
nodig) na 'n ander (soos 'n kopkaart na 'n paragraaf,
'n lys na 'n opsomming);
 besin krities deur idees te deel en te vergelyk;
 vergelyk verskillende standpunte en identifiseer
ooreenkomste en verskille;
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
123
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae oor nasionale en kruiskurrikulre
vraagstukke (soos MIV/VIGS, verhoging in
rentekoerse);
 herken wanneer 'n spreker of bron dubbelsinnig
is, bewyse verkeerd gebruik of ongeldige
stellings maak en stel gepaste vrae om akkurater
inligting te verkry;
 bevraagteken en oorweeg moontlikhede;
 ondersoek 'n verskeidenheid benaderings om
navorsing oor 'n onderwerp te beplan, te
organiseer en aan te bied (vir Tale en ander
leerareas);
 oorweeg verskillende perspektiewe wanneer
inligting gekies word;
 brei die aantal bronne en die metodes uit om
relevante inligting te vind (soos die elektroniese
en ander media, koerantargiewe, dokumentre
films, gespesialiseerde biblioteke);
 werk aan toenemend ingewikkelde projekte oor
leerareas heen en lewer 'n samehangende
produk.
n Verwerk inligting:
 eksperimenteer met verskillende maniere om
aantekeninge te maak (soos kies, orden,
klassifiseer en organiseer inligting in lyste,
kopkaarte, grafieke) en sluit verwysingsbesonderhede
in;
 kies die beste en mees gepaste inligting uit
verskeie bronne en voeg dit by eie idees in 'n
samehangende werkstuk of aanbieding;
 verander inligting van een formaat of taal na 'n
ander (kodewisseling of vertaling);
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Gebruik taal om te ondersoek:
 stel vrae oor nasionale en kruiskurrikulre
vraagstukke (soos lyfstraf, omgewingskwessies);
 oorweeg opsies deur verskeie alternatiewe in ag
te neem;
 onderneem onafhanklike navorsing oor die
kurrikulum heen;
 vind en verkry inligting uit 'n wye
verskeidenheid bronne (soos die radio, internet,
verskeie soorte geskrewe tekste, biblioteke);
 verbeter en verfyn gepaste verwysingstegnieke
en -konvensies wanneer inligting uit bronne
aangehaal of gebruik word (soos skrywer, titel,
datum, uitgewer, bladsynommers, webwerf);
 werk aan toenemend ingewikkelde projekte oor
leerareas heen en skep 'n samehangende produk.
n Verwerk inligting:
 eksperimenteer met verskillende maniere om
aantekeninge te maak (soos die gebruik van
afkortings ter wille van spoed);
 vind en vat inligting saam deur luister-, lees-,
skryf- en kykvaardighede te gebruik;
 kies die beste en mees gepaste inligting uit
verskeie bronne en voeg dit by eie idees in 'n
samehangende werkstuk of aanbieding;
 verander inligting van een formaat of taal na 'n
ander (kodewisseling of vertaling);
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
124
Leeruitkoms 5
Vervolg
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en
redeneer te gebruik en inligting vir leer te
verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 gebruik gepaste taal om vergelykings te tref (soos:
"eenders as", "verskillend van");
 kies die beste en mees gepaste inligting uit verskeie
bronne en voeg dit by eie idees in 'n samehangende
werkstuk of aanbieding.
n Dink kreatief:
 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om
betekenis te skep en probleme op te los;
 gebruik skryf om idees te ontwikkel (soos: joernale,
vrye skryf, dinkskrumtegnieke, kopkaarte);
 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke uit te
brei (stel hipoteses en spekuleer);
 oorweeg verskille en gebruik dit skeppend (soos
verskille in ervaring, kultuur, belangstellings en
persoonlikheid);
 gebruik taal oor die kurrikulum heen om probleme
op te los (bv. kodewisseling);
 vergelyk hoe verskillende tale terme in verskillende
leerareas uitdruk en skep skakels om met begrip en
probleemoplossing te help.
n Gebruik taal om te besin:
 dink na oor dit wat gehoor of gelees word en stel
uitdagende vrae;
 dink na oor eie ontwikkeling as 'n spreker, luisteraar
en skrywer binne alledaagse kontekste en identifiseer
aspekte wat kan verbeter;
 dink na oor eie bydrae in groepaktiwiteite en
identifiseer geleenthede vir verbetering.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
125
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 evalueer die betroubaarheid en geldigheid van
inligting uit gedrukte en ander mediabronne
(soos oor aktuele sake);
 skryf en praat deur toenemend komplekse taal
en grammatikale strukture vir duidelikheid en
substansie te gebruik.
n Dink kreatief:
 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om
betekenis te skep en probleme op te los;
 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke
uit te brei (stel hipoteses en spekuleer);
 gebruik 'n verskeidenheid maniere om idees te
ondersoek en uit te brei (soos skryf, teken,
dans, rolspel);
 dink na oor verskille en gebruik dit skeppend en
positief (soos verskille in ervaring, kultuur,
belangstelling en persoonlikheid);
 vergelyk hoe verskillende tale terme in
verskillende leerareas uitdruk en skep skakels
om met begrip en probleemoplossing te help.
n Gebruik taal om te besin:
 dink na oor en evalueer die gehalte en akkuraatheid
van inligting in eie en ander se werk;
 oordink eie lees-, skryf- en luistervaardighede,
eie gewoontes en ervarings krities en identifiseer
sterk punte en gebiede waar daar ruimte vir
verbetering is;
 besin en stel dan kritiese vrae en bevraagteken
standpunte (bevraagteken ook stereotipes) oor
wat gesien, gehoor en gelees is;
 pas eie standpunt aan, waar nodig, nadat ander
se standpunte gehoor of gelees is.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 som inligting of idees op deur te kies, te
kategoriseer en te redigeer en dink krities na oor
die produk;
 formuleer gedagtes mondelings en skriftelik op
toenemend komplekse maniere (soos: beweeg
van enkelvoudige na saamgestelde sinne).
n Dink kreatief:
 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om
betekenis te skep en probleme op te los;
 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke
uit te brei (stel hipoteses en spekuleer);
 oorweeg verskille en gebruik dit skeppend en
konstruktief (soos verskille in ervaring, kultuur,
belangstellings en persoonlikheid);
 skryf eksperimenteel om idees, gevoelens en
verbeeldingservarings te verken;
 vergelyk hoe verskillende tale terme in
verskillende leerareas uitdruk en skep skakels
om met begrip en probleemoplossing te help.
n Gebruik taal om te besin:
 dink na oor dit wat gehoor of gelees word, stel
kritiese vrae en bevraagteken idees;
 dink na oor eie ontwikkeling as 'n spreker,
luisteraar en skrywer binne alledaagse kontekste
en identifiseer aspekte wat kan verbeter;
 dink na oor eie bydrae in groepaktiwiteite en
identifiseer verdere geleenthede vir verbetering.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
126
Leeruitkoms 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 onderskei tussen klankgrepe en lettergrepe om die
verskil tussen gesproke en geskrewe taal te verstaan;
 gebruik kennis van basiese spelrels en spelling om
uitsonderings in spelpatrone te identifiseer;
 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en
doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken,
afkappingsteken en aksentteken);
 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral woorde
van oor die kurrikulum heen;
 gebruik 'n woordeboek en tesourus om woordeskat
en spelvermo uit te brei;
 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse voor-
en agtervoegsels (ook meervouds-, verkleinings- en
geslagsvorme) doeltreffend om woordeskat uit te brei;
 identifiseer en gebruik woordfamilies en woorde oor
dieselfde onderwerp om woordeskat te ontwikkel;
 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en hoe
nuutskeppinge in 'n taal ontstaan en gebruik dit
gepas;
 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme,
homonieme, homofone, paronieme en een woord vir
'n omskrywing gepas binne konteks;
 gebruik alledaagse afkortings en akronieme gepas.
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
127
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 gebruik spelrels en 'n verskeidenheid
spelstrategie om onbekende woorde te spel en
bespreek die strategie wat gebruik word;
 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral van
woorde oor die kurrikulum heen, en bespreek
probleemwoorde;
 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en
doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken,
afkappingsteken en aksentteken);
 gebruik 'n woordeboek en tesourus met
selfvertroue, doeltreffend en gereeld om spelling,
woordafleiding en die herkoms van woorde te
ondersoek;
 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse
voor- en agtervoegsels (ook meervouds-,
verkleinings- en geslagsvorme) doeltreffend
om woordeskat uit te brei;
 gebruik woordfamilies en woorde oor dieselfde
onderwerp om woordeskat te ontwikkel;
 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en
hoe nuutskeppinge in 'n taal ontstaan en gebruik
dit gepas;
 verstaan en gebruik sinonieme, antonieme,
homonieme, homofone, paronieme en een
woord vir 'n omskrywing gepas binne konteks;
 gebruik alledaagse afkortings en akronieme
gepas.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Werk met woorde:
 gebruik kennis van lettergrepe om woorde aan
die einde van 'n rel korrek af te kap;
 gebruik basiese spelrels en 'n verskeidenheid
spelstrategie om onbekende woorde te spel;
 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en
doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken,
afkappingsteken en aksentteken);
 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral van
woorde oor die kurrikulum heen, en bespreek
probleemwoorde;
 gebruik 'n woordeboek en tesourus bevoeg om
woordeskat en spelling na te vors;
 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse
voor- en agtervoegsels (ook meervouds-,
verkleinings- en geslagsvorme) doeltreffend om
woordeskat uit te brei;
 gebruik woordfamilies en woorde oor dieselfde
onderwerp om woordeskat in konteks te
ontwikkel;
 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en
hoe nuutskeppinge in 'n taal ontstaan en gebruik
dit gepas;
 verstaan en gebruik algemene sinonieme,
antonieme, homonieme, homofone, paronieme,
een woord vir 'n omskrywing en klanknabootsende
woorde gepas binne konteks;
 gebruik alledaagse afkortings en akronieme
gepas.
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
128
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Let Wel: Alhoewel leerders in staat moet wees om
woordsoorte en sinsdele in konteks te identifiseer ten
einde te verstaan hoe sinne funksioneer, behoort die
praktiese toepassing van hul kennis veel meer aandag as
die identifikasie van woorde en sinne te ontvang.
n Werk met sinne:
 identifiseer en gebruik die volgende in konteks:
??selfstandige naamwoorde (soortname, eiename,
versamelname),
??voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, betreklik),
??hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde en
koppelwerkwoorde), medewerkwoorde (hulpwerkwoorde)
en deelwoorde (ook in vaste verbindings),
??adjektiewe (ook die verbo vorm, trappe van
vergelyking en intensiewe vorme),
??bywoorde (ook in vaste verbindings),
??voegwoorde,
??determineerders (lidwoorde en aanwysende
woorde),
??telwoorde,
??tussenwerpsels,
??voorsetsels;
 gebruik verskillende sinsoorte (stel-, vraag-, bevel- en
uitroepsinne, asook instruksies);
 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp,
gesegde en voorwerp;
 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne
(bywoordelik en byvoeglik) gepas;
 gebruik tydsvorme konsekwent en gepas;
 gebruik die korrekte woordorde in sinne;
 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief
(lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is;
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
129
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Let Wel: Alhoewel leerders in staat moet wees om
woordsoorte en sinsdele in konteks te identifiseer ten
einde te verstaan hoe sinne funksioneer, behoort die
praktiese toepassing van hul kennis veel meer aandag
as die identifikasie van woorde en sinne te ontvang.
n Werk met sinne:
 identifiseer en gebruik die volgende in konteks:
??selfstandige naamwoorde (soortname,
eiename, versamelname, abstrakte s.nwe.),
??voornaamwoorde (persoonlik, besitlik,
betreklik, wederkerend, vraend, onbepaald,
onpersoonlik),
??hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde en
koppelwerkwoorde), medewerkwoorde
(hulpwerkwoorde) en deelwoorde (ook in
vaste verbindings),
??adjektiewe (ook die verbo vorm, trappe van
vergelyking en intensiewe vorme; letterlike en
figuurlike gebruik),
??bywoorde (ook in vaste verbindings),
??voegwoorde,
??determineerders (lidwoorde en aanwysende
woorde),
??telwoorde,
??tussenwerpsels,
??voorsetsels;
 verstaan die grammatikale verskil tussen en
funksie van sinsoorte (stel-, vraag-, bevel- en
uitroepsinne, asook instruksies) en gebruik dit
korrek;
 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp,
gesegde, direkte en indirekte voorwerp en
bywoordelike en byvoeglike bepalings;
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Let Wel: Alhoewel leerders in staat moet wees om
woordsoorte en sinsdele in konteks te identifiseer ten
einde te verstaan hoe sinne funksioneer, behoort die
praktiese toepassing van hul kennis veel meer aandag
as die identifikasie van woorde en sinne te ontvang.
n Werk met sinne:
 identifiseer en gebruik die volgende in konteks:
??selfstandige naamwoorde (soortname,
eiename, versamelname, abstrakte s.nwe.),
??voornaamwoorde (persoonlik, besitlik,
betreklik, vraend),
??hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde en
koppelwerkwoorde), medewerkwoorde
(hulpwerkwoorde) en deelwoorde (ook in
vaste verbindings),
??adjektiewe (ook die verbo vorm, trappe van
vergelyking en intensiewe vorme; letterlike en
figuurlike gebruik),
??bywoorde (ook in vaste verbindings),
??voegwoorde,
??determineerders (lidwoorde en aanwysende
woorde),
??telwoorde,
??tussenwerpsels,
??voorsetsels;
 verstaan die verskil tussen sinsoorte (stel-,
vraag-, bevel- en uitroepsinne, asook
instruksies) en gebruik dit korrek;
 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp,
gesegde, voorwerp en bepalings;
 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne
(bywoordelik en byvoeglik) gepas;
 gebruik tydsvorme konsekwent en gepas;
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
130
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Graad 7
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 verander sinne doeltreffend van die direkte na die
indirekte rede, en anders om, met die korrekte
gebruik van punktuasie, bywoorde en
voornaamwoorde;
 gebruik die ontkennende vorm korrek;
 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma,
dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken,
aandagstreep, hakies, aanhalingstekens).
n Werk met tekste:
 wissel die gebruik van kern- en ondergeskikte sinne
(soos om die kernsin aan die einde te plaas) om
samehangende paragrawe te ontwikkel;
 gebruik verbindingswoorde (soos omdat, dus,
alhoewel) om 'n logiese denkpatroon in 'n paragraaf
te ontwikkel;
 verbind sinne in samehangende paragrawe deur
voegwoorde, voornaamwoorde en woordherhaling
(waar gepas) te gebruik;
 orden paragrawe in 'n logiese volgorde om langer
tekste te skep.
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
131
Graad 9 Graad 8
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 gebruik die korrekte woordorde in sinne en
verstaan hoe woordorde betekenis kan
benvloed;
 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief
(lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen
gepas is;
 verander sinne doeltreffend van die direkte na
die indirekte rede, en anders om, met die
korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde
en voornaamwoorde;
 gebruik die ontkennende vorm korrek en op
verskillende maniere;
 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma,
dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken,
aandagstreep, hakies, aanhalingstekens,
skuinsstreep).
n Werk met tekste:
 wissel die gebruik van kern- en ondergeskikte
sinne (soos om die kernsin aan die einde te
plaas) om samehangende paragrawe te
ontwikkel;
 gebruik verbindingswoorde (soos nogtans,
gevolglik) om 'n logiese denkpatroon in 'n
paragraaf te ontwikkel;
 verbind sinne in samehangende paragrawe
deur voegwoorde, voornaamwoorde en
woordherhaling (waar gepas) te gebruik;
 orden paragrawe in 'n logiese volgorde om
langer tekste te skep.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne
(bywoordelik en byvoeglik) gepas;
 gebruik tydsvorme korrek en om fokus te wissel,
soos die teenwoordige tyd kan 'n gevoel van
onmiddellikheid skep;
 gebruik die korrekte woordorde in sinne en
verstaan hoe woordorde betekenis kan
benvloed;
 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief
(lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen
gepas is en hoe dit betekenis kan benvloed;
 verander sinne doeltreffend van die direkte na
die indirekte rede, en anders om, met die
korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en
voornaamwoorde en wissel die gebruik van die
twee vorme gepas;
 gebruik die ontkennende vorm korrek en op
verskillende maniere;
 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma,
dubbelpunt, kommapunt, vraagteken,
uitroepteken, aandagstreep, hakies,
beletselteken, aanhalingstekens, skuinsstreep).
n Werk met tekste:
 wissel die gebruik van kern- en ondergeskikte
sinne (soos om die kernsin aan die einde te
plaas) om samehangende paragrawe te
ontwikkel;
 gebruik verbindingswoorde (soos nietemin,
verder) om 'n logiese denkpatroon in 'n
paragraaf te ontwikkel;
 verbind sinne in samehangende paragrawe
deur voegwoorde, voornaamwoorde en
woordherhaling (waar gepas) te gebruik.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Senior Fase
132
Leeruitkoms 6
Vervolg
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te
gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik verskillende sinslengtes en sinsoorte;
 onderskei tussen formele en informele taalgebruik;
 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom
gepas.
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 identifiseer taal wat iets anders beteken as wat ges
word - identifiseer gempliseerde betekenis;
 identifiseer manipulerende taal;
 identifiseer en gebruik woorde wat toenemende
sensitiwiteit vir geslags-, rasse-, omgewings-,
gesondheids- en ander kulturele en sosiale
kwessies toon.
n Gebruik metataal:
 gebruik byvoorbeeld terme soos "onderwerp",
"afkorting", "aanhalingstekens".
Graad 7
Tale - Afrikaans Huistaal
Senior Fase
133
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik verskillende sinslengtes en sinsoorte;
 onderskei tussen formele en informele
taalgebruik en verduidelik wanneer dit gepas is;
 verstaan en gebruik idiomatiese uitdrukkings en
taalidioom gepas en kreatief.
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 identifiseer konnotasie en denotasie in
betekenis, gempliseerde betekenis, veelvoudige
betekenis en dubbelsinnigheid;
 ontleed manipulerende en retoriese taal en
herskryf dit sonder emosionele ondertone;
 ontleed die gebruik van woorde wat sensitiwiteit
vir geslags-, rasse-, omgewings-, gesondheidsen
ander kulturele en sosiale kwessies toon.
n Gebruik metataal:
 gebruik byvoorbeeld terme soos
"samehangend", "logies", "retories",
kommapunt".
Assesseringstandaarde
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
n Ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
 gebruik verskillende sinslengtes en sinsoorte;
 onderskei tussen formele en informele
taalgebruik en gebruik 'n gepaste styl vir skryf
en praat;
 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom
gepas en kreatief.
n Ontwikkel kritiese taalbewustheid:
 identifiseer gempliseerde betekenis en
veelvoudige betekenis;
 identifiseer manipulerende taal en herskryf dit
sonder emosionele ondertone;
 identifiseer en gebruik woorde wat toenemende
sensitiwiteit vir geslags-, rasse-, omgewings-,
gesondheids- en ander kulturele en sosiale
kwessies toon.
n Gebruik metataal:
 gebruik byvoorbeeld terme soos "tesourus",
"akroniem", "klanknabootsing", "dubbelpunt".
Graad 9 Graad 8
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leerderassessering
134
LEERUITKOMSTE
HOOFSTUK 5
LEERDERASSESSERING
INLEIDING
Die assesseringsraamwerk vir die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) is op die
beginsels van uitkomsgebaseerde onderwys gegrond. Assessering moet op die doeltreffendste wyse moontlik 'n
aanduiding van leerderprestasie verskaf en moet verseker dat leerders kennis en vaardighede integreer en toepas.
Assessering moet leerders ook help om hul eie prestasie te evalueer, om doelwitte vir vordering te stel en dit
behoort verdere leer aan te moedig.
Ten einde die proses van leerderassessering te ondersteun, doen hierdie Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
die volgende:
n omskryf die leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde in elke leerarea en vir elke graad in
die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband (Graad R-9);
n kontekstualiseer die kritieke uitkomste en die ontwikkelingsuitkomste binne die leeruitkomste en
assesseringstandaarde;
n plaas assesseringstandaarde sentraal in die assesseringsproses in elke graad. Assesseringstandaarde beskryf die
vlak waarop leerders hul bereiking van die leeruitkoms(te) moet toon, asook die manier (diepte en breedte)
waarop hulle hul prestasie moet toon.
Die volgende diagram illustreer die wisselwerking tussen die ontwerpselemente van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring:
ASSESSERINGSTANDAARDE
vir elke graad
LEERAREAS
Tale - Afrikaans Huistaal
Leerderassessering
135
KRITIEKE EN ONTWIKKELINGSUITKOMSTE
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leerderassessering
136
ASSESSERINGSBEGINSELS WAT IN UITKOMSGEBASEERDE ONDERWYS
GEBRUIK WORD
Definisie
Assessering in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) is 'n deurlopende en beplande
proses van inligtingversameling oor leerderprestasie soos teen die assesseringstandaarde van die leeruitkomste
gemeet. Dit vereis duidelik gedefinieerde kriteria en 'n verskeidenheid gepaste strategie om onderwysers in staat
te stel om opbouende terugvoering aan leerders te gee en om aan ouers en ander belangstellendes verslag te doen.
Kernelemente
Uitkomsgebaseerde onderwys is 'n manier van onderrig en leer wat duidelik maak wat daar van leerders verwag
word om te behaal. Die beginsels waarvolgens dit werk, is dat die onderwyser voor onderrig plaasvind, bepaal en
noem wat leerders verwag word om te bereik. Dit is die onderwyser se taak om te onderrig ten einde leerders te
help om aan die vereistes vir die assesseringstandaarde in die kurrikulum te voldoen; die leerders se taak is om
dit wat die assesseringstandaarde bepaal, te leer of te doen. Assessering is noodsaaklik in uitkomsgebaseerde
onderwys, want dit is nodig om te assesseer wanneer 'n leerder dit wat in elke graad vereis word, bereik het.
Ten einde leerders te help om hul volle potensiaal te bereik, behoort assessering die volgende kenmerke te h:
n deursigtig, demokraties, duidelik gefokus;
n gentegreer met onderrig en leer;
n gebaseer op voorafbepaalde kriteria of standaarde;
n gevarieerd ten opsigte van metodes en kontekste;
n geldig, betroubaar, regverdig, bepaal volgens die tempo van die leerder en buigsaam genoeg om uitgebreide
geleenthede te verseker.
Doelstellings van Assessering
Die hoofdoel met die assessering van leerders is om hulle individueel te laat groei en ontwikkel, om leerders se
vordering te monitor en om hul leer te fasiliteer. Ander gebruike van assessering sluit die volgende in:
n grondlynassessering van vroere leer
Grondlynassessering word gewoonlik aan die begin van 'n graad of fase gebruik om vas te stel wat leerders
reeds weet. Dit stel onderwysers in staat om leerprogramme en leeraktiwiteite te beplan.
n diagnostiese assessering
Diagnostiese assessering word gebruik om vas te stel wat die aard en oorsaak van spesifieke leerders se
leerstruikelblokke is. Dit word opgevolg deur gepaste strategie vir ondersteuning of tussentrede.
n formatiewe assessering
Formatiewe assessering monitor en ondersteun die leer- en onderrigproses en word gebruik om onderwysers
en leerders oor 'n leerder se vordering in te lig ten einde leer te verbeter. Opbouende terugvoering word gegee
om leerders in staat stel om te groei.
Tale - Afrikaans Huistaal
Leerderassessering
137
n sommerende assessering
Sommerende assessering gee 'n geheelbeeld van 'n leerder se vordering op 'n gegewe tydstip, soos aan die
einde van 'n kwartaal of jaar of wanneer 'n leerder na 'n ander skool gaan.
n sistemiese assessering
Sistemiese assessering is 'n manier om die gepastheid van die onderwysstelsel te evalueer. Een komponent
hiervan is die assessering van leerderprestasie ten opsigte van nasionale aanduiders. Sistemiese assessering
word aan die einde van elke fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband uitgevoer. 'n Verteenwoordigende
steekproef skole en leerders word provinsiaal of nasionaal vir sistemiese assessering gekies.
DEURLOPENDE ASSESSERING
Kenmerke van Deurlopende Assessering
Deurlopende assessering is die belangrikste metode waarvolgens assessering in die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring plaasvind. Dit dek al die assesseringsbeginsels van uitkomsgebaseerde onderwys en
verseker dat assessering aan die volgende vereistes voldoen:
n vind oor 'n tydperk en voortdurend plaas: Leer word gereeld geassesseer en die rekords van leerders se
vordering word regdeur die jaar bygehou.
n ondersteun leerders se groei en ontwikkeling: Leerders raak aktiewe deelnemers aan die leer- en assesseringsproses,
verstaan die kriteria wat vir assesseringsaktiwiteite gebruik word, is betrokke by selfevaluering, stel
hul eie individuele doelwitte, besin oor hul leerproses en ervaar sodoende 'n verbetering in hul selfbeeld.
n verskaf terugvoering oor leer en onderrig: Terugvoering is 'n kernelement in formatiewe assessering.
Metodes van terugvoering sluit in: gepaste vraagstelling, mondelinge of skriftelike kommentaar deur die
onderwyser wat fokus op dit wat deur 'n assesseringsaktiwiteit bereik moes word, en aanmoediging van
leerders.
n maak voorsiening vir gentegreerde assessering: Dit kan beteken dat etlike verwante leeruitkomste in 'n
enkele aktiwiteit gebruik word en dat verskeie assesseringsmetodes gekombineer word om te assesseer.
Bevoegdheid in spesifieke leeruitkomste kan op talle verskillende maniere getoon word; dus moet 'n
verskeidenheid assesseringsmetodes en geleenthede waartydens leerders hul vermo kan toon, gebruik en
verskaf word.
n gebruik strategie wat voorsiening vir 'n verskeidenheid leerderbehoeftes maak (taal, fisiek, sielkundig,
emosioneel en kultureel): Deurlopende assessering gee onderwysers geleentheid om sensitief vir leerders met
spesiale onderwysbehoeftes te wees en om leerstruikelblokke met behulp van 'n buigsame benadering te
oorkom. Leerders het almal hul eie leerstyl en leer teen hul eie tempo. Alle leerders hoef nie terselfdertyd en
op dieselfde manier geassesseer te word nie.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leerderassessering
138
n maak voorsiening vir sommerende assessering: Die akkumulasie van die resultate van deurlopende
assesseringsaktiwiteite verskaf 'n geheelbeeld van 'n leerder se vordering op 'n gegewe tydstip. Sommerende
assessering moet van die begin van die jaar sorgvuldig beplan word ten einde 'n verskeidenheid assesseringstrategie
in te sluit - byvoorbeeld oefeninge, take, projekte, skool- en klastoetse - wat aan leerders 'n
verskeidenheid geleenthede sal verskaf om te wys wat hulle geleer het.
Assesseringstrategie
Die keuse van watter assesseringstrategie om te gebruik, is subjektief en uniek aan elke onderwyser, graad en
skool. Dit hang ook af van die onderwyser se professionele oordeel. Die beskikbaarheid van ruimte en
hulpmiddels benvloed hierdie besluit, maar selfs wanneer eenderse hulpmiddels beskikbaar is, verskil die manier
waarop onderwysers keuses maak.
Metodes wat vir assesseringsaktiwiteite gekies word, moet gepas wees vir die assesseringstandaarde wat
geassesseer word. Al die betrokke leerders en onderwysers moet ook die doel van die assessering duidelik
verstaan. Bevoegdheid kan op verskeie maniere getoon word. 'n Verskeidenheid metodes is dus nodig om aan
leerders geleentheid te bied om hul vaardighede ten volle te demonstreer.
Algemene Assesseringstake
Die doel van Algemene Assesseringstake is die volgende:
n verseker konsekwentheid in onderwyseroordele;
n bevorder die stel van algemene standaarde;
n versterk die kapasiteit vir skoolgebaseerde deurlopende assessering;
n verhoog die akkuraatheid van die assesseringsproses en -instrumente;
n verseker dat skoolgebaseerde assesseringstake bevoegdheid en prestasie behoorlik assesseer;
n verseker uitgebreide geleenthede vir leerders.
Algemene Assesseringstake word op provinsiale, distriks- of groeperingsvlak gestel. Dit word deur onderwysers
geassesseer en ekstern gemodereer.
DIE BESTUUR VAN ASSESSERING
Mense betrokke by Assessering
Die skool en die onderwysers het die oorkoepelende verantwoordelikheid vir die assessering van leerders. Daar
word van onderwysers verwag om 'n geldige, betroubare en geloofwaardige assesseringsproses te skep.
Provinsiale beleid behoort die betrokkenheid van leerders, skoolassesseringspanne, distrikshulpdienste en ouers,
soos gepas, te verseker.
Tale - Afrikaans Huistaal
Leerderassessering
139
Skoolassesseringsprogram
Elke skool moet 'n assesseringsprogram gegrond op provinsiale en nasionale riglyne ontwikkel. Skole moet 'n
skoolassesseringsplan en 'n span h om die implementering van hierdie program te fasiliteer. Die span behoort
verteenwoordigers van elke fase en leerarea daarin te h.
Om 'n professionele benadering tot leerderassessering te verseker, moet die skool se assesseringsprogram die
volgende duidelik uiteensit:
n die manier waarop deurlopende assessering beplan en gemplementeer word;
n hoe rekordboeke/verslagboeke gehou moet word en die toeganklikheid en sekuriteit daarvan;
n die assesseringskodes wat deur die provinsie bepaal is;
n interne verifikasie van assessering;
n hoe moderering in die skool plaasvind;
n hoe dikwels rapportering plaasvind en die metode daarvan;
n die monitor van alle assesseringsprosesse;
n die opleiding van personeel ten opsigte van assessering.
Gebiede waar inskoolopleiding moet plaasvind, sluit in:
n hoe om kriteria vir assessering en assesseringstabelle te gebruik;
n hoe onderwysers in dieselfde graad op die vereistes vir die bereiking van assesseringstandaarde en
leeruitkomste kan besluit;
n hoe om kommentaar vir assesseringsuitslae en rapporte te skryf;
n hoe om 'n algemene begrip van die skool se assesseringsprogram te verseker.
VERSLAGHOUDING
Verslagboeke
Goeie verslag- of rekordhouding is noodsaaklik in alle assessering, veral in deurlopende assessering. 'n
Verslagboek of -ler moet deur elke onderwyser gehou word. Dit moet die volgende bevat:
n name van leerders;
n datums van assessering;
n naam en beskrywing van assesseringsaktiwiteite;
n die uitslae van assesseringsaktiwiteite, volgens leerareas of leerprogramme;
n kommentaar vir steundoeleindes.
Alle rekords moet toeganklik wees, maklik wees om te interpreteer, veilig bewaar word, vertroulik wees en nuttig
in die onderrig- en rapporteringsproses wees.
Die skoolassesseringsprogram bepaal die besonderhede van hoe verslagboeke ingevul moet word. Die
assesseringskodes word gebruik om aan te dui hoe die leerder in terme van die leeruitkomste presteer. Die kodes
wat gebruik word, moet duidelik en verstaanbaar vir leerders en ouers wees.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leerderassessering
140
Kodes vir Gebruik vir Assessering
Daar bestaan talle maniere waarop terugvoering oor assessering aan leerders gegee kan word en deur
onderwysers opgeteken kan word. Die keuse van die beste manier van terugvoering vir 'n assesseringsaktiwiteit
sal van verskeie faktore afhang, soos:
n die aantal leerders in die klas en die tyd wat die onderwyser beskikbaar het;
n die kompleksiteit en lengte van die assesseringsaktiwiteit;
n die leerinhoud of vaardighede wat geassesseer word;
n hoe gou terugvoering gegee word;
n hoe gendividualiseer die terugvoering is;
n die kriteria (of assesseringstabel) wat die onderwyser gebruik om leerderprestasie te beskryf;
n of leerders se prestasie met klasmaats se prestasie of vorige prestasie vergelyk gaan word, en/of die vereistes
van die assesseringstandaarde en leeruitkomste.
Sommige assesseringskodes is meer gepas vir sekere doeleindes as ander. Skriftelike kommentaar kan
byvoorbeeld besonderhede verskaf, persoonlik wees en voorstelle vir verbetering verskaf. Dit is ook nuttig vir
rapportering oor leerderprestasie ten opsigte van assesseringstandaarde. Dit neem egter lank om kommentaar te
skryf en is nie baie maklik om op te teken nie. Kodes soos "Uitstekend", "Baie goed", "Goed", "Bevoeg" en
"Onvoldoende" is veel vinniger om te skryf en maak dit moontlik om prestasie met vorige werk te vergelyk en
volgens assesseringstandaarde te assesseer. Hierdie kodes verskaf egter nie die besonderhede wat skriftelike
kommentaar moontlik maak nie. Punte kan weer vinnig opgeteken word en opgetel, vermenigvuldig en gedeel
word. Dit is nuttig wanneer leerders se prestasie in verhouding tot ander in die klas en tot ander grade of skole
geassesseer word. Punte verskaf egter min inligting oor leerders se prestasie in terme van die assesseringstandaarde.
'n Paar voorbeelde van ander assesseringskodes is:
n nog nie bereik nie; deels bereik; bereik;
n uitstekende standaard; bevredigende prestasie; benodig ondersteuning;
n A, B, C;
n frases (of assesseringstabelle) wat spesifiek vir die assesseringsaktiwiteit of rapport ontwerp is.
Dit maak nie saak watter assesseringskodes gebruik word nie, terugvoering is altyd doeltreffender wanneer dit
met skriftelike kommentaar gekombineer word. Wanneer leerders skriftelike terugvoering eerder as net 'n punt
ontvang, is daar 'n groter kans op verbetering in hul prestasie. Alhoewel punte en persentasies baie nuttig vir
verslaghouding is omdat dit maklik is om op te teken, is dit dikwels nie nuttig vir terugvoering of rapportering
nie. Ander probleme wat deur punte geskep word, is dat dit saamgevoeg en gemanipuleer kan word en dat dit veel
in verband met 'n leerder se prestasie en vordering verbloem. Indien leerders meer as een assesseringsaktiwiteit
gedoen het, bestaan die versoeking om die punte op te tel en die gemiddeld uit te werk. Wanneer dit gedoen
word, verloor punte hul nut om spesifieke inligting oor te dra. 'n Gemiddelde of saamgevoegde punt verbloem
die feit dat 'n leerder in een opsig goed aan die verlangde vereiste voldoen het, maar nie in 'n ander nie.
Tale - Afrikaans Huistaal
Leerderassessering
141
Punte gee 'n geheelindruk van prestasie, maar gee nie aan die leerder die redes vir die assessering van die
prestasie (of gebrek aan prestasie) nie. Dit gee ook nie spesifieke riglyne vir verbetering nie. Punte beskryf
verder ook nie leerdervordering oor tyd heen voldoende nie. Dikwels word dit as goeie vordering beskou wanneer
'n leerder dieselfde punt as vroer behaal (mits dit 'n bevredigende punt is). 'n Punt van 70 vir 'n graad 5-
assesseringstandaard en 'n punt van 70 vir 'n graad 6-assesseringstandaard verbloem hoe die leerder tydens die
jaar gevorder het. Sodanige vordering kan beter deur middel van 'n stelling, kode of skriftelike kommentaar
beskryf word.
Nasionale Kodes
In die verslaghouding van of rapportering oor leerderprestasie in die leeruitkomste van 'n bepaalde graad moet
die volgende kodes gebruik word:
4 = Leerder se prestasie het die vereistes vir die leeruitkoms vir die graad ver oortref.
3 = Leerder se prestasie het aan die vereistes vir die leeruitkoms vir die graad voldoen.
2 = Leerder se prestasie het gedeeltelik aan die vereistes vir die leeruitkoms vir die graad voldoen.
1 = Leerder se prestasie het nie aan die vereistes vir die leeruitkoms vir die graad voldoen nie.
Vorderingskedules
Aan die einde van elke jaar moet 'n vorderingskedule voltooi word en deur die skoolhoof en 'n departementele
amptenaar onderteken word. Die vorderingskedule is 'n verslag/rekord met 'n opsomming van inligting rakende
die vordering van al die leerders in die graad in die skool.
Die vorderingskedule behoort die volgende inligting te bevat:
n naam van die skool en die skoolstempel;
n 'n lys van die leerders in elke graad;
n kodes vir vordering in elke leerarea (nasionale koderingstelsel);
n kodes vir vordering in elke graad (vordering na die volgende graad of bly in dieselfde graad);
n kommentaar op sterk punte en areas wat ondersteuning in elke leerarea benodig;
n datum en handtekening van die skoolhoof, onderwyser of ander opvoeder, en departementele amptenaar.
Leerderprofiele
'n Leerderprofiel is 'n deurlopende verslag wat 'n volledige beeld van 'n leerder se prestasie verskaf, insluitend
die holistiese ontwikkeling van waardes, houdings en sosiale ontwikkeling. Dit help die onderwyser in die
volgende graad of skool om die leerder beter te verstaan en dus gepas op haar of hom te reageer. Elke leerder se
leerderprofiel moet veilig bewaar word en moet leerders deur hul skoolloopbaan vergesel.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Leerderassessering
142
Die volgende soort inligting behoort in 'n leerderprofiel te verskyn:
n persoonlike inligting;
n fisieke toestand en mediese geskiedenis;
n skole bygewoon en 'n rekord van bywoning;
n deelname aan en prestasie in buitemuurse aktiwiteite;
n emosionele en sosiale gedrag;
n ouerbetrokkenheid;
n areas wat ondersteuning benodig;
n opsomming van oorkoepelende rapport aan die einde van die jaar;
n opsommende verslae/rekords van skooljare.
Let Wel:
n Die leerderprofiel vervang alle vorige deurlopende verslagdokumente wat in skole gebruik is, soos
verslagkaarte en Olab-kaarte. Die sentrale doel van 'n leerderprofiel is om 'n leerder by te staan deur toegang
tot die verskeidenheid inligting daarin te verskaf.
n Persoonlike inligting in 'n leerderprofiel behoort nooit vir onregverdige of diskriminerende optrede teen 'n
leerder gebruik te word nie.
n Leerderprofiele moenie met portefeuljes verwar word nie. 'n Portefeulje is 'n assesseringsmetode wat die
leerder en onderwyser saam geleentheid bied om werk wat vir etlike assesseringsaktiwiteite gedoen is, in ag te
neem. Die werk word in 'n ler of houer geplaas. Die leerderprofiel, daarenteen, is 'n rekord wat inligting oor
'n leerder bevat.
RAPPORTE
Inligting wat in Rapporte moet Verskyn
Onderwysers moet aanspreeklik teenoor leerders, ouers, die onderwysstelsel en die gemeenskap as 'n geheel
wees wanneer hulle leerders assesseer. Dit vind deur rapportering plaas. Benewens skriftelike rapporte kan
mondelinge of praktiese aanbiedings en uitstallings van leerders se werk ook gebruik word.
Elke rapport of verslag oor 'n leerder se algehele vordering behoort inligting in te sluit oor:
n die leer wat plaasgevind het;
n die leerder se bevoegdhede;
n ondersteuning wat nodig is;
n opbouende terugvoering, wat kommentaar oor die leerder se prestasie in verhouding tot klasmaats en die
leerder se vorige prestasie ten opsigte van die vereistes van die leerprogramme of leerareas behoort te bevat.
Rapportering aan ouers behoort op 'n gereelde grondslag plaas te vind ten einde hul betrokkenheid en deelname
aan te moedig. Onderwysers moet aan die einde van elke kwartaal formele rapporte of verslagkaarte vir
rapportering gebruik.
Dit sal gewoonlik nie moontlik wees om inligting oor prestasie in elke leeruitkoms te gee nie. Rapporte behoort
egter inligting oor prestasie in elke leerarea of leerprogram (in die geval van die Grondslagfase) te verskaf.
Tale - Afrikaans Huistaal
Leerderassessering
143
Rapporte/Verslagkaarte
Die minimum vereistes vir 'n rapport is:
1) Basiese inligting
n naam van skool;
n naam van leerder;
n graad van leerder;
n geboortedatum van leerder;
n jaar en kwartaal;
n handtekening van ouer of voog en datum;
n handtekening van onderwyser en datum;
n handtekening van skoolhoof en datum;
n datum wanneer skool sluit en heropen;
n skoolstempel;
n skoolbywoningsprofiel;
n verduideliking van die kodes van die nasionale koderingstelsel.
2) Sterk punte en behoeftes
n Gee 'n beskrywing van die leerder se sterk punte en ontwikkelingsbehoeftes of areas wat ondersteuning in
elke leerarea of leerprogram benodig.
n Gebruik die nasionale koderingstelsel om prestasie teen die assesseringstandaarde en in die leeruitkomste wat
tot dusver gedek is, te evalueer - dit is nie nodig om 'n kode vir elke leeruitkoms te gee nie. In die rapport
aan die einde van die jaar moet die leerder se algehele prestasie in die leerareas getoon word.
3) Kommentaar op elke leerarea of leerprogram
n Lewer kommentaar op elke leerarea of leerprogram, spesifiek in die geval van leerders wat die vereistes
oortref het of ondersteuning benodig.
n Kommentaar op spesifieke sterk punte of areas wat ondersteuning benodig, behoort met die assesseringstandaarde
geskakel te word. Hierdie kommentaar sal ouers, leerders en ander opvoeders in staat stel om te
begryp watter ondersteuning die leerder benodig.
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Naslaanlyste
144
NASLAANLYSTE
WOORDELYS: KURRIKULUM EN ASSESSERING
Hier volg 'n alfabetiese lys kernterme wat in die ontwerp van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
Graad R-9 (Skole) en in die meegaande leerderassesseringsbeginsels gebruik word.
Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband - die tien verpligte skooljare wat uit die Grondslag-, Intermedire
en Senior Fase bestaan
Algemene-Onderwys-en-Opleidingsertifikaat - sertifikaat wat na suksesvolle voltooiing van die Algemene-
Onderwys-en-Opleidingsband verwerf word
assessering - 'n deurlopende en beplande proses van inligtingversameling oor leerderprestasie, gemeet volgens
die assesseringstandaarde
assesseringstandaarde - die kennis, vaardighede en waardes wat leerders moet toon ten einde die
leeruitkomste in elke graad te bereik
deurlopende assessering - 'n assesseringsmodel wat die integrasie van assessering in onderrig en in die
ontwikkeling van leerders deur middel van deurlopende terugvoering aanmoedig
formatiewe assessering - hierdie vorm van assessering assesseer leerdervordering deur die leerproses ten
einde terugvoering te verskaf wat leer sal versterk
grondlynassessering - aanvanklike assessering wat gebruik word om uit te vind wat leerders reeds weet
Grondslagfase - die eerste fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband: graad R, 1, 2 en 3
integrasie - 'n kernontwerpsbeginsel van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring wat vereis dat leerders
hul kennis en vaardighede van ander leerareas of van verskillende dele van dieselfde leerarea moet gebruik ten
einde take en aktiwiteite uit te voer
Intermedire fase - die tweede fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband: graad 4, 5 en 6
kritieke uitkomste - saam met die ontwikkelingsuitkomste die kernuitkomste van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) en deur die Grondwet genspireer; dit sluit in kern-lewensvaardighede
vir leerders, soos kommunikasie, kritiese denke, aktiwiteits- en inligtingsbestuur, groep- en gemeenskapswerk en
evalueringsvaardighede
Tale - Afrikaans Huistaal
Naslaanlyste
145
Kurrikulum 2005 - die eerste weergawe van die post-apartheid- Nasionale Kurrikulumverklaring. Die onderwysbeleidsdokument
van 1997 verskaf 'n raamwerk vir Vroekindontwikkeling, Algemene Onderwys en Opleiding,
Verdere Onderwys en Opleiding en Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes. Die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) is daarop gerig om Kurrikulum 2005 te versterk
leerareas - die agt kennisvelde in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole): Tale,
Wiskunde, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, Kuns en Kultuur, Lewensorintering, en
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
leerareaverklarings - die verklaring vir elke leerarea wat die leeruitkomste en assesseringstandaarde vir
daardie leerarea uiteensit
leerderprofiel - 'n omvattende verslag oor 'n leerder se vordering, insluitend persoonlike inligting, sosiale
ontwikkeling, ondersteuningsbehoeftes en jaarlikse rapporte
leerprogramme - programme van leeraktiwiteite, insluitend inhoud en onderrigmetodes; hierdie programme
word deur die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) onderl, maar deur provinsies, skole
en onderwysers ontwikkel
leeruitkomste - leeruitkomste spruit voort uit die kritieke en ontwikkelingsuitkomste en dui aan wat leerders
aan die einde van 'n graad, fase of band moet weet en in staat moet wees om te doen
nasionale koderingstelsel - 'n standaard- nasionale stelsel van prestasiekodes vir gebruik om oor 'n leerder se
vordering verslag te doen
ontwikkelingsuitkomste - saam met die kritieke uitkomste die kernuitkomste van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) en deur die Grondwet genspireer; dit is daarop gerig om leerders in
staat te stel om doeltreffend te leer en om verantwoordelike, sensitiewe en produktiewe burgers te word
portefeulje - individuele ler of omslag van elke leerder se werk
Senior fase - die derde en laaste fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband: graad 7, 8 en 9
sommerende assessering - dit verskil van formatiewe assessering aangesien dit na gereelde verslae oor 'n
leerder se vordering verwys, gewoonlik aan die einde van 'n kwartaal of jaar
taal van onderrig en leer - die taal wat die meeste in 'n bepaalde leer- en onderrigomgewing gebruik word;
sommige leerders ervaar onderrig en leer in 'n addisionele taal (nie hul huistaal nie)
uitkomste - die resultate aan die einde van die leerproses in uitkomsgebaseerde onderwys; hierdie uitkomste
help met die vorming van die leerproses
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Naslaanlyste
146
uitkomsgebaseerde onderwys - 'n onderwysproses wat prestasiegeorinteerd, aktiwiteitsgebaseerd en
leerdergerig is; in die navolging van hierdie benadering is Kurrikulum 2005 en die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) daarop gerig om lewenslange leer aan te moedig
uittreevlak - wanneer leerders graad 9 voltooi en die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsertifikaat verwerf
vordering - 'n kernontwerpsbeginsel van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) wat
die leerder in staat stel om geleidelik meer gekompliseerde, dieper en brer kennis, vaardighede en begrip in elke
graad te ontwikkel
vorderingskedules - die instrument vir die aantekening van die vordering van alle leerders in 'n graad aan die
einde van 'n jaar; dit sluit kodes in vir die vordering in elke leerprogram of leerarea en graad en opmerkings oor
nodige ondersteuning
WOORDELYS: TALE
addisionele taal - 'n bykomende taal wat geleer word
aktiewe luister - wanneer 'n mens aandagtig luister na wat iemand s en probeer om jouself in die spreker se
posisie te plaas
assesseringstandaard - die kennis, vaardighede en waardes wat leerders teen die einde van 'n spesifieke graad
moet kan toon
gebalanseerde benadering tot geletterdheid - 'n benadering wat leerders se vormende geletterdheid
ondersteun, hulle aanmoedig om boeke te geniet en om op betekenis te fokus, en wat ook aan hulle tegnieke en
strategie verskaf om die kode van die geskrewe woord te ontsluit
geletterdhede - daar is verskillende soorte geletterdheid: lees en skryf; kulturele geletterdheid (begrip van die
kulturele, sosiale en ideologiese waardes wat ons lees van tekste vorm); kritiese geletterdheid (die vermo om
krities op die boodskap in tekste te reageer); visuele geletterdheid (die lees/skryf van beelde, tekens, prente, ens.);
mediageletterdheid (die lees van koerante, tydskrifte, TV en film as kulturele boodskappe)
geletterdheid - die vermo om te lees en geskrewe inligting te gebruik en om vir verskillende doeleindes te
skryf; dit is 'n deel van 'n algemene vermo om sin van 'n mens se wreld te maak
holistiese benadering tot taal - 'n benadering wat al die vaardighede en verskillende soorte kennis in
aktiwiteite integreer en nie op elkeen afsonderlik fokus nie
huistaal - die taal wat kinders leer deur by die huis en/of in hul gemeenskap konstant daaraan blootgestel te
wees; meer as een taal kan op hierdie manier geleer word; kinders kan dus meer as een huistaal h
Tale - Afrikaans Huistaal
Naslaanlyste
147
klankbewustheid - die vermo om tussen die afsonderlike klanke van 'n taal te onderskei
kodewisseling - om vir 'n spesifieke doel van een taal na 'n ander oor te slaan, soos om ander in te sluit, respek
vir mense se taal te toon
konteks - die konteks waarbinne 'n teks geskep en ontvang word, verwys na die bre en onmiddellike situasie
waarin dit bestaan en wat daarin oorgedra word
leeswoordeskat - woorde wat 'n leser in konteks verstaan. Sommige van hierdie woorde is deel van 'n leser se
aktiewe woordeskat (woorde wat hulle gebruik); ander is deel van hul passiewe woordeskat (woorde wat hulle in
konteks verstaan, maar nie goed genoeg ken om te gebruik nie)
modus - daar is verskillende modusse van kommunikasie - die geskrewe modus, die gesproke of mondelinge
modus, die visuele modus (wat grafiese vorms soos tabelle insluit). Die vermo om inligting van een modus na
'n ander te verander (soos om 'n grafiek te gebruik om 'n teks te skryf, om inligting uit 'n mondelinge teks te
gebruik om byskrifte by 'n prent te skryf), is 'n baie belangrike deel van taalleer
multimedia - 'n gentegreerde reeks modusse wat teks, visuele materiaal, klank, video, ens. kan insluit
multimodale tekste - tekste wat van meer as een kommunikasiemodus (soos klank, druk, beelde) gebruik maak
outentieke tekste - tekste wat in die ware wreld gebruik word, soos tydskrifartikels, koerantberigte, radio- of
televisieopnames, advertensies, verpakkingsetikette, brosjures, vorms, briewe
raam - 'n tydelike steun vir skryf of praat; die onderwyser kan byvoorbeeld die volgende raam vir 'n
gedig verskaf:
Rooi is die kleur van woede
Rooi is die kleur van bloed
Rooi is die kleur van gevaar
Rooi is die kleur van liefde
____ is die kleur van ____
____ is die kleur van ____
____ is die kleur van ____
____ is die kleur van ____
register - die woorde, styl en grammatika wat in verskillende kontekste of situasies deur sprekers en skrywers
gebruik word; amptelike dokumente word byvoorbeeld in 'n formele register geskryf, regsdokumente in 'n
regsregister
soeklees - om jou o oor 'n teks te laat beweeg om spesifieke inligting te vind, soos wanneer jy 'n naam of
nommer in 'n telefoongids soek of 'n trein- of busrooster raadpleeg
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
Naslaanlyste
148
standaard - die standaardvariteit van 'n taal is die vorm wat in koerante, amptelike dokumente, taalboeke,
woordeboeke en in die meeste boeke gedruk word; dit is nie noodwendig die beste vorm van die taal nie, maar is
die vorm wat om historiese en/of politieke redes as die standaardvariteit aanvaar is
teikengroep - die persoon of persone op wie 'n spesifieke teks gerig is, d.w.s. die persone wat daarna sal luister
of kyk of dit sal lees
teks - enige geskrewe, gesproke of visuele vorm van kommunikasie wat die opsetlike gebruik van taal behels
toevoegende veeltaligheid - wanneer 'n mens 'n taal of tale benewens jou huistaal aanleer; dit vervang nie die
huistaal nie, maar word saam met dit geleer
visuele diskriminasie - onderskeid tref tussen die vorm van verskillende letters en woorde
vluglees - om 'n teks baie vinnig te lees om 'n oorsig te verkry, soos om die koerantopskrifte vir hoofnuus te
vluglees
vormende geletterdheid - dit verwys na 'n kind se groeiende kennis van die gedrukte woord. Kinders sien
gedrukte teks in die omgewing en begin die doel daarvan verstaan. Wanneer stories aan hulle gelees of vertel
word, leer hulle hoe stories werk en wat boeke is. Selfs voordat hulle skool toe gaan, weet hulle dus dikwels reeds
baie. Hulle mag hul eie idees van letters en spelling gebruik om hul naam te probeer skryf (vormende spelling),
hulle kan maak asof hulle 'n boek lees (vormende lees). Dit is die begin van kinders se geletterdheid
vreemde taal - 'n taal wat buite 'n land se grense gepraat word; Frans is byvoorbeeld 'n vreemde taal in
Suid-Afrika
woordbank - 'n versameling nuwe woorde
Tale - Afrikaans Huistaal
Naslaanlyste
149

Hersiene
Nasionale
Kurrikulumverklaring
Graad R-9
(Skole)
Oorsig
(DEPARTEMENT VAN ONDERWYS)
Gepubliseer deur die Departement van Onderwys
Sol Plaatje-huis
Schoemanstraat 123
Pretoria
Privaatsak X895
Pretoria
Tel: +27 (12) 312 5911
Faks: +27 (12) 321 6770
http://education.pwv.gov.za
Kopiereg (c) Departement van Onderwys, Pretoria
Afskrifte van hierdie publikasie kan verkry word by die
Direktoraat: Nasionale en Provinsiale Kommunikasie,
Departement van Onderwys, Pretoria
Tel: (012) 312 5410
ISBN 1-919917-68-30
Gazette no. 23406, Vol 443, May 2002
Departement van Onderwys
Hierdie dokument moet as deel van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) gelees word.
Hierdie Nasionale Kurrikulumverklaring sluit in:
1. 'n Oorsig
2. Agt Leerareaverklarings
AAN DIE LESER
Die Departement van Onderwys bied hierdie Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) met trots in al elf amptelike tale
van Suid-Afrika aan.
Die proses van aanpassing en vertaling is kompleks en uitdagend. In
baie gevalle moes die terminologie en bewoording vir die kurrikulum
deur die mense wat met die dokumente gewerk het, ontwikkel word.
Die dokumente is met kundiges in die veld getoets.
Die Departement van Onderwys beskou hierdie dokumente as die begin
van 'n proses om ons tale te bevorder en te ontwikkel. Ons verwelkom
en moedig mense in die veld aan om hierdie dokumente as grondslag
vir verdere ontwikkeling te gebruik.

Voorrede 1
Voorwoord 2
Agtergrond 4
Die Grondwet, Waardes, Nasiebou en die Kurrikulum 7
Die Soort Leerder wat in die Vooruitsig gestel word 9
Die Soort Onderwyser wat in die Vooruitsig gestel word 9
Struktuur van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring 10
Graad R-9 (Skole)
Beginsels van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring 11
Sosiale Geregtigheid, 'n Gesonde Omgewing, Menseregte
en Inklusiwiteit 11
Uitkomsgebaseerde Onderwys 11
'n Ho Vaardigheids- en Kennisvlak vir Almal 13
Duidelikheid en Toeganklikheid 13
Progressie en Integrasie 14
Struktuur van en Begrippe in die Leerareaverklarings 14
Wat is 'n Leeruitkoms? 15
Wat is 'n Assesseringstandaard? 15
Hoe verskil 'n Assesseringstandaard van 'n Leeruitkoms? 16
Leerprogramme 16
Leerprogramme per Fase 17
Leerprogramriglyne 17
Tydstoekenning 18
i
Bladsy Oorsig
Inhoud
Inhoud
Assessering 20
Algemene Onderwys-en-Opleidingsertifikaat 21
Leerareas: Definisies en Leeruitkomste 22
Tale 22
Definisie 22
Leeruitkomste 23
Wiskunde 23
Definisie 23
Leeruitkomste 24
Natuurwetenskappe 24
Definisie 24
Leeruitkomste 25
Sosiale Wetenskappe 26
Definisie 26
Leeruitkomste 26
Kuns en Kultuur 27
Definisie 27
Leeruitkomste 28
Lewensorintering 28
Definisie 28
Leeruitkomste 29
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 30
Definisie 30
Leeruitkomste 30
Tegnologie 31
Definisie 31
Leeruitkomste 31
ii
Bladsy Oorsig
Die ontwikkeling van 'n nasionale kurrikulum is 'n enorme uitdaging vir enige
nasie. Op sy breedste vlak is ons onderwysstelsel en sy kurrikulum 'n
uitdrukking van ons beeld van onsself as 'n samelewing en ons visie van hoe ons
die nuwe soort samelewing in ons kinders en leerders verwesenlik wil sien.
Deur die keuse oor wat in die kurrikulum moet wees, verteenwoordig dit ons
prioriteite en aannames van wat 'n "goeie opvoeding" op sy diepste vlak is.
Hierdie kurrikulum is deur Suid-Afrikaners vir Suid-Afrikaners geskryf, deur
mense wat demokratiese beginsels en gebruike koester. Dit omvat ons visie van
onderwysers en leerders wat goed ingelig en veelsydig is, wat sensitief teenoor
omgewingskwessies is en in staat is om te reageer op die talle uitdagings wat
Suid-Afrika steeds in hierdie een-en-twintigste eeu ervaar.
Ons moet egter ook realisties wees oor wat 'n kurrikulum kan bereik en nie kan
bereik nie. Ongelykheid en armoede is steeds kenmerke van die opvoedkundige
ervaring van te veel gesinne en hul kinders. Die kurrikulum sal verskillend in
diverse kontekste vertolk en toegepas word. Ons sal dit na die beste van ons
vermo verbeter en implementeer. Ons sal ook ons uiterste bes probeer om die
verwesenliking van die kurrikulum se visie moontlik te maak deur al daardie
vraagstukke wat deur onderrig en leer omvat word, die hoof te bied.
Dit verg die toewyding en deelname van almal wat in opvoeding en die
onderwys werk. Ons benodig die volle samewerking van die Regering, ouers,
leerders en die brer gemeenskap. Ek vertrou dat hierdie Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring die ideale bevorder wat sodanige samewerking sal
beliggaam.
PROFESSOR KADER ASMAL, LP
MINISTER VAN ONDERWYS
1
Bladsy Oorsig
Voorrede
Voorrede
By 'n spesiale vergadering op 12 September 1997 het die Komitee vir
Onderwysdepartementshoofde die Konsepverklaring van die Nasionale
Kurrikulum vir Graad R tot 9 vir ministerile goedkeuring aanbeveel. Dit is na
die Raad van Onderwysministers verwys en is by sy vergadering op 29
September 1997 as drie afsonderlike beleidsdokumente vir die Grondslagfase,
die Intermedire Fase en die Senior Fase goedgekeur.
By sy vergadering in Junie 2000 het die Raad vir Onderwysministers ingestem
dat die Verklaring van die Nasionale Kurrikulum vir Graad R tot 9 ooreenkomstig
die aanbevelings van die Verslag van die Hersieningskomitee (31 Mei 2000)
hersien moet word om Kurrikulum 2005 te vereenvoudig en te versterk.
'n Ministerile Projekkomitee vir die Vereenvoudiging en Versterking van
Kurrikulum 2005 is sedertdien gestig om die taak uit te voer. Die
hersieningsproses is in Januarie 2001 met ongeveer 150 kurrikulumontwikkelaars
uit die hele onderwysgemeenskap begin. Op 30 Julie is die
Konsep- Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad R-9 (Skole) vir 'n
tydperk van drie maande vir openbare kommentaar uitgereik. In November is
openbare verhore oor die kurrikulum gehou. Toe die openbare kommentaar en
bydraes by die openbare verhore ontvang en ontleed is, het die
kurrikulumwerkgroepe van die Ministerile Projekkomitee in Desember 2001
weer vergader om voorgestelde veranderinge vir verbetering te inkorporeer. Die
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is die resultaat van daardie proses.
Hierdie dokument en die agt leerareaverklarings wat as bylae gepubliseer word,
vorm die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole). Die
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) sal die Verklaring
van die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad R-9 wat in 1997 goedgekeur
is, vervang wanneer dit ingevoer word.
'n Omvattende en deelnemende implementeringstrategie en -plan sal saam met
alle relevante sosiale vennote ontwikkel word om die suksesvolle invoering van
die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) te verseker.
2
Bladsy Oorsig
Voorwoord
Voorwoord
Die huidige Assesseringsbeleid van 23 Desember 1988 (Staatskoerant 19640) en
die Taal-in-Onderwysbeleid van 14 Julie 1997 (Staatskoerant 17997) behoort in
samehang met die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole)
gelees te word. Die Assesseringsbeleid moet ook in samehang met die relevante
deel van elke leerareaverklaring gelees word. Die beleid wat tans vir
sertifisering geld, sal tot 2008 van krag wees. Daarna sal die Algemene-
Onderwys-en-Opleidingsertifikaat wat met hierdie Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring gepaardgaan, van krag word. Die Algemene-Onderwysen-
Opleidingsertifikaat vir verpligte skoling is 'n volle kwalifikasie vir skole
gegrond op die mate waarin leeruitkomste na aanleiding van die graad 9-
assesseringstandaarde bereik word.
DIREKTEUR-GENERAAL
THAMI MSELEKU
3
Bladsy Oorsig
Suid-Afrika se demokratiese regering het 'n verdeelde en ongelyke
onderwysstelsel gerf. Onder apartheid het Suid-Afrika negentien verskillende
onderwysdepartemente gehad wat deur ras, geografie en ideologie geskei was.
Hierdie onderwysstelsel het kinders op verskillende maniere voorberei vir die
posisies wat daar van hulle verwag is om in die sosiale, ekonomiese en politieke
lewe onder apartheid te beklee. In elke departement het die kurrikulum 'n sterk
rol gespeel om ongelykheid te versterk. Wat, hoe en of kinders onderrig is, het
ooreenkomstig die verwagtinge van hul rol in die wyer samelewing verskil.
Kurrikulumverandering in post-apartheid-Suid-Afrika het onmiddellik na die
1994-verkiesing begin toe die Nasionale Onderwys-en-Opleidingsforum met 'n
proses van sillabushersiening en vakrasionalisering begin het. Die doel van
hierdie proses was hoofsaaklik om die fondament vir 'n enkele nasionale
kernsillabus te l. Benewens die rasionalisering en konsolidering van bestaande
sillabusse, het die kurrikulumontwikkelaars van die Nasionale Onderwys-en-
Opleidingsforum openlik rassistiese en ander sensitiewe taal uit die bestaande
sillabusse verwyder. Vir die eerste keer is kurrikulumbesluite op 'n
deelnemende en verteenwoordigende wyse geneem. Die proses van die
Nasionale Onderwys-en-Opleidingsforum was egter nie en het ook nie bedoel
om 'n kurrikulumontwikkelingsproses te wees nie.
Die Lewenslange Leer deur 'n Nasionale Kurrikulumraamwerk-dokument (1996) was
die eerste belangrike kurrikulumverklaring van 'n demokratiese Suid-Afrika.
Dit is onderl deur beginsels uit die Witskrif oor Onderwys en Opleiding (1995),
die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheidswet (nr. 58 van 1995) en die Wet op
Nasionale Onderwysbeleid (nr. 27 van 1996). In terme van die Witskrif, het dit
die behoefte aan belangrike veranderinge in onderwys en opleiding beklemtoon
ten einde leer en onderrig in Suid-Afrika te normaliseer en transformeer. Dit het
ook die behoefte aan 'n verskuiwing van die tradisionele doelwitte-enoogmerke-
benadering na uitkomsgebaseerde onderwys benadruk. Dit het 'n
visie van die volgende voorgestaan:
'n Vooruitstrewende, werklik verenigde, demokratiese en internasionaal
mededingende land met geletterde, kreatiewe en kritiese burgers wat
produktiewe, vervulde lewens in 'n land vry van geweld, diskriminasie en
vooroordeel lei.
4
Bladsy Oorsig
Agtergrond
Agtergrond
Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (nr. 27 van 1996) het voorsiening gemaak
vir die ontwikkeling van die volgende kurrikulumontwerpselemente om 'n
uitkomsgebaseerde benadering te ondersteun:
??Kritieke kruisveld-uitkomste (later bekend as kritieke en ontwikkelingsuitkomste,
en oorspronklik in die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheidswet
van 1995 geformuleer)
??Spesifieke uitkomste
??Domeinstellings
?Assesseringskriteria
??Taakaanduiders
??Veronderstelde leer-ure
??Deurlopende assessering, rekordhouding en rapportering.
Addisionele kurrikulumontwerpselemente is in daaropvolgende jare
geformuleer en ingesluit:
??Fase-organiseerders
??Programorganiseerders
??Verwagte prestasievlakke
??Leerprogramme.
In Oktober 1997 is die Verklaring van die Nasionale Kurrikulum vir Graad R tot
9 in terme van Goewermentskennisgewing 1445 gepubliseer. Die Assesseringsbeleid
in die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband vir Graad R-9 en Basiese
Onderwys en Opleiding vir Volwassenes is in Desember 1998 (Regulasie 19640)
ingestel. Kurrikulum 2005 is in 1998 in skole ingestel en in 2000 is die
implementering daarvan deur 'n Ministerile Komitee hersien. Die
hersieningsopdrag was die struktuur en ontwerp van die kurrikulum,
onderwyserorintering, opleiding en ontwikkeling, leersteunmateriaal,
provinsiale steun aan onderwysers in skole en 'n tydraamwerk vir
implementering. Die Ministerile Hersieningskomitee het sy verslag op 31 Mei
2000 gelewer.
Die Hersieningskomitee het aanbeveel dat die versterking van die kurrikulum
vereis dat die ontwerpskenmerke daarvan gerasionaliseer en die taal
vereenvoudig moet word deur die daarstelling van 'n gewysigde Nasionale
Kurrikulumverklaring. Dit het verder voorgestel dat die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring die ontwerpskenmerke van agt na drie verminder:
5
Bladsy Oorsig
kritieke en ontwikkelingsuitkomste, leeruitkomste en assesseringstandaarde.
Dit moes ook kurrikulum en assessering kordineer. Daarbenewens het dit
voorgestel dat implementering deur die verbetering van onderwyserorintering
en -opleiding, leersteunmateriaal en provinsiale ondersteuning versterk moes
word. Dit het ook die aanpassing van die tydraamwerk vir implementering
aanbeveel.
Die Raad van Onderwysministers het in Junie 2000 die kurrikulumaanbevelings
van die Hersieningskomitee aanvaar. Die Kabinet het in Julie 2000 besluit:
Die ontwikkeling van 'n Nasionale Kurrikulumverklaring wat die
kurrikulumvereistes vir verskillende vlakke en fases in duidelike en eenvoudige taal
moet dek, moet dadelik begin. Sodanige verklaring moet ook aandag gee aan die
besorgdhede oor die oorbelading van die kurrikulum en moet 'n duidelike beskrywing
verskaf van die soort leerder wat met betrekking tot kennis, vaardighede, waardes en
houdings aan die einde van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband in die
vooruitsig gestel word.
Die hersiening van Kurrikulum 2005 het tot 'n Konsep- Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring vir Graad R-9 (Skole) gelei. Die Konsep- Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad R-9 (Skole) is op 30 Julie 2001 vir
openbare kommentaar beskikbaar gestel. Dit is sedertdien tydens 2001 en 2002
in die lig van die openbare kommentaar hersien. Die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring is dus nie 'n nuwe kurrikulum nie, maar 'n
vereenvoudiging en versterking van Kurrikulum 2005. Dit bly trou aan die
beginsels, doelstellings en kern van Kurrikulum 2005 en bevestig die verbintenis
tot uitkomsgebaseerde onderwys.
Terwyl hierdie kurrikulumhersieningsproses voortgegaan het, het die praktyk
in skole van graad R tot 9 in terme van die vorige beleid voortgegaan. Wanneer
die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) beleid word,
sal dit die Verklaring van die Nasionale Kurrikulum vir Graad R-9 wat in 1997
goedgekeur is, vervang. Implementering van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) word vir 2004 in die Grondslagfase
beplan.
Hierdie dokument verskaf agtergrond omtrent die agt leerareaverklarings wat
die grondslag vir die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9
(Skole) in die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband vorm.
6
Bladsy Oorsig
Die waardes van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet
108 van 1996) verskaf die grondslag vir die transformasie en ontwikkeling van
die kurrikulum in hedendaagse Suid-Afrika. Die aanhef tot die Grondwet
verklaar dat die doelstellings van die Grondwet soos volg is:
??Heel die verdelings van die verlede en skep 'n samelewing gegrond op
demokratiese waardes, sosiale geregtigheid en fundamentele menseregte.
??L die grondslag vir 'n demokratiese en oop samelewing waarin regering
op die wil van die bevolking gegrondves is en elke burger gelyk deur die
reg beskerm word.
??Verhoog die lewensgehalte van alle burgers en ontsluit die potensiaal van
elke mens.
??Bou 'n verenigde en demokratiese Suid-Afrika wat sy regmatige plek as 'n
soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Die Handves oor Waardes, Onderwys en Demokrasie (Departement van
Onderwys, 2001) identifiseer tien fundamentele waardes van die Grondwet:
??Demokrasie
??Sosiale geregtigheid
??Gelykheid
??Nie-rassisme en nie-seksisme
??Ubuntu (menswaardigheid)
??'n Oop samelewing
?Aanspreeklikheid (verantwoordelikheid)
??Respek
??Die oppergesag van die reg
??Versoening.
Die Handves identifiseer voorts sestien strategie om jong Suid-Afrikaners
vertroud met die waardes van die Grondwet te maak. Hierdie strategie word
in die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring verwoord en sluit die
volgende in:
7
Bladsy Oorsig
Die Grondwet, Waardes, Nasiebou
en die Kurrikulum
Die Grondwet, Waardes,
Nasiebou en die Kurrikulum
8
Bladsy Oorsig
??Bevorder 'n kultuur van kommunikasie en deelname in skole.
??Rolmodellering: bevorder sowel toewyding as bevoegdheid onder
opvoeders.
??Verseker dat elke Suid-Afrikaner in staat is om te kan lees, skryf, tel en dink.
??Vul die klaskamer met 'n kultuur van menseregte.
??Maak kuns en kultuur 'n deel van die kurrikulum.
??Plaas geskiedenis terug in die kurrikulum.
??Leer oor die ryk diversiteit van kulture, oortuigings en wreldbeskouings
waarbinne die eenheid van Suid-Afrika gemanifesteer word.
??Laat veeltaligheid gebeur.
??Gebruik sport om sosiale bande te smee en nasiebou op skoolvlak te
bevorder.
??Verseker gelyke toegang tot onderwys.
??Bevorder anti-rassisme in skole.
??Bevry die potensiaal van sowel meisies as seuns.
??Handel met MIV/Vigs en bevorder 'n kultuur van seksuele en sosiale
verantwoordelikheid.
??Maak skole veilig om in te leer en klas te gee en verseker die oppergesag
van die reg.
??Bevorder etiek en die omgewing.
??Bevorder die nuwe patriotisme of bevestig 'n gemene burgerskap.
Die Grondwet gee uitdrukking aan Suid-Afrika se sosiale waardes en sy
verwagtinge van die rol, regte en verantwoordelikhede van burgers in 'n
demokratiese Suid-Afrika. Die Handves van Regte plaas uitnemende waarde op
gelykheid, menswaardigheid, lewe en vryheid en veiligheid van die persoon.
Hierdie en ander regte op vryheid van geloof en oortuiging, uitdrukking en
assosiasie, bestaan langs die sosio-ekonomiese regte. Elke persoon het 'n reg op
vryheid van armoede, haweloosheid, swak gesondheid en honger.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is daarop gerig om hierdie
waardes te weerspiel in die kennis en vaardighede wat dit bevorder. Dit
moedig 'n bewustheid en begrip van die ryk diversiteit van kulture, oortuigings
en wreldbeskouinge waarbinne Suid-Afrika se eenheid gemanifesteer word,
onder alle leerders aan.
9
Bladsy Oorsig
Die uitdaging vir die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is hoe die
doelstellings en waardes van sosiale geregtigheid, gelykheid en demokrasie oor
die hele kurrikulum heen gentegreer kan word. Die bevordering van waardes
is nie slegs belangrik vir persoonlike ontwikkeling nie, maar ook om te verseker
dat 'n nasionale Suid-Afrikaanse identiteit gebou word op waardes wat
verskillend is van di wat apartheidsonderwys onderl het. Die soort leerder
wat in die vooruitsig gestel word, is een wat met hierdie waardes besiel sal wees
en wat volgens die belange van 'n samelewing gegrond op agting vir
demokrasie, gelykheid, menswaardigheid, lewe en sosiale geregtigheid sal
optree.
Die kurrikulum is daarop gerig om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.
Dit stel in die vooruitsig 'n lewenslange leerder wat vrymoedig en onafhanklik,
geletterd, gesyferd, veelvaardig en deernisvol is, met respek vir die omgewing
en met die vermo om as 'n kritiese en aktiewe burger aan die samelewing deel
te neem.
Opvoeders op alle vlakke lewer 'n kernbydrae tot die transformasie van
onderwys in Suid-Afrika. Onderwysers in die besonder het 'n belangrike rol om
te vervul. Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring stel onderwysers in
die vooruitsig wat gekwalifiseer, bekwaam, toegewyd en deernisvol is en wat in
staat sal wees om aan die verskeie rolle te voldoen wat in die Norme en
Standaarde vir Opvoeders van 2000 (Staatskoerant 20844) beskryf word.
Hiervolgens word onderwysers as fasiliteerders van leer, vertolkers en
Die Soort Leerder wat in die
Vooruitsig gestel word
Die Soort Leerder wat in die
Vooruitsig gestel word
Die Soort Onderwyser wat in die
Vooruitsig gestel word
Die Soort Onderwyser wat in
die Vooruitsig gestel word
ontwerpers van leerprogramme en leerstof, leiers, administrateurs en
bestuurders, vakkundiges, navorsers en lewenslange leerders, gemeenskapslede,
burgers en beraders, assessors en deskundiges van leerareas/fases beskou.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring bestaan uit hierdie
oorsigdokument en agt leerareaverklarings.
Daar is agt leerareas in die Nasionale Kurrikulumverklaring. 'n Leerarea is 'n
veld van kennis, vaardighede en waardes wat sowel unieke kenmerke as skakels
met ander kennisvelde en leerareas het. Die leerareas in hierdie Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring is:
??Tale
??Wiskunde
??Natuurwetenskappe
??Tegnologie
??Sosiale Wetenskappe
??Kuns en Kultuur
??Lewensorintering
??Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Die verband tussen menseregte, 'n gesonde omgewing en sosiale geregtigheid
word in elke leerareaverklaring betrek.
Die leerareaverklarings verskaf 'n riglyn van vereistes en verwagtinge vanaf
graad R tot 9 vir skole in die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband.
10
Bladsy Oorsig
Struktuur van die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring Graad R-9
(Skole)
Struktuur van die Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring
Graad R-9 (Skole)
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) bou op die
visie en waardes van die Grondwet en Kurrikulum 2005. Hierdie beginsels sluit
in:
Die kurrikulum kan 'n deurslaggewende rol in die bevordering van bewustheid
van die verband tussen menseregte, 'n gesonde omgewing, sosiale geregtigheid
en inklusiwiteit vervul. In sommige lande word dit deur vakke soos Burgerleer
gedoen. Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring het probeer verseker dat
alle leerareaverklarings die beginsels en praktyk van sosiale geregtigheid,
respek vir die omgewing en menseregte soos dit in die Grondwet omskryf word,
weerspiel. Die kurrikulum probeer in die besonder om sensitief te wees ten
opsigte van kwessies soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, ouderdom,
gestremdheid en uitdagings soos MIV/Vigs.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring neem 'n inklusiewe benadering
aan deur minimum vereistes vir alle leerders te spesifiseer. Leerders se spesiale
opvoedkundige, sosiale, emosionele en fisieke behoeftes sal in die ontwerp en
ontwikkeling van geskikte leerprogramme aandag ontvang.
Uitkomsgebaseerde onderwys beskou die leerproses as net so belangrik as die
inhoud. Sowel die proses as die inhoud van onderwys word beklemtoon deur
die beskrywing van die uitkomste wat aan die einde van die proses bereik moet
11
Bladsy Oorsig
Beginsels van die Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring
Beginsels van die Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring
Uitkomsgebaseerde Onderwys
Uitkomsgebaseerde Onderwys
Sosiale Geregtigheid, 'n Gesonde Omgewing, Menseregte en Inklusiwiteit
Sosiale Geregtigheid, 'n Gesonde Omgewing, Menseregte
en Inklusiwiteit
12
Bladsy Oorsig
word. In die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is leeruitkomste en
assesseringstandaarde na onder uit die kritieke en ontwikkelingsuitkomste
ontwerp.
Die kritieke en ontwikkelingsuitkomste is 'n lys uitkomste wat uit die Grondwet
voortspruit en in die Suid-Afrikaanse Kwalifikasiewet (1995) omvat word. Dit
beskryf die soort burger wat die onderwys- en opleidingstelsel behoort te lewer.
Die kritieke uitkomste stel leerders wat tot die volgende in staat sal wees, in die
vooruitsig:
??Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe
denke.
??Werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie
en gemeenskap.
??Organiseer en bestuur hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en
doeltreffend.
??Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities.
??Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en/of
taalvaardighede in verskillende vorme.
??Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur
verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander
te toon.
??Begryp dat die wreld 'n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in
isolasie opgelos word nie.
Die ontwikkelingsuitkomste stel leerders wat ook tot die volgende in staat sal
wees, in die vooruitsig:
??Dink na oor en ondersoek 'n verskeidenheid strategie om doeltreffender
te leer.
??Neem as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike,
nasionale en wreldgemeenskap deel.
??Is kultureel en esteties sensitief in verskeie sosiale kontekste.
??Ondersoek opleidings- en beroepsmoontlikhede.
??Ontwikkel entrepreneursgeleenthede.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring poog om hierdie visie van die
soort burger wat in 'n demokratiese samelewing uit ons skoolstelsel te voorskyn
behoort te kom, te beliggaam en te handhaaf.
Deur middel van die leerareaverklarings identifiseer die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring die doelwitte, verwagtinge en uitkomste wat deur
verwante leeruitkomste en assesseringstandaarde bereik moet word. Die
leeruitkomste vir elke leerarea word later in hierdie dokument verskaf. Die
assesseringstandaarde verskyn in die leerareaverklarings wat as bylae tot
hierdie dokument gepubliseer word.
Die uitkomste en assesseringstandaarde beklemtoon deelnemende,
leerdergerigte en aktiwiteitsgebaseerde onderwys. Dit laat groot ruimte vir
kreatiwiteit en vernuwing deur onderwysers in die vertolking van wat en hoe
hulle onderrig.
Die Suid-Afrikaanse weergawe van uitkomsgebaseerde onderwys is gerig
daarop om jong mense verstandelik te stimuleer sodat hulle in staat is om ten
volle aan die ekonomiese en sosiale lewe deel te neem. Die doel is om te verseker
dat alle leerders in staat is om tot hul volle potensiaal te ontwikkel en toegerus
vir lewenslange leer is.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is gerig op die ontwikkeling van
'n ho kennis- en vaardigheidsvlak vir almal. Dit stel ho verwagtinge vir wat
Suid-Afrikaanse leerders kan behaal. Sosiale geregtigheid vereis dat daardie
gedeeltes van die bevolking wat voorheen deur 'n gebrek aan kennis en
vaardighede ontmagtig is, nou bemagtig moet word. Die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring is daarop gerig om 'n sterker grondslag te verskaf vir die
ontwikkeling van 'n ho vaardigheids- en kennisvlak deur almal. Dit doen dit
deur die kombinasie van minimum kennis en vaardighede wat deur leerders in
elke graad verwerf moet word, te spesifiseer en ho, bereikbare standaarde in al
die leerareas te stel.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring beoog duidelikheid en
toeganklikheid in sowel ontwerp as taalgebruik. Twee ontwerpskenmerke -
13
Bladsy Oorsig
'n Ho Vaardigheids- en Kennisvlak vir Almal
'n Ho Vaardigheids- en Kennisvlak vir Almal
Duidelikheid en Toeganklikheid
Duidelikheid en Toeganklikheid
leeruitkomste en assesseringstandaarde - gee leerders 'n duidelike omskrywing
van al die doelstellings en uitkomste nodig om na elke volgende vlak van die
stelsel te vorder. Daarbenewens sal die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
in alle amptelike tale en Braille beskikbaar wees.
Die beginsel van gentegreerde leer is 'n integrerende deel van
uitkomsgebaseerde onderwys. Integrasie verseker dat leerders die leerareas as
verwant en onderling verbind ervaar. Dit ondersteun en brei hul geleenthede uit
om vaardighede en kennis te verwerf en dit ontwikkel houdings en waardes wat
oor die hele kurrikulum heen omvat word.
Dit is belangrik dat die kurrikulum toenemend ingewikkelde, diep en bre
verwagtinge aan leerders stel. Die term "konseptuele progressie" beskryf
hierdie kenmerk van die kurrikulum. In die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring verskaf die assesseringstandaarde in elke leerareaverklaring
die konseptuele progressie in elke leerarea van graad tot graad.
Terselfdertyd behoort leerders nie in isolasie met assesseringstandaarde te werk
nie. Skakels moet binne en oor leeruitkomste en leerareas heen gemaak word.
Die bereiking van 'n optimale verhouding tussen integrasie oor leerareas heen
en konseptuele progressie van graad tot graad is sentraal tot hierdie kurrikulum.
Die voortgesette ontwikkeling van onderwysers, skoolbestuurspanne en
departementele steunpersoneel is 'n belangrike faset van hierdie doel
Elke leerareaverklaring bestaan uit vier afdelings:
14
Bladsy Oorsig
Progressie en Integrasie
Progressie en Integrasie
Struktuur van en Begrippe in die
Leerareaverklarings
Struktuur van en Begrippe
in die Leerareaverklarings
'n Inleiding: Hierdie afdeling stel die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
en die spesifieke leerarea bekend-die doelstellings en unieke
kenmerke daarvan.
'n Afdeling oor leeruitkomste en assesseringstandaarde: Dit beskryf die
vereistes vir en verwagtinge van leerders in elke graad in die Grondslagfase
(graad R tot 3), die Intermedire Fase (graad 4 tot 6) en die Senior Fase (graad
7 tot 9). Die Grondslagfase fokus op die primre vaardighede, kennis en
waardes om die ontwikkeling van verdere leer te verseker. Die leeruitkomste
en assesseringstandaarde behoort as minimum of essensile kennis, waardes
en vaardighede wat gedek moet word, beskou te word, maar dit behoort nie
al te wees wat onderrig word nie. Dit dui op wat noodsaaklik vir vordering
deur die stelsel is en is met betrekking tot die vereistes vir graad 9 ontwerp.
'n Afdeling oor assessering: Hierdie afdeling omskryf beginsels en riglyne
vir assessering en maak voorstelle vir die verslaghouding en rapportering
van assessering.
Naslaanlyste: Hierdie afdeling sluit afkortings, akronieme en woordelyste in.
'n Leeruitkoms is uit die kritieke en ontwikkelingsuitkomste afgelei. Dit is 'n
beskrywing van wat (kennis, vaardighede en waardes) leerders aan die einde
van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband behoort te weet, te toon en te
kan doen. 'n Stel leeruitkomste behoort deur die assesseringstandaarde
integrasie en progressie in die ontwikkeling van begrippe, vaardighede en
waardes te verseker. Leeruitkomste skryf nie inhoud of metode voor nie.
'n Assesseringstandaard beskryf die vlak waarop leerders hul bereiking van die
leeruitkoms(-te) moet toon en maniere (diepte en wydte) om hierdie bereiking te
toon. Dit is graadspesifiek en toon hoe konseptuele progressie in 'n leerarea sal
plaasvind. Dit beliggaam die nodige kennis, vaardighede en waardes om
leeruitkomste te bereik. Dit skryf nie metode voor nie.
15
Bladsy Oorsig
Wat is 'n Leeruitkoms?
Wat is 'n Leeruitkoms?
Wat is 'n Assesseringstandaard?
Wat is 'n Assesseringstandaard?
Leeruitkomste beskryf wat leerders behoort te weet en te kan doen.
Assesseringstandaarde beskryf die minimum vlak, diepte en breedte van wat
geleer word. In die praktyk beteken dit dat leeruitkomste, in die meeste gevalle,
dieselfde van graad tot graad kan en sal bly, terwyl assesseringstandaarde van
graad tot graad verander.
Die assesseringstandaarde dra ook tot die kwalifikasie by. In die geval van die
Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband beteken dit die Algemene-Onderwysen-
Opleidingsertifikaat.
Leersteunmateriaal en ontwikkelingsprogramme vir onderwysers sal 'n
belangrike rol in die interpretasie en verwesenliking van die leeruitkomste en
assesseringstandaarde vervul.
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole) sal deur
middel van leerprogramme in skole gemplementeer word. Leerprogramme is
gestruktureerde en sistematiese groeperings van aktiwiteite wat die bereiking
van leeruitkomste en assesseringstandaarde vir die fase bevorder.
Terwyl die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring die begrippe,
vaardighede en waardes per graad stipuleer, spesifiseer leerprogramme die
omvang van leer- en assesseringsaktiwiteite per fase. Leerprogramme bevat ook
werkskedules wat die tempo en orde van hierdie aktiwiteite vir elke jaar
verskaf, asook voorbeelde van lesplanne wat in enige gegewe tydperk
gemplementeer kan word. Die onderliggende beginsels en waardes van die
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is ook onderliggend aan die
leerprogramme.
Leerprogramme moet verseker dat alle leeruitkomste en assesseringstandaarde
doeltreffend gedek word en dat die voorgeskrewe tyd en klem aan elke leerarea
16
Bladsy Oorsig
Hoe verskil 'n Assesseringstandaard van 'n Leeruitkoms?
Hoe verskil 'n Assesseringstandaard van 'n Leeruitkoms?
Leerprogramme
Leerprogramme
toegeken word. Leerprogramme sal op verbande tussen leeruitkomste en
assesseringstandaarde gebaseer word, sonder om die integriteit van leerareas
aan te tas.
In die Grondslagfase is daar drie leerprogramme: Geletterdheid, Gesyferdheid
en Lewensvaardighede.
In die Intermedire Fase is Tale en Wiskunde afsonderlike leerprogramme.
Leerprogramme moet verseker dat die voorgeskrewe uitkomste vir elke leerarea
doeltreffend en volledig gedek word. Skole kan, na aanleiding van hul
organisatoriese vereistes, op die aantal en aard van ander leerprogramme
besluit, mits die nasionale prioriteite en ontwikkelingsbehoeftes van leerders in
'n fase in ag geneem word.
In die Senior Fase is daar agt leerprogramme gebaseer op die leerareaverklarings.
Onderwysers sal verantwoordelik vir die ontwikkeling van leerprogramme
wees. Die Departement van Onderwys sal beleidsriglyne vir die ontwikkeling
van leerprogramme ontwikkel ten einde hierdie proses te ondersteun.
Provinsies sal, waar nodig, verdere riglyne ontwikkel om voorsiening vir
diversiteit te maak.
Onderwyseropleidingsprogramme sal die kapasiteit van onderwysers,
skoolbestuurspanne en departementele steunpersoneel bou om die ontwikkeling
van leerprogramme te ontwikkel, implementeer, bestuur en ondersteun.
Om die bereiking van die nasionale standaarde wat deur die Hersiene Nasionale
Kurrikulumverklaring gestel word, te verseker, sal beleidsriglyne vir relevante
en gepaste leerprogramme, gebaseer op die Raamwerk vir die Ontwikkeling
van Beleidsriglyne, op nasionale vlak in samewerking met provinsies ontwikkel
word.
17
Bladsy Oorsig
Leerprogramriglyne
Leerprogramriglyne
Leerprogramme per Fase
Leerprogramme per Fase
Hierdie riglyne sal die beginsel van gentegreerde leer, die bereiking van 'n
optimale verhouding tussen integrasie oor leerareas heen en konseptuele
progressie van graad tot graad benadruk. Die Wet op Nasionale
Onderwysbeleid (1996, seksie 3, paragraaf 4) bemagtig die Minister van
Onderwys om onder andere so 'n nasionale beleidsriglyn vir die beplanning van
hierdie leerprogramme te bepaal.
Hierdie beleidsriglyne sal inligting en leiding ten opsigte van die volgende
verskaf:
??Integrasie binne en oor leerareas heen
??Die saamgroepering van assesseringstandaarde
??Die verband tussen leeruitkomste
??Tydstoekenning
?Assessering
??Leerstruikelblokke
??Die ontwerp van 'n leerprogram
??Beleid en wetgewing
??Opleiding, ontwikkeling en lewering
??Hulpmiddels en ondersteuning
??Beplanning en organisasie.
Hierdie riglyne sal binne die konteks van bestaande beleid en wetgewende
raamwerke soos die ses Witskrifte oor Onderwys, die Wet op Nasionale
Onderwysbeleid (1996) en die Wet op die Indiensneming van Opvoeders (1998)
toegepas word. Leerprogramriglyne sal 'n raamwerk verskaf om spesifieke
leerder- en kontekstuele behoeftes die hoof te bied.
Kragtens seksie 4 van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 1998, sal
die formele skooldag vir onderwysers sewe uur wees. Kragtens die Wet op
Nasionale Onderwysbeleid, 1996, is die formele onderrigtyd per skoolweek 35
uur. Dit word in die onderstaande tabel uiteengesit:
18
Bladsy Oorsig
Tydstoekenning
Tydstoekenning
Die formele onderrigtydstoekenning vir die Grondslagfase word hieronder as
persentasies van die tye in die bostaande tabel verskaf:
19
Bladsy Oorsig
Leerprogram
Tyd (%)
Geletterdheid
Gesyferdheid
Lewensvaardighede
40%
35%
25%
Fase Graad Tyd
Grondslagfase
Intermedire fase
Senior fase
R, 1 en 2
3
4, 5 en 6
7
8 en 9
22 uur 30 min
25 uur
26 uur 30 min
26 uur 30 min
27 uur 30 min
20
Bladsy Oorsig
Die tydstoekenning as persentasies tyd (soos in die bostaande tabel getoon) vir
die Intermedire en Senior Fase is:
Riglyne vir beplanning word in die Leerprogramriglyne verskaf.
Elke leerareaverklaring bevat 'n omvattende afdeling oor assessering. In 'n
uitkomsgebaseerde raamwerk word die mees gepaste assesseringsmetodes wat
uiteenlopende kontekstuele faktore omvat, gebruik. Assessering behoort
doeltreffende aanduidings van leerderprestasie te verskaf en behoort te verseker
dat leerders kennis en vaardighede integreer en toepas. Assessering behoort
leerders ook te help om hul eie prestasie te evalueer, om doelwitte vir vordering
te stel en dit behoort verdere leer aan te moedig.
Leerarea/
-program
Tyd (%)
Tale
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale
Wetenskappe
Tegnologie
Ekonomiese en
Bestuurswetenskappe
Lewensorintering
Kuns en
Kultuur
25%
18%
13%
12%
8%
8%
8%
8%
Assessering
Assessering
Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring kordineer die kurrikulum en
assesseringsbeleid wat in die Assesseringsbeleid (Staatskoerant 19640 van 1998)
vervat word. 'n Algemene riglyn vir onderwysers verskyn aan die einde van
elke leerareaverklaring.
Alle leer en onderrig van graad R tot 9 dra by tot die soort leerder wat deur die
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring in die vooruitsig gestel word.
Assessering van hierdie leer vind op 'n deurlopende basis regdeur die tien
skooljare plaas. Die assessering en sertifisering van hierdie kumulatiewe leer
vind aan die einde van graad 9 plaas wanneer daar aan leerders wat aan die
gespesifiseerde vereistes voldoen, 'n Algemene-Onderwys-en-Opleidingsertifikaat
toegeken sal word.
Die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsertifikaat vir verpligte skoling is 'n
volle kwalifikasie vir skole, gebaseer op die mate waarin die leeruitkomste na
aanleiding van die graad 9-assesseringstandaarde bereik word.
Tot 2008 sal die beleid wat tans op sertifisering betrekking het, geld. Daarna sal
die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsertifikaat wat met hierdie Hersiene
Nasionale Kurrikulumverklaring gepaardgaan, van krag word.
21
Bladsy Oorsig
Algemene-Onderwysen-
Opleidingsertifikaat
Algemene-Onderwys-
en-Opleidingsertifikaat
22
Bladsy Oorsig
Definisie
Definisie
Leerareas: Definisies en Leeruitkomste
Leerareas: Definisies en
Leeruitkomste
Tale
Die leerarea Tale sluit die volgende in:
?Al elf amptelike tale: Sepedi, Sesotho, Setswana, SiSwati, Tshivenda,
Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXosa en isiZulu
??Tale wat deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) en die Suid-
Afrikaanse Sertifiseringsraad (SAFSERT) goedgekeur is, soos Braille en
Suid-Afrikaanse gebaretaal.
In 'n veeltalige land soos Suid-Afrika is dit belangrik dat leerders 'n ho
bevoegdheidsvlak in minstens twee tale bereik, en dat hulle in ander tale kan
kommunikeer.
Die Tale-leerareaverklaring volg 'n toevoegende benadering tot veeltaligheid:
?Alle leerders leer hul huistaal en minstens een addisionele amptelike taal.
??Leerders raak bevoeg in hul addisionele taal, terwyl hul huistaal behou en
ontwikkel word.
Die Tale-leerarea maak voorsiening vir al elf amptelike tale as:
??Huistaal
??Eerste addisionele taal
??Tweede addisionele taal.
Leerders se huistaal behoort, waar moontlik, vir die doel van leer en onderrig
gebruik te word. Dit is veral belangrik in die Grondslagfase waar kinders leer
23
Bladsy Oorsig
Leeruitkomste
Leeruitkomste
Definisie
Definisie
lees en skryf. Wanneer leerders van hul huistaal na 'n addisionele taal vir leer en
onderrig moet oorskakel, is sorgvuldige beplanning nodig.
1. Luister: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas
en krities binne 'n wye verskeidenheid situasies te reageer.
2. Praat: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal
binne 'n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
3. Lees en Kyk: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te
kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te
reageer.
4. Skryf: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en
verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
5. Dink en Redeneer: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te
gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
6. Taalstruktuur en -Gebruik: Die leerder ken en is in staat om die klanke,
woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te
interpreteer.
Luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, en die kennis van klanke,
woorde en grammatika behoort, alhoewel dit as afsonderlike uitkomste
verskyn, tydens onderrig en assessering gentegreer te word.
Wiskunde
Wiskunde is 'n menslike aktiwiteit wat die volgende behels: die waarneming,
voorstelling en ondersoek van patrone en kwantitatiewe verhoudings in fisiese
en sosiale verskynsels en tussen wiskundige voorwerpe self. Deur hierdie
proses word nuwe wiskundige idees en insigte gegenereer.
Wiskunde het sy eie gespesialiseerde taal wat simbole en notasies gebruik om
24
Bladsy Oorsig
Leeruitkomste
Leeruitkomste
Definisie
Definisie
numeriese, meetkundige en grafiese verhoudings te beskryf. Wiskundige
begrippe bou op mekaar om 'n samehangende struktuur te vorm.
Wiskunde is 'n produk van ondersoek deur verskillende kulture; dit is 'n
doelgerigte aktiwiteit binne die konteks van sosiale, politieke en ekonomiese
doeleindes en beperkinge. Dit is nie waardevry of kultureel neutraal nie.
1. Getalle, Bewerkings en Verhoudings: Die leerder is in staat om getalle en
die verhoudings daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens
probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, skat, bereken en
kontroleer.
2. Patrone, Funksies en Algebra: Die leerder is in staat om patrone en
verhoudings te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur
algebraese taal en vaardighede te gebruik.
3. Ruimte en Vorm: Die leerder is in staat om eienskappe van en verhoudings
tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n
verskeidenheid orintasies en posisies te beskryf en voor te stel.
4. Meting: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en
formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
5. Datahantering: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor
te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en
om kansvariasie te interpreteer en te bepaal.
Natuurwetenskappe
Wat vandag as "wetenskap" bekend staan, het uit die Afrika-, Arabiese,
Asiatiese, Amerikaanse en Europese kulture ontstaan. Dit is gevorm deur die
soeke daarna om die natuurlike wreld deur waarneming, kodifisering en
toetsing van idees te begryp en het ontwikkel om 'n deel van alle nasies se
kultuurerfenis te word. Dit word gewoonlik "gekarakteriseer deur die
moontlikheid om presiese stellings te maak wat ontvanklik vir die een of ander
soort toets is" (McGraw-Hill Concise Encyclopaedia of Science and Technology, 2de
uitgawe, bl. 1647).
Die Natuurwetenskappe-leerareaverklaring stel 'n leer- en onderrigmetode in
die vooruitsig wat herken dat die mense van Suid-Afrika weens kultuurverskille
sowel 'n verskeidenheid leerstyle as perspektiewe het. Die Natuurwetenskappeleerarea
werk van die uitgangspunt dat alle leerders toegang tot betekenisvolle
wetenskaponderrig moet h. Betekenisvolle onderwys moet leerdergesentreerd
wees. Dit moet leerders wetenskaplike kennis en die voorkoms daarvan, asook
omgewings- en wreldkwessies, help verstaan. Die Natuurwetenskappe-leerarea
is daarop gerig om 'n grondslag te verskaf waarop leerders lewenslank kan
voortbou.
Die Natuurwetenskappe-leerareaverklaring bevorder wetenskaplike geletterdheid
deur die volgende:
??Die ontwikkeling en gebruik van wetenskapprosesvaardighede in 'n
verskeidenheid kontekste.
??Die ontwikkeling en toepassing van wetenskaplike kennis en begrip.
??Waardering vir die onderlinge verband en verantwoordelikhede tussen
wetenskap, die samelewing en die omgewing.
1. Wetenskaplike Ondersoek: Leerders reageer met selfvertroue op hul
weetgierigheid oor natuurlike verskynsels; hulle ondersoek verhoudings
en los probleme binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die
omgewing op.
2. Konstruksie van Wetenskapkennis: Leerders ken, interpreteer en pas
wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
3. Wetenskap, Tegnologie en die Omgewing: Leerders is in staat om begrip
van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die
samelewing en die omgewing te toon.
25
Bladsy Oorsig
Leeruitkomste
Leeruitkomste
26
Bladsy Oorsig
Leeruitkomste
Leeruitkomste
Definisie
Definisie
Sosiale Wetenskappe
Die Sosiale Wetenskappe behels die studie van verhoudings tussen mense,
asook tussen mense en die omgewing. Hierdie verhoudings wissel oor tyd en
ruimte heen. Dit word deur die sosiale, politieke, ekonomiese en omgewingskonteks
benvloed, asook deur mense se waardes, houdings en oortuigings.
Die begrippe, vaardighede en prosesse van geskiedenis en aardrykskunde vorm
kernelemente van die Sosiale Wetenskappe-leerareaverklaring. Omgewingsopvoeding
en menseregteopvoeding vorm 'n integrerende deel van sowel
geskiedenis as aardrykskunde.
Die Sosiale Wetenskappe-leerareaverklaring is gemoeid met sowel wat leerders
leer as hoe hulle leer, asook met hoe hulle kennis konstrueer. Die
leerareaverklaring moedig leerders aan om vrae te stel oor die samelewing en
omgewing waarin hulle leef en antwoorde daarop te vind.
Hierdie leerareaverklaring is daarop gerig om 'n bydrae te lewer tot die
ontwikkeling van ingeligte, kritiese en verantwoordelike burgers wat in staat is
om konstruktief aan 'n kultureel diverse en veranderende samelewing deel te
neem. Dit rus leerders ook toe om 'n bydrae tot die ontwikkeling van 'n
regverdige en demokratiese samelewing te lewer.
Geskiedenis
1. Geskiedkundige Ondersoek: Die leerder is in staat om
ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
2. Geskiedkundige Kennis en Begrip: Die leerder is in staat om kennis en
begrip van geskiedenis te toon.
27
Bladsy Oorsig
Definisie
Definisie
3. Geskiedkundige Interpretasie: Die leerder is in staat om aspekte van
geskiedenis te interpreteer.
Aardrykskunde
1. Aardrykskundige Ondersoek: Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede
te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en
-prosesse te ondersoek.
2. Aardrykskundige Kennis en Begrip: Die leerder is in staat om
aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
3. Ondersoek van Vraagstukke: Die leerder is in staat om ingeligte besluite
oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme te neem.
Kuns en Kultuur
Die Kuns en Kultuur-leerareaverklaring dek 'n bre spektrum van Suid-Afrika
se kuns- en kultuurgebruike. Kuns en kultuur is 'n integrerende deel van die
lewe en omvat die geestelike, materile, intellektuele en emosionele aspekte van
die menslike strewe in die samelewing.
Kultuur vind uitdrukking deur die kunste en deur mense se lewenswyse,
gedragspatrone, erfenis, kennis en geloofsoortuigings. Kultuur is nie staties nie
- dit het 'n geskiedenis en konteks, en dit verander, veral wanneer dit in kontak
met ander kulture kom.
Die benadering tot kultuur in hierdie leerareaverklaring moedig leerders aan
om die volgende te doen:
??Beweeg van passiewe erfgename van kultuur na aktiewe deelnemers
daaraan.
??Dink skeppend na oor kuns, uitvoerings en kulturele geleenthede.
??Identifiseer die verband tussen kunswerke en kultuur.
??Verstaan die geografiese, ekonomiese en sosiale konteks waaruit kuns en
kultuur voortspruit.
28
Bladsy Oorsig
Definisie
Definisie
Leeruitkomste
Leeruitkomste
??Identifiseer die skakels tussen kulturele praktyk, mag en kulturele
oorheersing.
??Ontleed die uitwerking van tyd op kultuur en die kunste.
??Verstaan hoe die kunste kultuur op unieke maniere uitdruk, uitbrei en
bevraagteken.
Die benadering tot kuns in hierdie leerareaverklaring beweeg vanaf 'n bre
ervaring wat verskeie kunsvorme binne diverse kulturele kontekste betrek, na 'n
toenemende diepte van kennis en vaardighede teen graad 8 en 9. Die integriteit
van diskrete kunsvorme en die waarde van gentegreerde leerervarings word
herken. Die leerareaverklaring strewe daarna om 'n balans tussen die
ontwikkeling van generiese kennis oor kuns en kultuur en spesifieke kennis en
vaardighede in elkeen van die kunsvorme te skep.
1. Skepping, Interpretasie en Aanbieding: Die leerder is in staat om werk in
elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
2. Besinning: Die leerder is in staat om krities oor kuns- en kultuurprosesse,
-produkte en -style in die konteks van die verlede en die hede te besin.
3. Deelname en Samewerking: Die leerder is in staat om persoonlike en
interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname aan
kuns- en kultuuraktiwiteite te toon.
4. Uitdrukking en Kommunikasie: Die leerder is in staat om veelvuldige
vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en
te gebruik.
Lewensorintering
Die begrip "lewensorintering" omvat die kern van wat hierdie leerareaverklaring
wil bereik. Dit lei en berei leerders op die lewe en al sy moontlikhede voor.
Lewensorintering rus leerders spesifiek toe vir 'n suksesvolle en betekenisvolle
lewe in 'n snelveranderende en transformerende samelewing.
Die Lewensorintering-leerareaverklaring ontwikkel vaardighede, kennis,
waardes en houdings wat leerders bemagtig om ingeligte besluite te neem en
gepas op te tree ten opsigte van:
??Gesondheidsbevordering
??Sosiale ontwikkeling
??Persoonlike ontwikkeling
??Liggaamlike ontwikkeling en beweging
??Orintering ten opsigte van die wreld van werk.
Saam betrek hierdie vyf fokusgebiede van die Lewensorinteringleerareaverklaring
mense- en omgewingsregte soos uiteengesit in die Grondwet.
1. Gesondheidsbevordering: Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor
persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
2. Sosiale Ontwikkeling: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding
aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede asook begrip vir
diverse kulture en gelowe te toon.
3. Persoonlike Ontwikkeling: Die leerder is in staat om verworwe
lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en
uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wreld te reageer.
4. Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging: Die leerder is in staat om begrip
te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike
ontwikkeling bevorder.
5. Orintering ten opsigte van die Wreld van Werk: Die leerder is in staat
om ingeligte besluite oor verdere studie en beroepskeuses te neem.
29
Bladsy Oorsig
Leeruitkomste
Leeruitkomste
30
Bladsy Oorsig
Definisie
Definisie
Leeruitkomste
Leeruitkomste
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-leerareaverklaring behels die studie
van private, openbare of kollektiewe gebruik van verskillende soorte
hulpbronne wat in mense se behoeftes en begeertes voorsien, terwyl dit krities
oor die impak van hulpbronbenutting op die omgewing en mense besin.
Die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-leerareaverklaring behandel die
volgende in die besonder:
??Die aard, prosesse en produksie van goedere en dienste
??Die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook sosio-ekonomiese stelsels in
verskillende lande
??Belegging en finansile bestuurs- en beplanningsvaardighede vir private,
openbare of kollektiewe besit
??Entrepreneursvaardighede en -kennis wat nodig is om menselewens en
omgewings te bestuur.
1. Kennis en Begrip van die Ekonomiese Siklus: Die leerder is in staat om
kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die oplossing van die
ekonomiese probleem te toon.
2. Begrip van Volhoubare Groei en Ontwikkeling: Die leerder is in staat om
begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en krities
oor verwante prosesse na te dink.
3. Bestuurs-, Verbruikers- en Finansile Kennis en Vaardighede: Die leerder
is in staat om kennis en die vermo te toon om verskeie bestuurs-,
verbruikers- en finansile vaardighede toe te pas.
4. Entrepreneurskennis en -Vaardighede: Die leerder is in staat om
entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te toon.
31
Bladsy Oorsig
Definisie
Definisie
Leeruitkomste
Leeruitkomste
Tegnologie
Tegnologie was deur die geskiedenis heen 'n aktiwiteit waarin mense 'n
kombinasie van kennis, vaardighede en beskikbare hulpbronne gebruik het om
oplossings vir daaglikse behoeftes en begeertes te ontwikkel. Sommige van
hierdie oplossings is in die vorm van produkte, terwyl ander 'n kombinasie van
produkte wat stelsels vorm, behels.
Vandag het mense steeds behoeftes en begeertes. Oplossings word nog
ontwikkel deur aktiwiteite wat kennis, vaardighede en beskikbare hulpbronne
kombineer. Vandag is die kennis, vaardighede en hulpbronne egter weens die
snelle ontwikkeling in tegnologie verskillend. Vandag se samelewing is
kompleks en divers. Ekonomiese en omgewingsfaktore en 'n wye
verskeidenheid houdings en waardes moet in ag geneem word wanneer
tegnologiese oplossings ontwikkel word. Dit is in hierdie konteks wat
tegnologie soos volg gedefinieer word:
Die gebruik van kennis, vaardighede en hulpbronne om aan mense se
behoeftes en begeertes te voldoen deur praktiese oplossings vir probleme met
inagname van sosiale en omgewingsfaktore te ontwikkel.
1. Tegnologiese Prosesse en Vaardighede: Die leerder is in staat om
tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas
deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
2. Tegnologiese Kennis en Begrip: Die leerder is in staat om relevante
tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
3. Tegnologie, Samelewing en Omgewing: Die leerder is in staat om begrip
van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing
en die omgewing oor tyd heen te toon.

Oproep tot Aksie: Mobilisering van Burgers om 'n Suid-Afrikaanse Onderwys- en Opleidingstelsel vir die 21ste Eeu te Bou.
 
Deur prof Kader Asmal, LP, Minister van Onderwys, 
Dinsdag 27 Julie 1999
 
 
'N BOODSKAP VAN PRESIDENT THABO MBEKI
"Onderwys en opleiding moet die beslissende dryfkragte wees in ons pogings om 'n wennasie te bou.
"Die Regering sal gevolglik sy fokus op onderwys verskerp sodat ons daarin kan slaag om 'n opgevoede en geskoolde bevolking te kry.
"Baie werk is reeds gedoen, maar ons sal verseker dat bestaande beleide en programme uitgevoer word met 'n gevoel van dringendheid en verbintenis tot die sukses daarvan.
"Om hierdie resultate te behaal, sal ons ook indiensopleiding en voordiensopleiding op groot skaal moet aanpak. Alle nodige stappe moet en sal gedoen word om te verseker dat leerders leer, opvoeders opvoed en bestuurders bestuur.
"Ons sal ook maatrels tref om die mense, insluitende ouers, te mobiliseer sodat ons as 'n land daarin kan slaag om die uitdaging van die opvoeding van al ons mense die hoof te bied."
 
'n Uittreksel uit president Thabo Mbeki se eerste toespraak 
as President in die Parlement op 25 Junie 1999.
Suid-Afrika se nuwe President het die Regering 
weer verbind tot die bou van 'n samelewing wat omgee 
en die waardigheid van elke burger sal waarborg.
 
 
TIRISANO: WERK SAAM OM 'N SUID-AFRIKAANSE ONDERWYS- EN OPLEIDINGSTELSEL VIR DIE 21STE EEU TE BOU.
 
 
VOORWOORD
'n Gevoel van dringendheid loop soos 'n goue draad deur minister Kader Asmal se "Oproep tot Aksie".
Na 'n deeglike studie van die stand van onderwys en opleiding en 'n intense betrokkenheid by die leierskap van die stelsel in al sy kompleksiteit het hy die toedrag van sake gevalueer en nege gebiede vir prioriteitaandag uitgesonder. 
Drie temas oorheers in hierdie verklaring:
Die deurslaggewende waarde van 'n ten volle funksionerende onderwys- en opleidingstelsel vir die gesondheid en welvaart van die nasie.
Die dringende behoefte aan regstelling van die onreg en aanslag op menswaardigheid soos beliggaam in ons erfenis van onderwysontbering.
Die oortuiging dat Suid-Afrikaners onbenutte reserwes van vindingrykheid en vasberadenheid kan mobiliseer om onderwysgeleenthede uit te brei en onderwys in die sentrum van die gemeenskapslewe te herstel.
Die prioriteitsprogram van nege punte in die "Oproep tot Aksie"-toespraak is per definisie selektief. Dit is nie bedoel om elke aspek van die stelsel te dek nie. Die Ministerie van Onderwys vestig die aandag op nege bre terreine wat van groot belang is, maar hy is verbind tot die heropbou en ontwikkeling van onderwys in alle fases van die stelsel en op elke vlak, van vroekinderontwikkeling tot nagraadse onderwys en navorsing. Die Ministerie sal voortgaan om met alle vennote in die onderwys saam te werk ten einde ons onderwysgrondslae te versterk en te help om 'n permanente stelsel van lewenslange leer daar te stel waarop ons nasie trots kan wees.
Trevor Coombe
Waarnemende Direkteur-Generaal
Departement van Onderwys
 
 
INLEIDING
Vandag kondig ek die begin aan van 'n nasionale mobilisasie vir onderwys en opleiding.
Op die eerste Kabinetsvergadering van die nuwe regering het president Thabo Mbeki die vraag gestel: "Is ons onderwysstelsel op pad na die 21ste eeu?"
Die Suid-Afrikaanse publiek het die allergrootste belang by die antwoord op hierdie vraag.
Vandag, nadat ek feitlik die hele leierskorps van die onderwys- en opleidingstelsel geraadpleeg het, kan ek aan hom en die nasie my antwoord gee.
TERREINVERKENNING
Die afgelope vyf weke het ek 'n wonderlike ontdekkingstog onderneem. Ek het dosyne dokumente gelees. My amptenare het my oorvloedig toegelig. In 'n week van vergaderings sonder weerga wat intensiteit en openhartigheid betref, het ek die toonaangewende verteenwoordigers van elke beduidende nasionale onderwysstruktuur ontmoet.
Hulle het gepraat namens statutre liggame in onderwys en opleiding, kommissies wat kragtens ons grondwet ingestel is vir die beskerming van die demokrasie, die verteenwoordigende verenigings van visekanseliers en rektore op alle vlakke, nasionale verenigings van beheerliggame, alle nasionale onderwysvakbonde en personeelverenigings, nasionale studenteliggame wat alle vlakke verteenwoordig, leiers in onderwys vir volwassenes, vroekinderontwikkeling en onderwys vir spesiale behoeftes, asook die georganiseerde arbeid en besigheid.
Ons het gepraat, geargumenteer en gemeenskaplike grond gevind. Laastens, om die kroon te span op hierdie buitengewone luisterveldtog, het ek gister oorleg gepleeg met my provinsiale kollegas in die Raad van Onderwysministers.
Ek wil graag drie hoofpunte uitlig uit die honderde feite, idees en indrukke wat die luisterveldtog opgelewer het.
Ons beskik oor sterk, toegewyde leierskap vir die 21ste eeu.
Eerstens beliggaam die leierskap van ons onderwys- en opleidingstelsel in die veld merkwaardige eienskappe van patriotisme, talent, ondervinding en toegewydheid. Die leiers wat ek ontmoet het, en die organisasies en instellings wat hulle verteenwoordig, lewer heroese onbesonge bydraes tot die transformasie van ons onderwys- en opleidingstelsel. Ek bring hulde aan hulle. Hulle is 'n noodsaaklike hulpbron vir die volgende fase in ons onderwysrevolusie. Meer nog, hulle wil aan die werk spring.
 
Ons beskik oor uitstekende beleide en wette vir die 21ste eeu.
Tweedens is ek deur almal wat ek ontmoet het, meegedeel dat ons 'n stel beleide en wette in onderwys en opleiding geskep het wat ten minste gelyk is aan die beste ter wreld.
In 1994, toe ons die verdelende en wrede nalatenskap van apartheid vir goed die rug toegekeer het, is die onderwys beskou as die plofbaarste en mees omstrede terrein van ons nasionale lewe. Ek is trots dat ons jong demokratiese regering, na inklusiewe en opregte oorlegpleging, 'n nasionale konsensus rondom die belangrikste onderwysbeleidsposisies van die bre demokratiese beweging gebou het en terselfdertyd die hele struktuur van onderwysadministrasie en onderwysvoorsiening herorganiseer het.
Die belangrike ding omtrent die bou van konsensus vir 'n beleid of 'n wet is dat mense dit besit en dit wil laat werk. Implementering kos tyd, maar ek het oortuigende bewyse gesien dat dit in alle dele van die stelsel gebeur, byvoorbeeld in basiese onderwys en opleiding vir volwassenes, vroekinderontwikkeling, skoolkurrikulum, verdere onderwys en opleiding, horonderwysbeplanning, demokratiese beheer en gehaltebestuur.
Daar het 'n revolusionre verandering in Suid-Afrikaanse denke oor onderwys en opleiding plaasgevind. Die konsensus wat ons behaal het, berus vierkantig op ons demokratiese Grondwet, en dit hanteer Suid-Afrikaanse werklikhede op openhartige wyse en posisioneer ons om die wreldwye uitdagings van die nuwe eeu die hoof te bied.
In deurslaggewende opsigte is ons nog nie vir die 21ste eeu gereed nie.
Derdens is die nasionale onderwysleierskap dit eens dat ons stelsel van onderwys en opleiding aan groot swakhede mank gaan en dodelike bagasie van ons verlede saamdra. Groot dele van ons stelsel is in ernstige mate disfunksioneel. Dit is nie 'n oordrywing nie om te s dat daar 'n krisis op elke vlak van die stelsel is.
Ek sal die ergste en sorgwekkendste eienskappe van ons onderwys- en opleidingstelsel uitsonder vir spesiale aandag: die geweldige ongelykhede in toegang en fasiliteite, die ernstige stand van die moreel van die onderwyserskorps, gebreke in beheer en bestuur, en die swak gehalte van leer in 'n groot deel van ons stelsel.
WAAR ONS TE KORT SKIET
Matelose ongelykheid
Eerstens is daar die matelose ongelykheid van toegang tot onderwysgeleenthede van bevredigende standaard. In die besonder is dit so dat arm mense in alle gemeenskappe, waarvan die oorweldigende meerderheid landelike Afrikane is, steeds bouvallige skole bywoon, te dikwels sonder water of sanitasie, elektrisiteit of telefoon, biblioteek, werkwinkel of laboratorium. Hulle onderwysers sien hulle toesighouers dikwels nie van een jaar tot die volgende nie. Hulle ouers is steeds ongeletterd, arm en magteloos. Hulle is nie in staat om praktiese en intellektuele ondersteuning aan die onderwysaspirasies van hulle kinders te bied nie.
Vir sulke kinders van demokratiese Suid-Afrika bly die beloftes van die Handves van Regte net 'n verre droom. Sonder 'n stewige fondament van leer is hulle kanse op opvoedkundige en ekonomiese sukses in later jare maar skraal, en armoede perpetueer homself.
Lae moreel van onderwysers
Tweedens is ek herhaaldelik meegedeel dat die moreel van onderwysers in alle gemeenskappe laag is. Dit is 'n meer komplekse terrein, omdat die oorsake en omvang daarvan in verskillende instellings kan verskil.
Dit is duidelik dat baie onderwysers gedemoraliseer is deur die onsekerheid en lyding van rasionalisasie en herontplooiing. Sedert 1995 het hierdie proses gepaard gegaan met uitgerekte oorlegpleging, bedinging, regs- en arbeidsoptrede en die verspreiding van heelwat sensasionele gerugte. Die saak van die billike en volhoubare voorsiening van onderwysers is regverdig en noodsaaklik, maar die koste is hoog. Onderwysers het 'n redelike verwagting van stabiliteit en werksekerheid, maar dit neem lank om te bewerkstellig.
Nog 'n belangrike rede is die kwesbaarheid van leerders en onderwysers in baie skole, kolleges en ander onderwysinstellings vir misdade van betreding, vandalisme, die dra en gebruik van wapens, dwelmhandel, verkragting, seksuele misbruik en ander vorms van fisiese aanranding of selfs moord. Of dit nou binne of buite die hekke gepleeg word, sulke wandade skep onsekerheid en vrees, en dit vernietig die grondslag van 'n lerende gemeenskap.
Ongedissiplineerdheid aan die kant van skoolhoofde, onderwysers en leerders is ook herhaaldelik genoem as 'n bron van demoralisering onder diegene wat wil werk en sukses wil behaal. Ek was in die besonder geskok deur die herhaalde opmerkings dat te veel skole nie op tyd begin nie en vroeg sluit, dat te veel leerders na willekeur wegbly, dat te veel onderwysers reken hulle verpligtinge is om 1-uur of 2-uur op 'n skooldag verby.
Baie opvoeders op alle vlakke kan aan 'n meer subtiele en sluipende vorm van demoralisasie ly as hulle nie professioneel toegerus word of hulpbronne kry om die nuwe eise wat aan hulle gestel word die hoof te bied nie, of dit nou uit rasse-integrasie of nuwe kurrikula en pedagogie voortspruit.
Gebreke van beheer en bestuur
Die derde verontrustende aspek waarop my aandag gevestig is, is die ernstige krisis van leierskap, beheer, bestuur en administrasie in baie dele van die stelsel. Dit het baie fasette. Die ernstigste, wat omvang betref, is die onvermo van verskeie provinsiale onderwysdepartemente om die agenda vir hulle stelsels te bepaal, hulle take op 'n saaklike wyse te verrig en toereikende professionele steun aan hulle onderwysinstellings te verleen.
Binne instellings, van universiteite en technikons tot klein landelike skole, het hierdie onvermo 'n drastiese uitwerking. Dit maak die hek wyd oop vir korrupsie, bedrog en ongedissiplineerdheid. Dit benadeel die moreel van pligsgetroue personeellede. Op die ou einde ondermyn dit goeie onderwys en studie, wat afhang van vrede, orde, stabiliteit en professionele uitdaging.
Die situasie word vererger as beheerliggame ondoeltreffend is, as hulle saamspan met bestuur ten koste van ander partye, of as hulle toelaat dat hulle ondermyn word deur faksievorming. In sulke omstandighede is hulle nie in staat om hulle noodsaaklike rol van goeie beheer en ware rentmeesterskap van die belange van die instellings waar hulle aangestel is om te dien, te vervul nie. Die gevolge kan baie duur wees, veral in instellings vir hor onderwys.
Swak leergehalte
In die lig van die toestande wat hierbo beskryf is, is dit nie verbasend nie dat die onderwysleiers met wie ek oorleg gepleeg het, diep besorg is oor die swak leergehalte in groot dele van ons stelsel.
Die Senior Sertifikaat-eksamen aan die einde van Graad 12 is die eerste eksterne toets vir prestasie in ons skoolstelsel, en die swak resultate, veral in ses provinsies, het die nasie geskok. In vergelyking met ander middelinkomstelande vaar ons leerders baie swak in internasionaal gestandaardiseerde toetse in wiskunde en wetenskap. Skoolverlaters word werksoekers of betree die horonderwyssektor met ernstige gapings in fundamentele kennis, redeneervaardighede en studiemetodes.
Swak leer gaan in oorweldigende mate gepaard met armoede, swak of ontbrekende fasiliteite, swak voorbereide onderwysers, gebrek aan leerhulpbronne en 'n ernstige gebrek aan doelgerigtheid en dissipline in baie skole, of wat 'n kultuur van leer, onderrig en diens genoem word.
Die aantal jongmense wat wiskunde met enige mate van begrip en vaardigheid bestudeer, toon 'n afname in plaas van 'n vinnige toename. As gevolg daarvan kom wiskundige ongeletterdheid algemeen in ons samelewing voor, en die poel van rekrute vir verdere en hor onderwys in die inligtings- en wetenskapgebaseerde professies word al hoe kleiner, 'n feit wat ernstige implikasies vir ons nasionale toekoms in die 21ste eeu het.
GEEN TYD OM TE VERSPIL NIE
Watter afleiding maak ek uit hierdie ruwe balansstaat van die bates en laste van die onderwys- en opleidingstelsel? Ondanks ons suksesverhale is ons besig om te misluk, veral in die uitgestrekte dele van die stelsel wat arm stedelike en landelike gemeenskappe bedien. Ons nuwe stelsels van beheer, administrasie en finansies het nog nie daarin geslaag om daardie gemeenskappe uit die arbitrre en ongelyke onderwystoestande wat deur geslagte van apartheid en minderheidsregering veroorsaak is, te trek nie. In sommige opsigte en sommige gebiede het die situasie versleg.
Alle moderne nasies met sterk demokratiese tradisies en suksesvolle ekonomie het op groot skaal bel in die onderwys en opleiding van hulle mense, ten einde toegang deur alle burgers tot onderwysgeleenthede te verseker en die vlak en gehalte van leer dwarsdeur hulle samelewings deurlopend te verhoog. Ons land het nog 'n lang pad om te loop, en geen tyd om te verspil nie.
 
NASIONALE MOBILISERING VIR ONDERWYS EN OPLEIDING
Ons mandaat en plig
Die Grondwet plaas 'n dwingende plig op die regering om elkeen se reg op basiese onderwys te respekteer, te beskerm, te bevorder en te volbring, insluitende basiese onderwys vir volwassenes, en om redelike maatrels te tref om verdere onderwys in toenemende mate beskikbaar en toeganklik te maak (artikel 29).
In Junie vanjaar het die mense van hierdie land aan die nasionale regering en die provinsiale regerings sowel 'n mandaat as 'n verantwoordelikheid gegee om die lewering van basiese dienste wat die gehalte van hulle lewe sal verbeter, te versnel. Die publiek glo dat ons 'n krisis ondervind. Ons mense het 'n reg op onderwys, en daardie reg word nie deur die staat gehandhaaf nie. Hulle het hulle vertroue in die demokratiese proses geplaas en het hulle regering met 'n oorweldigende mandaat herkies. Na vyf jaar van demokratiese heropbou en ontwikkeling is die mense geregtig op 'n beter onderwysdiens, en hulle moet dit kry.
Ons sal ons demokratiese verantwoordelikheid nie nakom nie, en ons nasie sal ook nie vir die eise van die 21ste eeu voorberei word nie, tensy ons die toegang van al ons mense tot gesonde basiese onderwys en opleiding in bevredigende fasiliteite vinnig verbeter en 'n ten volle funksionerende stelsel van goeie gehalte op alle vlakke verseker, van vroekinderontwikkeling tot universiteit en verder.
President Mbeki se opdrag
Die President verwag dat die noodsaaklike funksies van die onderwysstelsel doeltreffend en vinnig uitgevoer sal word. Soos hy in sy repliek op die debat oor sy Stand van die Nasie-toespraak in die Parlement opgemerk het: "Opvoeders moet opvoed. Leerders moet leer. Bestuurders moet bestuur." Dit is 'n fundamenteel redelike verwagting, waarvan alle ander onderwyssuksesse afhang. Ons sal daaraan aandag gee.
 
Tirisano
Ek het tot die gevolgtrekking gekom, na intensiewe oorlegpleging met verteenwoordigers van al die hoofrolspelers in onderwys en opleiding en die LUR'e vir Onderwys, dat die onderwyssituasie van die meeste mense in die land op 'n nasionale noodtoestand neerkom.
'n Nasionale noodtoestand vereis 'n buitengewone reaksie van die nasionale regering en van die provinsiale regerings.
Ek kondig aan 'n nasionale mobilisering vir onderwys en opleiding, onder die slagspreuk "Tirisano" - werk saam. President Mbeki het die tema van die tweede demokratiese regering aangekondig, "'n Nasie aan die werk vir 'n beter lewe vir almal". Dit is wat ons in die onderwys moet doen, saam. 
Die besonderhede sal oor die komende weke en maande uitgewerk word, in oorleg met alle betrokkenes.
Die omvang is ontsaglik, en selfs 'n energieke regering kan nie alles dadelik doen nie. Ons sal prioriteite bepaal, en binne daardie prioriteite sal ons teikens stel.
Ons sal ook saam met ander staatsdepartemente werk aan die gentegreerde, geteikende projekte vir landelike en stedelike vernuwing waarvoor president Mbeki in sy toespraak 'n beroep gedoen het en wat nou beplan word.
Wat ek in hierdie stadium vra, is 'n verbintenis deur burgers en alle organe van die samelewing om met die Ministerie van Onderwys en die provinsiale onderwysowerhede saam te werk en die dringendste probleme te takel.
Nasionale Onderwysparlement
Een keer per jaar sal ons 'n Nasionale Onderwysparlement byeenroep. Dit sal 'n waarlik beraadslagende liggaam van alle onderwysbelanghebbendes wees. Sy taak sal wees om te besin oor die stand van onderwys en opleiding, 'n voorraadopname te maak van ons kollektiewe vordering om aan die prioriteitsgebiede van behoefte aandag te gee, solidariteit te bou tussen die hoofrolspelers in onderwyslewering en die onderwysdepartemente, en die pad vorentoe aan te dui.
NEGE PRIORITEITE
Prioriteit 1: Ons moet ons provinsiale stelsels laat werk deur regering van samewerking te laat werk.
Die oorkoepelende verantwoordelikheid vir die doeltreffende bestuur van die onderwysstelsel berus by die Minister van Onderwys, en ek is van voorneme om daardie verantwoordelikheid na te kom. Ek sal dit doen binne die letter en die gees van die Grondwet, in die besonder die bepalings rakende regering van samewerking, die uitvoerende gesag van die Republiek, en die uitvoerende gesag van die provinsies.
Volgens ons huidige relings word alle onderwys onder die vlak van hor onderwys deur provinsiale regerings bestuur, oor wie die Minister van Onderwys net politieke gesag het maar geen uitvoerende gesag nie. Ek is van voorneme om my politieke gesag as Minister van Onderwys so kragdadig uit te oefen as wat nodig is om die vooruitgang van die nasionale onderwys- en opleidingstelsel te bevorder.
Die bestuur van onderwysstelsels is 'n hoogs ingewikkelde funksie van regering, en provinsiale onderwysdepartemente wissel aansienlik in hulle vermo om onderwys doeltreffend te bestuur. Die ernstigste probleme met uitvoerende kapasiteit word ondervind in die provinsies wat voormalige tuislande of "onafhanklike state" insluit. Die drie grootste provinsies het die ernstigste probleme. Hulle is ook die armste provinsies, met die grootste agterstande wat skoolgeboue en dienste betref, en swak kommunikasie-infrastrukture in landelike gebiede.
Nasionale onderwyswetgewing bind provinsiale regerings onder sekere omstandighede, en dit is dus belangrik om te verseker dat nasionale wette, regulasies en beleide nie onredelike laste op provinsiale administrasies plaas nie. Alternatiewelik moet provinsiale departemente bemagtig word, met bystand van die nasionale departement, om hulle statutre verantwoordelikhede te kan nakom. Nasionale wette en ander instrumente sal hersien word met dit in gedagte.
Daar is akute probleme met die toewysing en bestuur van baie provinsiale onderwysbegrotings. Die Minister van Onderwys kan 'n mate van invloed op hierdie aangeleenthede uitoefen deur middel van die begrotingsproses volgens die Mediumtermynbestedingsraamwerk, hoewel dit grotendeels onregstreeks is. Ek is van voorneme om saam met die Minister van Finansies verantwoordelikheid te aanvaar vir samewerking oor provinsiale onderwysbegrotings, saam met provinsiale LUR'e en LUR'e vir Ekonomiese Sake en Finansies.
Dit is uiters belangrik om die verhouding van nie-personeelbesteding tot personeelbesteding te verbeter. Die goeie werk wat gedoen word om vermorsing en bedrog uit te skakel en doeltreffendheid te verhoog in provinsiale stelsels, geniet my uitdruklike steun. Dit is egter gebiedend dat provinsiale regerings voldoende fondse toewys vir die noodsaaklike personeel- en nie-personeelbehoeftes van provinsiale onderwysstelsels, en dat daar nie in die loop van die finansile jaar met sulke toewysings gepeuter word nie.
Die nasionale Departement van Onderwys - deur sy gewone begroting, toegewyde staatstoekennings en eksterne steun - staan sy provinsiale eweknie by deur regstreekse administratiewe en professionele steun. Ek sal weer kyk na wat tans ingevolge die tegniese bystandsprogramme gedoen word, om te verseker dat daardie programme goed geteiken en doeltreffend is en om vas te stel of hulle uitgebrei kan word.
Die Minister van Onderwys beskik ingevolge die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, 1996, oor die bevoegdheid om die prestasie van provinsiale onderwysowerhede betreffende hulle grondwetlike verpligtinge en die implementering van nasionale beleid te moniteer. Die Minister moet skendings aan die Parlement rapporteer en moet regstellende stappe doen wat gesamentlik deur die provinsiale en die nasionale onderwysdepartemente beplan word. Hierdie formele bevoegdheid om te moniteer en verslag te doen sal gebruik word wanneer dit ook al gepas is, veral waar dit blyk dat daar ernstige versuim aan die kant van provinsies is om hulle verpligtinge na te kom.
Ek gaan egter 'n vinniger en minder formele metode van monitering en advisering invoer deur van alle senior beamptes van die Departement van Onderwys en my eie adviseurs te vereis om 'n sekere deel van hulle tyd te bestee aan besoeke aan provinsiale onderwysdepartemente en -instellings. Sulke besoeke, waaroor elke betrokke beampte verslag moet doen, sal ook dien as kruiskontrolering om te bepaal of nasionale wetgewing of beleid hersien of verander moet word.
Voorts sal ek elke drie maande aan die President verslag doen oor vordering met provinsiale onderwys, volgens 'n stel aanwysers wat met die Raad van Onderwysministers (ROM) bespreek sal word. Sulke verslae sal aan die Premiers en die pers gestuur word.
Prioriteit 2: Ons moet ongeletterdheid onder volwassenes en jeugdiges se rug binne vyf jaar breek.
Geen volwasse Suid-Afrikaanse burger moet in die 21ste eeu ongeletterd wees nie, maar miljoene sal wees tensy ons 'n maatskaplike beweging mobiliseer om lees-, skryf- en rekenvaardighede te bring na diegene wat dit nie het nie. Tans is daar miljoene Suid-Afrikaanse volwassenes en jongmense wat in geen taal kan lees of skryf nie, en miljoene meer is funksioneel ongeletterd en ongesyferd, met ander woorde hulle kan hulle lees- en skryfvaardighede vir geen nuttige doel aanwend nie en kan nie syferbegrippe hanteer nie.
In die moderne samelewing sluit ongeletterdheid mense uit van die prosesse van leer en kommunikasie, beter werkvaardighede en talle normale verantwoordelikhede van burgerskap. Dit vervreem en ontmagtig hulle en vergroot hulle afhanklikheid van andere. Om hierdie rede is baie volwassenes wat ongeletterd en ongesyferd is, skaam oor hulle toestand en probeer hulle dit verberg.
Geletterdheid is 'n vaardigheid wat moeilik is om te behou. Dit kan verlore gaan of ondoeltreffend gemaak word as dit nie gebruik word nie. Ons nuwe Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (BOOV)-program strek verder as geletterdheid. Dit is gemik op leeruitkomste wat bemagtig, eerder as om na 'n dooie punt te lei. Die leerprogramme gee kwalifikasies wat krediet verleen in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. Dit stel volwasse leerders in staat om voort te gaan met formele onderwys, hetsy deur selfstudie of andersins. Die Meerjarige Implementeringsplan vir BOOV sal bykans 'n miljoen nuwe leerders in staat stel om teen 2003 die ekwivalent van Graad 9 te verwerf, mits die fondse gevind kan word en BOOV-praktisyns opgelei kan word.
Ons moet hierdie program so veel as moontlik ondersteun. Ongelukkig het begrotingsdruk daartoe gelei dat verskeie provinsiale onderwysdepartemente BOOV-programme besnoei of staak in plaas van om dit uit te brei. Hierdie tendens moet omgekeer word, maar dit is onwaarskynlik dat die regering in die nabye toekoms voldoende bykomende fondse sal kry om ongeletterdheid uit te skakel deur formele BOOV-programme wat deur provinsiale onderwysdepartemente aangebied word.
'n Ander strategie is nodig.
Eerstens moet alle werkgewers, insluitende werkgewers in die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings, aangemoedig word om BOOV-programme vir hulle werknemers aan te bied of te ondersteun. Baie doen dit reeds, en sommige is leiers in die voorsiening van BOOV. Maar 'n groot geleentheid ontstaan deur die invoering van die vaardigheidsheffing en die instelling van Sektorowerhede vir Onderwys en Opleiding onder die Nasionale Vaardigheidsowerheid. Ek sal met die Minister van Arbeid oorleg pleeg om te verseker dat ons 'n massiewe toename in BOOV-voorsiening langs hierdie weg verkry. Ongeletterde burgers wat nie in diens is nie, sal ook toegang tot BOOV-programme kry deur die Nasionale Vaardigheidsfonds.
Tweedens moet ons die burgerlike deug van vrywillige diens stimuleer ten behoewe van ons ongeletterde landgenote. Ek rig 'n ope uitnodiging aan alle godsdienstige, politieke, maatskaplike, opvoedkundige en gemeenskapsgroeperings om ons te help om 'n groot program van vrywillige diens te ontwerp ten behoewe van geletterdheid en gesyferdheid, en om fasiliteite beskikbaar te stel om daardie diens te bedryf. Studente, veral in sekondre skole en instellings vir verdere onderwys en opleiding en vir hor onderwys, sal 'n uitstekende geleentheid h om hulle verbintenis tot gemeenskapsdiens te toon deur geletterdheidspraktisyns te word. My Ministerie sal oor hierdie aangeleentheid met die Nasionale Jeugkommissie oorleg pleeg. 
Selfs vrywillige dienste het fondse nodig om bokoste en ander koste te dek. Gesien die omvang van die behoefte kan sulke fondse aansienlik wees. Sodra die program beplan en die koste bereken is, sal ek 'n beroep op nasionale en internasionale befondsingagentskappe doen om bystand te verleen. Die Nasionale Ontwikkelingsagentskap behoort 'n strategiese rol te speel om deelnemende NRO's te ondersteun.
Prioriteit 3: Skole moet sentrums van gemeenskapslewe word.
Die krisis in primre en sekondre skole moet hanteer word deur te verseker dat skole die sentrums van die gemeenskapslewe word.
Die skool sal waarlik 'n sentrum van gemeenskapslewe en kultuurlewe word as sy fasiliteite aangewend word vir leer deur jeugdiges en volwassenes, gemeenskapsbyeenkomste, musiek en drama, sport en ontspanning. 'n Onbenutte skool is 'n kwesbare plek, wat vandalisme uitlok. 'n Besige skool is 'n plek wat deur die gemeenskap beskerm sal word omdat dit aan hulle behoort. Daar is 'n rol in 'n gemeenskapskool vir godsdienstige liggame, besighede, kultuurgroepe, sportklubs en burgerverenigings, om in hulle eie behoeftes te voorsien en ook om by te dra tot die skool se leerprogram binne en buite skoolure.
Die skool se beheerliggaam, gelei deur ouers, oefen 'n trust uit ten behoewe van die ouers van die gemeenskap, en funksioneer as die onontbeerlike skakel tussen die skool en die gemeenskap. Daar moet nie vergeet word nie dat dit 'n nuwe begrip is vir die meeste gemeenskappe in die land. Ons moet dus baie moeite doen om te verseker dat beheerliggame, veral in arm gemeenskappe, die ondersteuning ontvang wat hulle nodig het om sterk en lewensvatbaar te word. Die Ministerie van Onderwys het 'n belang daarby om te verseker dat alle openbare skole se beheerliggame lede van beheerliggaamverenigings word, wat hulle in betrekkinge met die onderwysowerhede kan verteenwoordig en waardevolle tegniese steun aan hulle lede kan verleen. Ons sal bona fide ingestelde of nuwe beheerliggaamverenigings bystaan om toegang te kry tot fondse om hulle organisatoriese koste en uitreikwerk te steun.
Die skoolhoof, wat die provinsiale departement van onderwys verteenwoordig en hoof van die skool se bestuurspan is, het die uiters belangrike rol van professionele en administratiewe leierskap, en is verantwoordelik vir die standaard van leer en onderrig in die skool. Die skoolhoof moet 'n werkverhouding met die beheerliggaam smee sodat hulle saam die visie en missie van die skool in die gemeenskap kan dien. Albei partye het leiding nodig in die uitvoering van hulle onderskeie rolle. Gevolglik is dit belangrik dat die skool se leierskapspan, onder leiding van die skoolhoof, en die beheerliggaam in elke openbare skool die geleentheid gebied word om die gevoel van gemeenskaplike doel en onderlinge steun te skep.
'n Funksionerende skool is 'n ware gemeenskap in eie reg, en 'n onontbeerlike sentrum vir die brer gemeenskap se maatskaplike en kulturele behoeftes en belange. Maar om dit te verwesenlik, moet ons vrede en stabiliteit in skole en in die omgewing van skole h. Skole moet dus veilig gemaak word vir leerders, onderwysers, personeel en die publiek. Daar moet regulasies wees om toegang te beperk tot diegene wat wettige besigheid by die skool het. Skole moet skakels vorm met polisiestasies en moet by gemeenskapspolisiringsforums aansluit.
Openbare skole moet teruggewen word van diegene wat in woord en daad gewelddadig is. Dissipline kan net in toestande van vrede floreer. Die handhawing van wet en orde kan mense tot bedaring bring maar kan nie vrede bring nie. Vrede moet intern gegenereer word. In 'n samelewing wat tot geweld geneig is, moet die vreedsame beslegting van geskille verkondig en uitgelewe word in die samelewing van die skool. Waardes, moraliteit en ordentlikheid moet herstel word as die grondslag van skoollewe, en selfdissipline as die grondslag van dissiplinre kodes in die skool. Lyfstraf is strydig met die Grondwet en die Suid-Afrikaanse Skolewet. In die verlede het dit bygedra tot die kultuur van geweld in ons samelewing. Ouers, onderwysers en leerders het hulp nodig om te verstaan waarom dit verbied is, en om doeltreffender plaasvervangers te ontwikkel.
Dissipline in 'n gemeenskapskool sal vereis dat onderrig op die eerste dag van die termyn begin. Die skool moet op die regte tyd begin en sluit, van Maandag tot Vrydag, elke week van die skooljaar.
Dit sou onversoenbaar wees met die begrip "gemeenskap", asook 'n ontkenning van basiese regte, as openbare skole hulle verantwoordelikheid teenoor kinders met spesiale behoeftes en hulle ouers ontken. Openbare skole moet, per definisie, inklusiewe, humane en verdraagsame gemeenskappe wees. Die Ministerie se lank verwagte beleid oor onderwys vir leerders met spesiale behoeftes sal binnekort gereed wees vir publikasie. Skole moet bygestaan word om 'n bemagtigende omgewing te skep vir ouers wie se kinders liggaamlike gebreke of ander spesiale behoeftes het, sodat vroe identifikasie tot gepaste advies en plasing kan lei. Die gewone openbare skool in die gemeenskap moet hulle verwelkom en vir hulle voorsiening maak in die grootste mate wat met die belange van sulke kinders versoenbaar is.
'n Mobilisasie ter ondersteuning van die idee van 'n gemeenskapskool sal 'n hupstoot wees vir die Kultuur van Leer, Onderrig en Diens (KLOD)-veldtog, ontwikkelingsprogramme vir die hele skool en 'n nuwe program wat president Mbeki van stapel gestuur het om vennootskappe vir skoolverbetering te smee met swak funksionerende maar goed gemotiveerde openbare skole.
Prioriteit 4: Ons moet toestande van fisiese agteruitgang in Suid-Afrikaanse skole beindig.
Hoewel die regering meer as R1 miljard tot die Nasionale Skoolbouprogram bygedra het, het hy seker twaalf keer soveel nodig om die agterstande wat in die Skoolregister van Behoeftes gedentifiseer is, uit te wis. Dit is heeltemal buite die bereik van die normale begrotings van provinsiale onderwysdepartemente, wat die afgelope jare skerp afnames ondervind het in die fondse wat aan skoolgeboue en dienste toegewys is.
Desondanks moet miljoene skoolkinders in demokratiese Suid-Afrika as gevolg van omstandighede hulle fundamentele reg op basiese onderwys uitoefen in toestande van liederlikheid en agteruitgang. Duisende skole is in 'n swak fisiese toestand, en baie is gevaarlik en nie vir menslike gebruik geskik nie. Honderde skole het nie water op die terrein nie, geen sanitasie nie of net rudimentre en ontoereikende toilette. Sulke toestande bedreig die gesondheid van leerders en onderwysers, en plaas 'n radikale beperking op die maatskaplike en onderwysaktiwiteite van die skool. Dit is onmoontlik om met selfvoldaanheid hieraan te dink. Die situasie roep om regstelling.
Ek sal elke geleentheid benut om voorspraak te doen vir die prioriteit van openbare besteding aan die vervanging van gevaarlike en vervalle skole en die verskaffing van water en sanitasiedienste waar dit nie bestaan nie. Die gebiede en skole waar die nood die hoogste is, sal geprioritiseer en geteiken moet word, in samewerking met die provinsiale onderwysdepartemente. Dit kan 'n groot projek wees onder die nuwe Gentegreerde Landelike Ontwikkelingsprogram wat deur president Mbeki aangekondig is, in vennootskap met ander staatsdepartemente, provinsiale owerhede, parastatale liggame en NRO's. Die voorsiening van water en sanitasie aan skole bied ruimte vir 'n arbeidsintensiewe gemeenskapsgebaseerde projek. My Departement het met die eerste beplanningswerk begin.
Prioriteit 5: Ons moet die professionele gehalte van ons onderwyserskorps ontwikkel.
Al die getuienis wat aan my verskaf is, toon dat daar 'n werklike onbehaaglikheid in die onderwyserskorps van hierdie land is, ondanks die ho vlakke van professionele diens wat onderwysers in skole dwarsoor die land lewer.
Die verskaffing van onderwysers in skole onder apartheid het tot twee ernstige maatskaplike verwringings gelei. Die een was die uiterste ongelykheid in leerder-opvoeder-verhoudings wat gehandhaaf is deur ongelyke begrotingstoewysings gegrond op rasse- en etniese diskriminasie. Dit is bitter ongelukkig dat onderwysers die spit moet afbyt van 'n proses van rasionalisasie wat, vir die eerste keer, onderwysers billik aan skole toewys volgens kurrikulumbehoeftes. Daar is egter goeie vooruitsigte vir werksekerheid vir alle gekwalifiseerde en geregistreerde onderwysers wat tans in diens is, en 'n terugkeer na stabiele personeelvoorsiening in ons skole.
Die tweede ernstige verwringing was die rasbepaalde kwalifikasiestruktuur, gekoppel aan rasbepaalde geleenthede vir opleiding, wat meegebring het dat swart onderwysers oor die algemeen minder goed gekwalifiseer is as ander onderwysers. Hierdie swakker gekwalifiseerde onderwysers gee ook, hoofsaaklik, onderrig in skole met swak fasiliteite, ontoereikende leerhulpbronne, groter isolasie van stedelike sentrums, en karige of geen professionele steundienste.
Die professionele ontwikkeling van onderwysers, gekombineer met doeltreffende professionele steundienste, die doeltreffende verskaffing van leersteunmateriaal, 'n mobilisasieveldtog om die skool die sentrum van die gemeenskapslewe te maak, en die progressiewe uitskakeling van onmenslike fisiese toestande in skole sal 'n groot uitwerking h op onderwysers se moreel en die gehalte diens wat hulle lewer.
Die Ministerie van Onderwys sal die hoogste prioriteit verleen aan die ontwikkeling en implementering van 'n langtermynplan vir onderwyserontwikkeling, sowel voordiens as indiens, ter ondersteuning van uitkomsgebaseerde onderwys en beter standaarde van onderrig. President Mbeki het dit bo aan sy lys van regeringsverbintenisse in die onderwys geplaas. Spesiale aandag sal gegee moet word aan die dwingende bewyse dat die land 'n kritieke tekort aan onderwysers in wiskunde, wetenskap en taal ondervind, en aan die vereistes van die nuwe inligtings- en kommunikasietegnologie.
Ten einde erkenning te verleen aan uitstaande onderwysers op alle vlakke van die stelsel, sal ek 'n Nasionale Onderwysertoekenningskema instel na oorleg met die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders, die nasionale onderwysvakbonde en die provinsiale onderwysdepartemente.
Ek sal ook prioriteit verleen aan die opstel van 'n groenskrif oor professionele standaarde in die onderwys, as deel van die proses om die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders in staat te stel om sy volle plek in te neem as 'n statutre professionele liggaam met werklike invloed op die gehalte van dienslewering.
Al hierdie maatrels sal help om die identiteit van die onderwyser in die Suid-Afrikaanse samelewing reg te stel. Die jare van diskriminasie, onderdrukking, stryd en demokratiese oorgang het hulle tol geis op onderwysers in alle gemeenskappe. Dit is tyd om die waardigheid van die onderwysprofessie te hervestig, aangesien onderwysers op hulle beste deurslaggewende agente van verandering en groei in ons skole en gemeenskappe is.
Prioriteit 6: Ons moet die sukses van aktiewe leer deur uitkomsgebaseerde onderwys verseker.
Die regering en die Minister van Onderwys verleen volledig steun aan die nuwe nasionale kurrikulumraamwerk gegrond op die konsep van uitkomsgebaseerde onderwys. Kurrikulum 2005 verteenwoordig ons beste hoop om die afbrekende erfenis van die apartheid-era se leerteorie en verouderde onderrigpraktyke te verander.
Dit is belangrik om te erken watter skade oor die dekades aangerig is deur 'n benadering tot onderwys wat in wese outoritr was en weinig of geen ruimte gelaat het nie vir die ontwikkeling van kritiese kapasiteit of die krag van onafhanklike denke en ondersoek. Uitkomsgebaseerde onderwys is 'n benadering waarby ingesluit is die kapasiteit van leerders om vir hulself te dink, uit die omgewing te leer en te reageer op wyse leiding deur onderwysers wat waarde heg aan kreatiwiteit en selfgemotiveerde leer.
Hoewel hy hierdie benadering sonder voorbehoud steun, sal die Ministerie van Onderwys hom verset teen oorywerige pogings uit enige oord om uitkomsgebaseerde onderwys in 'n nuwe ortodoksie met skriftuurlike gesag te omskep. Daar sal geen mistifikasie wees nie van 'n benadering tot leer en onderrig wat in wese bevrydend en skeppend is.
Ek het die Departement van Onderwys opdrag gegee om 'n spoedige opname te maak van die implementering van uitkomsgebaseerde onderwys, met die oog op die fasering van die invoering van nuwe grade. 
Ek het ook as 'n teikenprestasie-aanwyser bepaal dat alle kinders teen die ouderdom van nege jaar of die einde van Graad 3 vaardigheid in lees, skryf en syfergeletterdheid moet h. Die Departement van Onderwys sal advies inwin oor die gepaste formulering van hierdie standaard en die wyse van implementering daarvan. Dit is noodsaaklik om 'n sterk steunstelsel vir die nuwe kurrikulumraamwerk daar te stel. Die Departement werk aan gepaste sleuteltoetse van leerprestasie in Grade 6 en 9.
Daar word ten volle besef dat die sukses van die implementering van die nuwe benadering geheel en al afhang van die mate waarin onderwysers behoorlik voorberei is om dit met begrip te fasiliteer, en van die beskikbaarheid van gepaste leersteunmateriaal in die skole.
Dit was uiters ongelukkig dat die beginjaar van Kurrikulum 2005 (1998) saamgeval het met die krisis in provinsiale begrotingsbestuur, met die gevolg dat die voorbereiding van die meeste provinsiale onderwysdepartemente ernstig in die wiele gery of selfs ontwrig is. In 1998 en ook in 1999 het nuwe materiaal om die kurrikulum te steun, die skole laat in die jaar bereik, ten spyte van president Mandela se opdrag.
Die spesifikasie, bestelling, aflewering en retensie van leersteunmateriaal is 'n kritieke faktor in die huidige krisis van skoolonderwys, waarvoor oplossings dringend gekry moet word. 'n Besigheidsoorsig van die hele proses in al nege provinsies nader voltooiing. Ek het opdrag gegee dat die resultate aan sowel die Minister van Finansies as myself bekend gemaak word, sodat doeltreffende opvolgwerk met die minimum vertraging oorweeg kan word. Die teiken dat alle skole hulle materiaal voor die eerste skooldag moet ontvang, is nie onderhandelbaar nie. Ons sal maniere kry om te verseker dat provinsiale onderwysdepartemente bemagtig word om dit te laat gebeur.
Dit is belangrik om te verseker dat die groot bedrae wat elke jaar vir leersteunmateriaal nodig is, oordeelkundig bestee word en die tipe waarde vir geld bied wat pas by ons omstandighede as 'n middelinkomsteland met 'n meerderheid arm burgers. Ek het gevolglik gelas dat 'n studie gemaak word van die koste van die produksie van leersteunmateriaal, na oorleg met die uitgewers en verskaffers.
Die retensie van boeke in skole is 'n uiters belangrike faktor om koste laag te hou en die leerproses te bevorder. Alle ouers, skoolhoofde en beheerliggame moet bewus gemaak word van hulle verantwoordelikhede om te verseker dat hierdie aspek van dissipline streng afgedwing word, met gepaste strawwe. Ek loof die Congress of South African Students vir Operasie Mazibuye, wat daarop gemik is om voorspraak en oorreding op skool- en gemeenskapsvlak te gebruik om dieselfde resultaat te behaal vir sowel skoolboeke as ander skooleiendom wat van skole ontvang is. Hierdie veldtog verdien totale steun.
Prioriteit 7: Ons moet 'n lewenskragtige stelsel van verdere onderwys en opleiding skep om jeugdiges en volwassenes toe te rus om in die maatskaplike en ekonomiese behoeftes van die 21ste eeu te voorsien.
Verdere onderwys en opleiding (VOO), soos die naam impliseer, is die na-verpligte sektor wat hor onderwys voorafgaan. Dit sluit in onderwys in senior sekondre skole, tegniese kolleges, gemeenskapskolleges en jeugkolleges, en baie opleiding op hierdie vlak deur werkgewers in die handel en nywerheid. Private voorsieners is baie aktief op hierdie gebied, en hulle sal onderworpe wees aan regulering ingevolge die Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998.
As 'n brug tussen algemene onderwys en hor onderwys of indiensneming is dit 'n uiters belangrike sektor vir jongmense en volwassenes wie se formele onderwys kort geknip is. Die beleid is bepaal en die wetgewing is aangeneem. Ons moet nou oorgaan tot implementering, in noue samewerking met die Departement van Arbeid en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, aangesien die instelling van die Sektorowerhede vir Onderwys en Opleiding opwindende geleenthede vir instellings vir verdere onderwys en opleiding skep.
Daar bestaan 'n dringende behoefte om alle VOO-programme te hersien in die lig van gemeenskappe se maatskaplike en ekonomiese behoeftes in die 21ste eeu. Taalprogramme, wiskunde en wetenskap, en inligtings- en kommunikasietegnologie is prioriteitgebiede vir hersiening.
Dit is noodsaaklik dat die VOO-sektor so toeganklik as moontlik moet wees vir volwasse leerders wat hulle opvoeding nie kon voortsit nie as gevolg van armoede of gebrek aan geleentheid. Die sektor moet vir homself die doel stel om toonaangewende praktisyns te word in die evaluering en erkenning van vroere leer, wat informeel of deur ondervinding opgedoen is, sodat bekwame en ervare volwassenes toegelaat kan word tot programme waaruit hulle voordeel kan trek.
Werk aan die vervanging van die Senior Sertifikaat-eksamen deur 'n Verdere Onderwys- en Opleidingsertifikaat sal so vinnig moontlik verder gevoer word. Intussen is dit noodsaaklik dat faalveilige meganismes ingestel word om die sekuriteit van die huidige Senior Sertifikaat-eksamenproses te waarborg en die geringste moontlikheid van misdadige manipulasie van die punte deur enigiemand te voorkom. Die Suid-Afrikaanse Sertifiseringsraad (SAFSERT) het opdrag ontvang om die uitslae onafhanklik te sertifiseer voordat dit deur provinsiale eksamenowerhede aan die publiek bekend gemaak word. Ek sal wysigende wetgewing vanjaar by die Parlement indien om die verantwoordelikhede van hierdie belangrike statutre liggaam duidelik te stel en te verseker dat daar in die toekoms geen onsekerheid oor sy rol sal wees nie.
Prioriteit 8: Ons moet 'n rasionele, naatlose horonderwysstelsel implementeer wat voorsiening sal maak vir die intellektuele en professionele uitdagings vir Suid-Afrikaners in die 21ste eeu.
Die land is van die horonderwysstelsel afhanklik om in sy behoefte aan hovlakmannekraghulpbronne te voorsien en die enjin te wees vir die skepping van nuwe kennis en innovasie, en vir kritiese gesprekvoering. In die lig van die omvang van ons ander prioriteite is dit onwaarskynlik dat beduidende bykomende hulpbronne vir hor onderwys beskikbaar sal wees. Hierdie sektor ontvang reeds 14 persent van die onderwysbegroting, 'n syfer wat heeltemal in ooreenstemming is met internasionale besteding op hierdie gebied.
Dit is egter belangrik dat befondsingsvlakke vir hierdie sektor volgehou word, terwyl instellings doeltreffender en verantwoordbaar word vir die benutting van hulle intellektuele, infrastrukturele en finansile hulpbronne.
Net soos skole moet ook ons universiteite, technikons en kolleges lewendige sentrums van gemeenskaps- en kultuurlewe word.
Hulle moet 'n veilige en geborge omgewing bied wat gunstig is vir die bevordering van hulle missie van onderrig en leer, kundigheid en navorsing, en gemeenskapsdiens. Geweld van enige aard en veral geweld teen vroue sal nie geduld word nie. Koshuise van universiteite en technikons moet weer veilige leer- en leefruimtes word, veral vir vrouestudente.
Ek is baie bly om te kan meld dat die studenteleierskap in hor onderwys, oor 'n bre politieke spektrum, hulself verbind het tot vrede en stabiliteit in hierdie sektor.
Ek verwag van horonderwysbestuurders om hulle instellings op 'n verantwoordelike en inklusiewe wyse te bestuur, wat beteken dat hulle in goeie trou betrokke moet raak by oorlegpleging met studenterade en personeelverenigings. Mits hulle dit doen, verwag ek van studente- en personeelliggame om alle plaaslike middele op hulle eie kampusse te benut voordat hulle dit oorweeg om hulle na die Minister te wend.
Insgelyks verwag ek van instellings se beheerrade om rekenskap te gee van hulle wetlike en fidusire verantwoordelikhede. Ek is ernstig oor die verantwoordelikheid om sekere lede in elke instelling se raad te benoem. Ek sal die aanstelling en prestasie van sulke Ministerile benoemdes in onskou neem, en ek verwag van hulle 'n verslag oor hulle bydrae tot goeie beheer in hierdie instellings.
Die vorm en grootte van die horonderwysstelsel kan nie aan toeval oorgelaat word nie as ons die visie van 'n rasionele, naatlose horonderwysstelsel wat op die behoeftes van studente van alle ouderdomme en die intellektuele uitdagings van die 21ste eeu ingestem is, wil verwesenlik.
Die institusionele landskap van hor onderwys sal as 'n saak van dringendheid hersien word in samewerking met die Raad vir Hor Onderwys. Hierdie landskap is grootliks deur die geopolitieke verbeelding van apartheidsbeplanners voorgeskryf. Soos ons beleidsdokumente dit duidelik stel, is dit uiters belangrik dat die missie en posisie van horonderwysinstellings weer ondersoek word met verwysing na sowel die strategiese plan vir die sektor as die onderwysbehoeftes van plaaslike gemeenskappe en die nasie as geheel in die 21ste eeu.
Hierdie ingewikkelde en moeilike taak sal waarskynlik aanleiding gee tot samesmeltings tussen sommige instellings, en besluite om die missie van ander te verander. Dit is goed bekend dat instellings dit baie moeilik vind om self sulke besluite te neem. Mits die ondersoek deeglik gedoen is en daar ten volle en in goeie trou oorleg gepleeg is, sal ek nie aarsel om die nodige stappe met die nodige spoed te doen nie.
Ek is verbind tot die oordeelkundige en volle ontwikkeling van die openbare horonderwysstelsel. Ek sal nie aan die onbedoelde benadeling van hierdie stelsel of van die openbare belang meedoen nie, wat meegebring is deur 'n te ruim vertolking van die regulasies vir die registrasie van private horonderwysinstellings. Die snelle vermeerdering van sulke instellings, plaaslik sowel as transnasionaal, het deel geword van die ontplooiende Suid-Afrikaanse horonderwyslandskap, soos wat ook in ander lande gebeur het. Dit moet nou streng maar oordeelkundig gereguleer word, in ooreenstemming met die Grondwet. Ek sal 'n dringende ondersoek laat instel na die maatstawwe en prosedures vir registrasie ingevolge die Wet op Hor Onderwys, 1997. Ek sal ook internasionale advies inwin oor die bestuur van die private, korporatiewe en "grenslose" horonderwysverskynsel en die verhouding daarvan tot die strategiese beplanning van mensehulpbronontwikkeling.
Inskrywingsyfers by openbare horonderwysinstellings het die afgelope paar jaar afgeneem. Die redes daarvoor moet beter verstaan word. Die langtermynvolhoubaarheid van individuele instellings en die stelsel as geheel vereis dat groei op 'n beplande en verantwoordelike wyse bevorder moet word. As deel van die deurlopende beplanningsproses sal ek alle universiteite en technikons versoek om my in te lig oor hulle innameteikens vir die jaar 2000 en die werwingstrategie om hierdie teikens te bereik. Dit moet insluit 'n verbintenis tot die werwing van volwasse leerders en die toepassing van prosedures vir die erkenning van vroere leer.
Hoewel die studentesamestelling van horonderwysinstellings oor die afgelope paar jaar beduidend verander het om die demografiese werklikhede van die brer samelewing beter te weerspiel, kan dieselfde nie ges word nie van die samestelling van die akademiese personeel in hor onderwys, wat steeds grootliks wit en manlik is. Ek sal baie aandag gee aan die bevordering van groter personeelbillikheid in die stelsel deur middel van 'n ondersoek na die diensvoorwaardes van personeel en verwante aangeleenthede. Instellings moet uitgedaag word om teikens te stel om progressief groter verteenwoordiging van vroue en swart akademiese personeel te verkry, as deel van hulle institusionele planne.
Die horonderwysstelsel sal ook 'n sentrale rol moet speel in die opbou van kapasiteit vir die onderwysstelsel as geheel. In die besonder moet sy hulpbronne gemobiliseer word om gehalte voordiens- en indiens-onderwyseropleiding en die bou van kapasiteit vir onderwysbestuur te ondersteun. Ons fakulteite en skole vir opvoedkunde het 'n uitsonderlike geleentheid om onderwysbeleid en -praktyk dwarsdeur die onderwysstelsel te steun deur navorsing, kritiese besinning en innovasie.
Ek is daartoe verbind om 'n responsiewe horonderwysstelsel van ho gehalte op te bou. Ons het baie om te doen. Ek sal universiteite, technikons en kolleges versoek om bewyse aan my voor te l om te toon dat hulle inderdaad op pad na die 21ste eeu is.
 
Prioriteit 9: Ons moet die MIV/vigs-krisis dringend en doelgerig hanteer in en deur die onderwys- en opleidingstelsel.
Dit is die prioriteit onderliggend aan alle prioriteite, want as ons nie slaag nie, sal ons toekoms vol lyding en verlies wees, met eindelose gevolge vir ons gemeenskappe en die onderwysinstellings wat hulle dien.
Die Ministerie van Onderwys sal met die Ministerie van Gesondheid saamwerk om te verseker dat die nasionale onderwysstelsel sy deel doen om die epidemie te stuit en om te verseker dat die regte van alle mense wat met die MI-virus besmet is, ten volle beskerm word.


WAT IS DIE AFRICAN NATIONAL CONGRESS?


* Die ANC is 'n nasionale bevrydingsbeweging. Dit is in 1912 gestig om Afrikane te verenig en die stryd om fundamentele politieke, sosiale en ekonomiese verandering te lei. 
* Vir nege dekades het die ANC die stryd teen rassisme en verdrukking gelei, deur middel van georganiseerde massa-teenstand, die mobilisering van die internasionale gemeenskap en die opneming van die gewapende stryd teen apartheid. 
* Die ANC het in die 1994-verkiesing 'n groot demokratiese deurbraak gemaak, toe dit 'n ferm mandaat gekry het om 'n nuwe demokratiese Grondwet vir Suid-Afrika te beding. Die nuwe Grondwet is in 1996 aanvaar. 
* Die ANC is in 1999 weer tot die nasionale en provinsiale regering verkies met 'n vergrote mandaat. 
* Die beleid van die ANC word bepaal deur die lede, en die leierskap doen rekenskap aan die lede. 
* Lidmaatskap van die ANC is oop vir alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18 jaar, ongeag ras, kleur of geloof, wat die beginsels, beleid en programme van die ANC onderskryf. 
WAT IS DIE OOGMERKE EN DOELSTELLINGS VAN DIE ANC?
* Die ANC se hoofdoelstelling is om 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing te skep. 
* Dit behels die bevryding van Afrikane in die besonder en swartmense in die algemeen van politieke en ekonomiese onderdrukking. Dit behels die opheffing van die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners, veral die armes. 
* Die stryd om hierdie oogmerk te bereik, staan bekend as die Nasionale Demokratiese Revolusie. 
WAARDEUR WORD ANC-BELEID GELEI?
Die Vryheidsmanifes, wat in 1955 deur die Congress of the People aanvaar is, bly steeds die basiese beleidsdokument van die ANC.
Die Vryheidsmanifes verklaar dat:
* * Die mense sal regeer 
* * Alle nasionale groepe gelyke regte sale h 
* * Die mense sal deel in die land se rykdom 
* * Die grond gedeel sal word tussen die mense wat dit bewerk 
* * Almal sal gelyk voor die reg wees 
* * Almal sal gelyke menseregte geniet 
* * Daar werk en sekuriteit sal wees 
* * Die deure van onderwys en kultuur sal oop wees 
* * Daar huise, sekuriteit en gerief sal wees 
* * Daar vrede en vriendskap sal heers 
In 1994 het die ANC die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) aanvaar as die basiese beleidsraamwerk wat die ANC sou lei in die transformasie van Suid-Afrika. Die sleutelprogramme van die HOP is:
* om in basiese behoeftes te voorsien 
* om ons menslike hulpbronne te ontwikkel 
* om die ekonomie op te bou 
* om die staat en samelewing te demokratiseer 
WAT BETEKEN DIE SIMBOLE VAN DIE ANC?
* Die ANC-vlag bestaan uit gelyke horisontale bane van swart, groen en goud. Die swart simboliseer die mense van Suid-Afrika wat geslagte lank geveg het vir vryheid. Die groen simboliseer die grond, wat ons mense eeue lank onderhou het en waarvan hulle verwyder is deur koloniale en apartheidsregerings. Die goud verteenwoordig die minerale en ander natuurlike rykdom van Suid-Afrika, wat aan al die mense behoort, maar gebruik is om net 'n klein rasse-minderheid te bevoordeel.
  
* Die logo bevat 'n spies en 'n skild wat die vroe versetoorlo teen koloniale oorheersing, die gewapende stryd van die ANC se voormalige gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, en die ANC se voortdurende stryd teen rasse-voorreg en verdrukking verteenwoordig. Die wiel dateer terug tot die veldtog vir die Congress of the People, wat die Vryheidsmanifes aanvaar het, en herdenk die gesamentlike vryheidstryd van al Suid-Afrika se gemeenskappe. Dit is 'n simbool van die sterk nie-rassige tradisies van die ANC. Die vuis wat die spies vashou, verteenwoordig die krag van 'n volk wat verenig is in die stryd om vryheid en gelykheid.
  
* Die ANC se strydkreet, "Amandla ngawethu" of "Matla ke arona" beteken "mag aan die mense", wat die sentrale eis van die ANC weerspiel dat die mense moet regeer. Dit is 'n stelling van die ANC se verbintenis om populre demokrasie op te bou en te versterk, en die aktiewe betrokkenheid van die mense in die stryd om hul lewens te verbeter. 
WAT IS DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN 'N ANC-LID?
Die waardes en beginsels van 'n ANC-lid sluit die volgende in:
* nederigheid en 'n selflose verbintenis tot die stryd om 'n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing; 
* besorgdheid oor die wil en belange van die mense, wat vasgevang word in die beginsels van Batho Pele - mense eerste; 
* 'n verbintenis om die beginsels van die beweging en die besluite van die kollektief te implementeer. 
Daar word van ANC-lede verwag om:
* aan 'n ANC-tak te behoort, ledegeld te betaal en te help om die ANC uit te bou; 
* aktief deel te neem aan die bespreking, formulering en implementering van ANC-beleid en -programme; 
* die besluite van die betrokke strukture van die beweging te aanvaar en te verdedig; 
* die eenheid van die ANC en die demokratiese beweging te versterk en om korrupsie, nepotisme en faksievorming te beveg; 
* te stry teen rassisme, stam-chauvinisme, seksisme, godsdienstige en politieke onverdraagsaamheid of enige vorm van diskriminasie; 
* deurlopend op hoogte te bly van politieke en ander ontwikkelings, en hul eie vermons op te bou as deel van 'n proses van lewenslange onderrig; 
* in voeling te bly met die mense en 'n aktiewe rol te speel in gemeenskapsake; 
* op 'n voorbeeldige wyse op te tree in die alledaagse lewe, en nie verantwoordelike posisies te misbruik vir selfverryking of persoonlike voordeel nie. 
WAT IS DIE STRUKTURE VAN DIE ANC?
* Die tak is die basiese eenheid van die ANC, waar lede deelneem aan ANC-aktiwiteite en politieke besprekings. Die tak staan aan die voorpunt van die gemeenskap, dien hul belange, druk hul strewes uit en mobiliseer hulle om saam te werk vir plaaslike ontwikkeling. Elke tak verkies 'n Tak- Uitvoerende Komitee by 'n Algemene Jaarvergadering.
  
* Die Streek- Uitvoerende Komitee (SUK) word elke tweede jaar deur die verteenwoordigers van die takke in die streek verkies op 'n Streekskonferensie.
  
* Die Provinsiale Uitvoerende Komitee (PUK) word elke drie jaar deur die verteenwoordigers van die takke in die provinsie verkies op 'n Provinsiale Konferensie.
  
* Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) is die hoogste orgaan van die ANC tussen konferensies, en is belas daarmee om die organisasie te lei. Dit word elke vyf jaar op die Nasionale Konferensie verkies. Die NUK verkies 'n Nasionale Werkskomitee (NWK) uit hul geledere om die werk van die organisasie op 'n dag-tot-dag basis te kordineer.
  
* Die Nasionale Konferensie, wat elke vyf jaar plaasvind, is die hoogste besluitnemingsliggaam van die ANC. Takverteenwoordigers maak ten minste 90 persent van stemgeregtigde afgevaardigdes op die Nasionale Konferense uit. 'n Nasionale Algemene Raad (NAG) word tussen Nasionale Konferensies byeengeroep om die programme van die beweging te evalueer.
  
* Die ANC Vroueliga tree as 'n outonome liggaam binne die algehele struktuur van die ANC op. Die oogmerk van die Vroueliga is om vroueregte te beskerm en te versterk teen alle vorms van verdrukking, en om toe te sien dat vroue 'n volle rol in die lewe van die organisasie vervul. Die Vroueliga is oop vir alle vroue wat ANC-lede is.
  
* Die ANC Jeugliga tree ook as outonome liggaam op, met die doel om jongmense te verenig en te lei ten einde probleme wat die jeug in die gesig staar, aan te spreek, en om toe te sien dat die jeug 'n volle en ryke bydrae tot die werk van die ANC lewer. Lidmaatskap van die Jeugliga is oop vir almal tussen die ouderdomme van 14 en 35 jaar. 
WAT IS DIE DRIELEDIGE ALLIANSIE?
Die ANC is in 'n alliansie met die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) en die Congress of South African Trade Unions (Cosatu). Elke alliansie-vennoot is 'n onafhanklike organisasie met sy eie grondwet, lidmaatskap en programme. Die Alliansie is gebou op 'n gesamentlike verbintenis tot die oogmerke van die Nasionale Demokratiese Revolusie, en die noodsaaklikheid om die grootste moontlike deursnit van Suid-Afrikaners te verenig rondom hierdie oogmerke.
WAAR OM DIE ANC TE VIND
ANC-takke is in elke stad, dorp en stat in Suid-Afika te vinde. Die ANC het 'n nasionale hoofkantoor, nege provinsiale kantore en verskeie streekskantore. 
 

'n Sensus in ons skole
 
Gedurende September/Oktober sal kinders oral in Suid-Afrika deelneem aan 'n opwindende projek, CensusAtSchool.
 
CensusAtSchool word behartig deur Statistieke Suid-Afrika, ons amptelike statistiek-liggaam, en die Departement van Onderwys.  Die projek sal onderwysers en leerders betrek, wat in hulle klaskamers sal saamwerk.  Kinders sal onder leiding van onderwysers inligting oor hulleself, hulle skool en hulle huisomgewing insamel.  Die inligting wat ingesamel word, sal 'n belangrike deel van 'n nasionale en internasionale databasis word, met soortgelyke inligting uit lande soos die Verenigde Koninkryk en Australi, wat met 'n soortgelyke projek besig is.
 
Hierdie inligting sal gebruik word om leermateriale te ontwikkel om leerders soos u kind te help om statistieke en die manier waarop hulle gebruik kan word, te verstaan.  CensusAtSchool sal kinders ook help om te verstaan hoe belangrik die nasionale bevolkingsensus, wat in Oktober plaasvind, is.  Hierdie jaar se bevolkingsensus staan bekend as Sensus 2001.
 
Wat is 'n bevolkingsensus?
In Suid-Afrika word daar elke vyf jaar 'n bevolkingsensus gehou.  Gedurende die sensus word elke persoon in die land getel en word daar inligting ingesamel oor hoe mense lewe en waar hulle woon.  Hierdie inligting (wat statistici "data" noem) word deur staatsdepartemente, plaaslike owerhede en beplanners gebruik om te besluit waar hulpbronne die nodigste is.
 
Dit beteken dat inligting wat in die bevolkingsensus ingesamel word, gebruik word om te besluit waar skole en klinieke gebou moet word, watter gebiede beter vervoer nodig het, en waar water in pypleidings, en elektrisiteit voorsien moet word.  Data wat in die bevolkingsensus ingesamel word, word ook gebruik om te besluit waar hulpbronne vir landelike ontwikkeling, stedelike opgradering en die verligting van armoede aangewend moet word.
 
Hoekom aan Sensus 2001 deelneem?
*          Fondse vir u gemeenskap.  Deur aan die sensus deel te neem, sal u u gemeenskap help om die befondsing te verkry wat vir dienste en ontwikkeling nodig is.
*          Rampbestuur.  Sensusinligting sal gesondheidsverskaffers help om die verspreiding van siektes soos cholera te voorspel.  In die geval van vloede sal sensusinligting help dat reddings- en nooddienste weet waar die hulp die dringendste benodig word en hoeveel mense hulp nodig het.
*          Verbeterde dienste.  Sensusdata wys vir beplanners waar nuwe skole, klinieke en maatskaplike dienste nodig is.
*          Laat die regering vir jou werk.  Sensus 2001 is 'n goeie manier om ons leiers te vertel wie ons is en wat ons nodig het.  Inligting uit die sensus word gebruik om te help besluit waar staatsfondse bestee word.
*          Help jou gesin.  Sensusgetalle sal die regering help om programme en dienste vir die onmiddellike toekoms te beplan en te implementeer.  Data uit die sensus l ook die grondslag vir beplanning in die toekoms.  U n u kinders sal by beter langtermynbeplanning baat.
 
Wanneer is Sensus 2001?
Mense wat spesiaal in diens geneem en opgelei is om inligting in te samel en wat as sensusopnemers bekend staan, sal u huishouding tussen 10 en 31 Oktober 2001 besoek.
 
As u meer inligting oor CensusAtSchool wil h, skakel ons tolvrye nommer 0800 201 402;  skryf vir ons by Privaat Sak X44, Pretoria, 0001;  besoek ons webterrein by www.censusatschool.org.za of stuur vir ons e-pos by censusatschool@statssa.pwv.gov.za
AANHEF

In die lig van: 
* die huidige diskriminasie teen persone met VIGS of MIV, en teen hulle metgeselle, families en versorgers; 
* die gevaar dat die groei van die epidemie in Suid-Afrika sal lei tot 'n toename in onregverdige en irrasionele behandeling van diegene wat deur VIGS en MIV geraak word; 
* die wenslikheid daarvan dat alle Suid-Afrikaners 'n groter bewussyn en kennis van VIGS en MIV ontwikkel; en 
* die noodsaak aan gesamentlike optrede deur alle Suid-Afrikaners om die verspreiding van MIV te stuit, 
sit hierdie handves die basiese regte, asook sekere verpligtinge, uiteen waaroor alle mense beskik of wat hulle behoort te geniet, en wat nie ontneem mag word van persone met MIV of VIGS nie.
1    VRYHEID, SELFSTANDIGHEID, PERSOONLIKE SEKURITEIT EN VRYHEID VAN BEWEGING 
1.1    Persone met MIV of VIGS het dieselfde regte op vryheid en selfstandigheid, persoonlike sekuriteit en vryheid van beweging as die res van die bevolking.
1.2    Geen beperking moet geplaas word op die vrye beweging van persone binne en tussen verskillende state op grond van MIV of VIGS nie.
1.3    Skeiding, afsondering of kwarantyn van persone in tronke, skole, hospitale of elders bloot op grond van VIGS of MIV is onaanvaarbaar.
1.4    Persone met MIV of VIGS is geregtig op selfstandige besluite oor trou en kinders kry, alhoewel oorligting en berading oor die gevolge van hulle besluite vooraf verskaf moet word.
2 VERTROULIKHEID EN PRIVAATHEID 
2.1   Persone met MIV of VIGS het die reg op vertroulikheid en privaatheid wat betref hulle gesondheid en MIV-status.
2.2   Inligting oor 'n persoon se MIV-status mag nie bekend gemaak word, behalwe as dit deur die wet vereis word, sonder die betrokke persoon se toestemming nie, en na die dood, nie sonder die toestemming van sy of haar familie of metgesel nie, behalwe in gevalle waar 'n identifiseerbare individu se ewensbelange sonder twyfel bedreig of minag word.
3 TOETSE 
3.1   MIV-teenliggaamtoetse mag slegs gedoen word wanneer ongedwonge en ingeligte toestemming verkry is, behalwe in geval van ongekoppelde, naamlose epidemiologiese toetsprogramme.
3.2   Naamlose en vertroulike MIV-teenliggaamtoetse met berading daarvoor en daarna moet vir almal beskikbaar wees.
3.3   Persone wat MIV-positief toets, moet toegang h tot deurlopende ondersteuning en gesondheidsdienste.
4 ONDERRIG OOR VIGS EN MIV 
4.1   Alle persone het die reg op behoorlike onderrig en volledige inligting oor MIV en VIGS, asook die reg op volle toegang tot, en inligting, oor voorsorgmaatrels.
4.2   Openbare onderrig met die spesifieke doel om diskriminasie teen persone met MIV en VIGS uit te skakel, moet verskaf word.
5 WERK 
5.1   MIV moet nie die grondslag van toetse voor indiensname, of van weiering van indiensname van enige persoon wees nie.
5.2   MIV of VIGS regverdig nie opsigself beindiging van indiensname, afgradering, oorplasing of diskriminasie by die werksplek nie.
5.3   Die blote feit dat 'n werknemer MIV-positief is, of VIGS het, hoef nie aan die werkgewer bekendgemaak te word nie.
5.4   Daar bestaan geen dwangbevel of magtiging waarvolgens daar van bestaande werknemers verwag kan word om MIV-toetse te ondergaan nie.
5.5   Inligting en onderrig oor MIV en VIGS, asook toegang tot berading, moet verskaf te word in die werksplek na behoorlike konsultasie met verteenwoordigers van die werksgroepe.
6 GESONDHEID- EN ONDERSTEUNINGSDIENSTE 
6.1   Persone met MIV of VIGS het die reg op behuising, kos, sosiale sekuriteit, mediese bystand en welsyn gelykstaande aan alle lede van ons samelewing.
6.2   Redelike verblyf in openbare dienste en fasiliteite moet verskaf word aan diegene wat deur MIV en VIGS geaffekteer is.
6.3   Die bron van 'n persoon se infeksie mag nie die basis wees van diskriminasie by die verskaffing van gesondheidsdienste, fasiliteite of medikasie nie.
6.4   MIV of VIGS moet nie 'n basis skep vir diskriminasie deur mediese fondse en dienste nie.
7 MEDIA 
7.1   Persone met MIV of VIGS het die reg om regverdig behandel te word deur die media, met die inagneming van sy/haar reg op privaatheid en vertroulikheid.
7.2   Die publiek het die reg om ingelig te wees en om gebalanseerde dekking of aanbieding of inligting en onderrig te kry oor MIV en VIGS
8 VERSEKERING
Persone met MIV en VIGS en diegene wat moontlike risikogevalle is, moet beskerm word teen arbitrre diskriminasie wanneer versekeringsaangeleenthede ter sprake is.
9 GESLAG EN SEKSUELE MAATS 
9.1   Alle persone het die reg om daarop aan te dring dat hulle of hulle seksmaat die nodige voorsorgmaatrels tref om die oordrag van MIV te verhoed.
9.2   Die besondere weerlose posisie van vroue in hierdie verband moet erken en aangespreek word, so ook die weerlose posisie van die jeug en kinders.
10 GEVANGENES 
10.1    Gevangenes met MIV moet dieselfde standaard behandeling en sorg kry as ander gevangenes.
10.2    Gevangenes met VIGS moet toegang tot spesiale sorg h wat gelykstaande is aan die van ander gevangenes wat ernstig siek is.
10.3    Gevangenes moet dieselfde toegang tot onderrig, inligting en voorsorgmaatrels h as die res van die bevolking.
11 GELYKE BESKERMING DEUR DIE REG EN TOEGANG TOT OPENBARE VOORDELE 
11.1    Persone met VIGS en MIV moet gelyke toegang h tot openbare voordele en geleenthede, en MIV-toetse moet nie as voorwaarde gestel word om hierdie voordele te geniet nie.
11.2   Openbare maatreels moet aanvaar word om mense met MIV of VIGS te beskerm teen diskriminasie ten opsigte van die werksplek, behuising, onderrig, kindersorg en die verskaffing van mediese, sosiale en welsynsdienste.
12 VERPLIGTINGE VAN PERSONE MET MIV OF VIGS 
Persone met MIV of VIGS het die verpligting om die regte, gesondheid en fisiese integriteit van andere te respekteer en om die nodige stappe te neem om dit, waar nodig, te verseker.

Inleiding

WAT PRESIES IS n' DOMAIN NAAM? 

Soos 'n telefoon nommer is 'n domain naam 'n unike identiteit wat na 'n spesifieke plekkie op die Wreldwye Web wys. Elke rekenaar op die Internet het sy eie unike numeriese Internet Protokol adres bv. 131.215.3.29 . Hierdie nommers is egter nie verbruikers vriendelik nie en gee geen aanduiding van wat op die betrokke bladsy is nie. 'n Domain naam is 'n 'mnemonic' wat nie net makliker is om te onthou nie maar dit gee jou ook 'n idee van wat op die betrokke werf bevat. Dit is makliker om ou-boeke.co.za te onthou as wat dit is om 121.202.7.23 te onthou. Indien u 'n boek versamelaar is sal dit u 'n goeie idee gee dat die werf interessante inligting mag bevat wat u dalk kan interesseer. 
Domain name werk soos die teenoorgestelde van telefoon skakelkodes. Die eerste gedeelte van die naam verwys na 'n spesifieke werf, die tweede na 'n algemene kategorie en die derde is die land waar tie werf geregistreer is se kode. Bv. absa.co.za verwys na ABSA bank se werf, terwyl die (co) aandui dat dit 'n kommersiele werf in Suid-Afrika (za) is. 
Ooral oor die internet is daar Domain Naambedieners, rekenaars wat die domain naam neem en hom met die verwante Internet protokol adres sal assosieer. Dit voer dan die adres deur na u rekenaar sodat u met die gevraagde werf kan komunikeer. 

WAT IS DIE NUT VAN DIE REGISTRASIE VAN 'n DOMAIN NAAM?

Maatskappye spandeer jaarliks miljoene rande aan die opbou van name, handelsmerke en die beeld wat daarmee geassosieer word. Dit maak sin om die naam te registreer en sodoende stel dit u in staat om die handelsmerk te beskerm en u kan Internet Kliente'n Domain Naam gee waarmee hulle vertroud is. 
Veral in die geval waar 'n maatskapynaam 'n generiese woord is, wat meerdoelige gebruike en verskillende betekinisse het. Dit is 'n kragtige handelsmerk wat meeste mense dadelik aan aan hul databasis sisteme koppel, ongelukkig het die maatskapy nie 'n monopolie oor die naam nie en kan dit deur enige iemand geregistreer word. 
Dit het dan ook al gebeur dat maatskappye die persoon wat so 'n naam geregistreet het 'n aansienlike bedrag aangebied het om die Doamin Naam by hom oortekoop. 
In die geval van welbekende geregistreerde handelsmerke mag dit lei tot regs stappe teen die oorspronklike Domain Eienaar om besit van die Domain Naam. Dit kan litigasie tot gevolg h wat 'n duur en tydsame prosess is. Vergelyk dit met die koste verbonde aan die registrasie van 'n Suid-Afrikaanse co.za domain, 'n skamele R200 (twee honderd rand) vir die eerste jaar en daarna R50 (vyftig rand) per jaar. 

HOE REGISTREER EK MY DOMAIN NAAM?

Alhoewel dit vir enige persoon moontlik is om 'n Domain Naam direk by die administreerders van die spesifieke domain te registreer, beveel ons die mense aan om van die dienste van 'n Internet Diensverskaffer (ISP) gebruik te maak. 
Om 'n Domain Naam te registreer is die eerste stap om deel te wees van die grootste ontwikkelende mark. 'n Geregistreerde Domain Naam is niks anders as 'n adres nie. Sou mense die webwerf 'n paar keer besoek en aniks andersas 'Onder Konstruksie' sien nie is daar 'n baie groot moontlikheid dat hulle nie sommer weer die werf gaan besoek nie. Internet Diensverskaffers is proffesionele mense wat leiding bied deur die registrasie proses en advies gee oor al die aspekte van die opstel van 'n profesionele, aantreklike en suksesvolle webwerf. 

MAG EK ENIGE DOAMIN NAAM KIES?
Wat is 'n naam? Tegnies gesproke kan 'n naam gevorm word deur die letters van die aflabet (a-z), die syfers (0-9) en die koppelteken (-), daar is egter 'n beperking van dertig karakters op 'n Domain Naam. Die tegniese limiet is 256 karakters maar om praktiese redes het ons dit tot dertig beperk. 
Dit is belangrik om te onthou dat 'n domain naam gebruik kan word as deel van 'n URL om toegang tot u web werf of e-pos adres te kry. Dieselfde riglyne en reels geld hetsy die domain vir besigheids of persoonlike doeleindes gebruik word. 
Hier is 'n hipoteties voorbeeld: Ek het die familiebesigheid 'Michael Salibas en Seuns' oorgeneem. Die besigheid bestaan al 'n hele paar jaar en het sover 'n groeiende klinte basis opgebou. Ek het besluit om 'n Domain Naam te registreer en 'n web werf op te stel. 
Ek het die volgende opsies: www.michaelsalibasenseuns.co.za f www.mss.co.za. e kenteken op my besigheisdkaartjies en briefhoofde is MSS, gedruk in 'n netjiese vloeiende blou skrif met 'n rooi lyn wat deur die letters gaan. Hoekom? Dit vang die oog en is maklik on te onthou. Die selfde reel geld vir 'n domain naam. Mense sal eerder 'n kort, bondige naam soos www.mss.co.za onthou as 'n lang, eentonige naam soos www.michaelsalibasenseuns.co.za. 
So terloops, die naam www.mss.co.za is reeds geregireer en behoort aan 'Medical System Support (Pty) Ltd', d.w.s ek sou met 'n ander naam moes opkom. 
HOE KAN EK SIEN OF 'N DOMAIN NAAM BESKIKBAAR IS?

Ons stel voor dat u sodra u op 'n domain naam besluit het, dit eers nagaan op ons WHOIS SERVER op ons tuisbald http://co.za deur die naam in die blou blokkie in te tik en dan Sodoende kan u sien of die naam veilig is om te gebruik en of hy alreeds geregistreer is. Indien die naam beskikbaar is sal die volhende op u skerm verskyn. navaraa oor domain naam www.tomjones.co.za 


The CO.ZA simple whois server
Your query has generated the following reply:- 

Search on tomjones (.co.za)
Match: Zero
    Nothing matched - this should mean that
         the name is safe to use...
		


Indien die domain reeds geregistreer is sal die web werf 'n ander resultaat vertoon. Die WHOIS Bedienaar sal ook die kontak besonderhede van die betrokke domain vertoon. Hier is die resultaat vandie naam www.jones.co.za. 


The CO.ZA simple whois server
Your query has generated the following reply:- 

Search on jones (.co.za)
Match: One

		Domain: jones.co.za


		


WAAR KAN EK 'n AANSOEK VORM KRY? 

Nadat 'n domain naam gekies is en u weet dat hy beskikbaar is moet u die AANSSOEK VORM. 
Die aansoek vorm is beskikbaar op op ons tuisblad http://co.za. Neem kennis dat dit nie gekoppel is nie en na u hardeskyf geskryf moet word. 
Dit word gedoen deur op 'FILE' te kliek en dan 'SAVE AS'. Kies dan die vakkie (of gids vir al die nie-Windows gebruikers) waarheen die vorm geskryf moet word en kliek op 'SAVE'. Die dokument se naam kan veranderword maar ons raai dit af. Dit is beter om die naam te los soos hy daar staan. 

WATSE INLIGTING BENODIG EK OM DIE VORM TE VOLTOOI? 

Die kontak besonderhede van domain eienaar, tegniese kontak, administratiew kontak en domain naam word vereis. Die kontak besonderhede sluit die pos adresse, telefoon nommers en e-pos adresse in asook die e-pos adres van die organisasie of persoon wat vir die vereffening van rekeninge verantwoordelik is. 
Daar is twee basiese maniere waarop 'n domain geregistreer kan word. Die domain naam kan of deur ISP of Gasheer Organisasie / maatskapy gehuisves word. Die alternatiewe opsie is om die domain te alias no 'n reeds bestaande domaain naam. 
In die u die domain onmiddelik wil gebruik sal ons u aanraai om met 'n ISP of Gasheer organisasie / maatskappy in verbinding te tree i.v.m die huisvesting van die domain. Die oorgrote meerderheid van die ISPs of Gasheer organisasies / maatskappye voltooi die registrasei vorm vir die klint. Indien die ISP of Gasheer organisasie / maatskappy vereis dat die klint self die vorm moet voltooi en e-pos, moet die klint die naam Bediener besonderhede van die ISP af kry en seker maak dat die Domain naam wel op die naam bedieners van ISP opgestel is. 
Indien die domain naam gereserveer word met die doel om dit op 'n later stadium te gebruik, kan 'n pennaam (cnaam) beskikbaar gestel word vir die nuwe domain. Tot twee penname kan onder die nuwe domain naam ingebring word. Die cnaam noet egter 'n aktiewe domain naam wees. Let asseblief daar op dat u nie 'n domain naam met 'n amperrele web spasie verwar nie. Byvoorbeeld www.geocities.com is 'n domain naam; www.geocities.com/mike is 'n amperrele web spasie. 

Government Gazette
Vol. 399
Pretoria 8 September 1998
No. 19231

-

Regulasiekoerant No. 6290

-

GOEWERMENTSKENNISGEWING
SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIES -OWERHEID
NO. R 1127
8 September 1998

-

REGULASIES INGEVOLGE DIE WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIES-OWERHEID, 1995
(WET NO. 58 VAN 1995)
Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasies-Owerheid het kragtens artikel 14 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasies-Owerheid, 1995 (Wet No. 58 van 1995), met die goedkeuring van die Minister van Onderwys en in oorleg met die Minister van Arbeid, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

BYLAE
HOOFSTUK 1: ALGEMENE BEPALINGS
1. Woordomskrywing 
HOOFSTUK 2: ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGSLIGGAME
2. Akkreditering 
3. Kriteria vir akkreditering van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame 
4. Sertifikaat van akkreditering 
5. Uitbreiding van akkreditering 
6. Herroeping van akkreditering 
7. Lidmaatskap van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings- liggame 
8. Ontruiming van amp deur lede van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam 
9. Funksies van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam 
HOOFSTUK 3: REGLEMENT VAN ORDE EN FINANSIERING VAN DIE BEDRYWIGHEDE VAN ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGS-LIGGAME
10. Finansiering van bedrywighede van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam
Reglement van orde 
HOOFSTUK 4 : VERSKAFFERS VAN ONDERWYS EN OPLEIDING
11. Reglement van orde 
12. Akkreditering van verskaffers 
13. Kriteria vir akkreditering van verskaffers 
14. Sertifikaat van akkreditering as verskaffer 
15. Uitbreiding van akkreditering van verskaffers 
16. Voorlopige akkreditering van verskaffers 
17. Herroeping van akkreditering van verskaffers 
HOOFSTUK 5 : MODERERINGSLIGGAME
18. Aanstelling van modereringsliggame 
19. Briewe van aanstelling as modereringsliggame 
20. Funksies van modereringsliggame 
21. Beindiging van aanstelling van modereringsliggame 
HOOFSTUK 6 : PROFESSIONELE LIGGAME EN EKSAMINERINGSLIGGAME
22. Insluiting van professionele liggame en eksamineringsliggame in standaardvasstelling, kwaliteit-versekering en moderering 
HOOFSTUK 7 : DIVERSE BEPALINGS
23. Appl prosedure 
24. Kort titel 
BYVOEGSEL
Reglement van Orde vir Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame


HOOFSTUK 1 :
ALGEMENE BEPALINGS
Woordomskrywing
1. In hierdie regulasies het enige woord of uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet toegeken is sodanige betekenis en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken - 
"akkreditering" die sertifisering, gewoonlik vir 'n spesifieke tydperk, dat 'n persoon, liggaam of instelling oor die vermo beskik om 'n spesifieke funksie uit te voer in die kwaliteit-versekeringsisteem wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid ingevolge die Wet ingestel is;
"assessor" die persoon wat deur die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam ooreenkomstig kriteria wat vir di doel deur 'n Standaard Ontwikkelingsliggaam ingestel is, geregistreer is om die sukses van gespesifiseerde Nasionale Kwalifikasiesraamwerk standaarde of kwalifikasies te meet, en "konstituerende assessor" het 'n ooreenstemmende betekenis;
"belanghebbend" om te behoort aan die omskrewe of gedelegeerde belangegroep van 'n organisasie of liggaam bedoel in hierdie regulasies;
"geregistreerde standaarde" standaarde of kwalifikasies wat op die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk geregistreer is;
"kwaliteit-bestuursisteem" die kombinasie van prosesse wat gebruik word om te verseker dat die gespesifiseerde graad van uitnemendheid bereik is;
"kwaliteit-oudit" die proses van ondersoek van die aanwysers wat die graad van uitnemendheid wat bereik is, aandui;
"kwaliteit-versekering" die proses waardeur verseker word dat die gespesifiseerde graad van uitnemendheid bereik word;
"moderering" die proses wat verseker dat die assesering van die uitkomste beskryf in Nasionale Kwalifikasiesraamwerk standaarde of kwalifikasies, regverdig, geldig en betroubaar is;
"modereringsliggaam" 'n liggaam deur die Suid Afrikaanse Kwalifikasies-owerheid aangestel vir die spesifieke doel van moderering;
"Nasionale Standaardeliggaam" 'n liggaam wat ingevolge artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet geregistreer is, wat verantwoordelik is vir die instelling van onderwys-en-opleidingstandaarde of kwalifikasies en waaraan spesifieke funksies met betrekking tot die registrasie van nasionale standaarde of kwalifikasies ingevolge artikel 5(1)(b)(i) van die Wet toegeken is;
"Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam" 'n liggaam wat ingevolge artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet geakkrediteer is, wat verantwoordelik is vir die monitering en ouditering van prestasies ingevolge nasionale standaarde of kwalifikasies en waaraan spesifieke funksies met betrekking tot die monitering en ouditering van nasionale standaarde of kwalifikasies ingevolge artikel 5(1)(b)(i) van die Wet toegeken is;
"primre fokus" daardie aktiwiteit of doelwit in die sektor waarop 'n organisasie of liggaam sy pogings konsentreer;
"professionele liggaam" 'n statutre liggaam wat as sodanig geregistreer is ingevolge die wetgewing wat op sodanige liggame van toepassing is, of 'n vrywillige liggaam wat die funksies beoog in die wetgewing vir sodanige liggame uitvoer maar nie as sodanig geregistreer is nie;
"sektor" 'n omskrewe deel van sosiale, kommersile of opvoedkundige aktiwiteite wat gebruik word om die grense van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam voor te skryf;
"Standaarde Ontwikkelingsliggaam" 'n liggaam wat ingevolge artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet geregistreer is, wat verantwoordelik is vir die daarstelling van onderwys-en-opleidingstandaarde of kwalifikasies en waaraan spesifieke funksies met betrekking tot die instelling van nasionale standaarde of kwalifikasies ingevolge artikel 5(1)(b)(i) van die Wet toegeken is;
"terrein" 'n spesifieke leergebied wat as 'n organiseringsmeganisme vir die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk gebruik word;
"uitkomste" die kontekstueel gedemonstreerde eindprodukte van die leerproses;
"verskaffer" 'n liggaam wat leerprogramme aanbied wat in spesifieke standaarde of kwalifikasies van die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk kulmineer, en wat die assesering daarvan bestuur;
"voorwaardelike registrasie" die registrasie van 'n private inrigting vir hor onderwys soos gespesifiseer in die Wet op Hor Onderwys, 1997(No.101 van 1997); en
"Wet" die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasies-owerheid, 1995 (Wet No. 58 van 1995).


HOOFSTUK 2
ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGSLIGGAME
Akkreditering
2. (1) Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame moet in elke sektor deur die Owerheid geakkrediteer word vir die doel van monitering en ouditering van prestasies ingevolge nasionale standaarde of kwalifikasies, en aan wie spesifieke funksies aangaande die monitering en ouditering van nasionale standaarde of kwalifikasies ingevolge artikel 5(1)(b)(i) van die Wet opgedra moet word. 
(2) In 'n sektor waar geen Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam geakkrediteer is nie of waar 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteits-versekeringsliggaam versuim om sy verantwoordelikhede na te kom, en waar die Owerheid dit nodig ag, moet die Owerheid die funksies en verantwoordelikhede wat normaalweg aan 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam toegeken word, onderneem.
(3) 'n Organisasie of groep van organisasies wat verlang om as 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam geakkrediteer te word, moet in een van die volgende sektore ingestel wees :
a. 'n Sosiale sektor; 
b. 'n Ekonomiese sektor; of 
c. 'n Onderwys-en-opleiding subsisteem sektor. 
Kriteria vir akkreditering van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame
3. (1) 'n Organisasie of groep van organisasies wat 'n sektor beoog in regulasie 2(3) verteenwoordig en wat aan die kriteria vir akkreditering as 'n Onderwys-en-op-leiding Kwaliteit-versekeringsliggaam aangedui in subregulasie (2) voldoen, kan by die Owerheid aansoek doen om akkreditering as 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam. 
(2) So 'n organisasie moet aantoon dat -
a. daar 'n behoefte bestaan om 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam in te stel in die sektor waarin hy verlang om te funksioneer; 
b. hy 'n primre fokus vir sy kwaliteit-versekeringsaktiwiteite het wat gebaseer is op sy verbintenis met die gedentifiseerde sektor en die gedentifiseerde missie van daardie sektor; 
c. hy nie die funksies of gedeeltes van funksies van 'n bestaande Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam dupliseer nie, tensy die Owerheid sodanige duplisering of gedeeltelike duplisering nodig ag; 
d. hy die vermo het om die funksies wat deur die Owerheid aan hom opgedra word, te verrig; 
e. hy oor genoegsame hulpmiddele beskik om gedurende die tydperk van akkreditering lewensvatbaar te wees; 
f. hy 'n kwaliteit-bestuursisteem het wat insluit, maar nie beperk is nie tot- 
i. (i) kwaliteit-bestuursbeleid wat die kwaliteit omskryf wat die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam verlang om te bereik; 
ii. (ii) kwalileit-bestuursprosedures wat die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam in staat stel om sy omskrewe kwaliteit-bestuursbeleid uit te voer; en 
iii. (iii) hersieningsmeganismes wat verseker dat die omskrewe kwaliteit-bestuursbeleid en prosedures toegepas word en effektief bly; 
g. die funksie van eksterne kwaliteit-versekering apart en onafhanklik is van die funksie van voorsiening van onderwys en opleiding; 
h. ten opsigte van die kwaliteit-versekeringsfunksie, hy nasionale insethouer-verteenwoordiging op besluitnemingsvlak het, welke verteenwoordiging openbare aanspreeklikheid en deursigtigheid moet verseker; en 
i. sy aktiwiteite die doelwitte van die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk gaan bevorder. 
(3) 'n Organisasie wat akkreditering as 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam verlang, moet skriftelik aanvaar -
a. die reg van die Owerheid om te eniger tyd die aktiwiteite van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam te ondersoek en sy kwaliteit-bestuursbeleid en prosedures te hersien; 
b. die reg van die Owerheid om leiding aangaande die aktiwiteite van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam te verskaf; en 
c. die reg van lede van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam om die Owerheid direk te nader aangaande aangeleenthede wat die doeltreffendheid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam benvloed: Met dien verstande dat redelike stappe om sodanige aangeleenthede op te los op die vlak van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam gedoen is. 
Sertifikaat van akkreditering
4. (1) Elke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet by akkrediteing deur die Owerheid met 'n sertifikaat van akkreditering uitgereik word. 
(2) Die sertifikaat van akkreditering moet die spesifieke standaarde of kwalifikasies waarvoor akkreditering toegeken is, aandui: Met dien verstande dat sodanige standaarde of kwalifikasies tot die primre fokus van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam beperk is, tensy 'n uitbreiding van akkreditering ingevolge regulasie 5 verleen is.
(3) Elke geakkrediteerde Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet in die eerste kalendermaand van die derde jaar van akkreditering en elke derde jaar daarna, 'n verslag aan die Owerheid voorl wat die redes verskaf waarom die akkreditering behou moet word, en die resultate aandui wat deur die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam in die voorafgaande twee jaar bereik is.
Uitbreiding van akkreditering
5. (1) 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam wat die uitbreiding van sy akkreditering verlang om standaarde of kwalifikasies in te sluit wat nie deur die Owerheid beskou word om in sy primre fokus te wees nie, moet 'n aansoek te dien effekte by die Owerheid indien, wat sy vermo aantoon om die kriteria vir sodanige akkreditering ingevolge regulasie 3(1) en (2) te bereik. 
(2) By die toestaan van die uitbreiding moet die sertifikaat van akkreditering dienooreenkomstig gendosseer word.
Herroeping van akkreditering
6. Die akkreditering van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam kan herroep word indien hy, na die oordeel van die Owerheid, versuim om sy funksies bevredigend te verrig. 
Lidmaatskap van Onderwys-en-opleidng Kwaliteit-versekeringsliggame
7. Die lede van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet daardie lede van 'n organisasie of groep van organisasies wat geakkrediteer is as 'n Onderwys-en-op-leiding Kwaliteit-versekeringsliggaam wees wat in daardie liggaam aangestel is deur sodanige organisasie of groep van organisasies wat aan die vereistes van regulasie 3(2) voldoen. 
Ontruiming van amp deur lede van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam
8. Die voorsitter of enige lid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam bedoel in regulasie 7 ontruim sy of haar amp indien - 
a. sy of haar boedel gesekwestreer word of hy of sy 'n skikking met sy of haar skuldeisers aangaan; 
b. hy of sy ingevolge een of ander wet as 'n geestelik ongestelde persoon aangehou word; 
c. hy of sy sonder die verlof van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam afwesig is van drie opeenvolgende vergaderings van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam; 
d. hy of sy by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam bedank; 
e. hy of sy, gedurende die loop van sy of haar ampstermyn, skuldig bevind word aan 'n misdryf en tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis word; of 
f. hy of sy, na die oordeel van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggaam, versuim om sy of haar verantwoordelikhede na te kom. 
Funksies van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam
9. (1) 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet - 
a. belanghebbende verskaffers akkrediteer vir spesifieke standaarde of kwalifikasies wat op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk gerigestreer is; 
b. kwaliteit tussen belanghebbende verskaffers bevorder; 
c. verskaffing deur belanghebbende verskaffers monitor; 
d. assesering en fasilitering van moderering tussen belanghebbende verskaffers evalueer; 
e. belanghebbende assessors vir spesifieke geregistreerde standaarde of kwalifikasies registreer ingevolge die kriteria wat vir hierdie doel vasgestel is; 
f. verantwoordelikheid aanvaar vir die sertifisering van belanghebbende leerders; 
g. saamwerk met die relevante liggaam of liggame wat aangestel is om regoor Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame te modereer, met inbegrip van , maar nie beperk nie tot, die moderering van kwaliteit-versekering ten opsigte van gespesifiseerde standaarde of kwalifikasies waarvoor een of meer Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggame geakkrediteer is; 
h. nuwe standaarde of kwalifikasies aanbeveel aan Nasionale Standaardeliggame vir oorweging, of veranderings aan bestaande standaarde of kwalifikasies aanbeveel aan die Nasionale Standaarde-liggame vir oorweging; 
i. 'n data-basis in stand hou wat vir die Owerheid aanvaarbaar is; 
j. verslae aan die Owerheid voorl, in ooreenstemming met die vereistes van die Owerheid; en 
k. die ander funksies verrig wat van tyd tot tyd deur die Owerheid aan hom opgedra word. 
(2) 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam, in die uitvoering van sy funksies -
a. moet voldoen aan regulasies 2 tot 12 van die Regulasies vir Nasionale Standaardeliggame (R.452 van 28 Maart 1998, Staatskoerant No. 18787); 
b. kan geselekteerde funksies beoog in subregulasie (1) opdra aan 'n belanghebbende verskaffer of ander liggaam met die voorafgaande goedkeuring van die Owerheid, maar mag nie sy verantwoordbaarheid teenoor die Owerheid opdra nie; en 
c. indien hy kragtens 'n ander Parlementswet ingestel is om 'n enkel-gekordineerde sisteem van meervoudige-kwalifikasie verskaffers te bestuur, moet die funksie van registrasie van belanghebbende assessors beoog in subregulasie (1)(e) aan sy verskaffers opdra indien hulle kwaliteitbestuursisteem die monitering van hierdie funksie insluit en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid in kennis gestel is. 


HOOFSTUK 3 
REGLEMENT VAN ORDE EN FINANSIERING VAN DIE BEDRYWIGHEDE VAN ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGSLIGGAME
Finansiering van bedrywighede van Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame
10. (1) 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam wat verlang om 'n ooreenkoms met die Owerheid te bereik aangaande gelde wat gehef of kwytgeskeld kan word kragtens die magte wat deur die Owerheid gedelegeer is aan die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam, moet 'n besigheidsssplan voorl wat die doelwitte aandui wat bereik moet word in die verslagtydperk wat normaalweg drie jaar is, en wat 'n finansile begroting moet insluit. 
(2) Die finansile plan beoog in subregulasie (1) moet die voorgestelde gelde aandui wat gehef of kwytgeskeld kan word en die effek van sodanige voorstelle op die bereiking van die doelwitte van die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk, met besondere verwysing na die fasilitering van toegang tot, en mobiliteit en vordering binne, onderwys, opleiding en loopbane.
Reglement van orde
11. Elke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam word, wanneer hy as sodanig funksioneer, beheer deur sy reglement van orde wat moet voldoen aan die Riglyne vervat in die Byvoegsel tot hierdie Regulasies. 


HOOFSTUK 4
VERSKAFFERS VAN ONDERWYS EN OPLEIDING
Akkreditering van verskaffers
12. 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam kan op aansoek 'n liggaam wat aan die vereistes beoog in regulasie 13 voldoen, as 'n verskaffer akkrediteer. 
Kriteria vir akkreditering van verskaffers
13. 'n Liggaam kan as 'n verskaffer geakkrediteer word deur 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam wie se primre fokus met die primre fokus van die verskaffer ooreenstem: Met dien verstande dat die liggaam wat akkreditering verlang - 
a. as 'n verskaffer ingevolge die toepaslike wetgewing geregistreer is ten tyde van die aansoek om akkreditering; 
b. 'n kwaliteit-bestuursisteem het wat insluit, maar nie beperk is nie tot - 
1. kwaliteit-bestuursbeleid wat dit wat die verskaffer verlang om te bereik, omskryf; 
2. kwaliteit-bestuursprosedures wat die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit- 
3. versekeringsliggaam in staat stel om sy omskrewe kwaliteit-bestuursbeleid uit te voer; of 
4. hersieningsmeganismes wat verseker dat die omskrewe kwaliteit-bestuursbeleid en -prosedures toegepas word en effektief bly; 
c. in staat is om leerprogramme wat in spesifieke geregistreerde standaarde of kwalifikasies kulmineer, te ontwikkel, te voorsien en te evalueer; 
d. die - 
i. nodige finansile, administratiewe en fisiese hulpbronne het; 
ii. beleid en praktyke vir personeelkeuring, -beoordeling en -ontwikkeling het; 
iii. beleid en praktyke vir leerder toetrede, leiding en ondersteuningsisteme het; 
iv. beleid en praktyke vir die bestuur van buite-werksperseel praktiese of werksperseel komponente het; 
v. beleid en praktyke vir die bestuur van assesering het; 
vi. nodige rapporteringsprosedures het; en 
vii. vermo het om die verlangde uitkomste te bereik, deur die gebruikmaking van beskikbare hulpbronne en prosedures wat deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame nodig geag word om leerprogramme wat kulmineer in spesifieke geregistreerde standaarde of kwalifikasies beoog in paragraaf (c) te ontwikkel, te voorsien en te evalueer; en 
e. nog nie akkreditering verleen is deur, of aansoek gedoen het om akkreditering by, 'n ander Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam beoog in regulasie 2 nie. 
Sertifikaat van akkreditering as verskaffer
14. (1) Elke geregistreerde verskaffer moet tydens akkreditering met 'n sertifikaat van akkreditering deur die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uitgereik word, welke sertifikaat deur die Owerheid gendosseer moet word, en moet aandui - 
(a) dat dit 'n belanghebbende verskaffer van die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam is; en
(b) die standaarde of kwalifikasies waarvoor akkreditering verleen is.
(2) Elke geakkrediteerde verskaffer moet, in die eerste kalendermaand van die vyfde jaar vanaf akkreditering en elke daaropvolgende vyfde jaar, 'n verslag aan die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam voorl wat die redes verskaf waarom die akkreditering behou moet word, en die resultate aandui wat deur hom in die voorafgaande vier jaar bereik is.
Uitbreiding van akkreditering van verskaffers
15. (1) 'n Geakkrediteerde verskaffer wat die uitbreiding van sy akkreditering verlang om standaarde of kwalifikasies wat nie deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-ver-sekeringsliggaam waarby hy geakkrediteer is, beskou word om in sy primre fokus te wees nie, moet 'n aansoek te dien effekte aan die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam waarby hy geakkrediteer is, voorl waarin sy vermo aangetoon word om aan die kriteria vir sodanige uitbreiding van akkreditering te voldoen. 
(2) Die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam waarby sodanige verskaffer geakkrediteer is, moet met die instemming van die Owerheid die uitbreiding van akkreditering wat verlang word via die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam met primre fokus op die standaarde of kwalifikasies waarvoor aansoek gedoen is, rel : Met dien verstande dat -
a. die kriteria vir sodanige akkreditering beoog in regulasie 13 nagekom is; 
b. assessors wat geregistreer is by die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam waarby die verskaffer geakkrediteer is, die assesering uitvoer van die geregistreerde standaarde of kwalifikasies waarvoor uitbreiding verlang word; of 
c. assessors wat geregistreer is by die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam met primre fokus op die standaarde of kwalifikasies waarvoor aansoek gedoen is, die assesering uitvoer. 
(3) Die Owerheid moet, in oorleg met die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-verseke-ringsliggaam van primre fokus beoog in subregulasie (2), verseker dat die kriteria vir akkreditering beoog in regulasie 13 vir die gespesifiseerde standaarde of kwalifikasies nagekom word.
(4) Die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam waarby die verskaffer wat aansoek doen om die uitbreiding van akkreditering geakkrediteer is, bly die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam van primre fokus nadat die uitbreiding van akkreditering toegestaan is.
(5) By die toestaan van die uitbreiding moet die sertifikaat van akkreditering soos beoog in regulasie 14(1)(b) gendosseer word.
Voorlopige akkreditering van verskaffers
16. (1) Indien die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam by wie aansoek om akkreditering gedoen word, van oordeel is dat 'n geregistreerde verskaffer of 'n verskaffer wat voorwaardelike akkreditering verlang nie aan al die kriteria vir akkreditering voldoen nie, dan kan sodanige Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam aan sodanige verskaffer voorlopige akkreditering vir 'n ooreengekome tydperk wat nie twee jaar oorskry nie verleen, waartydens hy 'n ontwikkelingsprogram ooreengekom met die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet ondergaan, wat ontwerp is om hom in staat te stel om aan die vereiste kriteria vir akkreditering te voldoen: Met dien verstande dat die belange van die leerder, na die oordeel van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam gedurende die implementering van die ontwikkelings-program beskerm word. 
(2) Elke verskaffer moet by voorlopige akkreditering met 'n sertifikaat van voorlopige akkreditering deur die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uitgereik word, welke sertifikaat deur die Owerheid gendosseer moet word, en moet aandui -
a. dat dit 'n belanghebbende verskaffer is wat geakkrediteer is deur die betrokke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam; 
b. die standaarde of kwalifikasies waarvoor voorlopige akkreditering verleen is; en 
c. die datums waarop sodanige voorlopige akkreditering 'n aanvang neem en beindig word. 
Herroeping van akkreditering van verskaffers
17. Die akkreditering van 'n verskaffer kan herroep word indien hy na die oordeel van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam waarby hy geakkrediteer is, soos gendosseer deur die Owerheid, versuim om sy funksies bevredigend te verrig. 
(2) 'n Verskaffer kan versoek dat sy akkreditering vir spesifieke standaarde of kwalifikasies herroep word.


HOOFSTUK 5
MODERERINGSLIGGAME
Aanstelling van modereringsliggame
18. Sou die Owerheid dit nodig ag, sal dit 'n modereringsliggaam aanstel: Met dien verstande dat die liggaam - 
a. voldoen aan die addisionele kriteria van die betrokke Standaarde Ontwikkelingsliggaam wat by sy Nasionale Standaardeliggaam aanbeveel is ingevolge regulasie 24(1) van die Regulasies vir Nasionale Standaardeliggame, 1998 (R.452 van 28 Maart 1998, Staatskoerant No. 18787), en deur die Owerheid goedgekeur is; 
b. die modereringsfunksies op 'n wyse kan uitvoer wat verseker dat assesering van die uitkomste beskryf in standaarde of kwalifikasies regverdig, geldig en betroubaar is; en 
c. nasionale insethouer-verteenwoordiging op besluitnemingsvlak het, welke verteenwoordiging die belange reflekteer van diegene wat voordeel put uit, en 'n direkte belang het by, die bedrywighede van die modereringsliggaam. 
Briewe van aanstelling as modereringsliggame
19. (1) Die Owerheid kan 'n modereringsliggaam of modereringsliggame vir die tydperk en vir die standaarde of kwalifikasies wat hy nodig ag, aanstel om die uitvoering van die funksie van moderering te verseker. 
(2) Die Owerheid moet elke modereringsliggaam wat as sodanig aangestel is, uitreik met 'n brief van aanstelling wat die datum en duur van aanstelling en die standaarde of kwalifikasies wat hy moet modereer, stipuleer.
Funksies van modereringsliggame
20. Modereringsliggame moet - 
a. vasstel of asseseringsbesluite ten opsigte van spesifieke standaarde of kwalifikasies wat deur een of meer Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame gemaak is, regverdig, geldig en betroubaar is ingevolge die uitkomste wat in daardie standaarde of kwalifikasies beskryf word; 
b. aanbevelings by die Owerheid doen met betrekking tot - 
i. verbeterings vereis in die funksionering van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam; 
ii. akkreditering van 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggaam; 
iii. veranderings aan standaarde of kwalifikasies vir oorweging deur Nasionale Standaardeliggame; en  
iv. die ander aspekte wat van tyd tot tyd deur die Owerheid aangewys kan word; en 
c. die ander funksies van moderering verrig wat van tyd tot tyd deur die Owerheid vasgestel kan word. 
Beindiging van aanstelling van modereringsliggame
21. (1) Die aanstelling van 'n modereringsliggaam word outomaties beindig op die tyd en datum wat gestipuleer is in die brief van aanstelling, tensy skriftelik anders deur die Owerheid aangedui word. 
(2) Die aanstelling van 'n modereringsliggaam kan beindig word indien hy, na oordeel van die betrokke Standaarde Ontwikkelingsliggaam of Nasionale Standaardeliggaam, soos gendosseer deur die Owerheid, versuim om sy funksies bevredigend te verrig.


HOOFSTUK 6
PROFESSIONELE LIGGAME EN EKSAMINERINGSLIGGAME
Insluiting van professionele liggame en eksamineringsliggame in standaard-vasstelling, kwaliteit-versekering en moderering
22. Professionele liggame en eksamineringsliggame kan aansoek doen om - 
a. erkenning as, of lidmaatskap van, 'n Standaarde Ontwikkelingsliggaam soos beoog in regulasie 20 of 22(1) van die Regulasies vir Nasionale Standaardeliggame, 1998 (R. 452 van 28 Maart 1998, Staatskoerant No. 18787); 
b. akkreditering as 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam soos beoog in regulasie 2; en aanstelling as 'n modereringsliggaam soos beoog in regulasie 18. 


HOOFSTUK 7
DIVERSE BEPALINGS
Appl prosedure
23. (1) 'n Organisasie wat teen 'n besluit van 'n liggaam beoog in regulasies 2 en 12 wil appelleer, moet 'n geskrewe voorlegging te dien effekte, tesame met die redes vir appl, aan die Owerheid maak binne drie kalendermaande na sodanige besluit geneem is. 
(2) Indien die Owerheid 'n appl teen 'n besluit van 'n liggaam beoog in regulasies 2 en 12 handhaaf, moet daardie liggaam -
a. die besluit dienooreenkomstig wysig; 
b. die wysiging aanteken in al die betrokke dokumentasie waarin die oorspronklike besluit aangeteken was; 
c. die nodige wysigings op al die betrokke dokumentasie aanbring; en 
d. hersiene weergawes van al die betrokke dokumentasie uitreik. 
Kort titel
24. Hierdie regulasies sal heet die Regulasies op Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame, 1998. 

BYVOEGSEL
RIGLYNE VIR REGLEMENT VAN ORDE VIR ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGSLIGGAAM
WOORDOMSKRYWING
1. In hierdie Reglement, tensy uit die samehang anders blyk, beteken - 
"Komitee" enige komitee van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam;
"lid" 'n lid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam;
"Resolusie" 'n besluit van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam;
"Sekretaris" 'n lid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam aangewys vir hierdie doel;
"Uitvoerende Komitee" 'n komitee ingestel om sekere aangewese funksies namens die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uit te voer; en
"Voorsitter" die Voorsitter van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam.
LEDE VAN DIE ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGS- LIGGAAM
2. Die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam moet vir die doel van die kwaliteit-versekeringsfunksie, bestaan uit 'n Voorsitter, 'n Onder-voorsitter, 'n Sekretaris en die ander lede deur die Owerheid aangestel, onderworpe aan die vereiste dat die Voorsitter eers deur die lede van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam verkies moet word, f uit hul geledere f uit ander bronne. 
VOORSITTENDE BEAMPTES
3. Die Voorsitter van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam sit voor by vergaderings van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam. Indien die Voorsitter afwesig is van 'n vergadering moet die Onder-voorsitter voorsit. In die afwesigheid van beide, kan die aanwesige lede 'n voorsitter vanuit hulle geledere verkies om by die vergadering waar te neem. 
VERGADERINGS VAN DIE ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT- VERSEKERINGSLIGGAAM
4. Die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam vergader op die plekke en op die tye wat van tyd tot tyd by Resolusie bepaal word. 
5. Spesiale vergaderings kan volgens die diskresie van die Voorsitter bel word, of volgens die gestaafde versoek van nie minder nie as een derde van die lede, in welke geval die vergadering gehou word op 'n tyd en plek deur die Sekretaris bepaal, so gou doenlik na die ontvangs van 'n versoek. 
6. Die Voorsitter, na oorlegpleging met die Uitvoerende Komitee, het die reg om enige vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uit te stel indien dit voorkom dat die sake op die agenda nie die byeenroep van so 'n vergadering regverdig nie, met die voorbehoud dat lede minstens een week voor die datum waarop die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam sou vergader, ingelig moet word oor die uitstel en met die verdere voorbehoud dat vergaderings nie afgestel of uitgestel mag word weens toerekenbare gebeure of oorwegings buite die beheer van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam nie, tensy twee-derdes van die lede daartoe instem. 
7. Enige persoon wie se teenwoordigheid vir die doel van 'n vergadering vereis word, kan deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uitgenooi word om 'n vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam by te woon. 
8. Alle dokumentasie wat aan lede versprei word, moet op 'n wyse toepaslik tot die aard en status van die inhoud geklassifiseer word, met die verstandhouding dat dit die verantwoordelikheid van die lede is om te sorg dat sodanige dokumentasie volgens die klassifikasie hanteer word. 
KENNISGEWING VAN VERGADERINGS
9. Kennisgewing van enige vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-verseke-ringsliggaam, wat 'n agenda moet insluit van die sake wat daar oorweeg moet word, moet minstens 14 dae voor die geskeduleerde datum van die vergadering deur die Sekretaris aan elke lid en die ander persone van wie verwag word om by te woon, gestuur word aan die adres wat by die Sekretaris geregistreer is: Met dien verstande dat in die geval van spesiale vergaderings die korter geskrewe kennisgewing wat die Voorsitter besluit, maar nie minder nie as drie werksdae, gegee kan word. 
10. Die nie-ontvangs van enige kennisgewing wat behoorlik gestuur is aan die geregistreerde adres van 'n lid, raak nie die verrigtinge van enige vergadering of maak dit ongeldig nie. 
BYWONINGSREGISTER
11. Elke lid wat teenwoordig is by 'n vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit- versekeringsliggaam moet die bywoningsregister onderteken wat vir daardie doel beskikbaar moet wees. 
KWORUM
12. Een helfte van die lede, uitgesonderd die Voorsitter, maak 'n kworum uit by alle gewone vergaderings van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam. By spesiale vergaderings maak een derde van die lede van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam, uitgesonderd die Voorsitter, 'n kworum uit. 
13. Wanneer die getal lede wat op die tyd en plek bepaal vir 'n vergadering teenwoordig is, onvoldoende is om 'n kworum te vorm, moet die vergadering voortgaan, met die voorbehoud dat enige besluite wat geneem word as konsep-besluite beskou moet word en aan die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam gesirkuleer moet word vir verdere bespreking en kommentaar voor bekragtiging. 
PERSVERKLARINGS
14. Waar dit nodig geag word om persverklarings uit te reik oor aspekte met betrekking tot die bedrywighede en vergaderings van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggaam, moet hulle deur die Voorsitter van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-verseke-ringsliggaam, met die instemming van die Voorsitter van die Owerheid, uitgereik word. 
NOTULES
15. Notules moet van elke vergadering saamgestel word en vir bekragtiging voorgel word by die volgende vergadering. Die Sekretaris moet die notule saam met die kennisgewing van die volgende vergadering aan lede versprei. 
16. Notules gee nie die verrigtinge van vergaderings woord vir woord weer nie, maar is 'n opsommende rekord van die verrigtinge, Resolusies en verlangde aksies, met die voorbehoud dat enige lid oor die reg beskik om te versoek dat sy of haar spesifieke standpunt in die notules reflekteer word. 
DEBATTE VAN DIE ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGS-LIGGAAM EN STEMMING
17. By die beheer van enige vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam is die gewone rels van debattering van toepassing. 
18. Besluitneming geskied by konsensus, met die voorbehoud dat waar konsensus nie bereik kan word nie daar gestem kan word. Waar stemming nodig geag word, moet daar met hand-opsteek gestem word, tensy 'n skriftelike stemming deur enige lid versoek word, in welke geval 'n geheime skriftelike stemming gehou moet word. 
19. Die Voorsitter, wanneer hy of sy voorsit, het nie 'n beraadslagende stem nie, maar 'n beslissende stem. 
20. In die afwesigheid van die Voorsitter het die waarnemende Voorsitter (hetsy die Onder-voorsitter of 'n ander) nie 'n beslissende stem nie, maar 'n beraadslagende stem. 
21. Dit is die plig van 'n lid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam om enige geldelike belang in 'n aangeleentheid wat gedebatteer word deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam te verklaar en om aan te bied om hom- of haarself aan die debat te onttrek: Met dien verstande dat sodanige lid onttrek moet wees wanneer 'n besluit oor so 'n aangeleentheid deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam geneem word. 
22. Tensy in hierdie reglement anders bepaal word, is die besluit van die meerderheid van die lede wat teenwoordig is by 'n vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam die besluit van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggaam. Minderheidstandpunte kan op versoek van sodanige lede aangeteken word. 
23. Ondanks enige bepalings van hierdie reglement, indien enige saak tussen gewone vergaderings ontstaan wat 'n besluit van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-verseke-ringsliggaam vereis, en wat na die mening van die Voorsitter nie tot die volgende gewone vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam uitgestel behoort te word nie, kan die Voorsitter die Sekretaris magtig om 'n kennisgewing waarin die betrokke saak weergegee word, op te stel en per geregistreerde pos of koerierdiens aan elke lid te stuur, met die versoek van 'n posstem waarop 'n besluit geneem kan word. Die kennisgewing moet die tydperk spesifiseer waarin 'n posstem ingedien kan word, welke tydperk nie minder as tien dae mag wees nie vanaf die datum van afsending van die kennisgewing. Die besluit van die meerderheid van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam word beskou as die besluit van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam. Die uitslag van elke sodanige stemming moet tydens die daaropvolgende vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekerings-liggaam bekend gemaak word. 
INSTELLING VAN UITVOERENDE KOMITEE
24. 'n Uitvoerende Komitee bestaan uitsluitlik uit lede van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam en word deur hom aangestel. Dit bestaan uit die Voor-sitter en die ander lede wat bepaal en genomineer word deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam : Met dien verstande dat - 
a. sodanige Uitvoerende Komitee, onderhewig aan die opdragte van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam, die sake van die Onderwys-en-oplei-ding Kwaliteit-versekeringsliggaam tussen vergaderings moet hanteer: Met dien verstande voorts dat alle beginselsake die prerogatief van die Onderwys-en-op-leiding Kwaliteit-versekeringsliggaam is; 
b. die Voorsitter, of in die afwesigheid van die Voorsitter, die waarnemende Voor-sitter wat deur die lede verkies is, by alle vergaderings van die Uitvoerende Komitee moet voorsit; 
c. die Voorsitter by elke gewone vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam verslag moet doen oor die werk van die Uitvoerende Komitee; en 
d. 'n kworum van die Uitvoerende Komitee bestaan uit die Voorsitter plus een helfte van die lede van daardie Komitee. 
ROL VAN DIE SEKRETARIS
25. Die sekretarile werk verbonde aan die uitvoering deur die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam se funksies word, onderworpe aan die voorskrifte van die Voorsitter van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam, deur die Sekre-taris uitgevoer. 
26. Die rol van die Sekretaris is om die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam by te staan deur - 
a. 'n sekretarile funksie te voorsien; 
b. advisering aangaande administratiewe aangeleenthede; 
c. doeltreffende administratiewe diens; 
d. hulpverlening met die bestuur van projekte; en 
e. uitvoering van die ander take wat die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-verseke-ringsliggaam van tyd tot tyd kan vereis. 
WYSIGING VAN DIE REGLEMENT
27. Hierdie reglement kan met die instemming van die Owerheid aangevul of gewysig word by enige vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam deur 'n eenvoudige meerderheid van die lede wat teenwoordig is: Met dien verstande dat so 'n wysiging 'n spesifieke item op die agenda uitmaak, die teks daarvan saam met die agenda aan die lede versprei is en minstens die helfte van die lede by die vergadering aanwesig is. 
HERSIENING VAN BESLUITE VAN DIE ONDERWYS-EN-OPLEIDING KWALITEIT-VERSEKERINGSLIGGAAM
28. Aan elke besluit wat by 'n vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam geneem word, moet 'n unieke Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-ver-sekeringsliggaam-besluitnommer toegeken word, en dit word beskou as 'n Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam-besluit. 'n Lid wat verlang dat 'n besluit hersien moet word, moet 'n skriftelike kennisgewing van so 'n behoefte tesame met volle redes vir die verlangde hersiening, minstens 14 dae voor die aanvang van 'n vergadering van die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam aan die Sekretaris voorl. Sou die Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggaam die besluit wysig, moet die wysiging in die notule van die vergadering aangeteken word, die nodige wysigings aan dokumentasie gemaak word en hersiene weergawes van die dokumentasie uitgereik word. 



DIE HIV/VIGS NOODSITUASIE
DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
RIGLYNE VIR OPVOEDERS
INHOUD
BOODSKAP VAN DIE MINISTER VAN ONDERWYS
1. HIV EN VIGS: KEN DIE FEITE 
2. AGT SLEUTELBOODSKAPPE OOR VOORKOMING VAN HIV 
3. VRAE WAT OPVOEDERS OOR SEKSUALITEITONDERRIG VRA 
4. VOORKOMING VAN SIEKTE-OORDRAG IN SKOLE 
5. BOU VAN 'N BEMAGTIGENDE OMGEWING EN 'N KULTUUR VAN NIE-DISKRIMINASIE 
6. VERKLARING VAN VENNOOTSKAP TEEN VIGS deur presient Thabo Mbeki 
7. HIV/VIGS: BELANGRIKE NOMMERS 
BOODSKAP VAN DIE MINISTER VAN ONDERWYS
Geagte Vriende en Kollegas
Hierdie is 'n noodgeval
Daar is voldoende bewys dat meer as 3 miljoen mense in Suid-Afrika op die oomblik HIV het. Die siekte affekteer mans en vrouens van alle ouderdomme, beroepe en rasse, in al die provinsies.
Indien die huidige tempo van infeksie nie afneem nie, sal een uit elke vier mense in die land teen die jaar 2010 HIV h. Binne tien jaar sal die siekte reeds 'n driekwart miljoen Suid-Afrikaanse kinders wees gelaat het
Hoekom is dit besig om te gebeur?
Hierdie brosjure verduidelik die rede. Die HIV-virus versprei op verskeie maniere van persoon tot persoon, maar die algemeenste manier is deur seksuele gemeenskap wanneer een persoon genfekteer is. Die vinnige verspreiding van die siekte is hoofsaaklik daaraan te wyte dat soveel Suid-Afrikaners, veral mans, so onverskillig oor hul seksuele gedrag is.
Die meeste mense wat genfekteer word, is nie bewus daarvan dat hulle 'n draer van die HIV-virus is nie, omdat dit vir 'n baie lang tyd in die liggaam bly voordat dit die persoon siek maak. Genfekteerde mense infekteer dus ander mense sonder dat hulle weet dat hulle dit doen.
Op die oomblik is daar geen medisyne wat kan verhoed dat ons genfekteer raak nie, en daar is ook geen geneesmiddel vir HIV/VIGS, wat 'n dodelike siekte is, nie. Party geneesmiddels lyk asof hulle die liggaam in staat stel om homself teen die siekte te beskerm, maar di middels is baie duur en onbekombaar vir baie mense in ons land. Dit beteken dat die sterftesyfer as gevolg van HIV/VIGS nog steeds vinnig aan die styg is onder mans en vrouens van alle ouderdomme, veral onder seksueel aktiewe mense.
Die impak van HIV/VIGS
Baie van ons word bang as ons sien wat besig is om te gebeur. Gesinslede, familie, vriende en mense wat saam met jou werk word siek en sterf, dikwels as hulle nog baie jonk is. Mans n hul vrouens en kinders word hierdeur getref. Die mense praat nie eintlik graag oor die oorsaak van hierdie sterftes nie. Dit lyk vir hulle misterieus en voel of dit 'n skande is.
Die idee dat een uit elke vier Suid-Afrikaners deur hierdie dodelike siekte aangetas word, is te verskriklik om aan te dink. Ons kan ons nie indink wat hierdie stygende vloed van siekte en dood aan ons gesinne, ons skole, werkplekke en gemeenskappe gaan doen nie. Terwyl ons land 'n stryd voer om werk te skep en armoede te bowe te kom, is die epidemie besig om die produktiefste lede van ons samelewing te vernietig.
HIV/VIGS in die skole
Baie skole ervaar alreeds die gevolge van die epidemie namate opvoeders, leerders en lede van hul families begin siek word. Voordat die epidemie onder beheer gebring word, sal sulke gevolge nog ernstiger afmetings aanneem en meer wydverspreid voorkom. Uiteindelik sal feitlik elke opvoeder onderrig gee aan minstens 'n paar leerders wat HIV het. In die meeste personeelkamers sal daar een of meer opvoeders wees wat genfekteer is. Ander skoolwerknemers sal ook nie daarvan vrygestel wees nie.
Siekte ontwrig die leer- en onderrigproses. Gesonde opvoeders neem 'n ekstra werklas op hulle wanneer siek opvoeders afwesig is. Leerders wat siek is, raak gou agter met hul studies. As gesinslede siek word of sterf, dra die opvoeders en leerders die las. As opvoeders en leerders sterf, ly die skool onder die ontwrigting, verlies en leed. Baie skole sal lamgel word deur die impak van die siekte op personeel, leerders en hul gesinne.
Wat kan Suid-Afrikaners doen?
Die probleem lyk oorweldigend, maar ons kan iets daaraan doen. Deur saam te werk, kan ons die epidemie teenstaan en sy gevolge hanteer. Ander lande in Afrika waar die epidemie al vroer toegeslaan het, het die arbeidskrag van alle sektore van hul samelewing aangewend om die epidemie te bestry en te verhoed dat dit hul land vernietig.
Hier volg 'n paar van die lesse wat ons uit hulle ervaring kan leer: 
* Tensy ons die nodige voorsorg tref, kan enige een van ons HIV opdoen. 
Deur HIV te verstaan en versigtig en verstandig te wees in ons seksuele gedrag, kan ons voorkom dat ons genfekteer raak of dat ons ander infekteer.
* Ons moet die epidemie as 'n nasionale noodsituasie hanteer en alle organe van die samelewing inspan in die stryd teen die siekte. 
* Ons moet openlik oor HIV/VIGS praat, en te velde trek teen die onkunde, vooroordeel en verkeerde idees oor die siekte. 
* Ons moet genfekteerde en siek mense in staat stel om met waardigheid te leef en tot hul gemeenskappe by te dra vir so lank as wat dit vir hulle moontlik is. 
* Ons moet maniere vind om vir die siekes en hulpeloses in die gemeenskap te sorg, veral as die gesinseenheid oorbelas geraak het of gedisintegreer het. 
Opvoeders kan en moet help om die siekte te bekamp en sy gevolge te hanteer 
* Opvoeders moet 'n voorbeeld van verantwoordelike seksuele gedrag stel. Sodoende sal hulle hul gesinne, kollegas, leerders en hulleself beskerm. 
* Omdat opvoeders geleerd is, kan hulle die feite oor HIV/VIGS verstaan en help om die korrekte inligting oor die siekte en sy gevolge bekend te maak. 
* Feitlik elke jong persoon gaan na een of ander skool toe. Dus het opvoeders 'n gulde geleentheid om die siekte te bespreek en die jeug te help om hulself te beskerm sodat hulle nie genfekteer word, siek word of sterf nie. 
* Opvoeders kom dikwels met ouers in aanraking en kan dus die boodskap oor HIV/VIGS ver in die gemeenskap uitdra. 
* Opvoeders kan help om 'n omgewing in die werkplek te skep waar mense openlik oor hul HIV/VIGS-status kan wees sonder om vir vooroordeel of diskriminasie bang te wees. 
* Opvoeders kan kreatiewe maniere vind om hul siek kollegas en leerders by te staan en die skool 'n sentrum van hoop en versorging in die gemeenskap te maak. 
Manlike opvoeders het 'n spesiale verantwoordelikheid
Daar moet 'n einde kom aan die praktyk waar manlike opvoeders seks van skooldogters of vroulike opvoeders eis. Dit toon selfsugtige minagting vir die regte en waardigheid van vroue en jong meisies.
Om seks met leerders te h, skend die vertroue van die gemeenskap. Dit is ook teen die wet. Dit is 'n dissiplinre oortreding. En die tragiese feit vandag is dat dit help om HIV/VIGS te versprei en net ellende en hartseer vir hierdie kosbare jongmense en hul gesinne veroorsaak.
Ten slotte
Hierdie brosjure sal help om u toe te rus om u deel tot die stryd teen HIV by te dra en 'n blink toekoms vir hierdie en die volgende geslag te verseker. Lees asseblief die brosjure en praat daaroor by die huis, met u kollegas by die skool, met u beheerliggame, met u leerders, in u plekke van aanbidding, by u sportklubs, en waar u ook al sosialiseer. Indien dit nodig is dat u u seksuele gedrag verander, moet u asseblief die moed en verstand h om dit te doen.
U lewe hang daarvan af. So ook die lewens van die lede van u gesinne, u kollegas en u leerders. Vir hulle onthalwe en ter wille van die nasie, lees asseblief hierdie brosjure en tree dienooreenkomstig op.
Met my allerbeste wense.
Die uwe
Professor Kader Asmal, MP
Minister van Onderwys 
1. HIV EN VIGS: KEN DIE FEITE 
Wat is HIV?
* HIV is 'n baie klein kiem of organisme, wat 'n virus genoem word, waarmee mense genfekteer raak. Dit kan nie met die blote oog gesien word nie, maar slegs onder 'n mikroskoop. 
* HIV oorleef en vermeerder net in liggaamsvloeistowwe soos sperma, vaginale vloeistowwe, borsmelk, bloed en speeksel. Ons kan genfekteer raak alleenlik deur kontak met genfekteerde liggaamsvloeistowwe. 
* Die liggaam se natuurlike vermo om siekte te bestry, word die immuunstelsel genoem. Dit is die liggaam se weerstand teen infeksie. 
* HIV val die immuunstelsel aan en verminder die liggaam se weerstand teen allerhande soorte siektes, insluitende griep, diarree, longontsteking, tuberkulose en sekere kankers. 
* Dit is hoekom HIV die Menslike ("Human") ImmunogebreksVirus genoem word. 
* Uiteindelik maak die HIV die liggaam so swak dat die liggaam nie meer die siektes kan beveg nie en die HIV dus die dood veroorsaak. 
* Gewoonlik sterf mense tussen vyf en tien jaar nadat hulle genfekteer geraak het, maar sommige HIV-genfekteerde mense kan langer leef. 
Wat is VIGS?
* VIGS is die finale stadium van infeksie met HIV, en dit is wat veroorsaak dat die mens sterf. 
* Mense met VIGS het gewoonlik verskillende siektes tegelykertyd. Dit verskil van persoon tot persoon. 
* Die woord "sindroom" beteken dat 'n hele paar simptome tegelykertyd voorkom. Dit word gebruik om te beklemtoon dat mense met VIGS baie tekens en simptome het omdat hulle tegelykertyd aan verskillende siektes ly. VIGS is in werklikheid nie net een siekte nie. 
* VIGS staan vir Verworwe ImmuniteitsGebrek Sindroom. 
Hoe word HIV versprei?
* HIV is 'n aansteeklike siekte, maar daar is net sekere situasies waarin mense wat die virus het, dit aan ander mense kan oordra 
* Seksuele gemeenskap is die algemeenste manier waarop mense genfekteer raak, omdat die virus in sperma en vaginale vloeistof oorleef. 
* Babas van moeders met HIV kan ook genfekteer raak net voor en gedurende geboorte, of gedurende borsvoeding. 
* Die virus kan deur genfekteerde bloed versprei word as die bloed byvoorbeeld teen stukkende vel spat, of deur vriende of gesinslede wat lemmetjies, skeermesse of tandeborsels gesamentlik gebruik. 
* Dwelmverslaafdes wat naalde gesamentlik gebruik, kan mekaar infekteer. 
* Alhoewel bloed wat in bloedoortappings gebruik word, teen die virus behandel word, kan foute tog voorkom en kan bloedoortappings soms 'n oorsaak van infeksie wees. 
Wat versprei NIE die virus NIE
* U kan nie met HIV genfekteer raak deur 'n huis, lessenaar, stoel, kantoor, kar, taxi, sluitkas, telefoon, koppie, vurk, bord, beker, toilet, handdoek, beddegoed of klere te deel met iemand wat genfekteer is nie. 
* U kan nie met HIV genfekteer raak deur kos, 'n bad, 'n swembad te deel met of hande te skud met iemand wat genfekteer is nie. 
* As u iemand met HIV 'n druk of 'n soen op die mond gee, kan u nie genfekteer raak nie. 
* U kan nie deur die byt van 'n muskiet, weeluis, bosluis of vlooi wat iemand met HIV gebyt het, met HIV genfekteer raak nie. 
* U kan nie in die loop van enige normale onderwysaktiwiteite wat in 'n leeromgewing plaasvind, met HIV genfekteer raak nie. 
Wat is die simptome van HIV?
* Die meeste mense met HIV het vir 'n lang tyd geen simptome nie. Hulle lyk en voel net soos u en ek. 
* Die meeste mense met HIV voel gesond en bly produktief in hul gesinne en werkplekke vir tussen vyf en agt jaar nadat hulle met HIV genfekteer geraak het. 
* Daar is egter ander mense wat baie gou nadat hulle genfekteer is, simptome begin toon. 
* Wanneer mense met HIV simptome begin toon, beteken dit die siekte het al na VIGS toe gevorder. 
Waarvan sterf mense met HIV/VIGS dan?
* Mense met HIV/VIGS sterf dikwels van siektes soos tuberkulose of longontsteking, waarvoor hulle makliker vatbaar geword het as gevolg van die virus in hul liggame. 
* Mense wat nie HIV het nie, kry ook hierdie siektes, maar as gevolg van HIV het die aantal tuberkulose- en longontstekinggevalle geweldig gestyg. 
* As gevolg van HIV-infeksie veroorsaak tuberkulose en longontsteking vandag baie sterftes onder jongmense. 
* Driekwart van die mense met tuberkulose het vandag ook HIV. 
* Mense kan ook sterf as gevolg van baie ernstige diarree en aan sekere soorte kanker, veral bloedkankers soos limfoom en 'n velkanker genaamd Kaposi se Sarkoom. 
* Party siektes, veral akute longontsteking, kan baie vinnig wees en soms sterf mense voordat die HIV-infeksie bevestig is. 
Hoe weet ons of iemand HIV het?
* Die enigste seker manier om te weet of iemand HIV het, is deur middel van 'n bloedtoets. As die toets toon dat die persoon die virus het, word die persoon "HIV-positief" genoem. 
* Maar, vir 'n hele paar weke of maande nadat 'n persoon genfekteer is, toon die liggam geen tekens van die infeksie nie. Dit word die "venstertydperk" genoem. As die toets vir HIV tydens die venstertydperk gedoen word, sal die resultaat negatief wees, selfs al is die persoon genfekteer. Die gesondheidsowerhede beveel nie roetine-HIV-toetsing aan nie, omdat 'n negatiewe resultaat nie altyd die afwesigheid van infeksie beteken nie. 
* Ons kan net seker wees oor ons HIV-status as ons die toets ondergaan ses maande na die laaste geleentheid waartydens ons aan die virus blootgestel was, byvoorbeeld deur onveilige seks. 
* Die meeste mense wat seksueel aktief is, weet nie of hulle met HIV genfekteer is of nie. Ons moet optree asof ons genfekteer kan raak of ander kan infekteer, en onsself en ander sodoende teen skade beskerm. 
Wat is 'n HIV-toets?
* 'n Klein hoeveelheid bloed word met 'n spuitnaald uit jou arm getrek of jou vinger word geprik, en die bloed op kladpapier gesit. Die bloedmonster word dan wetenskaplik ondersoek. 
* Die toets wys nie die virus self nie, maar toon die aanwesigheid van "teenliggame" in die bloed. Teenliggame dui aan dat die liggaam op die aanwesigheid van die HIV-virus reageer en probeer om die liggaam daarteen te beskerm. Hierdie teenliggaame verskyn in die bloed slegs tussen drie en ses maande na die infeksie. 
* Voordat u 'n HIV-toets ondergaan, moet u met 'n raadgewer praat oor die toets en oor wat u sal doen as u die uitslag hoor. 
* Dit neem gewoonlik twee weke om die uitslag van die toets te bekom, maar soms is dit baie gouer beskikbaar, soms dieselfde dag nog. Die uitslag is vertroulik. U staan onder geen regsverpligting om aan enige iemand te s dat u HIV-negatief of HIV-positief is nie. 
* Dit is egter reg en nodig om hierdie inligting met die persoon te deel met wie u seks het. En dit is die beste om dit aan 'n naby familielid of vriend te vertel wat u kan ondersteun. 
Kan 'n persoon wat nie siek is nie, die infeksie oordra?
* Ja, enige tyd nadat 'n persoon genfekteer is, kan hy of sy die HIV-infeksie aan ander oordra. Dit gebeur dikwels voordat mense besef hulle het HIV-infeksie en selfs voordat 'n HIV-toets sal toon dat hulle "positief" is. 
Is dit nie maar die beste om weg te bly 
van 'n persoon met HIV nie?
* Nee. HIV kan nie deur toevallige kontak oorgedra word nie. Daar is dus geen rede waarom iemand bang hoef te wees dat hy of sy genfekteer sal raak deur normale daaglikse interaksie met iemand wat HIV het nie. 
* Vele beroemde sportmanne en -vroue, filmsterre, direkteure, akademici en politici wat HIV gehad het, het almal vir 'n lang tyd nog suksesvol gewerk totdat hulle siek geword het. Baie landsburgers wat glad nie beroemd is nie, het dieselfde gedoen. 
* Dit is wreed en onnodig om mense se lyding te vererger. Dit is moeilik genoeg om 'n vroe dood in die gesig te staar sonder om deur familie, kollegas en vriende vermy te word. 
* As ons mense verwerp wat HIV het, kan hulle verplig voel om dit te probeer wegsteek of voor te gee dat hulle dit nie het nie. Deur dit te doen, stel hulle ander mense aan gevaar bloot. Mense wat genfekteer is, moet aangemoedig word om die nodige voorsorg teen die oordra van die infeksie te tref, soos die gebruik van kondome tydens seks of om nie hulle babas te borsvoed nie. 
* Enige een van ons kan die virus opdoen, veral as ons seksueel aktief is en onverskillig optree. Ons mag nie ander mense behandel op 'n manier waarop ons nie behandel sal wil word nie. 
Is daar 'n geneesmiddel vir HIV of VIGS?
* Daar is geen geneesmiddel vir HIV of VIGS nie. 
* Medies navorsers in baie lande, insluitende Suid-Afrika, werk dringend daaraan om entstowwe te ontwikkel wat HIV-infeksie sal voorkom. Maar selfs indien 'n entstof ontwikkel word, sal dit 'n hele aantal jare neem voordat dit deeglik getoets, deur die betrokke instansie goedgekeur en op groot skaal aan die publiek beskikbaar gestel sal kan word. 
* Medisynes wat die aanvang van VIGS-verwante siektes vertraag, kan aan mense met HIV toegedien word, maar dit is nie geneesmiddels nie. Ongelukkig is di medisynes baie duur. Farmaseutiese maatskappye is besig om goedkoper alternatiewe te ontwikkel, maar dit is nog nie algemeen beskikbaar nie. 
* Wanneer HIV die immuunstelsel verswak, is ons liggame nie in staat om teen infeksies soos tuberkulose en longontsteking weerstand te bied nie. Tuberkulose kan genees word mits die pasint die regte medisyne vir die regte tydperk neem. HIV-positiewe mense kan medikasie neem om longontsteking te voorkom. Op hierdie maniere kan mense met HIV gehelp word om langer en voller lewens te ly. 
HIV en VIGS kan voorkom word
* Voorkoming is die enigste seker manier om HIV en VIGS te oorwin. 
* Ons kan dit vermy om genfekteer te raak of om ander te infekteer, deur te verseker dat ons te alle tye versigtig, bedagsaam en verantwoordelik optree, veral in ons seksuele gedrag. 
* Die tragedie in ons land is dat soveel mense besig is om te sterf van 'n siekte wat geheel en al voorkombaar is. 
Hoekom hoor ons nie van so baie mense in ons gemeenskap 
wat aan HIV/VIGS sterf nie?
* Omdat daar soveel tyd tussen infeksie en die dood verloop, word daar in baie gebiede in ons land nou eers ondervind dat aansienlike getalle volwasse sterftes aan HIV te wyte is. 
* Ons is dalk nie regtig bewus van wat rondom ons gebeur nie. 
* Omdat HIV-genfekteerde mense dikwels aan soortgelyke siektes soos tuberkulose of longontsteking sterf, is mense soms nie seker of 'n dodelike siekte VIGS-verwant was nie. Dikwels weet familielede nie wat die waarheid is nie of is onwillig om dit te erken. 
* Daar is baie geheimhouding romdom HIV/VIGS. Baie mense is skaam of bang om HIV-positief te wees. Hulle en hul families praat nie daaroor nie. 
* As gevolg van onkunde en vrees word daar in gemeenskappe gediskrimineer teen mense met HIV/VIGS, en party is selfs al doodgemaak. Sulke optrede maak mense bang en verhoed dat hulle hul HIV-infeksie bekend maak. 
* Sommige mense ontken nog steeds dat daar so 'n siekte bestaan. Party s dat dit 'n sameswering teen swart mense is. Die feit is egter dat HIV/VIGS 'n wreldwye epidemie is wat mense van alle rasse tref. 
Hoe weet ons hierdie HIV-epidemie word nie oordryf nie?
* Navorsing toon dat sekere maatskaplike toestande dit waarskynliker maak dat daar 'n ho persentasie van HIV-infeksie en sterftes as gevolg van HIV/VIGS sal voorkom. Onder hierdie toestande val armoede, wanvoeding, swak sanitasie en higine, geweld (insluitende geweldadige en onregmatige gedrag teenoor vroue en meisies), ondergeskiktheid van vroue, ho werkloosheidsyfer onder die jeug, trekarbeid en ineenstorting van die gesinslewe, vrye seksuele verkeer onder tieners, en die ho persentasie van seksueel oordraagbare infeksies (SOI's). Al hierdie faktore is in Suid-Afrika teenwoordig. 
* Vir 'n hele paar jaar al onderneem die Departement van Gesondheid anonieme toetsing van bloed van swanger vroue dwarsdeur die land. In 1998 het hierdie toetse getoon dat 21% swanger tieners, 26% swanger vrouens tussen 20-24 jaar, en 27% vrouens tussen 25-29 jaar, HIV-positief was. Aangesien HIV meestal deur seks versprei word, is dit hoogs waarskynlik dat die manlike seksmaat van hierdie vrouens ook HIV het. 
* Navorsing wat in groot Suid-Afrikaanse maatskappye onderneem is, toon ho persentasies van infeksie onder hul werkers, in alle grade. 
* Nadat die data ondersoek is, raam die Verenigde Nasies VIGS-program (VN VIGS) dat een uit elke agt volwassenes in Suid-Afrika nou HIV het. 
* Navorsing het getoon dat daar nou in elke gemeenskap in die land 'n probleem met HIV/VIGS is. 
* Selfs sonder die navorsing weet die meeste van ons dat die siekte baie lewens, van jonk en oud, eis. Baie van ons het familielede en bure verloor. Baie van ons sorg vir siek familie. Baie van ons weet dat ons self HIV het. 
Leef met hoop
* Die meeste mense met HIV is gesond en sal gesond bly voel vir 'n hele aantal jare nadat hulle genfekteerd geraak het. 
* Gedurende hierdie tydperk kan volwassenes en kinders met HIV aktiewe en produktiewe lewens op skool, by die werk en by die huis ly. 
* Mense met HIV benodig ondersteuning en advies. Mense wat HIV-positief toets, moet berading ontvang sodat hulle na verskeie jare van normale lewe kan uitsien. 
* Die gemeenskap rondom ons en veral die skoolomgewing kan 'n bron van liefde, sorg en ondersteuning wees. 
* Die uitdaging vir ons as opvoeders, met of sonder HIV, is om dit vir die skool moontlik te maak m hierdie potensiaal te verwesenlik. 
1. AGT SLEUTELBOODSKAPPE OOR VOORKOMING VAN HIV 
Opvoeders het 'n unieke geleentheid 
om die verloop van die epidemie te verander
* Omdat feitlik elke kind in die land skool bywoon, het opvoeders die unieke geleentheid om kinders se idees oor seks en verhoudings te benvloed, selfs nog voordat hulle daaroor begin dink. 
* Deur dit te doen, kan opvoeders 'n sentrale rol speel in die verandering van die verloop van die HIV-epidemie. 
* Kinders wat hul skoolloopbane begin, het, met 'n paar uitsonderings, nie HIV-infeksie nie. 
* Teen die tyd dat hulle die skool verlaat, het baie kinders die virus egter opgedoen. Baie sal na skoolverlating genfekteer word, tensy hulle gehelp word om veilige seksuele gedrag te aanvaar. 
Leierskap begin by die huis
* Van opvoeders word verwag om rolmodelle en leiers in die gemeenskap te wees. Deur self veilige en verantwoordelike seksuele praktyke te aanvaar, kan ons onsself teen HIV beskerm en talle ander help om dieselfde te doen. 
* Hier is agt sleutelboodskappe vir die voorkoming van HIV: 
1. Beoefen veiliger seks 
* Die meerderheid HIV-infeksies vind tydens seks plaas. Om HIV te voorkom, moet ons veiliger seksuele praktyke beoefen. Daar is geen ander manier nie! 
* Die veiligste seksuele praktyk is om geen seksuele gemeenskap voor die huwelik te h nie, en om dan aan jou huweliksmaat getrou te bly. 
* Indien u gemeenskap het, aanvaar dat u en u seksmaat 'n draer van die HIV-infeksie kan wees. Gebruik 'n mans- of vrouekondoom. 
* U moet net een seksmaat h, en elke keer veilige seks beoefen. 
* Wanneer dit tyd is om kinders te h, moet albei seksmaats HIV-toetse ondergaan en die uitslae kry voordat die gebruik van kondome gestaak word en voordat daar probeer word om swanger te raak. 
1. Liefde en vertroue 
* Die man of vrou wat werklik vir u lief is, is die een wat deur die gebruik van 'n kondoom voorsorg tref dat u nie HIV by hom of haar opdoen nie. 
* Om 'n seksmaat te h wat nou vertrou, is nie genoeg om u teen HIV te beskerm nie. U seksmaat, of uself, kon genfekteer geraak het tydens 'n vorige seksuele verhouding, selfs een wat 'n hele ruk gelede al bendig is. 
1. Om "Ja" en "Nee" te s 
* 'n Man moet 'n vrou se toestemming vra voordat hy met haar seks het. 
* Enige man wat 'n vrou dwing om seks met hom te h wanneer sy "Nee" ges 
het, is 'n verkragter.
* Verkragting is 'n baie ernstige misdaad. Die slagoffer moet onmiddellik na 'n verkragting na 'n distriksgeneesheer of mediese fasiliteit geneem word vir ondersoek, berading en nood-voorbehoeding. Die verkragting moet by die polisie gerapporteer word, en die slagoffer sal gevra word om 'n verklaring af te l. Die polisie moet ondersteuning en berading vir die slagoffer aanbied, en elke gerapporteerde saak moet ondersoek word. 
1. Voorkoming van kindermishandeling: hardloop en vertel dadelik! 
* Opvoeders het 'n spesiale verantwoordelikheid om die kinders in hulle sorg te respekteer en te beskerm. Mishandeling van 'n kind deur 'n opvoeder is in alle opsigte afskuwelik, omdat dit 'n skending is van die vertroue wat die kind se ouers in opvoeders stel. 
* Dit is totaal onwaar dat wanneer 'n man seks het met 'n maagd, veral 'n klein dogtertjie, dit hom van HIV sal genees. In plaas daarvan, sal seks met 'n dogtertjie of 'n seuntjie net onberekenbare pyn en ellende vir die kind veroorsaak, hom of haar moontlik met die HIV-virus infekteer en sy of haar lewe verkort. Daar is geen geneesmiddel vir HIV nie. 
* Kinders word geleer om ouer mense te respekteer, maar dit beteken nie dat hulle alles moet doen wat ouer mense vir hulle s om te doen nie, veral nie as dit verkeerd is en dit die kind ongemaklik laat voel nie. 
* Elke kind verstaan dat daar "goeie" soorte aanraking is, soos 'n moeder se liefkosing of druk, of om met 'n vriend hande va te hou nie. Daar is ander soorte aanrakings wat kinders ongemaklik laat voel. 
* Kinders hoef nooit in 'n situasie te bly waar hulle ongemaklik voel nie. Hulle moet geleer word om om hulp te roep, weg te hardloop en 'n volwassene wat hulle vertrou, vra om te help. 
* Kinders moet geleer word om nooit saam met 'n vreemdeling na sy of haar toe te gaan nie, of saam met 'n vreemdeling in die straat of in die veld te loop, of saam met 'n vreemdeling in 'n kar te klim nie. 
* Hulle hoef nie een van bogemelde dinge te doen saam met iemand wat hulle ongemaklik laat voel of wat eienaardig optree nie, selfs al is daardie persoon 'n familielid of iemand wat hulle goed ken. 
1. Mens kry nie HIV as jy bloot net baie krels of nooiens het nie 
* Mense wat seks met baie verskillende mense het, het 'n groter kans om HIV te kry, maar HIV tas egter nie net mense aan wat baie seksmaats het nie. 
* As daar net een van die seksmaats is wat genfekteer was en nie kondome gebruik het nie, kan ons genfekteer raak. 
* Baie mense het die virus opgedoen nadat hulle net een keer seks gehad het met 'n persoon wat met HIV genfekteer was en nie 'n kondoom gebruik het nie. 
* Mense wat getrou is aan hul mans en vrouens, kan die virus opdoen as hulle huweliksmaat nie aan hulle getrou is nie. 
* Elke jaar word baie kinders en vrouens met HIV genfekteer wanneer hulle verkrag word. 
* Party kinders het HIV van hulle moeders ontvang. Party van hierdie kinders het lank genoeg geleef om skool by te woon. 
* Mense raak ook genfekteer deur kontak met bloed, byvoorbeeld van gekontamineerde naalde, skeermesse of lemmetjies wat hulle met ander deel. 
1. Die gebruik van 'n kondoom sal u ook teen Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS'e), onvrugbaarheid en ongewensde swangerskappe beskerm 
* Seksueel oordraagbare siektes (SOS'e) veroorsaak 'n seer op die penis of vulva, of etter of pyn wanneer gerineer word. Onbehandelde seksueel oordraagbare siektes verhoog jou kans om HIV te kry. Moenie seks h as jy 'n SOS het nie. Kry behandeling! 
* Kondome beskerm jou teen ander seksueel oordraagbare siektes asook teen HIV. 
* Seksueel oordraagbare siektes is die algemeenste oorsaak van onvrugbaarheid. 
* Deur 'n kondoom te gebruik, kan jy HIV en ander seksueel oordraagbare siektes voorkom, en stel dit jou in staat om te besluit wanneer jy 'n kind wil h. 
1. Kondome kan pret wees 
* Baie mense s om 'n kondoom te gebruik is soos om 'n lekkergoed met die papiertjie om te eet. Weet hierdie "kundiges" regtig hoe om kondome te gebruik? 
* Om die kondoom aan te glip, kan 'n opwindende deel van seksuele spel wees. 
* Die gebruik van 'n kondoom is 'n vaardigheid net soos enige ander. Hoe meer jy dit doen, hoe beter raak jy daarmee. 
* Die beste seks is wanneer jy nie bekommerd daaroor hoef te wees dat jy 'n dodelike siekte kan opdoen nie. 
1. Dwelms en alkohol 
* Dwelms en alkohol word ook aan baie gevalle van HIV gekoppel. 
* Dronk mense vergeet dikwels om kondome te gebruik. Mans maak dikwels misbruik van dronk vrouens om seks te kry, met of sonder 'n kondoom. Dieselfde kan gebeur met mense wat dwelms gebruik. 
* Party verslawende dwelms soos heroen word deur middel van 'n inspuiting geneem. Baie mense het al HIV gekry deurdat hulle spuitnaalde en spuite met ander deel. 
* Moet nooit 'n spuit en naald met 'n ander persoon deel nie! 
3. VRAE WAT OPVOEDERS VRA OOR SEKSOPVOEDING
Ons praat nie oor seks nie. Dis teen ons kultuur!
* Ons beoefen almal seks, maar baie van ons is geleer om daaraan te dink as onsedelik, vuil of 'n verleentheid, tensy dit binne die huwelik beoefen word. 
* Ons is nie daaraan gewoond om openlik oor seks te praat, daarvan te hoor of om woorde soos penis of vagina of gemeenskap te gebruik nie. 
* Ons is nie daaraan gewoond om met kinders oor seksuele sake te praat nie. 
* Hierdie aspekte van ons kultuur wat ons so skaam gemaak het oor seks, het in ander tye ontwikkel. HIV het gemaak dat ons nou 'n totaal nuwe uitdaging het. Dit is 'n nuwe siekte wat nie bestaan het toe ons ou gewoontes ontstaan het nie. 
* Die koms van HIV beteken dat ons veranderinge aan ons kultuur sal moet aanbring, want as ons dit nie doen nie, sal baie groot getalle van ons jongmense sterf, en onsself dalk ook. 
* Om rels oor die bespreking van seks te verander, beteken nie dat ons kultuur nou bedreig word nie. Ons kultuur bestaan tog uit baie meer as net kodes en praktyke wat met seks te doene het. 
* Om die waarheid te s, kultuur is gedurig aan die verander. Dit is hoe dit oorleef. Dink net hoe baie het gewoontes en gebruike al in ons leeftyd en die leeftye van ons ouers en grootouers verander. 
* As ons nie in staat is om HIV te beheer nie, sal dit ons hele samelewing vernietig en sal ons kulture buitendien tot die verlede behoort. 
* Ons sal ons gebruiklike houding teenoor seks en die bespreking daarvan moet aanpas, want die lewens van ons mans, vrouens, lewensmaats, kinders en ander wat onder ons sorg is, hang daarvan af. 
* Dit is 'n teken van volwassenheid om op 'n reguit en verantwoordelike manier oor seksualiteit te praat. Jongmense sal dit waardeer as ons wys dat ons begrip het vir hulle probleme. 
Ek sal nie onsedelikheid aanmoedig nie!
* Dit is in die eerste plek die ouers se verantwoordelikheid om kinders te leer wat reg en verkeerd is, wat aanvaarbaar en wat nie aanvaarbaar is nie 
* Ons as opvoeders het egter 'n baie sterk morele verantwoordelikheid om die kinders wat ons onderrig se gesondheid en lewens te beskerm, en om die beste moontlike advies aan ouers sowel as leerders te gee. 
* Party van ons godsdienstige beskouings oor seksuele moraliteit kan dit vir ons moeilik maak om seks met kinders te bespreek, maar die kinders wat onder ons sorg is, mag ons nie aan lewensgevaarlike situasies blootstel as ons oor inligting beskik wat hulle kan red nie. 
* Dit is onwaar dat wanneer jongmense oor seks en seksualiteit geleer word, dit hulle promisku of immoreel maak. In ons samelewing, en in baie ander lande, begin jongmense reeds baie vroeg om seks te beoefen, of ons nou daarvan hou of nie. Seksualiteitsonderrig, wat kennis verskaf en en hulle respek vir hulleself en ander leer, sal hulle help om verstandiger besluite te neem oor die kwessie of en hoe hulle seks wil beoefen, en veilig te bly. 
* Die bedreiging van HIV beteken nie dat ons ons morele kode oorboord moet gooi nie. 'n Sterk en duidelike morele kode was nog nooit nodiger as nou nie. Maar dit moet die verpligting insluit van die uitoefening van seksuele selfbeheersing en respek vir die regte van ander, veral ons seksmaats. Dit moet ook die verpligting insluit dat jongmense geleer word hoe belangrik dit is om dieselfde te doen. 
* 'n Goeie wegspringplek is om te erken dat seksualiteit lewenskwaliteit verhoog indien dit behoorlik bestuur word. Goeie seksuele verhoudinge gaan nie oor mag nie. Dit gaan nie oor aanspraak op regte nie. Dit gaan oor wedersydse genot en respek. 
Onderrig in 'n land waar menseregte beskerm word
* In Suid-Afrika word menseregte deur die Grondwet beskerm en gewaarborg. 
* Menseregte behoort aan alle mense: leerders sowel as opvoeders. 
* Regte gaan met verantwoordelikhede gepaard. Ten einde almal ons menseregte te kan geniet, moet ons almal ons verantwoordelikhede nakom. 
* Die Grondwet waarborg die reg op vryheid van toegang tot inligting en vryheid van gewete, denke, godsdiens, oortuiging en mening. Die Grondwet verleen spesiale beskerming aan die regte van kinders. Dit plaas 'n plig op elkeen om altyd in die beste belang van 'n kind op te tree. 
* Kinders het die reg op inligting oor seksuele gesondheid en HIV-voorkoming. 
* Ons kan wel leerders ontmoedig om seks te h, maar aangesien hulle hul eie besluite hieroor sal neem, moet leerders akkurate inligting oor veiliger seks ontvang. 
* Dit is hulle grondwetlike reg en ons grondwetlike verantwoordelikheid as opvoeders. 
Kan ons nie maar net aan jongmense s hulle moenie seks beoefen nie?
* Dit is goed om aan jong mans en vroue te s om nie seks te beoefen nie. Ons moet egter ook onthou dat baie van hulle die advies sal ignoreer of nie in staat sal wees om dit te volg nie. 
* Dit is maklik om te vergeet hoe belangrik krels en nooiens vir ons was toe ons tieners was. Hierdie verhoudings is vandag nog net so belangrik vir jongmense. Die verhoudings is 'n bron van ontwikkeling en groei, selfs al is daar moeilike keuses by betrokke. 
* Navorsing toon dat indien jongmense behoorlike inligting ontvang oor seks, oor die risiko's wat by seksuele aktiwiteit betrokke is, en hoe hulle hulself kan beskerm, hulle dan meer geneig is om vir hulleself te besluit om die begin van seksuele aktiwiteit uit te stel. Indien hulle die nodige kennis het, en hierdie vrae openlik en sonder vrees koa bespreek, is hulle meer geneig om veilige seks te beoefen as hulle wel met 'n seksuele verhouding begin. 
* As ons aan die kwessie van lewensvaardighede en seksualiteitsonderrig dink, moet ons onthou dat tienduisende van ons jongmense reeds met seksuele aktiwiteite begin het en deur die HIV-virus genfekteer geraak het - alles uit blote onkunde. Baie jongmense dink dat hulle veilig is omdat hulle jonk is. Hulle dink dis "macho" om risiko's te loop. Om risiko's met HIV te neem, is egter gladnie manlik of "cool" nie, dis gewoon onnosel, en dit bring ander persone in die uiterste gevaar. 
* Party jong mans wat weet of vermoed dat hulle genfekteer is, neem die wrede besluit om ander te infekteer, deur groepverkargting ("jack rolling") of bendeverkragting. 
* Ons moet die feite van wat in ons samelewing gebeur, onder o sien. Om jongmense net aan te s om nie seks te beoefen nie, is nie die antwoord nie, of dit is hoogstens net 'n deel van die antwoord. Die HIV/VIGS-epidemie dien as bewys dat ons in ons land met 'n morele krisis in menslike verhoudings te doene het. Ons moet ons kinders en ons jongmense leer om hulleself en hul medemense te respekteer, om spesiale begrip te toon vir die regte van vroue en meisies, en om eensgesind saam te staan om onsself en mekaar te red. Dit moet die grondslag van ons moraliteit wees. 
* Bespreking onder jongmense self, gefasiliteer deur 'n goed ingeligte jong persoon, moontlik iemand wat met HIV leef, is 'n baie doeltreffende vorm van onderrig oor die siekte. Nie-regeringsorganisasies (NRO's) wat hierdie soort werk doen, moet in ons skole verwelkom word en aangemoedig word om te help. 
Is die kinders nie te jonk vir hierdie soort inligting nie?
* Vandat hulle die eerste keer skool toe gaan, moet leerders inligting oor HIV/VIGS kry. Dit moet vir hulle aangebied word op 'n manier wat geskik is vir hulle ouderdom en wat binne die konteks van lewensvaardighede-onderrig val. 
* Leerprogramme is en word ontwikkel vir lewensvaardighede-onderrig vir alle ouderdomme, en opleiding word voorsien wat opvoeders in staat stel om dit te kan doen. 
* Ons vergeet dikwels dat die meeste kinders op 'n baie jong ouderdom van seks bewus word en meer daarvan wil weet. Dit is 'n baie moeilike feit dat baie kinders reeds op die ouderdom van 12 seksueel aktief is. 
* Baie kinders word van HIV/VIGS bewus as hulle nog baie jonk is, want hulle ken mense, insluitende ouers, broers en susters, wat siek is of daaraan gesterf het. Die media is vol stories oor die epidemie. Kinders versprei inligting oor die epidemie onder mekaar, of dit nou akkuraat en waar is of nie. Die heel beste ding vir opvoeders is om voorbereid te wees om die korrekte inligting oor seks, seksualiteit en HIV/VIGS te verskaf voordat kinders verkeerde inligting oor hierdie sake by hul portuurgroepe kry. 
4. VOORKOMING VAN SIEKTE-OORDRAG IN SKOLE
Indien ons skole personeel en leerders met HIV het, 
sal die res van ons dit nie kry nie?
* Aangesien HIV meestal deur seks en kontak met bloed versprei word, loop die meeste van ons nie gevaar om in die normale verloop van ons onderrig- of leeraktiwiteite HIV op te doen nie. 
* Daar is geen bekende gevalle van HIV-oordrag in skole of inrigtings tydens onderwysaktiwiteite nie. 
Maar wat van ongelukke en beserings tydens gevegte?
* Daar is 'n moontlike risiko van HIV-oordrag deur kontak met genfekteerde bloed. 
* Hierdie risiko is egter gering indien goeie basiese noodhulp toegepas word. 
* Die goue rel hier is om universele voorsorgmaatrels toe te pas. 
Wat is algemene voorsorgmaatrels?
* Algemene voorsorgmaatrels word so genoem omdat hulle op elke persoon en elke liggaamsvloeistof van toepassing is. 
* Algemene voorsorgmaatrels is nodig omdat dit onmoontlik is om binne 'n leeromgewing te weet wie almal HIV het. 
* As gevolg van die lang tydperk tussen HIV-infeksie en die aanvang van die siekte, sal die meeste mense met HIV in 'n skool nie weet hulle is genfekteer nie. 
* As gevolg van die "venstertydperk" waartydens die tekens van infeksie nie in 'n toets wys nie, beteken selfs 'n negatiewe HIV-toetsuitslag nie dat 'n persoon nie HIV het nie. 
* HIV is nie die enigste gevaar nie. Daar is ook ander potensieel dodelike siektes wat baie algemeen in Suid-Afrika is, veral Hepatitis B, wat vanaf genfekteerde liggaamsvloeistowwe opgedoen kan word. 
* As ons dieselfde voorsorgmaatrels toepas op elke situasie waar daar bloed is, sal ons veilig wees teen HIV en ander siektes wat in die bloed gedra word. 
Wat benodig elke skool vir noodhulp?
* Twee noodhulpkissies wat goed bevoorraad gehou word (sien kassie). 
* 'n Bottel huishoudelike bleikmiddel. 
* 'n Voorraad plastiese inkopiesakke sonder enige gaatjies. 
* 'n Houer waarmee water uitgegiet kan word. 
* Indien u skool geen lopende water het nie, moet 'n 25 liter-drom skoon water te alle tye gereed gehou word vir gebruik in noodgevalle. 
* INHOUD VAN NOODHULPKISSIES
* Vier paar latekshandskoene (twee medium, twee groot). 
* Vier paar rubber- huishoudelike handskoene (twee medium, twee groot). 
* Materiaal om wonde, snye of skaafplekke mee te dek (bv. verbandlinne of gaas), waterdigte pleisters, ontsmettingsmiddel (bv. huishoudelike bleikmiddel), skr, watte, kleefband om dekverbande mee vas te plak, sneesdoekies. 
* 'n Mondstuk vir mond-tot-mond-asemhaling. 
Hoe moet ons ongelukke en beserings by die skool hanteer?
1. Niemand mag enige kontak met die bloed of liggaamsvloeistowwe 'n ander persoon h nie 
* Elke noodhulpkissie moet rubberhandskoene bevat wat te alle tye gedra moet word tydens die verpleging van 'n persoon wat as gevolg van 'n besering bloei of 'n neusbloeding het. 
* Enige persoon wat bloed van 'n oppervlakte of vloer opvee of bloedbevlekte lappe uitwas, moet ook handskoene dra. 
* Dieselfde voorsorgmaatrels moet getref word met ander liggaamsvloeistowwe, insluitende braaksel, ontlasting, etter en urine, alhoewel dit baie onwaarskynlik is dat 'n persoon deur aanraking hiervan HIV sal opdoen. 
* Indien daar geen handskoene beskikbaar is nie, kan plastiese inkopiesakke oor die hande getrek word, solank die sakke nie gaatjies in het nie en daar gesorg word dat geen bloed of waswater aan die binnekant beland nie. 
* Alle leerders moet geleer word om nie aan bloed en wonde te raak nie, maar om die hulp van 'n personeellid te vra as daar 'n besering of neusbloeding is. 
1. Stop die bloeding so gou moontlik 
* Indien 'n kollega of leerder bloei, moet die eerste reaksie wees om die bloeding te stop deur met die naaste beskikbare lap of handdoek direkte drukking op die bloeding toe te pas. 
* Tensy die beseerde persoon bewusteloos of baie ernstig beseer is, moet hulle gehelp word om bogemelde self te doen. 
* Indien iemand 'n neusbloeding het, moet hy of sy gewys word hoe om self drukking op die brug van die neus toe te pas. 
1. Skoonmaak van wonde 
* Sodra die bloeding gestop is, moet beseerde mense gehelp word om hulle skaafplekke of wonde te was in skoon water met ontsmettingsmiddel, indien dit beskikbaar is. Indien nie, gebruik huishoudellike bleikmiddel wat in water verdun is (1 deel bleikmiddel, 9 dele water). 
* Wonde moet dan met 'n waterdigte dekverband of pleister bedek word. 
* Leerders en opvoeders moet leer om alle wonde, sere, skaafplekke of stukkende plekke (waar die vel stukkend is) te alle tye bedek te hou. 
1. Die hantering van toevallige blootstelling aan die bloed van 'n ander persoon, of blootstelling gedurende besering 
* Vel wat aan bloed blootgestel raak, moet dadelik skoongemaak word. 
* Dit moet met lopende water skoongemaak word. As lopende water nie beskikbaar is nie, moet skoon water uit 'n houer gegiet word oor die area wat skoongemaak word. 
* As 'n ontsmettingmiddel beskikbaar is, moet die area daarmee skoongemaak word, Indien nie, moet huishoudelike bleikmiddel gebruik word wat in water verdun is (1 deel bleikmiddel, 9 dele water). 
* Indien bloed op die gesig, veral o of die slymvliese van die neus en mond, gespat het, moet dit vir drie minute met lopende water gespoel word. 
1. Skoonmaak van gekontamineerde oppervlaktes en materiale 
* Gekontamineerde oppervlaktes of vloere moet met bleikmiddel en water (1 deel bleikmiddel, 9 dele water) skoongemaak word. 
* Verbande en lappe wat bebloed raad, moet in 'n plastiese sak versel word en tot as verbrand word of na 'n geskikte wegdoeningsfirma gestuur word. 
* Enige gekontamineerde instrumente of toerusting moet gewas, vir 'n uur in bleikmiddel geweek en drooggemaak word. 
* Maak seker dat badkamers en toilette skoon, higinies en vry van bloedspatsels is. 
1. Wegdoen van sanitre doekies en tamponne 
* Elke skool moet seker maak dat daar relings is vir die wegdoen van sanitre doekies en tamponne. Alle vroulike personeel en leerders moet hierdie relings ken sodat niemand anders kontak met hierdie items het nie. 
Wat van baie ernstige voorvalle, soos verkragting of messtekery wanneer dit bekend is dat daar HIV-risiko is?
* Die risiko van HIV-oordrag is baie hor in gevalle van verkragting, of waar iemand met 'n naald of mes gesteek word, veral as meer as een persoon betrokke is. 
* 'n Vrou wat verkrag is, moet onmiddellik ondersteun en versorg word in haar nood. Sy moet gevra word om nie te was, te bad of haar klere te verwissel nie (want daar moet bewyse van die verkragting gehou word vir die mediese en polisie-ondersoek). Sy moet onmiddellik vir ondersoek en noodvoorbehoeding na 'n distriksgeneesheer of mediese fakulteit geneem word, en na 'n polisiestasie sodat sy 'n verklaring kan maak en 'n klag kan l. Relings moet getref word dat sy professionele berading en hulp kan ontvang. 
* As 'n messtekery plaasvind of stukkende vel aan HIV-genfekteerde bloed blootgestel word, moet noodhulp dadelik toegepas word. Daarna moet 'n messtekery aan die polisie gerapporteer word. 
* In al hierdie situasies moet die mense na 'n geskikte mediese fasiliteit geneem word vir berading oor die gevaar dat hulle HIV kon opgedoen het, en hulle ouers of voogde moet dringend geskakel word. 
* Vir 'n persoon wat nie HIV het nie, is daar in die privaat sektor behandeling beskikbaar met geneesmiddels vir die verlaging van die gevaar dat infeksie opgedoen word indien hy of sy verkrag of met 'n mes gesteek is. Die geneesmiddels se doeltreffendheid in hierdie omstandighede is nog nie bewys nie. Die middels is nog nie in openbare hospitale beskikbaar nie. Enige persoon wat gevaar loop om HIV op te doen en die geld vir hierdie middels het, kan kies of hulle dit wil gebruik of nie. Daar moet vinnig oor die gebruik van hierdie geneesmiddels besluit word want hoe gouer hulle na die blootstelling geneem word, hoe effektiewer is hulle. 
Hoe kan ons HIV-oordrag tydens sport voorkom?
* Die enigste moontlike risiko van HIV-oordrag tydens sport is by kontaksport waar beserings kan voorkom. Selfs hier is die risiko baie klein indien die volgende rels toegepas word: 
* Noodhulpkissies met rubberhandskoene moet tydens elke sportsessie of wedstryd beskikbaar wees. 
* Niemand mag met onbedekte wonde of vleiswonde aan 'n sport deelneem nie. 
* Indien 'n skaafplek of besering tydens die spel opgedoen word, moet die beseerde speler van die veld af geroep word, noodhulp ontvang en eers wanneer die besering skoon en bedek is, toegelaat word om terug te gaan. 
* Bloedbevlekte klere moet verwissel word. 
* Opvoeders en leerders met HIV word aangeraai om eers 'n dokter te raadpleeg oor enige moontlike risiko's vir hulle gesondheid en oor HIV-oordrag tydens sportdeelname. 
Seksuele verhoudings in skole
* In skole met koshuise is dit waarskynlik dat sommige leerders seksuele verhoudings op die persele sal h, of dit nou teen die rels is al dan nie. 
* Advies en berading, insluitende portuurgroepbesprekings, is besonder belangrik in hierdie situasies. 
* Kondome moet vryelik beskikbaar wees aan leerders wat seksueel aktief is. Leerders moet van raad gedien word hoekom en hoe dit gebruik en weggedoen moet word. 
Seksuele verhoudings tussen opvoeders en leerders is teen die wet
* Opvoeders mag nie seksuele verhoudings met leerders h nie. Di optrede is 'n oortreding van die gedragskode vir opvoeders, wat in 'n vertrouensposisie is. Dit is teen die wet, selfs al willig die leerder daartoe in. 
* Streng dissiplinre stappe sal gedoen word teen enige opvoeder wat seks met 'n leerder het. 
* Seks wat sonder toestemming deur 'n opvoeder geis word, is verkragting - 'n ernstige misdaad, waarvoor die opvoeder aangekla sal word. Indien 'n opvoeder seks het met 'n meisie of seun onder 16 jaar, sal die opvoeder van statutre verkragting aangekla word en kan hy of sy 'n straf van lewenslange gevangenisstraf opgel word. 
* Indien u bewus is van 'n kollega wat 'n seksuele verhouding met 'n leerder het, moet u die kollega aan die prinsipaal of hor onderwysgesag rapporteer, en indien die meisie of seun onder 16 is, moet dit aan die polisie rapporteer word. Indien u dit nie doen nie, kan u as medepligtige tot die verkragting aangekla word. 
Wat van ander siektes? 
Kan ons dit van mense met HIV opdoen?
* Omdat mense met HIV se immuunstelsels beskadig is, loop hulle 'n groter gevaar dat hulle jou siektes sal opdoen as dat jy hulle s'n sal opdoen. 
* Die uitsondering is tuberkulose. Enige persoon wat tuberkulose het, word aangeraai om dadelik mediese behandeling te kry en slegs op advies van sy of haar dokter na die skool of inrigting terug te keer. 
Is daar enige ander situasie waar mense met HIV 
nie tot 'n skool toegelaat sal word nie?
* Indien 'n persoon met HIV onbeheerbaaar begin bloei of onbehandelbare wonde het, kan dit nodig wees om hom of haar tydelik die skool te belet totdat daardie probleme onder beheer gebring is. 
* Indien 'n persoon fisies of seksueel aggressiewe gedrag toon, sal dit nodig wees om toepaslike stappe te doen in ooreenstemming met mediese advies, die toepassing van die gedragskode vir leerders, respek vir die regte van al die betrokkenes, en die wet. 
5. DIE OPBOU VAN 'N BEMAGTIGENDE OMGEWING EN 'N KULTUUR VAN NIE-DISKRIMINASIE 
HIV/VIGS sal ons almal raak
* Selfs as ons dit vermy om HIV op te doen, sal baie min van ons onaangeraak bly daardeur. 
* Die meeste van ons sal familielede en vriende deur HIV verloor. 
* Ons sal almal meer begrafnisse moet bywoon en ons kollegas se begrip nodig h as ons onder meer stres verkeer of meer tyd van die werk moet afneem as gevolg van sterfgevalle. 
* Di van ons wat HIV opdoen, sal vind dat ons siek word en lang tydperke van siekteverlof moet neem. Ons kollegas wat gesond is, sal begrip hiervoor moet h en moet help om ons onderwyspligte waar te neem. 
* Ons sal in toenemende mate leerders met HIV/VIGS in ons klasse kry en hulle sal spesiale hulp benodig as hulle siek word. Hulle skoolbywoning sal geraak word, en hulle sal waarskynlik minder kan konsentreer en agter raak met hulle werk. Hulle sal spesiaal in ag geneem moet word deur byvoorbeeld toegelaat te word om skoolwerk tuis te doen. Waar dit moontlik is, moet tuisbesoeke deur die skool gerel word. 
Om met HIV/VIGS saam te leef
* Opvoeders en leerders met HIV moet in staat wees om so 'n vol moontlike lewe te leef. 
* Hulle moet nie die kans misgun word om onderwys te ontvang of as opvoeders te werk vir solank as wat hulle daartoe in staat is nie. 
* Aangesien hulle HIV-infeksie nie 'n gevaar vir ander in skole of inrigtings inhou solank as wat die nodige voorsorgmaatrels gevolg word nie, is daar geen rede om genfekteerde opvoeders en leerders dieselfde regte as ander te onts nie. 
Hantering van vooroordeel
* Enige spesiale maatrels wat ten opsigte van 'n leerder of opvoeder met HIV getref word, moet regverdig en regverdigbaar wees in die lig van die mediese feite, die toestande by die skool of inrigting, en in die beste belang van die persoon met HIV en di van andere. 
* Opvoeders moet 'n wakende oog oor die moontlikheid van diskriminasie in skole hou, en moet vinnig optree om enige situasies wat ontstaan, te ontlont en die skuldiges op doeltreffende wyse te hanteer. 
* Vooroordeel floreer op vrees en onkunde. Die doeltreffendste manier om sulke bedreiginge te verminder, is om die inligting wat in hierdie dokument vervat is, met leerders te deel sodat hulle die mediese feite oor HIV en hoe dit oorgedra word, verstaan en weet hoe om hulleself te beskerm. 
Weiering om saam met 'n persoon wat HIV/VIGS het, te studeer; of weiering om so 'n persoon te onderrig of deur hom of haar onderrig te word
* Leerders en opvoeders wat weier om saam met 'n persoon wat HIV/VIGS het, te studeer, of om hom of haar te onderrig, of deur hom of haar onderrig te word, moet berading ontvang. 
* Die situasie moet opgelos word deur die prinsipaal, opvoeders en, indien nodig, die beheerliggaam van die skool of die raad van die inrigting, in ooreenstemming met die Beleid oor HIV/VIGS van die Ministerie van Onderwys. 
Weeskinders
* Baie leerders sal wees gelaat word of familielede verloor en sal emosionele hulp en leiding van opvoeders moet ontvang. 
* Leerders wat wees gelaat is, kan finansile teenspoed in die gesig staar en probleme ondervind met die betaling van skoolgeld, uniforms en boeke. 
* Party weeskinders kan inderdaad in die situasie beland dat hulle na jonger boeties en sussies moet omsien. Hulle sal dalk selfs as die hoof van die huishouding moet optree, al is hulle ook hoe jonk en het hulle self 'n groot behoefte aan hulp. 
* Hule kan self genfekteer wees, of moet dalk vir ander sorg wat genfekteer en siek is. 
* Opvoeders moet daarvan bewus wees dat leerders wat as gevolg van VIGS wees gelaat is, vooroordeel kan tekom en verwaarloos kan word deur mense wat veronderstel is om na hulle om te sien. 
* Skole sal beleide moet opstel om as riglyn te dien vir opvoeders wat 'n vermoede oor sodanige verwaarlosing het, net soos hulle beleide het wat gevolg word wanneer ander vorms van kindermishandeling vermoed word. 
Toetsing vir HIV in skole, en bekendmaking van HIV-status
* Die reg laat nie toe dat leerders of opvoeders (of enige werknemer) gedwing word om HIV-toetse te ondergaan nie. 
* Werklik vrywillige bekendmaking van 'n leerder of opvoeder se HIV-status moet verwelkom word. 
* Opvoeders aan wie sulke inligting verskaf word, moet bereid wees om dit as vertroulik te hanteer en moet toesien dat geen onregverdige diskriminasie daaruit voortspruit nie. 
* Inligting oor 'n leerder se HIV-status mag deur die opvoeder aan 'n ander persoon bekendgemaak word slegs met die skriftelike toestemming van die leerder (indien ouer as 14 jaar) of sy of haar ouers. 
'n Skoolbeleid oor HIV/VIGS
* Skole of inrigtings moet hul eie beleid oor HIV/VIGS opstel ten einde prakties aan hierdie nasionale riglyne uitvoering te gee. So 'n beleid moet in ooreenstemming wees met die Grondwet en die reg . 'n Skoolbeleid mag nie die nasionale beleid of die riglyne in hierdie brosjure weerspreek nie. 
* Die skool het 'n verantwoordelikheid om 'n sentrum van inligting en ondersteuning oor HIV/VIGS te wees in die gemeenskap wat hy dien. Belangrike rolspelers uit die brer gemeenskap, byvoorbeeld godsdienstige en tradisionele leiers, plaaslike gesondheidswerkers of tradisionele genesers, moet genooi word om deel te neem aan die opstel van die skool se beleid. 
* Indien die hulpbronne beskikbaar is, kan 'n skool 'n Gesondheidsadvieskomitee instel. Dit kan 'n komitee van die beheerliggaam wees. Sy lede kan personeel, ouers, leerders en gesondheidsberoepslui insluit. Die voorsitter van die Komitee moet 'n persoon met kennis van gesondheid wees. Die Komitee moet die beheerliggaam adviseer oor die implementering van hierdie riglyne. Die Komitee moet help om die skool se HIV-beleid te ontwikkel en moet die implementering daarvan moniteer, veral wat die voorkoming van HIV betref. 
* Die skoolbeleid moet gereeld hersien word na aanleiding van nuwe wetenskaplike inligting of advies van die nasionale of provinsiale gesondheids- of onderwysowerhede. 
Vermindering van die gevaar dat siektes 
aan mense met HIV/VIGS oorgedra wwrod
* Siektes wat vir 'n gesonde persoon miskien relatief onbelangrik kan wees, kan vir ander mense baie ernstig wees, en vir 'n persoon met VIGS kan dit lewensgevaarlik wees. 
* Leerders en opvoeders met aansteeklike siektes soos masels, pampoentjies, Duitse masels, waterpokkies en kinkhoes moet 'n dokter raadpleeg en by die huis bly totdat hulle beter is. 
* Skole moet ouers oor hierdie beleid inlig en sterk aanbeveel dat alle kinders ten volle ingent moet wees. 
Ondersteuning vir siek leerders
* Daar word van leerders en studente verwag om, in ooreenstemming met wetlike vereistes, klasse by te woon vir solank as wat hulle doeltreffend kan funksioneer en hulle geen medies beduidende gevaar vir ander persone in die skool of inrigting inhou nie. 
* Elke skool met toereikende fasiliteite moet 'n area h waar leerders en opvoeders wat siek voel, vir kort tydperke gedurende die dag kan gaan l. Dit sal leerders wat siek is, in staat stel om langer in die skool aan te bly. 
* Indien en wanneer hulle siek word of 'n medies beduidende gevaar vir ander persone inhou, moet hulle toegelaat word om tuis te studeer en akademiese werk moet hiervoor beskikbaar gestel word. Waar moontlik moet ouers toegelaat word om leerders tuis te onderrig. 
* Sommige leerders met HIV/VIGS kan gedragsprobleme ontwikkel of neurologiese skade opdoen. Sulke leerders moet gevalueer word en, waar dit moontlik en toepaslik is, in gespesialiseerde residensile inrigtings vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes geplaas word. 
* Party buitemuurse aktiwiteite kan vir leerders met HIV baie spanningsvol wees. Opvoeders moet sensitief hiervoor wees en, as dit nodig is, leerders van deelname verskoon. 
* Medisynes moet dikwels op gesette tye geneem word om behoorlik doeltreffend te wees. Opvoeders moet hiervan bewus wees en leerders met HIV toelaat om die klas te verlaat om medikasie te neem wanneer dit nodig is. 
* Skole moet leerders met HIV help om 'n ondersteuningsgroep te vorm of om deel te word van een in die gemeenskap. 
Ondersteuning vir siek kollegas
* Opvoeders en ander personeel wat VIGS-verwante siektes ontwikkel, het die begrip van hulle kollegas nodig. 
* Hulle sal al hoe meer dae by die werk moet afneem en sal gedurende die dag uitgeput raak en vir kort rukkies moet gaan l. 
* Gedurende hierdie tye sal ander personeellede vir hulle moet waarneem, welke situasie weer 'n impak op die waarnemers se werk en welstand sal h. 
* In ons land is die omvang van die HIV-epidemie so geweldig dat, alvorens ons nie almal veiliger seks beoefen nie, al hierdie dinge deel sal uitmaak van 'n nuwe realiteit waarbinne ons sal moet leef. 
* Opvoeders voel dikwels alreeds oorbelas en kan moeilik insien hoe hulle nog meer werk sal kan doen. Sulke gevoelens is verstaanbaar, maar hierdie noodsituasie stel buitengewoon ho eise aan alle Suid-Afrikaners. Miskien moet ons dit altyd voor o hou dat ons gesonde kollegas eendag vir ons sal moet waarneem, tensy ons besluit om onsself teen infeksie te beskerm. 
"Die heel belangrikste deel van ons werk is om mense te leer om diegene met HIV te aanvaar, lief te h en te ondersteun, sodat ons nie hoef weg te kruip of stil te bly nie. Hoe meer ons wegkruip, hoe meer spanning ervaar ons, en hoe sieker word ons en hoe gouer sterf ons." - Valencia Mofokeng, HIV-positiewe weduweemoeder en leier van die Orange Farm Anti-VIGS Klub se ondersteuningsgroep vir mense wat met HIV/VIGS saamleef, in Reconstruct, 7 November 1999.
6. VERKLARING VAN VENNOOTSKAP TEEN VIGS 
deur
President Thabo Mbeki
Verklaring
"HIV/VIGS bestaan onder ons almal. Dit is 'n voldonge feit. Ons sal VIGS net kan oorwin as ons almal hande vat om ons nasie te red.
"Ons het vir te lank ons o as 'n nasie gesluit. Vir baie jare het ons die virus toegelaat om te versprei, en dit teen 'n tempo wat een van die vinnigstes in die wreld is. Elke enkele dag word 'n verdere 1 500 mense in Suid-Afrika genfekteer . Tot nou toe is meer as 3 miljoen mense genfekteer.
Dit is 'n werklike gevaar
"Baie meer mense loop die gevaar om deur HIV/VIGS genfekteer te raak. Omdat dit ander mense gedra en oorgedra word, is dit gedurig by ons in ons werkplekke, in ons klaskamers en ons lesingsale. Dit is daar in ons kerkbyeenkomste en ander godsdientige funksies. HIV/VIGS loop gedurig saam met ons. Dit reis saam met ons waar ons ook al gaan. Dit is daar wanneer ons sport beoefen. Dit is daar as ons sing en dans.
"Baie van ons treur oor weeskinders wat niemand meer oorhet om vir hulle te sorg nie. Ons het VIGS ondervind in die gekreun van mense wie se lewens kwyn. Ons het dit in klein en groot kiste na vele begraafplase gedra. Soms het ons nie eers geweet dat die mense wat ons begrawe het, aan VIGS dood is nie. Ander kere het ons geweet, maar verkies om stil te bly daaroor.
"En as die tyd kom wanneer ons elkeen 'n persoonlike besluit oor voorsorg moet neem, dan swig ons voor twyfel en valse vertroue. Ons hoop dan maar dat HIV/VIGS iemand anders se probleem is.
Verandering van lewenswyse
"HIV/VIGS is nie iemand anders se probleem nie. Dit is my probleem. Dit is u probleem. Deur die siekte toe te laat om te versprei, moet ons die feite in die o staar dat die helfte van ons jeug nie volwassenheid sal haal nie. Hulle opvoeding sal vergeefs wees. Die ekonomie sal krimp. Daar sal talle siek mense wees wat nie deur die gesondes onderhou sal kan word nie. Ons drome as nasie sal aan skerwe l.
"HIV/VIGS word hoofsaaklik deur seks versprei. U het die reg om u lewe te ly op 'n wyse wat u verkies. Maar ek pleit by die jongmense, wat die land se toekoms verteenwoordig, om hulle so lank as moontlik van seks te weerhou. As julle besluit om seks te beoefen, gebruik 'n kondoom. Op dieselfde wyse pleit ek by mans en vrouens om getrou te bly aan mekaar, maar om andersins kondome te gebruik.
Vennootskap
"Die vermo om die verspreiding van HIV/VIGS te bekamp, l in ons Vennootskap: as jeug, as mans en vrouens, as besigheidsmense, as werkers, as godsdienstige mense, as ouers en onderwysers, as boere en plaaswerkers, as werkloses en beroepslui, as rykes en armes - trouens, almal van ons.
"Vandag vat ons hande in hierdie Vennootskap Teen HIV/VIGS, saam onderneem ons om die boodskap te versprei!
"Elke dag, elke nag - waar ons ook al is - sal ons ons familie, vriende en portuurgroepe laat verstaan dat hulle hulself en die nasie kan red deur 'n verandering in die manier waarop ons lewe - en waarop ons liefhet. Ons sal elke geleentheid openlik moet gebruik om die kwessie van HIV/VIGS te bespreek. As Vennote Teen VIGS kan ons gesamentlik onderneem om vir ander om te gee.
"Ons sal saamwerk om te sorg vir diegene wat met HIV/VIGS saamleef, en vir die kinders wat as gevolg van VIGS wees gelaat is. Hulle mag nie aan diskriminasie van enige aard onderworpe wees nie. Hulle kan vir baie jare produktiewe lewens ly. Hulle is menslike wesens, net soo ek en jy.
"Ons sal aan ons eie menslikheid bou as ons aan ander hulp verleen en as ons onsself daaraan herinner dat elkeen van ons, net soos hulle, genfekteer kan raak.
"As Vennote Teen VIGS onderneem ons om al ons vindingrykheid met mekaar te deel en ons breinkrag daartoe te verbind!
"Daar is steeds geen geneesmiddel vir HIV en VIGS nie. Niks, behalwe ons eie gedrag, kan infeksie verhoed nie. Ons sal saamwerk om mediese inrigtings te ondersteun in hul soeke na 'n entstof en 'n geneesmiddel. Ons sal alle moontlike hulpbronne mobiliseer om die boodskap van voorkoming te versprei, om ondersteuning te bied aan diegene wat met HIV genfekteer en daardeur geraak is, om HIV en VIGS te de-stigmatiseer en om met ons soeke na 'n mediese oplossing voort te gaan.
"En so neem ons vandag hande in die Vennootskap, ten volle bewus daarvan dat ons krag in ons eenheid l. Die eenvoudige maar praktiese stap wat ons vandag doen, is more die versekering vir ons nasie.
"Ons onderneem dienooreenkomstig dat waar ons ook al byeenkom of studeer, werk en sing, speel en mekaar se geselskap geniet, ons onsself en ons maats teen HIV en VIGS sal beskerm. Saam, as Vennote Teen HIV/VIGS, kan en sal ons oorwin.
" ... Daar is geen ander oomblik as die huidige nie. Tree dus op!
"Dankie vir u aandag en ek pleit by u: DOEN DIT NOU!
Toespraak aan die nasie deur die destydse Adjunkpresident Tthabo Mbeki, 9 Oktober 1998, namens die vorige President, Nelson Mandela.
O R A H E A L T H Y N A T I O N
February 2002
Die beleid op basiese
huishoudelike sanitasie
in 'n japtrap
Die beleid op basiese
huishoudelike sanitasie
in 'n japtrap
Wat is sanitasie en hoekom maak dit saak?
Daar is 18 miljoen Suid-Afrikaners (in 3 miljoen huishoudings) wat huidig nie toegang het tot basiese sanitasie nie. Daar
word geraam dat 15% van klinieke en 11,7% van skole sonder sanitasie is. Baie ander skole gebruik puttoilette wat
onvoldoende, vuil en onveilig is. Dit alles skep 'n potensile gesondheidstydbom. Die regering sal
ondersteuning aan gemeenskappe verleen om die sanitasie-agterstand teen 2010 uit te wis.
Wat beteken 'sanitasie'?
Sanitasie beteken die opvang en wegruiming - op 'n higiniese manier - van afval, insluitend menslike uitskeiding,
huishoudelike afvalwater en vullis. Indien dit nie gedoen word nie, sal buurte vuil en mense siek word. In Suid-Afrika het
ons elke jaar reeds 1,5 miljoen gevalle van diarree (loopmaag) in kinders onder vyf jaar, en uitbrake van cholera. Dit moet
vergesel word van goeie gedragspraktyk.
Hoekom het ons 'n probleem?
Suid-Afrika se sanitasieprobleem het twee hoofoorsake:
 Swak higine (baie mense weet nie dat hulle hulle hande moet was nadat hulle ontlas of doeke omgeruil het nie,
en baie dink dis goed genoeg om die veld as 'n toilet te gebruik),
 Gebrek aan infrastruktuur (geen toilette en geen water vir die was van hande nie).
Wat is die oplossing?
Die voorsiening van verbeterde toilette is deel van die antwoord. Terselfdertyd moet daar verhoogde bewustheid in die
gemeenskap wees van gesondheidsake, verbeterde higine en gemeenskapsdeelname aan sanitasieprogramme.
Wat is die minimum aanvaarbare basiese vlak van sanitasie?
 Toepaslike higine soos om toilette skoon te hou en hande te was na die hantering van afval of nadat daar toilet
toe gegaan is
 'n Stelsel vir die wegruiming van menslike uitskeiding, afvalwater en vullis wat bekostigbaar, maklik om in stand te
hou, veilig en omgewingsaanvaarbaar is
 'n Geskikte toilet vir elke huishouding
Wat sal die basiese huishoudelike sanitasie-beleid bereik?
Die regering het 'n konstitusionele verantwoordelikheid om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang het tot
voldoende sanitasie. Die beleid sal dus fokus op die voorsiening van voldoende sanitasie vir huishoudings, skole en
klinieke, die verbeterde opvangs van huishoudelike afval en die opvoeding van die publiek aangaande higine.
Die regering het planne om verbeterde dienslewering te fasiliteer deur samewerking met gemeenskappe om
volhoubare (bekostigbare, gemeenskapsbeheerde) sanitasiedienste te voorsien en gebruik. Sleutel fokusareas sal
landelike, buite-stedelike en informele nedersettings insluit waar die behoefte die grootste is.
Sanitasie is lewensnoodsaaklik vir nasionale gesondheid. Ten einde goeie sanitasie te verkry moet die kwessie deel
wees van 'n algehele ontwikkelingsinisiatief. Sanitasie is dus slegs een van vele ontwikkelingsprogramme wat deur
die regering bevorder word. Sukses hang ook af van gemeenskapsteun. Sanitasiekapasiteit moet dringend gebou
word in gemeenskappe sodat burgers bemagtig word om by te dra tot die nasionale sanitasieprogram.
Sanitasieprogramme sal die sosiale en sielkundige probleme verwant aan swak sanitasie verbeter. Gebrek aan
toiletfasiliteite, toilette wat op 'n afstand van huise geplaas word, onvoldoende gemeenskaplike fasiliteite,
onvoldoende wegruiming van afval en ander swak sanitasiepraktyk lei tot 'n verlies aan privaatheid en waardigheid,
blootstelling en verhoogde risiko's vir persoonlike veiligheid.
Hoekom is sanitasie belangrik?
Sanitasie is lewensbelangrik vir goeie gesondheid. Gesondheidsprobleme verwant aan swak sanitasie sluit in diarree,
disenterie, tifus, cholera, malaria, bilharzia, wurmbesmetting, ooginfeksies, velsiektes en verhoogde infeksies in
mense wat MIV-positief is. Goeie sanitasie lei tot verhoogde lewensverwagting.
Sanitasie is ook lewensnoodsaaklik vir welvaartskepping. Ekonomiese voordele van verhoogde sanitasie sluit in
besparings in gesondheidskoste, hor werksproduktiwiteit, beter skoolbywoning, verbeterde toerisme en verminderde
koste vir die behandeling van water. (Bron: Witskrif op Basiese Huishoudelike Sanitasie)
Wie is verantwoordelik vir beter sanitasie?
Die verbetering van sanitasie is almal se taak. Rolspelers sluit in gemeenskappe en huishoudings (in die eerste plek); gemeenskapsgebaseerde
kontrakteurs; plaaslike, provinsiale en nasionale regering; privaatsektor en NROs.
Konstitusionele verantwoordelikhede:
 Munisipaliteite moet toegang voorsien tot basiese dienste, insluitend sanitasie
 Nasionale en provinsiale regering moet munisipaliteite ondersteun met wetgewing en ander maatrels.
Rolle en verantwoordelikhede
Huishoudings en gemeenskappe
Goeie sanitasie begin in die huis. Huishoudings en gemeenskappe is in die eerste plek verantwoordelik vir hulle eie
gesondheid, 'n skoon omgewing en verbeterde sanitasie. Verkeerde gesondheidspraktyk kan hulle eie gesondheid en die gesondheid
van die gemeenskap en die volk in gevaar stel. Die volgende stappe kan geneem word om hieginepraktyk te verbeter:
 Was hande nadat die toilet gebruik is, voor voedsel hanteer word en nadat babadoeke omgeruil is.
 Versprei die boodskap van goeie higine en die belangrikheid van sanitasie.
 Rapporteer foutiewe sanitasiestelsels en sanitasierisiko's aan die plaaslike regering.
 Verseker dat toiletfasiliteite altyd skoon en in goeie werkende orde is.
Gemeenskappe en gemeenskapsgebaseerde organisasies behoort die plaaslike regering in kennis te stel van behoeftes met betrekking tot
sanitasie. Hulle moet ook die regering ondersteun met die beplanning, implementering en evaluering van sanitasieprojekte.
Huishoudelike toilette is 'n huishoudelike verantwoordelikheid. Plaaslike regering behoort lede van die gemeenskap te ondersteun om 'n skoner
en gesonder leefomgewing te skep, deur:
 Gemeenskapsgebaseerde projekte waardeur plaaslike bouers opgelei word om veilige en higiniese toiletfasiliteite te bou. Hierdie
plaaslike bouers sal huishoudings help om hulle eie toiletfasiliteite te bou. Sodoende word werk geskep.
 Verskaf inligting om huishoudings en bouers te help om veilige, stewige en aantreklike toilette bou.
 Subsidieer die belangrikste materiale om seker te maak dat die toiletfasiliteit higinies, veilig en toeganklik is.
Op verskillende regeringsvlakke
Plaaslike regering doen beplanning deur die Gentegreerde Ontwikkelingsplanne (GOPe) waarvan die Waterdienste
Ontwikkelingsplanne (WDOPe) 'n komponent is. Ten einde die sanitasieverbeteringsprogramme te implementeer,
moet plaaslike regering daarvoor begroot en befondsing verkry. Die befondsing kom uit verskillende bronne, insluitend
die invordering van belasting en provinsiale en nasionale regering. In die implementering van die sanitasieprogram
moet die plaaslike regering verseker dat die omgewing beskerm word. Plaaslike regering moet ook beplan en begroot
vir die bedryf en onderhoud van watergevoerde sanitasiestelsels. Hulle is ook verantwoordelik daarvoor om huishoudings by te staan om hulle
eie sanitasie te verbeter. Spesifieke verantwoordelikhede sluit in:
 Identifiseer die behoefte vir toiletgeriewe, priorietiseer hierdie behoeftes en help huishoudings deur spesifieke projekte om hulle
toiletfasiliteite te verbeter.
 Maak gemeenskappe bewus van die belangrikheid van sanitasie in terme van gesondheid.
 Loods gesondheids- en higineprogramme in samewerking met gemeenskappe.
 Help huishoudings om hulle eie sanitasiefasiliteite te verbeter, bedryf en in stand te hou.
Provinsiale regering moet finansies, menslike hulpbronne en tegniese steun aan plaaslike regering verskaf. Dit moet ook verseker dat dit in
ooreenstemming is met nasionale beleid, wetgewing ontwikkel wat dit moontlik maak, streeksbeplanning kordineer en vordering monitor.
Nasionale regering moet wetgewing en standaarde daarstel; nasionale programme lei, kordineer en monitor; steun verskaf aan ander
regeringsvlakke; diensverskaffing reguleer en intree waar kapasiteit kortkom.
Sleutel regeringsdepartemente
Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF) is die voog van die nasie se water en die hoofdepartement in die sanitasiesektor. In
vennootskap met ander nasionale rolspelers moet DWAF sanitasiestandaarde ontwikkel, provinsies en munisipaliteite ondersteun in die ontwikkeling
van sanitasiedienste, uitkomste monitor, kapasiteit bou, finansile steun verskaf, lae-koste sanitasie loodsprojekte onderneem en seker maak
dat sanitasie op 'n gekordineerde wyse gemplementeer word. Die Departement verskaf steun aan plaaslike regering vir die
ontwikkeling van hulle Waterdienste Ontwikkelingsplanne, wat 'n komponent is van die Gentegreerde Ontwikkelingsplanne.
Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering sal die primre verantwoordelikheid aanvaar vir die bevordering van munisipaliteite se
Gentegreerde Ontwikkelingsplanne, ten einde te verseker dat provinsiale en plaaslike regerings genoegsame kapasiteit het, die Gelykkheidsdeel-
en munisipale infrastruktuur-toelaes verskaf, en monitering.
Departement van Gesondheid sal inligting oor openbare gesondheid kordineer, 'n aanvraag na sanitasie skep deur higine
bewusmakingsprogramme, gesondheidsnorme vir sanitasie voorberei, munisipaliteite ondersteun, opleidingsmateriaal voorsien en gemeenskappe
opvoed oor higine.
Nasionale Tesourie ondersteun die plaaslike regering met die beplanning en bestuur van hulle befondsing.
Nasionale Behuising ontwikkel standaarde vir behuisingsontwikkeling (die minimumvlak vir sanitasie is 'n VIP per huishouding behalwe waar
grondtoestande dit onmoontlik maak). Dit kordineer ook die behuisingsubsidie wat geadministreer word deur die provinsiale behuisingsdepartemente.
Departement van Onderwys is verantwoordelik vir die ontwikkeling van kurrikula en standaarde, verkryging van befondsing, inligting en
kapasiteitsbou. Die provinsiale departemente is verantwoordelik vir die verbetering van skoolinfrastruktuur insluitend sanitasie en vir
die implementering van die Health Promoting Schools-Program om veilige en gesonde skole daar te stel.
Departement van Openbare Werke is die implementeringsagent namens die nasionale en provinsiale regering wanneer
skole en klinieke gebou word. Hierdie departement het 'n verantwoordelikheid om te verseker dat voldoende sanitasie genstalleer word in
regerings- en openbare geboue. Die departement is ook verantwoordelik vir die implementering van die gemeenskapsgebaseerde openbare
werke-programme.
Departement van Omgewingsake en Toerisme is verantwoordelik vir die beskerming van die omgewing en sal standaarde ontwikkel in verband
met die impak van sanitasie-sisteme op die omgewing, en vir die monitering van impakte in ooreenstemming met omgewingbestuursprosedures.
Ander rolsprelers
Die privaatsektor
Die regering kan die sanitasie-agterstand nie alleen aanspreek nie. Die privaatsektor, veral besigheid, kan
sanitasiestelsels vervaardig en installeer, in vennootskap tree met munisipaliteite vir dienslewering en finansiering
verskaf.
Nie-regeringsorganisasies
Hierdie organisasies kan help met higinebewusmakingsprogramme, gemeenskapsdeelname fasiliteer,
gemeenskapsgebaseerde konstruksiespanne saamstel en projekte implementeer en monitor.
Hoe sal dit alles gekordineer word?
 Op plaaslike vlak sal die Distriksmunisipaliteit, Metro of Plaaslike Munisipaliteit 'n primre verantwoordelikheid
h vir implementering deur die Gentegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en waarvan Waterdienste
Ontwikkelingsplan (WDOP) deel vorm.
 Op provinsiale vlak sal provinsiale regering steun verleen deur die Provinsiale Sanitasie Kordineringsforums.
 Op nasionale vlak word kordinering bereik deur die Nasionale Sanitasie Taakspan (NSTS) wat herstig sal word
as 'n subkomitee van die Munisipale Infrastruktuur Taakspan (MITS). DWAF sal as hoofdepartement optree.
Wat is die tydskale?
Die Witskrif op Basiese Huishoudelike Sanitasie is in September 2001 deur die kabinet goedgekeur. Terselfdertyd is
die Raamwerk vir 'n Nasionale Sanitasiestrategie ook goedgekeur. Die Raamwerk word tans gekommunikeer aan
belanghebbendes, insluitend distriks- en plaaslike munisipaliteite, NROs, implementeringsagente, provinsiale regering
en enige genteresseerde en geaffekteerde lede van die publiek. Die dokument is op die internet beskikbaar by
www.dwaf.gov.za. Provinsiale en plaaslike strategie sal ontwikkel word voor Julie 2002. Die Raamwerk beveel aan
dat 'n gemeenskapontwikkelingsbenadering gebruik word, eerder as 'n kontrakteurgedrewebenadering. Dit sal meer
werk skep en gemeenskappe oplei in sanitasievaardighede en projekbestuur.
Watter soorte toilette is beskikbaar?
Wanneer toilette of sanitasiestelsels gekies word, moet gemeenskappe dit doen aan die hand van bekostigbaarheid,
hoe maklik dit is om te gebruik, onderhoud, omgewingsbeskerming, die vermo van gemeenskapsgebaseerde
kontrakteurs om stelsels te implementeer en tot watter mate die stelsels gesondheid sal bevorder. Elke stelsel werk
slegs indien gebruikers opgevoed is om dit reg te gebruik. Andersins breek toilette, ruik sleg, lok insekte en is 'n
teelaarde vir kieme. Die laaste drie opsies wat hieronder gelys word, word nie vir huishoudelike gebruik aanbeveel
nie. Koste aangedui is by benadering en sal wissel volgens plaaslike toestande.
Onverbeterde puttoilet (onhiginies en word nie aanbeveel nie): 'n Topstruktuur oor 'n put. Koste wissel.
Geventileerde verbeterde put (VIP) toilet: 'n Topstruktuur oor 'n put, geventileer deur 'n pyp met 'n vliegskerm. Die
put kan uitgevoer of onuitgevoer wees, afhangende van grondtoestande. Koste begin op R600 om te bou en R60 per
jaar om die afval leeg te maak.
Geventileerde verbeterde dubbelput (VIDP) toilet: 'n Enkele topstruktuur oor twee vlak putte langs mekaar. Slegs
een put word op 'n keer gebruik en geventileer deur 'n pyp met 'n vliegskerm. Putte word gewoonlik uitgevoer en die
middelste muur word gesel. Koste begin by R2 500 om te installeer en R35 per jaar om te bedryf en onderhou.
Kompostoilette insluitend urineherleiding- en drogingstelsels: 'n Enkele topstruktuur oor 'n verselde houer met
toegang vir die verwydering van gekomposteerde afval. Urine kan herlei word en 'n ventilasiepyp help om die afval te
droog, veral vir drogingstelsels. Koste begin by R3 000 vir kommersile stelsels en bedryfs- en onderhoudskoste is
R35.
Gooi-spoel latrine of watertoilet: 'n Toilet met watersel. Afval word weggewas deur 'n kort pyp of afvalkanaal na 'n
afvalkolleksie- en syferwegruimstelsel. Die toilet word internasionaal gebruik waar gebruikers hurk en water gebruik
word vir anale reiniging. Dit werk nie wanneer mense ontoelaatbare voorwerpe in die toilet gooi nie, of as daar nie 'n
bekostigbare leegmaakdiens is nie. Installasie begin by R2 000 en verwyderingskoste is R150 per jaar.
Septiese tenk en syfer: 'n Binnenshuise volledige spoeltoilet wat deur middel van loodgieterswerk gekonnekteer is
aan 'n waterdigte ondergrondse verteerder (afsakkamer) waar vloeistowwe toegelaat word om in die grond weg te
sak. Installasiekoste begin op R7 000 en jaarlikse koste by R200, afhangend van hoe dikwels dit leeggemaak word.
Spoeltoilette met bewaringstenks: Afval word gespoel na 'n tenk van waar dit nie na die omliggende omgewing kan
versprei nie en wat dus leeggemaak moet word. Koste hang af van die grootte van die tenk en hoe dikwels dit leeggemaak
word.
Kleinboor riool sonder vastestowwe: 'n Binnenshuise spoeltoilet wat afloop in 'n septiese tenk waar vastestowwe
afsak. Vloeistowwe gaan deur 'n klein riooltjie na 'n sentrale versamelingspunt of bestaande riool. Koste hang af van
die tenkgrootte en hoe dikwels dit leeggemaak word.
Volledige watergevoerde riool: 'n Binnenshuise spoeltoilet wat gekoppel is aan riolering wat vloei na 'n
waterbehandelingsaanleg. R6 000 om te installeer en bedryfskoste is ongeveer R400 per jaar.
Vlak riolering: Binnenshuise toilet wat gespoel word met minder water as wat gewoonlik gebruik word en deur kleiner
en vlakker pype met inspeksiekamers op die terrein. Internasionaal spaar dit tot 50% op watergebruik, maar word nog
in Suid-Afrika getoets.
Chemiese toilette: Losstaande eenhede wat chemikalie gebruik om ontlasting skadeloos en reukloos te maak. Duur
en word oor die algemeen slegs tydelik gebruik. Die meeste owerhede probeer om die gebruik hiervan te beindig.
Emmertoilet (onhiginies en word nie aanbeveel nie): 'n Topstruktuur met sitplek oor 'n emmer. Die emmer word
van tyd-tot-tyd verwyder en die inhoud weggedoen. Wyd gebruik, maar hou gesondheidsrisiko's in vir die
verwyderaars. Die meeste owerhede probeer om die gebruik hiervan te beindig - en dit is duur om te bedryf en in
stand te hou.
Gemeenskaplike toilette (nie aanbeveel vir huishoudelike gebruik): Toiletblokke kan op nat of dro stelsels
gebaseer wees. Dit vereis gereelde skoonmaak en onderhoud.
Potensile bronne van befondsing
Daar is drie hoofbronne van befondsing vir sanitasieverbetering: die Gelykheidsdeel-subsidie, infrastruktuurtoelae en
munisipaliteite se eie inkomste. Deel van die behuisingsubsidie kan ook gebruik word vir sanitasie.
Gelykheidsdeel
Hierdie subsidie van die nasionale regering aan plaaslike regering dek die bedryfskoste van gratis basiese dienste
aan die baie armes.
Toelae
Die Munisipale Infrastruktuur Beleggingstoelaag sal residensile eiendom befonds. Die DWAF gee tans 'n eenmalige
sanitasiesubsidie van R300 vir gemeenskapsontwikkeling en R900 vir basiese toiletstruktuur (dit is voorafgegaan deur
R600 vir gemeenskapsontwikkeling en R600 vir infrastruktuur). Indien toilette genstalleer word deur kontrakteurs, sluit
hierdie fooi nie BTW of bestuursfooie in nie. DWAF het reeds R100 miljoen toegeken vir sanitasieverbeteringsprogramme
in die landelike areas vir die 2001/2002 belastingjaar.
Munispaliteite se eie inkomste
Die regering gee aandag aan kosteverhaling in die verskaffing van sanitasiedienste. Munispaliteite bepaal hulle eie
tariewe nadat hulle die armstes voorsien het van 'n gratis basiese vlak van diens.
Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (CMIP)
Die CMIP befonds op-terrein sanitasie, en die grootmaat- en koppelinfrastruktuur in stedelike en landelike areas.
Behuisingsubsidies
Alle huishoudings kan tans 'n eenmalige subsidie van R16 000 in geformaliseerde dorpsuitbreidings bekom wat
gebruik kan word om grond te bekom, huise te bou en infrastruktuur soos toilette te verskaf. Mense wat informele
grondregte het op eiendom wat hulle bewoon, kan ook in aanmerking kom vir die subsidie. 'n Landelike
behuisingverbeteringstoelaag word ook voorgestel.
Hoe sal die onderskeie fondse gekordineer word?
Die Gentegreerde Ontwikkeilngsplan (GOP) sal gebruik word as 'n interim meganisme om befondsing te integreer en
te verseker dat daar geen oorvleuelings is nie.
1. Sanitasie moet aan die behoeftes van die gemeenskap beantwoord en gekoppel wees aan
verhoogde higine-bewustheid. Ten einde mense voordeel te laat trek uit sanitasieverbeterings,
moet almal verstaan wat die verband is tussen hulle eie gesondheid, goeie higine en toiletfasiliteite.
2. Gemeenskappe moet ten volle betrokke wees by projekte. DWAF is slegs die reguleerder. Burgers
het regte maar ook verpligtinge om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie gesondheid.
3. Sanitasie moet voorsien word in samehang met watertoevoer en ander munisipale dienste.
4. Sanitasie is meer as net toilette; dit moet vergesel word van omgewings- en gesondheidsopvoeding.
5. Toegang tot basiese sanitasie is 'n mensereg.
6. Plaaslike regering het die konstitusionele verantwoordelikheid om toegang te voorsien tot
sanitasiedienste.
7. Skaars openbare fondse moet gepriorietiseer word om diegene te help vir wie die risiko die
grootste is.
8. Beperkte nasionale fondse behoort regverdig versprei te word deur die land.
9. Water het 'n ekonomiese waarde en moet beskerm word deur sanitasie.
10. Besoedelaars moet betaal vir die skoonmaak van water en die omgewing wat hulle besoedel het.
11. Sanitasie moet finansiel volhoubaar wees.
12. Die omgewing moet beskerm word wanneer sanitasiestelsels opgestel en bedryf word.
Basiese Sanitasie Beleid-Beginsels

Verstaan Suid-Afrika se
sanitasiebeleid
Verstaan Suid-Afrika se
sanitasiebeleid
Beginsels van die Witskrif
Hoekom het ons 'n probleem?
Suid-Afrika se sanitasieprobleem het twee hoofoorsake:
Swak higine (baie mense
weet nie dat hulle hul hande
moet was nadat hulle ontlas of
doeke omgeruil het nie, en baie
dink dis goed genoeg om die
veld as 'n toilet te gebruik).
Gebrek aan infrastruktuur
(geen toilette en geen water
vir die was van hande nie).
Die voorsiening van verbeterde toilette is deel van die antwoord. Terselfdertyd
moet daar verhoogde bewustheid in die gemeenskap wees van gesondheidsake,
verbeterde higine en gemeenskapsdeelname aan sanitasieprogramme.
Wat is die oplossing?
 Sanitasie moet die behoeftes van die gemeenskap
beantwoord en gekoppel wees aan verhoogde higinebewustheid.
Ten einde mense voordeel te laat trek uit
sanitasieverbeterings, moet almal verstaan wat die verband
is tussen hulle eie gesondheid, goeie higine en toiletfasiliteite.
 Gemeenskappe moet ten volle betrokke wees by projekte. DWAF
is slegs die reguleerder. Burgers het regte maar ook
verpligtinge om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie
gesondheid.
 Sanitasie moet voorsien word in samehang met watertoevoer
en ander munisipale dienste.
 Sanitasie is meer as net toilette; dit moet vergesel word van
omgewings- en gesondheidsopvoeding.
 Toegang tot basiese sanitasie is 'n mensereg.
 Plaaslike regering het die konstitusionele verantwoordelikheid
om toegang te voorsien tot sanitasiedienste.
 Skaars openbare fondse moet gepriorietiseer word om diegene
te help vir wie die risiko die grootste is.
 Beperkte nasionale fondse behoort regverdig versprei te word
deur die land.
 Water het 'n ekonomiese waarde en moet beskerm word deur
sanitasie.
 Besoedelaars moet betaal vir die skoonmaak van water en die
omgewing wat hulle besoedel het.
 Sanitasie moet finansiel volhoubaar wees.
 Die omgewing moet beskerm word wanneer sanitasiestelsels
opgestel en bedryf word.
Die regering het 'n konstitusionele verantwoordelikheid om te verseker dat alle
Suid-Afrikaners toegang het tot voldoende sanitasie. Die beleid sal dus fokus op
die voorsiening van toegang tot voldoende sanitasie vir huishoudings, skole en
klinieke, die verbeterde opvangs van huishoudelike afval en die opvoeding van die
publiek aangaande higine.
Die regering het planne om verbeterde sanitasie te fasiliteer deur gemeenskappe
te steun in die voorsiening en gebruik van volhoubare (bekostigbare, gemeenskapsbeheerde)
sanitasiedienste. Sleutel fokusareas sal landelike, buitestedelike
en informele nedersettings insluit waar die behoefte die grootste is.
Sanitasie is lewensnoodsaaklik vir nasionale gesondheid. Ten
einde goeie sanitasie te verkry, moet dit deel wees van 'n algehele
ontwikkelingsinisiatief. Sanitasie is dus slegs een van vele ontwikkelingsprogramme
wat deur die regering bevorder word. Sukses hang ook af van gemeenskapsteun.
Sanitasiekapasiteit moet dringend gebou word in gemeenskappe sodat burgers
bemagtig word om by te dra tot die nasionale sanitasieprogram.
Sanitasieprogramme sal die sosiale en sielkundige probleme verwant aan swak
sanitasie verbeter. Toilette sal op 'n afstand van huise af geplaas word; onvoldoende
gemeenskaplike fasiliteite, onvoldoende wegruiming van afval en ander swak
sanitasiepraktyke lei tot 'n verlies aan privaatheid en waardigheid, blootstelling en
verhoogde risiko's vir persoonlike veiligheid.
Wat is die minimum aanvaarbare
basiese vlak van sanitasie?
Wat sal die basiese huishoudelike
sanitasie-beleid bereik?
Hoekom is sanitasie belangrik?
Sanitasie is lewensbelangrik vir goeie gesondheid. Gesondheidsprobleme
verwant aan swak sanitasie sluit in diarree, disenterie, tifus, cholera, malaria,
bilharzia, wurmbesmetting, ooginfeksies, velsiektes en verhoogde infeksies in
mense wat MIV-positief is. Goeie sanitasie lei tot verhoogde lewensverwagting.
Sanitasie is ook lewensnoodsaaklik vir welvaartskepping. Ekonomiese voordele
van verhoogde sanitasie sluit in besparings in gesondheidskoste, hor
werksproduktiwiteit, beter skoolbywoning, verbeterde toerisme en verminderde
koste vir die behandeling van water.
 Toepaslike higine soos om toilette skoon te hou en hande te
was na die hantering van afval
 'n Stelsel vir die wegruiming van menslike uitskeiding, afvalwater
en vullis wat bekostigbaar, maklik om in stand te hou, veilig en
omgewingsaanvaarbaar is
 'n Geskikte toilet vir elke huishouding
Plaaslike regering implementeer
sanitasie
1. 2.
3. 4.
5. 6. 7.
Aanvraag
te skep
8. 9. Toepaslike steun
te verskaf om
deurlopende
volhoubaarheid
te verseker
10.
Priorietiseer
hierdie probleme
Verseker van die
begin af
volhoubaarheid op
beplanningsvlak
Identifiseer plaaslike
sanitasieprobleme
Beplan om hierdie
probleme aan te spreek
binne die GOP/WDOP
Bring
begrotings in
lyn met mekaar
Verseker dat daar
voldoende
menslike
hulpbronne is, of
maak tussentydse
planne
Implementeer
die plan
en begin
deur...
Monitering en
rapportering
Die verbetering van sanitasie is almal se taak. Rolspelers sluit in gemeenskappe
en huishoudings (in die eerste plek); gemeenskapsgebaseerde kontrakteurs;
plaaslike, provinsiale en nasionale regering; privaatsektor en NROs.
Wie is verantwoordelik vir beter sanitasie?
Konstitusionele verantwoordelikhede:
Huishoudings en gemeenskappe
 Munisipaliteite moet toegang voorsien tot basiese dienste, insluitend sanitasie.
 Nasionale en provinsiale regering moet munisipaliteite ondersteun met wetgewing
en ander maatrels.
Goeie sanitasie begin in die huis. Huishoudings en gemeenskappe is in die
eerste plek verantwoordelik vir hulle eie gesondheid, 'n skoon omgewing en
verbeterde sanitasie. Verkeerde gesondheidspraktyk kan hulle eie gesondheid
en die gesondheid van die gemeenskap en die volk in gevaar stel.
Hieginepraktyk kan deur 'n paar eenvoudige stappe verbeter word, soos
om hande te was nadat die toilet gebruik is, voor voedsel hanteer word en
nadat babadoeke omgeruil is. Lede van die gemeenskap kan ook die boodskap
van goeie higine versprei en ander lede van die gemeenskap bewus maak
van die belangrikheid van sanitasie en goeie higinepraktyk.
Huishoudelike toilette is 'n huishoudelike verantwoordelikheid. Plaaslike
regering behoort lede van die gemeenskap te ondersteun om 'n skoner en
gesonder leefomgewing te skep, deur:
 Gemeenskapsgebaseerde projekte waardeur plaaslike bouers opgelei
word om veilige en higiniese toiletfasiliteite te bou. Hierdie plaaslike
bouers sal huishoudings help om hulle eie toiletfasiliteite te bou. Sodoende
word werk geskep.
 Verskaf inligting om huishoudings en bouers te help om aan die minimum
vereistes vir 'n veilige en higiniese toilet te voldoen.
 Subsidieer die belangrikste materiale om seker te maak dat die toiletfasiliteit
higinies, veilig en toeganklik is.
Verder is huishoudings ook daarvoor verantwoordelik om plaaslike regering
attent te maak op hulle sanitasie-verwante behoeftes. Gemeenskappe en
gemeenskapsgebaseerde organisasies moet plaaslike regering steun met
die beplanning, implementering, monitering en evaluering van sanitasieprojekte.
Lede van die gemeenskap moet enige foutiewe sanitasiestelsels
en sanitasierisiko's vir die omgewing by plaaslike regering aanmeld.
Huishoudings moet verseker dat hulle toiletfasiliteite altyd in goeie werkende
orde en skoon is.
Rolle en verantwoordelikhede
Plaaslike regering
Plaaslike regering moet huishoudings bystaan met die verbetering van hulle
eie sanitasie. Hulle moet saam met gemeenskappe en huishoudings werk
om die belangrikheid van sanitasie vir gesondheid en die voordele en gerief
van 'n veilige en aantreklike toilet uit te wys. Hulle is ook daarvoor
verantwoordelik om hulp te verleen aan huishoudings om hulle eie sanitasie
te voorsien. As deel van hierdie proses moet hulle die gemeenskap en
huishoudings bewus maak van die belangrikheid van sanitasie en die implikasie
wat dit vir gesondheid het. Plaaslike regering moet saam met die gemeenskap
gesondheids- en higineprogramme loods, die behoefte vir toiletgeriewe
bepaal, hierdie behoeftes priorietiseer en huishoudings deur spesifieke projekte
help om hulle toiletfasiliteite te bou. Plaaslike regering-beplanning word
gemplementeer deur die Gentegreerde Ontwikkelingsplanne, waarvan die
Waterdienste Ontwikkelingsplanne (Water en Sanitasie) 'n komponent is. Die
befondsing kom uit verskeie bronne, insluitend die invordering van belasting
en provinsiale en nasionale regering. Met die implementering van die
sanitasieprogram, moet plaaslike regering verseker dat die omgewing beskerm
word. Individuele besigheidsplanne sal vir elke projek ontwikkel word, in
samewerking met die sanitasie-projekstuurkomitee wat uit en deur die
gemeenskap verkies word. Die besigheidsplanne sal die metodes definieer
wat gevolg moet word en die bydrae wat van die gemeenskap verlang word,
met inagname van die behoeftes van spesifieke gemeenskappe. Plaaslike
regering sal hulp verleen deur bestuursvaardighede te voorsien om die sukses
van projekte te verseker. Boodskappe wat gesondheid en higine bevorder,
behoort verstrek te word en gesondheid behoort op 'n deurlopende basis
gemonitor te word.
Provinsiale regering
Provinsiale regering moet finansies, menslike hulpbronne en tegniese steun
aan plaaslike regering verskaf. Dit moet ook verseker dat dit in ooreenstemming
is met nasionale beleid, wetgewing ontwikkel wat dit moontlik maak,
streeksbeplanning kordineer en vordering monitor.
Nasionale regering
Nasionale regering moet wetgewing en standaarde daarstel; nasionale
programme lei, kordineer en monitor; steun verskaf aan ander regeringsvlakke;
diensverskaffing reguleer en intree waar kapasiteit kortkom.
Sleutel regeringsdepartemente
Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF) is die
voog van die nasie se water en die hoofdepartement in die
sanitasiesektor. In vennootskap met ander nasionale rolspelers
moet DWAF sanitasiestandaarde ontwikkel, provinsies en
munisipaliteite ondersteun in die ontwikkeling van
sanitasiedienste, uitkomste monitor, kapasiteit bou, finansile
steun verskaf, lae-koste sanitasie loodsprojekte onderneem
en seker maak dat sanitasie op 'n gekordineerde wyse
gemplementeer word. Die Departement verskaf steun aan
plaaslike regering vir die ontwikkeling van hulle Waterdienste
Ontwikkelingsplanne (WDOPe), wat 'n komponent is van die
Gentegreerde Ontwikkelingsplanne (GOPe).
Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering sal
die primre verantwoordelikheid aanvaar vir die bevordering
van munisipaliteite se Gentegreerde Ontwikkelingsplanne,
ten einde te verseker dat provinsiale en plaaslike regerings
genoegsame kapasiteit het, die Gelykkheidsdeel- en munisipale
infrastruktuur-toelaes verskaf, en monitering.
Departement van Gesondheid sal inligting oor openbare
gesondheid kordineer, 'n aanvraag na sanitasie skep deur
higinebewusmakingsprogramme, gesondheidsnorme vir
sanitasie voorberei, munisipaliteite ondersteun,
opleidingsmateriaal voorsien en gemeenskappe opvoed oor
higine.
Nasionale Tesourie sal verantwoordelikheid neem vir die
befondsingsmaatrels insluitend die Gelykheidsdeel en toelaes.
Nasionale Behuising ontwikkel standaarde vir
behuisingsontwikkeling (die minimumvlak vir sanitasie is 'n
VIP per huishouding behalwe waar grondtoestande dit
onmoontlik maak). Dit kordineer ook die behuisingsubsidie
wat geadministreer word deur die provinsiale
behuisingsdepartemente.
Ander rolsprelers
Nasionale Departement van Onderwys is verantwoordelik vir
die ontwikkeling van kurrikula en standaarde, verkryging van
befondsing, inligting en kapasiteitsbou. Die provinsiale
departemente is verantwoordelik vir die verbetering van
skoolinfrastruktuur insluitend sanitasie en vir die implementering
van die Health Promoting Schools-Program om veilige en gesonde
skole daar te stel.
Departement van Openbare Werke is die implementeringsagent
namens die nasionale en provinsiale regering wanneer skole en
klinieke gebou word. Hierdie departement het 'n
verantwoordelikheid om te verseker dat voldoende sanitasie
genstalleer word in regerings- en openbare geboue. Die
departement is ook verantwoordelik vir die implementering van
die gemeenskapsgebaseerde openbare werke-programme.
Departement van Omgewingsake en Toerisme is
verantwoordelik vir die beskerming van die omgewing en sal
standaarde ontwikkel in verband met die impak van sanitasiesisteme
op die omgewing, en die impakte monitor in
ooreenstemming met omgewingbestuursprosedures.
Die privaatsektor
Die regering kan die sanitasie-agterstand nie alleen aanspreek
nie. Die privaatsektor, veral besigheid, kan sanitasiestelsels
vervaardig en installeer, in vennootskap tree met munisipaliteite
vir dienslewering en finansiering verskaf. Nieregeringsorganisasies
kan help met
higinebewusmakingsprogramme, gemeenskapsdeelname
fasiliteer, gemeenskapsgebaseerde konstruksiespanne
saamstel en projekte implementeer en monitor.
 Op plaaslike vlak sal die Distriksmunisipaliteit of Metro of Plaaslike Munisipaliteit
'n primre verantwoordelikheid h vir implementering deur die Gentegreerde
Ontwikkelingsplan (GOP) en waarvan Waterdienste Ontwikkelingsplan (WDOP) deel
vorm.
 Op provinsiale vlak sal provinsiale regering steun verleen deur die Provinsiale
Sanitasie Kordineringsforums.
 Op nasionale vlak word kordinering bereik deur die Nasionale Sanitasie Taakspan
(NSTS) wat herstig sal word as 'n subkomitee van die Munisipale Infrastruktuur
Taakspan (MITS). DWAF sal as hoofdepartement optree.
Dankbetuigings

Die Owerheid erken graag die bydraes van alle individue en organisasies wat deelgeneem het aan die opstel van die Besprekingsdokument en Posisiedokument m.b.t. Suid-Afrikaanse Inhoud op Televisie en Radio.

OKOSA
Mnr Mandla Langa 	(Voorsitter)
Me Libby Lloyd 	(Raadslid)
Mnr Michael Markovitz (Spesiale Adviseur vir die Voorsitter)
Mnr Pfanani Lishivha 	(Projekleier)
Me Violet Letsiri 
Mnr Zweli Mthembu
Mnr Johan Koster 
Mnr Baldwin Mpisi 
Mnr Jannie van der Merwe 
Mnr Stanley Mamaregane 
Mse Marschelle Tillek 	(Administratiewe Amptenaar)
Me Veronica Thale

SKAKELSENTRUM
Me Alison Gilwald
Me Nadia Bulbulia
Mnr Michael Milazi

Redigering en Proeflees
Me Carol Steinberg 	(Besprekingsdokument)
Me Karen Martin	(Posisiedokumente)

A.	INLEIDING

1.	Oogmerke van die Posisiedokument

Hierdie Posisiedokument is die kulminasie van 'n ondersoek ingevolge artikel 28 van die Onafhanklike Uitsaaiowerheidwet, 1993, ("die OUO-wet") na die hersiening van die Suid-Afrikaanse inhoudkwotas. As deel van die ondersoek, het die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika ("OKOSA") in November 2000 'n Besprekingsdokument gepubliseer en gedurende Mei 2001 openbare verto aangehoor.

Die primre oogmerke van Suid-Afrikaanse inhoudregulering is:
* om 'n nasionale en provinsiale identiteit, kultuur en karakter te ontwikkel, te beskerm en te bevorder; en
* om lewendige, dinamiese, kreatiewe en ekonomies produktiewe plaaslike bedrywe te skep.

Suid-Afrikaanse televisie en radio behoort die lewenservarings, kulture, tale, aspirasies en artistieke uitdrukking wat tipies Suid-Afrikaans is, weer te gee en daarby betrokke te raak. D.m.v. Suid-Afrikaanse musiek en televisieprogramme kan radio en televisie 'n deurslaggewende bydrae tot demokrasie, nasiebou en ontwikkeling in Suid-Afrika maak. Suid-Afrikaanse inhoudkwotas streef daarna om ons land se nasionale kulture en identiteite te beskerm en te ontwikkel en om die publiek se keuses te verbreed. Suid-Afrikaanse musiek en televisieprogramme behoort deur 'n wye spektrum Suid-Afrikaners vervaardig te word, vir Suid-Afrikaners in tale van hul keuse. 

Suid-Afrikaanse inhoudregulasies beoog ook om die historiese wanbalanse in die kulturele- en uitsaaibedrywe reg te stel. Uitsaaiers word aangemoedig onafhanklike produksiemaatskappye opdrag te gee wat beheer word deur voorheen benadeelde individue. Hulle word ook aangemoedig om produksiemaatskappye uit verskillende provinsies te gebruik en om nuwe talent te werf en uit te saai.
Hierdie beleidsbesluite m.b.t. Suid-Afrikaanse inhoud is in ooreenstemming die OUO-wet en die Uitsaaiwet, 1999. Die besluite is ook gelei deur die geskrewe en mondelinge voorleggings wat gedurende die proses deur belanghebbendes gemaak is. 

OKOSA is van mening dat die nuwe Suid-Afrikaanse inhoudkwotas en regulaises, ekonomiese geleenthede vir vele Suid-Afrikaners sal fasiliteer. Dit sluit in die derduisende persone betroke in die musiekbedryf en diegene werksaam in televisieproduksie sowel as verwante bedrywe. Die regulasies streef daarna om aansporings vir die musiek- en televisiebedrywe te skep. Die regulasies streef ook om uitsaaiers aan te moedig om in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse musiek en televisie te bel, om nuwe Suid-Afrkaanse talent te ontwikkel, om in hokwaliteittegnologie te bel, en om die kwaliteit en verskeidenhed van Suid-Afrikaanse musiek- en televisieprogrammering te verbeter. 
2. 	Agtergrond

In 1995 het die voorganger van OKOSA, die Onafhanklike Uitsaaiowerheid ("die OUO"), 'n drieledige ondersoekverslag aan die Parlement voorgel. Die verslag het gegaan oor die "Beskerming en Lewensvatbaarheid van Openbare Uitsaaiwese, Kruismediabeheer van Uitsaaidienste en Suid-Afrikaanse Televisie-inhoud en Suid-Afrikaanse Musiek". Die verslag het gevolg op 'n openbare ondersoek waartydens meer as 120 voorleggings m.b.t die drie onderwerpe ontvang is, met 38 voorleggings toegewy aan Suid-Afrikaanse inhoud. Die uitslag van hierdie aspek van die ondersoek het uiteindelik gelei tot die bekendstelling gedurende 1997 van die Suid-Afrikaanse Musiekregulasies en Suid-Afrikaanse Televisie-inhoudregulasies. Deel van hierdie regulasies was die vereiste dat die OUO die regulasies binne drie jaar na die inwerkingtreding daarvan sal hersien. Die bedoeling van die hersiening was om die doeltreffendheid van die kwota te bepaal, die vlakke te verhoog en die basis van bepaling van die kwota te verbeter. 

Die 1997 regulasies bepaal dat 30% van die televisie-inhoud van die openbare televisie-uitsendingdiens, gedurende die Suid-Afrikaanse televisie-uitsendingperiode en spitstyd, Suid-Afrikaans moet wees en dat elke openbare televisiedienskanaal nie minder as 25% Suid-Afrikaanse inhoud moet bevat. Gratis uitsaaihandelsenders moet verseker dat 'n minimum van 20% van hulle inhoud Suid-Afrikaans is terwyl intekenaardienste 5% Suid-Afrikaanse inhoud moet bevat. 

Die regulasies bepaal verder dat 40% van die Suid-Afrikaanse inhoudkwota wat van uitsaailisensiehouers vereis word deur plaaslike onafhanklike vervaardigers verskaf moet word. Uitsaaiers word verder aangemoedig om opdrag te gee aan onafhanklike produksiemaatskappye wat beheer word deur voorheen benadeelde groepe, maatskappye wat in verskillende provinsies en niemetropolitaanse gebiede gesetel is, asook nuwe talent. 

M.b.t radio, bepaal die huidige regulasies dat die houer van enige kategorie van klankuitsendinglisensie wat 15% of meer van sy uitsaaityd gedurende die uitsendingperiode aan musiek bestee, moet verseker dat ten minste 20% van die musiekuitsending Suid-Afrikaans is. 

Dit is hierdie regulasies wat hersien is ingevolge die openbare proses soos hieronder beskryf. 
3. 	Die Openbare Proses

In November 2000 het OKOSA 'n besprekingsdokument getiteld "Die Hersiening van Plaaslike Inhoudkwotas" gepubliseer. Die primre oogmerk van die besprekingsdokument was om alle belangstellendes die geleentheid te gee om insette te lewer. Met hierdie doel voor o, is die besprekingsdokument opgestel in die vorm van vrae en gerugsteun deur verduidelikende en kontekstuele bespreking. 

Openbare aankondigings is op die radio, televisie en OKOSA se webwerf gedoen waarin belanghebbendes en die publiek uitgenooi is om op die vrae te reageer, beide skriftelik en mondelings. Daar was 'n wye reaksie. OKOSA het 51 geskrewe voorleggings ontvang wat tot die publiek se beskikking gestel is in OKOSA se biblioteek en sy streekskantore. Drie-en-dertig belanghebbendes en belangstellende partye het vanaf 7 tot 18 Mei 2001 voorleggings in Kaapstad, Durban en Johannesburg gedoen.


B.	BEVINDINGEDie verto m.b.t. Suid-Afrikaanse inhoud toon dat daar wydverspreide verbintenis is tot die produksie en die sien van Suid-Afrikaanse inhoud op televisie en die luister na Suid-Afrikaanse musiek op radio. OKOSA se hersieningmonitering vir die nakoming deur televisie- en radiostasies toon dat ten spyte van die voorbehoude ten tye van die instelling daarvan, Suid-Afrikaanse uitsaaiers hulle kwotas oorweldigend oorskry het.OKOSA as die beskermer van Suid-Afrikaanse inhoud, is verbind tot die ideaal uiteengesit in die Witskrif oor Uitsaaibeleid dat televisie en radio oorwegend Suid-Afrikaans moet wees.Dit blyk duidelik uit die verto en die monitering dat om Suid-Afrikaanse inhoud uit te saai nie 'n las is nie. Trouens, uitsaaiers sien dit as 'n geleentheid om aan veranderende luisteraarsbehoeftes te voldoen en om die Suid-Afrikaanse bedryf te laat groei, en terselfdertyd by te dra tot die opkomende demokratiese kultuur van die land.
TELEVISIE4.	DefinisiesOKOSA sal aan die Parlement voorstelle voorl dat die definisie van "Suid-Afrikaanse televisie-inhoud", ingevolge artikel 53(1)(a) van die OUO-wet, uit die wetgewing verwyder word en in die regulasies opgeneem word. Ander voorstelle omtrent wysigings aan definisies sal in 'n verslag aan die Parlement voorgel word. Dit sal die Parlement in staat stel om te besluit of dit noodsaaklik is om die Wet te wysig ten einde die ontwikkeling van hierdie dinamiese sektor te bevorder. Terwyl voorstelle dat sport by die definisie van Suid-Afrikaanse inhoud ingesluit behoort te word by die verslag ingesluit sal word, sal OKOSA aanbeveel dat sport (insluitende "ontwikkelingsport") uitgesluit bly. OKOSA is van mening dat dit onvanpas is dat erkenning verleen word ter nakaming van die kwota aan aktiwiteite wat die uitsaaier onderneem in die normale loop van sy bedrywighede ongeag van 'n kwota. OKOSA sal ook aan die Parlement voorstel dat die definisie van "Onafhanklike televisieproduksie" ingevolge artikel 53(1)(a) van die OUO-wet, gewysig word. 5.	Medeproduksies
OKOSA sal aan die Parlement voorstel dat dit artikel 53(1)(a)(iv) van die OUO-wet wysig om die vereiste van 50% finansile belang deur Suid-Afrikaners na 20% te verminder, in lyn met Klousule III(1) van die Oudiovisuele Medevervaardigingsooreenkoms tussen die regerings van Kanada en Suid-Afrika. Klousule III(1) maak voorsiening dat die onderskeie bydraes van die medevervaardigers tussen 20% en 50% van die begroting vir elke produksie kan wissel.

OKOSA het ook besluit om klousules in die bestaande regulasies te verwyder wat bepaal dat post-produksie ten volle in Suid-Afrika moet geskied en dat sleutelpersoneel Suid-Afrikaans moet wees. Medevervaardigingsondernemings behoort, ingevolge Klousule XVIII van die Suid-Afrikaanse/Kanadese-ooreenkoms, daarna te streef om 'n algehele balans van kreatiewe personeel, tegnici, spelers en fasiliteite te handhaaf met inagneming van die onderskeie 
eienskappe van elke land. Ten minste 50% van die produksiespan behoort Suid-Afrikaans wees. 
 
Ten einde die monitering van nakoming van die regulasies te fasiliteer, moet uitsaalisensiehouers die volgende aandui:

* naam(name) van die outeur(s) van die teks met aanduiding van hulle nasionaliteite, of di van die verwerker as dit vanuit 'n literre bron geneem is;
* die naam(name) van die direkteure met aanduiding van hulle nasionaliteite; en
* 'n lys van die kreatiewe en tegniese personeel met aanduiding van hulle nasionaliteite en, in die geval van spelers, die rolle wat hulle vertolk.

6.	Kwotas

By die berekening van die kwotas, het OKOSA die voorleggings deur uitsaaiers en ander belanghebbendes oorweeg. OKOSA het die volgende in ag geneem; 

* die uitsaaier se per minuutkoste per programgenre op Suid-Afrikaanse inhoud (nuus en sport uitgesluit);
* die prestasie van die programgenre in verhouding tot handelsflitse verkoop per episode en die advertensiegraderingkaart per episode; en 
* programgenre se winsgewendheid in verhouding tot produksiekoste, graderings en uitverkooppersentasie.
Die winsgewendheid van die programgenre meet die programgenre se mededingengde krag in die advertensiemark. In hierdie verband het OKOSA ook kennis geneem van aansprake dat televisieprogramme gemik op hoofsaaklik Afrika-gehore minder advertensie lok as daardie gemik op ander kykers. Inkrementele toename van die uitverkooppersentasie het gehelp om OKOSA te adviseer omtrent die vlakke waarop programgenre meer winsgewend sal wees en 
waarskynlik 'n toename in kwotas sal kan absobeer. 

Bogemelde metodologie is nie gebruik by die vasstelling van kwotas vir kinderprogrammering nie. Dit word internasionaal aanvaar dat kinderprogramme nie daarop gemik is om adverteerders te lok en wins te genereer nie. Kinderprogramme word vervaardig en uitgesaai vir die welsyn en ontwikkeling van die kind. 

Daarby het OKOSA voorstelle aanvaar ter aansporing van sekere genres en kategorie van programmering wat uitsaaiers sal help om die kwotas te bereik.

Deur die gebruik van bogemelde metodologie, het OKOSA besluit om die volgende kwotas daar te stel. 

Openbare Televisiedienste
Tipe Program
Huidige Kwota
Verhoog met
Nuwe Kwota
Suid-Afrikaanse Drama
20%
15%
35%
Kinderprogrammering
50%
5%
55%
Dokumentre Programmering
50%
---
50%
Informele Kennisverbreding
50%
---
50%
Aktualiteitprogrammering
80%
---
80%
Opvoedkundige Programmering
60%
---
60%

Openbare en Private Handelsgratistyd-uitsaaitelevisiedienste
Tipe Program
Huidige Kwota
Verhoog met
Nuwe Kwota
Suid-Afrikaanse Drama
10%
10%
20%
Dokumentre Programmering
25%
5%
30%
Informele Kennisverbreding
25%
5%
30%
Kinderprogrammering
20%
5%
25%
Aktualiteitprogrammering
50%
---
50%

Subskripsie Televisiedienste (Ongekodeerde Periode) 
Tipe program 
Huidige Kwota
Verhoog met
Nuwe Kwota
Suid-Afrikaanse Drama
20%
---
20%
Ander programkategorie
---
15%
15%

In lyn met vorige beleid, het OKOSA besluit dat, vir die duur van M-Net se ongedekodeerde periode, M-Net moet verseker dat 'n weeklikse gemiddelde van 35% van sy programmering uit Suid-Afrikaanse televisie-inhoud bestaan. Die kwota vir Suid-Afrikaanse drama bly op 20%. Die oorblywende 15% van die kwota kan egter ander Suid-Afrikaanse inhoudkategori insluit. 

Nuwe Algehele Kwotas
Openbare Uitsaaidienste
55%
Handelsgratistydtelevisie
35%
Aardstraalsubskripsiedienste
8%

Die kwotas vir gemeenskaps- en streekstelevisie sal vasgestel word tydens die opstel van die regulasies vir hierdie sektore. 

Die nuwe regulasies en kwotas sal op 22 Augustus 2003 in werking tree. Die regulasies sal na drie jaar vanaf die inwerkingtreding daarvan hersien word. Die hersiening sal ten doel h om die uitwerking van die Suid-Afrikaanse inhoudregulasies te bepaal en te maksimaliseer. 

7.	Afrika-inhoud

OKOSA het begrip vir die kommer om Suid-Afrika in Afrika te lokaliseer en om die uitsending van Afrika televisieprogrammering deur Suid-Afrikaanse uitsaaiers te erken. OKOSA waardeer ook die inisiatiewe van uitsaaiers om programme van die res van Afrika uit te saai. OKOSA is tans egter nie in 'n posisie om die uitsending van Afrika televisieprogrammering verpligtend te maak nie of om sulke programmering ingevolge die inhoudregulasies te erken nie. Die OUO-Wet, die Uitsaai-wet en die Witskrif oor Uitsaaibeleid belas die OKOSA spesifiek om Suid-Afrikaanse inhoud te bevorder. Verder, laat die statutre definisie van Suid-Afrikaanse inhoud OKOSA nie toe om Afrika-inhoud in te sluit nie. Ter erkenning, egter, van die behoefte om 'n diversiteit van programmering te verseker asook vir uitsaaiers om 'n Afrika-identiteit te reflekteer, sal OKOSA moontlike resiproke ooreenkomste met ander Afrika-reguleringsliggame bespreek. 

Daarby sal OKOSA 'n voorlegging aan die Parlement maak oor die noodsaaklikheid om die definisies van Suid-Afrikaanse televisie-inhoud en Suid-Afrikaanse musiek te wysig ten einde Afrika-musiek in te sluit.

8.	Programkategorie 

8.1	Suid-Afrikaanse Drama 
OKOSA het besluit om, bykomend tot die kwotas vir uitsaaikategorie, 'n punteskaal in te stel wat die mees verwaarloosde genres, soos drama, bevoordeel. Nuwe regulasies bepaal derhalwe dat 'n dramatelling wat behaal moet word. Die dramatelling sal bereken word deur die gebruik van die formaatfaktor, wat punte sal toewys aan verskillende tipes Suid-Afrikaanse dramas. 

Die Formaatfaktore vir Suid-Afrikaanse drama sal wees:
* 4 vir eenmaliges (insluitende vollengte films, telefilms, and mini-reekse);
* 3 vir reekse/vervolgverhale vervaardig teen die koers van een uur of minder per week; en
* 2 vir reekse/vervolgverhale vervaardig teen die koers van meer as een uur per week. 
Die formule vir die aanteken van dramapunte sal wees:
Dramatelling = Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (ure weekliks). 

Byvoorbeeld, 'n vollengte film sal bereken word as Formaatfaktor (4 punte) x 2 uur = 8 punte. 
Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota op 'n weeklikse basis.

In 'n poging om voorheen gemarginaliseerde tale te bevorder, sal OKOSA die vervaardiging van drama in Afrika-tale aanspoor deur die toekenning van bykomende punte. Die oorklanking van drama in Afrika-tale sal nie aangespoor word nie. 

Die Formaatfaktor vir Afrika-tale drama sal wees:
* 4 vir drama in enige van die volgende tale: isiNdebele, Sepedi, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda, Xitsonga, isiXhosa, en isiZulu.

Die formule vir die aanteken van Afrika-tale dramapunte sal wees:
Afrika-tale dramatelling = Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (ure weekliks).

Byvoorbeeld, 'n Tshivenda drama sal bereken word as Formaatfaktor (4 punte) x 1 uur = 4 punte. Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota op 'n weeklise basis.
 
8.2 Kinderprogrammering
In sy reaksie op versoeke dat die definisie van kinderprogrammering vereenvoudig moet word, het OKOSA besluit om 'n nuwe definisie vir kinderprogrammering daar te stel wat ouderdomgespesifiseerd sal wees (0-6 jaar en 7-12 jaar oud). OKOSA is oortuig dat dit noodsaaklik is om die gehoor te skei ten einde hulle onderskeie kogtitiewe-, analitiese- en ontwikkelingsvaardighede aan te spreek. Die nuwe definisie wys ook na die noodsaaklikheid vir kinderprogrammering om opvoedkundig en leersaam te wees. OKOSA is seker dat die nuwe definisie uitsaaiers in staat sal stel om opvoedkundige en leersame programme in enige formaat aan te bied.
 
Op hierdie stadium sal OKOSA nie vereistes vir die uitsaai van kinderdrama stel nie. OKOSA wil eerder die vervaardiging en uitsaai van kinderdrama en informele kennisbouprogramme vir 
kinders aanmoedig deur die toekenning van punte. OKOSA doen 'n beroep op uitsaaiers om 

kinders te voorsien van die reeks en verskeidenheid van programme wat aan volwasse kykers gebied word. 
Die Formaatfaktore vir kinderprogrammering sal wees:
* 3 vir Suid-Afrikaanse kinderdrama; en
* 2 vir Suid-Afrikaanse informele kennisbouprogramme vir kinders. 
Die formule vir die aanteken van punte vir kinderprogrammering sal wees:
Kindertelling = Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (ure weekliks).
Byvoorbeeld, Suid-Afrikaanse kinderdrama sal bereken word as Formaatfaktor (3 punte) x 2 uur = 6 punte. Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota op 'n weeklikse basis.

8.3	Kunsteprogrammering
In sy reaksie op verskeie voorleggings, het OKOSA besluit om die vervaardiging en uitsending van kunsakitwiteite aan te moedig deur die daarstelling van 'n nuwe programkategorie wat bekend sal staan as "Kunsteprogrammering". Daar sal geen bepaalde kwota vir vir hierdie kategorie wees nie, maar televisie-uitsaailisensiehouers sal punte ontvang vir die bevordering van die kunste. Die kunsteprogrammeringkategorie sal programmering onderskei wat Suid-Afrikaanse skone kuns, letterkunde en Suid-Afrikaanse musiek reflekteer, maar uitsluitlike musiekvideoprogramme uitsluit. Uitsaaiers soos e.tv wat 'n kunsgleuf in hulle nuusbulletins het, kan die aantal minute wat aan die kunstegleuf in elke nuusbulletin toegewy word, tel en die minute afsonderlik onder kunseprogrammering aandui. 

Die Formaatfaktor vir kunsteprogrammering sal wees: 
* 2 vir uitvoerende kunste, beeldende kunste, letterkunde, skone kuns, kunsvlyt, skeppende skryfwerk, argitektuur en musiek (uitsluitende programme wat uitsluitlik musiekvideos vertoon) 

Die formule vir die aanteken van punte vir kunsteprogrammering sal wees:
Kunsteprogrammeringtelling = Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (ure weekliks).

Byvoorbeeld, programme oor Suid-Afrikaanse letterkunde sal bereken word as Formaatfaktor 
 (2 punte) x 1 uur = 2 punte. Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota op 'n weeklikse basis.

8.4	Eerste Vrystelling Programmering en Herhalings
Een van die oogmerke van die Suid-Afrikaanse inhoudregulasies is om belegging in televisieproduksie in Suid-Afrika aan te moedig. OKOSA is ook bewus van die koste-implikasies vir nuwe produksies. Derhalwe het OKOSA besluit om 'n puntestelsel daar te stel ten einde die waarde van herhalings te bepaal. Gevolglik onderskei die nuwe regulasies tussen eerste vrysteling programmering en herhalings. 

Slegs eerste vertonings sal ten volle bydra tot nakoming van lisensiehouers se Suid-Afrikaanse inhoudvereistes. Eerste herhalings, gerig op ander gerig gehore as di van die eerste vertoning, sal kwalifiseer op 'n vlak van 50% van die eerste vertoning. Enige verdere herhalings van die program sal nie bydra ter bereiking van die Suid-Afrikaanse inhoudkwota nie. Herhaling van die program op 'n ander kanaal sal ook tel vir helfte van die waarde van die eerste vertoning. Dieselfde geld kinderprogrammering. OKOSA wil h dat uitsaaiers opdrag gee vir die produksie van nuwe kinderprogramme en nie slegs oues heruitsend nie. 

Die Formaatfaktore vir herhalings sal wees:
0.5 vir eerste herhaling gerig op ander gehore;
0.5 vir 'n program wat oorspronklik op 'n ander kanaal vertoon is; en
0.5 vir 'n heruitsending van die week se episodes. 

9.	Uitsaaiers se Promosiemateriaal

Uitsaaiers se promosiemateriaal, hetsy vir die promosie van 'n program of die uitsaaier as sulks, kwalifiseer nie vir die berekening van die uitsaaier se nakoming van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota nie. OKOSA is oorreed deur argumente voorgel tydens die mondelingse verto dat uitsaaiers se promosiemateriaal dikwels in die produksiekoste van die hele program ingesluit is. OKOSA is ook oortuig dat uitsaaiers hierdie materiaal sal produseer selfs as die Suid-Afrikaanse inhoudregulasies nie bestaan het nie. 

10.	Verskeidenheid, Handelsvoorwaardes en Opdragpraktyke

OKOSA het besluit om 'n forum onder voorsitterskap van 'n OKOSA-amptenaar daar te stel om hierdie aangeleentheid verder te ondersoek. Die forum sal uitsaaiers, verteenwoordigers van onafhanklike vervaardigers en ander belanghebbendes byeenbring ten einde 'n oplossing vir probleem van opdragpraktyke te vind. Die forum sal kyk na sommige voorstelle wat tydens die ondersoek gemaak is, soos o.a. 'n billike opdragpraktykkode. Daarby het OKOSA ook 'n vereiste in die regulasies ingesluit dat uitsaaiers billike en deursigtige opdragprosedures moet h.

M.b.t die duidelike behoefte om die ontwikkeling van nuwe talent te identifiseer en om stories van verskillende provinsies te beeldsend, het OKOSA besluit om die vervaardiging van Suid-Afrikaanse programmering deur onafhanklike produksiemaatskappye gesetel in provinsies ander 

dan Gauteng en Wes-Kaap aan te moedig. Die beeldsend van produksies vervaardig deur onafhanklike produksiemaatskappye beheer deur historiese benadeelde persone sal insgelyks beloon word. 

Die Formaatfatore vir die opdraggewing van onafhanklike produksiemaatskappye gesetel in provinsies ander dan Gauteng en Wes-Kaap sal wees:
3 vir programmering vervaardig deur onafhanklike produksiemaatskappye gesetel in Mpumalanga, Limpopo, die Noord-Wes, die Noord-Kaap, die Vrystaat en die Oos-Kaap;
2 vir onafhanklike produksiemaatskappye gesetel in Kwazulu-Natal;
3 vir onafhanklike produksiemaatskappye beheer deur histories benadeelde persone.

Die formule sal wees:
Onafhanklike produksiemaatskappytelling = Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (ure weekliks)

Byvoorbeeld, die formule vir opdraggewing aan 'n maatskappy wat in Mpumalanga gesetel is sal bereken word as Formaatfaktor 3 punte), plus beheer deur histories benadeelde persoon(persone) (punte) x 1uur = 6 punte. Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse televisie-inhoudkwota op 'n weeklikse basis.

11.	Onafhanklike produksiekwota

OKOSA glo dat met die verhoogde kwotas vir Suid-Afrikaanse televisie-inhoud, geen aanpassing nodig is om geleenthede vir plaaslike vervaardigers te skep om 'n bydrae te maak tot die verskeidenheid van Suid-Afrikaanse programmering nie. 

OKOSA meen verder dat die voorstelle deur die FX/INCF om die hoeveelheid programmering wat deur die SABC uitgekontrakteer word te beperk, beter hanteer kan word tydens die openbare proses voortspruitende uit die rekonstruering van die SABC.

12.	Gemarginaliseerde Tale

Tydens die verhore het Rhodes Universiteit en PANSAT versoek dat OKOSA verseker dat Suid-Afrika se amptelike tale regverdige behandeling op televisie kry. Hulle het betoog dat "die 
uitsluiting van gemarginaliseerde tale (Tshivenda, Xitsonga, Siswati and isiNdebele) van televisie programmering inderdaad 'n onregverdige behandeling van die amptelike tale is". Hulle het verskeie maatrels voorgestel om te verseker dat die openbare uitsaaier programmering in al die amptelike tale insluit. 

OKOSA meen dat hierdie aangeleentheid beter aangespreek kan word tydens rekonstruksie- proses van die SABC 

RADIO

13.	Definisie van Suid-Afrikaanse Musiek 

Net soos in die gevalle van definisies van Suid-Afrikaanse televisie-inhoud en onafhanklike televisieproduksie, sal die Owerheid voorstelle wat tydens die verhore gemaak is aan die Parlement voorl dat definisie van Suid-Afrikaanse musiek uit die Wet verwyder word en in die Owerheid se regulasies opgeneem word. Ander voorstelle betreffende wysigings tot die definisie, insluitende om voorsiening te maak vir Plaatjoggie-musiek, sal ook aan die Parlement gestuur word. Terwyl die Owerheid aanbevelings betreffende platejoggiemusiek sal aanstuur, is die Owerheid nie oortuig dat hierdie wysiging sal help om die oogmerke van die musiekinhoudregulasies te bereik nie. 

14.	Suid-Afrikaanse Musiekkwotas

Kommer is gedurende verhore uitgespreek dat daar nie genoeg Suid-Afrikaanse musiek beskikbaar is om voorsiening te maak vir die nodige onderskeidenheid wat binne die verskillende radioformate benodig word nie. Sommige voorleggings, egter, het dit verwerp en betoog dat Suid-Afrikaanse musici wel beskikbaar is om gespesialiseerde musiekinhoud vir selfs uitsluitlike nisstasies te verskaf, maar hulle word nie opgeneem nie of kry nie lugtyd nie. 

Voortspruitende uit die kommer dat daar nie genoegsame Suid-Afrikaanse inhoud in spesifieke formate is nie, het sommige voorleggings gevra vir formaat-spesifieke regulering. Die openbare verhore, egter, het die feit beklemtoon dat daar huidiglik weinig ooreenstemming binne die radiobedryf self bestaan oor die definisies van die huidige formate. 

OKOSA beskou die argumente dat daar meer materiaal in sommige formate as ander beskikbaar is, as ernstig, maar merk ook op dat hierdie formate gereproduseer en in Suid-Afrika aangepas is sonder 'n vars ondersoek na plaaslike wense en behoeftes. Derhalwe stel die Owerheid voor dat die radiobedryf, deur sy verskeie verenigings, 'n proses begin om gemeenskaplike definisies vir radioformate te ontwikkel wat die realiteite van die Suid-Afrikaanse mark weergee. 

As gevolg van sy evaluasie van die radiobedryf, het OKOSA besluit om nie formaat-spesifieke kwotas in te stel nie. Alle stasies is tans in staat om hulle kwotas te ontmoet en sommige oorskry dit selfs by verre. OKOSA glo verder dat met bykomende ondersteuningsmeganismes meer, eerder as minder, Suid-Afrikaanse musiek in die toekoms beskikbaar behoort te wees. OKOSA het gevolglik besluit dat na vier jaar van hul huidige kwota van 20%, Suid-Afrikaanse radiostasies in staat behoort te wees om binne 18 vanaf die datum dat die nuwe reglasies in werking tree, die onderstaande kwotas te ontmoet: 

Tipe Uitsaaier
Huidige kwota
Verhoog met
Nuwe Kwota
Openbare Diens Radiostasies
20%
20%
40%
Gemeenskapradiostasies
20%
20%
40%
Handelsradiostasies
20%
5%
25%

Die kwota vir openbare diens radiostasies en gemeenskapradiostasies is bepaal deur die Suid-Afrikaanse inhoudvlakke huidiglik deur hierdie stasies behaal. 

Hierdie kwotas sal in 2007 hersien word ten einde hul trefkrag op die bedryf te bepaal en om verdere verhogings vas te stel. 

15. Uitbreiding van Erkenning van Bydraes tot Ontwikkeling van Suid-Afrikaanse Inhoud 

In reaksie tot versoeke vir groter buigsaamheid en innovasie in regulering, het OKOSA besluit om 'n meganisme daar te stel wat erkenning sal verleen aan die bydrae tot die ontwikkeling en bevordering van Suid-Afrikaanse musiek d.m.v. aktiwiteite anders as die speel van snitte. Gevolglik sal uitsaaiers toegelaat word om die kwota met ander bydraes te vul. 

Die volgende sal kwalifiseer as bydraes anders as die speel van snitte:
* die uitsending van lewendige musiek; 
* onderhoude met Suid-Afrikaanse musici; en
* die promosie van nuwe musici.

Die Formaatfaktore vir Suid-Afrikaanse musiek sal wees:
* 2 vir elke vyf minute dekking van lewendige musiek; 

* 2 vir 'n onderhoud wat vyf minute of langer duur met Suid-Afrikaanse musikant (musici) of komponis(te) ;en
* 1 vir die promosie van snitte van nuwe musici. 

Die formule vir die aanteken van musiekpunte sal wees:
* dekking van lewendige musiek: Formaatfaktor (eenheid) x Tydsduur (bv. dekking van lewendige musiek x vyf minute = 2 punte);
* onderhoud met Suid-Afrikaanse musikant (musici) of komponis(te): Formaatfaktor (enige onderhoud wat vyf minute of langer duur met Suid-Afrikaanse musikant(musici) of komponis(te) sal 2 punte kry ; en 
* promosie van snitte van nuwe musici: Formaatfaktor x Aantal snitte (bv. nuwe musikant (1 punt) x 2 snitte (2 punte) = 2 punte).

Tien punte sal 1% werd wees ter bereiking van die Suid-Afrikaanse inhoudkwota op' n weeklikse basis. Nuwe musici is musici wie se debuutalbums vir ses maande of minder op die mark is.

16. Die Suid-Afrikaanse Musiekforum (SAMF)

OKOSA het besluit om 'n forum te stig wat bekend sal staan as die Suid-Afrikaanse Musiekforum (SAMF) om te help met die kordinering van pogings ten einde die sukses van regerings- en bedryfsinisiatiewe te verseker. Lidmaatskap van die forum sal deur 'n openbare proses bepaal word onder toesig van die Owerheid. Potensile lede wat vir die forum genomineer word sal vanuit die bedryf kom en getrek word, by voorkeur vanuit (maar nie beperk tot), die NAB, die BCRF, South African Music Week, relevante NRO's, verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse opnamebedryf, musiekbedryf en verbruikersgroepe. Die forum sal ook met regeringsministeries en ander liggame skakel omtrent sake wat nie direk binne hulle jurisdiksie val nie maar 'n dramatiese invloed op die radiouitsaaisektor het, bv. naaldtyd, "payola" en die versameling en toewysing van fondse vir produksie.

Die SAMF se taak sal, onder andere, wees:
* moniteer van die opname- en musiekbedrywe se vervaardiging van Suid-Afrikaanse uitvoerings en komposisies; 
* maksimaliseer die blootstelling van Suid-Afrikaanse musiek op handelsradio; en 
* skakel met ander liggame omtrent sake wat nie direk onder die Owerheid se jurisdiksie val nie. 


17.	Speel of Betaal

OKOSA saI, na skriftelike aansoek en by aanvoering van goeie gronde deur die houer van 'n uitsaalisensie, die minimum kwota verlaag eerder as om totale vrystelling van die kwotas te verleen. Aansoekers vir 'n laer kwota sal OKOSA tevrede moet stel dat die aansoek in ooreenstemming is met die doelstellings van die OUO-wet en die Uitsaaiwet.

Die bewyslas dat 'n besondere formaat radiostasie nie in staat is om die Suid-Afrikaanse inhoudvereistes na te kom nie, rus op die uitsaaier. Van uitsaaiers sal verwag om 'n lys van formaat-spesifieke Suid-Afrikaanse musiek wat huidiglik beskikbaar is voor te l wat sal dien as bewys dat die uitsaaier landswyd vir musiek gesoek het. Verder sal van die uitsaaier verwag word om 'n plan vir die uitsending van meer Suid-Afrikaanse musiek in sy formaat voor te l; om getuienis aan te bied dat musici aangemoedig word om musiek in daardie spesifieke formaat te lewer; en om meganismes voor te stel om nuwe Suid-Afrikaanse talent in hierdie formaat te ontwikkel.

18. Aanbiedperiode 

Die Owerheid het die versoek oorweeg om die aanbiedingsperiode te verleng ten einde uitsaaiers groter buigsaamheid te verleen. Na bestudering van die luisteraarsgetalle en gedagtig aan die doel van die aanbiedingsperiode, naamlik, om te verseker dat Suid-Afrikaanse inhoud uitgesaai word wanneer die luisteraarsgetalle hor is, het die Owerheid egter besluit om die aanbiedingsperiode van 05h00 tot 23h00 te behou. 
SUID-AFRIKAANSE INHOUD OP TELEVISIE EN RADIO 15 Februarie 2002

1
15
22

DIE ONTWIKKELING VAN KENNISBESTUUR
Departement van Kommunikasiewese
VRAE WAT DIKWELS GEVRA WORD: KENNISBESTUUR
Wat is Kennisbestuur?
Kennisbestuur is 'n kruisdissiplinre praktyk wat organisasies in staat stel om kennis op beter maniere te skep, te aanvaar, te bekragtig, te versprei, te berg en te gebruik, ten einde hul doelwitte vinniger en doeltreffender te bereik.
Wat is die belangrikste voordele van Kennisbestuur?
Die organisasie bereik doelwitte vinniger en doeltreffender, terwyl daar 'n verbetering is in -
* Produktiwiteit 
* Doeltreffendheid 
* Innovering 
* Mededingendheid. 
Voordele vir belanghebbers sluit die volgende in:
* Winsgewendheid van die onderneming verhoog; 
* Die Staat se dienslewering verhoog; 
* Wetenskap verhoog innovering; en 
* Kenniswerkers vehoog persoonlike groei en motivering. 
Daardeur word die ekonomie verbeter, wat weer armoede laat afneem en indiensneming laat toeneem.
Bied Kennisbestuur 'n kitsoplossing?
Kennisbestuur is 'n voortgesette proses en bied nie 'n kitsoplossing nie. Wreldwyd word kennisbestuursinisiatiewe nou in werking gestel en daar is nie meer 'n keuse nie. Kennisbestuur is hier om te bly.
Hoe hou Kennisbestuur verband met die Inligtings-eeu?
Die persoonlike rekenaar, Internet en die snelle vooruitgang van die tegnologie wreldwyd, en veral in Amerika, het gelei tot wat dikwels bestempel word as die Inligtings-eeu, maar wat toenemend gesien word as 'n oorgangstap na die Kennis-eeu. Namate die samelewing op makrovlak vanaf die Industrile Eeu na die sogenaamde Kennis-eeu beweeg, ontwikkel Kennisbestuur op mikrovlak om die veranderinge te bestuur.
Is Kennisbestuur iets nuuts?
Die beginsels van Kennisbestuur is nie nuut nie - die bewys hiervan kan ons sien in die manier waarop kennis wat deur die vroe mensdom ontwikkel is (soos bv. die benutting van vuur, metaal en brons), van geslag tot geslag oorgedra is en algemeen bekend geraak het. Die sistematiese bestuur van kennis as 'n hulpbron is egter 'n nuwe en ontwikkelende veld wat spruit uit snelle veranderings in inligtings- en kommunikasietegnologie en uit 'n groeiende besef van die waarde van kennis as 'n strategiese hulpbron.
Wat is Kennis?
KENNIS is 'n hulpbron wat ten minste net so waardevol is soos die tradisionele hulpbronne grond, arbeid of kapitaal. Die bestuur van die behoefte na kennis en van die voorsiening en vloei van kennis is besig om die vernaamste strategiese bate van organisasies te word, en kan deur die benutting van Kennisbestuur doeltreffend bewerkstellig word.
Verskil Kennisbestruur van Inligtingstegnologie?
Alhoewel inligtingstegnologie (IT) Kennisbestuur moontlik maak, is IT slegs een van meer as 60 dissiplines wat deur Kennisbestuur omvat word en wat ook Mensehulpbronne, Antropologie en Sielkunde insluit. Kennisbestuur is net soveel oor mense en kultuur as wat dit oor IT is.
Is Kennisbestuur 'n tegnologie of 'n toepassing?
 
Kennisbestuur is nie net 'n tegnologie nie, en ook nie net 'n toepassing nie, maar eerder 'n proses en 'n stel tegnologie wat almal die strategiese onderlinge medegebruik van die institusionele geheue ondersteun ten einde innovering moontlik te maak.
Hoe hou Kennisbestuur verband met mense?
Die middelpunt van Kennisbestuur (KB) is die Kenniswerkers, die belanghebbers wat in 'n organisasie werk, wat deur kennis bemagtig word en wat daarvoor verantwoordelik is om aan die klinte van die organisasie 'n diens te lewer.
* KB handel oor mense wat probeer vasstel hoe om hulself te bestuur, in teenstelling met 'n outokratiese beheerstelsel. 
* Om die wyse te verander waarop dinge tradisioneel gedoen is, wat vereis dat die denkwyse of werkkultuur verander word na een wat op vertroue en selfvertroue gegrond is. 
* Die deel van inligting sal personeel in 'n organisasie in staat stel om bestaande kennis te gebruik eerder as om die wiel van voor af uit te vind, en dit sal hul kennis verbeter. 
* Die doeltreffende gebruik van tyd, d.w.s. produktiwiteit, en ook innovering, wat die produksie van nuwe kennis is, sal hierdeur verhoog word. 
Hoe hou Kennisbestuur verband met die strategie van 'n organisasie?
'n Ander sentrale aspek van KB is hoe belangrik dit is om die Kennisbestuurstrategie en die organisasie se besigheidstrategie baie nou by mekaar te laat inskakel, want dit stel die organisasie in staat om 'n mededingende voordeel te ontwikkel, en dus om te bestaan.
Wat is die verskil tussen data, inligting en kennis?
Data verteenwoordig waarnemings of feite buite hulle konteks, en is derhalwe nie direk sinvol nie. Inligting spruit uit die plasing van data binne een of ander sinvolle konteks, dikwels in die vorm van 'n boodskap. Kennis is dt waarvan ons mettertyd oortuig raak en waaraan ons waarde heg, gebaseer op die kennis (boodskappe) wat ons deur ondervinding of kommunikasie of deur 'n proses van afleiding vergaar en sinvol organiseer. Kennis kan gesien word as sowel 'n ding wat geberg en gemanipuleer kan word, as 'n proses waartydens 'n mens tegelykertyd weet en optree - dit wil s, die toepas van kundigheid.
Wat is 'n Kennisaanspraak ?
'n Kennisaanspraak is 'n stel rels wat minstens een persoon glo waar is, in boodskapvorm, met genoeg inligting sodat 'n ander persoon dit kan verstaan en daarop kan reageer. Een of ander maatstaf moet gebruik word om 'n kennisaanspraak te bekragtig voordat dit as kennis aanvaar word.
Kan die gehalte van kennis gemeet word?
Ja, deur die vermo daarvan om 'n organisasie of individu te help om doelwitte meer doeltreffend te bereik.
Is daar 'n Kennisbestuursportaal of -webwerf?
'n Kennisbestuursportaal is ingestel om 'n kanaal te voorsien waarlangs daar interaktief met die Departement van Kommunikasiewese gekommunikeer kan word. Dit sal kennis oor Kennisbestuur verskaf en sal dien as 'n hulpbron vir Kennisbestuur en as kanaal waarlangs u aan 'n dialoog oor Kennisbestuur in Suid-Afrika kan deelneem.
 
Internet URL: http://www.km-debate.co.za
EKnowledgeCenter, Arizona, U.S.A., c 2000 (vir baie van die omskrywings wat hier gegee word)
Vrae wat dikwels oor Kennisbestuur gevra word, September 2000
2College of Business Administration , Norheastern University, Boston, MA; Sloan Management Review; Managing Codified Knowledge; Michael H. Zack; c. September, 1998.
Vrae wat dikwels oor Kennisbestuur gevra word, September 2000
HOE OM LOTTO TE SPEEL  

Om een Lotto spel te speel, kies ses nommers tussen 1 en 49. Dit kos R2.50 (BTW ingesluit) en gee jou een kans om miljoene te wen. 
  

Merk jou ses syfers met 'n vertikale lyn in enige een van die ses borde op die inskrywingskoepon. Gebruik 'n swart pen of potlood. Jy kan tot ses Lotto speletjies speel op een inskrywingskoepon, wat jou ses kanse gee om te wen.

Elke voltooide bord kos R2.50. Gee jou inskrywingskoepon en geld aan die National Lottery handelaar. Hy of sy sal die nommers wat jy gekies het intik op die National Lottery rekenaarterminaal en vir jou 'n kaartjie gee waarop jou nommers gedruk is. Dit is jou kwitansie. 

    As jy 'n fout maak terwyl jy een 
    van die borde invul, merk die 
    "Kanselleer" blokkie ("CANCEL") 
    onderaan en begin van voor af in     'n ander bord. As jy dieselfde 
    nommers wil inskryf vir 'n 
    maksimum van 10
    opeenvolgende prystrekkings, 
    maak 'n merkie in een van die 
    "Getal trekkings" blokkie 
    ("Number of Draws") langsaan 
    die pyl. 

 
    Kyk na die regstreekse 
    uitsendings van die Lotto 
    Prystrekkings op SABC 2 om 
    8:30nm op die datum wat 
    agterop jou kaartjie geskryf 
    staan om te sien of jy 'n wenner 
    is.

    LOTTO SE UITSLAE SAL 
    BEKEND GEMAAK WORD OP 
    TV, RADIO EN IN DIE PERS. 

HOE OM JOU PRYS OP TE EIS
Die wennommers wat op TV deur die Lotto Prysmasjien gekies is, en die pryse in elke Afdeling word n die prystrekking wyd gepubliseer. Kyk hoeveel van jou nommers is dieselfde as die gelukkige nommers. As jy R500 of minder gewen het, sal jy onmiddellik betaal word by enige National Lottery handelaar. Groter pryse van tot R50 000 sal uitbetaal word by uitgesoekte handelaars wat bekend sal staan as Gemagtigde Prysbetaling Sentrums. Slegs National Lottery kantore kan Jackpot pryse uitbetaal. 

    Hierdie is slegs 'n kort 
    opsomming van hoe 'n mens 
    Lotto speel en wen. Die volledige     Spelrels is beskikbaar van elke 
    National Lottery handelaar, of 
    ons kan vir jou 'n afskrif stuur.
    Vir meer inligting en alle uitslae 
    van prystrekkings, bel die "Player     Thusong" tolvrye nommer by 
    0800 40 30 40 of skryf aan die 
    National Lottery. 

JY MOET 18 JAAR OF OUER WEES OM LOTTO TE SPEEL OF 'N PRYS OP TE EIS.     National Lottery
    Private Bag X72
    Auckland Park 2006 
    Lottery Inligting 
    0800 40 30 40 

    Die eerste National Lottery spel is hier! Ons noem 
    dit Lotto - die opwindende nommerspel waarin
    jou gelukkige nommers elke week vir jou miljoene 
    rande kan wen. Wees op die uitkyk vir die
    National Lottery kenteken in 'n winkel naby jou en 
    speel vandag nog Lotto.

    Die spesiale Lotto Prysmasjien bevat 49 
    genommerde balletjies. Dit kies willekeurig ses 
    balletjies, wat die wennommers in enige volgorde
    is, asook 'n ekstra balletjie wat die Bonusnommer
    is. Di nommer kan vir jou ekstra pryse wen. As 
    die ses nommers wat jy op 'n bord ingevul het 
    dieselfde is as die nommers op die balletjies, kan
     jy 'n prys wen in een van die volgende sewe 
    Afdelings:

    Die bedrae wat gewen word, verskil van week 
    tot week en hang af van die getal wenners in 
    elke Afdeling. Die pryse in elke Afdeling word n 
    die prystrekking bekend gemaak. Gemiddeld een 
    uit elke vyftig kaartjies wen 'n prys - die prys kan 
    wissel van 'n paar rand tot enkele miljoene. LRAD

DEPARTEMENT: LANDBOU
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
HERVERDELING VAN GROND VIR LANDBOUONTWIKKELING 


VOORWOORD 
Die `LRAD' inligtingsbrosjure verskaf maklik verstaanbare antwoorde op vrae wat dikwels gevra word. Die brosjure verskaf ook inligting om potensile begunstigdes en verkopers te help om die basiese konsepte en vereistes te verstaan waaraan voldoen moet word om op enige stadium voordeel te trek uit die program, hetsy as verkoper, agent of begunstigde.
Die brosjure vervang nie die beleidsdokument (LRAD) of die programhandleiding nie, maar is net 'n byvoegsel om persone te help wat nie ingewikkelde konsepte verstaan nie of vir diegene wat vinnig antwoorde op eenvoudige vrae verlang. 
1. Wat is die LRAD program? 
Die grondherverdeling- en ontwikkelingsprogram (LRAD) is ontwerp om voorheen benadeelde Suid-Afrikaanse burgers van die swart, kleurling of Indir gemeenskappe te help om grond of landbou-implemente vir landboudoeleindes aan te koop. 
2. Hoe word mense daardeur gehelp? 
Meeste mense het nie geld om grond vir boerdery aan te koop nie. Hierdie program sal van hulp wees deur geld beskikbaar te stel aan suksesvolle applikante as aanvulling tot die bedrag wat hulle reeds het vir die aankoop van landbougrond. Dit sal geskied in die vorm van regeringsubsidies wat volgens `n sekere kriterium toegestaan sal word. 
3. Wat behels die LRAD subsidie? 
Dit is `n nieterugbetaalbare vorm van befondsing of finansile bydrae deur die Regering om voornemende boere te help om grond aan te koop. 
4. Hoeveel sal ek ontvang? 
'n Formule sal bepaal hoeveel geld 'n individu sal ontvang. Die formule is gebaseer op hoeveel geld wat 'n persoon bydra tot die aankoop van die spesifieke stuk grond of landbou-implemente (eie finansile bydrae), wat die persoon gaan bydra in die vorm van insette ten opsigte van boerderyaktiwiteite op die spesifieke grond (soortgelyke bydrae), of 'n kombinasie van die twee. 
Die subsidiebedrag word dan bepaal volgens die totale eie bydrae (kyk Tabel 1). 
5. Wat behels eie bydrae? 
Die subsidie dien slegs as 'n finansile aanvulling tot wat 'n applikant reeds oor beskik. Eie bydrae is gevolglik die bedrag wat 'n applikant moet inbring om deel te vorm van die totale kapitale pakket; dit is eie bydrae plus subsidie. 
6. Word net kontant aanvaar as eie bydrae? 
Daar is verskeie maniere waarop 'n eie bydrae gemaak kan word, byvoorbeeld: 
(a) Kontantbydrae 
`n Applikant kan 'n minimum van R5 000 bydra om te kwalifiseer vir 'n subsidie van R20 000 tot 'n maksimum van R400 000, wat weer kwalifiseer vir `n subsidie van R100 000. 
(b) Soortgelyke bydrae 
Daar is verskeie maniere om 'n soortgelyke bydrae te maak, byvoorbeeld: Eiendom, masjinerie toerusting en lewende hawe. Hierdie sal gelykstaan aan die items se huidige kontantwaarde en die totale bedrag sal dan as eie bydrae gebruik word. 
(c) Eie arbeid 
Enige aantal arbeidseenhede sal gelyk wees aan 'n maksimum eie bydrae van R5 000. 
7. Watter bates kan gebruik word as eie bydrae? 
Bestaande landboubates wat integrerend is tot die bedryf van die land/grond wat deur die program bekom sal word. 
8. Watter bates kan nie gebruik word as eie bydrae nie? 
(a) Grond wat voorheen bekom is deur 'n vroere subsidie, teruggawe, huursekuriteitsubsidie, donasie, ens. 
9. Wat gebeur as ek sommige bates nog nie afbetaal het nie? 
Uitstaande skuld op landboubates sal nie die mate waartoe hierdie bates ingereken sal word by eie bydrae benvloed nie. 
10. Wat is die maksimum en minimum bedrag wat 'n mens kan kry en wat is die ooreenstemmende eie bydrae? 
Om te kwalifiseer vir 'n minimum bedrag van R20 000 is 'n minimum eie bydrae van R5 000 (kontant of soortgelyke bydrae) nodig, en om vir 'n maksimum van R100 000 te kwalifiseer word 'n maksimum eie bydrae van R400 000 vereis.Tussen die minimum en maksimum bedrae is daar `n kontinuum van subsidiebedrae, afhangend van die deelnemer se eie bydrae (kyk subsidieskaal en eie bydrae). 
11. Hoe werk dit dat hoe kleiner die bedrag wat jy bydra hoe groter is die subsidiekoers in vergelyking met groter bydraes? 
Die program is bedoel om die armes te help. Die subsidieskaal is gevolglik so ontwerp dat hoe minder geld jy beskikbaar het hoe groter is die subsidie tot eie bydrae koers wat jy ontvang in vergelyking met wat iemand met 'n groter bydrae ontvang. 
2. Waarvoor sal ek die subsidie moet gebruik? 
(a) Verkryging van grond 
(b) Grondverbeterings, belegging in infrastruktuur, kapitaalbates en korttermynlandbou-insette. 
13. Watter departement(e) is verantwoordelik vir die program? 
Subsidies sal voorsien word deur die Departement van Grondsake. Die Departemente van Grondsake en van Landbou sal egter saamwerk in die toesighouding oor die totale program. 
14. Wie behoort aansoek te doen? 
Persone wat 
 Lede is van 'n voorheen benadeelde groep (swart, kleurling of Indir) 
 Ouer as 18 jaar is 
 Beplan om die grond uitsluitlik vir landboudoeleindes te gebruik 
 Beplan om op 'n voltydse basis te boer (uitgesluit veiligheidsnetprojekte) 
 Nie 'n pos in staatstrukture beklee nie 
 Bereid is om deel te neem aan 'n opleidingsprogram na die verkryging van die grond 
 In staat is om 'n eie bydrae te lewer 
 'n Georganiseerde eenheid is, indien dit 'n groep is wat aansoek doen 
 'n Bankrekening het. 
15. Wat behels veiligheidsnetprojekte? 
Die LRAD program is ontwerp dat begunstigdes in enige produksievlak tot die program kan toetree, byvoorbeeld 
(a) Veiligheidsnetprojekte 
By hierdie produksievlak bekom begunstigdes grond om hoofsaaklik vir eie gebruik te produseer 
(b) Aandeleskemas 
Lede van 'n groep dra elkeen `n vasgestelde bedrag by om die grond te bekom. Elke lid verkry op sy beurt 'n sekere persentasie aandeel in die projek ooreenkomstig sy bydrae. Hierdie aandeel is gelykstaande aan elke individu se bydrae plus die subsidiebedrag. Die aandeelhouers is die plaas se mede-eienaars en werknemers. 
(c) Markproduksie 
Party deelnemers sal die skema by 'n hor vlak betree as bogenoemde persone. Hulle sal waarskynlik meer boerderyondervinding h asook toegang tot addisionele finansiering (banklenings).Verder sal hulle ook eie bates en kontant h om groter plase aan te koop en gevolglik op 'n veel groter skaal boer. 
(d) Landbou in kommunale gebiede 
'n Hele aantal persone in kommunale gebiede het reeds toegang tot landbougrond verkry, maar het egter nie die nodige fondse om die grond produktief te begin gebruik nie. Hulle sal toegelaat word om aansoek om hulp te doen om produktiewe investerings op die grond aan te bring. Hierdie tipe projekte kan of op 'n laer produksieskaal wees (veiligheidsnetprojekte) of op 'n hor skaal (markproduksie). 
16. Watter tipe grond kan ek aankoop volgens die program? 
Enige soort landbougrond in Suid-Afrika, ongeag die huidige huurstatus, is geskik vir herverdeling volgens die program, uitgesonderd kommunale grond in die vorige tuislande. 
17. Kan 'n mens grond verkry terwyl jy elders werk? 
Een van die vereistes is dat die applikant tot voltydse boerdery verbind moet wees behalwe in die geval van veiligheidsnetprojekte, waar die begunstigdes net genoeg vir eie verbruik produseer. 

18. Watter tipe bystand sal ek van die Regering ontvang nadat ek die grond gekry het? 
Die Departement van Landbou beskik oor 'n naooreenkoms-bystandsdiens vir boere. Opleiding sal periodiek voorsien word en veldbeamptes sal in al die distrikte beskikbaar wees om tegniese bystand aan alle boere te verleen (opkomend sowel as kommersieel). 
19. Watter dokumentasie word van my vereis? 
 Grondgebruiksvoorstel/plaasplan (projekvoorstel). 
 'n Verkoopsopsie teen 'n ooreengekome prys, indien verhuur word met die opsie om te koop. 
 'n Lys van die lede van die huishouding of groep. 
 Bevestiging dat die grondtitel oop is sonder grondeise, registrasie op die verkoper se naam en dat die verhandelde prys nie hor is as die gewaardeerde markwaarde nie. 
 Bewys van die beskikbaarheid van die res van die finansiering (eie fondse of gebeurlikheidsleenkontrak). 
 Waardasieverslag. 
20. Waar is bystand beskikbaar in verband met die professionele voorbereiding van bogenoemde dokumentasie? 
Applikante kan al die beplanning self doen of van 'n ontwerp-agent se dienste gebruik maak. Dit is nie verpligtend om 'n agent te gebruik as jy self aan al die vereistes kan voldoen nie. Indien nodig kan distriksbeamptes ook hulp aan applikante verleen. 
Indien jy besluit om 'n ontwerp-agent te gebruik, kan jy toegang verkry tot die lys agente by provinsiale grondhervormingskantore. Hulle sal dan al die werk afhandel en 'n beplanningsubsidie sal beskikbaar gestel word vir hulle betaling. 


TABEL 1 Subsidieskaal en eie bydrae 
EIE BYDRAE
10 000 
20 000 
30 000 
40 000 
50 000 
60 000 
70 000 
80 000 
90 000 
100 000 
 
 
25 798
33 278
38 622
42 926
46 592
49 819
52 721
55 371
57 819
60 100
1000
 
26717
33880
39090
43317
46932
50122
52996
55624
58054
60320
2000 
 
27585
34463
39548
43702
47268
50422
53269
55875
58287
60539
3000 
 
28408
35031
39998
44081
47600
50720
53540
56125
58519
60756
4000 
 
29192
35583
40439
44455
47928
51014
53808
56372
58750
60972
5000 
20000
29941
36120
40871
44823
48252
51305
54074
56618
58978
61187
6000 
21385
30659
36644
41296
45187
48572
51594
54337
56861
59206
61400
7000 
22631
31350
37156
41714
45545
48889
51879
54599
57103
59431
61612
8000 
23768
32015
37655
42125
45899
49202
52162
54858
57343
59656
61823
9000 
24819
32657
38144
42528
46248
49512
52443
55116
57582
59879
62033
  
EIE BYDRAE
110000 
120000 
130000 
140000 
150000 
160000 
170000 
180000 
190000 
200000 

-
62241
64262
66180
68006
69751
71424
73032
74582
76077
77524
1000 
62448
64458
66366
68184
69921
71588
73190
74733
76224
77666
2000 
62654
64654
66552
68361
70091
71751
73347
74885
76371
77808
3000 
62859
64848
66736
68537
70260
71913
73503
75036
76516
77949
4000 
63063
65041
66920
68713
70428
72075
73659
75186
76662
78090
5000 
63266
65233
67103
68888
70596
72236
73814
75336
76807
78230
6000 
63467
65424
67285
69062
70763
72396
73968
75485
76951
78370
7000 
63668
65614
67467
69235
70929
72556
74123
75634
77095
78510
8000 
63867
65804
67647
69408
71095
72715
74276
75782
77239
78649
9000 
64065
65992
67827
69580
71260
72874
74429
75930
77382
78788
  
EIE BYDRAE
210000 
220000 
230000 
240000 
250000 
260000 
270000 
280000 
290000 
300000 
-
78926
80286
81608
82893
84145
85366
86558
87722
88860
89973
1000
79064
80420
81738
83020
84269
85487
86675
87837
88972
90083
2000 
79201
80553
81867
83146
84392
85607
86793
87951
89084
90193
3000 
79338
80686
81997
83272
84515
85727
86910
88066
89196
90302
4000 
79475
80819
82126
83398
84637
85846
87027
88180
89308
90412
5000 
79611
80951
82255
83523
84760
85966
87143
88294
89419
90521
6000 
79747
81083
82383
83648
84882
86085
87259
88408
89531
90630
7000
79882
81215
82511
83773
85003
86203
87375
88521
89642
90738
8000 
80017
81346
82639
83898
85125
86322
87491
88634
89752
90847
9000
80152
81477
82766
84022
85246
86440
87607
88747
89863
90955
                        
EIE BYDRAE
310000 
320000 
330,000 
340,000 
350000 
360000 
370000 
380000 
390000 
400000 
-
91063
92131
93178
94206
95214
96204
97177
98134
99074
100000
1000 
91171
92237
93282
94307
95314
96302
97274
98228
99168
 
2000
91278
92342
93385
94409
95413
96400
97370
98323
99261
 
3000
91386
92447
93489
94510
95513
96498
97466
98418
99354
 
4000
91493
92553
93592
94611
95612
96595
97562
98512
99446
 
5000
91600
92657
93694
94712
95711
96693
97657
98606
99539
 
6000
91707
92762
93797
94813
95810
96790
97753
98700
99632
 
7000
91813
92866
93899
94913
95909
96887
97848
98794
99724
 
8000
91919
92971
94002
95014
96008
96984
97944
98888
99816
 
9000
92025
93075
94104
95114
96106
97081
98039
98981
99908
 
SUBSIDIESKAAL VOLGENS EIE BYDRAE                
SUBSIDIE
20000 
30,000 
40,000 
50,000 
60000 
70000 
80,000 
90,000 
100000 
-
5000
15080
33005
60596
99548
151463
217,873
300245
400000
1000 
5710
16489
35301
63953
104130
157427
225368
309415
 
2000
6481
17977
37695
67425
108844
163538
233024
318761
 
3000
7315
19549
40189
71014
113690
169796
240843
328283
 
4000
8214
21204
42784
74722
118671
176204
248825
337983
 
5000
9180
22945
45484
78550
123788
182763
256974
347863
 
6000
10214
24774
48289
82499
129042
189474
265289
357923
 
7000
11320
26693
51201
86572
134435
196339
273772
368166
 
8000
12498
28703
54222
90770
139969
203360
282425
378592
 
9000
13751
30807
57353
95095
145644
210537
291249
389203
 
Aangesien die program oor 'n tydperk van 15 tot 20 jaar sal funksioneer, sal voordele (subsidies) volgens die program gendekseer word in rele Randwaardes 
21. Hoe begin ek met die proses? 
Skakel (012) 319 7020 of raadpleeg die naaste kantoor van die Departement van Grondsake of provinsiale landboukantore. 
Provisionale Departemente van Landbou en van Grondsake 
Provinsie 
Departement 
Kontakpersoon 
Tel nommer 
Gauteng
Landbou
V. Titi
011-355 1317
 
Grondsake
M. Ndlela
012-310 6500
Mpumalanga
Landbou
R. Matare
013-755 4721
 
Grondsake
A.van der Merwe
013-755 3499
Vrystaat
Landbou
M.B. Motsie
051-8611258
 
Grondsake
W. Barnes
051-400 4200
KwaZulu-Natal
Landbou
W. Urquhart
033-343 1397
 
Grondsake
M. Shabane
033-355 4300
Noordwes
Landbou
Mr Seobi
018-389 5723
 
Grondsake
P. Mongae
018-384 2437
Noord-Kaap
Landbou
F. du Toit
053-838 9111
 
Grondsake
O. Mvula
053-831 4090
Noordelike Provinsie
Landbou
J. Thupane
015-295 7090
 
Grondsake
E. Letsoalo
015-297 3539
Wes-Kaap
Landbou
I. Olckers
021-808 5103
 
Grondsake
S. Middleton
021-426 2947
Oos-Kaap
Landbou
Mr Pityi
040-609 3532
 
Grondsake
M. Kenyon
043-743 4689
2001
Saamgestel deur Direktoraat Kommunikasie in samewerking met Direktoraat Hervestiging en Ontwikkeling van Boere 
Gedruk en uitgegee deur die Departement van Landbou,
Direktoraat Kommunikasie en verkrygbaar van die Resource Centre
Privaatsak X144, Pretoria, 0001Suid-Afrika 

UITVOERENDE OPSOMMING
Die geskiedenis van Suid-Afrikaanse media reflekteer die skeurings en verdelings
binne die gemeenskap sowel as die verdeling van mag. Die uitdaging van
demokratiese transformasie raak alle aspekte van sosiale lewe, insluitende die
institusies en praktyke van die media.
Die regering is verbind tot die vestiging van 'n agentskap om toegang tot die media vir
gemarginaliseerde groepe te bevorder en om mediadiversiteit te vergroot. Dit volg op
'n kabinetsbesluit voortspruitende uit 'n Comtask aanbeveling in 1996. Dit is in
ooreenstemming met die Grondwet, die Handves van Regte en die Heropbou- en
ontwikkelingsprogram en is ook verder gemotiveer deur die Nasionale Aksieplan vir
die Bevordering en Beskerming van Menseregte. Lg. beklemtoon vryheid van spraak
en mediadiversiteit en die noodsaaklikheid vir meganismes om dit te bewerkstellig. Dit
volg op 'n onsuksesvolle poging deur die privaatsektor in die vroe jare negentig om
so 'n liggaam te stig.
Die motivering vir 'n onafhanklike, afsonderlike en koste-doeltreffende Agentskap vir
media-ontwikkeling en -diversiteit (AMOD) berus op die noodsaaklikheid vir 'n liggaam
bestaande uit gerespekteerde mediaspesialiste en ander openbare figure wat deur
befondsing, fasilitering en navorsing, kundigheid i.v.m. media-ontwikkeling en -
diversiteit sal ontwikkel en verseker dat dit gebeur. Dit sal volgens gesonde
besigheidsbeginsels bestuur word met 'n mandaat en die nodige hulpbronne. Dit sal
op 'n gesonde afstand van die regering, die mediabedryf en ander donateurs
funksioneer.
Terwyl die wreld vinnig in die rigting van 'n inligtinggemeenskap beweeg, is dit krities
belangrik dat alle landsburgers toegang moet h tot die breedste moontlike reeks
inligting en menings ten einde doeltreffend te kan deelneem in 'n toenemend
gentegreerde wreld op plaaslike, nasionale en internasionale vlak. Die regering het
toegang tot inligting 'n integrale deel van sy Heropbou- en ontwikkelingsplan gemaak.
Net soos die program van Veeldoellige Gemeenskapsentrums, is AMOD 'n
sleutelinisiatief vir die bereiking van hierdie doelstelling. Dit sal help om die
kommunikasie-omgewing op so 'n wyse te verander dat dit infrastruktuur bou en die
opkoms van media bevorder wat die ondervinding en perspektiewe van die
gemarginaliseerdes weerspiel. Met ander woorde, terwyl AMOD self nie die algehele
transformasie van die media sal meebring nie, sal dit deur befondsing, fasilitering,
pleidooie en navorsinsfunksies, 'n sleutelrol as katalisator speel om die mediaomgewing
op so 'n wyse te verander dat dit bevorderlik is vir brer veranderings.
Definisie van media-ontwikkeling en -diversiteit:
Media-ontwikkeling behels die bevordering van 'n bemagtigende omgewing om die
uitsluiting en marginalisering van groepe en belange m.b.t. toegang tot die media, reg
te stel - eienaars, bestuurders en produsente van media. Mediadiversiteit het te doen
met die versekering dat alle belange en sektore bekostigbare toegang sal h tot 'n
reeks standpunte en inligtingsbronne wat ten volle verteenwoordigend is van ons
gemeenskap. Die bereiking van diversiteit word ook gefasiliteer deur die
beskikbaarheid van distribusiekanale aan 'n verskeidenheid tipes media, groot en
klein.
Media in Suid-Afrika:
Alhoewel daar sedert die koms van demokrasie baie gedoen is om die probleme
rakende media-ontwikkeling en -diversiteit aan te spreek, is dit duidelik nie genoeg nie.
Die digtheid van media-infrastruktuur per capita bly laag. Media-eienaarskap is steeds
gekonsentreer en voldoen nie aan die behoeftes van alle groepe en belange nie.
Verteenwoordiging is steeds onvoldoende op bestuurs-, redakteurs- en algemene
personeelvlak.
Ondervinding in Suid-Afrika het geleer dat markkragte, geleenthede vir lisensiring en
verandering in eienaarskap, op sigself nie hierdie transformasie kan bewerkstellig nie.
'n Agentskap soos AMOD word benodig.
Leer uit ondervinding:
Internasionale ondervinding het geleer dat ondersteunende programme om mediaontwikkeling
en -diversiteit te bevorder, nie nuut is nie. Sulke programme is al sedert
1950 in Europa geloods op die basis dat markkragte alleen nie die verlangde vlak van
diversiteit sal bereik nie. Trouens, getuienis dui daarop dat die mark op sy eie
toenemend na konsentrasie neig, wat op sy beurt vryheid van spraak en diversiteit van
standpunte, kan inhibeer.
'n Vroere poging om 'n vrywillige ondersteunende meganisme te vestig, die
Onafhanklike Mediadiversiteitstrust, het uiteindelik misluk weens 'n gebrek aan
fondse. Dit het die siening bevestig dat alleenlik inisiatiewe betaande uit 'n
vennootskap tussen regering en die media, en gerugsteun deur statutre gesag,
enigsins volhoubare impak kan maak.
Die aard van AMOD en sy verhouding met ander instansies:
AMOD sal 'n onafhanklike, statutre liggaam wees wat sal funksioneer in gevolge
regeringsbeleid en -riglyne. Dit sal egter 'n op 'n gesonde afstand van die regering, die
privaatsektor en ander donateurs funksineer. Sy mandaat sal wees om diversiteit en
ontwikkeling in die gedrukte media, uitsaaiwese en "nuwe media" te bevorder.
'n Raad sal vir AMOD aangestel word deur die President, na nominasie deur die
Parlement, d.m.v. 'n openbare proses. Die Raad sal 'n hoof uitvoerende beampte
aanstel. Lg. sal dan 'n klein hoogsbekwame en behoorlike toegeruste personeelkorps
aanstel.
Daar sal gestreef na samewerking met instansies betrokke by telekommunikasie,
lisensiring, film en video met die oog op kordinasie en die uitskakeling van
duplikasie. Afgesien van sy primre rol van media-ondersteuning, sal AMOD omsien
na navorsing en aanbevelings doen aan die regering, die mediabedryf en ander
tersaaklike instansies .
AMOD sal met alle instansies skakel wat 'n direkte of indirekte belang by mediaontwikkeling
en -diversiteit het, waaronder die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid
van Suid-Afrika (Okosa). AMOD sal jaarliks 'n oorsigforum hou waar sodanige
instansies AMOD se jaarverslag sal oorweeg.
Die voordele en die aard van hierdie ondersteuning:
Die vernaamste begustigdes van direkte en indirekte ondersteuning sal die
gemeenskap en ander media met geen winsoogmerk wees, asook klein
handelsmedia, insluitende radio, televisie, gedrukte en nuwe media. Daar sal
besondere klem op projekte wees om benadeelde gemeenskappe en sektore -
vernaamlik vrouens, landelike mense, gestremdes, ongeletterde mense, die
werkersklas en arm mense - binne die inligtings- en kommunikasiearena te bring.
Die ondersteuning sal van 'n finansile- en niefinansile aard wees en sal die
volgende insluit: direkte en indirekte subsidies; noodfinansiering;
kapasiteitsontwikkeling; aanmoediging van sosiale verantwoordelikheid in die uitsaai-,
gedrukte en nuwe mediasektore; opleiding; projekevaluering en monitering; en
medianavorsing. Daar sal ook aanbevelings gedoen word ter ondersteuning van
media wat leningsfinansiering benodig op die basis van evaluasieprosedures.
Bykomend sal AMOD hom beywer vir die daarstelling van nasionale- en provinsiale
gemeenskaplike verspreiders, en/of die implementering van gemeenskaplike
verspreidingsbeginsels in die gedrukte mediabedryf, ten einde billike toegang vir
kleiner publikasies te verseker asook verspreiding na gemeenskappe met substandaard
diensgeriewe.
Wanneer befondsingbesluite en leningsaanbevelings oorweeg word, sal AMOD hom
laat lei deur die beginsel van welke bydrae die projekte tot media-ontwikkeling en
-diversiteit sal maak. Daar sal gekyk word na volhoubaarheid en projekte sal befonds
word wat gerugsteun word deur gesonde bestuurspraktyke. Ander oorwegings sluit in
gemeenskapsverteenwoordiging en -deelname en regstellende planne.
AMOD se begroting
AMOD benodig voldoende finansiering om 'n gemeenskapsmedianetwerk, opleiding,
kapitaal- en bedryfskoste, asook uitvoerbaarheidstudies vir klein handelsprojekte, te
dek. Navorsing in media-ontwikkeling en -diversiteit sal aangevoer en gereelde
prestasie-evaluasies van befondste projekte sal gedoen word. Die bedryfskoste,
insluitende die prestasie-evaluasies van projekte, behoort nie meer as 12% van totale
koste te oorskry nie.
Die geld wat benodig word om die huidige versperrings tot media-ontwikkeling en -
diversiteit uit die weg te ruim, bedra R500 miljoen oor 'n vyfjaarperiode. Daar word in
die vooruitsig gestel dat AMOD 60% van hierdie bedrag kan verkry, wat neerkom op
R300 miljoen oor vyf jaar, of 'n gemiddelde van R60 miljoen per jaar.
Dit sal saamgestel word deur R20 miljoen per jaar elk van die regering, die
mediabedryf en donateurs. Daar moet daarop gelet word dat die regering se bydrae
die huidige ondersteuning ten bedrae van R7 miljoen per jaar vir gemeenskapsradioinfrastruktuurontwikkeling,
verskaf deur die Departement van Kommunikasie, sal
insluit.

DIE RELS VIR OORLOGVOERING
In gewapende konfliksituasies sal ek internasionale humanitre wetgewing, soos vervat in die Geneefse Konvensie, eerbiedig:
Ek sal slegs teen vyandelike vegters veg en slegs militre doelwitte aanval.
Ek sal aanvalsmetodes gebruik waarvolgens die militre doelwit bereik kan word met die minste skade aan en verlies van burgerlikes se lewens.
Ek sal nie vyandelike personeel wat oorgee, aanval of leed aandoen nie. Ek sal hul1e ontwapen en soos krygsgevangenes behandel.
Ek sal nie krygsgevangenes doodmaak, martel of beledig nie.
Ek sal nie die ammunisie van wapens op so 'n manier aanpas dat lyding opsetlik daardeur vererger word nie.
Ek sal gewondes, skipbreukelinge en siekes bymekaarmaak en versorg, ongeag daarvan of hul1e vriende of vyande is.
Ek sal al1e burgerlikes menslik behandel.
Ek sal geen verkragting of plundering duld of daaraan meedoen nie.
Ek sal alle plekke van kulturele belang of aanbidding respekteer.
Ek sal alle voorwerpe en persone wat die simbool van die Rooi Kruis, Rooi Halfmaan of ander erkende simbole van humanitre organisasies vertoon, eerbiedig.
Ek begryp dat dit 'n misdaad sou wees om enige van hierdie rels te oortree. Dit doen militre personeel en hul1e land oneer aan, en stel hulle daaraan bloot om as oorlogsmisdadigers gestraf te word. Daarom sal ek enige oortreding van die rels by my meerderes aanmeld.
GEDRAGSKODE VIR UNIFORMLEDE VAN DIE SANW
Ek onderneem om my land en sy mense met eer, waardigheid, moed en integriteit te beskerm te dien in ooreenstemming met die Grondwet en die reg.
Ek dien in die SANW met lojaliteit en trots, as 'n landsburger en 'n vrywilliger.
Ek eerbiedig die demokratiese politieke proses en burgerlike beheer oor die SANW.
Ek sal nie die belange van enige politieke party of organisasie bevoordeel of benadeel nie.
Ek aanvaar persoonlike verantwoordelikheid vir my dade.
Ek sal alle wettige bevele gehoorsaam en al my meerderes respekteer.
Ek sal weier om 'n bevel wat duidelik onwettig is, uit te voer.
Ek sal my taak met dapperheid uitvoer en my makkers ondersteun, selfs al word my eie lewe daardeur in gevaar gestel.
Ek sal alle mense regverig behandel en hul regte en waardigheid te alle tye respekteer en eerbiedig, ongeag van ras, etnisiteit, godsdiens, geslag, kultuur, taal of seksuele voorkeur.
Ek sal ondergeskiktes respekteer, ondersteun en hulle regverdig behandel.
Ek sal nie my gesag, posisie of openbare fondse misbruik ter wille van persoonlike gewin, uit politieke beweegredes of om enige ander rede nie.
Ek sal kriminele dade, korrupsie en wangedrag by die toepaslike owerhede aanmeld.
Ek sal daarna strewe om die vermons van die SANW te verbeter deur dissipline te handhaaf, eiendom te beveilig, vaardighede en kennis te ontwikkel en my pligte vlytig en professioneel uit te voer.
 

Die stategiese plan vir die Suid-Afrikaanse landbou is die produk van samewerking tussen die Regering, Agri SA en NAFU. 
President Thabo Mbeki het vroeg in 2001 die verskillende rolspelers versoek om 'n gemeenskaplike strategie te identifiseer wat voldoende fokus sou verskaf om die sektor te verenig. Die strategiese sektorplan het uit hierdie versoek gespruit. 
Die visie vir die sektor impliseer volgehoue winsgewende deelname aan die Suid-Afrikaanse landbou-ekonomie deur al die rolspelers. Die behoefte word erken om kommersile produksie te handhaaf en te verhoog, internasionale kompetisie uit te bou en die historiese erfenisse en vooroordele wat tot ongelyke toegang en verteenwoordiging gelei het, reg te stel. Dit bied 'n duidelike voorstelling van wat die Suid-Afrikaanse landbou oor die lang termyn beoog. 
Die strategiese plan bestaan uit drie kernstrategie: 
 Billike toegang tot en deelname aan die landbousektor 
	Die doelwitte van hierdie strategie is om gelyke toegang tot en deelname aan landbougeleenthede te bevorder; besit van grond en ondernemings los te maak van ras; en om die sektor se volle ondernemerspotensiaal te ontsluit. 
 Wreldmededingendheid en winsgewendheid 
	Die strategie se doel is om winsgewendheid te bevorder deur volgehoue globale mededingendheid in die landbousektor se insetvoorsiening, primre produksie, agriverwerking en landboutoerisme te verhoog. 
 Volhoubare hulpbronbestuur 
	Die strategie beoog om boere se kapasiteite om hulpbronne op 'n volhoubare manier te benut, te verhoog en om die oordeelkundige gebruik en bestuur van die natuurlike hulpbronne te verseker. 
Sommige elemente van die kernstrategie is komplementr en sal bydra om vertroue in die landbou te skep en te herstel. Met di doelwitte in gedagte het die taakspan 'n aantal essensile ondersteunende en bemagtigende strategie gedentifiseer: 
* Goeie regering 
* Gentegreerde en volhoubare landelike ontwikkeling 
* Kennis en innovering 
* Internasionale samewerking 
* Veiligheid en sekuriteit 
Hierdie komplementre strategiese doelwitte voorsien die kritieke grondslag waarsonder die strategiese doelwit nie sal realiseer nie. Hulle beklemtoon ook die sektor se afhanklikheid van ander groepe staatsdepartemente en nywerhede se ondersteuning. 
Die vennote wat self die verantwoordelikheid aanvaar het vir die plan se implementering, sal ook die gedetailleerde aksieplanne produseer.  Die leiervennote sal gevolglik die permanente, gesamentlike komitee in die lewe roep. Hulle doen ook moeite om die georganiseerde landbou, nieregeringsinstansies, gemeenskapsgebaseerde en buitelandse organisasies daarby te betrek. 
Met die oog op die implementering van die strategiese plan, het die vennote die volgende prioriteitsprogramme en -aksies gedentifiseer: 
* Implementering van die bre veiligheids- en sekuriteitstrategie om goeie werks- en maatskaplike stabiliteit, vertroue en geloof te verseker 
* Uitbouing van 'n gemeenskaplike visie vir die landbou, goeie regering en maatskaplike vennootskappe 
* Versnelling van die herverdeling van landbougrond vir landbou-ontwikkeling en die prosesse vir die bemagtiging van teikengroepe 
* Transformasie van landbounavorsing, tegnologie-oordraging, onderwys en voorligting om gevoelig vir markte te wees 
* Herdefiniring van die mandaat vir landboubemarking en internasionale handel in die era na die afskaffing van beheerrade teenoor groter wreldmededinging en eise vir marktoeganklikheid, infrastruktuur en inligting 
* Skep van geloofbare landboustatistiek en ekonomiese ontledingstelsels wat vir alle boere en ondernemings toeganklik sal wees 
* Vestiging van die gentegreerde landelike finansile diensstelsel wat deur die Strauss Kommissieverslag geskets is 
* Ontwikkeling van 'n doeltreffende, gentegreerde risikobestuurstelsel vir plant- en dieregesondheidstelsels, prys- en inkomstestelsels en natuurrampe 
* Die teikening van investering in landelike ontwikkelingsnodusse om bestaansmoontlikhede, infrastruktuur, besproeiing, elektrisiteit, telekommunikasie, vervoer, opleiding- en vaardigheidsontwikkeling te verskaf 
* Vestiging van 'n landbousamewerkingsprogram vir Afrika om die Nuwe Afrika inisiatief in die landbou te implementeer 
* Verlaging van oorkoepelende produksiekoste, insluitend 'n verdere belastingverlaging en aksyns op diesel en ander insette. 
In al hierdie doelstellings word die privaat sektor se waardevolle rol in die bereiking van die doelwitte van deelneming, mededingendheid en volhoubaarheid erken. Alles sal gedoen word om groter samewerking en kordinering tussen die regering en die privaat sektor te verseker-wat boere, boereverenigings en 
landboubesighede impliseer, om die nuwe visie van 'n verenigde en voorspoedige landbousektor te verwesenlik. 
Die volgende resultate word verwag in die suksesvolle nastrewing van hierdie strategiese doelwitte: 
* Groter skepping van rykdom in landbou en landelike gebiede 
* Verbeterde volhoubare werkverskaffing in die landbou 
* Verhoogde inkomste en verdienste van buitelandse valuta 
* Minder armoede en ongelykhede in eienaarskap van grond en onderneming 
* Beter boerderydoeltreffendheid 
* Beter nasionale en huishoudelike voedselsekuriteit 
* Stabiele en veilige landelike gemeenskappe, laer vlakke van misdaad en geweld en volgehoue landelike ontwikkeling 
* Beter beleggersvertroue en groter binnelandse en buitelandse investering in landbouaktiwiteite en landelike gebiede 
* Trots en waardigheid in die landbou as 'n beroep en sektor 
Die deelnemers onderneem om die nodige tyd en finansile en materile hulpbronne te verskaf om die suksesvolle implementering van die strategiese plan moontlik te maak.
Die publikasie Strategiese plan vir die Suid-Afrikaanse landbou is verkrygbaar van Resource Centre,
Departement van Landbou
Tel (012) 319 7141
en verkrygbaar op die webtuiste: www.nda.agric.za
2002
Uitgegee deur die Departement van Landbou
Direktoraat Landbou-inligtingsdiens, Privaatsak X144, Pretoria 0001
  
  

DIE NASIONALE KWALIFIKASIERAAMWERK:'N OORSIG
INHOUDSOPGAWE....
1. Wat is 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)? 
2. Waarom het Suid-Afrika 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk gekies? 
3. Hoe het die NKR tot stand gekom? 'n Kort geskiedenis 
4. Wat is die oogmerke van die NKR? 
5. Wat die verband tussen die NKR en uitkomsgebaseerde onderwys? 
6. Wat is die kritieke resultate? 
7. Hoe lyk NKR-kwalifikasies 
8. Hoe lyk ons NKR? 
9. Wat is die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO)? 
10. Watter strukture het SAKO en wat is die doel daarvan? 
11. Hoe sal kwaliteit in beoordeling behou word? 
12. Hoe verseker SAKO aanvaarding van sy beleid deur belanghebbers? 
13. Hoe verseker SAKO kwaliteit oor die hele NKR? 
14. Hoe hanteer SAKO erkenning van vroere studie (EVS)? 
15. Wat doen die SAKO-kantoor nog? 
16. Regsdokumente en ander SAKO-publikasies 
17. Woordelys, akronieme en afkortings 
18. Bibliografie en aantekeninge 

"Ons moet uitvind hoe om 'n stelsel te skep wat op uitnemendheid fokus, wat vir almal toeganklik is en wat die ontwikkeling van die jeug tot landsburgers wat die land kan uitbou, bevorder ... Ons het almal miskien verskillende agtergronde, maar ons is almal mense. Deur op waardes te konsentreer, kan ons talent koester." [vertaling]
Mamphela Ramphele

'N PUBLIKASIE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIE-OWERHEID

1. Wat is 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)?
Dit is 'n raamwerk, dit wil s dit stel grense - 'n stel beginsels en riglyne wat 'n visie, 'n filosofiese grondslag en 'n organisasiestruktuur bied - vir die saamstel van 'n kwalifikasiestelsel. Gedetallieerde ontwikkeling en implementering geskied binne hierdie grense. Dit is nasionaal, want dit is 'n nasionale hulpbron wat 'n nasionale poging verteenwoordig om onderwys en opleiding te integreer tot 'n verenigde struktuur van erkende kwalifikasies. Dit is 'n raamwerk van kwalifikasies, dit wil s rekords van leerlingprestasie. Kortom, die NKR is 'n stel beginsels en riglyne waarvolgens rekords van leerlingprestasie geregistreer word ten einde nasionale erkenning van verworwe vaardighede en kennis moontlik te maak. Hierdeur word 'n gentegreerde stelsel verseker wat lewenslange leer aanmoedig.

2. Waarom het Suid-Afrika 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk gekies?
In 1994 het die internasionale gemeenskap die geboorte van 'n nuwe demokrasie aanskou en die nuwe Suid-Afrika as die jongste lid in sy wrelddorp verwelkom. Met die aanvaarding van hierdie eer het Suid-Afrika ook die gepaardgaande uitdagings aanvaar. Talle lande oor die wreld heen soek na beter maniere om hulle mense op te voed en om hulle onderwys-en-opleidingstelsels so te organiseer dat hulle 'n voorsprong kan verkry in die toenemend mededingende wreld- ekonomiese omgewing. Bowendien is die wreld polities, geografies en tegnologies voortdurend aan die verander. Trouens, die snelle tegnologiese vorderinge wat in die twintigste eeu gemaak is, het onderwysstelsels onder geweldige druk geplaas in hulle pogings om by hierdie veranderinge aan te pas en dit te inkorporeer met die oog daarop om kreatiewer, doeltreffender en aanpasbaarder mense voort te bring.
Sukses, selfs bloot oorlewing, in so 'n wreld vereis dat Suid-Afrika 'n nasionale onderwys-en-opleidingstelsel het wat kwaliteitstudie bied, reageer op die immer veranderende invloede van die eksterne omgewing en die ontwikkeling bevorder van 'n nasie wat verbind is tot lewenslange studie en leer. Wanneer leerlinge weet dat daar duidelike studiewe is wat toegang bied tot, en mobiliteit en progressie binne, onderwys, opleiding en loopbaanrigtings, is hulle meer geneig om hulle vaardighede en kennis te verbeter, aangesien di soort verbetering hulle geleenthede om werk te kry verbeter. Die uitgebreide vaardigheidsbasis van die arbeidsmag het 'n wyer implikasie, naamlik die verbetering van die funksionele en intellektuele vermo van die nasie, waardeur ons kanse op sukses in die wreldgemeenskap vergroot word.
Toe hy die tipe leerlingprofiel geskets het wat vir die 21ste eeu gepas is, het sir Christopher Ball (1996) gepraat van "flexible generalists". Ball meen dat sulke mense nodig is om die doelwit van lewenslange studie of leer te bereik wat, weens die feit dat mense al hoe langer lewe, die suksesvolle burgery van die volgende millenium sal kenmerk. Di buigsame generaliste is mense wat met die nodige kennis, vaardighede en waardes toegerus is om geredelik aan te pas by veelvuldige loopbaanveranderings en wat deur hul eie persoonlike ontwikkeling 'n beduidende bydrae lewer tot die lewe van ons land en die wreld. Die verskuiwing in denke behels 'n verskuiwing van onderwys vir indiensneming - ontwikkeling van die vermo om 'n bepaalde werk te doen - na onderwys vir indiensneembaarheid - ontwikkeling van die vermo om verworwe vaardighede aan te pas by nuwe werksomgewings. Die nuwe onderwys-en-opleidingstelsel moet die idee van 'n aanpasbare arbeidsmag ondersteun.

3. Hoe het die NKR tot stand gekom? 'n Kort geskiedenis
Die ontstaan van die NKR kan teruggevoer word tot die arbeidsbeweging van die vroe sewentigerjare. Van daardie tyd af is die eise van swart vakbonde om menswaardige lone herhaaldelik deur werkgewers verwerp op grond daarvan dat die werkers ongeskoold was en dat hulle eise dus nie geregverdig was nie. Dit het daartoe gelei dat swart werkers opleiding begin sien het as 'n manier om voldoening aan hulle eise om beter lone te verkry. Die stryd om werkgewers te oorreed om aan werkerseise te voldoen het deur die tagtigerjare voortgeduur, en in 1989 het die National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) 'n navorsingsgroep gestig wat bestaan het uit werkers en vakbondbeamptes en ten doel gehad het om aanbevelings oor opleiding te doen. Op grond van die aanname dat vaardigheidsontwikkeling tot beter lone sou lei, is 'n gentegreerde voorstel geformuleer wat berus het op 'n verbetering van vaardighede in stadia, gekoppel aan graderingsinkremente. Die voorstel het die behoefte beklemtoon aan basiese onderwys, waarsonder werkers nie in staat sou wees om toegang tot die voorgestelde stelsel nie verkry nie, sowel as aan verplaasbaarheid en nasionale erkenning van opleiding, sodat werkers nie aan die genade van 'n enkele werkgewer uitgelewer sou wees nie. Die voorstel is in Julie 1991 formeel deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU) aanvaar.
Die middel-sewentigerjare het ook die eis om 'n verandering in onderwys gesien, wat aangevoer is deur die nieregeringsektor. Die protes word verbeeld deur die Soweto-studenteopstand in 1976, wat gevolg is deur landswye studenteprotes. Teen die tagtigerjare was die hele onderwysstelsel in diskrediet gebring en is dit verwerp. Weerstand in die nieregeringsonderwyssektor het uiteindelik gelei tot die totstandbrenging van die Nasionale Onderwysbeleidsinisiatief (NEPI: National Education Policy Initiative), wat daarvan werk gemaak het om voorstelle te ontwikkel vir die herstrukturering van die formele onderwyssektor. Na samesprekings met 'n wye verskeidenheid van belanghebbende partye binne die demokratiese alliansie het die NEPI-verslae en -raamwerk, wat in 1992 gepubliseer is, berus op die beginsels van nierassisme, nieseksisme, demokrasie en regstelling, en op die behoefte aan 'n nierassige unitre onderwys-en-opleidingstelsel. COSATU was ten nouste betrokke by die NEPI-proses - 'n alliansie wat voortgeduur het deur die tyd wat die demokratiese verkiesings van 1994 voorafgegaan het.
Ondanks herhaalde weerstand teen werkers en studente se eise om verandering het die regering van die dag toenemend besef dat dit onvanpas, en ten slotte onvolhoubaar, is om sulke eise te bly verwerp. Die aankondiging in 1990 deur pres. De Klerk dat die regering voornemens was om apartheid af te breek, het nuwe momentum gegee aan en was simptomaties van die beleidsverandering teenoor werkers en studente se eise. Die Departement van Mannekrag, deur die Nasionale Opleidingsraad (NOR), het reeds in die tagtigerjare met 'n reeks inisiatiewe begin, met name die herstrukturering van die vakleerlingstelsel tot 'n vaardigheidsgebaseerde modulre opleidingstelsel onder beheer van outonome nywerheidsopleidingsrade. Die vakbonde het egter die stelsel as gebrekkig beskou, nie net omdat dit werkers uitgesluit het nie maar ook omdat die voorstelle wat uit die inisiatiewe voortgespruit het, skerp gefokus was op vakleerlingskap. Dit het dus basiese onderwys, wat beskou is as 'n toegangspunt tot vaardigheidsopleiding, uitgesluit.
Na 'n uitgebreide botsende verhouding het die Departement van Mannekrag en die vakbondfederasies in 1992 weer byeengekom in 'n poging om die proses te vernuwe.
Die Departement van Onderwys het terselfdertyd sy eie proses van beleidsbesprekings begin, wat uitgeloop het op die Onderwyshernuwingstrategie (OHS). Die demokratiese alliansie in die onderwyssektor is uitgenooi om aan die proses deel te neem, maar het die uitnodiging van die hand gewys op grond daarvan dat die proses 'n gebrek aan legitimiteit gehad het. Voorts het die OHS drie strome voorgestaan - 'n akademiese stroom, 'n beroepstroom en 'n beroepsgerigte stroom - 'n stelsel wat die demokratiese alliansie onaanvaarbaar gevind het. Die onderwyswerkgewersektor het egter wel aan die proses deelgeneem en 'n naatlose raamwerk voorgestaan wat vergelykbaar was met di wat in Skotland en Nieu-Seeland gebruik is.
Die 1992-byeenkoms van die Departement van Mannekrag en die vakbondfederasies het gelei tot die totstandbrenging van 'n verteenwoordigende taakgroep, wat agt werkgroepe ingestel het met die opdrag om 'n nuwe nasionale opleidingstrategie te ontwikkel. Die werkgroepe het bestaan uit verteenwoordigers van vakbonde, werkgewers, die staat, verskaffers van onderwys en opleiding, die ANC se Onderwysdepartement, en die demokratiese alliansie. Werkgroep 2 het ooreenkoms bereik oor 'n nuwe, gentegreerde raamwerk. In 1994 is drie dokumente gepubliseer wat die grondslag gel het van die SAKO-wet (RSA, 1995): die ANC Policy Framework for Education and Training (1994), die Discussion Document on a National Training Strategy Initiative (1994), en die CEPD Implementation Plan for Education and Training (1994). Die Witskrifte oor Heropbou en Ontwikkeling (1994) en oor Onderwys en Opleiding (1995) het die behoefte aan die ontwikkeling en implementering van 'n NKR onderstreep.
'n Interministerile Werkgroep is in die lewe geroep om die NKR-wetsontwerp op te stel, wat as die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995 (Wet No. 58 van 1995), op 5 Oktober 1995 op die wetboek geplaas is. Die eerste aanstellings in die Owerheid is in Mei 1996 gedoen en die eerste vergadering van die Owerheid, onder voorsitterskap van mnr. S.B.A. Isaacs, is in Augustus 1996 gehou.

4. Wat is die oogmerke van die NKR?
Die oogmerke van die NKR, soos uiteengesit in die SAKO-wet, is soos volg:
* Om 'n gentegreerde nasionale raamwerk vir studieprestasies te skep 
* Om toegang tot, en mobiliteit en progressie binne, onderwys, opleiding en loopbaanrigtings te fasiliteer 
* Om die gehalte van onderwys en opleiding te verbeter 
* Om die regstelling van onbillike diskriminasie in die verlede in onderwys, opleiding en werkgeleenthede te versnel 
* Om by te dra tot die volle persoonlike ontwikkeling van elke leerling en die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die hele volk 

5. Wat is die verband tussen die NKR en uitkomsgebaseerde onderwys?
Kwalifikasies en standaarde geregistreer in die NKR word beskryf volgens die studieresultate wat die kwalifiserende leerling moet bewys het. Daar is dus 'n onderliggende verbintenis tot 'n stelsel van onderwys en opleiding wat georganiseer is rondom die idee van studieresultate (leeruitkomste).
Een van die besware teen die vorige onderwysstelsel in Suid-Afrika was dat sekere instellings bo ander bevoorreg was vanwe die beleid van ongelyke toewysing van hulpbronne aan studie-instellings op grond van ras. Vanwe di finansile diskriminasie het die persepsie bowendien ontstaan dat die verskaffingstandaard by die bevoorregte instellings beter was as by die ander. Gevolglik het studente van sulke instellings voorkeur geniet ten opsigte van toegang tot verdere onderwysgeleenthede en in die arbeidsmark. Wr die kwalifikasie verwerf is, was dus belangriker as wat kwalifiserende studente werklik geweet het of kon doen. Benewens die probleme van toegang was daar die probleem van verplaasbaarheid, in die sin dat instellings arbitrr besluit het watter kwalifikasies wat by ander instellings verwerf is, hulle sou erken en watter nie. Werkgewers het daadwerklik gegradueerdes van sekere instellings probeer werf en gegradueerdes van ander instellings gegnoreer. Die uitwerking van di praktyk op die ekonomiese en maatskaplike struktuur van ons samelewing spreek vanself. Daar is dus 'n historiese imperatief in die fragmentering van ons samelewing, naamlik om te fokus op wat dit is wat die leerling weet en kan doen, eerder as op waar die leerling sy of haar studie gedoen het. Die onvanpaste maatskaplike gebruik van kwalifikasies wat so deel van ons geskiedenis is, moet dus uit die weg geruim word.
Nog iets wat dit gebiedend maak om ons NKR te baseer op resultate (uitkomste), blyk uit wreldneigings en -besprekings. Ronald Barnett se bespreking van bekwaamheid in hor onderwys vat die tipes oorgange saam wat tans in onderwys-en-opleidingstelsels oor die hele wreld plaasvind:
Die nuwe woordeskat in hor onderwys is 'n teken dat die hedendaagse samelewing reik na ander definisies van kennis en redenering. Die idees van vaardigheid, beroepsgerigtheid, oordraagbaarheid, bekwaamheid, uitkomste, ervaringsleervermo en onderneming, gesamentlik genome, is aanduidings daarvan dat tradisionele definisies van kennis as ontoereikend beskou word om die stelselwye probleme op te los waarvoor die hedendaagse samelewing te staan gekom het.
Terwyl daardie tradisionele definisies van kennis taal, veral in die vorm van skryfvermo, 'n oop kommunikasieproses, en formele en dissiplinegebonde konvensies beklemtoon het, moedig die nuwe terminologie hor onderwys aan om die term 'kennis' toe te laat om kennis-deur-aksie, spesifieke uitkomste van 'n leertransaksie en transdissiplinre vorme van vaardigheid te omvat. (Barnett, 1994: 71)[vertaling]
As Suid-Afrika sy plek in die wrelddorp wil inneem, moet hy ook die nuwe terminologie aanvaar waarvan Barnett praat: bekwaamheid en uitkomste (resultate). Lande in Europa, die Pasifiese Ring, Australasi en Noord-Amerika het 'n nasionale kwalifikasieraamwerk, onderskryf deur uitkomsgebaseerde onderwys, aanvaar of in daardie rigting begin beweeg. Suid-Afrika kan dit nie bekostig om hierdie ontwikkelings te ignoreer nie. Die Suid-Afrikaanse NKR, met sy klem op die idee van toegepaste bekwaamheid - die vermo om die studieresultate (leeruitkomste) bekom tydens kwalifikasieverwerwing, in die praktyk in die toepaslike konteks toe te pas - dra reeds tot tot hierdie debat en ontwikkelings by.
Gepaard met die erkenning dat kennis opnuut gedefinieer moet word, gaan die erkenning dat plekke van studie (leer) talryk en uiteenlopend is. Die tradisionele definisies van kennis het implisiet formele studie-inrigtings aangewys as die primre plek van leer. Di persepsie is nog altyd versterk deur die feit dat 'n kwalifikasie in die meeste gevalle deur 'n instelling toegeken word voordat die leerling enige verdere leer in 'n praktiese omgewing kan opdoen. Die subteks is dus dat as die kwalifikasie eers verwerf is, die leerwerk verby is - en tensy 'n leerling vir 'n nuwe, formele kwalifikasie inskryf, is die leerwerk vir die res van sy of haar lewe verby! Hierdie vooroordeel ten gunste van kwalifikasie-as-bestemming stem nie ooreen met die werklikheid nie en ook nie met wat die Witskrif oor Onderwys en Opleiding (1995: 15) identifiseer as die onderwys- en opleidingsbehoeftes van 'n suksesvolle ekonomie en samelewing nie:
As 'n mens aanvaar dat daar meer as een dimensie aan kennis is en dat leer dus sowel voor as na die toekenning van 'n kwalifikasie op 'n verskeiednheid van studie- of leerplekke geskied, dan is dit nodig, ten einde integrasie en samehang in die stelsel te kry sodat toegang en verplaasbaarheid 'n werklikheid kan word, om die resultate (uitkomste) van studie (leer) duidelik te artikuleer.
Ten slotte bepaal die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995, dat een van die werksaamhede van die Owerheid is om te verseker dat standaarde en geregistreerde kwalifikasies internasionaal vergelykbaar is. Aangesien die wreldneiging is om kwalifikasies te beskryf volgens die studieresultate (leeruitkomste) wat bereik is, word artikulasie van Suid-Afrikaanse kwalifikasies met hulle internasionale eweknie gefasiliteer as ons kwalifikasies ook beskryf word volgens die studieresultate.
Die NKR, met sy verbintenis tot uitkomsgebaseerde onderwys en opleiding, is die middel wat Suid-Afrika gekies het om stelselmatige verandering in die aard van die onderwys-en-opleidingstelsel teweeg te bring. Di stelselmatige verandering beoog 'n transformasie van die manier waarop die onderwys-en-opleidingstelsel as stelsel werk en waarop dit georganiseer is, en van die visie wat deelnemers binne die stelsel aandryf na gelang hulle binne daardie stelsel hulle bepaalde rolle vervul en take verrig.

6. Wat is die kritieke resultate?
Die kritieke resultate van kruisterreinonderwys en -opleiding, of kritieke resultate (uitkomste) soos dit algemeen bekend staan, is 'n bykomstige meganisme waardeur samehang in die raamwerk verkry word. Di kritieke resultate beskryf die eienskappe wat die NKR identifiseer vir ontwikkeling by studente binne die onderwys-en-opleidingstelsel, ongeag die spesifieke gebied of inhoud van studie (leer), d.w.s. die resultate (uitkomste) wat as kritiek beskou word vir die ontwikkeling van vermo tot lewenslange leer. Di resultate het ten doel om die denke van beleidmakers, kurrikulumontwerpers, studiefasiliteerders n leerlinge te rig.
Dit is gebiedend dat standaardstellers minstens party van die kritieke resultate inkorporeer by die standaarde wat hulle aanbeveel, en voorstellers van kwalifikasies moet toesien dat alle kritieke resultate die nodige aandag gekry het op die betrokke vlak binne die kwalifikasies wat voorgestel word.
Die kritieke resultate wat by deur SAKO aanvaar is, is die volgende:
* Om probleme te identifiseer en op te los waarin response toon dat verantwoordelike besluite geneem is met gebruik van kritiese en kreatiewe denke 
* Om doeltreffend met andere saam te werk as lid van 'n span, groep, organisasie of gemeenskap 
* Om 'n mens en jou bedrywighede verantwoordelik en doeltreffend te organiseer en te bestuur 
* Om inligting te versamel, te ontleed, te organiseer en krities te evalueer 
* Om doeltreffend te kommunikeer deur visuele, wiskundige en/of taalvaardighede te gebruik in gesproke of skriftelike vorme van oorreding 
* Om wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities te gebruik op 'n wyse wat verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van andere toon 
* Om begrip te toon van die wreld as 'n reeks verwante stelsels deur in te sien dat probleemoplossingskontekste nie in isolasie bestaan nie 
Om by te dra tot die volle persoonlike ontwikkeling van elke leerling en tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die groot gemeenskap moet dit die onderliggende bedoeling van elke studieprogram wees om die individu bewus te maak van die belangrikheid daarvan -
* om na te dink oor 'n verskeidenheid van strategie om meer doeltreffend te leer; 
* om as 'n verantwoordelike landsburger deel te h aan die lewe van plaaslike, nasionale en wreldgemeenskappe; 
* om kultureel en esteties sensitief te wees in 'n reeks maatskaplike kontekste; 
* om onderwys- en loopbaangeleenthede te ondersoek; en 
* entrepreneursgeleenthede te ontwikkel. 

7. Hoe lyk NKR-kwalifikasies?
Ingevolge die NKR-regulasies moet 'n kwalifikasie -
* 'n beplande kombinasie van studieresultate verteenwoordig wat 'n omskrewe oogmerk of oogmerke het en wat ten doel het om kwalifiserende leerlinge van toegepaste bekwaamheid en 'n grondslag vir verdere studie te voorsien; 
* waarde tot die kwalifiserende leerling toe te voeg deur die verlening van status en erkenning, en die bevordering van bemarkbaarheid en indiensneembaarheid; 
* die samelewing en die ekonomie tot voordeel strek; 
* voldoen aan die oogmerke van die NKR; 
* sowel spesifieke as kritieke kruisterreinresultate omvat wat lewenslange studie bevorder; 
* waar van toepassing, internasionaal vergelykbaar wees; 
* gentegreerde beoordeling gepas inkorporeer om te verseker dat die doelwit van die kwalifikasie bereik word, en beoordeling moet gebruik maak van 'n reeks formatiewe en summasiebeoordelingsmetodes, soos portefeuljes, simulasies, werkplekbeoordeling, en skriftelike en mondelinge eksamens; 
* in die rels wat die toekenning van die kwalifikasie rel, aandui dat die kwalifikasie ten volle of gedeeltelik behaal kan word deur die erkenning van vroere studie, welke konsep studieresultate behaal deur formele, informele en nieformele studie (leer) en werkservaring insluit, maar nie daartoe beperk is nie. 
In die regulasies word voorsiening gemaak vir die registrasie van kwalifikasies wat saamgestel is uit eenheidstandaarde en vir die registrasie van volledige kwalifikasies wat nie uit eenheidstandaarde saamgestel is nie. 'n Eenheidstandaard is geregistreerde verklarings van verlangde onderwys- en opleidingsresultate en hul verwante beoordelingskriteria, tesame met sodanige administratiewe en ander inligting as wat in die regulasies gespesifiseer word. Albei kwalifikasiestruktuurformate vereis egter dat studieresultate (leeruitkomste) gespesifiseer word. Laasgenoemde formaat vereis ook die artikulering van uitgangsvlakresultate en die verwante beoordelingskriteria.
Daar is aansienlike debatvoering oor die vermo om ooreenkoms te bereik oor studieresultate op nasionale vlak en selfs die wenslikheid daarvan, en oor die vraag of studieresultate beskryf moet word in die vorm van toegepastebekwaamheid-standaarde. SAKO het die vereiste van deelname aan nasionale belanghebberprosesse gestel slegs vir die kwalifikasies en standaarde wat in die NKR geregistreer moet word - nasionale erkenning vereis aanvaarding deur nasionale belanghebbers. Voorts kan samestellers van kwalifikasies en standaarde kies om rigied of buigsaam te wees in die samestelling van die kwalifikasies en standaarde, en keuses toelaat of nie. Die krag van die NKR-prosesse l daarin dat verteenwoordigers van alle sleutelbelanghebbers op die studieterrein, en nie net 'n uitgesoekte klompie nie, daardie besluite sal neem. Voorts sal die vereiste hersieningsproses verseker dat alle kwalifikasies en standaarde gereeld hersien word, sodat die ooreengekome kriteria en vereistes haalbaar, relevant en wenslik bly. Indien daar ooreenstemming is dat veranderinge nodig is, is daar oorgenoeg geleentheid om sulke veranderinge te aanvaar.
'n Meer ingewikkelde kwessie word aangeroer deur die idee van studieresultate (leeruitkomste) en vaardigheidstandaarde. Party mense opper die probleem dat die studieresultate van sekere kwalifikasies en standaarde betreklik maklik beskryf kan word met behulp van vaardigheidstandaarde, byvoorbeeld die konsepstandaarde vir ingenieurswesekwalifikasies. In die geval van ander kwalifikasies is dit egter moeiliker omdat die studieresultate minder voor die hand liggend of minder presies is. Enige poging om nasionale ooreenstemming te verkry sal uitloop op 'n verlies aan kreatiwiteit en oorspronklikheid, terwyl dit juis daardie kreatiwiteit en oorspronklikheid is wat die waarde verleen. SAKO meen dat die beskrywing van 'n NKR-kwalifikasie hierdie probleem ondervang, omdat 'n kwalifikasie 'n beplande kombinasie van studieresultate moet verteenwoordig wat 'n omskrewe doel het en wat ten doel het om kwalifiserende leerlinge met toegepaste bekwaamheid en 'n grondslag vir verdere studie toe te rus.
Wanneer hulle die doel van 'n kwalifikasie beskryf, sal standaardstellers oorweging moet skenk aan wat die doel van die kwalifikasie is en hoe dit bydra tot die leerling se ontwikkeling en verdere studie (leer).
Voorts suggereer die idee van toegepaste bekwaamheid 'n verbreding van die behavioristiese idees van kennis wat gewoonlik geassosieer word met resultate (uitkomste) en bekwaamheidsmodelle. Toegepaste bekwaamheid gee te kenne dat fundamentele bekwaamheid, praktiese bekwaamheid en refleksiewe bekwaamheid almal nodig is om 'n taak sinvol te volvoer in enige konteks in die werklike lewe. Fundamentele bekwaamheid word beskryf as insig in wat gedoen word en waarom. Praktiese bekwaamheid word beskryf as die bewese vermo om 'n bepaalde ding te doen. Refleksiewe bekwaamheid word beskryf as die bewese vermo om prestasie te integreer of te verbind met die insig in die taakverrigting ten einde uit die handeling te leer en by verandering en onvoorsiene omstandighede aan te pas.
Die uitdaging aan standaarstellers is dus om ewewig te verkry tussen die samelewing se behoeftes en die individu se behoeftes; die ontwikkeling van studieresultate wat spesifiek genoeg is om die doel van die kwalifikasie aan te dui maar algemeen genoeg om lewering, inhoudskeuse en beoordelingsmetodologie aan te dui; 'n ewewig tussen die behoefte aan praktiese bekwaamheid en die behoefte aan fundamentele en refleksiewe bekwaamheid; die aanvaarding van 'n kwalifikasiesamestelling, moontlik deur keusegedeeltes, wat kreatiwiteit, oorspronklikheid en proefneming aanmoedig sonder om die primre doel van die kwalifikasie in die gedrang te bring.
Kwalifikasies en standaarde word op spesifieke vlakke van die raamwerk geregistreer en het 'n kredietwaarde. Leerlinge kan in die loop van hulle studie oor 'n tydperk krediete versamel met die oog op 'n kwalifikasie.

8. Hoe lyk ons NKR?
NKR-vlak
Band
Kwalifikasietipe
8
7
6
5
Hor
Onderwys
en
Opleiding
* Postdoktorale navorsingsgrade 
* Doktorsgrade 
* Meestersgrade 
* Beroepskwalifikasies 
* Honneursgrade 
* Nasionale eerste grade 
* Hor diplomas 
* Nasionale diplomas 
* Nasionale sertifikate 
Verdere Onderwys-en-opleidingsertifikaat (VOOS)
4
3
2
Verdere
Onderwys
en
Opleiding
* Nasionale sertifikate 
Algemene Onderwys-en-opleidingsertifikaat (AOOS)
1
Algemene Onderwys
 en Opleiding
Graad 9
VBOO Vlak 4


Nasionale sertifikate
SAKO het 'n agtvlakraamwerk aanvaar waarin vlakke 1 en 8 beskou word as oop vlakke. Vlak 1 huisves drie sertifiseringsvlakke van Volwassene- Basiese Onderwys en Opleiding (VBOO), asook die Algemene Onderwys-en-opleidingsertifikaat.

9. Wat is die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO)?
Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid is 'n liggaam wat bestaan uit 29 lede wat deur die Ministers van Onderwys en van Arbeid aangestel word. Die lede word genomineer deur gedentifiseerde nasionale belanghebbers in onderwys en opleiding. Die werksaamhede van die Owerheid is wesenlik twerlei van aard:
* Om toesig te hou oor die ontwikkeling van die NKR deur beleid en kriteria te formuleer en te publiseer oor die registrasie van liggame wat verantwoordelik is vir die vasstelling van onderwys- en opleidingstandaarde, en oor die akkreditering van liggame wat verantwoordelik is vir die monitering en ouditering van prestasies ooreenkomstig sodanige standaarde of kwalifikasies. 
* Om toesig te hou oor die implementering van die NKR deur die registrasie, en akkreditering van die hierbo bedoelde liggame en die opdra van werksaamhede aan hulle, asook die registrasie van nasionale standaarde en kwalifikasies in die NKR. Hy moet ook stappe doen om die nakoming van bepalings vir akkreditering te verseker en, waar van toepassing, om te verseker dat standaarde en geregistreerde kwalifikasies internasionaal vergelykbaar is. 
SAKO moet die Ministers van Onderwys en van Arbeid adviseer, en moet sy werksaamhede uitvoer na oorleg en in samewerking met alle liggame en instellings wat verantwoordelik is vir onderwys, opleiding en die sertifisering van standaarde wat deur die NKR geraak sal word. Hy moet ook die onderskeie regte en bevoegdhede van liggame ingestel kragtens die Grondwet en wette van die Parlement in ag neem. Die kantoor van SAKO is verantwoordelik vir die implementering van die beleid en besluite van die Owerheid.
SAKO het in 1998 die Regulasies betreffende Nasionale Standaardeliggame uitgevaardig waarby voorsiening gemaak word vir die registrasie van Nasionale Standaardeliggame en Standaarde-ontwikkelingsliggame. Hierdie liggame sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling en aanbeveling van kwalifikasies en standaarde vir registrasie in die NKR. Die Regulasies op Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame (sic) is ook in 1998 uitgevaardig en maak voorsiening vir die akkreditering van Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggame. Hierdie liggame sal verantwoordelik wees vir die akkreditering van verskaffers van onderwys- en opleidingstandaarde en -kwalifikasies wat in die NKR geregistreer is, die monitering van verskaffing, die evaluering van beoordeling en die fasilitering van moderering by alle verskaffers, en die registrasie van assessors.

10. Watter strukture het SAKO en wat is die doel daarvan?
Die NKR se prosesse vir die stel van standaarde en versekering van kwaliteit berus op twee basiese uitgangspunte:
Kennis wat vir ons huidige wreld ter sake is, word geskep deur vennootskappe tussen uiteenlopende groepe in die samelewing, van akademici en navorsers tot die sakewreld, van werkers tot professionele vakkundiges, van die owerheid tot gemeenskapsorganisasies, van leerlinge tot professore; dit wil s kennisskepping is nie meer die uitsluitlike terrein van eng omskrewe groepe "deskundiges" nie.
Die nasionale onderwysstelsel moet die behoefte aan gehalte-onderwys vir alle landsburgers in balans bring met die behoefte aan buigsaamheid ten einde voorsiening te maak vir die wyd uiteenlopende omstandighede van leerlinge en van die wyd uiteenlopende keuses in wat toepaslike onderwys en kwalifikasies uitmaak; dit wil s 'n balans tussen die samelewing se behoeftes en die behoeftes van die individu.
Die eerste van hierdie uitgangspunte vind uitdrukking in die strukture wat SAKO ingestel het. SAKO self bestaan uit verteenwoordigers van onderwys-en-opleidingbelanghebbers in Suid-Afrika. Lidmaatskap van die NKR'e weerspiel ook hierdie nuwe vennootskappe in die skep van kennis, want hulle bestaan uit verteenwoordigers van ses nasionale belanghebberliggame met 'n sleutelbelang op die terrein: staatsdepartemente, die georganiseerde sakesektor, die georganiseerde arbeid, verskaffers van onderwys en opleiding, kritiekebelangegroepe, en gemeenskaps-/leerlingorganisasies. Tradisioneel het min van hierdie vennote koppe bymekaar gesit om die onderwys- en opleidingsbehoeftes van die land te bespreek.
Voorts word lede van van die SOL'e genomineer vanuit sleutelbelanghebbergroepe in onderwys en opleiding op die betrokke subterrein, wat weer eens erken dat tersaaklike kennisskepping bewerkstellig word deur bespreking aan 'n brer front.
Die NKR se verbintenis tot uitkomsgebaseerde onderwys en opleiding as die manier om sistemiese verandering in die aard van die onderwys-en-opleidingstelsel in Suid-Afrika teweeg te bring, onderskryf die tweede uitgangspunt. Deur nasionale standaarde en kwalifikasies volgens studieresultate (leeruitkomste) te beskryf op grond van 'n deelnemingsproses, plaas die NKR die nasionale eise ten opsigte van kwaliteit voor die landsburgers. Die nasie kan nie langer 'n situasie duld nie waarin die bekwaamheidstrek wat by houers van dieselfde kwalifikasie bestaan, so groot is dat werkgewers van die kwalifiserende studente onseker is oor wat die bekwaamhede eintlik is; die nasie kan nie langer die diskriminasie teen studente op grond van persepsies van wat hulle bekwaamheid is, duld nie; die nasie kan nie langer bekostig om wreldstandaarde in kwalifikasies te ignoreer nie. Kortom, die studieresultate, standaarde en kwalifikasies moet so duidelik wees dat daar geen twyfel is oor wat van kwalifiserende leerlinge verwag word nie.
Deur die instelling van onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggame (OOKV's) het SAKO erken dat die daarstelling van die standaarde en kwalifikasies die domein van die professionele verskaffers en leerlinge (leerders) en ander sleutelbelanghebbers op die terrein is. Verskillende kwalifikasies en standaarde sal verskillende eise stel aan kurrikulumontwikkeling en -lewering, en aan beoordeling en onderrig. Dit is nie vir SAKO om te verseker dat alle verskaffers 'n nasionale leweringsprogram volg nie, maar hy moet verseker dat leerlinge aan wie 'n geregistreerde NKR-kwalifikasie of -standaard toegeken word, bewys kan lewer van die studieresultate van die kwalifikasie of standaard ooreenkomstig die beskrewe kriteria en vereistes. SAKO sal dus nie studie- of leerprogramme in die NKR registreer nie. OOKV's sal egter die studieprogramme van verskillende verskaffers evalueer in 'n proses van akkreditering en so leerlinge en ander gebruikers van die stelsel die versekering gee dat enige leerling wat as suksesvol beskou is n deelname aan daardie program, die studieresultate gelewer het wat vir daardie kwalifikasie of standaard vereis word. Die beste groep om dit te verseker, is 'n liggaam wat bestaan uit verteenwoordigers van belanghebbers wat op die gebied van die kwalifikasie of standaard werksaam is, dit wil s die OOKV wie se primre fokus op daardie gebied is. Ten opsigte van sy kwaliteitversekeringswerksaamhede moet 'n OOKV dus nasionale belangbebberverteenwoordiging op besluitnemingsvlak h. Sulke verteenwoordiging sal openbare verantwoordingspligtigheid en deursigtigheid verseker.
SAKO het twee "bene", naamlik standaardstelling en kwaliteitversekering. Die substrukture in die standaardstellingbeen is die Nasionale Standaardeliggame (NSL'e) en die Standaarde-ontwikkelingsliggame (SOL'e), terwyl die substrukture in die kwaliteitversekeringsbene die onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggame (OOKV's) is. SAKO kan te eniger tyd na goeddunke modereringsliggame aanstel. Die werksaamhede van SAKO word in die SAKO-wet uiteengesit en is ook hierbo geskets. Die werksaamhede van die NSL'e en SOL'e word in uiteengesit in die regulasies vir NSL'e kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995, soos gepubliseer in Staatskoerant No. 18787 van 28 Maart 1998, terwyl die kriteria vir akkreditering en die werksaamhede van OOKV's, asook verskaffers van onderwys, uiteengesit word in die regulasies vir OOKV's kragtens dieselfde Wet, soos gepubliseer in Staatskoerant No. 19231 van 8 September 1998.
In die NKR word alle studie (leer) in twaalf terreine georganiseer. SAKO het twaalf NSL'e ingestel, een vir elke terrein. Die twaalf organiseringsterreine is die volgende:
NSL 01: Landbou en Natuurbewaring
NSL 02: Kultuur en Kuns
NSL 03: Sake-, Handels- en Bestuurstudie
NSL 04: Kommunikasiestudie en Taal
NSL 05: Onderwys, Opleiding en Ontwikkeling
NSL 06: Vervaardiging, Ingenieurswese en Tegnologie
NSL 07: Mens- en Maatskaplike Studie
NSL 08: Regte, Krygskunde en Sekuriteit
NSL 09: Gesondheidswetenskappe en Maatskaplike Dienste
NSL 10: Natuur-, Wiskundige, Rekenaar- en Lewenswetenskappe
NSL 11: Dienste
NSL 12: Fisiese Beplanning en Konstruksie
Standaardestelling

Kwaliteitversekering

Die werksaamhede van NSL'e sluit die volgende in:
* Om die grense van die terrein te omskryf en by SAKO aan te beveel, en hierbinne 'n raamwerk van subterreine 
* Om Standaarde-ontwikkelingsliggame te erken of in te stel binne die raamwerk van subterreine, en om toe te sien dat die werk van Standaarde-ontwikkelingsliggame voldoen aan die vereistes van SAKO 
* Om die registrasie van kwalifikasies en standaarde by SAKO aan te beveel 
* Om toesig te hou oor die bywerk en hersiening van kwalifikasies en standaarde 
* Om met OOKV's te skakel 
* Om vereistes en meganismes van moderering van standaarde en kwalifikasies te omskryf 
NSL'e ontwikkel nie standaarde of kwalifikasies nie, maar hou eerder toesig oor hierdie bedrywighede op subterreinvlak.
Die werksaamhede van SOL'e sluit die volgende in:
* Om standaarde en kwalifikasies te ontwikkel ooreenkomstig die Owerheid se vereistes op gedentifiseerde subterreine en vlakke 
* Om standaarde by te werk en te hersien 
* Om standaarde en kwalifikasies by NSL'e aan te beveel 
* Om kriteria vir die registrasie van assessors en moderators of modereringsliggame aan te beveel 
'n OOKV kan in 'n maatskaplike sektor, 'n ekonomiese sektor of 'n substelselsektor van onderwys en opleiding ingestel word. Die beginsel van minimum duplisering sal by die instelling van OOKV's geld, dit wil s 'n OOKV word geakkrediteer ten opsigte van sy primre fokus op grond van sy assosiasie met die sektor, sodat sy werksaamhede nie di van 'n bestaande OOKV dupliseer nie. Die werksaamhede van OOKV's sluit die volgende in:
* Om verskaffers te akkrediteer 
* Om kwaliteit onder belanghebbende verskaffers te bevorder 
* Om verskaffing te monitor 
* Om beoordeling te evalueer en moderering te fasiliteer onder belanghebbende verskaffers 
* Om assessors te registreer 
* Om die sertifisering van leerlinge (leerders) te doen 
* Om met toepaslike modereringsliggame saam te werk 
* Om nuwe standaarde of kwalifikasies by NSL'e aan te beveel, of aanpassings van bestaande standaarde en kwalifikasies 
* Om 'n databasis in stand te hou 
* Om verslae aan SAKO voor te l 
OOKV's stel nie standaarde nie; hulle verseker die kwaliteitlewering en -beoordeling van geregistreerde standaarde en kwalifikasies. Voorts mag 'n OOKV nie 'n verskaffer wees nie; sy primre taak is om die kwaliteit te verseker van verskaffing en beoordeling deur die verskaffers wat hy geakkrediteer het.
Ten einde deur OOKV's geakkrediteer te word, sal verskaffers aan die volgende kriteria moet voldoen:
* Moet as 'n verskaffer geregistreer wees kragtens toepaslike wetgewing 
* Moet 'n gehaltebeheerstelsel h 
* Moet studieprogramme wat uitloop op gespesifiseerde NKR-kwalifikasies of -standaarde, kan ontwikkel, lewer en evalueer 
* Moet die nodige finansile, administratiewe en fisiese hulpbronne h 
* Moet 'n beleid h vir personeelkeuring, -aanslag en -ontwikkeling; vir leerlingtoetrede, -voorligting en -ondersteuning; vir die bestuur van buiteterrein- praktiese werk of werkplekkomponente; en vir die bestuur van beoordeling 
* Moet die nodige verslagdoeningsprosedures h 
* Moet die vermo h om die verlangde resultate (uitkomste) te behaal deur beskikbare hulpbronne en prosedures te gebruik 
SAKO erken dat dit nodig is om verskaffers in die stelsel te akkommodeer wat nie aan al die vereistes vir akkreditasie voldoen nie. In sulke gevalle maak SAKO voorsiening vir voorlopige akkreditering. Gedurende di tydperk moet die verskaffer 'n ontwikkelingsprogram deurloop wat daarop gemik is om die verskaffer in staat te stel om aan die vereiste akkrediteringsvereistes te voldoen. Voorts sal voorlopige akkreditering slegs toegestaan word indien die belange van die leerling gedurende die ontwikkelingstydperk beskerm word.

11. Hoe sal kwaliteit in beoordeling behou word?
SAKO was heel spesifiek in die identifisering van beoordelingsvorme wat gebruik kan word om te verseker dat daar ook gesoek word na alternatiewe vir die tradisionele, eenmalige skriftelike eksamen. Trouens, 'n beskouing van die kritieke resultate dui duidelik daarop dat sulke vorme van beoordeling onvanpas is vir talle van daardie vaardighede. Alternatiewe beoordelingsmetodes stel groter eise aan die stelsel om te verseker dat daar 'n billike en konsekwente vertolking is van die vereiste standaard onder assessors by verskillende verskafferinstellings en geregistreer by verskillende OOKV's. Dit voorkom "standaardedrywing". Indien verskillende standaarde oor die stelsel heen toegepas word, word die geloofwaardigheid en integriteit van die hele stelsel in die gedrang gebring. Om te verseker dat dit nie gebeur nie, het SAKO verskeie kontrolemiddels ingestel.
Elke standaard of kwalifikasie wat vir registrasie in die NKR voorgel word, moet -
* die beoordelingskriteria vir die studieresultate (leeruitkomste) artikuleer; 
* die kriteria vir die registrasie van assessors van di resultate stipuleer; en 
* modereringsopsies aandui, met inbegrip van die aanbeveling van 'n moderator of modereringsliggaam vir daardie resultate. 
Die voorstellers van kwalifikasies en standaarde vervul dus 'n belangrike rol deur duidelike, ondubbelsinnige standaarde en die gepaardgaande beoordelingsvereistes te stel.
Voorts tel die volgende ook onder die werksaamhede van OOKV's:
* om beoordeling te evalueer en moderering onder belanghebbende verskaffers te fasiliteer 
* om belanghebbende assessors te registreer ooreenkomstig die kriteria gestel vir di doel 
* om met die betrokke liggaam of liggame saam te werk wat aangestel is om oor OOKV's heen te modereer 
In die kwaliteitversekeringsproses is daar dus aansienlike klem op die modereringsproses ten einde te verseker dat vergelykbare standaarde deur al die betrokke verskaffers toegepas word.
Laastens het SAKO die reg om na goeddunke 'n modereringsliggaam aan te stel ten einde te verseker dat die beoordeling van die resultate (uitkomste) wat in die NKR-kwalifikasies en -standaarde beskryf is, billik, geldig en betroubaar is by alle OOKV's of verskaffers.

12. Hoe verseker SAKO aanvaarding van sy beleid deur belanghebbers?
Die SAKO-wet maak dit duidelik dat die NKR opgerig moet word na oorlegpleging en in samewerking met die liggame en instellings wat verantwoordelik is vir onderwys, opleiding en die sertifisering van standaarde wat deur die NKR geraak sal word.
Die feit dat die SAKO-wet dit onomwonde stel dat SAKO sy werk in 'n gees van oorlegpleging en samewerking moet verrig, dui op die verbintenis van die nuwe demokratiese regering tot die beginsels van verteenwoordiging van en deelname deur alle betrokke belanghebbers in die samelewing se instellings. Hierdie klem op inklusiwiteit is gewortel in 'n geskiedenis van die uitsluiting van groot sektore van die gemeenskap van belangrike besluitnemingsprosesse in onderwys en opleiding. Die vaardighede wat ontwikkel moet word en die inhoud van 'n studieprogram is byvoorbeeld in die verlede saamgestel deur sogenaamde deskundiges op die terrein, gewoonlik akademici afkomstig van die formele studie-instellings (d.w.s. die "verskaffers" van onderwys), met min of geen oorlegpleging met die "gebruikers" van die kwalifikasie nie (d.w.s. die sakesektor, vakbonde en leerders). Dit het gelei tot die kritiek wat dikwels geopper is dat daar min te vergelyk is tussen wat aan formele studie-instellings onderrig is en wat in die arbeidswreld of selfs vir verdere studie nodig was. Daar was voorts ook min samewerking of oorlegpleging tussen die voormalige ministeries van Onderwys en van Arbeid; tussen nywerhede of maatskappye of met die staat; tussen verskaffers van formele onderwys en verskaffers van opleiding.
Ondanks die kultuur van oorlegpleging en samewerking in besluitneming in die nuwe Suid-Afrika is die mees logiese rede vir verteenwoordigendheid in besluitneming oor wat studieresultate (leeruitkomste) vir 'n bepaalde kwalifikasie moet wees, die kwessie van toepaslikheid. Ten einde in Suid-Afrika responsief teenoor veranderinge in die omgewing te bly, moet al die toepaslike stemme op die terrein van studie (leer) gehoor word: die staat, die akademici, die sakewreld , die arbeidsmark, die verskaffers van onderwys en opleiding, om maar 'n paar te noem. 'n Inklusiewe benadering tot standaardestelling en die samestelling van kwalifikasies sal dit moontlik maak om nuwe neigings gou in berekening te bring, wat sal verseker dat Suid-Afrika aan die voorpunt van internasionale ontwikkelings bly.
SAKO is verbind tot 'n proses van openbare konsultasie in die ontwikkeling en uitvoering van beleid. Kwalifikasies en standaarde moet deur 'n proses van beperkte oorlegpleging met belanghebbers op die terrein gaan, asook deur 'n proses van bre oorlegpleging, waarin die publiek in die algemeen 'n geleentheid gebied word om insae in die voorgestelde standaarde te kry en daaroor kommentaar te lewer. Voorts word alle kwalifikasies en standaarde voor registrasie vir kommentaar aan 'n verwysingsgroep voorgel wat verteenwoordigers van gestremde- en gemarginaliseerde sektore van die gemeenskap behels. So word probeer om te verseker dat die voorgestelde standaarde en kwalifikasies nie onbillik diskrimineer teen een van di sektore van die gemeenskap nie.
In die uitvoering van sy kwaliteitversekeringswerksaamhede moet OOKV's verteenwoordiging van nasionale belanghebbers h. Die hoofdoel van hierdie verteenwoordiging is om openbare verantwoordingspligtigheid en deursigtigheid te verseker. Daarbenewens word alle beleidsdokumente van SAKO opgestel in 'n oop proses van oorlegpleging met belanghebbers en konsepvorm in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer. Alle nominasies vir lede van SAKO-strukture, uitgesonderd lede van die Owerheid, word voor aanstelling in die Staatskoerant gepubliseer sodat die publiek kommentaar kan lewer. Bowendien word alle dokumente wat openbare kommentaar vereis, en alle dokumente van SAKO wat in die Staatskoerant gepubliseer word, op SAKO se webtuiste geplaas (http://www.saqa.org.za). Op hierdie wyse verseker SAKO maatskaplike deursigtigheid en inklusiwiteit in sy werk.
'n Onderwys-en-opleidingstelsel wat saamgestel word deur 'n proses van deelname en onderhandeling ten einde aan die behoeftes van alle belanghebbers te voldoen, geniet groter legitimiteit en geloofwaardigheid in die samelewing waarin dit werk as wat andersins die geval sou wees. Voorts is SAKO, die leidinggewende liggaam in die Suid-Afrikaanse stelsel, 'n onpartydige "toesighouer", dit wil s nie 'n staatsdepartement of 'n tak van die regering nie, en ook nie 'n inisiatief van die sake- of arbeidsektor nie, en dit is ook nie verbonde aan die onderwysverskaffersektor nie. Om di rede is SAKO onafhanklik van die agendas van hierdie sektore en kan hy dus sy integriteit bewaar in die fasilitering van onderhandeling tussen belanghebbers van onderwys en opleiding, wat soms botsende belange het.
Die SAKO-wet is 'n voorbeeld van bemagtigende wetgewing - dit reik nie 'n bloudruk van bo af uit nie, maar maak eerder die ontwikkeling die NKR as 'n sosiale struktuur moontlik, 'n struktuur waarvan die betekenis deur die mense vir die mense beding is en word. Dit is 'n sintese van die ervaring, denke en praktyk van Suid-Afrikaners uit 'n verskeidenheid van sosio-ekonomiese agtergronde wat 'n verskeidenheid van wreldbeskouings verteenwoordig. Die hoekstene van hierdie struktuur is demokratiese deelname, intellektuele ondersoek, en die beskikbaarheid van hulpbronne - konsepte wat sentraal staan in SAKO se ontwikkeling en implementering van die NKR.

13. Hoe verseker SAKO kwaliteit oor die hele NKR?
Die oogmerke van die NKR ondersteun die idee van kwaliteit in die nuwe stelsel. Die NKR steun boonop 'n omvattende kwaliteitsiklus wat standaardestelling en kwaliteitversekering insluit. Elke standaard en kwalifikasie word voor registrasie in die NKR gemeet aan die beginsels uiteengesit in die oogmerke van die NKR ten einde te verseker dat dit voldoen aan die kriteria vir 'n gentegreerde kwalifikasieraamwerk wat lewenslange leer aanmoedig. Om nasionaal en internasionaal te verseker dat hierdie standaarde bereik word, berus insgelyks op die manier waarop dit dieselfde beginsels weerspiel.
Deur hierdie beginsels byeen te bring in die maatskaplike konstruksieproses, sal lewering en bereiking van die standaarde wat deur die deelnemende en verteenwoordigende strukture en prosesse van die NSL'e en SOL'e ontwikkel is en daarna in die raamwerk geregistreer is, verseker word vir alle gebruikers van die leerstelsel deur middel van die OOKV-stelsel. Hierdie stelsel weerspiel op sy beurt deelnemende en verteenwoordigende strukture en prosesse. Deur die gehalte van sowel die standaarde as die prestasies te verseker, word die kwaliteitsiklus van die raamwerk voltooi. Deur die siklus te voltooi laat die stelsel voortdurende verbeterings toe in sowel die samestelling van standaarde en kwalifikasies as in die lewering en beoordeling van di standaarde en kwalifikasies deur die gebruikers van daardie standaarde en kwalifikasies. Die NKR is dus 'n stelsel wat leerlinge (leerders) en ander gebruikers van die onderwys-en-opleidingstelsel verseker, en altyd weer verseker, dat krediete, toekennings of sertifikate wat gedurende die leerproses uitgereik is, voldoen aan die standaard geregistreer in die raamwerk en dat alle verskaffingsvorme studie (leer) bied volgens dieselfde standaarde vir doeleindes van akkreditasie. Die inklusiewe aard van die kwaliteitsiklus verseker dat die verantwoordelikheid vir standaardestelling en die lewering van gehalte-onderwys en -opleiding l by die onderwys-en-opleidingbelanghebbers wat aan die SAKO-posesse deelneem.

14. Hoe hanteer SAKO erkenning van vroere studie (EVS)?
Onder die oogmerke van die NKR tel die behoefte om toegang tot, en mobiliteit en progressie binne, onderwys, opleiding en loopbaanrigtings te fasiliteer, asook die behoefte om die regstelling van onbillike diskriminasie in die verlede in die onderwys, opleiding en werkgeleenthede te versnel. Die uitdaging vir SAKO is om 'n manier te vind om hierdie twee oogmerke te bereik, om 'n manier te vind om studie of leer te erken wat geskied het buite die tradisionele leerkontekste, voorheen die enigste leerkontekste wat formeel erken is. SAKO het reeds aangedui dat hy voornemens is om sy strukture te betrek by die gebied van EVS as 'n manier om iets daadwerkliks aan hierdie oogmerke te doen.
SAKO het EVS regstreeks in die NSL-regulasies vermeld en het ook daarna verwys in die OOKV-regulasies. In die NSL-regulasies word die kriteria vir die registrasie van 'n kwalifikasie geskets. Een van di vereistes is dat die voorstel in die rels wat die toekenning van die kwalifikasie rel, moet aandui dat die kwalifikasie ten dele of in sy geheel verwerf kan word deur die erkenning van vroere studie. Dit word dus duidelik gestel dat die konsep EVS studieresultate (leeruitkomste) insluit wat behaal is deur formele, informele en nieformele studie (leer) en werkervaring, maar nie daartoe beperk is nie.
In die OOKV-regulasies word gemeld dat een van die kriteria vir akkreditering as 'n OOKV is dat die OOKV die oogmerke van die NKR moet bevorder en dus, ooreenkomstig hierdie oogmerke, is die beleid en prosedures vir EVS ook die verantwoordelikheid van die OOKV, en daarom sal dit in die akkrediteringsproses oorweeg word.

15. Wat doen die SAKO-kantoor nog?
SAKO is verantwoordelik vir die ontwikkeling en instandhouding van 'n Nasionale Leerderrekorddatabasis (NLRD). Die eerste weergawe van die NLRD is in 1999 bekendgestel. Wanneer dit ten volle funksioneel en van 'n populasie voorsien is, sal die NLRD inligting oor die volgende kan verskaf:
* SAKO en sy substrukture (NSL'e, SOL'e en OOKV's) 
* Kwalifikasies en standaarde wat in die NKR geregistreer is 
* Geakkrediteerde OOKV's en hulle verskaffers 
* Geregistreerde assessors 
* Modereringsliggame 
* Individuele leerderprestasies 
Die NLRD sal beleidmakers kan voorsien van omvattende inligting om ingeligte besluitneming moontlik te maak.
SAKO het die taak om opvoedkundige kwalifikasies te evalueer, veral indien buitelanders Suid-Afrikaanse onderwysinstellings wil bywoon of die Suid-Afrikaanse arbeidsmark wil betree.
SAKO het ook 'n Hulpbronsentrum wat afskrifte van SAKO-publikasies en SAKO-verwante dokumente hou, asook ander materiaal wat SAKO-personeel in die loop van hulle werk nodig kan h.
Die afdeling Sekretariaat en Kommunikasie lewer die sekretarile diens aan die Owerheid en sy subkomitees wat nodig is vir die uitvoering van sy pligte, byvoorbeeld die Uitvoerende Komitee en die Finansieskomitee.

16. Regsdokumente en ander SAKO-publikasies
Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, No 58 van 1995 (SAKO-wet)
NSL-regulasies (Staatskoerant No. 18787 van 28 Maart 1998)(Engels)
OOKV-regulasies (Staatskoerant No. 19231 van 8 September 1998)
Die NSL-handleiding
Kriteria vir die Ontwikkeling en Evaluering van Kwalifikasies en Standaarde binne die NKR
Kriteria en Riglyne vir OOKV's
Kriteria en Riglyne vir Verskaffers
Riglyne vir die Beoordeling van die NKR-geregistreerde eenheidstandaarde en kwalifikasies
SAKO publiseer die SAQA Update gereeld. Di eenbladnuusbrief gee die nuutste inligting oor die vordering wat gemaak word met die ontwikkeling en implementering van die NKR.
SAKO publiseer ook gereeld 'n bulletin wat daarop gemik is om lesers op die hoogte te hou van besluite en ontwikkelings binne SAKO, en van aktuele debatte. Dit bied ook die geleentheid vir kritiese beskouing van NKR- en verwante kwessies. Bulletin No. 1 (Mei 1997) is van besondere belang, aangesien dit die fundamentele besluite van SAKO met betrekking tot die instelling van die NKR bevat.
Verwante wette:
* Wet op Nasionale Onderwysbeleid 
* Wet op Hor Onderwys 
* Skills Development Act" (nie in Afrikaans beskikbaar) 
* Skills Development Levies Act" (nie in Afrikaans beskikbaar) 
* Wet op Verdere Onderwys en Opleiding 
* Suid-Afrikaanse Skolewet 

17. Woordelys
(volgens die NSL- en OOKV-regulasies)
Akkreditering
beteken sertifisering, gewoonlik vir 'n spesifieke tydperk, dat 'n persoon, liggaam of instelling oor die vermo beskik om 'n spesifieke funksie uit te voer in die kwaliteitversekeringsisteem wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid ingevolge die (die SAKO-) Wet ingestel is
Assessor
beteken die persoon wat deur die betrokke Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggaam ooreenkomstig kriteria deur 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam vir di doel gestel, geregistreer is om die bereiking van bepaalde standaarde en kwalifikasies van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk te meet
Eenheidstandaard
beteken geregistreerde verklarings van verlangde onderwys-en-opleidingsresultate en hul verwante beoordelingskriteria, tesame met sodanige administratiewe en ander inligting as wat in hierdie regulasies gespesifiseer is
Gentegreerde beoordeling
dui op die vorm van beoordeling wat die leerling toelaat om toegepaste bekwaamheid te demonstreer
Kritieke resultate
beteken die generiese resultate wat wesenlik is vir alle onderrig en studie
Modereringsliggaam
beteken 'n liggaam wat spesiaal deur die Owerheid aangestel is vir die doel van moderering
Nasionale Standaardeliggaam
beteken 'n liggaam kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die (SAKO-) Wet geregistreer wat verantwoordelik is vir die vasstelling van onderwys-en-opleidingstandaarde of -kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet opgedra is met betrekking tot nasionale standaarde en kwalifikasies
Onderwys-en-opleiding-
kwaliteitversekerings-liggaam
beteken 'n liggaam geakkrediteer kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die (SAKO-) Wet wat verantwoordelik is vir die monitering en ouditering van prestasies ooreenkomstig nasionale standaarde en kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede met betrekking tot die monitering en ouditering van nasionale standaarde en kwalifikasies opgedra is kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet
Primre fokus
beteken die aktiwiteit of doelwit in die sektor waarop 'n organisasie of liggaam sy pogings konsentreer
Resultate ("uitkomste")
beteken die kontekstueel gedemonstreerde eindprodukte van die studieproses ("leerproses")
Standaarde-ontwikkelingsliggaam
beteken 'n liggaam geregistreer kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die (SAKO-) Wet wat verantwoordelik is vir die vassteling van onderwys-en-opleidingstandaarde of -kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede met betrekking tot die vasstelling van die onderwys-en-opleidingstandaarde en -kwalifikasies opgedra is kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet
Toegepaste bekwaamheid
beteken die vermo om die studieresultate behaal in die verwerwing van 'n kwalifikasie, in die toepaslike konteks in die praktyk toe te pas
Uitgangsvlakresultate
beteken die resultate wat 'n kwalifiserende leerling moet behaal by die punt waar hy of sy die program wat tot 'n kwalifikasie lei, verlaat
AKRONIEME EN AFKORTINGS

NKR
Nasionale Kwalifikasieraamwerk
NLRD
Nasionale Leerderrekorddatabasis
NSL
Nasionale Standaardeliggaam
OOKV
Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggaam
SAKO
Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid
SOL
Standaarde-ontwikkelingsliggaam

18. Bibliografie en aantekeninge
Die geskiedenis van die NKR is gebaseer op die persoonlike weergawe van die ontstaan van die NKR, aangebied vir SAKO-personeel op 29 Mei 1998, deur me. Adrienne Bird, Hoofdirekteur van Menslike Hulpbronne en Indiensplasingsdienste in die Departement van Arbeid, en op 'n lesing deur mnr. S.M. Pityana, Direkteur-generaal van Arbeid, by geleentheid van die Conference on the National Qualifications Framework, 22-24 April 1996, Technikon Suid-Afrika, Johannesburg.
* Ball, Sir Christopher (1996): Life-long learning for the 21st Century, sleutelrede by die "21st Improving University Teaching Conference", Nottingham Trent-universiteit, Nottingham, VK 
* Barnett, Ronald (1994): The limits of competence: Knowledge, higher education and society, London, Society for Research into Higher Education 
* RSA (1995): Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, No. 58 van 1995, Staatskoerant No. 1521 (4 Oktober) 
* RSA (1998): National Standards Bodies Regulations, 1998, Staatskoerant No. 18787 (28 Maart) 
* RSA (1998): Regulasies op Onderwys-en-opleiding Kwaliteit-versekeringsliggame (sic), 1998, Staatskoerant No. 19231 (8 September) 
* SAKO (1996): SAQA Bulletin 1.1, Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid 
* (1994): A discussion document on a national training strategy initiative, Nasionale Opleidingsraad 
* (1994): A policy framework for education and training, African National Congress 
* (1994): Implementation plan for education and training, CEPD 
* (1995): Ways of seeing the National Qualifications Framework, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing 
* (1995): Witskrif oor onderwys en opleiding, Algemene Kennisgewing 196 van 1995 (15 Maart), Departement van Onderwys 
* (1998): The Star (24 Julie), wat Mamphela Ramphele aanhaal 
* Interne werksdokumente opgestel deur SAKO-personeel: Mnr. M. Cosser, me. G. Elliott, mnr. J. Gunthorpe, me. S. Mokhobo-Nomvete en mnr. J. Samuels 

Staatskoerant
Vol. 393
Pretoria 28 March 1998
No. 18787

-

Regulasiekoerant No. 6140

-

GOEWERMENTSKENNISGEWING

SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIES -OWERHEID
NO. R 452
28 March 1998

-

SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIE-OWERHEID
REGULASIES KRAGTENS DIE WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE KWALIFIKASIE-OWERHEID, 1995 (WET NO. 58 VAN 1995)
Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid het kragtens artikel 14 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995 (Wet No. 58 van 1995), met die goedkeuring van die Minister van Onderwys in oorleg met die Minister van Arbeid, die regulasies in die Bylae uitgevaardig.

BYLAE
HOOFSTUK 1: ALGEMENE BEPALINGS
1. Woordomskrywing 
HOOFSTUK 2: DIE NASIONALE KWALIFIKASIERAAMWERK
2. Instelling 
3. Struktuur van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk 
4. Vlakbeskrywings 
5. Toewysing van vlakke aan standaarde en kwalifikasies 
6. Registrasie van standaarde en kwalifikasies in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk 
7. Vereistes vir die registrasie van eenheidstandaarde en standaarde 
8. Vereistes vir die registrasie van kwalifikasies 
9. Bykomende vereistes vir die registrasie van kwalifikasies op vlakke 1 tot 4 en 5 tot 8 
10. Prosedure vir die registrasie van standaarde en kwalifikasies 
11. Tussentydse registrasie van kwalifikasies 
HOOFSTUK 3: NASIONALE STANDAARDELIGGAME
12. Instelling 
13. Registrasie van Nasionale Standaardeliggame 
14. Deregistrasie van Nasionale Standaardeliggame 
15. Lidmaatskap van Nasionale Standaardeliggame 
16. Nominasie van lede van Nasionale Standaardeliggame 
17. Verwysingsgroepe 
18. Ontruiming van amp deur lede van Nasionale Standaardeliggame en die vul van vakatures 
19. Werksaamhede van Nasionale Standaardeliggame 
HOOFSTUK 4: STANDAARDE-ONTWIKKELINGSLIGGAME
20. Erkenning en instelling van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
21. Intrekking van registrasie by ontbinding van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
22. Lidmaatskap van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
23. Nominasie van lede van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
24. Werksaamhede van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
HOOFSTUK 5: PROSEDURERELS EN DIE FINANSIERING VAN DIE BEDRYWIGHEDE VAN NASIONALE STANDAARDELIGGAME EN STANDAARDE-ONTWIKKELINGSLIGGAME
25. Prosedurerels 
26. Finansiering van die bedrywighede van Nasionale Standaardeliggame en Standaarde-ontwikkelingsliggame 
HOOFSTUK 6: KORT TITEL
27. Kort titel 
AANHANGSEL
* Prosedurerels vir Nasionale Standaardeliggame 


HOOFSTUK 1
ALGEMENE BEPALINGS
Woordomskrywing
1. In hierdie regulasies het enige woord of uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg word, daardie betekenis, en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken - 
"assessor" die persoon wat deur die betrokke Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggaam ooreenkomstig kriteria deur 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam vir di doel gestel, geregistreer is om die bereiking van bepaalde standaarde en kwalifikasies van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk te meet, en het "belanghebbende assessor" 'n ooreenstemmende betekenis;
"die Wet" die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995 (Wet No. 58 van 1995);
"eenheidstandaard" geregistreerde verklarings van verlangde onderwys- en opleidingsresultate en hul verwante beoordelingskriteria, tesame met sodanige administratiewe en ander inligting as wat in hierdie regulasies gespesifiseer word;
"erkenning van vroere studie" die vergelyking van vorige studie en ondervinding van 'n leerling, hoe ook al verkry, met die studieresultate vereis vir 'n spesifieke kwalifikasie, en die aanvaarding, vir doeleindes van kwalifisering, van dit wat aan die vereistes voldoen;
"fundamentele studie" die studie wat die grondslag of basis uitmaak wat nodig is om die onderwys, opleiding of verdere studie te onderneem wat vereis word vir die verwerwing van 'n kwalifikasie, en het "fundamenteel" 'n ooreenstemmende betekenis;
"gentegreerde beoordeling" die vorm van beoordeling wat die leerling toelaat om toegepaste bekwaamheid te bewys en wat 'n reeks formatiewe en summasiebeoordelingsmetodes gebruik;
"gespesialiseerde studie" die gespesialiseerde teoretiese kennis wat toepassing op die spesialisasiegebied onderl, en het "spesialisasie" 'n ooreenstemmende betekenis;
"kernstudie" die verpligte studie wat vereis word in situasies wat kontekstueel tersaaklik is vir die betrokke kwalifikasie, en het "kern-" 'n ooreenstemmende betekenis;
"keusestudie" 'n keuse van bykomende krediete bepaal op die vlak van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk waaruit 'n keuse gemaak kan word ten einde te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word, en het "keuse-" 'n ooreenstemmende betekenis;
"komitee" 'n komitee van die Owerheid bedoel in artikel 7(1) van die Wet;
"krediet" die waarde deur die Owerheid toegeken aan tien veronderstelde studie-ure;
"kritieke belangegroep" 'n nasionale organisasie waarvan die teenwoordigheid noodsaaklik is vir die sukses van die bedrywighede van die betrokke Nasionale Standaardeliggaam;
"kritieke resultate" die generiese resultate wat wesenlik is vir alle onderrig en studie, en het "kritieke resultate van kruisterreinonderwys en -opleiding" 'n ooreenstemmende betekenis;
"kwalifiserende leerling" 'n leerling wat 'n kwalifikasie verwerf het;
"lid" 'n lid van die Owerheid aangestel deur die Minister kragtens artikel 4 van die Wet;
"moderering" die proses wat verseker dat die beoordeling van die resultate beskryf in die standaarde en kwalifikasies van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk billik, betroubaar en geldig is;
"modereringsliggaam" 'n liggaam wat spesiaal deur die Owerheid aangestel is vir die doel van moderering;
"Nasionale Standaardeliggaam" 'n liggaam kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet geregistreer wat verantwoordelik is vir die vasstelling van onderwys- en opleidngstandaarde of -kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet opgedra is met betrekking tot nasionale standaarde en kwalifikasies;
"Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggaam" 'n liggaam geakkrediteer kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet wat verantwoordelik is vir die monitering en ouditering van prestasies ooreenkomstig nasionale standaarde en kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede met betrekking tot die monitering en ouditering van nasionale standaarde en kwalifikasies kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet opgedra is;
"resolusie" 'n besluit van die Owerheid;
"resultate" die kontekstueel gedemonstreerde eindprodukte van die studieproses;
"spesifieke resultate" kontekstueel gedemonstreerde kennis, vaardighede en waardes wat een of meer kritieke resultate ondersteun;
"Standaarde-ontwikkelingsliggaam" 'n liggaam geregistreer kragtens artikel 5(1)(a)(ii) van die Wet wat verantwoordelik is vir die vasstelling van onderwys- en opleidingstandaarde of -kwalifikasies en aan wie bepaalde werksaamhede met betrekking tot die vasstelling van onderwys- en opleidingstandaarde en -kwalifikasies opgedra is kragtens artikel 5(1)(b)(i) van die Wet;
"terrein" 'n bepaalde studiegebied wat as 'n organiseringsmeganisme vir die Nasionale Kwalifikasieraamwerk gebruik word;
"toegepaste bekwaamheid" die vermo om die studieresultate behaal in die verwerwing van 'n kwalifikasie, in die toepaslike konteks in die praktyk toe te pas;
"uitgangsvlakresultate" die resultate wat 'n kwalifiserende leerling moet behaal by die punt waar hy of sy die program wat tot 'n kwalifikasie lei, verlaat;
"uitvoerende beampte" die persoon aangestel soos in artikel 4(8) van die Wet beoog;
"Uitvoerende Komitee" 'n komitee kragtens artikel 7(1) van die Wet ingestel om sekere aangewese werksaamhede namens die Owerheid te verrig;
"veronderstelde studie-ure" die studietyd wat aanvaar word vir die gemiddelde leerling nodig sal wees om die omskrewe resultate te behaal, en omvat dit ook begrippe soos kontaktyd, tyd bestee in gestruktureerde studie in die werkplek en individuele studie;
"vlakbeskrywing" die verklaring wat 'n bepaalde vlak van die agt vlakke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk beskryf; en
"voorsitter" die voorsitter van die Owerheid.


HOOFSTUK 2
DIE NASIONALE KWALIFIKASIERAAMWERK
Instelling
2. 'n Nasionale Kwalifikasieraamwerk word hierby ingestel om voorsiening te maak vir die registrasie van nasionale standaarde en kwalifikasies. 
Struktuur van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
3. (1) Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk bestaan uit agt vlakke, wat Vlakke 1 tot 8 genoem word, en elke vlak word beskryf deur 'n unieke vlakbeskrywing. 
(2) Vlak 1 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is oop en akkommodeer drie subvlakke vir volwassene- basiese onderwys en opleiding waarvoor prestasiesertifikate toegeken kan word, en Vlak 8 is oop.
(3) Die agt vlakke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk word in drie bande gegroepeer, wat soos volg omskryf word:
a. Vlak 1 en laer: Algemene Onderwys en Opleiding 
b. Vlakke 2 tot 4: Verdere Onderwys en Opleiding 
c. Vlakke 5 tot 8: Hor Onderwys en Opleiding 
(4) Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk word in die volgende twaalf organiseringsterreine ingedeel:
a. Terrein 01: Landbou en Natuurbewaring 
b. Terrein 02: Kultuur en Kuns 
c. Terrein 03: Sake-, Handels- en Bestuurstudie 
d. Terrein 04: Kommunikasiestudie en Taal 
e. Terrein 05: Onderwys, Opleiding en Ontwikkeling 
f. Terrein 06: Vervaardiging, Ingenieurswese en Tegnologie 
g. Terrein 07: Mens- en Maatskaplike Studie 
h. Terrein 08: Regte, Krygskunde en Sekuriteit 
i. Terrein 09: Gesondheidswetenskappe en Maatskaplike Dienste 
j. Terrein 10: Natuur-, Wiskundige, Rekenaar- en Lewenswetenskappe 
k. Terrein 11: Dienste 
l. Terrein 12: Fisiese Beplanning en Konstruksie 
(5) Die Owerheid moet 'n unieke terreinbeskrywing aan elke organiseringsterrein toeken, en elke organiseringsterrein in subterreine verdeel en aan elke sodanige subterrein 'n unieke subterreinbeskrywing toeken.
Vlakbeskrywings
4. (1) Elke Nasionale Standaardeliggaam bedoel in regulasie 12 moet met die Standaarde-ontwikkelingsliggame bedoel in regulasie 20 saamwerk op die terrein waarvoor die Nasionale Standaardeliggaam ingestel is, ten einde die riglyne vir vlakbeskrywings beoog in regulasie 3(1) voort te bring, met tiperende voorbeelde, wat die proses verduidelik waarvolgens hulle vlakke aan standaarde, ander komponente van kwalifikasies en kwalifikasies toeken. 
(2) Die Owerheid skryf vlakbeskrywings voor in oorleg met die Nasionale Standaardeliggame ten einde samehang oor terreine heen te verseker en om die beoordeling van die internasionale vergelykbaarheid van standaarde en kwalifikasies te bevorder.
Toekenning van vlakke aan standaarde en kwalifikasies
5. Die toekenning van vlakke aan standaarde, ander komponente van kwalifikasies en kwalifikasies geskied soos volg: 
a. Elke Nasionale Standaardeliggaam bedoel in regulasie 12, tesame met elke Standaarde-ontwikkelingsliggaam bedoel in regulasie 20, moet ooreenkoms bereik oor die vlak, op die skaal van agt vlakke beoog in regulasie 3, van elke eenheidstandaard en standaard wat voorgel word, met inagneming van die manier waarop sowel die breedte as die diepte van kennis, vaardighede en waardes op 'n bepaalde subterrein deur studie bevorder is, en van die manier waarop een of meer van die kritieke resultate beskou word as 'n onderskeie maar kontekstuele deel van die voorgeskrewe resultaat van die betrokke eenheidstandaard.
  
b. Die voorstellers van kwalifikasies gebaseer op eenheidstandaarde moet, ooreenkomstig gepaste rels vir die kombinasie van geselekteerde eenheidstandaarde wat op verskillende vlakke geregistreer is, kwalifikasies saamstel wat uitgangsvlakresultate het wat 'n funksie is van die bepaalde samestellende standaarde wat gebruik is, en van 'n proses van die integrering van die algehele resultaat, weer eens beskou as 'n weerspieling van die mate (op 'n skaal van 1 tot 8 soos bedoel in regulasie 3) waarin kennis, vaardighede en waardes op 'n subterrein verkry is en die kritieke resultate wat genkorporeer is tot die beoordeelbare prestasie.
  
c. Die voorstellers van kwalifikasies wat nie op eenheidstandaarde gebaseer is nie, moet kombinasies van studieresultate saamstel wat uitgangsvlakresultate het wat 'n funksie is van die gevorderdste resultate wat ingesluit is, en van 'n proses van die integrering van die algehele resultaat, beskou as 'n weerspieling van die mate (op 'n skaal van 1 tot 8 soos bedoel in regulasie 3) waarin kennis, vaardighede en waardes op 'n subterrein verkry is en die kritieke subterreinresultate wat genkorporeer is tot die beoordeelbare prestasie as geheel. 
Registrasie van standaarde en kwalifikasies in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
6. Elke standaard en kwalifikasie wat aan die vereistes beoog in regulasies 7 en 8 voldoen, moet deur die Owerheid in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk geregistreer word en elkeen moet deur 'n unieke beskrywing gedentifiseer word. 
Vereistes vir die registrasie van eenheidstandaarde en standaarde
7. (1) 'n Eenheidstandaard moet geformuleer word ten einde gebruik te word as 'n assessordokument, 'n leerlinggids en 'n opvoedersgids by die voorbereiding van studiemateriaal, en moet bestaan uit - 
a. 'n eenheidstandaardtitel; 
b. 'n logo wat goedkeuring deur die Owerheid aandui; 
c. 'n eenheidstandaardnommer; 
d. 'n eenheidstandaardvlak in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk; 
e. die krediet wat aan die eenheidstandaard toegeken word; 
f. die terrein en subterrein van die eenheidstandaard; 
g. die uitreikingsdatum; 
h. die hersieningsdatum; 
i. die oogmerk van die eenheidstandaard; 
j. die studie wat veronderstel word reeds gedoen is voordat daar met die betrokke eenheidstandaard begin word; 
k. die spesifieke resultate wat beoordeel moet word; 
l. die beoordelingskriteria, met inbegrip van ingebedde kennis; 
m. die akkrediteringsproses (met inbegrip van moderering) vir die eenheidstandaard; 
n. bestekverklarings as 'n algemene aanduiding van die omvang, konteks en vlak wat vir die betrokke eenheidstandaard gebruik word; en 
o. 'n "aantekeninge"-kategorie, wat die kritieke resultate bedoel in subregulasie (4) moet insluit, gesteun deur die eenheidstandaard, asook verwysings na noodsaaklike ingebedde kennis indien dit nie onder beoordelingskriteria bespreek word nie, en ander bykomende inligting oor die eenheidstandaard kan insluit. 
(2) Kritieke resultate bedoel in subregulasie (3) moet in die standaard ingebed wees soos gespesifiseer in subregulasie (1): Met dien verstande dat wanneer sodanige standaard deel van 'n kwalifikasie uitmaak, die kritieke resultate wat nie by die standaard ingesluit is nie, in die kwalifikasie ingebed moet word.
(3) Kritieke resultate behels die volgende, maar is nie daartoe beperk nie:
a. Om probleme te identifiseer en op te los waar response toon dat verantwoordelike besluite geneem is met gebruik van kritiese en kreatiewe denke; 
b. om doeltreffend met andere saam te werk as lid van 'n span, groep, organisasie of gemeenskap; 
c. om 'n mens en jou bedrywighede verantwoordelik en doeltreffend te organiseer en te bestuur; 
d. om inligting te versamel, te ontleed, te organiseer en krities te evalueer; 
e. om doeltreffend te kommunikeer deur visuele, wiskundige en/of taalvaardighede te gebruik in gesproke of skriftelike vorme van oorreding; 
f. om wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities te gebruik op 'n wyse wat verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van andere toon; 
g. om begrip te toon van die wreld as 'n reeks verwante stelsels deur in te sien dat probleemoplossingskontekste nie in isolasie bestaan nie; 
h. om by te dra tot die volle persoonlike ontwikkeling van elke leerling en tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die groot gemeenskap deur dit die onderliggende bedoeling van elke studieprogram te maak om die individu bewus te maak van die belangrikheid daarvan - 
i. om na te dink oor 'n verskeidenheid van strategie om meer doeltreffend te leer; 
ii. om as 'n verantwoordelike landsburger deel te h aan die lewe van plaaslike, nasionale en wreldgemeenskappe; 
iii. om kultureel en esteties sensitief te wees in 'n reeks maatskaplike kontekste; 
iv. om onderwys- en loopbaangeleenthede te ondersoek; en 
v. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel. 
Vereistes vir die registrasie van kwalifikasies
8. (1) 'n Kwalifikasie moet - 
a. 'n beplande kombinasie van studieresultate verteenwoordig wat 'n omskrewe oogmerk of oogmerke het en wat ten doel het om kwalifiserende leerlinge van toegepaste bekwaamheid en 'n grondslag vir verdere studie te voorsien; 
b. waarde tot die kwalifiserende leerling toevoeg wat die verryking van die persoon betref deur die verlening van status, erkenning, getuigskrifte en lisensiring, die bevordering van bemarkbaarheid en indiensneembaarheid, en die oopstel van toegangswe tot bykomende onderwys en opleiding; 
c. die samelewing en die ekonomie tot voordeel strek deur die bevordering van burgerskap, die verhoging van maatskaplike en ekonomiese produktiwiteit, die voorsiening van spesifiek gekwalifiseerde/professionele persone, en die transformasie en regstelling van die erfenis van ongelykheid; 
d. voldoen aan die oogmerke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk soos vervat in artikel 2 van die Wet; 
e. sowel spesifieke en kritieke kruisterreinresultate h wat lewenslange studie bevorder; 
f. waar van toepassing, internasionaal vergelykbaar wees; 
g. gentegreerde beoordeling gepas inkorporeer om te verseker dat die doelwit van die kwalifikasie bereik word, en sodanige beoordeling moet gebruik maak van 'n reeks formatiewe en summasiebeoordelingsmetodes, soos portefeuljes, simulasies, werkplekbeoordeling, en skriftelike en mondelinge eksamens; en 
h. in die rels wat die toekenning van die kwalifikasie rel, aandui dat die kwalifikasie ten volle of gedeeltelik behaal kan word deur die erkenning van vroere studie, welke konsep studieresultate behaal deur formele, informele en nieformele studie en werkservaring insluit maar nie daartoe beperk is nie. 
(2) Altesaam 120 of meer krediete moet vereis word vir die registrasie van 'n kwalifikasie op vlakke 1 tot 8, met 'n minimum van 72 krediete op of bo die vlak waarop die kwalifikasie geregistreer is, en die aantal krediete en die vlakke daarvan wat die balans (van 48) uitmaak, moet gespesifiseer word: Met dien verstande dat 'n kwalifikasie wat uit minder as 120 krediete bestaan, oorweeg kan word indien dit voldoen aan die vereistes genoem in subregulasie (1) en aan die oogmerke van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk soos vervat in artikel 2 van die Wet.
(3) Die Owerheid registreer 'n kwalifikasie volgens die tipe en vlak, wat bepaal word op grond van die totale aantal en vlakke van die krediete vereis ooreenkomstig die volgende kriteria:
a. Die Owerheid registreer 'n kwalifikasie as 'n Nasionale Sertifikaat op vlakke 1 tot 8 wanneer dit 120 of meer krediete behels, met 72 krediete op of bo die vlak waarop die sertifikaat geregistreer is: Met dien verstande dat indien die Owerheid 'n kwalifikasie wat uit minder as die minimum aantal krediete bestaan, oorweeg het en bevind dat dit voldoen aan die vereistes genoem in subregulasie (1), van hierdie vereiste afgesien word en die kwalifikasie as 'n Nasionale Sertifikaat geregistreer word.
  
b. Die Owerheid registreer 'n kwalifikasie as 'n Nasionale Diploma wanneer dit minstens 240 krediete behels, waarvan minstens 72 op vlak 5 of hor moet wees.
  
c. Die Owerheid registreer 'n kwalifikasie as 'n Nasionale Eerste Graad wanneer dit minstens 360 krediete behels, waarvan minstens 72 op vlak 6 of hor moet wees. 
(4) Die Owerheid registreer volledige kwalifikasies (wat nie uit eenheidstandaarde saamgestel is nie) wat, benewens die vereistes van subregulasies (1), (2) en (3) hiervan, voldoen aan die minimumvereistes uiteengesit in regulasie 11(1)(c).
(5) Die Owerheid moet by registrasie elke kwalifikasie beskryf volgens tipe, vlak, aantal krediete en 'n titel wat die primre oogmerk daarvan spesifiseer.
Bykomende vereistes vir die registrasie van kwalifikasies op vlakke 1 tot 4 en 5 tot 8
9. (1) Vir die registrasie van vlakke 1 tot 4 geld die volgende bykomende vereistes: 
a. Minstens 72 krediete word vereis op of bo die vlak waarop die sertifikaat toegeken word, wat moet bestaan uit fundamentele studie, waarvan minstens 20 krediete moet kom van die terrein Kommunikasiestudie en Taal, en daarbenewens 16 krediete van die subterrein Wiskunde, met inbegrip van gesyferdheid in die geval van sertifikate op vlak 1. 
b. Minstens 36 krediete op vlak 1 en 52 op vlakke 2 tot 4, wat verdeel moet wees tussen die kern- en die keusekategorie, met die verspreiding van krediete in hierdie kategorie vereis, by elke kwalifikasie gespesifiseer: Met dien verstande dat die reeks bykomende krediete wyd genoeg is om leerlinge in staat te stel om sommige van hulle eie studiebelangstellings te volg. 
c. Teen 2002 moet minstens 16 van die 52 krediete vir sertifikate op vlakke 2 tot 4 kom van die subterreine wat op Wiskundegeletterdheid fokus. 
(2) Daarbenewens moet die aantal krediete vereis vir fundamentele, kern- en keusestudie gespesifiseer word vir registrasie op vlakke 5 tot 8, welke aantal krediete gepas moet wees vir die kwalifikasie ten opsigte waarvan registrasie verlang word: Met dien verstande dat die Owerheid kan vereis dat die redes vir die aantal en verspreiding van krediete verstrek word.
Prosedure vir die registrasie van standaarde en kwalifikasies
10. (1) 'n Eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie wat aan die vereistes vir registrasie voldoen, kan vir registrasie aan die Owerheid voorgel word deur organisasies wat sodanige eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie ontwikkel via die Nasionale Standaardeliggame bedoel in regulasie 12. 
(2) Die Owerheid kan elke eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie wat aan die vereistes vir registrasie voldoen, vir 'n tydperk van drie jaar registreer, welke registrasie hernubaar is
(3) In die eerste kalendermaand van die derde jaar van registrasie van 'n eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie moet die Owerheid van elke Nasionale Standaardeliggaam bedoel in regulasie 12 vereis om elke sodanige eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie wat vir registrasie aan hom voorgel is, te hersien en te bepaal of dit geskik is om hernu te word: Met dien verstande dat sodanige hernuwing en geskiktheidsbepaling vergesel moet gaan van die redes vir die hernuwing al dan nie en die wyse moet aandui waarop voldoen word aan die kriteria vervat in hierdie regulasies.
(4) 'n Eenheidstandaard, standaard of kwalifikasie wat in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk geregistreer is, is openbare besit.
Tussentydse registrasie van kwalifikasies
11. (1) Die Owerheid kan van 1 Julie 1998 tot 30 Junie 2003 tussentydse registrasie verleen aan elke bestaande kwalifikasie wat voorheen goedgekeur is deur 'n liggaam wat deur die Owerheid erken word: Met dien verstande dat - 
a. elke kwalifikasie voor 1 Julie 1998 vir aantekening aan die Owerheid voorgel word in 'n vorm wat deur die Owerheid goedgekeur word; 
b. 'n aldus aangetekende kwalifikasie tussen 1 Julie 1998 en 30 Junie 2003 in die vorm beoog in paragraaf (c) aan een of meer van die Nasionale Standaardeliggame voorgel word vir prosessering; 
c. sodanige kwalifikasie die volgende bevat: 
i. 'n Verklaring van die oorgmerk van die kwalifikasie; 
ii. aannames van studie reeds gedoen voordat die program wat tot die kwalifikasie lei, 'n aanvang neem; 
iii. uitgangsvlakresultate soos bedoel in regulasie 5(1)(b) en (c), asook die verwante beoordelingstandaarde; 
iv. totale aantal krediete wat vereis word; 
v. die minimum krediete vereis op spesifieke vlakke of die maksimum krediete wanneer dit die minima vermeld in regulasie 8 of 9, te bowe gaan; 
vi. gentegreerde beoordeling gepas genkorporeer ten einde te verseker dat die oogmerk van die kwalifikasie bereik word; 
vii. artikulasiemoontlikhede met verwante kwalifikasies (hetsy generiese of spesifieke relings vir artikulasie); 
viii. kriteria vir die registrasie van assessors; 
ix. modereringskeuses, met inbegrip van aanbeveling van 'n modereringsliggaam of -liggame; en 
x. voldoening aan die vereistes bedoel in regulasies 8 en 9. 
d. geen kwalifikasie n 30 Junie 2003 vir tussentydse registrasie voorgel mag word nie, en dat die registrasie van kwalifikasies kragtens hierdie regulasie op daardie datum verstryk. 


HOOFSTUK 3
 NASIONALE STANDAARDELIGGAME
Instelling
12. (1) 'n Nasionale Standaardeliggaam, wat aan die Owerheid verslag doen, maak 'n integrerende deel van die Owerheid uit, en een Nasionale Standaardeliggaam word per terrein kragtens artikel 5 van die Wet ingestel en deur die Owerheid geregistreer. 
(2) Op 'n terrein waarvoor daar geen Nasionale Standaardeliggaam ingestel of geregistreer is nie, of indien 'n Nasionale Standaardeliggaam gederegistreer is of indien die Owerheid dit nodig ag, verrig die Owerheid die werksaamhede en aanvaar hy die verantwoordelikhede wat in die rel aan so 'n Nasionale Standaardeliggaam opgedra word. 
(3) 'n Nasionale Standaardeliggaam moet vir elke terrein genoem in regulasie 3(4) ingestel word. 
Registrasie van Nasionale Standaardeliggame
13. (1) Die Owerheid reik aan elke Nasionale Standaardeliggaam, by instelling en die aanstelling van die lede daarvan, 'n registrasiesertifikaat uit wat geldig is vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die datum van instelling van die betrokke liggaam. 
(2) Elke Nasionale Standaardeliggaam moet gedurende die eerste kalendermaand van die derde jaar van sy registrasie aansoek om heregistrasie doen, met vermelding van die redes waarom sodanige heregistrasie toegestaan moet word en van die resultate wat die betrokke Nasionale Standaardeliggaam die voorafgaande twee jaar behaal het. 
Deregistrasie van Nasionale Standaardeliggame
14. 'n Nasionale Standaardeliggaam kan gederegistreer word indien hy na die mening van die Owerheid nie sy werksaamhede bevredigend verrig nie. 
Lidmaatskap van Nasionale Standaardeliggame
15. (1) Liggame wat nasionale belanghebberliggame is met 'n sleutelbelang by die betrokke terrein en wat in een of meer van die ses kategorie genoem in regulasie 16(2)(a) val, moet versoek word om lede te nomineer om in die Nasionale Standaardeliggame te dien. 
(2) Die lede word deur die Owerheid aangestel na oorleg en in samewerking met die betrokke liggame en met behoorlike inagneming van Parlementre en provinsiale bevoegdhede, die behoefte aan verteenwoordigendheid en billikheid, regstelling en toepaslike kundigheid wat die werk van die Nasionale Standaardeliggame betref. 
(3) Die name van diegene wat genomineer is om as lede van Nasionale Standaardeliggame te dien en van hulle nasionale belanghebberliggame, moet in die Staatskoerant gepubliseer word en kommentaar moet gevra word ten opsigte van die aanvaarbaarheid van die genomineerdes en die verteenwoordigendheid van die nasionale belanghebberliggame met sleutelbelange by die betrokke terrein. 
(4) By aanvaarding reik die Owerheid formele aanstellingsertifikate aan elk van die suksesvolle kandidate uit. 
(5) Die Owerheid het die reg om addisionele lede van Nasionale Standaardeliggame aan te stel om te verseker dat Nasionale Standaardeliggame aan die vereistes van regulasie 16(1) voldoen. 
Nominering van lede van Nasionale Standaardeliggame
16. (1) Organisasies wat voornemens is om persone vir die Nasionale Standaardeliggame te nomineer, moet sensitief wees vir die behoefte aan billikheid en regstelling, en moet persone nomineer wat - 
a. kwessies soos produktiwiteit, regverdigheid, openbare belang en internasionale vergelykbaarheid sal kan oorweeg met betrekking tot onderwys en opleiding; 
b. geloofwaardigheid geniet in die onderskeie dele van die betrokke belanghebbende groep, wat diegene insluit, maar nie tot hulle beperk is nie, wat agting geniet, die nodige kundigheid en ervaring op die terrein het, goed bekend is met die strategie en beleid van die nominerende organisasie en die steun of ondersteuning van die organisasie geniet; 
c. die behoeftes en belange van alle vlakke op die terrein wat deur die Nasionale Standaardeliggaam gedek word, kan bepleit en bemiddel; 
d. kritiese oordeel op 'n ho vlak kan toepas; en 
e. verbind is tot 'n proses van tweerigtingkommunikasie tussen die Nasionale Standaardeliggaam en die konstituentgroep. 
(2) Organisasies wat in die Nasionale Standaardeliggaam verteenwoordig wil wees, moet hulle in hulle voorleggings om verteenwoordiging deur die volgende laat lei: 
a. Elke Nasionale Standaardeliggaam moet saamgestel wees uit ses kategorie van organisasies, naamlik Staatsdepartemente, die georganiseerde sakesektor, die georganiseerde arbeid, verskaffers van onderwys en opleiding, kritieke belangegroepe, en gemeenskaps-/leerlingorganisasies. 
b. Elke kategorie van organisasies is in die rel geregtig op hoogstens ses verteenwoordigers, en die maksimum aantal verteenwoordigers wat 'n Nasionale Standaardeliggaam uitmaak, is 36, tensy die Owerheid anders oordeel. 
c. Benewens die riglyne gestel in paragrawe (a) en (b) - 
i. moet staatsverteenwoordigers die Departemente van Onderwys en Arbeid insluit en, waar wenslik, ander staatsdepartemente en verteenwoordigers van die provinsies en van skole; 
ii. moet die georganiseerde sakesektor en die georganiseerde arbeid elk ses verteenwoordigers h, van wie twee elk bedrewe moet wees in beleid en evaluering en die ander daadwerklik betrokke op die terrein van die Nasionale Standaardeliggaam; 
iii. moet verskaffers van onderwys en opleiding verteenwoordigend wees van die band Algemene Onderwys en Opleiding, die band Verdere Onderwys en Opleiding, en die band Hor Onderwys en Opleiding; 
iv. moet die Voorsitter van die Owerheid of 'n genomineerde lid van die Owerheid ex officio lid van elke Nasionale Standaardeliggaam wees; 
v. moet die uitvoerende beampte van die Owerheid of 'n genomineerde ook lid van elke Nasionale Standaardeliggaam wees; en 
vi. mag lede van die Owerheid vergaderings van 'n Nasionale Standaardeliggaam bywoon nadat relings daarvoor vooraf met die voorsitter van die betrokke Nasionale Standaardeliggaam getref is. 
Verwysingsgroep
17. (1) 'n Verwysingsgroep organisasies wat geraak word deur die werksaamhede van 'n Nasionale Standaardeliggaam moet ingevolge artikel 5 van die Wet tot stand gebring word. 
(2) Die verwysingsgroep - 
a. moet bestaan uit die organisasies bedoel in subregulasie (1) wat aansoek gedoen het om lysting as sodanig; 
b. moet aandui watter Nasionale Standaardeliggame se standaarde en kwalifikasies daardie organiasies raak of kan raak en met betrekking tot watter standaarde en kwalifikasies die organisasies aanspraak op toegang via die verwysingsgroep kan maak; 
c. moet per pos toeganklik wees by die adresse van die organisasie bedoel in subregulasie (1) wat aansoek gedoen het om lysting as sodanig; 
d. is daarop geregtig om, soos bepaal deur sy lidmaatskapstatus vasgestel kragtens subregulasie (3), voorleggings te doen aan Standaarde-ontwikkelingsliggame en Nasionale Standaardeliggame betreffende standaarde en kwalifikasies en die toepaslikheid daarvan vir hulle bepaalde behoeftes: Met dien verstande dat sodanige voorleggings gedoen word binne 30 dae na die datum van die versending van kennisgewings wat voorleggings vra; 
e. is daarop geregtig om te versoek dat registrasie van standaarde geweier word tensy voorleggings formeel oorweeg en daar formeel daarop gereageer is: Met dien verstande dat geen standaard geregistreer word nie tensy daar per pos met die betrokke verwysingsgroep oorleg gepleeg is; en 
f. ontvang in die rel geen finansile bystand van die Owerheid nie. 
(3) Die status van lede van die verwysingsgroep is soos volg: 
a. Aan 'n lid van die verwysingsgroep met hierdie status word toegang verleen tot die standaarde en kwalifikasies van elke Nasionale Standaardeliggaam: Met dien verstande dat lede aan wie volle toegang verleen word, nie ook lede van 'n Nasionale Standaardeliggaam is nie: Met dien verstande voorts dat in die geval van organisasies met geaffilieerde organisasies geen geaffilieerde organisasie lid van 'n Nasionale Standaardeliggaam is nie. 
b. Aan 'n lid van die verwysingsgroep met hierdie status word toegang verleen tot slegs die standaarde en kwalifikasies van elke Nasionale Standaardeliggaam waarvan hy nie lid is nie: Met dien verstande dat in die geval van organisasies wat geaffilieerde organisasies of geaffileerdes het van wie een of meer lede van Nasionale Standaardeliggame is, die betrokke geaffilieerde f - 
i. (i) lidmaatskap van die betrokke Nasionale Standaardeliggaam prysgee sodat die organisasie toegang verleen kan word tot die standaarde en kwalifikasies van daardie Nasionale Standaardeliggaam; f 
ii. (ii) voorleggings doen namens die betrokke organisasie as deel van die verrigting van die toegewese werksaamhede van die betrokke Nasionale Standaardeliggaam. 
(4) Die Owerheid hou 'n register by van lede van die verwysingsgroep waarin die naam en adres van elke lid aangeteken word. 
Ontruiming van amp deur lede van Nasionale Standaardeliggame en die vul van vakatures
18. (1) Die Voorsitter of enige lid van 'n Nasionale Standaardeliggaam bedoel in regulasie 16 ontruim sy of haar amp indien - 
a. sy of haar boedel gesekwestreer word of hy of sy 'n skikking met sy of haar krediteure aangaan; 
b. hy of sy as 'n geestelik versteurde persoon kragtens enige wet aangehou word; 
c. hy of sy van drie agtereenvolgende vergaderings van die Nasionale Standaardeliggaam afwesig is sonder die verlof van daardie Nasionale Standaardeliggaam; 
d. hy of sy bedank deur skriftelik aan die Owerheid kennis te gee; of 
e. hy of sy gedurende sy of haar ampstermyn skuldig bevind word aan 'n misdryf en gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete. 
(2) Vakatures wat ontstaan weens die ampsontruiming deur enige lid van 'n Nasionale Standaardeliggaam, word gevul ooreenkomstig regulasies 15 en 16. 
Werksaamhede van Nasionale Standaardeliggame
19. (1) 'n Nasionale Standaardeliggaam moet - 
a. die grense van die bepaalde terrein waarvoor hy saamgestel is, omskryf en by die Owerheid aanbeveel deur die waarde toegevoeg deur die terrein, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, die proses, produk of diens, met betrekking tot ander terreine; 
b. 'n raamwerk van subterreine omskryf en by die Owerheid aanbeveel, wat gebruik word as 'n riglyn by die erkenning en/of instelling van Standaarde-ontwikkelingsliggame; 
c. Standaarde-ontwikkelingsliggame erken en/of instel binne die raamwerk van subterreine, of sodanige erkenning of instelling herroep; 
d. toesien dat die werk van Standaarde-ontwikkelingsliggame voldoen aan die vereistes van die registrasie van standaarde en kwalifikasies gestel deur die Owerheid; 
e. die registrasie van standaarde in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk by die Owerheid aanbeveel; 
f. die registrasie van kwalifikasies by die Owerheid aanbeveel; 
g. kwalifikasies bywerk en hersien; 
h. met Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggame skakel betreffende die prosedure vir die aanbeveling van nuwe standaarde en kwalifikasies of die wysiging van geregistreerde standaarde en kwalifikasies; 
i. vereistes en meganismes van moderering omskryf wat toegepas moet word deur Onderwys-en-opleiding-kwaliteitversekeringsliggame; 
j. sodanige ampsdraers, komitees en lede van komitees in oorleg met die Owerheid aanstel as wat nodig is om die toegewese werksaamhede te verrig; en 
k. sodanige ander werksaamhede verrig as wat van tyd tot tyd deur die Owerheid gedelegeer word. 
(2) By die verrigting van die werksaamhede bedoel in subregulasie (1) moet 'n Nasionale Standaardeliggaam - 
a. die besluite van die Owerheid eerbiedig met betrekking tot die ontwikkeling en implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk; 
b. met deskundiges op die omskrewe terrein oorleg pleeg met betrekking tot die akkuraatheid en aanvaarbaarheid van die resultate van bedrywighede en sodanige resultate aan hulle noukeurige ondersoek onderwerp; 
c. die resultate van sodanige bedrywighede in die Staatskoerant publiseer vir kommentaar deur belanghebbende partye; en 
d. toesien dat die resultate van sodanige bedrywighede voor voorlegging aan die Owerheid onderwerp word aan die noukeurige ondersoek van die verwysingsgroep bedoel in regulasie 17. 


HOOFSTUK 4 
STANDAARDE-ONTWIKKELINGSLIGGAME 
Erkenning en instelling van Standaarde-ontwikkelingsliggame 
20. (1) Elke Nasionale Standaardeliggaam kan sodanige Standaarde-ontwikkelingsliggame op sy omskrewe terrein erken of instel as wat vereis word deur die raamwerk van subterreine wat by die Owerheid aanbeveel en deur hom aanvaar is. 
(2) By die erkenning of instelling van Standaarde-ontwikkelingsliggame moet die betrokke Nasionale Standaardeliggaam eers die stappe beoog in subregulasie (3), of 'n soortgelyke proses wat vir die Owerheid aanvaarbaar is, op sy eie struktuur en funksionering toepas, en dan dieselfde proses op liggame toepas wat erkenning wil h of wat nodig geag word ingestel te word: Met dien verstande dat hy - 
a. die doel van die omskrywing van die terrein moet bepaal en die inhoud daarvan ontleed; 
b. die grense van onderskeie terreine moet omskryf deur die waarde wat die terrein toevoeg, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, prosesse, produkte of dienste wat aan ander terreine verwant is; 
c. tradisionele en nietradisionele studieterreine, beroepskategorie, tegnologie en omgewings moet identifiseer wat met die terrein geassosieer word; 
d. die skakeling tussen die terrein en die nasionale ekonomie moet projekteer of voorspel vir die volgende drie, vyf en tien jaar, met inbegrip daarvan, maar nie daartoe beperk nie, om te voorspel of die terrein waarskynlik sal groei, sal krimp of verouderd sal raak, wat die belang daarvan vir die ekonomie waarskynlik sal wees en op watter wyse dit waarskynlik sal verander; 
e. deur onafhanklike beoordeling moet probeer verseker dat die terrein soos omskryf, volledig is; 
f. onderskeie subterreine moet identifiseer deur die waardetoevoegingselement te ontleed; 
g. die uitwerking moet identifiseer van bestaande en voorgestelde wetgewing op terreine, subterreine en vlakke, en dienooreenkomstig moet beplan; en 
h. 'n sakeplan vir die ontwikkeling van die Nasionale Standaardeliggaam of Standaarde-ontwikkelingsliggaam moet opstel wat resultate, kommunikasie- en bemarkingstrategie, begroting en skedules moet insluit. 
(3) Wanneer hy aansoek doen om registrasie as 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam, moet die aansoeker - 
a. die oorlegplegings- of onderhandelingsproses beskryf wat gebruik is om aansoek te doen en te verseker dat ander potensile aansoekers op die subterrein betrek is en die aansoek steun of gewillig is om mede-aansoekers om erkenning te word; 
b. stawende dokumente wat die aansoek ondersteun, en die omskrywing van die subterrein ten opsigte waarvan aansoek gedoen word, verskaf; 
c. onderneem om 'n besluit deur die Owerheid as finaal en bindend te aanvaar nadat 'n appl formeel deur die Owerheid aangehoor is. 
(4) Die Nasionale Standaardeliggaam moet aan elke Standaarde-ontwikkelingsliggaam by erkenning of instelling 'n sertifikaat uitreik wat geldig moet wees vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar vanaf die datum van erkenning of instelling en wat sy opdrag betreffende die standaarde en kwalifikasies wat hy gaan ontwikkel, omskryf. 
(5) 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam ontbind in die rel na afhandeling van sy opdrag. 
(6) 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam kan sy Nasionale Standaardeliggaam versoek om die tydperk waarvoor sy registrasiesertifikaat uitgereik is, te verleng, en so 'n versoek om verlenging moet minstens 30 dae voor die verstrykingsdatum van die erkenningsertifikaat skriftelik ingedien word. 
Intrekking van registrasie by ontbinding van Standaarde-ontwikkelingsliggame
21. (1) 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam se registrasie kan ingetrek word indien hy na die mening van die Nasionale Standaardeliggaam, bevestig deur \die Owerheid, in gebreke bly om sy werksaamhede bevredigend uit te voer. 
(2) 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam moet ontbind wanneer sy registrasiesertifikaat verstryk of wanneer hy sy opdrag soos omskryf in sy registrasiesertifikaat afgehandel het.
Lidmaatskap van Standaarde-ontwikkelingsliggame
22. (1) Organisasies, wat sleutelbelanghebbergroepe in onderwys en opleiding op die subterrein moet wees, moet genooi word om lede afkomstig uit sodanige belangegroepe en deskundiges te nomineer om in die Standaarde-ontwikkelingsorganisasies te dien, en di lede word deur die Nasionale Standaardeliggaam wat die terrein verteenwoordig, aangestel na oorlegpleging en in samewerking met die betrokke liggame en met behoorlike inagneming van Parlementre en provinsiale bevoegdhede, die nodigheid van verteenwoordigendheid, regstelling en toepaslike kundigheid wat die werk van Standaarde-ontwikkelingsliggame betref. 
(2) Die name van diegene wat genomineer is om as lede van Standaarde-ontwikkelingsliggame te dien en van hulle sleutelbelanghebbergroepe in onderwys en opleiding, moet in die Staatskoerant gepubliseer word en kommentaar gevra word met betrekking tot die aanvaarbaarheid van die genomineerdes en die verteenwoordigendheid van die sleutelbelanghebbergroepe in onderwys en opleiding. 
(3) By aanvaarding moet die Nasionale Standaardeliggaam 'n formele aanstellingsertifikaat aan elk van die suksesvolle genomineerdes uitreik. 
(4) Organisasies wat in Standaarde-ontwikkelingsliggame verteenwoordig wil wees, moet hulle in hulle voorleggings om verteenwoordiging deur die volgende laat lei: 
a. Elke Standaarde-ontwikkelingsliggaam moet saamgestel wees uit sleutelbelanghebbergroepe in onderwys en opleiding op die subterrein wat afkomstig is van belangegroepe en deskundiges wat ooreenkomstig die vereiestes van die Owerheid gedentifiseer is. 
b. Die maksimum aantal verteenwoordigers wat 'n Standaarde-ontwikkelingsligaam uitmaak, word bepaal in oorleg met die Nasionale Standaardeliggaam, maar gaan in die rel nie 25 te bowe nie, tensy die Owerheid anders oordeel. 
c. Die Voorsitter of 'n aangewese verteenwoordiger van die Owerheid is 'n lid van die Standaarde-ontwikkelingsliggaam. 
(5) 'n Organisasie of groep organisasies wat as 'n Standaarde-ontwikkelingsorganisasie erken wil word, moet toesien dat hy in sy aansoek om erkenning 'n onderskeie groep instel wat as die Standaarde-ontwikkelingsliggaam sal funksioneer en wie se lede voldoen aan die oogmerke van subregulasie (4) en van regulasie 23. So 'n aansoek om erkenning as 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam is onderworpe aan openbare insae soos bedoel in subregulasie (2). 
Nominasie van lede van Standaarde-ontwikkelingsliggame
23. Organisasies wat beoog om persone vir Standaarde-ontwikkelingsliggame te nomineer, moet sensitief wees vir die behoefte aan billikheid en regstelling, en moet persone nomineer wat - 
a. daartoe in staat sal wees om kwessies soos produktiwiteit, regverdigheid, die openbare belang, en internasionale vergelykbaarheid te oorweeg met betrekking tot onderwys en opleiding op die subterrein; 
b. geloofwaardigheid op die betrokke subterrein geniet, agting geniet, die nodige kundigheid en ervaring op die subterrein het en die steun of ondersteuning van die nominerende liggaam het; 
c. die behoeftes en belange van alle vlakke van die subterrein wat deur die Nasionale Standaardeliggaam gedek word, kan bepleit en bemiddel; 
d. kritiese oordeel op 'n ho vlak kan toepas; en 
e. verbind is tot 'n kommunikasieproses tussen die Standaarde-ontwikkelingsliggaam, die Nasionale Standaardeliggaam en die konstituentgroep. 
Werksaamhede van Standaarde-ontwikkelingsliggame
24. (1) 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam moet - 
a. standaarde en kwalifikasies ontwikkel ooreenkomstig die Owerheid se vereistes op gedentifiseerde subterreine en vlakke; 
b. standaarde bywerk en hersien; 
c. standaarde en kwalifikasies by die Nasionale Standaardeliggaam aanbeveel; 
d. kriteria aanbeveel vir die registrasie van assessors en moderators of modereringsliggame; en 
e. sodanige ander werksaamhede verrig as wat die betrokke Nasionale Standaardeliggaam van tyd tot tyd aan hom delegeer. 
(2) By die verrigting van die werksaamhede bedoel in subregulasie (1) moet 'n Standaarde-ontwikkelingsliggaam - 
a. die besluite van die Owerheid eerbiedig met betrekking tot die ontwikkeling en implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk; 
b. met deskundiges op die omskrewe terrein oorleg pleeg met betrekking tot die akkuraatheid en aanvaarbaarheid van die resultate van sodanige bedrywighede en sodanige resultate aan hulle noukeurige ondersoek onderwerp; 
c. die resultate van sodanige bedrywighede in die Staatskoerant publiseer vir kommentaar deur belanghebbende partye; en 
d. toesien dat die resultate van sodanige bedrywighede voor voorlegging aan die Owerheid onderwerp word aan die noukeurige ondersoek van die verwysingsgroep bedoel in regulasie 17. 


HOOFSTUK 5 
PROSEDURERELS EN DIE FINANSIERING VAN DIE BEDRYWIGHEDE VAN NASIONALE STANDAARDELIGGAME EN STANDAARDE-ONTWIKKELINGSLIGGAME 
Prosedurerels
25. Die bedrywighede en funksionering van 'n Nasionale Standaardeliggaam word gerel deur die prosedurerels vervat in die Aanhangsel van hierdie regulasies. 
Finansiering van die bedrywighede van Nasionale Standaardeliggame en Standaarde-ontwikkelingsliggame
26. (1) Elke Nasionale Standaardeliggaam moet, by instelling en jaarliks daarna in ooreenstemming met die finansilebeplanningsiklus van die Owerheid, 'n sakeplan, met inbegrip van 'n finansile begroting, opstel wat die oogmerke aandui wat in die verslagtydperk, wat in die rel drie jaar is, bereik moet word. 
(2) Die finansile begroting moet opgestel word op 'n wyse waarop met die Owerheid ooreengekom is, en moet vir magtiging aan die Owerheid voorgel word.
(3) Lede van Nasionale Standaardeliggame ontvang vergoeding vir hulle bedrywighede wat met die funksionering van Nasionale Standaardeliggame in verband staan ooreenkomstig die regulasies wat betrekking het op die Staatsdiens, soos gewysig deur die Owerheid, en sodanige vergoeding bestaan in die rel uit 'n toelae vir die bywoning van vergaderings, reis en verblyf, en verwante koste, maar is nie daartoe beperk nie. 
(4) Lede van komitees van Nasionale Standaardeliggame wat nie lede is van Nasionale Standaardeliggame wat deur die Owerheid aangestel is nie, mag dieselfde vergoeding ontvang as lede van Nasionale Standaardeliggame vir hulle bedrywighede wat met die funksionering van Nasionale Standaardeliggame in verband staan: Met dien verstande dat hulle lidmaatskap van sodanige komitees vooraf deur die Owerheid goedgekeur is. 
(5) Die Owerheid moet die ooreengekome bedrywighede van gespesifiseerde Standaarde-ontwikkelingsliggame befonds wanneer daar so 'n vereiste is, behoudens die beskikbaarheid van fondse en 'n finansieringsmetode wat in oorleg met die betrokke Standaarde-ontwikkelingsliggaam ontwikkel is. 


HOOFSTUK 6 
KORT TITEL 
Kort titel 
27. Hierdie regulasies heet die Regulasies betreffende Nasionale Standaardeliggame, 1998. 

AANHANGSEL
PROSEDURERELS VIR NASIONALE STANDAARDELIGGAME WOORDOMSKRYWING
1. In hierdie rels, tensy uit die samehang anders blyk, beteken - 
"komitee" 'n komitee van die NSL; 
"lid" 'n lid van die NSL; 
"NSL" Nasionale Standaardeliggaam; 
"resolusie" 'n besluit van die NSL; 
"Uitvoerende Komitee" 'n komitee ingestel om sekere toegewese werksaamhede namens die NSL te verrig; 
"Voorsitter" die voorsitter van die NSL; 
"Sekretaris" die lid vir di doel aangewys deur die NSL. 
LEDE VAN DIE NSL
2. Behoudens die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, 1995 ("die Wet"), bestaan die NSL uit 'n Voorsitter, 'n Ondervoorsitter, 'n Sekretaris en die ander lede aangestel deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid ("die Owerheid") kragtens die Regulasies betreffende Nasionale Standaardeliggame, 1998 ("die Regulasies"), met dien verstande dat die Voorsitter eers deur die lede uit eie geledere of uit ander geledere verkies word. 
VOORSITTENDE BEAMPTES
3. Die Voorsitter van die NSL of die voorsitter van 'n komitee sit voor op vergaderings van die NSL of van die komitee, na gelang van die geval. Indien die Voorsitter of 'n voorsitter van 'n vergadering afwesig is, sit die betrokke ondervoorsitter voor. By afwesigheid van albei kan die aanwesige lede uit eie geledere 'n voorsitter kies om op daardie vergadering voor te sit. 
VERGADERINGS VAN DIE NSL
4. Die NSL vergader op sodanige tye en plekke as wat van tyd tot tyd by resolusie vasgestel word. 
5. Spesiale vergaderings kan na goeddunke van die Voorsitter bel word, of op gemotiveerde versoek van minstens een derde van die lede, in welke geval die vergadering gehou word op 'n tyd en plek wat die Sekretaris bepaal, so gou doenlik na ontvangs van die versoek. 
6. Die Voorsitter het die reg om, na oorleg met die Uitvoerende Komitee, 'n vergadering van die NSL uit te stel indien die sake op die agenda skynbaar nie die hou van die vergadering regverdig nie, met die voorbehoud dat die lede minstens een week voor die datum waarop die NSL sou vergader, van sodanige uitstel in kennis gestel word, en met die verdere voorbehoud dat vergaderings nie afgestel of uitgestel mag word weens verantwoordbare gebeure of oorwegings buite die beheer van die NSL nie, tensy twee derdes van die lede daartoe instem. 
7. Enigiemand wie se aanwesigheid vir die doel van 'n vergadering nodig is, kan deur die NSL genooi word om so 'n vergadering by te woon. 
8. Alle dokumente wat aan lede versend word, moet getiketteer word op 'n wyse wat gepas is vir die aard en status van die inhoud, met dien verstande dat dit die plig van die lede is om toe te sien dat sodanige dokumente ooreenkomstig daardie etikettering behandel word. 
KENNISGEWING VAN VERGADERINGS
9. Kennisgewing van 'n vergadering van die NSL, wat 'n agenda moet insluit van die sake wat bespreek staan te word, moet, minstens 14 dae voor die datum vasgestel vir die vergadering, deur die Sekretaris aan elke lid gestuur word by die adres wat by die Sekretaris geregistreer is: Met dien verstande dat in die geval van 'n spesiale vergadering sodanige korter skriftelike kennis, maar minstens drie werksdae, gegee kan word as wat die Voorsitter bepaal. 
10. Nie-ontvangs van 'n kennisgewing wat behoorlik na die geregistreerde adres van 'n lid gestuur is, raak nie die verrigtinge van die vergadering of maak dit nie ongeldig nie. 
PRESENSIELYS
11. Elke lid wat op 'n vergadering van die NSL aanwesig is, moet die presensielys teken wat vir die doel beskikbaar moet wees. 
KWORUM
12. Die helfte van die lede, uitgesonderd die Voorsitter, maak 'n kworum vir alle gewone vergaderings van die NSL uit. Een derde van die lede, uitgesonderd die Voorsitter, maak 'n kworum vir spesiale vergaderings van die NSL uit. 
13. Indien die getal lede aanwesig op die tyd en plek vasgestel vir 'n vergadering, onvoldoende is om 'n kworum uit te maak, gaan die vergadering voort, met die voorbehoud dat alle besluite geneem, geag word konsepbesluite te wees en aan die lede versprei moet word vir verdere bespreking en kommentaar voordat dit bekragtig word. 
PERSVERKLARINGS
14. Indien dit nodig geag word om persverklarings uit te reik rakende aangeleenthede wat betrekking het op die bedrywighede en vergaderings van die NSL, word dit deur die Voorsitter, met instemming van die Voorsitter van die Owerheid, uitgereik. 
NOTULE
15. Notule moet van elke vergadering gehou word, wat op die volgende vergadering vir bevestiging voorgel moet word. Die Sekretaris moet die notule aan die lede stuur saam met die kennisgewing van die volgende vergadering. 
16. Die notule moet nie die verrigtinge van die vergadering woordeliks weergee nie, maar 'n samevattende weergawe wees van die verrigtinge, resolusies en die optrede vereis, op voorwaarde dat enige lid die reg het om te versoek dat sy of haar besondere siening in die notule weergegee word. 
DEBATTE VAN DIE NSL EN STEMMINGS
17. Wanneer 'n vergadering van die NSL gehou word, geld die gewone debatsrels. 
18. Besluitneming geskied deur konsensus, met die voorbehoud dat indien konsensus nie bereik kan word nie, 'n stemming gehou kan word. Wanneer stemming nodig geag word, geskied dit deur die opsteek van hande, tensy 'n stemming per stembriefie deur 'n lid versoek word, in welke geval 'n geheime stemming gehou word. 
19. Wanneer hy of sy op 'n vergadering voorsit, het die Voorsitter nie 'n gewone stem nie, maar wel 'n beslissende stem. 
20. By afwesigheid van die Voorsitter het die waarnemende voorsitter (hetsy die Ondervoorsitter of iemand anders) nie 'n beslissende stem nie, maar 'n gewone stem. 
21. Dit is die plig van elke lid om 'n geldelike belang in enige aangeleentheid wat deur die NSL bespreek word, te verklaar en aan te bied om hom of haar aan die debat te onttrek: Met dien verstande dat sodanige lid hom of haar moet onttrek wanneer die NSL 'n besluit oor sodanige aangeleentheid neem. 
22. Behalwe waar hierdie rels anders bepaal, is 'n besluit van die meerderheid van die lede aanwesig op 'n vergadering die besluit van die NSL. Minderheidstandpunte kan op versoek van die betrokke lede aangeteken word. 
23. Ondanks die bepalings van hierdie rels kan die Voositter, indien 'n aangeleentheid tussen twee gewone vergaderings opduik wat 'n besluit van die NSL verg en na die mening van die Voorsitter nie tot die volgende gewone vergadering uitgestel behoort te word nie, die Sekretaris magtig om 'n kennisgewing op te stel en per geregistreerde pos of per koerier aan elke lid te versend. Sodanige kennisgewing moet die betrokke aangeleentheid uiteensit en elke lid versoek om 'n posstem uit te bring, op grond waarvan 'n besluit dan geneem kan word. Die kennisgewing moet ook die tydperk spesifiseer waarbinne die posstem uitgebring kan word, wat minstens tien dae vanaf die datum van versending van die kennisgewing moet wees. Die besluit van die meerderheid van die lede word geag die NSL se besluit te wees. Die uitslag van elke sodanige stemming moet op die eersvolgende vergadering van die NSL bekendgemaak word. 
INSTELLING VAN KOMITEES
24. Die NSL kan kragtens die Regulasies komitees instel, met inbegrip van 'n Uitvoerende Komitee. 
UITVOERENDE KOMITEE
25. 'n Uitvoerende Komitee ingestel kragtens die Regulasies moet geheel en al uit lede van die NSL bestaan en deur hom aangestel word. Die Uitvoerende Komitee moet bestaan uit die Voorsitter en sodanige ander lede as wat die NSL bepaal en nomineer: Met dien verstande dat - 
25.1 die Uitvoerende Komitee, behoudens die voorskrifte van die NSL, die sake van die NSL tussen vergaderings hanteer, maar dat alle besluite rakende beginselaangeleenthede die prerogatief van die NSL is; 
25.2 die Voorsitter of, by afwesigheid van die Voorsitter, die Ondervoorsitter of, by afwesigheid van die Ondervoorsitter, die waarnemende voorsitter gekies deur die lede op alle vergaderings van die Uitvoerende Komitee voorsit; 
25.3 die Voorsitter by elke gewone vergadering van die NSL oor die werk van die Uitvoerende Komitee verslag doen; 
25.4 die Voorsitter plus die helfte van die lede van die Uitvoerende Komitee 'n kworum vir daardie komitee uitmaak. 
ANDER KOMITEES
26. 'n Komitee bestaan uit sodanige aantal lede van die NSL of sodanige aantal ander persone as lede van die NSL of sodanige aantal lede van die NSL sowel as ander persone as wat die NSL bepaal, wat aangestel word vir sodanige tydperk as wat die NSL bepaal. 
2.6.1 Die NSL wys enige lid van sodanige komitee as voorsitter van die komitee aan. 
2.6.2 'n Komitee kan, met goedkeuring van die NSL, een of meer werksgroepe instel om in opdrag van die komitee sodanige werksaamhede van die komitee te verrig as wat die NSL bepaal of om ondersoek in te stel na sodanige aangeleenthede as wat binne die werksaamhede en bevoegdhede van die komitee val. 
2.6.3 'n Komitee, buiten die Uitvoerende Komitee, kan met instemming van die Uitvoerende Komitee een of meer persone as lede van die komitee kopteer vir 'n bepaalde tydperk of met 'n bepaalde doel. 
2.6.4 Die NSL kan, op sodanige voorwaardes as wat hy goeddink, hetsy in die algemeen of met betrekking tot 'n bepaalde aangeleentheid, 'n bevoegdheid aan hom verleen of plig hom opgel by die Regulasies, aan 'n komitee verleen of opdra. 
26.5 Die NSL kan te eniger tyd 'n komitee se opdrag intrek, uitbrei of wysig, maar enige voorstel te dien effekte moet eers na die komitee verwys word vir oorweging en kommentaar. 
26.6 'n Lid van 'n komitee wat sonder vooraf verkre verskoning van drie agtereenvolgende vergaderings van die komitee afwesig is, hou op om lid van daardie komitee te wees. 
26.7 'n Lid van 'n komitee kan uit die komitee bedank deur skriftelik daarvan kennis te gee. 
26.8 Indien daar 'n vakature in 'n komitee ontstaan, moet die voorsitter van die betrokke komitee die NSL skriftelik daarvan in kennis stel op die eersvolgende vergadering van die NSL, wat moet onderneem om die vakature te vul. 
VERSLAGDOENING DEUR KOMITEES
27. By elke gewone vergadering van die NSL moet die voorsitter van elke komitee 'n verslag oor die bedrywighede van die betrokke komitee voorl. 
VERGADERINGS VAN KOMITEES
28. Rels 7 tot 20 is, met die nodige aanpassings wat die konteks vereis, van toepassing op 'n komitee van die NSL: Met dien verstande dat, vir doeleindes van hierdie rel, 'n verwysing na "NSL", "Voorsitter" of "Sekretaris" uitgel word as 'n verwysing na onderskeidelik "komitee", "voorsitter van die komitee" of "sekretaris van die komitee". 
ADDISIONELE LEDE
29. Addisionele lede wat kragtens die Regulasies in komitees aangestel word, het al die bevoegdhede van 'n lid op enige vergadering, met inbegrip van die reg om te stem. 
ROL VAN SEKRETARIS
30. Die sekretarile werk wat in verband staan met die verrigting deur die NSL van sy werksaamhede, word, behoudens die voorskrifte van die Voorsitter, gedoen deur die Sekretaris. 
31. Die rol van die Sekretaris is om die NSL behulpsaam te wees deur - 
31.1 die sekretarile werksaamhede te verrig; 
31.2 advies te lewer oor administratiewe aangeleenthede; 
31.3 doeltreffende administratiewe diens; 
31.4 behulpsaam te wees met die bestuur van projekte; 
31.5 sodanige ander take te verrig as wat die NSL van tyd tot tyd vereis. 
WYSIGING VAN DIE RELS
32. Hierdie rels kan op enige vergadering van die NSL, met instemming van die Owerheid, by gewone meerderheid uitgebrei of gewysig word: Met dien verstande dat so 'n uitbreiding of wysiging 'n spesifieke punt op die agenda uitmaak waarvan die bewoording saam met die agenda aan die lede versend is: Met dien verstande voorts dat minstens die helfte van die lede op die vergadering aanwesig is. 
HERSIENING VAN BESLUITE VAN DIE NSL
33. Aan elke besluit wat op 'n vergadering van die NSL geneem is, moet 'n unieke NSL-besluitnommer toegeken word en elke sodanige besluit word as 'n NSL-besluit beskou. 'n Lid wat 'n besluit wil laat hersien, moet minstens 14 dae voor 'n vergadering van die NSL skriftelik aan die Sekretaris daarvan kennis gee met vermelding van die volle redes vir die hersieningsversoek. Indien die NSL die besluit wysig, word daardie wysiging in die notule van die vergadering aangeteken, die nodige wysigings in dokumente aangebring en hersiene weergawes van die dokumnte uitgereik. 



Afrikaans
??Visie:
??Beter besluitneming, beplanning en dienslewering - gedrewe deur geografiese
inligting* - vir 'n verbeterde lewenstandaard vir almal in Suid-Afrika.
??Slagspreuk:
??Verbeter en versterk deeglike Suid-Afrikaanse besluitneming deur middel van
geografiese inligting.
??Missie:
Om parameters daar te stel vir 'n samehangende RDI (Ruimtelike Data
Infrastruktuur) wat gekenmerk word deur:
??Die beskikbaarheid van relevante, betroubare ruimtelike inligting vir beplanning,
dienslewering en die optimale toekenning van hulpbronne;
??Die deel, gebruik en hergebruik van toepaslike ruimtelike inligting, toepassings
en organisatoriese leer, sonder die onnodige en duur duplisering van werk en
energie;
  DEUR...
??'n klimaat te skep waarin ruimtelike inligting as 'n bate beskou word en waar dit
die moeite werd is dit behoorlik te bestuur;
??dokumentering en publisering van die besit van ruimtelike data;
??standaardisering om die uitruil van ruimtelike inligting en die onderlinge gebruik
van inligtingstelsels met 'n ruimtelike komponent te bevorder;
??ontwikkeling en onderhoud van gebuikersvriendelike stelsels wat soektogte en
herwinning van ruimtelike datastelle fasiliteer;
??implementering van 'n beleidsraamwerk wat die beskikbaarheid van akkurate,
instandgehoue ruimtelike inligting verseker, wat nodig is vir effektiewe en
doeltreffende regering;
??die daarstel van vasgestelde institusionele ooreenkomste, wat duidelik omskryf
wie verantwoordelik is vir die instandhouding en verspreiding van waardevolle
inligting.
* 'Geografiese inligting' en 'ruimtelike inligting' is sinonieme vir bogenoemde
doeleindes.

1
Wat is die SAHRC?
Die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte (SAHRC) bestaan uit 'n
Kommissie en 'n Sekretariaat.
Die Kommissie
Die Voorsitter is Eerwaarde Dr Barney Pityana en die vise-voorsitter is Me
Shirley Mabusela. Die Kommissie het tot elf kommissarisse, insluitende die
voorsitter en die vise-voorsitter.
Die Sekretariaat
Die Sekretariaat word gelei deur die hoofuitvoerende beampte. Dit het vier
afdelings:
???Opvoeding, Opleiding en Inligting
???Regsdienste
???Navorsing en Dokumentasie
???Finansies en Administrasie
Die SAHRC het komitees wat bestaan uit kommissarisse, personeel en buite
lede, wat in die volgende gebiede werk:
???Beleid en Beplanning;
???Regering en Parlementre Skakeling;
???Regs-en Grondwetlike Sake;
???NRO en Statutre Liggaam Skakeling;
???Internasionale Skakeling;
???Ongeskiktheid; en
???Kinders.
Daarmee saam het elke kommissaris spesiale verantwoordelikheid vir een of
meer provinsies. Hulle besoek die provinsies met die doel om verhoudings te bou
met die structure wat daar bestaan, om op klagtes te reageer.
Wat doen die SAHRC?
Die SAHRC is deur die Grondwet daargestel om:
???'n kultuur van menseregte in Suid-Afrika te ontwikkel;
???Suid-Afrikaners oor menseregte op te voed;
???Oortredings van menseregte te ondersoek en maniere te vind om dit reg te
stel (insluitende om sake hof toe te neem, indien nodig);
???Navorsing oor menseregte in Suid-Afrika en internasionaal te onderneem;
???Die regering te adviseer oor menseregte en te kyk hoe die regering
menseregte bevorder en beskerm;
2
???Wette wat op alle regeringsvlakke geskryf is (plaaslik, provinsiaal en
nasionaal) te monitor om seker te maak dat dit menseregte in ag neem; en
???Te monitor wat die regering doen om seker te maak dat mense toegang
het tot sosio-ekonomiese regte (omgewing, behuising, gesondheidsorg,
kos, water, sosiale sekuriteit en Opvoeding).
Apportering van menseregte oortredings
'n Oortreding van menseregte is wanneer enige van die regte in die Handves vir
Menseregte misbruik of oortree word. Die SAHRC hanteer egter nie al die
oortredings nie. Sommige gevalle word na ander organisasies verwys en
strukture word daargestel om spesifieke soorte oortredings te hanteer. Dit sluit in:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (gevalle van diskriminasie op grond van
geslag); Tel: 011-403 7182
Die Openbare Beskermer (klagtes teen regeringsamptenare);
Tel: 012-322 2915/6
Die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie (gevalle van
onregverdige arbeidspraktyke); Tel: 011-377 6894
Die Onafhanklike Klagtes Direktoraat (klagtes teen die polisie);
Tel: 012-428 5700
As jou geval een van die bogenoemde is, moet jy hierdie organisasie eerder
direk skakel. Advies en bystand met jou geval kan ook by die Regshulp Rade (by
Landdroshowe), of by regshulpklinieke (by die meeste universiteite) gekry word.
Daar is ook baie NRO's (byvoorbeeld Advokate vir Menseregte, geregtelike
Bronnesentrum en Black Sash) wat jou ook dalk kan help.
Hoe om oortredings van menseregte aan die SAHRC te rapporteer
As jou geval 'n oortreding van een van die regte in die Handves vir Menseregte
is, en dit is nie die tipe geval wat deur enige ander organisasie hanteer word nie,
kan jy dit aan die SAHRC rapporteer deur:
'n SAHRC kantoor te skakel. 'n Lid van die Personeel sal 'n verklaring afneem, of
vir jou 'n klagtevorm stuur of 'n afspraak maak sodat jy persoonlik na die kantoor
kan kom. Of
'n Faks of brief aan die Regsdienste Departement of die SAHRC te stuur in die
taal van jou keuse. Of
'n Klagtevorm by die SAHRC te kry, dit in te vul en dit na die SAHRC terug te
stuur.
3
SAHRC Adresse
Johannesburg - Private Bag 2700, Houghton 2041
Tel: 011 - 484 8300 Fax: 011 - 484 1360
Eastern Cape - P O Box 1854, Port Elizabeth 6001
Tel: 041 - 582 4094/2611 Fax: 041 - 582 2204
KwaZulu Natal - P O Box 1456, Durban 4000
Tel/Fax: 031- 304 7323/4/5
Northern Province - P O Box 55796, Pietersburg 0700
Tel: 015 - 291 3500/3504 Fax: 015 - 291 3505
Western Cape - P O Box 3563, Cape Town 8001
Tel: 021 - 426 2277 Fax: 021 - 426 2875
Die Handves vir Menseregte
Om 'n kultuur van menseregte te bou is dit vir elke burger belangrik om te weet
wat sy regte is en om sy verantwoordelikhede te verstaan. Die SAHRC beskerm
en bevorder vir al die mense van Suid-Afrika.
Die volgende is 'n eenvoudige weergawe van die Handves vir Menseregte. Vir
die volledigeweergawe moet jy asseblief Hoofstuk 2 van die Grondwet lees.
Gelykheid: Niemand mag teen jou diskrimineer nie. Regstellende aksie en billike
diskriminasie is toelaatbaar.
Menswaardigheid: Elke persoon het die reg op respek vir en beskerming van sy
of haar waardigheid.
Lewe: Elke persoon het die reg op lewe.
Vryheid en sekuriteit van die persoon: Jy kan nie sonder verhoor aangehou
word nie. Geen persoon mag gemartel of wreedaardig behandel word nie.
Geweld in die huis is nie toelaatbaar nie.
Slawerny en dwangarbeid: Slawerny en dwangarbeid is nie toelaatbaar nie.
Privaatheid: Jy of jou woning of jou eiendom mag nie gevisenteer word nie.
4
Vryheid van godsdiens, geloof en opinie: Jy kan glo en dink wat jy wil en kan
'n geloof van jou keuse aanhang.
Vryheid van uitdrukking: Alle mense (insluitende die media) kan s wat hulle
wil.
Vergadering, betoging, linievorming en petisie: Jy kan betoog; deel wees van
'n linie; en 'n petisie voorl, maar moet dit vreedsaam doen.
Vryheid van assosiasie: Jy kan assosieer met wie jy wil.
Politieke regte: Jy kan die politieke party van jou keuse ondersteun. Burgers
van 18 jaar en ouer mag stem.
Burgerskapregte: Niemand kan jou burgerskap van jou wegneem nie.
Vryheid van beweging en verblyf: Jy kan enige plek in Suid-Afrika woon en
beweeg.
Vryheid van handle, werk en professie: Jy kan die werk van jou keuse verrig.
Arbeidsverhoudinge: Jy het die reg om by 'n vakbond aan te sluit en te staak.
Omgewing: Jy het die reg op 'n gesonde omgewing.
Eiendom: Niemand kan jou eiendom van jou wegneem nie, behalwe in gevalle
waar die wet daarvoor voorsien.
Behuising: Die regering moet toegang tot voldoende behuising vir almal
verseker.
Gesondheidsorg, voiding, water en maatskaplike sekuriteit: Die regering
moet verseker dat almal toegang tot voedsel, water, gesondheidsorg en
maatskaplike sekuriteit het.
Kinders: Kinders jonger as 18 jaar het spesiale regte, soos om nie mishandle te
word nie.
Onderwys: Jy het die reg op basiese onderwys, insluitende basiese volwasse
onderwys. Waar moontlik, moet dit in jou eie taal geskied.
Taal en kultuur: Jy kan die taal van jou keuse gebruik en die kultuur van jou
keuse volg.
5
Kulturele, godsdienstige en linguistieke gemeenskappe: Gemeenskappe kan
hul eie kultuur geniet; hul eie geloof volg; en hul eie taal gebruik.
Toegang tot inligting: Jy het die reg tot enige inligting in besit van die regering.
Regverdige administrasie aksie: Aksies deur die regering moet billik wees.
Toegang tot howe: Jy het die reg tot howe of soortgelyke strukture om
beregbare geskille te besleg.
Angehoudendes, gearresteerdes en beskuldigdes: Hierdie reg beskerm
persone wat gearresteer is; aangehou word; of beskuldig is.
LET WEL: Al hierdie regte kan beperk word indien dit regverdig sou
wees om dit te doen. Vir meer inligting, sien Hoofstuk 2 van die
Grondwet.

PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD
Historiese Agtergrond
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) is ingestel ingevolge die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Wet 59 van 1995), soos gewysig by die Wysigingswet op PANSAT, 1999. 
Die raad is kragtens die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet No.108 van 1996) ingestel om -
(a) die ontwikkeling en gebruik te bevorder en omstandighede te skep vir die ontwikkeling en gebruik van - 
* die amptelike tale 
* die Khoi- en Santale; en 
* gebaretaal; 
(b) respek te verseker en te bevorder vir - 
* alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word, insluitende Duits, Grieks, Goedjarati, Hindi, Potugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en 
* Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in Suid-Afrika vir godsdiensdoeleindes gebruik word. 
PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD
Missie
Die doel van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad is om veeltaligheid in Suid-Afrika te bevorder deur: 
* die omstandighede te skep vir die ontwikkeling en gelyke gebruik van al die amptelike tale; 
* respek vir, en die gebruik van, ander tale in die land te bevorder; 
* die optimale benutting van Suid-Afrika se taalhulpbronne te bevorder; 
ten einde Suid-Afrikaaners in staat te stel om hulself se bevry van alle vorme van taaldiskriminasie, oorheersing en verdeling; en om hulle in staat te stel om toepaslike taalkeuses te maak in die belang van hul eie welstand en nasionale ontwikkeling.
PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD
Die Visie van die Raad
Om voorsiening te maak vir die erkenning, implementering en bevordering van veeltaligheid in die Republiek van Suid-Afrika by wyse van die ontwikkeling van voorheen gemarginaliseerde tale. 
PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD 
Strukture
Ten einde bogemelde te bereik, het die Raad drie strukture: 
* Provinsiale Taalkomitees; 
* Nasionale Taalliggame; en 
* Nasionale Leksikografiese Eenhede.
Die rol van die Provinsiale Taalkomitee van elke provinsie is om die Raad te adviseer oor taalverwante sake wat daardie provinsie raak. 
Die rol van die Nasionale Taalliggame, wat nog ingestel moet word, is om elkeen die Raad oor 'n bepaalde taal, gebaretaal of aanvullende en alternatiewe kommunikasie te adviseer. Die rol van die Nasionale Leksikografiese Eenhede is om, as deel van die bevordering van die beginsels van taalontwikkeling, woordeboeke van al die amptelike tale op te stel. 
PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD
PANSAT se Fokusgebiede
Die Raad benader sy taalontwikkelingstrategie deur die volgende fokusgebiede: 
* Statustaalbeplanning 
* Taal in die Onderwys 
* Vertaling en Tolking 
* Leksikografie, Terminologie en Plekname 
* Ontwikkeling van Letterkunde en Voorheen Gemarginaliseerde Tale 
* Taalregte en Bemiddeling 
* Navorsing
BEVOEGDHEDE EN WERKSAAMHEDE VAN DIE PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD (PANSAT) 
Bevoegdhede en Werksaamhede van die Raad 
(soos bepaal by die Wet op PANSAT, 1995 (Wet 59 van 1995) en die Wysigingswet op PANSAT, 1999)

1.  1. PANSAT-Strukture

Die Raad moet, op die wyse deur die Raad voorgeskryf, by kennisgewing in die Staatskoerant en die Provinsiale Koerant die volgende instel: 
(a) 'n provinsiale taalkomitee in elke provinsie om hom te adviseer oor enige taalaangeleentheid in of rakende enige provinsie of enige deel daarvan, indien daar nie sodanige provinsiale komitee bestaan nie, of waar 'n bestaande provinsiale taalkomitee jurisdiksie het slegs ten opsigte van die amptelike tale van 'n bepaalde provinsie: Met dien verstande dat indien 'n provinsiale taalkomitee in 'n bepaalde provinsie bestaan, en so 'n komitee, na die mening van die Raad, voldoende verteenwoordigend is ten opsigte van die tale wat in die provinsie gebruik word, daardie komitee geag word ingevolge artikel 8(8)(a) van die Wet op PANSAT ingestel te wees, vir solank as wat dit aldus verteenwoordigend bly; 
(b) 'n nasionale taalliggaam om hom te adviseer oor enige bepaalde taal, gebaretaal of aanvullende en alternatiewe kommunikasie indien geen sodanige taalliggaam bestaan nie of indien 'n bestaande taalliggam nie aan sy doel beantwoord nie: Met dien verstande dat indien so 'n liggaam bestaan, dit geag word ingevolge artikel 8(8)(b) van die Wet op PANSAT ingestel te wees; 
(c) [nasionale leksikografiese] eenhede om as maatskappye sonder winsbejag te funksioneer ingevolge artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van 1973); die Raad moet aan die eenhede geld toewys ter nakoming van hul werksaamhede; Met dien verstande dat die akte van oprigting en die statute van 'n maatskappy van sodanige eenhede die volgende beginsels moet insluit: 
(i) Die eenheid is verantwoordingspligtig teenoor die Raad vir die gelde aan die eenheid toegewys.
(ii) Die eenheid moet hom aan die beleide van die Raad onderwerp.
(iii) Die eenheid moet homself hou aan die beginsels van die bevordering van taalontwikkeling.
2. TAALONTWIKKELING/ TAALBELEID/ TAALPRAKTYK 
Die Raad moet - 
(a) aanbevelings doen betreffende enige voorgestelde of bestaande wetgewing, praktyk en beleid wat regstreeks of onregstreeks oor taalaangeleenthede op enige regeringsvlak handel, asook betreffende enige voorgestelde wysiging of die herroeping of vervanging van sodanige wetgewing, praktyk en beleid; 
(b) aanbevelings doen aan staatsorgane op alle regeringsvlakke indien hy sodanige optrede raadsaam ag vir die aanvaarding van maatrels gerig op die bevordering van veeltaligheid binne die raamwerk van die Grondwet. 
(c) advies gee oor die kordinering van taalbeplanning in Suid-Afrika. 
3. VEELTALIGHEID 
Die Raad moet aktief 'n bewustheid van veeltaligheid as 'n nasionale hulpbron bevorder. 
4. ONTWIKKELING VAN VOORHEEN GEMARGINALISEERDE TALE 
Die Raad moet aktief die uitbouing van voorheen gemarginaliseerde tale bevorder. 
5. NAVORSING 
Die Raad moet - 
(a) studies en navorsing inisieer wat gerig is op die bevordering en skepping van toestande vir die ontwikkeling en gebruik van - 
(i) al die amptelike tale van die Republiek;
(ii) die Khoe- en Santale; en
(iii) Suid-Afrikaanse Gebaretaal;
(b) studies en navorsing inisieer wat gerig is op - 
(i) die ontwikkeling van die voorheen gemarginaliseerde tale van Suid-Afrika ;
(ii) die nie-inkorting van regte betreffende tale en die status van tale soos dit op 27 April 1994 bestaan het;
(iii) die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika ;
(iv) die bevordering van die benutting van Suid-Afrika se taalhulpbronne; en
(v) die voorkoming van die gebruik van enige taal vir doeleindes van uitbuiting, oorheersing of verdeling.
6. BEMIDDELING EN TAALREGTE 
Die Raad - 
(a) moet die nodige bystand kosteloos verleen met die oog op die indiening van 'n klagte en moet, waar nodig, die klaer bystaan om aan die vereistes vir die indien van 'n klagte te voldoen;
(b) kan, op eie inisiatief, en moet, by ontvangs van 'n skriftelike klagte, die beweerde skending van enige taalreg, taalbeleid of taalpraktyk ondersoek. 
[Let wel: Die Raad kan, op eie inisiatief, beweerde taalregskendings ondersoek, en kan enige persoon, liggaam of staatsorgaan as getuie dagvaar om voor hom te verskyn om getuienis af te l en enige tersaaklike rekords of dokumente voor te l.] 
7. SAMEWERKING MET ANDER LIGGAME 
Die Raad moet - 
(a) samewerking met taalbeplanningsagentskappe buite Suid-Afrika fasiliteer;
(b) strewe na die bevordering van noue samewerking met enige staatsorgaan, persoon, groep persone of instelling wat by die ontwikkeling en bevordering van taal betrokke is;
(c) voordat enige verslag, bevindinge, standpunt, advies of aanbeveling gemaak of gepubliseer word, die advies inwin van - 
(i) die betrokke provinsiale taalkomitee ingestel ingevolge artikel 8(8)(a) van die Wet op PANSAT;
(ii) enige staatsorgaan ten opsigte van 'n aangeleentheid wat regstreeks of onregstreeks 'n invloed het op enige taal, taalbeleid of taalpraktyk wat gevolg, gemplementeer of voorgestel word deur of in sodanige staatsorgaan;
(iii) enige taalliggaam ingestel ingevolge artikel 8(8)(b) van die Wet; of
(iv) enige persoon, groep, taalliggaam of instelling wat betrokke is by of 'n belang het by die bevordering van die amptelike Suid-Afrikaanse tale, deur voorleggings aan te vra deur middel van 'n kennisgewing te dien effekte in die Staatskoerant en die Provinsiale Koerant.
[Let wel: Die komitees, staatsorgane of taalliggame hierbo bedoel, is verplig om die advies te gee wat deur die Raad versoek word.] 
8. DIE VOLGENDE WERKSAAMHEDE KAN NA GOEDDUNKE DEUR DIE RAAD VERRIG WORD: 
Die Raad kan: 
(a) enige staatsorgaan versoek om hom te voorsien van inligting oor enige wetgewende, uitvoerende of administratiewe maatrels wat deur die staatsorgaan aanvaar is betreffende taalbeleid en taalpraktyk; 
(b) enige staatsorgaan adviseer oor die implementering van enige voorgestelde of bestaande wetgewing, beleid en praktyk wat regstreeks of onregstreeks oor taalaangeleenthede handel; 
(c) die nakoming van enige advies wat ingevolge paragraaf (b) gegee is, moniteer; 
(d) ten opsigte van billike, wydverspreide taalfasiliteringsdienste, opdragte gee oor en monitering doen van - 
(i) toepaslike standaarde wat deur die Raad vir sodanige dienste bepaal is; en
(ii) die lewering van sodanige dienste; 
(e) met behoorlike inagneming van die grondwetlike bepalings en beginsels wat regstreeks of onregstreeks oortaalaangeleenthede in die algemeen handel - 
(i) die nakoming van die grondwetlike bepalings betreffende die gebruik van tale moniteer;
(ii) die inhoud en nakoming van enige bestaande en nuwe wetgewing, praktyk en beleid wat regstreeks of onregstreeks oor taalaangeleenthede op enige regeringsvlak handel, moniteer;
(iii) bystand verleen met en monitering doen van die formulering van programme en beleide gerig op die bevordering van die gelyke gebruik van en respek vir die amptelike tale, en stappe doen om te verseker dat gemeenskappe wat daardie tale gebruik, die geleentheid het om hul onderskeie tale in gepaste omstandighede te gebruik; en
(iv) databasisse instel, opstel en in stand hou, insluitende maar nie beperk nie tot databasisse van:
(aa) alle wetgewende maatrels (insluitende die bepalings van die Grondwet) wat oor taalaangeleenthede handel; en
(bb) elke beleid en praktyk van enige instelling of staatsorgaan wat regstreeks of onregstreeks oor taalaangeleenthede handel; 
(f) enige persoon of groep persone of instelling opdrag gee om namens hom navorsing te doen en publikasies op te stel, en kan vir hierdie doel hulpbronne aan enige sodanige persoon of groep persone of instelling beskikbaar stel; 
(g) enige persoon oproep om voor hom te getuig of om enige amptelike dokument of sodanige ander inligting of voorwerpe as wat die Raad benodig vir die verrigting van sy werksaamhede, voor te l; 
(h) die Regering adviseer om om finansile en ander steun aan individue of groepe te verleen wat deur growwe skendings van taalregte benadeel word; 
(i) ter bevordering van sy oogmerke en vir die doel van die uitoefening van sy bevoegdhede en verrigting van sy werksaamhede -
(i) rels maak en kennisgewings uitreik; en
(ii) sodanige rels en kennisgewings in die Staatskoerant en in die Provinsiale Koerant publiseer 
(j) oorleg pleeg of nou saamwerk met enige persoon of groep persone wat spesiale kennis en ondervinding van die taalprobleme van Suid-Afrika het of op enige wyse by die ontwikkeling en bevordering van taal betrokke is.
Contact Details
Telephone: +27-12-341 9638 or 341 9651
Fax: +27-12-341 5938 
Enquiries: Mr. Nkosana Sibuyi
Postal address: Private Bag X08, Arcadia, 0007

Physical address: MBA Building 3rd Floor,  527 Church Street, Pretoria
E-mail: communication@pansalb.org.za
www.pansalb.org.za

HOOFSTUK M
GEDRAGSKODE VIR DIE STAATSDIENS
M1 DEFINISIE
In hierdie Hoofstuk het enige woord of uitdrukking waaraan daar in die Wet 'n betekenis geheg word, die betekenis aldus daaraan geheg, en beteken "hierdie Wet" die Staatsdienswet,1994, en die regulasies wat daar kragtens uitgevaardig is.
M2 DOEL
M2.1 Om praktiese effek aan die toepaslike Grondwetlike bepalings wat verband hou met die Staatsdiens te gee, word dit van alle werknemers verwag om te voldoen aan die Gedragskode waarvoor hierdie Hoofstuk voorsiening maak.
M2.2 Die Kode moet as riglyn vir werknemers dien met betrekking tot wat van 'n etiese standpunt van hulle verwag word, beide in hulle individuele gedrag en hulle verhouding met ander mense. Dit word verwag dat voldoening aan die Kode professionalisme sal bevorder en ook sal help om vertroue in die Staatsdiens te verseker.
M3 INLEIDING
M3.1 Daar is 'n behoefte om riglyne an werknemers te voorsien met betrekking tot hulle verhouding met die wetgewer, politieke en uitvoerende ampsdraers, ander werknemers en die publiek, asook om die gees waarmee werknemers hulle pligte behoort uit te voer, aan te dui, wat gedoen behoort te word om belangebotsings te vermy en wat van hulle verwag word met betrekking to hulle persoonlike gedrag in die openbaar sowel as hulle private lewens.
M3.2 Alhoewel die Gedragskode geskryf is om so omvattend moontlik te wees, voorsien dit nie 'n uitvoerige gedragstandaard nie. Kragtens artikel 7(3)(b) van die Wet is hoofde van departemente onder andere verantwoordelik vir die doeltreffende bestuur en administrasie van hulle departemente en die handhawing van dissipline. Hulle mag dus, nadat die saak in die toepaslike Kamer van die Staatsdiens Onderhandelingsraad bespreek is, en sonder om daarvan af te wyk, die Gedragskode waarvoor in hierdie Hoofstuk voorsiening gemaak is, aanvul ten einde voorsiening vir hulle unieke omstandighede te maak. Hoofde van departemente moet ook verseker dat hulle personeel vertroud is met hierdie maatrels en dat hulle dit aanvaar en daaraan voldoen.
M3.3 Die primre doel van die Kode is positief, naamlik om voorbeeldige gedrag te bevorder. Dit nieteenstaande sal 'n werknemer aan wangedrag skuldig wees kragtens artikel 20 (t) van die Staatsdienswet, 1994, en die hy of sy mag hanteer word volgens die toepaslike dele van die Wet indien hy of sy enige bepaling van die Gedragskode oortree of versuim om te voldoen aan enige bepaling daarvan.
M4 GEDRAGSKODE
M4.1 VERHOUDING MET DIE WETGEWER EN DIE UITVOERENDE GESAG
'n Werknemer -
M4.1.1 is getrou aan die Republiek en huldig die Grondwet en is gehoorsaam daaraan in die uitvoering van sy of haar daaglike take;
M4.1.2 stel die openbare belange eerste in die uitvoering van sy of haar pligte;
M4.1.3 voer die beleid van die Regering van die dag getrou uit in die uitvoering van sy of haar amptelike pligte soos bevat in alle statutre en ander voorskrifte;
M4.1.4 strewe om vertroud te wees met en gehoorsaam te wees aan alle statutre en ander instruksies wat van toepassing op sy of haar gedrag en pligte is; en
M4.1.5 gee samewerking aan openbare inrigtings wat tot stand gebring is volgens wetgewing en die Grondwet in die bevordering van die openbare belang.
M4.2 Verhouding met die publiek
'n Werknemer -
M4.2.1 bevorder die eenheid en welsyn van die Suid-Afrikaanse nasie in die uitvoering van sy of haar amptelike pligte;
M4.2.2 sal die publiek onbevooroordeeld en onpartydig dien ten einde vertoue in die Staatsdiens te skep;
M4.2.3 is beleefd, hulpvaardig en redelikerwyse toeganklik in sy of haar handelinge met die publiek en behandel ten alle tye die lede van die publiek as klinte wat geregtig is op diens van 'n ho standaard;
M4.2.4 het agting vir die omstandighede en bekommernisse van die publiek in die uitvoering van sy of haar amptelike pligte en in die neem van besluite wat hulle raak;
M4.2.5 is verbind tot die ontwikkeling en opheffing van alle Suid-Afrikaners deur tydige diens;
M4.2.6 diskrimineer nie onbillik teenoor enige lid van die publiek op grond van ras, geslag, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georinteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, politieke oortuiging, gewete, oortuiging, kultuur of taal nie;
M4.2.7 misbruik nie sy of haar posisie in die Staatsdiens om die belange van enige politieke party of belangegroep te bevorder of te benadeel nie;
M4.2.8 respekteer en beskerm elke persoon se waardigheid en sy of haar regte soos bevat in die Grondwet; en
M4.2.9 erken die publiek se reg van toegang tot inligting, uitgesluit inligting wat spesifiek deur die wet beskerm is.
M4.3 VERHOUDING TUSSEN WERKNEMERS
'n Werknemer -
M4.3.1 werk ten volle saam met ander werknemers om die openbare belang te bevorder;
M4.3.2 voer alle redelike instruksies uit wat gegee is deur persone wat amptelike toeges is om hulle te gee;
M4.3.3 weerhou hom of haar daarvan om familielede en vriende in werkbverbandhoudende aktiwiteite te begunstig en misbruik nooit sy of haar gesag of benvloed nooit 'n ander werknemer nie, en word ook nie benvloed om sy of haar gesag te misbruik nie;
M4.3.4 gebruik toepaslike kanale om sy of haar griewe te lig of om verto te rig;
M4.3.5 is verbind tot die optimale ontwikkeling, motivering en gebruik van sy of haar personeel en die bevordering van gesonde arbeids- en interpersoonlike verhoudinge;
M4.3.6 handel billik, professioneel en regverdig met ander werknemers, ongeag ras, geslag, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georinteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, politieke oortuiging, gewete, oortuiging, kultuur of taal; en
M4.3.7 weerhou hom of haar van politieke aktiwiteite in die werkplek.
M4.4 UITVOER VAN PLIGTE
'n Werknemer -
M4.4.1 strewe om die doelwitte van sy of haar inrigting koste-effektief en in die openbare belang te bereik;
M4.4.2 is kreatief in sy of haar denke en in die uitvoering van sy of haar pligte, soek na innoverende maniere om probleme op te los en bevorder doeltreffendheid en bekwaamheid binne wetskonteks;
M4.4.3 is stiptelik in die uitvoering van sy of haar pligte;
M4.4.4 voer sy of haar pligte op 'n professionele en bekwame manier uit;
M4.4.5 raak nie betrokke by enige transaksie of handeling wat in konflik is met of inbraak maak op die uitvoering van sy of haar amptelike pligte nie;
M4.4.6 sal hom of haar onttrek van enige amptelike handeling or besluitnemingsproses wat mag lei tot onbehoorlike persoonlike gewin, en di moet behoorlik deur die werknemer verklaar word;
M4.4.7 aanvaar die verantwoordelikheid om deurgaans gebruik te maak van voortgesette opleiding en self-ontwikkeling in sy of haar loopbaan;
M4.4.8 is eerlik en toerekenbaar in die hantering van openbare fondse en gebruik die Staatsdiens se eiendom en ander hulpbronne effektief en doeltreffend en slegs vir gemagtigde amptelike doeleindes;
M4.4.9 bevorder gesonde, doeltreffende, effektiewe, deursigtige en toerekenbare administrasie;
M4.4.10 sal in die loop van sy of haar amptelike pligte, enige bedrog, korrupsie, nepotisme, wanadministrasie en enige ander handeling wat 'n misdryf uitmaak, of wat nadelig is vir die openbare belang, aan die toepaslike owerhede rapporteer;
M4.4.11 gee eerlike en onpartydige advies, gebaseer op alle relevante inligting, aan hor gesag wanneer hy of sy gevra is om hulp van die aard; en
M4.4.12 eerbiedig die vertroulikheid van sake, dokumente en besprekings wat geklassifiseerd is of by implikasie vertroulik of geheim is.
M4.5 PERSOONLIKE GEDRAG EN PRIVATE BELANGE
'n Werknemer -
M4.5.1 trek aan en tree op tydens die uitvoer van amptelike pligte op so 'n wyse dat die aansien van die Staatsdiens bevorder word;
M4.5.2 tree verantwoordelik op waar die gebruik van sterk drank en enige ander dwelmstowwe ter sprake is;
M4.5.3 gebruik nie sy of haar amptelike posisie om private geskenke of voordele vir homself of haarself te bekom tydens die uitvoer van sy of haar amptelike pligte nie, en hy of sy aanvaar ook geen geskenke of voordele as dit aangebied word nie aangesien di as omkoophandelinge vertolk mag word;
M4.5.4 gebruik nie en onhul geen amptelike inligting vir persoonlike of andere se gewin nie; en
M4.5.5 onderneem nie sonder goedkeuring lonende werk buite sy of haar amptelike pligte nie en gebruik nie kantoor toerusting vir sulke werk nie.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 vereis skoolbywoning deur alle kinders tussen die ouderdomme van 7 en 15 jaar. Alle ouers en voogde moet seker maak dat alle leerlinge 
van hierdie ouderdom geregistreer is vir skoolbywoning.
As ouer begin u verhouding met die skool op die 
dag wat u besluit om u kind by 'n bepaalde 
skool te registreer. Hierdie verhouding 
word gedefinieer deur 'n stel regte 
en verantwoordelikhede 
teenoor die skool. 

 
A. TOELATING VAN MY KIND TOT 'N SKOOL
B. SKOOLGELDE
C. BESTUUR
D. TAAL VAN ONDERRIG EN ONDERWYS
U HET DIE VOLGENDE VERANTWOORDELIKHEDE AS OUER

VIR VERDERE INLIGTING
TERUG NA DIE OPENINGSBLAD

Op watter ouderdom kan my kind vir skool geregistreer word? 
U kan slegs u kind vir Graad 1 registreer wanneer sy / hy sewe jaar oud is of die ouderdom van sewe sal bereik gedurende die eerste skoojaar. Waar en wanneer registreer ek my kind? U moet u kind by 'n skool naby u huis of werkplek registreer, tussen Augustus en November in die jaar voordat u kind begin skoolgaan. 
Waar en wanneer registreer ek my kind?
U moet u kind vir Graad 1 registreer wanneer sy/hy sewe jaar oud is of die ouderdom van sewe sal bereik gedurende die eerste skooljaar.
Kan ek my kind by enige skool registreer, selfs al is dit nie naby my huis of werkplek nie? 
Ja, u kan u kind by enige openbare skool registreer. Die meeste skole gee egter voorkeur aan kinders wie se ouers naby die skool bly of werk. 
Wat moet ek weet voordat ek my kind registreer? 
Die hoof van die skool moet aan u die toelatingsbeleid van die skool verskaf en dit aan u verduidelik. U moet ook vra watter taal / tale van onderrig in die skool gebruik word en besluit of dit geskik is vir u kind. 'n Openbare skool mag geen toelatingstoets tot 'n skool toepas nie. 'n Toets mag slegs gebruik word om te besluit watter kursusse of programme u kind by die skool behoort te neem. 
Watter dokumente word benodig wanneer 'n aansoek ingedien word? 
 Geboortesertifikaat; en 
 Immunisasiekaart; en 
 Oorplasingskaart of laaste skool-rapportkaart vir leerlinge wat reeds voorheen 'n skool bygewoon het. 
(Let daarop dat doopbewyse nie as bewys van geboortedatum aanvaar sal word nie.) 
Watter bykomende dokumente word vereis indien ek nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie? 
 Studiepermit; en 
 Tydelike of permanente verblyfpermit van die Departement van Binnelandse Sake; of 
 Bewys dat u aansoek gedoen het om toelating om in Suid-Afrika te woon. 
Hoe weet ek dat my kind deur die skool aanvaar is? 
Die provinsiale Departement van Onderwys, by wyse van die skoolhoof, moet u van die uitslag van u aansoek in kennis stel. 
Wat kan ek doen indien my kind toelating tot 'n skool geweier word? 
U kan deur middel van die skoolhoof 'n skriftelike verduideliking van die provinsiale departement aanvra. Indien u nie tevrede is met die redes wat verstrek word nie, mag u skriftelik appl aanteken by die LUR vir Onderwys in die provinsie. 

Moet ek skoolgelde betaal? 
Die skool kan u versoek om skoolgelde te betaal. Indien u egter nie die vereiste bedrag kan bekostig nie, of 'n kleiner bedrag kan betaal, mag u 'n brief aan die skoolbestuursliggaam (SBL) rig en vrystelling van skoolgelde versoek. Die skoolbestuursliggaam sal u van sy besluit in kennis stel. 'n Afskrif van die regulasies wat op skoolgelde betrekking het is by die skool verkrygbaar. Die skool moet u ook bystaan indien u hulp met u aansoek om vrystelling benodig. 

Hoe appelleer ek teen die besluit van die SBL? 
U kan appl aanteken by die Hoof van die Departement in die provinsie. Hy / of sy sal die redes verduidelik indien u nie vrystelling toegestaan is nie. Indien daar besluit word dat u dit kan bekostig om die gelde te betaal, en u versuim om dit te doen, kan daar geregtelike stappe teen u geneem word om te verseker dat u enige uitstaande gelde betaal. 
(Let daarop dat geen kind toelating tot 'n skool geweier mag word as gevolg van die ouers se onvermo om skoolgelde te betaal nie. Die skool mag ook nie u kind se uitslae weerhou of haar / hom van enige opvoedkundige aktiwiteite uitsluit indien u dit nie kan beskostig om skoolgelde te betaal nie.) 

Wat is 'n skoolbestuursliggaam? 
'n Skoolbestuursliggaam is 'n struktuur wat die skool bestuur. Dit beklee 'n vertrouensposisie met betrekking tot die skool. Dit bestaan uit die hoof, gekose verteenwoordigers van opvoeders, nie-akademiese personeel, ouers, asook leerlinge in die geval van sekondre skole. 
Hoe word ek verkies om ander ouers op die bestuursliggaam te verteenwoordig? 
U kan ander ouers op 'n bestuursliggaam verteenwoordig indien u genomineer word en die ouers vir u stem. 
Hoe kom ek van die verkiesingsproses te hore? 
Die skoolhoof word deur die wet verplig om alle ouers van inligting te voorsien rakende die verkiesing van ouers tot die bestuursliggaam. 
Wat gebeur indien ek nie tot die skoolbestuursliggaam verkies word nie? 
Al word u nie tot die skoolbestuursliggaam verkies nie, beskik u steeds oor die REG om by skoolaangeleenthede betrokke te wees deur ouervergaderings by te woon. U beskik ook oor die REG om deur die opvoeders of die hoof geraadpleeg te word aangaande die skoolaktiwiteite van u kind. Die hoof en die opvoeders van die skool moet u betyds in kennis stel aagaande die gedrag, bywoning en akademiese vordering van u kind. 
Wie neem besluite met betrekking tot skoolaangeleenthede? 
Die Hoof van die Departement, deur middel van die hoof, neem al die besluite aangaande onderrig in die skool. Die bestuursliggaam is verantwoordelik vir besluite aangaande befondsing, dissipline van leerlinge en die bestuur van die skool. 
Waar kan ek teen 'n besluit of optrede beswaar aanteken? 
U kan beswaar aanteken teen 'n besluit of optrede van:
 'n opvoeder by die hoof; 
 'n hoof by die Hoof van Onderwys in die provinsie; 
 'n verteenwoordigende raad van leerlinge by die skoolbestuursliggaam; en
 'n skoolbestuursliggaam by die LUR of Hoof van die Departement. 

 

Wat s die Taal-in-Onderwysbeleid? 
Die Department se Taal-in-Onderwysbeleid moedig leerlinge aan om meer as een taal aan te leer. Dit moedig hulle ook aan om die taal wat hulle die beste verstaan as taal van onderrig en onderwys te gebruik en om hierdie taal deurgaans te handhaaf terwyl hulle ander tale as vakke aanleer of ander tale as tale van onderrig byvoeg. 
Sal my kind nie benadeel word deur in 'n ander taal, behalwe Engels, onderrig te word nie? 
Onderrig in die huistaal tydens die eerste formele skooljare verseker 'n stewige grondslag vir toekomstige onderrig, asook vir die aanleer van nuwe / ander tale. 
Wie besluit oor die tale van onderrig en onderwys? 
Die skoolbestuursliggaam moet besluit oor die taal van onderrig en onderwys wat in 'n skool gebruik word. Die taal wat gebruik word kan afhang van die voorkeure van die meerderheid leerlinge in die skool en van die vermo van die skool om in die taal van voorkeur onderrig te verskaf. Daarbenewens moet die skoolbestuursliggaam aandui hoe hy veeltagligheid in die skool sal bevorder. 
Het my kind enige keuse betreffende die taal van onderrig en onderwys in 'n skool? 
Ja. Elke leerling moet tydens registrasie by 'n skool die taal van voorkeur vir onderrig en onderwys aandui. Enige van ons elf tale kan as die taal van onderrig en onderwys in 'n openbare skool aangedui word. 
Wat gebeur indien die skool nie my keuse aanbied nie? 
Indien daar 40 versoeke per Grade 1 tot 6, of 35 per Grade 7 tot 12 is vir onderrig in 'n taal wat nie reeds deur die skool aangebied word nie, moet die provinsiale departement 'n manier vind om aan u behoefte te voldoen. 
to top
 

Wat is my verantwoordelikhede as ouer met betrekking tot die betaling van skoolgelde? 
Skole het die reg om skoolgelde te vra om die fondse wat deur die Departement van Onderwys beskikbaar gestel word aan te vul. As ouer is u daarvoor verantwoordelik om u kind se skoolgelde te betaal. Indien u nie 'n gedeelte of die hele bedrag kan bekostig nie, moet u so gou doenlik by die skoolbestuursliggaam om vrystelling aansoek doen. Die skoolbestuursliggaam sal u aansoek oorweeg en u van sy besluit in kennis stel. Let daarop dat indien u nie van betaling vrygestel is nie en daar besluit is dat u dit kan bekostig om skoolgelde te betaal en u versuim om dit te doen, geregtelike stappe teen u geneem kan word om te verseker dat u enige uitstaande bedrag betaal. 
Hoe kan ek tot die ontwikkeling van die skool bydra? 
Die Suid-Afrikaanse Skolewet dra die verantwoordelikheid aan die skoolbestuursliggaam op om die ontwikkeling van die skool na te streef. Daar is verskeie metodes waarop die skoolbeheerliggaam dit kan doen. Een van die metodes is om ouers, leerlinge, opvoeders en ander personeel aan te moedig om vrywillige dienste aan die skool te verleen. 
As ouer het u die verantwoordelikheid om tot die ontwikkeling van die skool by te dra deur dienste aan die skool te lewer. Dit kan insluit om uself beskikbaar te stel om aan die werksaamhede van die skool deel te neem, soos byvoorbeeld die instandhouding van skooleiendom, ouditering van finansile state, die bestuur van sportgeleenthede, ens. 
Watter rol kan ek vervul om die leerproses van my kind te ondersteun? 
U kind is onder die toesig van skoolpersoneel wanneer sy / hy by die skool is. Die skoolpersoneel kan hulle onderrigverantwoordelikhede suksesvol uitvoer indien hulle ondersteuning van die ouers ontvang. 
As ouer het u die verantwoordelikheid om: 
 met die dissipline van u kind behulpsaam te wees; 
 u kind se akademiese vordering te monitor; 
 te verseker dat sy / hy haar / sy huiswerk voltooi;  te verseker dat sy / hy skool bywoon; 
 met die skoolpersoneel te skakel. 
Hoe kan ek op die hoogte bly van ontwikkelinge by die skool? 
Ouers van leerlinge moet die verantwoordelikheid neem om skoolvergaderings wat vir hulle gerel word by te woon. Die skoolbestuursliggaam is wetlik daartoe verplig om van tyd tot tyd aan die ouers van leerlinge in die skool verslag te doen en moet ouers op die hoogte hou van kwessies wat hulle benvloed. (Let daarop dat u die reg het om enige bykomende inligting waarby u belang het van die SBL en die skoolhoof aan te vra.) 

Skakel asseblief met enige van die volgende provinsiale Departemente van Onderwys by die volgende nommers: 

Oos-Kaap 
Tel. (040) 608-4200/212 
Vrystaat 
Tel. (051) 404-8428/9 
Noord-Kaap 
Tel. (053) 839-6500 
Wes-Kaap 
Tel. (021) 403-6911/6236/7 
KwaZulu/Natal 
Tel. (035) 874-3411/3592 (031) 327-0331 
Gauteng 
Tel. (011) 355-0000 
Mpumalanga 
Tel. (013) 249-7633 (013) 243-1567 
Noordelike Provinsie 
Tel. (015) 297-0895 
Noordwes 
Tel. (018) 387-3428/9 
Gepubliseer deur die Hoofdirektoraat: Menslike Huplbronne-ontwikkeling, Geslagsbillikheid en Skoolveiligheid, Departement van Onderwys, Sol Plaatje-huis, Schoemanstraat 123, Pretoria.
'n Gesamentlike nuusbrief van die Komitee vir Volhoubare Bosbestuur
en die Departement van Waterwese en Bosbou
Hierdie is die eerste gesamentlike nuusbrief van die Komitee vir Volhoubare Bosbestuur (KVB) en die Departement van Waterwese en Bosbou (DWB), en handel oor die ontwikkeling van Beginsels, Kriteria, Aanwysers en Standaarde (B,K,A&S) vir volhoubare bosbestuur in Suid-Afrika. 
DWB, sal deur middel van die Direktoraat: Bosbeleid die algehele proses kordineer en verseker dat dit glad verloop volgens die aanwysings wat deur die KVB verskaf is.
Vir 'n afskrif van die Konsepbeginsels en -kriteria en die toekomstige proses om aanwysers en standaarde te ontwikkel, kontak: 
Mnr Mafu Nkosi 
Departement van Waterwese en Bosbou
Privaat Sak X93, Pretoria 0001
Tel: (012) 336 8646
Faks: (012) 328 6041
e-pos: 1ao@dwaf.pwv.gov.za
Webwerf: http://www-dwaf.pwv.gov.za/forestry/sfm
Die Komitee vir Volhoubare Bosbestuur (KVB) is 'n permanente komitee van die Nasionale Bosbou Adviesraad (NBA). Dit is bemagtig om die proses te fasiliteer waarvolgens die beginsels, kriteria, aanwysers en standaarde van volhoubare bosbestuur ontwikkel word. Volhoubare bosbestuur is bestuur wat ekonomies lewensvatbaar, omgewingsvriendelik en sosiaal voordelig is, en wat die huidige en toekomstige behoeftes balanseer.
INLEIDING 
Verskillende soorte woude is lewensnoodsaaklike hulpbronne vir mense oor die hele Suid-Afrika. Hierdie hulpbronne is egter onder toenemende druk, en in baie gevalle is hulle besig om te kwyn. Die plantasiebosse wat geskep is om alternatiewe bronne van hout en vesel vir ons groeiende ekonomie te wees, het ook omgewings- en maatskaplike gevolge wat verantwoordelik bestuur moet word.
WAT WORD GEDOEN OM HIERDIE PROBLEEM AAN TE SPREEK?
Mense wat bosse bestuur, probeer vir eeue lank al om die bosse s te ontwikkel en beplan dat die voorsiening van hout en ander produkte met verloop van tyd volgehou kan word. Die konsep van volhoubare bosbestuur moet egter ander noodsaaklike aspekte insluit, o.a. ekonomiese, sosiale en maatskaplike volhoubaarheid. 
'n Aantal lande van oor die wreld het bymekaar gekom en besluit dat 'n eenvormige stelsel vir die monitering en bevordering van volhoubare bosbestuur wenslik is. Hierdie stelsel word "beginsels en kriteria vir volhoubare bosbestuur" genoem. As gevolg van die verskille in die tipe bosse wat oor die wreld voorkom, is daar nie net een enkele stelsel wat geskik is nie. Groepe lande het ooreengekom om saam te werk om stelsels te ontwikkel wat van toepassing is op hulle omstandighede. Suid-Afrika ontwikkel sy eie beginsels en kriteria in ooreenstemming met die streeksinisiatief van die SAOG-lidlande.
VOLHOUBARE BOSBESTUUR IN SUID-AFRIKA
Na afloop van Suid-Afrika se demokratiese verkiesing (1994), het die nuwe Regering begin met 'n proses om die wetgewing van die verlede te verander. Vir die eerste keer is die regte en demokratiese waardes van alle Suid-Afrikaners vasgel in die Konstitusie se Verklaring van Regte. 
Die Konstitusie maak dit baie duidelik dat dit almal se reg is om 'n omgewing te h wat beskerm word, tot voordeel van die huidige en toekomstige generasies. Die omgewing moet beskerm word ter wille van ekologies volhoubare ontwikkeling en die gebruik van natuurlike hulpbronne.
Die Suid-Afrikaanse Regering erken ook die belangrikheid en voordele daarvan om nie net boshulpbronne te beskerm nie, maar dit ook te ontwikkel volgens die beginsels van volhoubare bestuur. In 1995 het baie Suid-Afrikaners deelgeneem aan 'n demokratiese en raadgewende proses om nuwe bosbeleide te ontwikkel wat regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling vir alle mense teweeg sou bring. Die Witskrif op Volhoubare Bosbestuur Ontwikkeling is in 1996 na aanleiding van hierdie proses opgestel.
Die vestiging van die Nasionale Bosbou Aksieprogram (NBA) het vinnig daarop gevolg. Die NBA skakel die visie van die Witskrif omin spesifieke en gepaste aksies. Die Regering en die mense van Suid-Afrika het hulleself deur die NBA daartoe verbind om saam te werk om 'n florerende bosbousektor te skep wat ontwikkel, bestuur en gebruik sal word tot blywende voordeel van die nasie, terwyl dit die omgewing beskerm.
DIE NASIONALE BOSBOUADVIESRAAD (NBA)
Ten einde te verseker dat die bosbousektor waarlik getransformeer word, het die Regering die Nasionale Bosbou Adviesraad (NBA) ingestel om die Minister te adviseer oor enige sake wat betrekking het op bosbou in Suid-Afrika. Die NBA adviseer die Raad, die Departement van Waterwese en Bosbou (DWB) en die Minister aangaande alle aspekte van volhoubare bosbestuur.
HOEKOM HET ONS B, K, A & S NODIG?
Soos met ander aspekte van ons omgewing, is dit vir ons as nasie nodig om elke nou en dan voorraadopname te neem van ons vordering met die bestuur van ons bosse. Bosbestuurders se bestuur van individuele bosse moet egter ook aangespreek en geouditeer word sodat hulle kan weet of hulle dit goed bestuur en vordering maak.
Bosbelangegroepe moet weet of die hulpbronne waarin hulle 'n belang het, goed bestuur word of nie. Alhoewel sekere aspekte van bosbestuur redelik maklik gemeet kan word, byvoorbeeld die houtopbrengs, is dit moeilik om ander aspekte te meet of te beoordeel op 'n wyse wat alle partye tevrede stel. 
Die behoefte vir omvattende en objektiewe maniere om volhoubaarheid te meet, het deur internasionale navorsing, toetsing en debatvoering gelei tot die benadering wat gebaseer is op beginsels, kriteria, aanwysers en standaarde. Hierdie benadering word ook in Suid-Afrika gevolg.
DEFINISIES 
Beginsel :
'n Algemene rel of behoeftestelling van die vereistes waaraan voldoen moet word deur volhoubare bosbestuur en wat as riglyn dien vir 'n aantal praktyke; elke beginsel het ooreenstemmende kriteria wat die beginsel duidelik maak in terme bosbestuurplanne en -werksaamhede. Die Wet op Nasionale Bosse stel byvoorbeeld as 'n beginsel dat bosse ontwikkel en bestuur moet word sodat hulle produksiefunksie volgehou word die beginsel van volgehoue opbrengs.
Kriterium :
'n Aspek van bosbestuur, verwant aan 'n spesifieke beginsel, in terme waarvan volhoubaarheid beoordeel of gevalueer kan word. Byvoorbeeld Kriterium vir die beginsel van volgehoue opbrengs sal wees dat die vloei van goedere en dienste, soos hout en vesel, oor tyd volgehou word.
Aanwyser :
'n Maatstaf van 'n kriterium. Aanwysers is aspekte van bosbestuur wat verband hou met 'n spesifieke kriterium, wat gemeet of beskryf kan word. Hulle maak voorsiening vir die meting van verandering in 'n kriterium oor tyd. 
Standaard :
'n Spesifieke waarde van 'n aanwyser wat bereik moet word indien die bestuur wil voldoen aan die minimum vereistes van volhoubaarheid; dit word ook gedefinier as 'n praktyk of prosedure wat gevolg en toegepas moet word indien die bestuur gevalueer word op grond van volhoubare bosbestuur. 
DIE PROSES OM 'N B, K, A & S RAAMWERK VIR SUID-AFRIKA TE ONTWIKKEL 
'n Proses om raamwerk vir Beginsels, Kriteria, Aanwysers en Standaarde te ontwikkel het in 1999 'n aanvang geneem. Die vertrekpunt was 'n konsepraamwerk vir B&K wat deur die KVB en DWB opgestel is met verwysing na die Wet op Nasionale Bosse (1998), en met die advies van internasionale kenners. Die konsepbeginsels en kriteria word reeds vir kommentaar gesirkuleer. Die volgende proses is die ontwikkeling van aanwysers en standaarde. Die ontwikkeling van aanwysers en standaarde moet gebaseer wees op die beginsels en kriteria aangesien dit die raamwerk vorm waartoe die aanwysers en standaarde bygevoeg kan word.

HOE KAN JY BETROKKE RAAK ?
De proses om Beginsels, Kriteria, Aanwysers en Standaarde te ontwikkel is 'n raadplegende proses, waarby 'n groot aantal belangegroepe met uiteenlopende belange in die boshulpbron betrokke is. Indien u betrokke wil raak by die ontwikkeling van beginsels en kriteria en wil verseker dat u naam opgeneem word in die databasis van belanghebbendes, kontak asseblief: 
Vassie Maharaj
Manyaka Greyling Meiring (Edms.) Bpk.
Posbus 95823
Waterkloof, 0145
PRETORIA
Tel: (012) 362 0848
Faks: (012) 362 0869
e-pos: vassie@liaison.co.za
Lede van die KVB 
Dr. F. Kruger (Voorsitter)
Mnr. A. Tshivhase (Onder-voorsitter)
Mnr. B. Aitken (Vereniging van Suid-Afrikaanse Houtprodusente)
Mnr. K. Cooper (SA Wildlewe-vereniging)
Dr. B. Mackenzie (SA Botaniese Vereniging)
Mev. D. Mjoli (Umzimkulu Gemeenskap)
Mnr. N. Motlana (Vereniging van Suid-Afrikaanse Saagmeules)
Mnr. A. Myeni (Nasionale Departement van Landbou)
Mnr. T. Myeza (SA Landbou-, Plantasie- en Verenigde Werkersunie)
Dr. J. Scotcher (Vereniging van Boseienaars)
Mnr. C. Swart (Nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme)
Prof. H. Watson (Universiteit van Durban, Westville)
Nasionale Bosbou Adviesraad 
Komitee vir Volhoubare Bosbestuur

UITNODIGING OM AS 'N VERTALER OF 'N TOLK OPGELEI TE WORD 
  
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) is by 'n Wet van die Parlement  ingestel (Wet 59 van 1995, soos gewysig deur Wet 10 van 1999) hoofsaaklik om veeltaligheid in Suid-Afrika te bevorder en om die elf amptelike Suid-Afrikaanse tale, sowel as die Suid-Afrikaanse Gebaretaal, te ontwikkel.  Een van die oogmerke van PANSAT ingevolge die Wysigingswet van 1999 is die verskaffing van vertaal- en tolkdienste. 
 PANSAT wil 'n poel vertalers en tolke daarstel wat professioneel opgelei is.  Aansoeke word ingewag van mense wat 'n besonderse belangstelling in vertaal- en tolkkwessies het om deur die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein opgelei te word.  Die ideale kandidaat moet in besit wees van 'n Junior Graad of gelykwaardige kwalifikasie.    'n Spesiale uitnodiging word ook gerig aan diegene wat as Gebaretaaltolke opgelei wil word. 
 Die potensile kandidate sal aan 'n keuringsproses onderwerp word waarna 'n kortlys opgestel sal word.  PANSAT sal die koste van hierdie opleiding dek en die suksesvolle kandidate sal dan kontraktueel aan PANSAT gebind word. 
 Faks of e-pos asseblief u aansoek, tesame met 'n verkorte curriculum vitae en 'n motivering van 'n bladsy lank, vir die aandag van die Hoof- Uitvoerende Beampte (Prof. C.N. Marivate) voor of op Vrydag 29 Desember 2000 aan Faks: (012) 341-5938 of E-pos: Edward@Pansalb.org.za 
  
Navrae:  Mnr. S.S.E. Sambo, Telefoon (012) 341-9638 gedurende kantoorure. 

'n Kort Handleiding tot die Witskrif op Plaaslike Regering


Hierdie gids is 'n kort inleiding tot die Witskrif oor Plaaslike Regering, wat in Maart 1998 die eerste keer gepubliseer is. Die Witskrif bevat die regering se visie van 'n nuwe plaaslikeregeringstelsel vir Suid-Afrika en riglyne oor hoe om hierdie visie te bewaarheid.

Hierdie gids dek nie alles wat in die Witskrif is nie. Dit som net die belangrikste aangeleenthede - die sleutelkwessies - op. Vir meer besonderhede moet lesers 'n eksemplaar van die Witskrif kry. Dit is van die volgende plekke verkrygbaar:
View The White Paper on Local Government online
Departement van Staatkundige Ontwikkeling 
Privaatsak X804
Pretoria
Hamiltonstraat 87
(hoek van Hamilton en Proes)
Arcadia
Pretoria
Tel. (012) 334-0600
Faks (012) 334-0604


Verduideliking van sleutelwoorde: Sommige van die woorde in hierdie gids is onderstreep. U kan die verduidelikings vir hierdie woorde vind as u met u muis op die onderstreepte woord druk.
Inhoud
Inleiding
Afdeling A: Die huidige werklikheid
Afdeling B: Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering 
Afdeling C: Semewerkende regering
Afdeling D: Institusionele stelsels
Afdeling E: Politieke stelsels
Afdeling F: Administratiewe stelsels
Afdeling G: Munisipale finansies
Afdeling H: Die transformasieproses 

Inleiding

Wat is die Witskrif oor plaaslike bestuur?
Die huidige plaaslikeregeringstelsel is 'n tydelike (oorgang-) stelsel. Die bedoelling daarvan is om ons van die ou apartheidstelsel na 'n nuwe, demokratiese stelsel te neem. Dit is die regering se taak om toe te sien dat 'n nuwe stelsel in gebruik is teen die tyd dat die volgende plaaslikeregeringsverkiesings in 1999 plaasvind.

Die Witskrif is die plan vir die nuwe stelsel van plaaslike regering. Die Ministerie vir Provinsiale Aangeleenthede en Staatkundige Ontwikkeling het dit na maande van navorsing en besprekings met alle betrokkenes ontwikkel. Die Witskrif s watter soort plaaslike regeringstelsel ons wil h en hoe ons dit kan bewerkstellig.

Dit is natuurlik nie genoeg om net 'n plan te h nie. Verdere stappe sal gedoen moet word om die plan in werking te stel. Wette sal uitgevaardig moet word, nuwe grense sal afgebaken moet word, nuwe programme sal ontwikkel moet word en mense sal opgelei moet word om nuwe benaderings tot plaaslike regering te volg.

Die Witskrif voorsien aan ons rigtingwysers wat ons kan volg om ons doelwit te bereik - 'n nuwe, demokratiese stelsel van plaaslike regering wat ons in die een-en-twintigste eeu sal inlei.

Wat is plaaslike bestuur? 
Plaaslike bestuur is die vlak van regering wat die naaste aan die mense is. Die gebied van plaaslike regering is die munisipaliteit. Die inwoners van die munisipaliteit verkies 'n munisipale raad om hulle belange te verteenwoordig. Die munisipale raad is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat bekostigbare dienste aan almal gelewer word en om ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in die gebied te bevorder. 


  
AFDELING A: DIE HUIDIGE WERKLIKHEID

Afdeling A van die Witskrif kyk na waar ons vandag is - die probleme en uitdagings waarvoor ons te staan kom. Baie van hierdie probleme kom uit ons geskiedenis. Apartheid het veroorsaak dat almal in verskillende rassegebiede ingedeel is. Die meeste van die rykdom het in die blanke gebiede gebly, terwyl die meeste mense gewoon het in gebiede waar daar min geleenthede en min dienste of geriewe was, en geen manier om geld in te samel om die lewensgehalte te verbeter nie. In die tagtigerjare het mense teen hierdie onregverdige stelsel weerstand gebied en hulle stryd het gehelp om apartheid tot 'n einde te bring.

Ons huidige oorgangstelsel van plaaslike regering is gegrond op ooreenkomste wat gedurende die onderhandelinge bereik is. Die oorgangstelsel het die ou rasseversperrings verwyder - ons het nou munisipaliteite wat verenig is en nie meer volgens ras verdeel is nie. Daar is egter nog steeds 'n paar probleme, byvoorbeeld: 
o Die ou probleem van ongelykheid: sommige gebiede is welvarend, terwyl baie nog steeds nie basiese dienste het nie.
o Daar is gelyke kwotas vir wyksetels uit voorheen blanke en voorheen swart munisipale gebiede. Dit is nie regverdig nie, aangesien die voorheen swart gebiede veel groter bevolkings het.
o Vaste meerderhede word vereis vir stemming oor begrotings en beplanningsbesluite.
o Sommige Rade werk goed, maar vele sukkel en is nie daartoe in staat om aan hulle gemeenskappe dienste te lewer nie. Die nuwe stelsel moet die tipes en aantal Rade hersien om te verseker dat hulle ten volle daartoe in staat is om die werksaamhede van plaaslike regering te verrig.
Apartheidnedersettings

Ons sit ook nog steeds met die probleem van apartheidnedersettings wat nie vir ontwikkeling ontwerp is nie, maar vir skeiding en beheer. Daar is 'n groot verskil tussen landelike en stedelike nedersettings. Ons stede en dorpe is swak ontwikkel - die armste mense woon die verste van hulle werk en van dienste en fasiliteite af. In ons landelike gebiede het miljoene mense wat in voormalige tuislande woon, min of geen toegang tot ekonomiese geleenthede of basiese dienste nie. Klein landelike dorpe voorsien nie in die behoeftes van die meerderheid van die mense wat in die omstreke woon nie.

Die nuwe stelsel van plaaslike regering sal hierdie probleme rondom apartheidnedersettings moet aanspreek. Die stelsel sal moet verseker dat alle gebiede in die hoofstroom van ontwikkeling ingebring word - veral die gebiede wat histories agtergestel is.

Kortom...
Die nuwe plaaslike regeringstelsel moet die onbillikhede en agterstande van die verlede aanspreek en moet verseker dat almal toegang tot basiese dienste, geleenthede en 'n verbeterde lewensgehalte het. Ons mense dring hierop aan en ons Grondwet herhaal hierdie aandrang. Ons moet ontwikkelingsgerigte plaaslike regering h.


  
AFDELING B: ONTWIKKELINGSGERIGTE PLAASLIKE REGERING

Afdeling B van die Witskrif kyk na wat ontwikkeling beteken. Die afdeling beskryf die soort leierskap wat Rade moet verskaf en die soort verhoudinge wat munisipaliteite moet opbou met gemeenskappe, organisasies, die sakesektor en andere wat tot die ontwikkeling van die gebied kan bydra. Die afdeling beskryf ook gentegreerde ontwikkelingsbeplanning - die nuwe benadering tot beplanning wat munisipaliteite sal help om hulle ontwikkelingsrol te vervul. 
Wat is ontwikkelingsgerigte plaaslike regering?
Ons Grondwet spel die rol van plaaslike regering in 'n demokratiese Suid-Afrika uit. Plaaslike regering moet op ontwikkeling gerig. wees. Dit is 'n groot nuwe uitdaging vir plaaslike regering.
In die verlede was plaaslike regering hoofsaaklik gemoeid met die verskaffing van dienste aan blanke gemeenskappe en met dinge soos die rel van die verkeer, die uitreik van lisensies en die versorging van parke en ontspanningsgeriewe.

Nou moet plaaslike regering toesien dat alle gemeenskappe toegang tot basiese dienste het, dat almal aan besluitneming en beplanning kan deelneem, dat die plaaslike ekonomie groei, dat werkgeleenthede meer word en dat plaaslike hulpbronne wyslik gebruik word om almal se lewensgehalte te verbeter, nou en in die toekoms.
Die sleutel-ontwikkelingsrolle van 'n munisipaliteit

Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering is regering wat saamwerk met die gemeenskap en met almal wat 'n rol het om te speel om volhoubare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te bevorder. Dit beteken dat plaaslike regering die volgende moet doen:
o Verskaf gemeenskapsleierskap
Die munisipaliteit moet met alle sektore van die gemeenskap saamwerk om 'n gedeelde visie te bou en om doelwitte vir ontwikkeling te stel. Sodra daar 'n gedeelde visie en doelwitte is, moet die munisipaliteit daadwerklik met die gemeenskap saamwerk om die visie en doelwitte te verwesenlik.
o Bevorder maatskaplike en ekonomiese welstand
'n Munisipaliteit moet verseker dat al sy planne, beleide, programme en werksaamhede sal lei tot ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling en 'n beter lewensgehalte vir almal - veral vir diegene wat histories agtergestel is.
o Kordineer en integreer alle pogings om die gebied te ontwikkel
Alle beskikbare hulpbronne - sowel materile as mensehulpbronne - sal nodig wees om ontwikkelingsdoelstellings te bereik. 'n Ontwikkelingsgerigte munisipaliteit moet die kommunikasiekanale met ander regeringsfere oop hou en moet met burgerlike, private en publieke organisasies vennootskappe aangaan. So 'n munisipaliteit moet toesien dat alle pogings en bydraes saamwerk om die gemeenskaplike doel, naamlik ontwikkeling, te bereik.
o Bevorder en bou plaaslike demokrasie
Die munisipale raad verteenwoordig die belange van die gemeenskap. Hierdie raad moet die plaaslike burgers en groepe betrek by besluite en prosesse wat hulle raak. Die raad moet spesiale maatrels tref om te verseker dat die mense wat dikwels nie betrek word nie - soos vroue wat die hoof van die huishouding is, mense met gestremdhede en jongmense - ook kan deelneem.
Wat behoort ontwikkelingsgerigte plaaslike regering te bereik?
Die volgende is sommige van die sleuteloogmerke van ontwikkelingsgerigte plaaslike regering:
o Om basiese huishoudelike infrastruktuur en dienste te verskaf
Elkeen in die gebied moet basiese, bekostigbare dienste h - dinge soos toegang tot skoon water, afvalverwydering en riolering. Die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (CMIP) is 'n nasionale fonds wat munisipaliteite kan help om die infrastruktuur wat vir hierdie dienste nodig is, te bou - dinge soos pype, opgaartenks en rioolverwerkingsaanlegte. 
o Om te beplan vir gentegreerde stede, dorpe en landelike gebiede
Apartheid het ons nedersettings volgens rasselyne verdeel. Munisipaliteite moet beplan om hierdie skeidings te verwyder. Die integrering van ons gebiede sal die koste van vervoer en dienste verlaag en sal toegang tot werkgeleenthede en ontspanningsgeriewe verbeter. Dit sal van ons stede, dorpe en landelike gebiede beter plekke maak om in te woon en sal ons voorheen verdeelde gemeenskappe bymekaarbring.
o Om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder
Munisipaliteite kan nie op hulle eie werkgeleenthede bied of welvaart skep nie. Hulle kan egter beplan om te verseker dat die volle ekonomiese potensiaal van die gebied ontwikkel word. Dit sal help om te verseker dat daar meer werk- en ander geleenthede en meer welvaart is.
o Munisipaliteite kan byvoorbeeld verseker dat, wanneer hulle goedere en dienste koop, hulle dit van ontwikkelende plaaslike sakeondernemings koop. Wanneer hulle infrastruktuur bou, kan hulle waar moontlik mense eerder as masjiene gebruik. Hulle kan ondersteuning en inligting aan kleinsakeondernemings verskaf of toesien dat plaaslike sakeondernemings toegang het tot organisasies en programme wat hulle kan bystaan. Deur gesonde leierskap te bied en die gemeenskap rondom gemeenskaplike ontwikkelingsdoelwitte te verenig, kan hulle die gebied 'n aantreklike plek vir belegging maak en sodoende groei bevorder.
Hoe kan munisipaliteite meer ontwikkelingsgerig word?
Twee noodsaaklike werktuie vir ontwikkelingsgerigte plaaslike regering:
1. Geintegreerde ontwikkelingsbeplanning
Goeie beplanning is noodsaaklik vir ontwikkeling. Gentegreerde ontwikkelingsbeplanning is 'n beplanningsproses wat spesifiek ontwerp is om munisipaliteite daartoe in staat te stel om doeltreffend vir ontwikkeling in hulle gebied te beplan. (Alle munisipaliteite moet gentegreerde ontwikkelingsplanne - IDPs - opstel. Die Departement van Staatkundige Ontwikkeling het 'n handleiding opgestel om munisipaliteite te help om daarmee te begin.) Dit behels die volgende:
* Werk met die gemeenskap saam om gemeenskapsbehoeftes te bepaal. 
* Ontwikkel 'n gemeenskaplike visie en bepaal prioriteite en doelwitte. 
* Bepaal watter hulpbronne beskikbaar is. 
* Ontwerp programme en projekte. 
* Maak seker dat munisipale programme met ander munisipaliteite en met provinsiale en nasionale programme saamwerk. 
* Maak seker dat planne vir verskillende sektore (soos water, behuising, afval, vervoer) goed saamwerk. 
* Behoorlike finansile beplanning en begroting. 
* Planne vir implementering. 
* Deurlopende monitering en evaluering van programme om te verseker dat hulle volgens plan verloop.
2 Prestasiebestuur

Munisipaliteite moet hulle prestasie meet om te verseker dat hulle hulle doelwitte bereik. Om dit te kan doen, moet hulle Sleutelprestasieaanduiders (KPIs) opstel. Dit is teikens wat hulle kan gebruik om seker te maak dat programme volgens plan verloop en dat hulpbronne doeltreffend gebruik word. Gemeenskapsgroepe moet by die opstel van KPIs betrokke wees - dit sal help om in die hele gemeenskap verbintenis tot gemeenskaplike doelwitte te bou.
Oor die volgende paar jaar sal 'n nasionale prestasiebestuurstelsel ontwikkel word, gegrond op die ondervinding van munisipaliteite. Dit sal help om probleme te identifiseer en hulle te behandel voordat hulle krisisse word.
Gemeenskapsdeelname
Munisipaliteite het 'n plig om plaaslike burgers by munisipale aangeleenthede te betrek en om plaaslike demokrasie te bou. Burgers moet betrokke wees by beplanning en beleidmaking en as vennote in ontwikkelingsprogramme.
Kortom ...
Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering beteken sterk leierskap, helder visie en maksimum deelname deur die gemeenskap, die privaat sektor en alle belanghebbers om in almal se basiese behoeftes te voorsien en soliede fondamente vir groei en blywende voorspoed te bou. 

Ontwikkelingsgerigte regering is regering waarvan dit die hoofoogmerk is om die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van die gemeenskap te bevorder. Dit sluit in dinge soos om toe te sien dat almal toegang tot basiese dienste het en dat stappe gedoen word om volhoubare werkskepping te bevorder. 
Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat volgehou of tot in die toekoms voortgesit kan word. Ontwikkeling moet op 'n soliede fondament gebou word om volhoubaar te wees. Korttermynoplossings sal niks werd wees as ons mre niks het om daarvoor te wys nie. Nuwe projekte moet behoorlik bedryf en in die toekoms volgehou word en daar moet fondse en die vermo wees om dit te doen.
Integreer beteken om al die verskillende planne, pogings en bydraes byeen te bring sodat hulle saamwerk om die gedeelde visie en doelstellings van die gemeenskap te verwesenlik.


  
AFDELING C: SAMEWERKENDE REGERING

Afdeling C van die Witskrif kyk na die verhouding tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering. Ingevolge ons nuwe Grondwet moet al hierdie sfere van die regering saamwerk en mekaar ondersteun. 

Die ontwikkelingsuitdagings waarvoor plaaslike regering te staan kom, is enorm. Maar munisipaliteite is nie op hulle eie nie. Plaaslike regering is net een deel van 'n nuwe, samewerkende regeringstelsel in Suid-Afrika. Munisipaliteite word in hulle taak ondersteun deur nasionale en provinsiale regering. En op hulle beurt ondersteun munisipaliteite weer provinsiale en nasionale regering. Deur saam te werk, kan hierdie drie sfere van regering die doelwitte van ontwikkeling beter bereik.
Sleutelrolle van drie regeringsfere
 
Nasionaal
Provinsiaal
Plaaslik
Beplannings-ontwikkeling
Verantwoordelik vir die ontwikkeling van die algemene raamwerk vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling in die land.
Verantwoordelik vir die ontwikkeling van 'n ontwikkelingsraam-werk vir elke provinsie - bekend as die Strategie vir Provinsiale Groei en Ontwikkeling.
Munisipaliteite is verantwoordelik vir die ontwikkeling van ontwikkelingsplanne vir hulle gebiede - dit staan bekend as gentegreerde ontwikkelingsplanne. Hierdie IDPs moet met die Strategie vir Provinsiale Groei en Ontwikkeling saamwerk.
Wette en Regulasies
Verantwoordelik vir die ontwikkeling van die algehele wetgewende raamwerk (die wette) vir plaaslike regering. Die Witskrif is deel van hierdie wetgewende proses.
Vaardig, in ooreenstemming met nasionale wette, wette en regulasies vir plaaslike regering uit om in provinsiale en plaaslike behoeftes te voorsien.
Vaardig ordonnansies uit en reguleer grondgebruik, plaaslike tariewe, straathandel ens.
Vermobou 
Verantwoordelikheid vir die bou van vermo van munisipaliteite sodat hulle hulle eie sake kan behartig en hulle werksaamhede doeltreffend kan verrig.
Voorsien munisipaliteite van opleiding en vermobou. Hulle sal deur provinsiale opleidingstrukture en georganiseerde plaaslike regering werk. Hulle sal ook tegniese bystand bied vir dinge soos die ontwikkeling van IDPs.
Munisipale rade het 'n plig om hulle personeel deur opleiding en ander maatrels op te lei.
Finansies
Bestuur die stelsel van interregerings- fiskale verhoudinge. Hierdie sfeer van die regering sal wette uitvaardig oor aangeleenthede soos munisipale begrotings en die "billike verdeling" van die nasionale inkomste wat aan munisipaliteite sal gaan.
Moniteer die finansile gesondheid van munisipaliteite en tree tussenbei indien finansies ongesond raak.
Munisipale rade is verantwoordelik vir die opstel van vyf-jaar- finansile planne en jaarlikse begrotings, die stel van tariewe, meterdienste, kredietbeheer en die invorder van inkomste, en om toe te sien dat die armes die "billike verdeling" ontvang, ens.
Monitering
Produseer 'n algehele stelsel vir die monitering van plaaslike regering om te verseker dat inligting akkuraat is en dat daar geen duplisering in verslagdoening is nie.
Moniteer munisipaliteite ooreenkomstig die nasionale moniteringstelsel. Dit is om te verseker dat daar ho standaarde van regering en van diens aan die publiek is.
Stel sleutel-prestasieaanduiders en doen gereeld daaroor verslag.
Intervensie
Kan riglyne verskaf vir intervensie wanneer munisipaliteite probleme ondervind, en kan as laaste uitweg self tussenbeitree.
Kan tussenbeitree indien 'n munisipaliteit versuim om sy grondwetlike pligte uit te voer. Indien 'n provinsiale regering 'n munisipale werksaamheid oorneem, moet hy toesien dat die Raad so gou moontlik weer vir daardie werksaamheid verantwoordelikheid kan neem.
Tree korrektief op in ooreenstemming met LUR-aanbevelings of instruksies.
Nasionale en provinsiale programme
Nasionale en provinsiale departemente het programme wat munisipaliteite direk raak. Voorbeelde hiervan is die Departement van Waterwese en Bosbou se Gemeenskapswater- en sanitasieprogram en die Departement van Grondsake se beplanningstoekenning om munisipaliteite te help om hulle doelwitte ten opsigte van grondontwikkeling te bereik of hulle planne vir geintegreerde ontwikkeling uit te voer.

Munisipaliteite kan met die lewering van hierdie programme help. Terselfdertyd kan hierdie programme die vermo van plaaslike regering bou en deel vorm van die munisipaliteit se eie ontwikkelingsprogram.
Sommige nasionale en provinsiale departemente is ook besig om sekere werksaamhede na plaaslike regering te desentraliseer. Dit beteken dat munisipaliteite bykomende, nuwe werksaamhede sal h.
Die volgende moet gedoen word sodat nasionale, provinsiale en plaaslike regering doeltreffend in die lewering van programme kan saamwerk:
* Nasionale en provinsiale departemente moet direk deur en saam met plaaslike regering werk. 
* Nasionale en provinsiale programme moet by munisipale IDPs ingebou word.
* Plaaslikeregerings- MINMEC moet enige desentralisering van departementele gesag en werksaamhede na plaaslike regering kordineer - dit sal verseker dat daar voldoende befondsing is sodat plaaslike regering bykomende werksaamhede kan verrig. 
Samewerking tussen munisipaliteite
Dit kan vir munisipaliteite baie nuttig wees om verhoudinge met mekaar op te bou. Hulle kan byvoorbeeld:
* Leerervarings uitruil. 
* Personeel en tegnologie deel. 
* Gesamentlikebeleggingsprojekte aanpak. 
* Dinge soos toerusting, grootmaatdienste en raadgewende dienste gesamentlik aankoop. 
* Dienste aan mekaar lewer.
Georganiseerde plaaslike regering
Die Suid-Afrikaanse Plaaslikeregeringsvereniging (Salga) is die nasionale liggaam wat plaaslike regering verteenwoordig. Die Vereniging het nege provinsiale verenigings. Hierdie verenigings kan samewerking tussen munisipaliteite bevorder. Hulle kan ook aan plaaslike regering 'n stem gee deur hulle verteenwoordiging in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) en Plaaslikeregerings-MINMEC.

Salga is ook 'n werkgewersvereniging wat opbouende bande met munisipale vakbonde kan smee en tot goeie arbeidsverhoudinge kan bydra.
Kortom ...
Deur saam te werk, kan nasionale, provinsiale en plaaslike regering nasionale ontwikkeling doeltreffender bevorder, die beste gebruik maak van beskikbare hulpbronne en goeie regering en ho standaarde van diens aan die publiek verseker.

Interregerings- fiskale verhoudinge: die oorplasing van geld vanaf nasionale na provinsiale en plaaslike regering.
"Billike verdeling": die Grondwet verklaar dat munisipaliteite daarop geregtig is om 'n gedeelte van die nasionale inkomste te ontvang. Nasionale regering sal bepaal wat hierdie gedeelte sal wees.
Desentraliseer: die oorhandiging van 'n werksaamheid aan 'n plaaslike liggaam wat beter daartoe in staat is om die werksaamheid doeltreffend en doelmatig te verrig.
Plaaslikeregerings- MINMEC is 'n nasionale komitee wat alle aangeleenthede hanteer wat plaaslike regering benvloed. Die lede van hierdie liggaam is die Minister vir Provinsiale Aangeleenthede en Staatkundige Ontwikkeling, die nege provinsiale LUR'e vir plaaslike regering en Salga.


  
AFDELING D: INSTITUSIONELE STELSELS

deling D van die Witskrif kyk na die drie verskillende kategorie munisipaliteite en die verskillende soorte munisipaliteite in elke kategorie. 
Die kategorie munisipaliteite
Die Grondwet stel drie kategorie munisipaliteite in:
Kategorie (A): 'n Munisipaliteit wat eksklusiewe munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied het.
Kategorie (B): 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied deel met 'n Kategorie C-munisipaliteit binne wie se gebied dit gele is.
Kategorie (C): 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag het in 'n gebied wat meer as een munisipaliteit insluit.
Nasionale regering sal die maatstawwe stel vir wanneer 'n gebied 'n Kategorie (A)-munisipaliteit moet h, of sowel (B)- as (C)-munisipaliteite.
Die tipes munisipaliteite
In elk van hierdie kategorie kan daar verskillende tipes munisipaliteite wees. Nasionale regering sal besluit wat hierdie verskillende tipes sal wees. Provinsiale regering sal besluit watter tipes munisipaliteite in die provinsie van toepassing sal wees.
Metropolitaanse gebiede
Metropolitaanse gebiede is groot stedelike gebiede met groot bevolkings. Daar is ses metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika: Groter Johannesburg, Groter Pretoria, Kaapstad, Durban, Lekoa-Vaal en Kayalami.

Hierdie gebiede het spesiale relings vir regering nodig. Metropolitaanse regering kan die nodige algehele bestuur van hierdie groot stedelike gebiede verskaf. Dit is nodig om ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van die hele gebied te bevorder - aparte munisipaliteite is geneig om slegs in hulle eie gebied belang te stel, en nie in die metropolitaanse gebied as 'n geheel nie. So 'n regering kan ook toesien dat die rykdom van die hele gebied benut word tot voordeel van almal - veral diegene wat histories agtergestel is.
Die Witskrif stel twee verskillende soorte metropolitaanse regering voor:
1. Metropolitaanse regering met Wykkomitees.
2. Metropolitaanse regering met Metropolitaanse Substrukture.
Provinsiale regering sal besluit watter van hierdie twee soorte in die provinsie van toepassing sal wees.
Die twee tipes metropolitaanse regering
1. Metropolitaanse regering met Wykkomitees
In hierdie soort metropolitaanse regering sal die Metropolitaanse Raad alle gesag oor munisipale werksaamhede h. Die Raad kan besluit om alle werksaamhede self te bestuur, of kan sommige werksaamhede na plaaslike eenhede desentraliseer. Die Raad kan besluit hoe om sy administratiewe vermo te organiseer.
Wykkomitees sal op wykvlak ingestel word om te verseker dat plaaslike inwoners toegang tot metropolitaanse regering het. Die Wykkomitees moet rekenpligtigheid aan plaaslike gemeenskappe versterk. Die Metropolitaanse Raad sal besluit watter gesag en werksaamhede Wykkomitees sal h. Wykkomitees moet 'n rol speel in die bepaling van plaaslike behoeftes en prioriteite - 'n belangrike deel van IDPs. Daar moet met hulle oorleg gepleeg word oor aangeleenthede wat die plaaslike gebied raak.
2. Metropolitaanse regering met Metropolitaanse Substrukture
Die Metropolitaanse Raad sal sy administratiewe vermo op 'n gedesentraliseerde wyse deur Metropolitaanse Substrukture rel. Substrukture is subkomitees van die Raad vir 'n spesifieke gebied. Hulle bestaan uit wyk- en proporsionele verteenwoordigingsraadslede vir daardie gebied. Die Metropolitaanse Raad sal besluit watter bevoegdhede en werksaamhede om na hierdie Substrukture te desentraliseer. Dit kan die meeste direkte diensleweringswerksaamhede insluit, soos vullisverwydering en sanitasie, en plaaslike beplanningebesluite. Die Raad kan besluit om verantwoordelikheid vir sommige dienste, soos watervoorsiening of elektrisiteit, te behou - of hy kan hierdie werksaamhede met Substrukture deel.
Die rolle van metropolitaanse regering
Metropolitaanse regering moet:
* Billikheid en maatskaplike geregtigheid bevorder. 
* Toesien dat die belastingbasis almal in die metropolitaanse gebied tot voordeel strek. 
* Beplan vir die metropolitaanse gebied as 'n geheel sodat die fragmentering wat weens apartheid bestaan, omgekeer word, ekonomiese doeltreffendheid verhoog word en maatskaplike integrering bevorder word. 
* Plaaslike demokrasie bevorder deur dit vir burgers moontlik te maak om aan die regering van hulle plaaslike gebiede en van die hele stad deel te neem - Wykkomitees en Substrukture sal 'n noodsaaklike rol speel in die bou van demokrasie. 
* Doeltreffende en doelmatige dienste verskaf - as 'n prioriteit moet basiese dienste gelewer word aan diegene wat dit nog nie het nie.
Distriksregering
Alle gebiede buite metropolitaanse gebiede sal Distriksregering (kategorie C) en plaaslike munisipaliteite (kategorie B) h. Nasionale wetgewing sal besluit hoe bevoegdhede en werksaamhede tussen die Distriksraad en die plaaslike gemeenskap verdeel sal word.

Die nie-metropolitaanse gebiede het 'n baie wye reeks nedersettings tipes - van groot sekondre stede tot wydverspreide landelike gebiede. Distriksregering is nodig om beplanning en ontwikkeling vir die hele distrik te verseker, asook om hulp te verleen aan plaaslike munisipaliteite wat nog nie die vermo of 'n groot genoeg
belastingsbasis het om alle munisipale werksaamhede te verrig nie.
olle van Distriksregering
* Beplan gentegreerde ontwikkeling vir die hele distrik - Distriksrade sal IDPs vir die hele distrik moet ontwikkel. Dit sal verseker dat munisipale IDPs met nasionale en provinsiale programme saamwerk om die hele distrik te ontwikkel. 
* Verskaf grootmaat infrastruktuur - Instellingsheffings (die ou SDR-heffings) sal distriksrade daartoe in staat stel om hiervoor fondse in te samel. 
* Verskaf tegniese bystand aan swakker munisipaliteite. 
* Lewer dienste in gebiede waar munisipaliteite weens klein belastingbasisse of klein vraag na dienste nie daartoe in staat is om dit te doen nie.
Kategorie B-munisipale rade (plaaslike rade)
In distriksregeringsgebiede sal daar drie tipes kategorie B-munisipaliteite wees.
1. Stedelike munisipaliteite.
2. Geamalgameerde stedelik-landelike munisipaliteite.
3. Landelike munisipaliteite.
Stedelike munisipaliteite
Die meeste dorpe en stede sal stedelike munisipaliteite h met die verantwoordelikheid om alle munisipale dienste te lewer. Informele nedersettings en ander nedersettings aan die buitewyke van hierdie dorpe sal in die munisipale gebied ingebring word.

Geamalgameerde stedelik-landelike munisipaliteite
In sommige gevalle sal die grense van 'n bestaande munisipaliteit uitgebrei word om die omliggende gebied in te sluit. Dit kan beteken dat 'n stedelike en 'n landelike munisipaliteit bymekaargevoeg word. So 'n stap sal die belastingbasis vergroot en doeltreffender beplanning en lewering toelaat.

Landelike munisipaliteite
Daar is 'n groot verskeidenheid landelike nedersettings in ons land. Die vermo van munisipaliteite in hierdie gebiede wissel van goed tot baie swak. Die Witskrif stel voor dat alle landelike munisipaliteite met 'n basiese stel bevoegdhede en werksaamhede begin. Die oorblywende bevoegdhede en werksaamhede sal deur 'n Distriksregering gedra word. Wanneer 'n landelike munisipaliteit se vermo toeneem, sal daardie munisipaliteit meer bevoegdhede en werksaamhede op hom neem. Die sterker landelike munisipaliteite kan dalk dadelik 'n wye reeks bevoegdhede en werksaamhede aanvaar. Andere sal dit geleidelik doen, namate hulle vermo ontwikkel.

In enkele gebiede met baie klein bevolkings wat oor 'n wye gebied versprei is, sal 'n kategorie B-munisipaliteit nie moontlik wees nie. In hierdie uitsonderlike gevalle sal relings getref word om te verseker dat inwoners deur die Distriksraad verteenwoordig word.
Tradisionele leierskap
Die Witskrif behandel die verhouding tussen plaaslike regering en tradisionele leierskap - nie ander aspekte van tradisionele leierskap nie. Die Witskrif stel 'n samewerkende verhouding tussen munisipaliteite en tradisionele leierskap voor. Tradisionele leiers sal verteenwoordiging op plaaslike en Distriksrade h om insette te lewer oor die behoeftes en ambisies van hulle mense. Hierdie rol verskil van die rol van stemming deur Raadslede. Provinsiale regering sal 'n rol speel wanneer daar besluit word watter seremonile funksies aan tradisionele leiers gegee moet word.

'n Witskrif oor Tradisionele Aangeleenthede word tans opgestel en staatsdepartemente is besig om te kyk na kwessies wat tradisionele leierskap raak.

Tans is daar 843 munisipaliteite en 11 300 raadslede in Suid-Afrika. Die getal Munisipaliteite en raadslede moet verminder word sodat munisipaliteite beter dienste teen 'n laer koste kan lewer.
Afbakening van grense
Die Munisipale Afbakeningsraad sal, in oorleg met LUR'e vir plaaslike regering en munisipaliteite, munisipale grense vasstel. Nasionale regering sal die maatstawwe vir die afbakening stel. Daar sal sorg gedra word om te verseker dat munisipale grense munisipaliteite daartoe in staat stel om hulle grondwetlike pligte na te kom. 

Uitvoerende en wetgewende gesag: die gesag om beleid te maak en nasionale en provinsiale wette en munisipale ordonnansies te implementeer.
Maatstawwe: die rels of voorwaardes wat gevolg moet word wanneer daar keuses gemaak word oor verskillende kategorie munisipaliteite.
Belastingbasis: : die bronne van inkomste waaruit 'n munisipaliteit geld kan verkry om sy werksaamhede te verrig. Dit sluit winkels, sakeondernemings, eiendomsbesitters wat heffings betaal, ens. in.
Grootmaat-infrastruktuur: die pypleidings, kabels en ander toerusting wat nodig is om groot hoeveelhede water, elektrisiteit of gas aan sentrale punte in 'n munisipale gebied te lewer. Vanaf hierdie punte is meer infrastruktuur nodig om die water of elektrisiteit direk aan die gebruikers te lewer.
Afbakening: Elke munisipale grens in die land moet op 'n kaart aangedui word om presies te toon vir watter gebied 'n raad verantwoordelik is. Die proses waartydens daar besluit word oor waar die grense getrek moet word, word afbakening genoem.
Delegeer: bevoegdhede en werksaamhede aan 'n ander liggaam of persoon oorhandig.


  
AFDELING E: POLITIEKE STELSELS

Afdeling E van die Witskrif behandel die bevoegdhede en werksaamhede van Rade. Dit sluit die rol van burgemeesters, uitvoerende komitees en ander komitees in. 
Hoe besluite geneem word
Elke munisipaliteit het 'n Raad, wat vir die neem van politieke besluite verantwoordelik is, en 'n administrasie, wat die besluite wat deur die Raad geneem is, moet uitvoer. Die Grondwet s dat alle besluite aangaande die uitvoering van munisipale bevoegdhede en werksaamhede deur die Raad geneem moet word. Dit is egter, veral in groot Rade, nie altyd doeltreffend vir die hele Raad om besluite te neem nie. Om hierdie rede sal nasionale wette Rade toelaat om delegate executive powers na 'n Uitvoerende Burgemeester of na 'n uitvoerende Komitee te delegeer. Die enigste bevoegdhede wat nie gedelegeer kan word nie, is die volgende:
* Die uitvaardiging van ordonnansies. 
* Die goedkeuring van begrotings. 
* Die opl van belastings, heffings en ander aksyns. 
* Die verkryging van lenings.
Waar die Raad bevoegdhede na 'n Burgemeester of na 'n uitvoerende Komitee delegeer, sal die Raad die prestasie van die Burgemeester of uitvoerende Komitee kan moniteer en hulle vir hulle optrede verantwoordelik kan hou.
'n Uitvoerende Burgemeester
'n Uitvoerende Burgemeester word deur en vanuit die munisipale Raad verkies. Die Raad besluit watter bevoegdhede aan die Burgemeester gedelegeer gaan word. Die Raad kan die Burgemeester ook toelaat om 'n kabinet van 'n klein aantal Raadslede aan te stel om hom/haar by te staan. Dit is egter die Burgemeester, nie die kabinet nie, wat bevoegdhede uitvoer. Die voordeel van 'n Uitvoerende Burgemeester is dat dit aan plaaslike regering 'n menslike gesig gee en sterk, beslissende leierskap moontlik maak. Dit is vir die publiek makliker om hulle met 'n individu as met 'n komitee te vereenselwig.
'n Uitvoerende Komitee
'n Uitvoerende Komitee is 'n groep Raadslede wat deur die Munisipale Raad verkies word. Die Burgemeester is die Voorsitter van die Uitvoerende Komitee. Die Burgemeester is egter nie 'n Uitvoerende Burgemeester nie - bevoegdhede berus by die Uitvoerende Komitee as geheel, nie by die Burgemeester nie. Die Raad besluit watter bevoegdhede aan die Uitvoerende Komitee gedelegeer moet word.
Provinsiale regering sal besluit watter soort besluitnemingstelsels in die provinsie van toepassing sal wees.
Ander Komitees
Rade kan ander komitees instel om hulle by te staan. Sulke komitees sluit in:
* Bestuurs- en toesighoudende komitees - om toesig te hou oor werksaamhede soos watervoorsiening of afvalbestuur. 
* Gebiedskomitees - om toesig te hou oor werksaamhede in 'n spesifieke gebied. 
* Beleidskomitees - om beleid oor 'n gegewe kwessie in 'n gegewe tyd te formuleer.
Groot munisipaliteite moet ook 'n Ouditkomitee (om oor die ouditering van munisipale finansies toesig te hou) en 'n Tenderkomitee (om die tenderproses te bestuur) instel.
Dinamiese leierskap
Dinamiese, bekwame en toegewyde leierskap word vereis om munisipaliteite daartoe in staat te stel om ontwikkeling te fasiliteer en ho vlakke van diens aan die publiek te verseker. Raadslede moet gemeenskapswye leierskap en visie verskaf. Hulle moet vennootskappe kan bou met sakeondernemings, gemeenskapsorganisasies en ander groepe wat tot ontwikkeling kan bydra. Hulle moet daartoe in staat wees om ingewikkelde beleidsbesluite te neem en rekenpligtigheid en deursigtigheid te verhoog.

Baie van die 11 300 Raadslede in Suid-Afrika is egter deeltyds. Hulle sukkel om hulle werk n hulle Raadsverpligtinge te behartig. Die Witskrif beoog gevolglik om die algehele getal Raadslede te verminder en die proporsie voltydse Raadslede te vergroot sodat laasgenoemde hulle aan hulle Raadswerk kan toewy.
Munisipale verkiesings
Munisipale Rade sal op die volgende wyse verkies word:
* Daar sal 'n partystemming op die grondslag van proporsionele verteenwoordiging.
Daar sal 'n wykstemming op die grondslag van eerste verby die wenstreep wees. 
Die partystemming beslis die algehele getal setels waarop 'n party geregtig is. Hierdie totale getal setels bestaan uit sowel wyksetels as partysetels. Die getal partysetels word bepaal deur die getal wyksetels wat in die wykstemming verower is, af te trek van die totale getal setels wat in die partystemming verower is.
Voorbeeld van stemming

Daar is 20 setels in die Raad. 
IN DIE PARTYSTEMMING: 
Verower Party Z 70% van die partystemme
Dit beteken dat Party Z 14 setels het
(70% van 20) = ALTESAAM 14 setels
IN DIE KIESAFDELINGSTEMMING:
Verower Party Z 6 wyksetels
GETAL PARTYSETELS: 
Party Z is geregtig op 'n bykomende 8 partysetels om die totaal van 14 (14-6 wyksetels =8) wat in die partystemming verower is, op te maak.
PARTY Z het dus 6 kiesafdelingsetels en 8 partysetels
Vrouekandidate
Politieke partye word aangemoedig om 'n geslagskwotastelsel in te stel. Dit sal verseker dat meer vrouekandidate hulle verkiesbaar stel om tot Munisipale Rade verkies te word.
Kortom ...
Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering vereis sterk, bekwame leierskap met visie. Die besluitnemingstelsels wat in die Witskrif voorgestel word, is daarop gerig om die Raadslede te versterk en besluitneming vaartbelyn te maak vir meer doeltrefende en doelmatige munisipale regering.

Delegeer: bevoegdhede en werksaamhede aan 'n ander liggaam of persoon oorhandig. 
Uitvoerende gesag: die bevoegdheid om beleid te maak en besluite te neem aangaande die algehele werking van die munisipaliteit.
Proporsionele verteenwoordiging: Daar word aan partye setels toegeken volgens die persentasie van die totale stemme wat hulle ontvang.
Eerste oor die wenstreep: Slegs een kandidaat wen die setel - die kandidaat met die meeste stemme.


  
AFDELING F: ADMINISTRATIEWE STELSELS

Munisipale administrasies sluit in die bestuur en arbeidsmag van munisipale departemente wat daarvoor verantwoordelik is om die beleide en programme van die Raad tot uitvoer te bring. Die administrasie het die taak om gehaltediens aan inwoners te lewer. Afdeling E van die Witskrif stel skeppende benaderings voor om basiese dienste na almal uit te brei en om dienslewering oor die algemeen te verbeter. 
Verskillende benaderings tot dienslewering
Munisipaliteite het nodig om die doeltreffendste maniere te vind waarop bekostigbare gehaltedienste gelewer kan word aan inwoners, in die besonder diegene wat nog nie basiese dienste het nie. Die Witskrif stel 'n verskeidenheid maniere voor waarop dit bewerkstellig kan word. Munisipaliteite sal die beste kombinasie van benaderings moet kies om hulle dienslewerings- en ontwikkelingsdoelwitte te bereik.
Vermobou
Die meeste munisipaliteite het nodig om hulle bestuurstelsels te verbeter en hulle arbeidsmag op te lei en te bemagtig. Dit kan maatrels soos die volgende insluit:
uurshervorming
Werkerbemagtiging
Prestasiekontrakte vir senior personeellede
Bemagtig werkers in die eerste linies om inligting en raad aan die gemeenskap te verskaf
Gedragskodes
Opleiding en ontwikkeling vir die arbeidsmag
Regstellende optrede
Desentralisering van bedryfsbestuursverantwoordelikhede
Duidelike prestasiemaatstawwe
Eerstehandse ondervinding en kennis van eersteliniewerkers moet gebruik word om
diens te verbeter
Korporatisering
Dit behels die instelling van diensleweringseenhede, wat volgens kommersile lyne bestuur word, apart van die administrasie, maar rekenpligtig aan die Raad.
Publiek-publiek-vennootskappe
Dit is vennootskappe tussen die munisipaliteit en ander openbaresektorliggame. 'n Voorbeeld is 'n vennootskap tussen 'n munisipaliteit en die Poskantoor, wat die publiek daartoe in staat stel om hulle rekeninge by die Poskantoor te betaal. Dit maak betaling vir inwoners gerieflik en bevry die administrasie van die las van insameling.
Vennootskappe met GGO's en NRO's
Gemeenskaps Gebaseerde Organisasies (GGO's) en Nie-Regerings Organisasies (NRO's) het vaardighede en ondervinding wat vir die administrasie waardevol kan wees - in, byvoorbeeld, opleiding, ontwikkelingsprojekte en kleinsakeontwikkeling.
Uitkontraktering
Dit behels dat die munisipaliteit met 'n privaat maatskappy 'n kontrak aangaan om 'n spesifieke diens te lewer. Sulke kontrakte kan koste laag hou en doeltreffendheid verbeter. Die Raad moet prestasie moniteer en toesien dat standaarde en gehalte volgehou word.
Huurkontrakte en konsessies
Dit is soortgelyk aan die sluit van kontrakte, maar dit sluit grootskaalse kapitaalinvestering in infrastruktuur in. Om hierdie rede is die kontraktydperk langer (dikwels 20 tot 30 jaar) en word daar van die kontrakteur verwag om beheer oor die infrastruktuur uit te oefen en daarin te bel. Die kontrakteur neem gewoonlik verantwoordelikheid vir die insameling van inkomste. Aan die einde van die kontrak keer eienaarskap van die infrastruktuur na die munisipaliteit terug.
Oordrag van eienaarskap
Privatisering behels die verkoop van munisipale bates aan 'n privaat maatskappy wat dan vir die lewering van 'n diens verantwoordelik is. In hierdie stadium moet basiese dienste - soos water, afval, elektrisiteit en vaste afval - nie heeltemal verkoop word nie. Rade kan dit egter oorweeg om nie-noodsaaklike dienste te privatiseer. Dit kan munisipale inkomste 'n hupstoot gee en die Raad toelaat om op noodsaaklike dienste te konsentreer.
LET WEL: Nasionale wetgewing sal 'n raamwerk verskaf vir munisipaliteite wat vennootskappe met die privaat sektor aangaan.
Fokus op klintediens
Voorstelinie-personeel het op 'n daaglikse grondslag met die publiek te doene. Dis hulle wat eintlik die diens lewer. Hulle moet daartoe in staat wees om inligting en raad aan die publiek te verskaf. Dit is net so belangrik dat stelsels vir die stuur van rekeninge doeltreffend is, en gerieflik vir die publiek om te gebruik.
Arbeidsverhoudinge
Munisipale vakbonde en georganiseerde plaaslike regering het 'n baie belangrike rol om te speel deurdat hulle moet verseker dat daar goeie werkgewer-werknemer-verhoudinge en 'n gesonde stelsel van arbeidsverhoudige is. Die Suid-Afrikaanse Bedingingsraad vir Plaaslike Regering (SABPR) sal 'n rol speel in die ontwikkeling van 'n vennootskap tussen munisipale vakbonde, bestuur en Rade, en van 'n raamwerk vir die beslegting van geskille. 'n Prioriteit sal wees om gemeenskaplike diensvoorwaardes vir munisipale personeel en 'n munisipale werkevalueringstelsel te onderhandel, om prestasie te verbeter en om 'n gesonde grondslag vir transformasie te skep.
Opleiding in plaaslike regering
Opleiding van personeel
Die bestaande Opleidingsrade is nie daartoe in staat om die uitdagings waarvoor ontwikkelingsgerigte plaaslike regering te staan kom, die hoof te bied nie. Die opleidingstelsel sal hergeorganiseer word. 'n Nasionale Owerheid vir Onderwys en Opleiding in die Plaaslikeregeringsektor sal opleiding vir plaaslike regering moniteer en sal 'n Onderwys- en Opleidingsfonds bestuur. Provinsiale opleidingstrukture - met verteenwoordigers van arbeid en van provinsiale en plaaslike regering - sal provinsiale behoeftes bepaal, tenders aan opleidingsorganisasies toeken en die opleiding moniteer. Diensverskaffers sal universiteite, technikons, NRO's, munisipale opleidingsdepartemente, professionele liggame en kommersile verskaffers van opleiding insluit.
Opleiding van raadslede
Salga sal 'n belangrike rol in die opleiding van Raadslede speel. 'n Program vir die opleiding van Raadslede sal ontwikkel word om met munisipale verkiesings saam te val.
Kortom ...
Ten einde ontwikkelingsdoelwitte te bereik, moet die bestuur van munisipale administrasies verbeter, die arbeidsmag bemagtig en 'n reeks nuwe, skeppende benaderings tot dienslewering oorweeg word.


  
AFDELING G: MUNISIPALE FINANSIES

Hierdie afdeling van die Witskrif handel oor hoe die stelsel van munisipale finansies herstruktureer kan word sodat munisipaliteite daartoe in staat kan wees om hulle begrotings te laat klop en gehaltedienste te lewer. Die afdeling kyk na vier sleutelgebiede van munisipale finansies:
* Inkomste. 
* Interregeringsoorplasings. 
* Investering deur die privaat sektor. 
* Begroting, boekhouding en verslagdoening.
Inkomste
Munisipaliteite het betroubare bronne van inkomste nodig, aangesien hulle gemiddeld 90% van hulle daaglikse besteding uit hulle eie inkomste, eerder as uit die van die nasionale regering, finansier. Sommig munisipaliteite - veral landelike munisipaliteite - het egter nie 'n groot genoeg belastingbasis om hulself te finansier nie. Hierdie munisipaliteite sal 'n groot deel kry van die gedeelte van nasionale inkomste wat vir plaaslike regering opsygesit word. Ander maniere waarop inkomste vir armer munisipaliteite verhoog kan word - soos 'n eiendomsbelasting vir landelike gebiede - sal ondersoek word.

Selfs in die geval van munisipaliteite wat lewensvatbaar is, is daar 'n behoefte om die stelsel van finansies te verbeter ten einde die beste gebruik van hulpbronne te verseker, agterstande en ongelykhede uit te wis en rekenpligtigheid te bevorder. Die Witskrif stel die volgende voor:
Belastingheffing op eiendom
Daar moet 'n eenvormige heffingstelsel dwarsdeur die land wees. Dit sluit in dinge soos die wyse waarop eiendom gevalueer word, die waardasietydperk en wyses waarop diegene wat nie kan bekostig om volle diensgelde te betaal nie, gehelp kan word.
Heffings
Metropolitaanse en Distriksregerings l SDR- en GDR-heffings op. Dit is belastings op sakeondernemings gegrond op die aantal werknemers. Sulke heffings is 'n belangrike bron van inkomste en moet behou word. Maar die gevaar bestaan dat dit indiensneming ontmoedig en dat, indien 'n munisipaliteit se heffings te hoog is, sakeondernemings na ander gebiede sal wegtrek. Nasionale regering sal stappe doen om hierdie probleme te behandel.
Brandstofheffing
'n Gedeelte van die nasionale brandstofheffing kan aan plaaslike regerings gegee word vir die instandhouding van paaie.
Diensgelde
Gelde vir dienste - soos water, elektrisiteit en riolering - is vir die meeste munisipaliteite die grootste bron van inkomste. Dit is dus belangrik dat verbruikers die volle koste van hierdie dienste betaal. 'n Stelsel van subsidies moet ingestel word om te verseker dat diegene wat nie kan bekostig om die volle prys te betaal nie, ten minste basiese dienste kan h. Die wyse waarop die subsidie werk, moet aan alle inwoners baie duidelik wees.

Ten einde te verseker dat koste verhaal word, moet munisipaliteite doeltreffende meterlesings en gereelde en akkurate rekeninge h en moet daar ho boetes wees vir diegene wat kn betaal maar verkies om dit nie te doen nie.
Interregeringsoordragte
Dit is geld wat van nasionale na plaaslike regering oorgeplaas word. Daar is drie soorte oorplasing:
* Agentskapskostes. 
* Kapitale oorplasings. 
* Oorplasings vir bedryfskoste.
Agentskapskoste
Dit is betalings aan munisipaliteite wanneer hulle dienste namens provinsiale regering lewer. Munisipaliteite moet toesien dat hulle ten volle betaal word vir werk wat hulle namens die provinsie doen.
Kapitaaloorplasings
Dit is fondse vir die bou van infrastruktuur. Sedert 1997 word hierdie oorplasings deur die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram gedoen. Dit het gehelp om betalings aan munisipaliteite vaartbelyn te maak. Stappe sal gedoen word om die stelsel van betaling aan landelike munisipaliteite te verbeter.
Oorplasings vir bedryfskoste
Die Grondwet (Artikel 214) bepaal dat munisipaliteite op 'n "billike verdeling" van nasionale inkomste geregtig is. Hierdie gedeelte sal die fondse wees wat na munisipaliteite oorgeplaas word vir bedryfskoste - die daaglikse onkoste van die munisipaliteit. 'n Probleem op die oomblik is dat munisipaliteite nie seker is hoeveel geld hulle sal ontvang of wanneer hulle dit sal ontvang nie. Dit maak dit vir munisipaliteite moeilik om vooruit te beplan.

Ten einde hierdie probleme te oorbrug, sal die "billike verdeling" (die totale bedrag wat vir bedryfskoste aan plaaslike regering beskikbaar is) deur middel van die regering se mediumtermyn-bestedingsraamwerk ('n vyf-jaar-begrotingsplan) vyf jaar vooruit uitgewerk word. Die billike verdeling sal volgens 'n formule onder munisipaliteite verdeel word. Die formule sal op billikheid gegrond wees, om te verseker dat munisipaliteite 'n basiese vlak van dienste teen bekostigbare pryse aan huishoudings met 'n lae inkomste kan lewer. 'n Groot deel van die "billike verdeling" sal dus gaan na die munisipaliteite wat nasionale bystand die nodigste het, veral landelike munisipaliteite.

Fondse sal direk na munisipaliteite oorgeplaas word. Munisipaliteite sal moet toesien dat die voordele van basiese dienste huishoudings met 'n lae inkomste bereik.
Privaatsektorbelegging
Munisipaliteite het belegging deur die privaat sektor nodig om agterstande uit te wis en aan almal toegang tot basiese dienste te gee. Die Witskrif stel 'n aantal maniere voor waarop die privaat sektor aangemoedig kan word om in infrastruktuur te bel.
Geldleen
Nasionale regering kyk na maniere waarop dit vir munisipaliteite makliker gemaak kan word om van private finansile instellings geld te leen. Dit kan die beste gedoen word deur die risiko's wat hierdie soort geldleen vir die uitleners en vir nasionale en provinsiale regering inhou, te verminder. Dit beteken:
* Behoorlike begroting en finansile bestuur deur munisipaliteite. 
* Goeie kredietbeheer om seker te maak dat gebruikers vir dienste betaal. 
* Duidelike rels wat deur nasionale regering opgestel word. 
* Duidelike stappe wat gevolg moet word indien 'n munisipaliteit versuim om lenings terug te betaal. 
* 'n Stelsel van finansile monitering wat duidelik aantoon hoe gesond 'n munisipaliteit se finansies is.
Konsessieleningsfinansiering
Munisipaliteite moet daartoe in staat wees om op die ope mark by die privaat sektor te leen. Sommige munisipaliteite is egter bloot nie in 'n posisie om dit te doen nie. As 'n eerste stap na die leen van geld by die privaat sektor kan gespesialiseerde instellings in die openbare sektor munisipaliteite help om die finansile dissipline te ontwikkel wat die leen van geld by die privaat sektor vereis.

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die Eenheid vir Belegging in Munisipale Infrastruktuur kan munisipaliteite help om projekte voor te berei en om toegang tot lenings te verkry vir kapitaalwerke.
Begroting, boekhouding en verslagdoening
Algemeen aanvaarde boekhoudingspraktyk word tans by munisipaliteite ingestel en daar is reeds goeie resultate. Algemeen aanvaarde boekhoudingspraktyk behels die volgende dinge:
Boekhouding vir interne fondse
Daar behoort 'n eenvoudiger stelsel te wees waarvolgens rekords van munisipale fondse en bates gehou word. Dit sal aan die Raad en aan die publiek 'n duideliker begrip van die ware finansile posisie van die munisipaliteit gee. Daar moet byvoorbeeld minder bankrekeninge wees, en 'n eenvoudiger manier om op te teken hoe munisipale fondse aan vaste bates bestee word. Munisipaliteite moet begroot vir die feit dat nie al die geld wat aan hulle verskuldig is, betaal sal word nie. Dit kan beteken dat hulle minder inkomste het as wat hulle verwag het.
Boekhouding vir vaste bates
Vaste bates - soos pype vir water en substasies vir elektrisiteit - kos 'n sekere bedrag wanneer hulle gekoop word. Maar met verloop van tyd verloor hulle waarde. Indien munisipaliteite dit nie in hulle begrotings in ag neem nie, sal hulle nie weet wat die verskaffing van dienste werklik kos nie. Hulle sal verbruikers nie vir die werklike koste van die diens laat betaal nie. Meer realistiese waardes van vaste bates sal die Raad daartoe in staat stel om finansile beplanning en begroting te verbeter.
Interne verslagdoening
Inligting moet vir Raadslede en vir die administrasie beskikbaar wees. Regulasies vir 'n standaardstelsel van finansile verslagdoening is ingestel. Dit sal verseker dat noodsaaklike finansile inligting gereeld aan Raadslede en administrateurs voorgel word op 'n wyse wat maklik verstaanbaar is.
Eksterne verslagdoening
Nasionale en provinsiale regering het 'n verantwoordelikheid om die finansile posisie van munisipaliteite te moniteer. Dit kan die beste gedoen word deur die munisipaliteite se jaarlikse finansile state, wat aan die Ouditeur-generaal voorgel word. Munisipaliteite moet ook akkurate en verstaanbare finansile verslae aan die publiek beskikbaarstel.
Kortom...
Munisipale finansies moet goed bestuur word om dienste te lewer, private belegging te lok en beskikbare hulpbronne ten beste te benut. Stappe word reeds gedoen om standaard bestepraktyke vir boekhouding aan munisipaliteite bekend te stel. Dit sal dit vir besluitnemers moontlik maak om ingeligte besluite te neem, en vir die publiek om te weet hoe openbare fondse bestuur word. 

Lewensvatbaar: wat genoeg hulpbronne en vermo het om munisipale dienste te lewer.
Bates en vaste bate
Bates is alles wat die munisipaliteit besit en wat geldwaarde het. Voorbeelde hiervan is grond, geboue, paaie, ander diensinfrastruktuur, motorvoertuie, rekenaartoerusting, kunswerke, ens.
Vaste bate is bates wat nie verskuif kan word nie - byvoorbeeld grond, geboue en infrastruktuur.


  
AFDELING H: DIE TRANSFORMASIEPROSES

Die laaste afdeling van die Witskrif kyk na stappe wat gedoen sal word om die nuwe stelsel van ontwikkelingsgerigte plaaslike bestuur te implementeer. 
Afbakening van grense
Die landwye munisipale verkiesings in 1999/2000 sal 'n belangrike stap in die implementering van die nuwe stelsel van plaaslike regering wees. Nasionale regering is besig om vir hierdie verkiesings voor te berei deur die Munisipale Afbakeningsraad in te stel, wat munisipale grense en wyksgrense binne munisipaliteite sal opstel.
Wette en regulasies
Veranderinge aan sekere wette en regulasies, asook nuwe wette en regulasies, is nodig om dit moontlik te maak om die Witskrif te implementeer. Nasionale en provinsiale regering is ook besig om die wette en regulasies voor te berei wat dit moontlik sal maak om die nuwe stelsel te implementeer. Hierdie wette en regulasies sal deur die normale Parlementre prosedures gaan voordat dit van krag word.

Ondersteuningsprogram vir transformasie
Daarbenewens is nasionale en provinsiale regering besig om 'n ondersteuningsprogram vir plaaslike regering op te stel wat die volgende insluit:
* 'n Gekordineerde vermobouprogram om plaaslike regeringspersoneel en -strukture te ontwikkel. 
* Opleiding in bestuurs- en ontwikkelingsvaardighede. 
* Tegniese bystand vir die verbetering van diensleweringstelsels. 
* Ondersteuning vir gentegreerde ontwikkelingsbeplanning en ekonomiese ontwikkeling. 
* Instelling van 'n prestasiebestuurstelsel. 
* Vaartbelyning van finansile stelsels sodat munisipaliteite vooraf reeds kan weet watter fondse hulle van nasionale regering sal ontvang. 
* Befondsing vir sekere sleutelaspekte van transformasie. 
Samewerking met Salga ten einde Raadslede en Raadswerknemers in hulle nuwe rolle te ondersteun.
Die sukses van enige transformasie berus egter in werklikheid by elke raadslid, amptenaar en burger. Elkeen van ons moet in die gebied waar ons woon ons bydrae tot ontwikkeling en demokrasie lewer.

